{"id":157016,"date":"2025-08-19T15:58:17","date_gmt":"2025-08-19T13:58:17","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=157016"},"modified":"2025-08-19T16:27:38","modified_gmt":"2025-08-19T14:27:38","slug":"nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\/","title":{"rendered":"Nadia Beukes verjaar: &#8220;Ek sien uit na die nuwe seisoen in my lewe!&#8221;"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur: Elna Rossouw.\u00a0<\/em><\/p>\n<p><em>Foto\u2019s &amp; grimering: Willem Botha, Willem Botha Beauty<\/em><\/p>\n<p><em>Stilering en klere: Diaan Daniels Couture\u00a0<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Hier&#8217;s een van ons gunsteling-onderhoude met haar:<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">In haar rooi rok en met \u2019n suiwer stem het <strong>Nadia Beukes<\/strong> teatergangers verlede jaar as <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">The Sound of Music<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> se barones op hul voete gehad. (Dit moet in haar DNS wees \u2026 haar pa is immers Rouel Beukes, die Suid-Afrikaanse operasanger.)\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">In die telenovela <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Diepe waters <\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">was sy vir die eerste keer n\u00e1 vyf jaar terug op die<\/span> <span style=\"font-weight: 400;\">kassie. Die kykers het haar geh\u00e1\u00e1t<\/span> <span style=\"font-weight: 400;\">as die intimiderende Michelle en was verlig toe sy n\u00e1 \u2019n skoot in die bors gesterf het.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit nadat sy pas weer <\/span><span style=\"font-weight: 400;\">in <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Binnelanders was <\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">om die rol van Anya te vertolk, <\/span><span style=\"font-weight: 400;\">\u2019n kankerpasi\u00ebnt wat haar lewe moes herbou nadat <\/span><span style=\"font-weight: 400;\">sy letterlik van huis en haard ontslae geraak het.<\/span><span style=\"font-weight: 400;\">\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit is alles uitdagende rolle wat haar veelsydigheid as sangeres en aktrise beklemtoon.\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-157026 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/0K7A1100-copy-2-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Ons ontmoet op \u2019n Woensdagoggend in die Centurion-teater se koffiewinkel. Ons sukkel om bymekaar uit te kom. Haar oudste seuntjie, Davey (7), is vanjaar skool toe; die vyfjarige Joshua is in graad RR, en nadat sy gewonder het wat sy vanjaar werkgewys met haar tyd (behalwe stemwerk en oorklanking) gaan doen, het haar jaar skielik vlam gevat. \u201cBoonop staan ek voor \u2019n geleentheid waaroor ek net kon droom,\u201d vertel sy met \u2019n geheimsinnige glimlag.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Haar hare is in \u2019n poniestert vasgebind; haar o\u00eb is \u2019n besonderse groen. Haar vel is glad en mooi. Sy lyk jonger as 43 jaar. Oor \u2019n cappuccino borrel sy van lewenslus, praat met passie oor haar gesin, en vertel met groot dankbaarheid van nuwe geleenthede wat oor haar pad gekom het.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cEk is bevoorreg \u00e9n gese\u00ebnd om \u2019n man soos David de Villiers aan my sy te h\u00ea.\u201d Di\u00e9 man wat sy heel toevallig deur familievriende ontmoet het tydens die speelvlak van <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Liefling, die musiekblyspel <\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">wat in 2014 by die Monte Casino-teater opgevoer is. Kort n\u00e1 di\u00e9 kennismaking, het Nadia weer in die (plaas)pad geval om <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Boer soek \u2019<\/span><\/i> <i><span style=\"font-weight: 400;\">n vrou<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> aan te bied. Sy vertel: \u201cDi\u00e9 werklikheidsreeks het my geleer om dapper te wees, en om \u2019n kans op die liefde te waag. Vir verskeie redes was ek in daardie stadium van my lewe baie versigtig en bang om my hart te vertrou, maar gelukkig het David my ook \u2019n kans gegee!