{"id":162126,"date":"2026-02-19T09:53:45","date_gmt":"2026-02-19T07:53:45","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=162126"},"modified":"2026-02-19T09:57:11","modified_gmt":"2026-02-19T07:57:11","slug":"kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\/","title":{"rendered":"Kaptein Kurt verjaar! &#8216;Ek laat nie toe dat negatiewe dinge my energie steel nie&#8217;"},"content":{"rendered":"<p><em><span style=\"font-weight: 400;\">Deur Martjie Roos. <\/span><span style=\"font-weight: 400;\">Foto\u2019s: Hanneri de Wet\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/span><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Ons kaptein word vandag 56 jaar oud en span steeds sy seile! Hier&#8217;s een van ons gunsteling-onderhoude met hom.<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Sedert die gewilde sanger <strong>Kurt Darren<\/strong> sy eerste treffer \u2018Meisie meisie\u2019\u00a0 in 2002 uitgereik het, het sy gewildheid nie getaan nie en ry hy steeds op die golf van sukses. Buiten sy roemryke sangloopbaan is Kurt ook \u2019n toegewyde pa, mentor, entrepreneur en eggenoot. En sy wederhelf, Dunay, is die anker op sy lewensreis<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-162132 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/24_Darrens_wit0041-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit is woelig en bedrywig in Kurt en Dunay se huishouding in Pretoria. Die egpaar se kroos, die tienjarige Kyrah en die agtjarige Kade is volstoom aan die gang en energiek. Buiten hul skoolwerk is daar ook buitemuurse aktiwiteite. Kyrah neem deesdae perdrylesse en Kade is weer \u2019n uitblinker in die swembad.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cDie twee word so vinnig groot,\u201d s\u00ea ma Dunay. \u201cEk wil die goue oomblikke van hul kind-wees bewaar \u2013 al is die huis soms deurmekaar en raserig, is dit baie stil wanneer hulle nie hier is nie.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Kurt stem heelhartig saam. \u201cDit is al daardie eerstes wat kosbare oomblikke is en wat ek ook wil koester \u2013 soos Kyrah se eerste perdryles en haar prestasie toe sy as beste nuweling aangewys is en Kade se eerste welslae in die Kansa-swemmaraton toe hy \u2019n medalje gewen het.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Kurt is \u2019n toegewyde en betrokke pa. Wanneer hy tuis is en nie op een van sy talle konserttoere nie, neem hy graag die kinders skool toe of na hul buitemuurse aktiwiteite en moedig hulle langs die sportveld aan. \u201cOns probeer om \u2019 n gesonde en openhartige verhouding met ons kinders te kweek en om vir hulle goeie waardes te leer. Ek leer Kade hoe om \u2019n <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">gentleman<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> te wees deur self \u2019n goeie voorbeeld te stel \u2013 ek maak byvoorbeeld altyd die motordeur vir Dunay oop. Dunay en Kyrah het ook \u2019n oop ma-en-dogter-verhouding.\u201d<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-162134 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/24_Darrens_0084edited-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Buiten Kurt se bedrywige musiekloopbaan, opnames en konserte, bestuur hy en Dunay ook hul geleentheidsmaatskappy Super Events.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cOns maatskappy re\u00ebl onder meer bootvaarte soos die Super Sokkie Cruise asook konserte soos die Super Sokkie Grand West in Kaapstad en Super Sokkie Carnival City by Carnival City in Brakpan wat aan talle plaaslike kunstenaars blootstelling gee. Ons re\u00ebl ook \u2019n Kids en Teens Cruise vir die kinders elke jaar.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dunay is Kurt se raakvat-regterhand met die re\u00ebl en administrasie van die konserte. \u201cSy sorg byvoorbeeld vir die plakkate, besprekings, bemarking en administrasie van die bootvaarte.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Di\u00e9 voormalige model, wat in 2014 \u2019n meestersgraad in sielkunde verwerf het, het Kurt die eerste keer ontmoet toe sy in 2004 in een van sy musiekvideo\u2019s gespeel het. Hulle was eers vir vier maande goeie vriende voordat dit ernstige sake begin word het, en die twee het in 8 Januarie 2011 op sy wildsplaas ewig trou aanmekaar gesweer.