{"id":156186,"date":"2025-07-22T17:35:28","date_gmt":"2025-07-22T15:35:28","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=156186"},"modified":"2025-07-22T18:33:30","modified_gmt":"2025-07-22T16:33:30","slug":"ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\/","title":{"rendered":"Ja, jy kan! Hoe om goeie eiewaarde van jongs af te bou"},"content":{"rendered":"<p><em><span style=\"font-weight: 400;\">Deur Carla van der Spuy<\/span><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Daar is al ges\u00ea \u2019n lae selfbeeld is soos om deur die lewe met \u2019n handrem aan te bestuur.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Party mense het te veel selfvertroue, ander te min. Dan is daar diegene wat selfversekerd is sonder dat hulle daarin slaag om jou bloed van verontwaardiging te laat borrel. Om te veel selfvertroue uit te straal, kan as arrogant beskryf word \u2013 of selfs aan iemand met narsistiese persoonlikheidstrekke toegedig word.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u2019n Gesonde hoeveelheid selfvertroue is egter \u2019n bate omdat jy ondanks jou sukses steeds die son oor ander wil sien skyn. Dit is wat van iemand met \u2019n goeie emosionele IK verwag word.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Henry Ford se woorde was dat jou denkwyse \u2019n kragtige uitwerking het op jou vermo\u00eb om te slaag.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit is benadruk deur onlangse navorsing deur die Universiteit van Melbourne wat bevind het dat selfversekerde mense beter salarisse ontvang en gouer as ander bevorder word.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Die oorsprong van selfvertroue<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die sielkundige <\/span><b>dr Hermann Liebenberg<\/b><span style=\"font-weight: 400;\"> skryf te veel of te min selfvertroue aan \u2019n mens se \u201clokus van beheer\u201d toe.<\/span><span style=\"font-weight: 400;\"> Dit beteken dat \u2019n goeie sowel as \u2019n swak selfbeeld dieselfde oorsprong het, hetsy dit weens genetiese of aangeleerde gedrag is wat as gesonde en funksionele selfvertroue \u00f3f minderwaardigheid en wanfunksionele lae selfvertroue manifesteer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cLokus van beheer\u201d dui aan of die persoon die goedkeuring van ander nodig het om te funksioneer (eksterne lokus van beheer) of op die eie self fokus (die interne lokus van beheer). Laasgenoemde is dus nie afhanklik nie of is minder afhanklik van ander se goedkeuring om in beheer van hul lewe te kan wees.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u2019n Interne lokus van beheer wat te sterk is, kan ongelukkig ook op oordrewe selfvertroue dui. Dit verg \u2019n gedragskundige om die onderskeid tussen \u2019n gesonde of swak selfbeeld te tref. Hermann s\u00ea: \u201cHierdie lokus van beheer kan \u2019n aanduiding wees van aspekte wat die kind vanaf ouerfigure aangeleer het en dan word selfvertroue of \u2019n gebrek daaraan weerspie\u00ebl.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cKinders boots dikwels die gedragspatrone van hul opvoeders na en dit manifesteer dan as gesond of ongesond.\u00a0Die uiterste vorm van selfvertroue word dikwels as narsisme beskou.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hermann wys daarop dat narsisme, wat \u2019n ekstreme en patologiese aspek van \u2019n verwronge selfbeeld is, gewoonlik sy oorsprong in sterk minderwaardige gevoelens uit die kinderjare het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cHoewel die persoon wat duidelik minderwaardig voel, moontlik aan dieselfde gedrag van die tipiese narsis blootgestel is, het die brein nie selfbeskermende meganismes aangeleer om die effek teen te werk nie. Dit terwyl die narsis se selfverdedigingsmeganisme vir die gevoelens van minderwaardigheid oorvergoed.\u201d<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-156192 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/ben-white-lVCHfXn3VME-unsplash-500x334.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Hoe lyk iemand met selfvertroue?