{"id":160007,"date":"2025-12-01T11:32:00","date_gmt":"2025-12-01T09:32:00","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=160007"},"modified":"2025-12-01T11:32:00","modified_gmt":"2025-12-01T09:32:00","slug":"vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\/","title":{"rendered":"Vanjaar se \u2018Boer soek \u2019n vrou\u2019-pasmaats gee raad aan voornemende briefskrywers vir die 18de seisoen!"},"content":{"rendered":"<p>Die 17de seisoen van<strong><em> Boer soek \u2019n vrou<\/em><\/strong> het meer as sy kwota aan die spreekwoordelike sewe sakke sout opgelewer. Daar was bittersoet ervarings, hoopvolle oomblikke, stukkende harte en nuwe insigte . . . Kykers kon hulle in elke situasie inleef en het baie duidelik hul opinies gelug oor wie bymekaar hoort en wie nie, wie moet bly en wie moet gly.<\/p>\n<p>Soms is daar klippe gekou, ander kere weer onbevange gelag. Hier en daar was daar \u2019n vonkel in die oog, soms was daar spanning onder die pasmaats en dan was daar die hoop op liefde met iemand saam met wie hulle die pad vorentoe kon sien. En ja, daar was trane \u2013 maar daar was soveel meer wat agter die skerms gebeur het wat hierdie uitgelese groepie pasmaats ook verrykend gevind het.<\/p>\n<p>Noudat hulle deur die meul van hul soeke na liefde is, het van die pasmaats wat nie noodwendig hulle gelukkige einde gekry het nie, wel waardevolle raad en insig om met voornemende briefskrywers vir die 18de seisoen van kykNET se gewilde maatsoekreeks te deel.<\/p>\n<p>Van die pasmaats moes hul tasse pak nadat die boere hul finale keuses gemaak het. Dan is daar Lauren en Lizelle. Lauren is wel deur Evert gekies, maar hul sprokie het kort voor lank verbrokkel. Lizelle is op haar beurt deur Rudi H gekies, maar tydens die re\u00fcnie het hy met iemand anders aan die sy opgedaag.<\/p>\n<p>Nog \u2019n uitsondering was Elizma. Sy het uit eie vrye wil besef dat die konneksie met Willie nie sterk genoeg is nie \u2013 en sy het self die plaas verlaat. Tog bied di\u00e9 drie ook wonderlike insigte oor wat vir pasmaats mag voorl\u00ea.<\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><strong>Theresa (Evert)<\/strong><\/h4>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-160013 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/Theresa-500x281.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"281\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Sou jy hierdie doen met die uitgangspunt dat jy niks het om te verloor nie en dat jou bedoelings opreg is om moontlik liefde te vind, is hierdie \u2019n besonderse ervaring. Doen dit!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><strong>Lauren (Evert)<\/strong><\/h4>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-160015 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/Lauren-2-500x281.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"281\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ek vermoed die maklikste antwoord sal wees: \u201cWat het jy om te verloor\u201d. Maar die werklikheid van die situasie is dat jou hart kan breek en teleurstelling is nie uitgesluit nie. Dit vat moed om jouself op \u2019n baie openbare platform bloot te stel, maar glo in jouself.<\/p>\n<p>Wees oopkop want jy weet nooit werklik wat voorl\u00ea en waarheen hierdie reis jou kan neem nie. Ek het ongelooflike mense ontmoet, mense met wie my paaie andersins nooit sou kruis as dit nie vir die <em>Boer soek \u2019n vrou<strong>&#8211;<\/strong><\/em>familie was nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><strong>Lizelle (Rudi H)<\/strong><\/h4>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-160014 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/Lizelle-500x281.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"281\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Bid oor die saak voordat jy deelneem. Jy moet bereid wees om jou lewe vir \u2019n rukkie op die agterste plaat te sit. Jy moet weet wie jy is, waarna jy soek en wat jy iemand kan bied. Die proses is wat jy daarvan maak. Weet net, God weet die beste en as jy nie gekies word nie, dan is dit nie die Plan nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><strong>Ella (Rudi H)<\/strong><\/h4>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-160016 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/Ella-500x281.