{"id":156409,"date":"2025-07-30T11:27:31","date_gmt":"2025-07-30T09:27:31","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=156409"},"modified":"2025-07-30T11:53:41","modified_gmt":"2025-07-30T09:53:41","slug":"hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\/","title":{"rendered":"Hannes verjaar! \u201cEk is werklik gese\u00ebnd. Ek het \u2019n goeie lewe, ek is gesond.\u201d"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur Maretta Bellingan.<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dis \u2019n koel somersdag in die Kaap. Ons ontmoet in \u2019n teetuin vir ons gesels en Hannes, geklee in \u2019n swart hemp en swart broek, daag op met \u2019n klomp hemde oor sy arm vir die fotosessie wat n\u00e1 die onderhoud plaasvind.<\/p>\n<p>Sy voete is vierkantig op die aarde, sonder fieterjasies, en wat jy sien is wat jy kry&#8230; Dit mag klink soos \u2019n klomp clich\u00e9s klink, maar dis moeilik om die TV-aanbieder en akteur anders te beskryf. Hy\u2019s regtig een van die \u2018bekendes\u2019 in die bedryf wat nie \u2019 n gram aanstellerigheid uitstraal nie.<\/p>\n<p>Dat hy reeds amper 30 jaar in die kollig is, sal jy nie sommer raai nie. Hy gesels land en sand met die kelnerin, met die mense by die tafel langsaan; niemand is \u2019n vreemdeling nie.<br \/>\nHy beduie na die hemde. \u201cEk is mos kleremal, ek koop klere soos wat ander mense kruideniersware koop. Nie dat ek dit altyd kan bekostig nie, maar jy weet mos ek het nie kind of kraai nie, so ek mag seker soms \u2019n bietjie spandabelrig wees,\u201d lag hy half verskonend.<\/p>\n<p>\u201cEk gooi gedurig uit, maar dit raak eenvoudig nie minder nie. En dit eindig nie by klere nie,\u201d verklap hy, \u201c ek\u2019s ook mal oor glas en kristal. Ons het \u2019n ou Victoriaanse huis wat in 1890 gebou is, en het pragtige kandelare, kristal en glas. Ek\u2019s ook gek oor mooi materiaal. Ek koop \u2019 n stuk materiaal vir \u2019 n stoel en \u2019n jaar later laat maak ek \u2019n broek daarvan.\u201d<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hannes het \u2019n reeks met wit en swart hemde en \u2019n eksklusiewe parfuumreeks vir mans sowel as vroue.\u00a0<\/span><\/p>\n<p>\u201cDit word onder die handelsnaam <em>Theatre deur Hannes van Wyk<\/em> bemark. Dit was nogal moeilik om dit te ontwikkel,\u201d erken hy. \u201cMense hou van verskillende reuke en dis \u2019n uitdaging om op een te besluit. Op die ou einde het ek net gekies waarvan ek hou.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDit is aanlyn beskikbaar en by die damesoggende waar ek praatjies lewer. Ek doen die praatjies al vir baie jare, seker al vir 20 jaar. Ek verander darem die inhoud elke jaar,\u201d voeg hy vinnig by.<\/p>\n<p>Die tema van sy praatjies handel oor ma\u2019s en vroue. \u201cEk was mos vreeslik erg oor my ma, Mariet, wat in 2022 oorlede is. Sy was \u2019n gesonde 88 en dit was \u2019n reuse skok, ons weet nog nie wat regtig gebeur het nie.\u201d<\/p>\n<p>Hannes en sy ma was verskriklik na aan mekaar. \u201cEk huil nog elke dag oor haar,\u201d erken Hannes, wat die jongste van drie kinders is en op Aliwal-Noord groot geword het, waar hy van seuntjietyd al daarvan gedroom het om eendag \u2019n akteur te word.<\/p>\n<p>\u201cAliwal-Noord is waar my menswees gevorm is. Alle krediet aan sorgvrye kinderjare op die platteland en wonderlike onderwysers wat my vir my lewe en loopbaan voorberei het. Ek dink met die mooiste herinneringe aan daardie tyd terug.