{"id":162057,"date":"2026-02-17T15:30:08","date_gmt":"2026-02-17T13:30:08","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=162057"},"modified":"2026-02-19T11:02:22","modified_gmt":"2026-02-19T09:02:22","slug":"vriendskappe-het-ook-vervaldatums","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\/","title":{"rendered":"Vriendskappe het ook vervaldatums"},"content":{"rendered":"<p>Deur TANYA DE VENTE-BIJKER.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Carla Hansen* was in &#8216;n vriendskap vasgevang wat haar ongelukkig gemaak het. &#8220;Ons was vanaf skooldae af vriendinne en ek het gedink omdat ons mekaar so lank al ken, moet ek met haar vriende bly.&#8221; Hul gesprekke het meestal net oor die vriendin se lewe gegaan. Wanneer dit oor Carla gegaan het, het haar vriendin net op negatiewe dinge gefokus. Sy het agter my rug lelik van my gepraat, en sy sou openlik my gewig of menswees kritiseer.&#8221; Soms het sy selfs vir my poetse gebak soos om te s\u00ea sy is in &#8216;n ernstige ongeluk en dat ek dringend hospitaal toe moet jaag, net om te sien hoe ek sal reageer,\u201d vertel Carla.<\/p>\n<p>Toe Carla tydens die pandemie tyd vir introspeksie gehad het, het sy besef sy is in &#8216;n toksiese vriendskap vasgevang. &#8220;Ek moes soms na haar stories luister hoe sy haar man met ander mans verneuk, en na praatjies oor haar sekslewe en dit wat hulle verkies. Ek het een aand toe ek siek was op haar bank gel\u00ea en slaap, en agterna het sy my vertel hoe sy en haar k\u00earel seks reg langs my op die bank gehad het. Ek het tyd gehad om na te dink en besef dit is tyd om weg te breek.&#8221;<\/p>\n<p>Carla het besluit om kontak met haar vriendin te verbreek. &#8220;Ek het opgehou om haar boodskappe te antwoord en uiteindelik het sy opgehou om my te kontak.<br \/>\n&#8220;Dit was eers toe een van my kollegas vir my vertel hoe erg dit is as iemand jou net ignoreer dat ek besluit het om vir haar &#8216;n eerlike boodskap te stuur. Ek het jammer ges\u00ea dat ek kontak verbreek het, maar vir haar verduidelik dat ek ons vriendskap vir my eie oorlewing moes be\u00ebindig. Sy stuur steeds nou en dan boodskappe. Ek antwoord steeds nie.&#8221;<\/p>\n<p>Die skrywer Didi Potgieter s\u00ea sy moes onlangs ook &#8216;n vriendskap be\u00ebindig.<\/p>\n<p>&#8220;As jy vir my man vra wat my beste eienskap is, sal hy vir jou s\u00ea ek is uiters lojaal. As jy hom vra wat is my swakste eienskap, sal hy dieselfde antwoord gee. Ek is dus die vriendin wat bly lank n\u00e1 enige ander mens sou oppak en wegloop. Ek skram ook weg van konflik.\u201d Didi s\u00ea sy het besef ongelukkig moet &#8216;n mens sekere dinge laat gaan om vorentoe te beweeg.<\/p>\n<p>&#8220;Ek was al baie keer sonder goeie rede die vark in my vriendin se verhaal en elke keer was die skade aan ons vriendskap moeiliker om te herstel. Tog was ons vriendskap nog altyd &#8216;n terrein waar ek versigtig moes beweeg omdat sy baie sterk menings het en glad nie bang vir konflik is nie.<\/p>\n<p>&#8220;Ek het egter net een oggend skielik besef dat ek nie nodig het om meer deel van die drama te wees nie. Ek het doelbewus uit haar geveg geklim. Ek het geleer jy kan wegloop sonder om iemand seer te maak, maar jy hoef nie in &#8216;n vriendskap, wat jou seermaak, te bly nie.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-162060 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-vlada-karpovich-7561105-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Die doel van vriendskap<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die bekende Amerikaanse skrywer en motiveringspreker, <strong>Mel Robbins<\/strong>, s\u00ea in &#8216;n episode op haar gewilde potgooi, <em>The Mel Robbins Podcast<\/em>, dat vriendskap een van die belangrikste dinge in jou lewe is. Maar, s\u00ea sy, die idee van &#8220;best friends forever&#8221; is &#8216;n leuen wat onnodige druk op ons lewe plaas.