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"281\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Daar is twee dinge wat ek graag met voornemende pasmaats wil deel. Die eerste is dat jy glad nie in kompetisie is met enigiemand nie. Die boer het sekere eienskappe waarna hy s\u00e9lf op soek is. As jy van daardie eienskappe het, gaan hy jou kies. Weet wat jou waarde is en wees net jouself. Elkeen se mooiste l\u00ea juis in dit wat jou uniek maak.<\/p>\n<p>Ek het geleer dat ek tot soveel meer in staat is as wat ek myself partymaal voor erkenning gee. Dat ek weet wie ek is. Jou waarheid in die lewe hoef nie deur ander raakgesien te word om dit krag te gee nie. Jy kan berus daarin dat jy weet wat ges\u00ea is en wat gebeur het.<\/p>\n<p>Ek het soveel mense ontmoet wat verandering en geleenthede in my lewe te weeg gebring het. Ek het nou wel nie die boer se hart gewen nie, maar dit wat ek geleer het en die nuwe mense in my lewe is beslis meer as wat ek myself voor die proses kon indink.<\/p>\n<p>Ek is daagliks betrokke by mense om \u2019n verskil in hul lewe te maak. Die waarheid is dat hulle elke dag vir my so baie leer oor dankbaarheid en om daar te wees vir jou medemens.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><strong>Elizma (Pieter)<\/strong><\/h4>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-160012 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/Elizma-2-500x281.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"281\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>My advies sal wees dat jy regtig niks het om te verloor deur in te skryf nie. Daar is \u2019n sterk moontlikheid dat jy wel liefde kan vind in die proses. En selfs al daag die liefde nie op nie, leer jy baie van jouself. Boonop ontmoet jy ook ongelooflike mense. Ek het \u2019n paar goeie vriendinne in die proses bygekry.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><strong>Denike (Willie)<\/strong><\/h4>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-160011 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/Denike-500x281.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"281\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Doen dit net! Wat is dan nou die ergste wat kan gebeur? Hy kan dalk nee s\u00ea, en dan gaan jy huis toe met herinneringe en \u2019n onvergeetlike ervaring. Ek sou s\u00ea dis steeds \u2019n wen!<\/p>\n<p>Laat jouself toe om emosioneel te raak as jy moet; dis hartsake die, nie \u2019n besigheidstransaksie nie.<\/p>\n<p>En die belangrikste van alles: hou jou waardes, jou geloof en jou opregte self naby aan jou deur die hele proses.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><strong>Cilmari (Willie)<\/strong><\/h4>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-160010 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/Cilmari-500x281.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"281\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Daar is baie <em>tips<\/em> en raad wat mens het vir mense wat moontlik wil inskryf, maar die belangrikstes is:<\/p>\n<ul>\n<li>Moenie inskryf as die boer nie werklik jou oog vang en jy regtig jouself saam hom kan insien nie. En moenie jouself deur dit sit as jou werk en verlof en alles dit nie gaan toelaat nie.<\/li>\n<li>As jy wel seker is jy wil die kans vat, gaan voluit, skryf daai briefie, stuur \u2019n video. Terloops, as dit nie vir my video was nie, sou Willie nie my brief betyds gekry nie.<\/li>\n<li>Maak seker jou identiteit is vas in die Here. Jy moet weet wie jy is in Jesus en moenie hierdie doen uit desperaatheid en met baie bagasie nie. Kom self eers op \u2019n plek waar jy weet jy is oukei met jouself.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Dan, wees regtig egtig net jouself! Moenie voorgee nie, dit gaan wys! En niemand soek iets <em>fake<\/em> nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><strong>Arnold (Rudi)<\/strong><\/h4>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-160009 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/Arnold-2-500x281.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"281\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Wees net jouself. Dis maklik om vas te kyk in die kameras of wat ander dalk gaan dink, maar dis jou ervaring. Leef dit ten volle. Gaan in sonder verwagtinge, maar met opregtheid. Bly getrou aan wie jy is, en moenie bang wees om jou ware self te wys nie. Dis \u2019n unieke ervaring wat jou baie oor jouself en oor mense leer.<\/p>\n<p>Bly eerlik, wees oop vir nuwe mense en nuwe perspektiewe, en onthou: selfs al vind jy nie liefde nie, leer jy altyd iets waardevols.<\/p>\n<p>Geniet elke oomblik, dit gaan vinniger verby as wat jy dink!