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_156416\" style=\"width: 410px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-156416\" class=\"size-medium wp-image-156416\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/RRMHVW-4-1-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-156416\" class=\"wp-caption-text\">(Foto: Kyra Welch)<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cEk het geen idee hoekom nie, maar daai begeerte om toneel te speel was net altyd daar. Ek het as vyfjarige seuntjie saam met \u2019n Oom Retief se toneelgeselskap, amper soos die destydse Hanekoms, in die omgewing opgetree en het gediggies opges\u00ea,\u201d onthou hy met \u2019n glimlag.<\/p>\n<p>\u201cEn my ouers was ongelooflik, hulle het net ges\u00ea: \u2018Studeer wat jy wil, my kind, ons ondersteun jou en sal \u2019n plan met die geld maak.\u2019 Ek was baie lief vir my pa, maar my ma was my rots en my alles. Ons het twee maal per dag gesels, ek het als in die lewe met haar bespreek en sy met my. Dit was werklik my grootste vrees om my ma te verloor, en toe gebeur dit.\u201d<\/p>\n<p>Dit was en is steeds baie erg vir hom, erken Hannes. \u201cOns was ontsettend lief vir mekaar en het mekaar met ons lewens vertrou. So ja, as jy my vra wat is my grootste vrees, dit het klaar gebeur. Ek sukkel nog baie met my hartseer.\u201d<\/p>\n<p>Hy s\u00ea hy wil haar kort-kort bel, soos as daar iets met hom gebeur. \u2019n Nuwe rol, \u2019n lekker onderhoud of nou dat <em>Magda Louw<\/em> so suksesvol is.<\/p>\n<p>\u201cMy ma het net die TV-fliek gesien en dit was vir haar baie vreemd om my as \u2019n ou oom te sien,\u201d s\u00ea Hannes, wat saam met Desir\u00e9 Gardner in die gewilde kykNET TV-reeks as Erhard Louw te siene is. \u201cAlle eer aan die puik grimeerkunstenaar,\u201d s\u00ea hy daaroor.<\/p>\n<p>In Mariet van Wyk se o\u00eb was haar seun nooit \u2019n bekende akteur nie, hy was net haar seun Hannes. \u201cEn om eerlik te wees, bekendheid is net deel van my werk. Ons plant nie harte oor of red mense nie, daar\u2019s dus geen rede om jou belangrik te hou nie. Ons doen net \u2019n werk.<\/p>\n<p>\u201cDis te danke aan die publiek dat ons kan doen wat ons begeer en geld verdien. Dit bly \u2019n voorreg om te doen wat ek doen. Ek het myself nog nooit as \u2019n bekende gesien nie. Dit vang my altyd half onkant, want hoekom wil hulle nou juis m\u00fd handtekening h\u00ea of saam met my \u2019n foto neem.\u201d<\/p>\n<p>Hy glo sy ongemak met roem kom van sy ma af. \u201cDis hoe ek grootgemaak is. Jy behandel mense soos wat jy behandel wil word. Vir my drie hondekinders, Mariet, Maggie en Lulie, is ek ook net Hannes wat kos en liefde gee.\u201d<\/p>\n<p>Hy\u2019s ongetwyfeld versot op sy drie honde. \u201cEk het lank gelede in \u2019n onderhoud ges\u00ea ek hou meer van diere as mense en was daar nou \u2019n bohaai daaroor so ek sal dit nie weer waag nie, maar daai drie is my hart se punt.<\/p>\n<p>\u201cOns het Lulie net n\u00e1 my ma se begrafnis gekry. Iemand het gebel en ges\u00ea daar\u2019s kinders wat \u2019n hond op \u2019n ashoop met klippe gooi. Ons het haar dadelik gaan haal. Dis vir my \u2019n groot prioriteit om by diere wat swaarkry betrokke te wees.\u201d<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hannes-aan-huis-keer-terug-elke-keer-as-iemand-my-hul-storie-toevertrou-raak-dit-my\/\"><em>Hannes aan Huis<\/em> keer terug: &#8220;Elke keer as iemand my hul storie toevertrou, raak dit my\u201d<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_156415\" style=\"width: 410px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-156415\" class=\"size-medium wp-image-156415\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/RRMHVW-49-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-156415\" class=\"wp-caption-text\">(Foto: Kyra Welch)<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hannes, wat sy dramagraad aan Kovsies voltooi het, en nou amper tien jaar as aanbieder van <em>Kw\u00eala<\/em> werksaam is, het veral weer die laaste vier jaar meer gereeld toneelwerk gedoen waaronder sy eenmanstuk <em>S\u00ea groete vir Ma<\/em> waarmee hy oor die land heen getoer het.