<\/p>\n<p>&#8220;Vriende kom en gaan,\u201d verduidelik sy. &#8220;Soms sal jou vriendskap met iemand mettertyd verflou en dit is oukei. Dit is die natuurlike gang van die lewe.&#8221; Mel reken om van &#8220;beste vriende vir altyd&#8221; te praat, kan groot druk op jou verhouding plaas.<\/p>\n<p>Sy s\u00ea wanneer jy dan aan vriendskappe vasklou waar daar eintlik nie meer &#8216;n verbintenis is nie, wat jou nie langer voed nie of wat jou nie ondersteun in wie jy geword het nie en jy vriende bly omdat jy voel jy moet, dan voel jy verwerp. &#8220;Die waarheid is: Jy gaan nie altyd met dieselfde mense vriende wees nie. Jy moet buigsaam in jou vriendskappe wees. Vriendskap moet &#8216;n gemeenskaplike, ondersteunende verhouding wees gegrond op die passies en doelwitte wat jy nou in jou lewe het, en nie op jul gesamentlike geskiedenis nie.<\/p>\n<p>&#8220;Daar kan volgende week iemand in jou lewe instap, en julle kan onmiddellik kliek. Dit kan die perfekte persoon wees wat jy op hierdie oomblik in jou lewe nodig het.&#8221;<br \/>\nSy s\u00ea soos wat jy groei, gaan jou vriendskappe groei.<\/p>\n<p>&#8220;As iets gedwonge begin voel, is dit nog verbind aan die mens wie jy was, nie die mens wie jy nou is nie.&#8221;<br \/>\nMel verwys ook na die bekende raamwerk van vriendskap: &#8220;Soms is jy vriende vir &#8216;n rede (julle werk saam of is bure), of vir &#8216;n seisoen (julle is dalk jong ma&#8217;s), of vir &#8216;n leeftyd (die vriendin wat jy enige tyd van die dag of nag kan bel).&#8221;<\/p>\n<p>Die Covid 19-pandemie het mense oor hul vriendskappe laat herbesin, meen Mel. &#8220;Onthou om buigsaam te wees en dink aan jou vriendskappe ten opsigte van die raamwerk. Julle was dalk net vriende vir &#8216;n seisoen en dit is ook oukei.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-162067 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-kampus-7802479-500x334.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>As die vriendskap sneuwel<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Candice King<\/strong>, &#8216;n lewenstylafrigter van Durban, s\u00ea vriendskappe verdiep wanneer julle oop teenoor mekaar is. &#8220;Weerloosheid, vertroue en empatie is goeie boustene vir enige vriendskap.&#8221;<br \/>\nSy glo ook daar hoef nie noodwendig &#8216;n dramatiese einde vir &#8216;n vriendskap te wees nie. &#8220;Soms loop die vriendskap stelselmatig dood, of jul lewe loop verskillende paaie en jul belangstellings het verander. Dit is belangrik om &#8216;n vriendskap op &#8216;n vriendelike en liefdevolle manier te be\u00ebindig en nie net iemand te ghost nie. Ek het ervaar dat wanneer &#8216;n vriendskap net botweg van een kant be\u00ebindig word, kan daar onnodige probleme insluip.&#8221;<\/p>\n<p>Hoewel dit moeilik en ongemaklik kan wees om so &#8216;n gesprek met iemand te voer, is dit belangrik. &#8220;Dit verg baie moed om so gesprek te h\u00ea en jou gevoelens oop en eerlik te deel. Ons probeer om die tipe gesprekke te vermy omdat ons glo ons gaan die ander persoon seermaak, maar in werklikheid is dit omdat ons self nie ongemaklik of weerloos wil voel nie.&#8221;<\/p>\n<p>Candice s\u00ea dit is belangrik om vooraf te besluit wat jy uit die gesprek wil bereik. &#8220;Ontmoet jou vriendin op &#8216;n neutrale plek. Kies ook jou tyd versigtig. Jy moet seker maak jy is rustig, kalm en in beheer. Maak seker jy het jou emosies onder beheer voor jy die gesprek begin, ook tydens die gesprek. Onthou om nie te oordeel, kritiseer of vinger te wys nie. Dit gaan nie oor haar nie, maar oor jou. Deel jou besluit, en jy hoef nie jou redes te deel nie, maar dit kan dit makliker vir die ander party maak. Iets wat altyd in so gesprek help, is om &#8216;n eienskap wat jy van haar waardeer, uit te wys. Dit sal die kans dat sy onmiddellik tot verdediging gaan, verminder.