{"id":158431,"date":"2025-10-10T10:57:31","date_gmt":"2025-10-10T08:57:31","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=158431"},"modified":"2025-10-13T11:42:52","modified_gmt":"2025-10-13T09:42:52","slug":"vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\/","title":{"rendered":"Vyf-vinnige-vrae met Judi Hattingh, die 13-jarige wat die teaterw\u00eareld aan haar voete het"},"content":{"rendered":"<p>Die bloedjong en talentvolle <strong>Judi Hattingh<\/strong> is skaars 13 jaar oud, maar sy het reeds die teaterw\u00eareld aan haar voete. Sy het vanjaar die verhoog betree met haar eerste professionele rol as Helen Keller in die bekroonde produksie <strong><em>Annie + Helen<\/em><\/strong>, \u2019n vertolking wat haar nie net lof van gehore landwyd besorg het nie, maar ook \u2019n Kanna-toekenning vir Beste Opkomende Kunstenaar of Nuweling.<\/p>\n<p><em>Annie + Helen<\/em> is gegrond op die ware verhaal van Helen Keller en haar toegewyde onderwyseres, Annie Sullivan, en vertel die roerende verhaal van twee vroue wat mekaar se lewe onherroeplik verander. In 1887 ontmoet die 25-jarige Annie die 12-jarige Helen, \u2019n kind wat nie kan sien, hoor of praat nie. Wat volg is lewensveranderend. Annie verstaan \u200b\u200bdat taal vir die verstand net so noodsaaklik is as lig vir die oog. Daarsonder sal die deure na Helen se w\u00eareld vir ewig toe bly, en met onwrikbare geduld maak Annie die deure van Helen se w\u00eareld oop.<\/p>\n<p>\u201cEk moes leer om die w\u00eareld deur ander sintuie te ervaar,\u201d vertel Judi. \u201cOm die rol eerlik te speel moes ek soos sy voel hoe dit is om die w\u00eareld met my vingerpunte te verstaan en van daardie donker plek af te leef.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-158435 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/AnnieHelen-\u00a9-Hans-van-der-Veen-5-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Judi, die hoofdogter van Curro Durbanville Primary, vertel dis vir haar \u2019n massiewe eer en voorreg om deel van \u201chierdie storie van hoop\u201d te wees.<\/p>\n<p>\u201cDit het so groot en goeie impak op mense se lewens omdat dit werklik \u2019n verskil maak in hoe hulle ander mense sien. Ons lewe nie in \u2019n swart en wit w\u00eareld nie, daar\u2019s soveel verskillende tipe mense. Ek\u2019s so bly dit maak mense bewus van doofblinde mense.\u201d<\/p>\n<p>Met \u2019n rolverdeling wat Cintaine Schutte, Bianca Flanders, Stian Bam en Eldon van der Merwe insluit; regie van Hennie van Greunen en produksie deur Pedro Kruger van Wordsmith\u2019s Theatre Factory, het <em>Annie + Helen<\/em> reeds by verskeie feeste staande ovasies gekry \u2013 van die KKNK tot die Suidoosterfees \u2013 en nou wag <a href=\"https:\/\/woordfees.co.za\/en\/program\/anniehelen\/\"><strong>Toyota Stellenbosch Woordfees<\/strong><\/a>-gangers om di\u00e9 kragtige, roerende produksie op Stellenbosch te ervaar. Judi s\u00ea sy sien veral uit om die gehoor se reaksies te sien: \u201cEk wil graag hoor wat hulle van die stuk dink en wat hul daaruit neem. Ek is ook baie opgewonde om in die Adam Small-teater op te tree. Dis \u2019n ongelooflike eer.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-158433 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/ANNIEHELEN-POSTER-A1-WOORDFEES-003-proof-3-424x600.jpg\" alt=\"\" width=\"424\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Voor die <a href=\"https:\/\/woordfees.co.za\/en\/\">Toyota Stellenbosch Woordfees<\/a> afskop, het <strong>Karlien Meiring<\/strong> vir Judi \u2019n paar vinnige vrae gevra oor haar rol, haar groei as aktrise en die boodskap agter die storie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Hennie van Greunen het ges\u00ea hy het jou juis hierdie rol gegee omdat dit al jou natuurlike sterkpunte uitdaag. Hoe het dit jou as akteur laat groei?<\/strong><\/h4>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Helen is blind, stom en doof en het uit die aard van die saak geen woorde nie. Ek as aktrise, is baie verbaal en verkies gewoonlik rolle met baie woorde. Ek is goed daarin om te reageer op dit wat mense s\u00ea, nog iets waartoe Helen nie in staat is nie.<\/p>\n<p>Hierdie rol het my geleer om uit my gemaksone te klim en meer op my lyftaal, gesig, reuk en tas-sintuie staat te maak, want dit is al manier waarop ek die boodskap kan oordra. Ek het as aktrise baie gegroei en ervaring opgedoen. As mens, wat in iemand met gestremdhede se skoene moet klim, en gesien het hoe moeilik dit is, het ek opnuut empatie en \u2019n besef van hoe moeilik dit vir so iemand is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-156536 size-medium aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/AnnieHelen-500x316.