<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Kenners reken selfversekerde mense is daardie mense wat nie nodig het om hulself te besing, \u2019n valse front voor te hou om hul eie onsekerheid te probeer verbloem of hul eie beuel te blaas nie. Dis mense wat altyd in beheer is en wat ander inspireer.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hulle het nie ander se goedkeuring nodig nie. Hulle weet wie en wat hulle is.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hul verbale en nie-verbale taal stem ooreen.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hulle bekommer hulle nie oor dinge wat buite hul beheer is nie.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hulle skroom nie om ander om hulp te vra nie. Hulle dink nie dit laat hulle swak of dom lyk nie.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hulle is oortuigend en saai geen twyfel oor hul doelwitte nie. Hulle struikel nie oor hul woorde en gedagtes nie. Sinne soos \u201cEk is nie seker nie\u201d bestaan nie in hul woordeskat nie.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hulle kan \u2019n besluit neem en daarby hou.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hulle erken as hulle \u2019n fout gemaak het.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hulle beskik oor deursettingsvermo\u00eb.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hulle geluk kom uit \u2019n innerlike bron en is nie van faktore van buite hulle af afhanklik nie. Geluk is \u2019n belangrike aspek van selfvertroue. Jy moet gemaklik in jou vel wees.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hulle is nie veroordelend nie. Hulle besef dat elkeen van ons sterk- en swakpunte het. Hulle vind dit glad nie nodig om op ander neer te sien om beter oor hulleself te voel nie.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hulle laat hulle nie manipuleer om iets teen hul sin aan te pak nie. Hul ja is \u201cja\u201d en hul nee \u201cnee\u201d.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hulle luister meer as wat hulle praat. Deur aan ander aandag te gee, is daar meer geleenthede vir leer en groei. Die interaksie met ander is vir hulle belangrik.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hulle daag hulself graag uit en vier klein oorwinnings.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Baie selfversekerde mense bly fiks. Dis natuurlik glad nie verbasend nie aangesien oefening endorfiene in die liggaam vrystel wat tot \u2019n positiewe gesindheid bydra. Navorsing wat by \u2019n navorsingsentrum in Oos-Ontario gedoen is, het bevind dat mense wat oor \u2019n tydperk van tien weke twee keer per week oefen op sosiale, akademiese en atletiese gebied presteer.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hulle is nie aandagvrate en wanhopig vir die kollig nie, maar bly hul outentieke self eerder as om voor te gee dat hulle belangrik is. Selfversekerde mense sal nie skroom om die aandag van hulself af te lei na diegene wat hulle gehelp het om hul drome te bereik nie.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hulle verkies om uit hul foute te leer, eerder as om daaroor te wroeg en dit as \u2019n persoonlike vernedering te beskou.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hulle neem risiko\u2019s en loop die ekstra kilometer. En dan gaan hulle voluit. Vrees is nie \u2019n struikelblok nie en hulle weet ook wie nie waag nie, wen nie.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hulle is opgewonde oor ander se sukses en deel komplimente uit wanneer dit verdien word.<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-156189 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-a-darmel-7322383-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Kinders met \u2019n lae selfbeeld<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b>Linda van Niekerk<\/b><span style=\"font-weight: 400;\">, \u2019n opvoedkundige sielkundige, vertel dat kinders met \u2019n lae selfbeeld dikwels na haar verwys word omdat hulle tekens van emosionele, gedrags- of leerprobleme toon.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hierdie kinders kom soms angstig, onseker en ongelukkig voor, en hulle het min waagmoed. Hulle twyfel in hul eie vermo\u00ebns en vrees dat as hulle iets nie regkry nie, hulle nie meer aanvaar sal word nie. S\u00f3 ontneem hulle hulself van geleenthede om hul volle potensiaal te bereik.