&#8221;<\/p>\n<p>Candice s\u00ea dit is belangrik om jou emosies te beheer, want wanneer jou emosionele vlakke verhoog, blokkeer dit jou rasionele brein. &#8220;As dit vir jou of haar nodig is, kan julle ook &#8216;n blaaskans vat en later weer na die gesprek terugkeer. Hou dit kort en moenie oorverduidelik nie.&#8221;<\/p>\n<p><em>*Skuilnaam<\/em><\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hou-meer-van-jouself\/\">Hou meer van jouself<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-162068 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-ekaterina-bolovtsova-4051134-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Tyd om aan te beweeg<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dr Adele Frisby-Lowe, &#8216;n sielkundige by Evexia in Midstream, verduidelik die belangrikste aspek om in enige vriendskap in ag te neem, is of dit jou behoeftes en begeertes bevredig. Sy s\u00ea jy moet jouself afvra: Verruim dit jou lewe, of plaas dit stres op jou lewe? &#8220;Dit is ook belangrik om jou rede vir jou gevoel te probeer identifiseer.&#8221;<\/p>\n<p><strong>Dr Adele s\u00ea daar is &#8216;n paar dinge waarna jy op die uitkyk kan wees as jy wonder of dit dalk tyd is om jou vriendskap te be\u00ebindig: <\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Jy begin voel jy gee meer in die vriendskap en ontvang niks terug nie. Jy verduidelik jou gevoelens aan jou vriendin, maar dit val op dowe ore.<\/li>\n<li>Julle bring nie meer tyd saam deur nie.<\/li>\n<li>Julle het minimale kontak en dit word altyd eerste deur jou ge\u00efnisieer (deur byvoorbeeld &#8216;n WhatsApp te stuur).<\/li>\n<li>Jy word by sosiale geleenthede uitgesluit.<\/li>\n<li>Daar is &#8216;n vertrouensbreuk.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Sy s\u00ea die beste manier is om reguit en eerlik te wees. &#8220;Veral as dit &#8216;n goeie vriendin was, dan is dit net regverdig. Mense sukkel in die algemeen om met onsekerheid saam te leef en deur direk en eerlik te wees, maak jy dit op die duur vir al die betrokke partye makliker. Tensy jy &#8216;n tiener is, of op &#8216;n passief-aggressiewe manier &#8216;n punt probeer maak, is dit nie die ideaal om iemand te ignoreer (ghosting) nie.&#8221;<\/p>\n<p>Sy raai aan dat jy &#8216;n skoon breuk maak. Dit is dus beter om eerder maar jul vriendskap op sosiale media ook te verbreek. &#8220;Die tipe kontak doen gewoonlik meer skade as goed. Dit is &#8216;n besoek aan iets wat &#8216;dood&#8217; is.<br \/>\nSou dit enige doel dien?&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swaai-uit-vir-die-slaggate\/\">Swaai uit vir di\u00e9 slaggate in jou verhouding<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur TANYA DE VENTE-BIJKER. &nbsp; Carla Hansen* was in &#8216;n vriendskap vasgevang wat haar ongelukkig gemaak het. &#8220;Ons was vanaf skooldae af vriendinne en ek het gedink omdat ons mekaar so lank al ken, moet ek met haar vriende bly.&#8221; [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":162147,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,662],"tags":[2599,9507],"class_list":["post-162057","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-vriendskap","tag-vriendskappe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vriendskappe het ook vervaldatums | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Dis nie net liefdesverhoudings wat soms skipbreuk ly nie. Hoe weet jy of dit die einde van die pad vir julle is en hoe be\u00ebindig jy die vriendskap?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vriendskappe het ook vervaldatums | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dis nie net liefdesverhoudings wat soms skipbreuk ly nie. Hoe weet jy of dit die einde van die pad vir julle is en hoe be\u00ebindig jy die vriendskap?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-02-17T13:30:08+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-02-19T09:02:22+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-olia-danilevich-5729074-e1771491704207.