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"316\" \/><\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<h4><strong>Wat hoop jy neem die gehoor saam huis toe nadat hulle <em>Annie+Helen<\/em> gesien het?<\/strong><\/h4>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Ek hoop die storie raak die gehoor op \u2019n diep vlak en dat dit \u2019n positiewe, mooi impak op hul lewens maak. Annie en Helen leer mense om geduldiger met ander te wees; Annie is \u2019n wonderlike voorbeeld van iemand wat nooit opgee nie, ongeag van moeilike en frustrerende omstandighede. Ek hoop ook die gehoor is opnuut dankbaar vir al hul sintuie en hul gesondheid, en s\u00ea vir die Here dankie vir alles wat \u2019n mens soms as vanselfsprekend aanvaar.<\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<h4><strong>Jy is nog so jonk, maar speel teenoor groot name soos Cintaine Schutte en Stian Bam. Wat het jy by hulle geleer?<\/strong><\/h4>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Ek het geleer dat \u2019n mens energie na repetisies toe moet bring en nie bang moet wees om voorstelle te maak nie. My passie en liefde vir toneelspel het net nog meer gegroei. Ek het ook geleer hoe belangrik dit is om navorsing oor jou karakter te doen en hul emosionele reis met sy hoogtepunt en laagtepunt te verstaan. Jy as akteur moet iets in jou karakter vind wat jy liefhet.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-158434 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/AnnieHelen-van-links-na-regs-Eldon-van-der-Merwe-Judi-Hattingh-Cintaine-Schutte-Bianca-Flanders-en-Stian-Bam-\u00a9-Hans-van-der-Veen-13-copy-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<h4><strong>Watter deel van die toneelstuk het jou die meeste geraak. Hoekom?<\/strong><\/h4>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Helen skree naby aan die einde. Sy gee hierdie vreeslike aaklige, amper dieragtige gil van pure angs, frustrasie en woede. Al die emosies wat sy in die toneelstuk ervaar, word in hierdie oomblik uitgelaat. Dis \u2019n emosionele oomblik wat moeilik en intens was om reg te kry.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Wie is Judi as jy nie op die verhoog is nie?<\/strong><\/h4>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Ek is 13, en as tiener leer ken ek nog myself. Ek is snaaks, baie liefdevol, \u2019n goeie vriendin, praat baie en bring vreugde in ander mense se lewens. Ek geniet die lewe en glo \u2019n mens moet in die oomblik leef en nie bang wees vir wat kom nie.<\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boer-soek-n-vrou-pieter-en-rudi-maak-hul-finale-keuses\/\"><em>Boer soek \u2019n vrou<\/em>: Pieter en Rudi H maak hul finale keuses<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die bloedjong en talentvolle Judi Hattingh is skaars 13 jaar oud, maar sy het reeds die teaterw\u00eareld aan haar voete. Sy het vanjaar die verhoog betree met haar eerste professionele rol as Helen Keller in die bekroonde produksie Annie + [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":158436,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[85624,97704,97774,97775],"class_list":["post-158431","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-toneelstuk","tag-toyota-us-woordfees","tag-judi-hattingh","tag-annie-helen"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vyf-vinnige-vrae met Judi Hattingh, die 13-jarige wat die teaterw\u00eareld aan haar voete het | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Judi se rol as Helen Keller in die bekroonde produksie &#039;Annie + Helen&#039; het haar \u2019n Kanna-toekenning vir Beste Opkomende Kunstenaar of Nuweling besorg.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vyf-vinnige-vrae met Judi Hattingh, die 13-jarige wat die teaterw\u00eareld aan haar voete het | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Judi se rol as Helen Keller in die bekroonde produksie &#039;Annie + Helen&#039; het haar \u2019n Kanna-toekenning vir Beste Opkomende Kunstenaar of Nuweling besorg.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-10-10T08:57:31+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-10-13T09:42:52+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/IMG_2719-e1760085872979.