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dunay het \u2019n klein hartjie, veral wanneer dit by diere en kinders kom. Sy is by die Wet Nose Animal Rescue-sentrum betrokke wat onder meer nuwe tuistes vir verwaarloosde en hawelose diere vind. Sy lewer ook motiveringspraatjies en het byvoorbeeld verlede jaar vir jong skoolmeisies \u2019n praatjie gelewer oor hoe om \u2019n dame te wees en ook by Rock of Hope,\u2019 n hawe vir veiligheid, oor ouerskap gepraat. \u201cEk bewonder haar doelgerigtheid en toewyding,\u201d s\u00ea Kurt terwyl hy met liefdevolle o\u00eb na sy vrou kyk. Wedersydse respek is beslis \u2019n goue draad in hul huwelik.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cEk het weer respek vir Kurt se werksetiek en deursettingsvermo\u00eb sowel as sy pligsgetrouheid. Hy is baie lief vir sy musiek en sy loopbaan, en niks bring hom maklik van stryk nie \u2013 hy gaan l\u00ea nie sommer nie. Tydens die Covid-pandemie het hy steeds werk vir homself en ander kunstenaars gegenereer toe hy die stromings-vertoning <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Afrikaans gaan global <\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">gere\u00ebl het. <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">\u00a0<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">Die vertoning was twaalf uur lank en 26 plaaslike kunstenaars het by die Valley of the Waves in Sun City daaraan deelgeneem,\u201d vertel sy.\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-162130 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/24_Darrens_wit0019-487x600.jpg\" alt=\"\" width=\"487\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Wanneer \u2019n <\/span><span style=\"font-weight: 400;\">nuwe liedjie van Kurt die digitale platforms en stroomdienste tref, dan kan jy maar weet \u2013 hier kom nog \u2019n groot wegholtreffer. Die \u201ckaptein\u201d soos Kurt oral bekend staan, se trefferliedjies is net die regte doepa om enige partytjie, sokkie of braaivleis te laat vlam vat.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hy mentor talle jong kunstenaars en wanneer opkomende kunstenaars vir Kurt vra wat is sy wenresep, huiwer hy nie een oomblik om te antwoord en goeie raad te gee nie. \u201cAs jy nie toewyding of passie van die begin af het nie, staan jy nie \u2019n kat se kans om dit in die musiekbedryf te maak nie. Wanneer jy \u2019n lewe uit musiek wil maak, moet jy gedissiplineerd wees.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hy voeg in dieselfde asem by: \u201cMaar jy moet ook geniet wat jy doen, want musiek is vir my pret.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit was allermins <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">plain sailing<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> vir die kaptein van sokkie-sokkie en danstreffers. \u201cOnthou, ek het vyf albums uitgereik voordat \u2018Meisie meisie\u2019 opgeneem is en ek \u2019n deurbraak kon maak. \u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hoewel die musieklandskap drasties met die koms van digitale platforms en stroomdienste verander het, het sy standaarde dieselfde gebly. \u201cEk hou my oog altyd op die bal, maar ek doen my eie ding en steur my nie veel aan kompetisie nie. My kompetisie is my laaste album waarop ek probeer verbeter. Ek weet ook dat my musiek nie altyd in almal se smaak val nie. Jy sal altyd mense kry wat van jou musiek hou en mense wat nie daarvan hou nie. En\u2019n mens moet dit so aanvaar.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Sy treffer \u2018Hop, hop, spinnekop\u2019 het oornag \u2019n wegholtreffer geword. Die liedjie is binne \u2019n paar weke meer as 35 miljoen keer op die gewilde platform TikTok gebruik en op YouTube is daar bykans een miljoen keer binne drie weke na die musiekvideo gekyk<\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">. \u201c<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">Hop hop spinnekop\u201d is deur die hoofkarakter Jenna Ortega in die Netflix-reeks <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Wednesday<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> se dans ge\u00efnspireer en was \u2019n spanpoging \u2013 Kurt het talente saam met Don Kelly, Dirk van Niekerk en Dan Green gesnoer om die treffer te skryf.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dunay het ook die geleentheid gekry om haar slag as liedjieskrywer op manlief se jongste album <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">100 persent<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> te wys \u2013 sy het saam met Kurt die liedjie \u201cBos is my kos\u201d <\/span><span style=\"font-weight: 400;\">geskryf wat hy ook op die nuwe album opgeneem het. \u201cOns is baie lief vir die wildtuin en span gereeld daar uit wanneer Kurt se vol program dit toelaat. Ek het al \u2019n paar jaar terug die idee vir die liedjie gekry en Kurt het die liedjie toe uiteindelik op sy nuwe album opgeneem,\u201d vertel sy. \u201cOns is beslis van plan om in die toekoms nog meer liedjies saam te skryf,\u201d s\u00ea Kurt.