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1010\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Vriendskappe het ook vervaldatums\",\"datePublished\":\"2026-02-17T13:30:08+00:00\",\"dateModified\":\"2026-02-19T09:02:22+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\\\/\"},\"wordCount\":1513,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/pexels-olia-danilevich-5729074-e1771491704207.jpg\",\"keywords\":[\"vriendskap\",\"vriendskappe\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\\\/\",\"name\":\"Vriendskappe het ook vervaldatums | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/pexels-olia-danilevich-5729074-e1771491704207.jpg\",\"datePublished\":\"2026-02-17T13:30:08+00:00\",\"dateModified\":\"2026-02-19T09:02:22+00:00\",\"description\":\"Dis nie net liefdesverhoudings wat soms skipbreuk ly nie. Hoe weet jy of dit die einde van die pad vir julle is en hoe be\u00ebindig jy die vriendskap?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/pexels-olia-danilevich-5729074-e1771491704207.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/pexels-olia-danilevich-5729074-e1771491704207.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1010},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vriendskappe het ook vervaldatums\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vriendskappe het ook vervaldatums | rooi rose","description":"Dis nie net liefdesverhoudings wat soms skipbreuk ly nie. Hoe weet jy of dit die einde van die pad vir julle is en hoe be\u00ebindig jy die vriendskap?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vriendskappe het ook vervaldatums | rooi rose","og_description":"Dis nie net liefdesverhoudings wat soms skipbreuk ly nie. Hoe weet jy of dit die einde van die pad vir julle is en hoe be\u00ebindig jy die vriendskap?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2026-02-17T13:30:08+00:00","article_modified_time":"2026-02-19T09:02:22+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1010,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-olia-danilevich-5729074-e1771491704207.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Vriendskappe het ook vervaldatums","datePublished":"2026-02-17T13:30:08+00:00","dateModified":"2026-02-19T09:02:22+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\/"},"wordCount":1513,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-olia-danilevich-5729074-e1771491704207.jpg","keywords":["vriendskap","vriendskappe"],"articleSection":["Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\/","name":"Vriendskappe het ook vervaldatums | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-olia-danilevich-5729074-e1771491704207.jpg","datePublished":"2026-02-17T13:30:08+00:00","dateModified":"2026-02-19T09:02:22+00:00","description":"Dis nie net liefdesverhoudings wat soms skipbreuk ly nie. Hoe weet jy of dit die einde van die pad vir julle is en hoe be\u00ebindig jy die vriendskap?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-olia-danilevich-5729074-e1771491704207.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-olia-danilevich-5729074-e1771491704207.jpg","width":1920,"height":1010},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vriendskappe het ook vervaldatums"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/162057","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=162057"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/162057\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":162071,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/162057\/revisions\/162071"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/162147"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=162057"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=162057"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=162057"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}