{"id":164686,"date":"2026-05-14T22:03:38","date_gmt":"2026-05-14T20:03:38","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=164686"},"modified":"2026-05-14T22:06:53","modified_gmt":"2026-05-14T20:06:53","slug":"ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/","title":{"rendered":"\u201cOns wil nie spoke opjaag nie\u201d: &#8216;In die sop&#8217;-span pak Bethulie se geheimsinnige gastehuis aan"},"content":{"rendered":"<p>\u201cBethulie is nie vir my \u2019n tipiese Vrystaatse dorpie nie,\u201d het Janie du Plessis verklaar toe sy en haar vasberade <em><strong>In die sop: Gastehuisrevolusie<\/strong>&#8211;<\/em>span daar aangekom het. Vir haar voel dit meer soos \u2019n eiland in die middel van die Vrystaat. Sy kon heeltemal verstaan hoekom Bethulie juis die plekkie is waar kunstenaars en skrywers hulself graag bevind.<\/p>\n<p>Hul bestemming: Joubert-straat 17, waar jy die <strong>Old Watchmakers-gastehuis<\/strong> in die hoofstraat sal aantref. Dis waar die eienaar, M Frewen, hul ingewag het.<\/p>\n<p>Dit was inderdaad die horlosiemaker se huis en is in 1880 gebou. Toe die Anglo-Boereoorlog gewoed het, was Bethulie die eerste dorp wat deur die Engelse magte verower is en waar die Union Jack vir die eerste keer op plaaslike front gehys is.<\/p>\n<p>Die horlosiemaker se huis het in daardie tyd as kantore vir die kommando gedien, maar die arme offisiere het veel meer in die huis raakgeloop as strategie- en oorlogpraatjies.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-164707 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.03.04-500x281.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"281\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cMag ek s\u00ea van die spook?\u201d wou M versigtig weet, en toe vertel sy van die spook in die rooi kamer.<\/p>\n<p>\u201cMense hoef nie te skrik nie. Dis eintlik \u2019n belewenis,\u201d s\u00ea sy. Die spook, verduidelik M, is glo net die gedaante van \u2019n sagte vrou wat graag in een van die kamer se stoele sit, maar sy het die tannie nog nie self gesien nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-164700 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.10.17-500x281.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"281\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>M het vir die span vertel dat haar drie buitekamers eintlik die gewildste onder haar gaste is. Een is klein, een is ruim en met die derde een het sy waarskynlik \u2019n fout begaan met die te\u00ebls wat sy daar ingesit het.<\/p>\n<p>\u201cDaai te\u00ebls is te besig,\u201d het sy gevoel.<\/p>\n<p>M kon nie uitgepraat raak oor al die gebak wat by die gastehuis self gemaak word nie. Sy het ook genoem dat die Watchmakers-gastehuis die plek is waar vriende en vreemdelinge ewe gemaklik saamkuier.<\/p>\n<p>Min het M geweet dat een spesifieke besoeker genaamd Dirk Jacobs geen gewone gas was nie. Hy was natuurlik daar om vooraf op die gastehuis te \u201cspioeneer\u201d en daarna sy waardevolle indrukke met die <em>In die sop-<\/em>span te deel sodat hulle ook \u2019n beter idee kon kry van die potensi\u00eble pad vorentoe.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-164705 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.07.23-500x281.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"281\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Griki Lubbe was die dekorkenner wat vir Janie en die span kom bystaan het met haar insette en kreatiwiteit. Sy beskryf haar eie styl as iets met kleur, en \u2019n bietjie oud en \u2019n bietjie nuut.<\/p>\n<p>\u201cJy gebruik van wat jy het en dan bring jy bietjie van die nuwe goeters in. Jy wil h\u00ea die persoon se persoonlikheid moet uitkom.\u201d<\/p>\n<p>Die een ding waaroor sy en Janie dadelik saamgestem het, was dat hierdie gastehuis sommer geheel en al oorgedoen moet word, maar vanwe\u00eb tyd en begroting sal dit nie hierdie keer moontlik wees nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-164702 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.08.04-500x280.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"280\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ook die rooi kamer met die spooktannie?