<\/p>\n<p>Hy was ook in die TV-reekse <em>Spoorloos<\/em> te siene waarin hy die rolle van \u2019n kindermoordenaar en \u2019n professor vertolk het.<\/p>\n<p>Hy onthou toe hy destyds ook \u2019n ietwat gure karakter in Egoli vertolk het. \u201cDie mense het my regtig gehaat. Ek is met koffie gegooi en mense wou my nie in die winkel help nie, maar was dit nou \u2019n heerlike rol. Krynauw het saam met die hele w\u00eareld geslaap en vreeslik gesuip. In \u2019n stadium het ek selfs \u2019n lyfwag gehad,\u201d onthou hy laggend.<\/p>\n<p>Hannes, wat destyds \u2019 n dekade lank in <em>Egoli<\/em> te siene was, is al telke male vir Silwerskermfees toekennings vir sy toneelspel benoem. Hy\u2019t ook al die toekenning as beste aanbieder vir \u2019n joernaalprogram vir <em>Kw\u00eala<\/em> gewen.<\/p>\n<p>\u201cEk kan nie kies tussen aanbieding en toneelspeel nie. Ek is as \u2019n akteur opgelei en dit sal altyd my eerste liefde bly, maar <em>Kw\u00eala<\/em> en <em>Hannes aan huis<\/em> l\u00ea my baie na aan die hart.\u201d<\/p>\n<p>As aanbieder skep hy die indruk dat hy totaal in beheer is, en straal \u2019n rustige selfvertroue uit. \u201cEk doen baie huiswerk,\u201d verklap hy. \u201cEk doen regtig geweldig baie voorbereiding. En jy leer om te luister en dis nogal \u2019n kuns. Mense kritiseer my soms dat ek gaste onderbreek, maar hulle moet onthou ek het net tien minute om die onderhoud te doen.<\/p>\n<p>\u201cEk kan werklik nie een onderhoud in die meer as 500 episodes wat ek al gedoen het, uitsonder nie. Ek\u2019s dankbaar dat ek soveel vertroue by gaste inboesem dat hulle openhartig met my gesels. In my volgende lewe sal ek \u2019n haarkapper word,\u201d terg hy.<\/p>\n<p>\u201cEn s\u00ea tog vir die mense hulle moet my hare uitlos,\u201d s\u00ea Hannes, wat sy hare vir sy rol as Erhard moes kleur, spottend. \u201cDis \u2019n wonderlike rol om te speel. Desir\u00e9 is werklik \u2019n goeie skrywer en mense vind aanklank by die karakter.<\/p>\n<p>\u201cEk is opreg dankbaar dat ek soveel uiteenlopende rolle oor die jare kon vertolk en nou \u2019n oom wat 30 jaar ouer as ek is. Baie mense besef nie eens dis ek wat die rol vertolk nie.\u201d<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hannes-van-wyk-oor-magda-louw-en-sy-erhard-karakter-dis-vir-my-lekker-dat-mense-my-nie-in-die-rol-herken-nie\/\">Hannes van Wyk oor <em>Magda Louw<\/em> &amp; Erhard-karakter: &#8220;Dis lekker dat mense my nie in die rol herken nie&#8221;<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_156412\" style=\"width: 410px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-156412\" class=\"size-medium wp-image-156412\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/RRMHVW-37-1-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-156412\" class=\"wp-caption-text\">(Foto: Kyra Welch)<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die onderhoud vind plaas aan die begin van die nuwe jaar en ek wonder hoe Hannes sy Kersvakansie deurgebring het. \u201cEk geniet dit die meeste om by my huis vakansie te hou. Jy onthou seker nie, maar \u2019n 100 jaar gelede het ek vir \u2019n Britse produksiehuis \u2019n program gedoen en het die w\u00eareld platgereis en met almal van Bill Clinton tot Naomi Campbell onderhoude gedoen.<\/p>\n<p>\u201cSo my ideale vakansie is by my huis. Ek doen tuinwerk, gaan stap op die strand met die honde en ek lees graag. En ek skeer net as ek voor die kameras moet wees. By die huis is ek in \u2019n sweetpak en T-hemp, of liewer \u2019 n vessie en \u2019n speedo,\u201d terg hy.