{"id":160198,"date":"2025-12-04T11:24:10","date_gmt":"2025-12-04T09:24:10","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=160198"},"modified":"2025-12-04T11:24:10","modified_gmt":"2025-12-04T09:24:10","slug":"osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\/","title":{"rendered":"Osteoporose: Die siekte wat jou bekruip"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur CHRISTA SWANEPOEL<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Daar is baie wanopvattings oor <strong>osteoporose<\/strong>, soos dat dit \u2019n \u201couvrousiekte\u201d is. Die probleem is dat dit oor dekades ontwikkel sonder dat daar enige waarneembare teken is. Jy ervaar geen pyn nie, maar jou gebeente verswak geleidelik en op \u2019n dag breek jy jou pols, heup of \u2019n ruggraatbeen en as jy dan by \u2019n dokter uitkom, word osteoporose gediagnoseer.<\/p>\n<p>Osteoporose kan as \u2019n siekte van oorerflikheid en lewenstyl beskryf word. Jy kan ongelukkig nie veel aan eersgenoemde doen nie, maar met die regte lewenstylkeuses kan jy wel jou kanse verbeter om dit vry te spring. Kennis oor di\u00e9 beensiekte is dus uiters belangrik.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Lyers vertel<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Marietjie (77) van Pretoria onthou hoe dit begin het: \u201cEk het in my vyftigerjare my gewrig gebreek, maar dit nie daardie tyd met osteoporose in verband gebring nie. My gewrig het herstel en \u2019n paar jaar later het ek n\u00e1 ek inkopies gaan doen het, die inkopiesakke uit die kattebak gelaai en beentjies in my ruggraat gebreek. Ek is toe eers met osteoporose gediagnoseer.<br \/>\n\u201cEk het daarna soveel as moontlik oor die siekte opgelees en het moeite gedoen om my kinders en kleinkinders se dieet aan te pas om hulle daarteen te help beskerm. Ek het ook op die dokter se aanbeveling \u2019n paar keer per week in \u2019n park gaan stap. Ek is baie meer bewus van wat ek doen en eet om myself teen verdere breuke te beskerm.\u201d<\/p>\n<p>Bernadette (59) van Northcliff: \u201cEk was 56 jaar oud toe ek in 2020 erge pyn in my regterboud en lae rug ontwikkel het. Ek het aanvanklik gedink daar is iets fout met my kolon.<br \/>\n\u201cEk het twee kolonoskopies en twee CT-skanderings ondergaan, maar die dokters kon niks fout vind nie. In 2021 het die dokters \u2019n MRI gedoen en osteoporose is by my gediagnoseer. Dit het getoon ek het spinale stenose en \u2019n rugwerwel wat geskuif het en uitstulp, waarskynlik weens die osteoporose.<br \/>\n\u201cMy oorlede pa en van sy sibbe het osteoporose gehad en daarom het ek na my gesondheid omgesien. Ek weeg 51 kg, ek het nog altyd geoefen, 90% van my dieet is vrugte en groente en ek neem aanvullings. Dit was dus vir my \u2019n skok toe osteoporose by my gediagnoseer is. Ek oefen steeds al het ek pyn. Die pyn is erger as ek sit of l\u00ea. Ek gebruik medikasie, maar ek weet dis op die duur nie goed vir my niere nie. Ek gaan binnekort weer vir \u2019n MRI.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Wat is osteoporose?<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Osteoporose beteken letterlik \u201cporeuse bene\u201d. Die siekte veroorsaak dat die digtheid en gehalte van jou gebeente afneem, wat die skelet verswak en die kanse om \u2019n fraktuur op te doen, verhoog. Jou bene kan so bros word dat jy met geringe inspanning \u2019n fraktuur kan opdoen, soos om van \u2019n bank af op te staan, \u2019n inkopiesak op te tel of te nies.<\/p>\n<p>Dit gebeur egter geleidelik sonder dat jy dit agterkom. In jou leeftyd vind daar gedurig afbreking en heropbouing van jou skelet plaas. Dit is nodig vir die groei en instandhouding van gesonde bene. In jou kindertyd word been vinniger opgebou as wat dit afgebreek word \u2013 jy groei en jou gebeente word digter. Jou beenmineraaldigtheid neem toe tot jy volwassenheid bereik. N\u00e1 30 begin beendigtheid geleidelik afneem en verloor die gemiddelde vrou elke jaar 0,5% beendigtheid. Jy moet dus van jongs af daarop bedag wees al toon jy geen simptome nie.<\/p>\n<p>Wanneer jy skielik \u2019n been breek, is dit gewoonlik en ongelukkig die eerste \u201csimptoom\u201d van osteoporose. En dan is dit te laat. Die enigste fisieke teken dat jy dit onder lede het, is \u2019n afname in jou lengte en jou rug word geleidelik krommer weens die kompressiefrakture van die rugwerwels. Beendigtheid begin reeds van die vroe\u00eb dertigerjare afneem en die risiko dat \u2019n vrou in haar leeftyd \u2019n fraktuur weens osteoporose<br \/>\nkan opdoen, is 30% tot 40%. Dit is ook nie net \u2019n vrouesiekte nie en onlangse studies toon dat een uit elke vyf mans osteoporose kan opdoen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-160203 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/pexels-yankrukov-5793654-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Wat is die risikofaktore?<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li>\u00a0Jy is ouer as 65 jaar.