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u2019n Lae selfbeeld be\u00efnvloed ook kinders se sosiale ontwikkeling en aanpassing. Hulle kan oorafhanklik van ander se goedkeuring wees en dan oorkonformeer omdat hulle in hul eie oordeel twyfel. Onderliggende angs kan tot weerstandige of vermydende gedrag lei wat weer tot gevolg het dat hulle volstrek weier om aan \u2019n aktiwiteit deel te neem.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u2019n Lae selfbeeld kan op verskillende maniere manifesteer en selfs \u2019n skoolboelie vol bravade mag moontlik \u2019n lae selfbeeld h\u00ea, s\u00ea Linda. Hierdie kinders is dikwels baie mededingend en vind dit moeilik om enige mislukking te verstaan en te hanteer. Hulle is geneig om ander te blameer as hulle \u2019n fout begaan het. Hulle stoei met skeidingsangs omdat hulle in hul eie vermo\u00eb om \u2019n taak onafhanklik uit te voer twyfel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hierdie kinders soek soms op \u2019n negatiewe manier aandag deur die klas te ontwrig en erg luidrugtig voor te kom of destruktiewe gedrag te toon. Hulle word dan ook as stout ge\u00ebtiketteer wat verdere negatiewe gedrag versterk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Linda s\u00ea die gehalte van kinders se verhouding met hul ouers of prim\u00eare versorger in die eerste drie jaar van hul lewe speel \u2019n kardinale rol in die opbou van \u2019n positiewe selfbeeld.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Kinders wat erken en aanvaar word vir wie hulle is, voel geliefd en ontwikkel \u2019n sin van eiewaarde. Babas wat vertroetel, gesus en onvoorwaardelik aanvaar word, vorm \u2019n veilige band met hul prim\u00eare versorger en leer s\u00f3 om ander te vertrou. Dit vestig by hulle \u2019n wete dat hulle belangrik en geliefd is wat tot \u2019n positiewe selfbeeld lei.<\/span><\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/help-jou-kind-se-leesvaardighede-aan\/\">Help jou kind se leesvaardighede aan<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-156188 size-medium aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-alexander-dummer-37646-1364073-500x334.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Bou hul selfbeeld<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li><span style=\"font-weight: 400;\">Ontspan saam met jou kinders. Gee vir hulle positiewe aandag en toon belangstelling in dit wat vir hulle belangrik is.<\/span><\/li>\n<li>Aanvaar jou kinders se ontwikkelingsvlak, fisieke eienskappe en basiese temperament. Vermy etikette.<\/li>\n<li>Bied vir hulle \u2019n voorspelbare en veilige omgewing om in groot te word.<\/li>\n<li>Pas re\u00ebls verstaanbaar en konsekwent toe.<\/li>\n<li>Straf moet op \u2019n redelike manier toegepas word en hulle moet die gevolge van hul keuses dra.<\/li>\n<li>Vermy lyfstraf te alle tye aangesien dit \u2019n kind se selfbeeld kan skend.<\/li>\n<li>Waak daarteen om enige wrokke teen kinders te koester.<\/li>\n<li>Moedig jou kinders aan, kommunikeer vertroue en koester realistiese verwagtinge. Fokus op die poging eerder as die suksesvolle voltooiing van die einddoel.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Ten slotte, s\u00ea Linda, dink net aan die wyse Amerikaanse presidentsvrou Eleanor Roosevelt se woorde: Niemand kan jou minderwaardig laat voel sonder jou toestemming nie.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em><span style=\"font-weight: 400;\">Bronne: <\/span><a href=\"http:\/\/www.asaporg.com\"><span style=\"font-weight: 400;\">www.asaporg.com<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\">, <\/span><a href=\"http:\/\/www.forbes.com\"><span style=\"font-weight: 400;\">www.forbes.com<\/span><\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-wenke-om-jou-kind-empatie-te-leer\/\">5 wenke om jou kind empatie te leer<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Carla van der Spuy &nbsp; Daar is al ges\u00ea \u2019n lae selfbeeld is soos om deur die lewe met \u2019n handrem aan te bestuur.