<\/p>\n<p>\u201cNee, daai kamer het te veel werk nodig, en ons wil haar nou nie ontstel nie,\u201d het Griki ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cOns wil nie spoke opjaag nie,\u201d het Janie tong in die kies opgemerk. En s\u00f3 het die twee besluit daai deur gaan hulle dig toe los.<\/p>\n<p>Hulle voorlopige plan van aksie was om die drie buitekamers en die tuin te takel. Maar die hoofhuis het ook \u2019n bietjie liefde nodig gehad. Dalk verf of so, het Griki voorgestel.<\/p>\n<p>\u201cDis baie wat jy wil doen! Drie hele kamers, twee flippen tuine \u00e9n die voorkant,\u201d was Janie se verstomde reaksie. Maar kykers weet mos teen di\u00e9 tyd dinge roer wanneer die <em>In die sop: Gastehuisrevolusie-<\/em>span al hul vernuf en kragte saamsnoer.<\/p>\n<p>\u201cAlmal help, want niemand het ronde hande nie,\u201d was Griki se opsomming van die span se ingesteldheid. En so het Janie, lipstiffie en al, op haar knie\u00eb vloere geskrop.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>M vertel meer oor hoe sy die proses ervaar het en waar daai \u201cM\u201d vandaan kom.<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Is dit \u201cEm\u201d of \u201cM\u201d?<\/strong><\/h4>\n<p>Oukei, nou moet ek dit op TV uitlap: Die naam \u201cM\u201d het baie jare terug ontstaan \u2013 op 16 Januarie 1980. My man het presies die dag en datum onthou, want dit was ons eerste ontmoeting. Daar was \u2019n klop aan die deur, en toe ek oopmaak, staan di\u00e9 vreemde man daar.\u00a0Ek het hom al voorheen gesien op die balkon van die woonstel langs myne. Hierdie dag was ek\u00a0egter baie besig met boeke merk en het nie veel tyd vir geselsies gehad nie, maar die man wou opsluit saam met my koffie drink.<\/p>\n<p>N\u00e1 die koffie is hy huis toe, en hy het toe vir sy ma dadelik laat weet\u00a0dat hy sy trouvrou ontmoet het. In sy boodskap aan haar het hy ges\u00ea: \u201cHaar naam is M.\u201d Dis hoe die\u00a0naam \u201cM\u201d ontstaan het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-164706 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.05.20-500x281.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"281\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Wat is vir jou een van die merkwaardigste herinneringe aan jou skoolhoudae?<\/strong><\/h4>\n<p>Dat die kinders my nog nie vergeet het nie. Van hulle is al moeders, vaders, oupas en oumas.\u00a0En hulle kom kuier nog gereeld by my. Dis so lekker om te dink ek het \u2019n verskil in hulle lewens\u00a0 gemaak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Wat het jou motiveer om vir <\/strong><strong><em>In die sop: Gastehuisrevolusie<\/em><\/strong><strong> in te skryf? En het jy soms gewonder of dit die regte ding was om te doen?<\/strong><\/h4>\n<p>Dit was \u2019n laasteminuut-inskrywing. My vriendinne het my aangemoedig om in te skryf, en\u00a0toe dink ek: Wie nie waag nie, sal nie wen nie. Ek het nooit daaraan getwyfel of dit die regte besluit\u00a0was nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Jou ervaring met Janie en haar reguit terugvoer: Was dit vir jou moeilik om te hoor, of het jy verstaan hoekom sy daardie raad gegee het?<\/strong><\/h4>\n<p>Janie kan die siel van mens aanvoel, en sy het my met baie deernis behandel. Haar terugvoer was\u00a0inderdaad nodig. Komplimente en kritiek gaan hand aan hand. Om die een te kry, moet\u00a0jy ook die ander een kan ontvang.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-164701 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.06.26-500x280.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"280\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Is daar van jou gaste wat wel al nader kennis gemaak het met jou geheimsinnige gas? En weet jy dalk meer van haar?<\/strong><\/h4>\n<p>Daardie onwelkome gas in die rooi kamer? Gelukkig het ek haar self nog nooit gesien of ervaar nie. Dis daardie mense wat met die helm gebore is, wat ons van haar vertel het. Sy is glo \u2019n vrou met lang wit hare en boonop is sy ook \u2019n vriendelike spook.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>As jy nou terugkyk na die eerste dag wat jy jou gastehuis se deure oopgegooi het tot vandag, het jy ooit gedink dit sal so uitwerk? En hoe voel jy nou?<\/strong><\/h4>\n<p>Ek was in ekstase en het deurentyd bly glo aan my man se gunstelingwoorde: \u201cGod\u2019s timing is always\u00a0right.