<\/p>\n<p>\u201cMaar in die kombuis is ek \u2019n volslae mislukking. Hoewel ek my ma se souttert perfek kan maak!\u201d<\/p>\n<p>Wat weet ons ni\u00e9 van Hannes nie? \u201cEk het so \u2019n bietjie van \u2019n beneukte kant. Ek haat luiheid. En as ek betyds kan wees, kan jy ook. Dis net goeie maniere. En ek hou nie van mense wat onsensitief is teenoor ander nie. Mense wat eenvoudig dink hulle het die vryheid om te s\u00ea net wat hulle dink,\u201d s\u00ea die man wat erken sy grootste swakhede is karre en tjoklits.<\/p>\n<p>En sy planne vir die toekoms? \u201cEk hoop ek kan <em>Kw\u00eala<\/em> doen totdat ek eendag met \u2019n kierie loop. En ek hoop <em>Magda Louw<\/em> het nog baie lewe.<\/p>\n<p>\u201cEk is werklik gese\u00ebnd. Ek het \u2019n goeie lewe, ek is gesond, het \u2019n handjie vol fantastiese vriende en \u2019n loopbaan waarvan ek net kon gedroom het. Daar\u2019s soveel briljante akteurs wat werkloos is, en ek tel my se\u00ebninge elke dag.<\/p>\n<p>\u201cEk is nie \u2019n dweper nie, maar ek is \u2018n diep gelowige mens. Dis die fondasie van my bestaan.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em><strong>Hierdie artikel het oorspronklik in ons April-uitgawe van 2023 verskyn.\u00a0<\/strong><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tv-benoemings-vir-vanjaar-se-kyknet-silwerskermtoekennings-bekend\/\">TV-benoemings vir vanjaar se kykNET Silwerskermtoekennings bekend<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Maretta Bellingan. &nbsp; Dis \u2019n koel somersdag in die Kaap. Ons ontmoet in \u2019n teetuin vir ons gesels en Hannes, geklee in \u2019n swart hemp en swart broek, daag op met \u2019n klomp hemde oor sy arm vir die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":156416,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[2185,2186,85540],"class_list":["post-156409","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-hannes-van-wyk","tag-kwela","tag-magda-louw"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Hannes verjaar! \u201cEk is werklik gese\u00ebnd. Ek het \u2019n goeie lewe, ek is gesond.\u201d | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die TV-aanbieder en akteur erken hy\u2019t \u2019n loopbaan waarvan hy net kon gedroom het, maar bekendheid bly vir hom \u2019n vreemde konsep.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Hannes verjaar! \u201cEk is werklik gese\u00ebnd. Ek het \u2019n goeie lewe, ek is gesond.\u201d | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die TV-aanbieder en akteur erken hy\u2019t \u2019n loopbaan waarvan hy net kon gedroom het, maar bekendheid bly vir hom \u2019n vreemde konsep.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-07-30T09:27:31+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-07-30T09:53:41+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/RRMHVW-4-1-e1753868737999.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1766\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Hannes verjaar! \u201cEk is werklik gese\u00ebnd. Ek het \u2019n goeie lewe, ek is gesond.\u201d\",\"datePublished\":\"2025-07-30T09:27:31+00:00\",\"dateModified\":\"2025-07-30T09:53:41+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\\\/\"},\"wordCount\":1784,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/RRMHVW-4-1-e1753868737999.jpg\",\"keywords\":[\"hannes van wyk\",\"kwela\",\"magda louw\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\\\/\",\"name\":\"Hannes verjaar! \u201cEk is werklik gese\u00ebnd. Ek het \u2019n goeie lewe, ek is gesond.