\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Vandag is dit tien jaar n\u00e1 die twee ontmoet het (hulle is in 2016 getroud). \u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\"> \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-157020 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/0K7A1286-copy-2-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/> <\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cHuis \u00eds my man en kinders \u2013 huis is nie \u2019n gebou nie. Ons het in ons getroude lewe seker al agt of nege keer getrek, en elke keer raak dit vir my makliker om van goed ontslae te raak. Dit is bevrydend om lig te kan lewe. As sakeman is David by eiendomsontwikkeling betrokke en as hy dink dit is tyd om \u2019n huis te swaai, dan pak ons op! Dit het nogal vir my tyd geneem om hieraan gewoond te raak \u2013 ek hou van struktuur \u2212 maar nou sou ek dit nie anders wou h\u00ea nie. Deur jouself van materi\u00eble goed of \u2018<\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">stuff\u2019<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> los te maak, leer \u2019n mens wat belangrik in die lewe is.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cDis jou hartsmense, jou binnekring, wat jou voed en laat groei. Ek glo dis \u2019n voorreg om \u2019n ma te wees, maar ek weet ook \u2018<\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">it takes a village to raise a child\u2019. <\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">En hoe gese\u00ebnd is ek nie om David, twee stelle oumas en oupas, \u2019n besonderse huishulp en \u2019n <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">au pair<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> te h\u00ea wat met die kinders kan help as dit nodig is nie. Ek sien elke dag die Here se hand in my lewe.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die besondere band tussen Nadia en haar gesin (\u201cons noem onsself die Diffies\u201d), \u00e9n haar ma, Eureke, straal uit di\u00e9 artikel se foto\u2019s waarna ons vinnig op haar selfoon kyk. \u201cDit help natuurlik dat ek en Willem (Botha) mekaar al jare lank ken en ook saam gesing en opgetree het. Hy\u2019s \u2019n dierbare vriend en ken my regtig goed. Ek kan by hom ontspan al is dit voor die lens van \u2019n kamera.\u201d<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-157021 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/0K7A1267-copy-3-500x585.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"585\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">By \u2019n foto van haar ma talm sy. \u201cKyk hoe mooi is sy, en dit op 70! My ma is \u2019n stukkie goud. Sy is saggeaard en gelowig. Sy kan altyd die lig sien. Sy kan die wa deur die drif trek. Dis eienskappe wat ek haar beny. Sy leer my so baie van ma-wees.\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cEk kan nie een keer onthou dat sy gekla het as my pa weg was om op te tree nie. Sy het haar eie loopbaan as onderwyseres gehad, verkies om nie in die kollig te wees nie, en s\u00ea altyd: \u2018<\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Get up, dress up and show up\u2019. <\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">En dis veral die <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">show up <\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">wat my anker,\u201d s\u00ea Nadia.\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-157022 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/0K7A1156-copy-2-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cEk glo jy moet \u2018<\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">show up\u2019<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> \u2013 d\u00e1\u00e1r wees vir jou kinders, jou man, jou huwelik. En as daar dan \u2019n rol oor jou pad kom, moet jy repeteer, voorberei en nie bang wees as die rol jou uitdaag nie. Dit is juis die rolle wat \u2019n mens uitdaag wat jou ook die geleentheid gee om te groei. Jy moet net hard werk, altyd jou heel beste gee en vertrou dat dinge sal uitwerk soos dit moet.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cMy naam \u2018Nadia\u2019 beteken om hoop te h\u00ea. Watter <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">blessing<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> het my ouers nie oor my uitgespreek nie? Dit mag dalk esoteries klink, maar hoop l\u00ea nie vir my in die toekoms nie. Hoop is die grondslag van wat jy elke dag doen om \u2019n toekoms te bou. Jy moet elke dag w\u00e9rk om jou drome te verwesenlik.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cOm kinders groot te maak, is nie altyd maklik nie, veral nie seuntjies nie,\u201d vertel Nadia laggend. \u201cHulle is woelig en rof, laf en lieflik! Gelukkig het David net soveel energie as di\u00e9 twee, en saam doen hulle dinge wat sommer by voorbaat my tong laat uithang.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cOm die eise van \u2019n gesin en ons al twee se loopbane te balanseer, is ook nie maklik nie. Ons is in die <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">rush hour<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> van ons lewens; ons kan net ons heel beste doen, lief vir mekaar wees en ons lewe in die Here se hande plaas.