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Dit was duidelik dat jy half gesukkel het om jou pryse vir die restaurantgedeelte te verhoog. Hoe het jy gevoel toe Toitnette du Toit vir jou s\u00ea: \u201cLiefde betaal nie die elektrisiteit nie.\u201d?<\/strong><\/h4>\n<p>Toitnette was reg. Die restaurant se inkomste was soos manna in die Bybel \u2013 elke dag se\u00a0inkomste was net genoeg vir my. Baie dankie, Toitnette, vir jou wyse raad. Jy het vir my ges\u00ea produkte\u00a0is soos \u201ceen aan die bas, een in die kas en een in die was\u201d. Nou is ek besig met \u2019n nuwe\u00a0spyskaart wat veel kleiner, maar beslis nog steeds lekker sal wees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Het jy al enige veranderinge (positief) ervaar sedert die <em>In die sop: Gastehuisrevolusie-<\/em>span vir oulaas weggetrek het?<\/strong><\/h4>\n<p>Ek is reeds oorval met gaste \u2013 selfs nog voor die program uitgesaai is. Bethulie se mense, my hartsmense,\u00a0staan in verwondering oor wat die <em>In die sop<\/em>-span hier vermag het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n\n\t\t<style type=\"text\/css\">\n\t\t\t#gallery-2 {\n\t\t\t\tmargin: auto;\n\t\t\t}\n\t\t\t#gallery-2 .gallery-item {\n\t\t\t\tfloat: left;\n\t\t\t\tmargin-top: 10px;\n\t\t\t\ttext-align: center;\n\t\t\t\twidth: 50%;\n\t\t\t}\n\t\t\t#gallery-2 img {\n\t\t\t\tborder: 2px solid #cfcfcf;\n\t\t\t}\n\t\t\t#gallery-2 .gallery-caption {\n\t\t\t\tmargin-left: 0;\n\t\t\t}\n\t\t\t\/* see gallery_shortcode() in wp-includes\/media.php *\/\n\t\t<\/style>\n\t\t<div id='gallery-2' class='gallery galleryid-164686 gallery-columns-2 gallery-size-medium'><dl class='gallery-item'>\n\t\t\t<dt class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/screenshot-131\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"500\" height=\"281\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.17.20-500x281.jpg\" class=\"attachment-medium size-medium\" alt=\"\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/dt><\/dl><dl class='gallery-item'>\n\t\t\t<dt class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/screenshot-130\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"500\" height=\"281\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.17.27-500x281.jpg\" class=\"attachment-medium size-medium\" alt=\"\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/dt><\/dl><br style=\"clear: both\" \/><dl class='gallery-item'>\n\t\t\t<dt class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/screenshot-135\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"500\" height=\"281\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.18.35-500x281.jpg\" class=\"attachment-medium size-medium\" alt=\"\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/dt><\/dl><dl class='gallery-item'>\n\t\t\t<dt class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/screenshot-134\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"500\" height=\"281\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.18.43-500x281.jpg\" class=\"attachment-medium size-medium\" alt=\"\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/dt><\/dl><br style=\"clear: both\" \/><dl class='gallery-item'>\n\t\t\t<dt class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/screenshot-129\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"500\" height=\"280\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.12.33-500x280.jpg\" class=\"attachment-medium size-medium\" alt=\"\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/dt><\/dl><dl class='gallery-item'>\n\t\t\t<dt class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/screenshot-128\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"500\" height=\"281\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.12.42-500x281.jpg\" class=\"attachment-medium size-medium\" alt=\"\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/dt><\/dl><br style=\"clear: both\" \/><dl class='gallery-item'>\n\t\t\t<dt class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/screenshot-137\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"500\" height=\"280\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.19.57-500x280.jpg\" class=\"attachment-medium