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Kurt vertel hy tree gemiddeld drie keer \u2019n week op en doen altesaam sowat 180 konserte \u2019n jaar. \u201cMaar ek kies ook my konserte met die hand uit. Ek het byvoorbeeld een keer \u2019n groot konsert van die hand gewys om by \u2019n troue op De Aar te sing. Die vrou wat getrou het, het vir my \u2019n foto gestuur waar sy as vyfjarige saam met my by \u2019n konsert afgeneem is en ek het gedink dit is baie spesiaal. Ek doen optredes wat my gelukkig maak. Dit gaan nie altyd vir my oor die geld of hoeveel mense in die gehoor is nie.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hy tree nie net in Suid-Afrika op nie en het al in verskeie lande soos Nederland, Belgi\u00eb, Australi\u00eb, Dubai, Amerika, China en Nieu-Seeland sy stempel afgedruk.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Verskeie oorsese kunstenaars in Belgi\u00eb, Duitsland, Nederland en Oostenryk het al van Kurt se treffers opgeneem. Die Nederlandse sanger Jan Smit het byvoorbeeld Kurt se \u201cSta Op\u201d opgeneem en sy landgenoot Henk Wijngaard het \u201cMeisie meisie\u201d as \u201cMeissie meissie\u201d in Nederlands opgeneem. Die groep Klostertaler van Duitsland het ook \u201cMeisie meisie\u201d in Duits opgeneem en Mickie Krause het \u201cKaptein span die seile\u201d ook in Duits as \u201cChantal\u201d opgeneem.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Daar is darem ook tyd vir rus. As gesin ontspan hulle die beste wanneer hulle in die bos of by die see is. \u201cDie kinders snorkel, swem en speel op die strand.\u201d Desembermaande is maar altyd \u2019n aanpassing vir hulle as gesin, omdat Kurt soos met die afgelope Desember, dwarsoor die land toer. \u201cEk het wel al geleer om dit so te aanvaar as jy met \u2019n kunstenaar getroud is,\u201d s\u00ea Dunay. \u201cEk en my ma en die kinders gaan hou dan iewers vakansie.\u201d<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-162135 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/24_Darrens_0057-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dunay vertel dat wanneer Kurt wel tuis is, hulle op hul lekkerste by die huis ontspan. Kurt maak dan gewoonlik \u2019n hoenderpotjie of braai en sy maak \u2019n pampoentert. \u201cOns is ook regte <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">foodies<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> en ek en Kurt gaan eet graag saam uit, en ons voorkeurdis is gewoonlik vis of soesji.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Wat die toekoms betref, beplan Kurt beslis \u2019n paar nuwe albums.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Kurt is bekend daarvoor dat hy altyd positief, professioneel en geesdriftig is. \u201cEk is \u2019n realis en as daar \u2019n negatiewe ding opduik, sal ek altyd \u2019n oplossing soek. Ek laat nie toe dat negatiewe dinge my affekteer of my energie steel nie.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">En met so \u2019n positiewe gesindheid kan \u2019n kaptein mos net nog baie ver en oor baie horisonne in die w\u00eareld vaar.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em><strong>Hierdie artikel het oorspronklik in ons Maart-uitgawe van 2025 verskyn.\u00a0<\/strong><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dokumentere-reeks-13-goed-wat-jy-dalk-nie-van-frank-opperman-geweet-het-nie\/\">Dokument\u00eare reeks: 13 goed wat jy dalk nie van Frank Opperman geweet het nie<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Martjie Roos. Foto\u2019s: Hanneri de Wet\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 &nbsp; &nbsp; Ons kaptein word vandag 56 jaar oud en span steeds sy seile! Hier&#8217;s een van ons gunsteling-onderhoude met hom. &nbsp; Sedert die gewilde sanger Kurt Darren sy eerste treffer \u2018Meisie meisie\u2019\u00a0 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":162128,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[1209],"class_list":["post-162126","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-kurt-darren"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Kaptein Kurt verjaar! &#039;Ek laat nie toe dat negatiewe dinge my energie steel nie&#039; | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Buiten sy roemryke sangloopbaan is Kurt ook \u2019n toegewyde pa, mentor, entrepreneur en eggenoot. En Dunay is die anker op sy lewensreis.