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Die oes van 2026: Hier is die 10 boere wat op soek is na liefde <\/strong><\/p>\n<ol>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boer-soek-n-vrou-se-inskrywings-is-oop-leer-ken-boer-arno\/\">Arno<\/a> (28), bosbouboer van Tzaneen, Limpopo (Vroulike pasmaat)<\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boer-soek-n-vrou-se-inskrywings-is-oop-leer-ken-boer-david\/\">David<\/a> (43), gemengde boerdery van Vierfontein, Vrystaat (Vroulike pasmaat)<\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boer-soek-n-vrou-se-inskrywings-is-oop-leer-ken-boer-francois\/\">Francois<\/a> (34), natuurbewaarder van Hoedspruit, Mpumalanga (Vroulike pasmaat)<\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boer-soek-n-vrou-se-inskrywings-is-oop-leer-ken-boer-jack\/\">Jack<\/a> (30), appel- en peerboer van Hermanus, Wes-Kaap (Vroulike pasmaat)<\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boer-soek-n-vrou-se-inskrywings-is-oop-leer-ken-boer-jacques\/\">Jacques<\/a> (32), makadamianeutboer van Nelspruit, Mpumalanga (Vroulike pasmaat)<\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boer-soek-n-vrou-se-inskrywings-is-oop-leer-ken-boer-jd\/\">JD<\/a> (28), gemengde boerdery van Reitz, Vrystaat (Vroulike pasmaat)<\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boer-soek-n-vrou-se-inskrywings-is-oop-leer-ken-boer-junior\/\">Junior<\/a> (35), gemengde boerdery van Bethlehem, Vrystaat (Vroulike pasmaat)<\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boer-soek-n-vrou-se-inskrywings-is-oop-leer-ken-boer-leandi\/\">Leandi<\/a> (36), beesboer van Ventersdorp, Noordwes (Manlike pasmaat)<\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boer-soek-n-vrou-se-inskrywings-is-oop-leer-ken-boer-luan\/\">Luan<\/a> (26), skaapboer van Strydenburg, Noord-Kaap (Vroulike pasmaat)<\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boer-soek-n-vrou-se-inskrywings-is-oop-leer-ken-boer-willie\/\">Willie<\/a> (37), bees- en mielieboer van Harrismith, Vrystaat (Vroulike pasmaat)<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><em>Boer soek \u2019n vrou<\/em> sal vanaf Augustus 2026 op kykNET uitgesaai word. Kykers sal dan weer die boere se liefdesreise kan volg. Die reeks sal, soos altyd, fokus op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het. <\/strong><\/p>\n<p>Nuttige inligting vir belangstellendes<\/p>\n<ul>\n<li>Besoek <a href=\"https:\/\/www.kyknet.tv\/\">kyknet.tv<\/a><\/li>\n<li>Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229<\/li>\n<li>Stuur \u2019n e-pos na <a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/boer@wolflightsa.com%E2%81%A0%C2%A0\">boer@wolflightsa.com\u2060 <\/a><\/li>\n<li>Stuur \u2019n brief of pakkie na<em> Boer soek \u2019n vrou<\/em>, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130<\/li>\n<li>Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER<\/li>\n<li>Voornemende pasmaats kan tot middernag<strong> 4 Desember 2025<\/strong> vir die boere skryf.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/10-redes-waarom-jy-rooi-rose-se-desember-uitgawe-moet-lees\/\">10 redes waarom jy rooi rose se Desember-uitgawe m\u00f3\u00e9t lees!<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die 17de seisoen van Boer soek \u2019n vrou het meer as sy kwota aan die spreekwoordelike sewe sakke sout opgelewer. Daar was bittersoet ervarings, hoopvolle oomblikke, stukkende harte en nuwe insigte . . . Kykers kon hulle in elke situasie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":157383,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[166,1785],"class_list":["post-160007","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-kyknet","tag-boer-soek-n-vrou"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vanjaar se \u2018Boer soek \u2019n vrou\u2019-pasmaats gee raad aan voornemende briefskrywers vir die 18de seisoen! | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"As een van die nuwe boere jou oog gevang het, sal jy moet opskud! Voornemende pasmaats kan tot middernag 4 Desember 2025 vir die boere skryf.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vanjaar se \u2018Boer soek \u2019n vrou\u2019-pasmaats gee raad aan voornemende briefskrywers vir die 18de seisoen! | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"As een van die nuwe boere jou oog gevang het, sal jy moet opskud! Voornemende pasmaats kan tot middernag 4 Desember 2025 vir die boere skryf.