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">En of dit nou \u2019n nuwe geleentheid vir David of haar is, vra hulle altyd eerste hoe dit hulle as gesin sal be\u00efnvloed. \u201cMaar David gee my ook vlerke om te vlieg. Tydens <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">The Sound of Music <\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">was ek amper twee maande in die Kaap en hy was my grootste <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">cheerleader.\u201d<\/span><\/i><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Haar grootste wens is dat haar kinders gelukkig moet wees. \u201cHulle moet hul eie mense wees; hul eie persoonlikhede ontwikkel; en altyd weet ek is aan hul kant. Ons is \u2019n span.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Nadia glo ook daaraan om van kleins af oop gesprekke met hul kinders te h\u00ea. \u201cOns probeer skermtyd tot die minimum beperk (dit is nie altyd moontlik nie!) en lees graag saans saam stories.<\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">\u2019<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> Ons vra vrae, probeer fyn luister, \u2019n bewustheid van mekaar skep en s\u00ea: \u2018Dankie liewe Jesus vir \u2026\u2019\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">As gesin probeer hulle ook naweke saam met die kinders wegbreek. Vakansietye op Heroldsbaai waar haar skoonouers \u2019n huis het, is ekstra spesiaal. Sy voeg blinkoog by hoe hulle vanjaar haar ouers se 70ste verjaardae op die eiland Krabi in Thailand gaan vier. \u201cOns het \u2019n jaar daaraan beplan! My broer en sy gesin (wat al lank in Australi\u00eb woon) en wat ons vyf jaar gelede gesien het, ontmoet ons daar. Ek kan nie wag nie.\u201d<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-157023 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/0K7A1228-copy-2-480x600.jpg\" alt=\"\" width=\"480\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Nadia se jaar is vol belofte. \u201cDaar is natuurlik altyd die moontlikheid van nuwe rolle en geleenthede wat my opgewonde maak. Wie weet wat die jaar en die toekoms nog gaan inhou \u2026 ek droom groot. Ek sien uit na die nuwe seisoen in my lewe. Met die kinders op skool, kry ek meer tyd om op my loopbaan te fokus wat ook vir my lekker is.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Voor ons groet, vra ek haar wat die woord \u201charmonie\u201d vir haar beteken. Hoe vind sy harmonie in haar besige lewe?\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Sy skaterlag: \u201cEk steek gegeurde kerse oral deur die huis aan!\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Op \u2019n ernstiger noot deel sy wat sy destyds as lid van die a cappella-groep Cutt Glass<\/span> <span style=\"font-weight: 400;\">geleer het: \u201cJy het verskillende stemme en toonhoogtes nodig om \u2019n melodieuse geheel te skep. Harmonie is nie een stem nie, dit is note wat bymekaar pas. Om d\u00edt in \u2019n gesin te h\u00ea, moet ons vir almal plek maak en ruimte gee om hulle eie note te sing. Jy moet elkeen van jou gesin die kans gee om te kan saamsing. Julle moet mekaar begelei.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u2019n Mens sien sommer Nadia Beukes is in die bloeityd van haar lewe.\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em><strong>Hierdie artikel het oorspronklik in ons Mei-uitgawe van 2025 verskyn.\u00a0<\/strong><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wimpie-snork-voort-in-suidooster-gaan-hy-die-kykers-verkeerd-opvryf\/\">\u2018Wimpie\u2019 snork voort in <em>Suidooster<\/em> \u2013 gaan hy die kykers verkeerd opvryf?<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur: Elna Rossouw.\u00a0 Foto\u2019s &amp; grimering: Willem Botha, Willem Botha Beauty Stilering en klere: Diaan Daniels Couture\u00a0 &nbsp; Hier&#8217;s een van ons gunsteling-onderhoude met haar: &nbsp; &nbsp; In haar rooi rok en met \u2019n suiwer stem het Nadia Beukes teatergangers [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":157019,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[2377,5234],"class_list":["post-157016","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-verjaarsdag","tag-nadia-beukes"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Nadia Beukes verjaar: &quot;Ek sien uit na die nuwe seisoen in my lewe!&quot; | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Ons pragtige Mei-voorbladvrou, Nadia Beukes, verjaar vandag! Skuins n\u00e1 40 blom di\u00e9 aktrise en sangeres in elke rol wat sy aanpak.