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"992\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Vyf-vinnige-vrae met Judi Hattingh, die 13-jarige wat die teaterw\u00eareld aan haar voete het\",\"datePublished\":\"2025-10-10T08:57:31+00:00\",\"dateModified\":\"2025-10-13T09:42:52+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\\\/\"},\"wordCount\":915,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/10\\\/IMG_2719-e1760085872979.jpg\",\"keywords\":[\"toneelstuk\",\"Toyota US Woordfees\",\"Judi Hattingh\",\"Annie + Helen\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\\\/\",\"name\":\"Vyf-vinnige-vrae met Judi Hattingh, die 13-jarige wat die teaterw\u00eareld aan haar voete het | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/10\\\/IMG_2719-e1760085872979.jpg\",\"datePublished\":\"2025-10-10T08:57:31+00:00\",\"dateModified\":\"2025-10-13T09:42:52+00:00\",\"description\":\"Judi se rol as Helen Keller in die bekroonde produksie 'Annie + Helen' het haar \u2019n Kanna-toekenning vir Beste Opkomende Kunstenaar of Nuweling besorg.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/10\\\/IMG_2719-e1760085872979.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/10\\\/IMG_2719-e1760085872979.jpg\",\"width\":1920,\"height\":992,\"caption\":\"01-04-2025 NETWERK24 KKNK - Annie+Helen - MET: Cintaine Schutte, Judi Hattingh, Bianca Flanders, Stian Bam en Eldon van der Merwe. TEKS: Hennie van Greunen, gegrond op William Gibson se The Miracle Worker, Helen Keller. se The Story of My Life en Kim Nielsen se Beyond the Miracle Worker. REGIE: Hennie van Greunen. MUSIEK: Franco Prinsloo. BELIGTINGSONTWERP: Andi Colombo. STELONTWERP: Rocco Pool. KOSTUUMS: Rouv\u00e9 Hattingh. ASSISTENTREGIE EN VERHOOGBESTUURDER: Dhania Schultz. VERVAARDIGERS: Wordsmith\u2019s Theatre Factory en Curro Create. In 1887 ontmoet Annie Sullivan en Helen Keller mekaar \u2013 \u2019n ontmoeting wat hul lewens onherroeplik verander. Die 25-jarige Annie voel soos \u2019n gebroke legkaart, verkeerd aanmekaargesit, terwyl die 12-jarige Helen vasgevang is in \u2019n donker limbo \u2013 sonder die vermo\u00eb om te sien, te hoor of te praat. Wat volg, is \u2019n intense en roerende oorlog tussen twee gebroke mense. Dit is \u2019n stryd wat ontvou in veldslae rondom die eetkamertafel, kopskermutselings in gebaretaal; \u2019n oorlog om beide Annie en Helen se oorlewing. In \u2019n w\u00eareld waar trauma al hoe meer afgewater en alledaags voorkom, bring hierdie storie van twee formidabele vroue \u2013 en die mense wat hulle omring \u2013 ons tot stilstand. Dit dwing ons om na te dink oor die lesse wat trauma ons leer, en die ongelooflike veerkragtigheid wat uit daardie lesse spruit. Sentraal tot Annie se stryd is die idee van taal \u2013 \u2019n onmisbare element vir Helen se geestelike groei. Annie verstaan dat taal vir die verstand net so noodsaaklik is soos lig vir die oog. Sonder taal sal die deure tot Helen se w\u00eareld vir altyd gesluit bly. Hierdie produksie se briljante en ervare geselskap ondersteun die jong, fenomenale 13-jarige Judi Hattingh in die rol van Helen, soos sy haar eerste tre\u00eb op die professionele verhoog neem. Met Annie+Helen keer Wordsmith\u2019s Theatre Factory terug na die feeskringloop. Wordsmith\u2019s Theatre Factory, een van die land se oudste onafhanklike Afrikaanse teatermaatskappye, was laas in 2017by die KKNK met \u2019n toneelproduksie. Skrywer\\\/vertaler\\\/regisseur Hennie van Greunen en akteur\\\/vervaardiger Pedro Kruger sien uit daarna om voort te bou op legendariese produksies soos Lyf, Op die vrou af, Dinsdae by Morrie, Rondomskrik en Shirley Valentyn. foto: Jaco Marais\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vyf-vinnige-vrae met Judi Hattingh, die 13-jarige wat die teaterw\u00eareld aan haar voete het\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vyf-vinnige-vrae met Judi Hattingh, die 13-jarige wat die teaterw\u00eareld aan haar voete het | rooi rose","description":"Judi se rol as Helen Keller in die bekroonde produksie 'Annie + Helen' het haar \u2019n Kanna-toekenning vir Beste Opkomende Kunstenaar of Nuweling besorg.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vyf-vinnige-vrae met Judi Hattingh, die 13-jarige wat die teaterw\u00eareld aan haar voete het | rooi rose","og_description":"Judi se rol as Helen Keller in die bekroonde produksie 'Annie + Helen' het haar \u2019n Kanna-toekenning vir Beste Opkomende Kunstenaar of Nuweling besorg.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-10-10T08:57:31+00:00","article_modified_time":"2025-10-13T09:42:52+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":992,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/IMG_2719-e1760085872979.