size-medium\" alt=\"\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/dt><\/dl><dl class='gallery-item'>\n\t\t\t<dt class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/screenshot-136\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"500\" height=\"280\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.20.05-500x280.jpg\" class=\"attachment-medium size-medium\" alt=\"\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/dt><\/dl><br style=\"clear: both\" \/>\n\t\t<\/div>\n\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3><strong>Wat jy dalk nie van Bethulie geweet het nie:<\/strong><\/h3>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li>Dit is in 1863 deur Jean Pierre Pellissier van die Franse Sendinggenootskap gestig.<\/li>\n<li>Bethulie het met baie name gespog en was eers bekend as Groot Moordenaarspoort, Caledon, Verhuellpolis, Heidelberg en uiteindelik Bethulie.<\/li>\n<li>Bethulie beteken \u201cHuis van God\u201d of \u201cPlek van aanbidding\u201d.<\/li>\n<li>Een van die grootste en ergste konsentrasiekampe, die \u201cMoordkamp\u201d, waar sowat 5\u00a0000 mense aangehou is, was hier gevestig. Van daardie 5\u00a0000 het 1\u00a0737 mense gesterf, waarvan 1\u00a0200 kinders jonger as 15 jaar was.<\/li>\n<li>Bethulie was die geboorteplek van Patrick Mynhardt, wat landwyd bekendheid verwerf het vir sy eenmanvertonings oor Herman Charles Bosman se karakter oom Schalk Lourens. Sy outobiografiese vertoning, <em>Boy from Bethulie,<\/em> het later die basis gevorm vir \u2019n gelyknamige boek.<\/li>\n<li>Wie onthou nog vir Genis van <em>Ko\u00f6perasiestories <\/em>deur PG du Plessis? Of die oupa in <em>Orkney snork nie<\/em>? Jacques Loots, wat vir hierdie rolle bekend was, het sy laaste paar jaar hier deurgebring waar hy ook oorlede is.<\/li>\n<li>Die befaamde Britse argitek Sir Herbert Baker het in 1924 die huis ontwerp wat nou as die Bethulie-gastehuis bekend staan.<\/li>\n<li>Emily Hobhouse, wat \u2019n aktivis teen die Anglo-Boereoorlog was, het die lyding in die Bethulie-konsentrasiekamp gedokumenteer.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><em>In die sop: Gastehuisrevolusie <\/em><\/strong><strong>word Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Die reeks is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wen-n-welstandsvakansie-na-n-toevlugsoord\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">WEN \u2019n welstandsvakansie na \u2019n toevlugsoord!<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cBethulie is nie vir my \u2019n tipiese Vrystaatse dorpie nie,\u201d het Janie du Plessis verklaar toe sy en haar vasberade In die sop: Gastehuisrevolusie&#8211;span daar aangekom het. Vir haar voel dit meer soos \u2019n eiland in die middel van die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":164704,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[3476],"tags":[97870,166,86387],"class_list":["post-164686","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ontspanning","tag-in-die-sop-gastehuisrevolusie","tag-kyknet","tag-janie-du-plessis"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>\u201cOns wil nie spoke opjaag nie\u201d: &#039;In die sop&#039;-span pak Bethulie se geheimsinnige gastehuis aan | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"&quot;Janie kan die siel van mens aanvoel, en sy het my met baie deernis behandel. Haar terugvoer was\u00a0inderdaad nodig.&quot;\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"\u201cOns wil nie spoke opjaag nie\u201d: &#039;In die sop&#039;-span pak Bethulie se geheimsinnige gastehuis aan | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"&quot;Janie kan die siel van mens aanvoel, en sy het my met baie deernis behandel. Haar terugvoer was\u00a0inderdaad nodig.&quot;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-05-14T20:03:38+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-05-14T20:06:53+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.06.09-e1778788342872.