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-12-01T09:32:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/EVERT-pasmaats_Evert_Lauren-e1764581430409.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1710\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"938\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Vanjaar se \u2018Boer soek \u2019n vrou\u2019-pasmaats gee raad aan voornemende briefskrywers vir die 18de seisoen!\",\"datePublished\":\"2025-12-01T09:32:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\\\/\"},\"wordCount\":1303,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/08\\\/EVERT-pasmaats_Evert_Lauren-e1764581430409.jpg\",\"keywords\":[\"kyknet\",\"Boer Soek 'n Vrou\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\\\/\",\"name\":\"Vanjaar se \u2018Boer soek \u2019n vrou\u2019-pasmaats gee raad aan voornemende briefskrywers vir die 18de seisoen! | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/08\\\/EVERT-pasmaats_Evert_Lauren-e1764581430409.jpg\",\"datePublished\":\"2025-12-01T09:32:00+00:00\",\"description\":\"As een van die nuwe boere jou oog gevang het, sal jy moet opskud! Voornemende pasmaats kan tot middernag 4 Desember 2025 vir die boere skryf.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/08\\\/EVERT-pasmaats_Evert_Lauren-e1764581430409.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/08\\\/EVERT-pasmaats_Evert_Lauren-e1764581430409.jpg\",\"width\":1710,\"height\":938},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vanjaar se \u2018Boer soek \u2019n vrou\u2019-pasmaats gee raad aan voornemende briefskrywers vir die 18de seisoen!\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vanjaar se \u2018Boer soek \u2019n vrou\u2019-pasmaats gee raad aan voornemende briefskrywers vir die 18de seisoen! | rooi rose","description":"As een van die nuwe boere jou oog gevang het, sal jy moet opskud! Voornemende pasmaats kan tot middernag 4 Desember 2025 vir die boere skryf.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vanjaar se \u2018Boer soek \u2019n vrou\u2019-pasmaats gee raad aan voornemende briefskrywers vir die 18de seisoen! | rooi rose","og_description":"As een van die nuwe boere jou oog gevang het, sal jy moet opskud! Voornemende pasmaats kan tot middernag 4 Desember 2025 vir die boere skryf.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-12-01T09:32:00+00:00","og_image":[{"width":1710,"height":938,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/EVERT-pasmaats_Evert_Lauren-e1764581430409.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Vanjaar se \u2018Boer soek \u2019n vrou\u2019-pasmaats gee raad aan voornemende briefskrywers vir die 18de seisoen!","datePublished":"2025-12-01T09:32:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\/"},"wordCount":1303,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/EVERT-pasmaats_Evert_Lauren-e1764581430409.jpg","keywords":["kyknet","Boer Soek 'n Vrou"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\/","name":"Vanjaar se \u2018Boer soek \u2019n vrou\u2019-pasmaats gee raad aan voornemende briefskrywers vir die 18de seisoen! | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/EVERT-pasmaats_Evert_Lauren-e1764581430409.jpg","datePublished":"2025-12-01T09:32:00+00:00","description":"As een van die nuwe boere jou oog gevang het, sal jy moet opskud! Voornemende pasmaats kan tot middernag 4 Desember 2025 vir die boere skryf.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/EVERT-pasmaats_Evert_Lauren-e1764581430409.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/EVERT-pasmaats_Evert_Lauren-e1764581430409.jpg","width":1710,"height":938},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vanjaar-se-boer-soek-n-vrou-pasmaats-gee-raad-aan-voornemende-briefskrywers-vir-die-18de-seisoen\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vanjaar se \u2018Boer soek \u2019n vrou\u2019-pasmaats gee raad aan voornemende briefskrywers vir die 18de seisoen!"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/160007","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=160007"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/160007\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":160017,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/160007\/revisions\/160017"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/157383"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=160007"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=160007"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=160007"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}