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kaptein Kurt verjaar! &#039;Ek laat nie toe dat negatiewe dinge my energie steel nie&#039; | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Buiten sy roemryke sangloopbaan is Kurt ook \u2019n toegewyde pa, mentor, entrepreneur en eggenoot. En Dunay is die anker op sy lewensreis.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-02-19T07:53:45+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-02-19T07:57:11+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/24_Darrens_Grys0118-e1771485215168.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Kaptein Kurt verjaar! &#8216;Ek laat nie toe dat negatiewe dinge my energie steel nie&#8217;\",\"datePublished\":\"2026-02-19T07:53:45+00:00\",\"dateModified\":\"2026-02-19T07:57:11+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\\\/\"},\"wordCount\":1543,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/24_Darrens_Grys0118-e1771485215168.jpg\",\"keywords\":[\"kurt darren\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\\\/\",\"name\":\"Kaptein Kurt verjaar! 'Ek laat nie toe dat negatiewe dinge my energie steel nie' | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/24_Darrens_Grys0118-e1771485215168.jpg\",\"datePublished\":\"2026-02-19T07:53:45+00:00\",\"dateModified\":\"2026-02-19T07:57:11+00:00\",\"description\":\"Buiten sy roemryke sangloopbaan is Kurt ook \u2019n toegewyde pa, mentor, entrepreneur en eggenoot. En Dunay is die anker op sy lewensreis.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/24_Darrens_Grys0118-e1771485215168.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/24_Darrens_Grys0118-e1771485215168.jpg\",\"width\":1280,\"height\":1200},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Kaptein Kurt verjaar! &#8216;Ek laat nie toe dat negatiewe dinge my energie steel nie&#8217;\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kaptein Kurt verjaar! 'Ek laat nie toe dat negatiewe dinge my energie steel nie' | rooi rose","description":"Buiten sy roemryke sangloopbaan is Kurt ook \u2019n toegewyde pa, mentor, entrepreneur en eggenoot. En Dunay is die anker op sy lewensreis.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Kaptein Kurt verjaar! 'Ek laat nie toe dat negatiewe dinge my energie steel nie' | rooi rose","og_description":"Buiten sy roemryke sangloopbaan is Kurt ook \u2019n toegewyde pa, mentor, entrepreneur en eggenoot. En Dunay is die anker op sy lewensreis.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2026-02-19T07:53:45+00:00","article_modified_time":"2026-02-19T07:57:11+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":1200,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/24_Darrens_Grys0118-e1771485215168.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Kaptein Kurt verjaar! &#8216;Ek laat nie toe dat negatiewe dinge my energie steel nie&#8217;","datePublished":"2026-02-19T07:53:45+00:00","dateModified":"2026-02-19T07:57:11+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\/"},"wordCount":1543,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/24_Darrens_Grys0118-e1771485215168.jpg","keywords":["kurt darren"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\/","name":"Kaptein Kurt verjaar! 'Ek laat nie toe dat negatiewe dinge my energie steel nie' | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/24_Darrens_Grys0118-e1771485215168.jpg","datePublished":"2026-02-19T07:53:45+00:00","dateModified":"2026-02-19T07:57:11+00:00","description":"Buiten sy roemryke sangloopbaan is Kurt ook \u2019n toegewyde pa, mentor, entrepreneur en eggenoot. En Dunay is die anker op sy lewensreis.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/24_Darrens_Grys0118-e1771485215168.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/24_Darrens_Grys0118-e1771485215168.jpg","width":1280,"height":1200},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaptein-kurt-verjaar-ek-laat-nie-toe-dat-negatiewe-dinge-my-energie-steel-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Kaptein Kurt verjaar! &#8216;Ek laat nie toe dat negatiewe dinge my energie steel nie&#8217;"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/162126","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=162126"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/162126\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":162143,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/162126\/revisions\/162143"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/162128"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=162126"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=162126"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=162126"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}