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"5 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Vyf-vinnige-vrae met Judi Hattingh, die 13-jarige wat die teaterw\u00eareld aan haar voete het","datePublished":"2025-10-10T08:57:31+00:00","dateModified":"2025-10-13T09:42:52+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\/"},"wordCount":915,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/IMG_2719-e1760085872979.jpg","keywords":["toneelstuk","Toyota US Woordfees","Judi Hattingh","Annie + Helen"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\/","name":"Vyf-vinnige-vrae met Judi Hattingh, die 13-jarige wat die teaterw\u00eareld aan haar voete het | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/IMG_2719-e1760085872979.jpg","datePublished":"2025-10-10T08:57:31+00:00","dateModified":"2025-10-13T09:42:52+00:00","description":"Judi se rol as Helen Keller in die bekroonde produksie 'Annie + Helen' het haar \u2019n Kanna-toekenning vir Beste Opkomende Kunstenaar of Nuweling besorg.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/IMG_2719-e1760085872979.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/IMG_2719-e1760085872979.jpg","width":1920,"height":992,"caption":"01-04-2025 NETWERK24 KKNK - Annie+Helen - MET: Cintaine Schutte, Judi Hattingh, Bianca Flanders, Stian Bam en Eldon van der Merwe. TEKS: Hennie van Greunen, gegrond op William Gibson se The Miracle Worker, Helen Keller. se The Story of My Life en Kim Nielsen se Beyond the Miracle Worker. REGIE: Hennie van Greunen. MUSIEK: Franco Prinsloo. BELIGTINGSONTWERP: Andi Colombo. STELONTWERP: Rocco Pool. KOSTUUMS: Rouv\u00e9 Hattingh. ASSISTENTREGIE EN VERHOOGBESTUURDER: Dhania Schultz. VERVAARDIGERS: Wordsmith\u2019s Theatre Factory en Curro Create. In 1887 ontmoet Annie Sullivan en Helen Keller mekaar \u2013 \u2019n ontmoeting wat hul lewens onherroeplik verander. Die 25-jarige Annie voel soos \u2019n gebroke legkaart, verkeerd aanmekaargesit, terwyl die 12-jarige Helen vasgevang is in \u2019n donker limbo \u2013 sonder die vermo\u00eb om te sien, te hoor of te praat. Wat volg, is \u2019n intense en roerende oorlog tussen twee gebroke mense. Dit is \u2019n stryd wat ontvou in veldslae rondom die eetkamertafel, kopskermutselings in gebaretaal; \u2019n oorlog om beide Annie en Helen se oorlewing. In \u2019n w\u00eareld waar trauma al hoe meer afgewater en alledaags voorkom, bring hierdie storie van twee formidabele vroue \u2013 en die mense wat hulle omring \u2013 ons tot stilstand. Dit dwing ons om na te dink oor die lesse wat trauma ons leer, en die ongelooflike veerkragtigheid wat uit daardie lesse spruit. Sentraal tot Annie se stryd is die idee van taal \u2013 \u2019n onmisbare element vir Helen se geestelike groei. Annie verstaan dat taal vir die verstand net so noodsaaklik is soos lig vir die oog. Sonder taal sal die deure tot Helen se w\u00eareld vir altyd gesluit bly. Hierdie produksie se briljante en ervare geselskap ondersteun die jong, fenomenale 13-jarige Judi Hattingh in die rol van Helen, soos sy haar eerste tre\u00eb op die professionele verhoog neem. Met Annie+Helen keer Wordsmith\u2019s Theatre Factory terug na die feeskringloop. Wordsmith\u2019s Theatre Factory, een van die land se oudste onafhanklike Afrikaanse teatermaatskappye, was laas in 2017by die KKNK met \u2019n toneelproduksie. Skrywer\/vertaler\/regisseur Hennie van Greunen en akteur\/vervaardiger Pedro Kruger sien uit daarna om voort te bou op legendariese produksies soos Lyf, Op die vrou af, Dinsdae by Morrie, Rondomskrik en Shirley Valentyn. foto: Jaco Marais"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-judi-hattingh-die-13-jarige-wat-die-teaterwereld-aan-haar-voete-het\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vyf-vinnige-vrae met Judi Hattingh, die 13-jarige wat die teaterw\u00eareld aan haar voete het"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/158431","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=158431"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/158431\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":158458,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/158431\/revisions\/158458"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/158436"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=158431"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=158431"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=158431"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}