<\/li>\n<li>Jy het n\u00e1 die ouderdom van 50 \u2019n been gebreek.<\/li>\n<li>\u2019n Naby familielid het \u2019n been gebreek of is met osteoporose gediagnoseer.<\/li>\n<li>Jou gesondheid is swak.<\/li>\n<li>Jy is ondergewig vir jou lengte.<\/li>\n<li>Jy rook.<\/li>\n<li>Jy het voor 45 jaar deur menopouse gegaan.<\/li>\n<li>Jy kry nie genoeg kalsium in nie.<\/li>\n<li>Jy drink meer as twee alkoholiese drankies \u2019n paar keer per week.<\/li>\n<li>Jou sig is swak.<\/li>\n<li>Jy kry nie genoeg oefening nie.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Hoe kan dit gediagnoseer word?<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Jou dokter sal \u2019n Dexa-masjien gebruik (Dual Energy X-ray Absorptiometry). Die masjien skandeer jou heup en ruggraat om jou beendigtheid te bepaal in vergelyking met ander mense s\u2019n van jou ouderdom en geslag. Verder kan \u2019n bloedtoets gedoen word of \u2019n sonar, gewoonlik van die hak, of \u2019n kwantitatiewe CTskandering van die lae-ruggraat.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Wat is nodig om dit te voorkom?<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Kalsium: <\/strong>Kalsium is \u2019n belangrike bousteen vir beenweefsel wat osteoporose en beensiektes kan voorkom. Die kalsiumvlakke in die bloed, wat noodsaaklik is vir die senuwees en spiere, word onderhou deur die kalsium in jou bene, wat as \u2019n reservoir dien. Die hoeveelheid kalsium wat ons liggaam nodig het, verander met ouderdom, maar die liggaam se vermo\u00eb om kalsium op te neem, neem ook met ouderdom af en daarom moet jy meer kalsium inneem. Voedsel ryk aan kalsium is suiwelprodukte soos melk, jogurt, kaas en botter; groen groentes soos broccoli en spinasie; geblikte vis waarvan die bene ryk is aan kalsium, soos salm en sardiens; en neute, veral amandels en Brasiliaanse neute.<\/li>\n<li><strong>Vitamien D:\u00a0 <\/strong>Vitamien D help met die opname van kalsium uit die kos wat jy eet en verseker die hernuwing en mineralisasie van beenweefsel. Dit is dus noodsaaklik vir die onderhoud en ontwikkeling van bene. Vitamien D word in jou vel vervaardig wanneer dit aan die son se ultravioletstrale blootgestel word. Dit kom ook in kos, soos salm, sardiens en makriel, eiers en lewer voor. Jy kan ook vitamien D-aanvullings gebruik. Onlangse navorsing toon \u2019n minimumbloedvlak van 25- hidroksievitamien D wat optimaal vir voorkoming van frakture sal wees, is 70-80 nmol\/l. Om dit te bereik, sal die gemiddelde ouer mens se vitamien D-inname minstens 800-1 000 IE\/dag moet wees.<\/li>\n<li><strong>Oefening: <\/strong>Oefening is noodsaaklik vir beengesondheid op enige ouderdom. Jy kan ook op enige ouderdom met beenoefeninge begin, selfs al val jy in die ho\u00ebrisikogroep of selfs al het jy reeds osteoporose. Omdat oefening bene en spiere versterk en balans, ko\u00f6rdinasie en soepelheid verbeter, kan dit help dat jy nie val en dalk iets breek wat tot gestremdheid of selfs \u2019n voortydige dood kan lei nie. Volgens die Nasionale Osteoporose-stigting is stap en weerstandsoefeninge die beste oefeninge wat kan help om beendigtheid te bevorder omdat jy teen gravitasie werk. Weerstandsoefeninge sluit vinnige stap, draf en dans in. \u2019n Vinnige stap van 45 minute drie keer per week word aanbeveel. Dra net gemaklike skoene. Die spier wat die been \u201ctrek\u201d, genereer elektriese impulse op die beenoppervlakte, wat beenvorming stimuleer. Oefening stel ook hormone vry wat beenvorming aanhelp en dit stimuleer bloedvloei binne die been.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-160202 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/pexels-towfiqu-barbhuiya-3440682-11509788-500x334.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Simptome van \u2019n heupfraktuur<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>As jy vermoed dat jy \u2019n heupfraktuur opgedoen het, moet jy onmiddellik mediese hulp kry.<\/p>\n<p><strong>Simptome van \u2019n heupfraktuur sluit in:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Pyn in die lies of dy.<\/li>\n<li>Jy kan nie staan nie.<\/li>\n<li>Jy kan geen gewig op die geaffekteerde been hanteer nie.<\/li>\n<li>Jy kan nie die boonste deel van die been beweeg nie of sukkel om dit reg te kry.<\/li>\n<li>Die deel om die heup en bobeen is geswel en gekneus.<\/li>\n<li>Die geaffekteerde been is in \u2019n vreemde posisie gedraai of lyk korter as die ander been.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Behandeling<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hoewel osteoporose nie genees kan word nie, is daar behandeling beskikbaar. Jou dokter sal die regte behandeling vir jou aanbeveel afhangende van jou ouderdom, geslag, hoe ver die osteoporose gevorder het en of jy ander siektetoestande onder lede het, asook persoonlike voorkeur.