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1097\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"454\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"\u201cOns wil nie spoke opjaag nie\u201d: &#8216;In die sop&#8217;-span pak Bethulie se geheimsinnige gastehuis aan\",\"datePublished\":\"2026-05-14T20:03:38+00:00\",\"dateModified\":\"2026-05-14T20:06:53+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\\\/\"},\"wordCount\":1481,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.06.09-e1778788342872.jpg\",\"keywords\":[\"In die sop: Gastehuisrevolusie\",\"kyknet\",\"Janie du Plessis\"],\"articleSection\":[\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\\\/\",\"name\":\"\u201cOns wil nie spoke opjaag nie\u201d: 'In die sop'-span pak Bethulie se geheimsinnige gastehuis aan | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.06.09-e1778788342872.jpg\",\"datePublished\":\"2026-05-14T20:03:38+00:00\",\"dateModified\":\"2026-05-14T20:06:53+00:00\",\"description\":\"\\\"Janie kan die siel van mens aanvoel, en sy het my met baie deernis behandel. Haar terugvoer was\u00a0inderdaad nodig.\\\"\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.06.09-e1778788342872.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.06.09-e1778788342872.jpg\",\"width\":1097,\"height\":454,\"caption\":\"Screenshot\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"\u201cOns wil nie spoke opjaag nie\u201d: &#8216;In die sop&#8217;-span pak Bethulie se geheimsinnige gastehuis aan\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"\u201cOns wil nie spoke opjaag nie\u201d: 'In die sop'-span pak Bethulie se geheimsinnige gastehuis aan | rooi rose","description":"\"Janie kan die siel van mens aanvoel, en sy het my met baie deernis behandel. Haar terugvoer was\u00a0inderdaad nodig.\"","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"\u201cOns wil nie spoke opjaag nie\u201d: 'In die sop'-span pak Bethulie se geheimsinnige gastehuis aan | rooi rose","og_description":"\"Janie kan die siel van mens aanvoel, en sy het my met baie deernis behandel. Haar terugvoer was\u00a0inderdaad nodig.\"","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2026-05-14T20:03:38+00:00","article_modified_time":"2026-05-14T20:06:53+00:00","og_image":[{"width":1097,"height":454,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.06.09-e1778788342872.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"\u201cOns wil nie spoke opjaag nie\u201d: &#8216;In die sop&#8217;-span pak Bethulie se geheimsinnige gastehuis aan","datePublished":"2026-05-14T20:03:38+00:00","dateModified":"2026-05-14T20:06:53+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/"},"wordCount":1481,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.06.09-e1778788342872.jpg","keywords":["In die sop: Gastehuisrevolusie","kyknet","Janie du Plessis"],"articleSection":["Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/","name":"\u201cOns wil nie spoke opjaag nie\u201d: 'In die sop'-span pak Bethulie se geheimsinnige gastehuis aan | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.06.09-e1778788342872.jpg","datePublished":"2026-05-14T20:03:38+00:00","dateModified":"2026-05-14T20:06:53+00:00","description":"\"Janie kan die siel van mens aanvoel, en sy het my met baie deernis behandel. Haar terugvoer was\u00a0inderdaad nodig.\"","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.06.09-e1778788342872.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/In-die-Sop-Gastehuisrevolusie-Episode-4-Old-Watchmakers-kykNET-13.06.09-e1778788342872.jpg","width":1097,"height":454,"caption":"Screenshot"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-wil-nie-spoke-opjaag-nie-in-die-sop-gastehuisrevolusie-span-pak-bethulie-se-geheimsinnige-gastehuis-aan\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"\u201cOns wil nie spoke opjaag nie\u201d: &#8216;In die sop&#8217;-span pak Bethulie se geheimsinnige gastehuis aan"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/164686","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=164686"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/164686\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":164711,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/164686\/revisions\/164711"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/164704"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=164686"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=164686"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=164686"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}