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Nadia Beukes verjaar: &quot;Ek sien uit na die nuwe seisoen in my lewe!&quot; | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ons pragtige Mei-voorbladvrou, Nadia Beukes, verjaar vandag! Skuins n\u00e1 40 blom di\u00e9 aktrise en sangeres in elke rol wat sy aanpak.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-08-19T13:58:17+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-08-19T14:27:38+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/0K7A1485-copy-3-e1755611763699.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1384\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Nadia Beukes verjaar: &#8220;Ek sien uit na die nuwe seisoen in my lewe!&#8221;\",\"datePublished\":\"2025-08-19T13:58:17+00:00\",\"dateModified\":\"2025-08-19T14:27:38+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\\\/\"},\"wordCount\":1475,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/08\\\/0K7A1485-copy-3-e1755611763699.jpg\",\"keywords\":[\"Verjaarsdag\",\"nadia beukes\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\\\/\",\"name\":\"Nadia Beukes verjaar: \\\"Ek sien uit na die nuwe seisoen in my lewe!\\\" | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/08\\\/0K7A1485-copy-3-e1755611763699.jpg\",\"datePublished\":\"2025-08-19T13:58:17+00:00\",\"dateModified\":\"2025-08-19T14:27:38+00:00\",\"description\":\"Ons pragtige Mei-voorbladvrou, Nadia Beukes, verjaar vandag! Skuins n\u00e1 40 blom di\u00e9 aktrise en sangeres in elke rol wat sy aanpak.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/08\\\/0K7A1485-copy-3-e1755611763699.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/08\\\/0K7A1485-copy-3-e1755611763699.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1384},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nadia Beukes verjaar: &#8220;Ek sien uit na die nuwe seisoen in my lewe!&#8221;\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Nadia Beukes verjaar: \"Ek sien uit na die nuwe seisoen in my lewe!\" | rooi rose","description":"Ons pragtige Mei-voorbladvrou, Nadia Beukes, verjaar vandag! Skuins n\u00e1 40 blom di\u00e9 aktrise en sangeres in elke rol wat sy aanpak.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Nadia Beukes verjaar: \"Ek sien uit na die nuwe seisoen in my lewe!\" | rooi rose","og_description":"Ons pragtige Mei-voorbladvrou, Nadia Beukes, verjaar vandag! Skuins n\u00e1 40 blom di\u00e9 aktrise en sangeres in elke rol wat sy aanpak.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-08-19T13:58:17+00:00","article_modified_time":"2025-08-19T14:27:38+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1384,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/0K7A1485-copy-3-e1755611763699.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Nadia Beukes verjaar: &#8220;Ek sien uit na die nuwe seisoen in my lewe!&#8221;","datePublished":"2025-08-19T13:58:17+00:00","dateModified":"2025-08-19T14:27:38+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\/"},"wordCount":1475,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/0K7A1485-copy-3-e1755611763699.jpg","keywords":["Verjaarsdag","nadia beukes"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\/","name":"Nadia Beukes verjaar: \"Ek sien uit na die nuwe seisoen in my lewe!\" | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/0K7A1485-copy-3-e1755611763699.jpg","datePublished":"2025-08-19T13:58:17+00:00","dateModified":"2025-08-19T14:27:38+00:00","description":"Ons pragtige Mei-voorbladvrou, Nadia Beukes, verjaar vandag! Skuins n\u00e1 40 blom di\u00e9 aktrise en sangeres in elke rol wat sy aanpak.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/0K7A1485-copy-3-e1755611763699.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/0K7A1485-copy-3-e1755611763699.jpg","width":1920,"height":1384},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nadia-beukes-verjaar-ek-sien-uit-na-die-nuwe-seisoen-in-my-lewe\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nadia Beukes verjaar: &#8220;Ek sien uit na die nuwe seisoen in my lewe!&#8221;"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/157016","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=157016"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/157016\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":157030,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/157016\/revisions\/157030"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/157019"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=157016"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=157016"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=157016"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}