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/planne-vir-goeie-kraakbeen\/\">Planne vir goeie kraakbeen<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur CHRISTA SWANEPOEL &nbsp; &nbsp; Daar is baie wanopvattings oor osteoporose, soos dat dit \u2019n \u201couvrousiekte\u201d is. Die probleem is dat dit oor dekades ontwikkel sonder dat daar enige waarneembare teken is. Jy ervaar geen pyn nie, maar jou gebeente [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":160204,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667,1],"tags":[2699],"class_list":["post-160198","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","category-funksie-artikels","tag-osteoporose"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Osteoporose: Die siekte wat jou bekruip | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Mense wat jou osteoporose het, weet dit dikwels nie eens nie, tot dit te laat is. Dit ontwikkel oor dekades sonder enige waarneembare teken.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Osteoporose: Die siekte wat jou bekruip | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Mense wat jou osteoporose het, weet dit dikwels nie eens nie, tot dit te laat is. Dit ontwikkel oor dekades sonder enige waarneembare teken.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-12-04T09:24:10+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/pexels-kindelmedia-7298422.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1919\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1081\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Osteoporose: Die siekte wat jou bekruip\",\"datePublished\":\"2025-12-04T09:24:10+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\\\/\"},\"wordCount\":1332,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/12\\\/pexels-kindelmedia-7298422.jpg\",\"keywords\":[\"osteoporose\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\",\"Funksie artikels\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\\\/\",\"name\":\"Osteoporose: Die siekte wat jou bekruip | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/12\\\/pexels-kindelmedia-7298422.jpg\",\"datePublished\":\"2025-12-04T09:24:10+00:00\",\"description\":\"Mense wat jou osteoporose het, weet dit dikwels nie eens nie, tot dit te laat is. Dit ontwikkel oor dekades sonder enige waarneembare teken.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/12\\\/pexels-kindelmedia-7298422.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/12\\\/pexels-kindelmedia-7298422.jpg\",\"width\":1919,\"height\":1081},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Osteoporose: Die siekte wat jou bekruip\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Osteoporose: Die siekte wat jou bekruip | rooi rose","description":"Mense wat jou osteoporose het, weet dit dikwels nie eens nie, tot dit te laat is. Dit ontwikkel oor dekades sonder enige waarneembare teken.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Osteoporose: Die siekte wat jou bekruip | rooi rose","og_description":"Mense wat jou osteoporose het, weet dit dikwels nie eens nie, tot dit te laat is. Dit ontwikkel oor dekades sonder enige waarneembare teken.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-12-04T09:24:10+00:00","og_image":[{"width":1919,"height":1081,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/pexels-kindelmedia-7298422.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Osteoporose: Die siekte wat jou bekruip","datePublished":"2025-12-04T09:24:10+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\/"},"wordCount":1332,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/pexels-kindelmedia-7298422.jpg","keywords":["osteoporose"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid","Funksie artikels"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\/","name":"Osteoporose: Die siekte wat jou bekruip | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/pexels-kindelmedia-7298422.jpg","datePublished":"2025-12-04T09:24:10+00:00","description":"Mense wat jou osteoporose het, weet dit dikwels nie eens nie, tot dit te laat is. Dit ontwikkel oor dekades sonder enige waarneembare teken.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/pexels-kindelmedia-7298422.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/pexels-kindelmedia-7298422.jpg","width":1919,"height":1081},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/osteoporose-die-siekte-wat-jou-bekruip\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Osteoporose: Die siekte wat jou bekruip"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/160198","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=160198"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/160198\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":160205,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/160198\/revisions\/160205"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/160204"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=160198"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=160198"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=160198"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}