\u201d | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/RRMHVW-4-1-e1753868737999.jpg\",\"datePublished\":\"2025-07-30T09:27:31+00:00\",\"dateModified\":\"2025-07-30T09:53:41+00:00\",\"description\":\"Die TV-aanbieder en akteur erken hy\u2019t \u2019n loopbaan waarvan hy net kon gedroom het, maar bekendheid bly vir hom \u2019n vreemde konsep.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/RRMHVW-4-1-e1753868737999.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/RRMHVW-4-1-e1753868737999.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1766,\"caption\":\"(Foto: Kyra Welch)\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Hannes verjaar! \u201cEk is werklik gese\u00ebnd. Ek het \u2019n goeie lewe, ek is gesond.\u201d\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Hannes verjaar! \u201cEk is werklik gese\u00ebnd. Ek het \u2019n goeie lewe, ek is gesond.\u201d | rooi rose","description":"Die TV-aanbieder en akteur erken hy\u2019t \u2019n loopbaan waarvan hy net kon gedroom het, maar bekendheid bly vir hom \u2019n vreemde konsep.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Hannes verjaar! \u201cEk is werklik gese\u00ebnd. Ek het \u2019n goeie lewe, ek is gesond.\u201d | rooi rose","og_description":"Die TV-aanbieder en akteur erken hy\u2019t \u2019n loopbaan waarvan hy net kon gedroom het, maar bekendheid bly vir hom \u2019n vreemde konsep.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-07-30T09:27:31+00:00","article_modified_time":"2025-07-30T09:53:41+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1766,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/RRMHVW-4-1-e1753868737999.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Hannes verjaar! \u201cEk is werklik gese\u00ebnd. Ek het \u2019n goeie lewe, ek is gesond.\u201d","datePublished":"2025-07-30T09:27:31+00:00","dateModified":"2025-07-30T09:53:41+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\/"},"wordCount":1784,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/RRMHVW-4-1-e1753868737999.jpg","keywords":["hannes van wyk","kwela","magda louw"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\/","name":"Hannes verjaar! \u201cEk is werklik gese\u00ebnd. Ek het \u2019n goeie lewe, ek is gesond.\u201d | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/RRMHVW-4-1-e1753868737999.jpg","datePublished":"2025-07-30T09:27:31+00:00","dateModified":"2025-07-30T09:53:41+00:00","description":"Die TV-aanbieder en akteur erken hy\u2019t \u2019n loopbaan waarvan hy net kon gedroom het, maar bekendheid bly vir hom \u2019n vreemde konsep.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/RRMHVW-4-1-e1753868737999.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/RRMHVW-4-1-e1753868737999.jpg","width":1920,"height":1766,"caption":"(Foto: Kyra Welch)"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hannes-verjaar-ek-is-werklik-geseend-ek-het-n-goeie-lewe-ek-is-gesond\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Hannes verjaar! \u201cEk is werklik gese\u00ebnd. Ek het \u2019n goeie lewe, ek is gesond.\u201d"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/156409","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=156409"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/156409\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":156420,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/156409\/revisions\/156420"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/156416"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=156409"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=156409"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=156409"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}