\u00a0 Party mense het te veel selfvertroue, ander te min. Dan is daar diegene wat selfversekerd [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":156194,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,662],"tags":[134,3296,3318,4292],"class_list":["post-156186","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-jou-lewe","tag-ouerskap","tag-selfvertroue","tag-jou-kind","tag-eiewaarde"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ja, jy kan! Hoe om goeie eiewaarde van jongs af te bou | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"\u2019n Gesonde selfbeeld en selfversekerdheid is wat ons in ons lewe kan laat se\u00ebvier.Kenners gee raad hoe om goeie eiewaarde van jongs af te bou\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ja, jy kan! Hoe om goeie eiewaarde van jongs af te bou | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"\u2019n Gesonde selfbeeld en selfversekerdheid is wat ons in ons lewe kan laat se\u00ebvier.Kenners gee raad hoe om goeie eiewaarde van jongs af te bou\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-07-22T15:35:28+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-07-22T16:33:30+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-pavel-danilyuk-8763214-e1753201988736.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1526\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1140\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Ja, jy kan! Hoe om goeie eiewaarde van jongs af te bou\",\"datePublished\":\"2025-07-22T15:35:28+00:00\",\"dateModified\":\"2025-07-22T16:33:30+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\\\/\"},\"wordCount\":1411,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/pexels-pavel-danilyuk-8763214-e1753201988736.jpg\",\"keywords\":[\"ouerskap\",\"selfvertroue\",\"jou kind\",\"eiewaarde\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\\\/\",\"name\":\"Ja, jy kan! Hoe om goeie eiewaarde van jongs af te bou | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/pexels-pavel-danilyuk-8763214-e1753201988736.jpg\",\"datePublished\":\"2025-07-22T15:35:28+00:00\",\"dateModified\":\"2025-07-22T16:33:30+00:00\",\"description\":\"\u2019n Gesonde selfbeeld en selfversekerdheid is wat ons in ons lewe kan laat se\u00ebvier.Kenners gee raad hoe om goeie eiewaarde van jongs af te bou\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/pexels-pavel-danilyuk-8763214-e1753201988736.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/pexels-pavel-danilyuk-8763214-e1753201988736.jpg\",\"width\":1526,\"height\":1140},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ja, jy kan! Hoe om goeie eiewaarde van jongs af te bou\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ja, jy kan! Hoe om goeie eiewaarde van jongs af te bou | rooi rose","description":"\u2019n Gesonde selfbeeld en selfversekerdheid is wat ons in ons lewe kan laat se\u00ebvier.Kenners gee raad hoe om goeie eiewaarde van jongs af te bou","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ja, jy kan! Hoe om goeie eiewaarde van jongs af te bou | rooi rose","og_description":"\u2019n Gesonde selfbeeld en selfversekerdheid is wat ons in ons lewe kan laat se\u00ebvier.Kenners gee raad hoe om goeie eiewaarde van jongs af te bou","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-07-22T15:35:28+00:00","article_modified_time":"2025-07-22T16:33:30+00:00","og_image":[{"width":1526,"height":1140,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-pavel-danilyuk-8763214-e1753201988736.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Ja, jy kan! Hoe om goeie eiewaarde van jongs af te bou","datePublished":"2025-07-22T15:35:28+00:00","dateModified":"2025-07-22T16:33:30+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\/"},"wordCount":1411,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-pavel-danilyuk-8763214-e1753201988736.jpg","keywords":["ouerskap","selfvertroue","jou kind","eiewaarde"],"articleSection":["Persoonlike groei","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\/","name":"Ja, jy kan! Hoe om goeie eiewaarde van jongs af te bou | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-pavel-danilyuk-8763214-e1753201988736.jpg","datePublished":"2025-07-22T15:35:28+00:00","dateModified":"2025-07-22T16:33:30+00:00","description":"\u2019n Gesonde selfbeeld en selfversekerdheid is wat ons in ons lewe kan laat se\u00ebvier.Kenners gee raad hoe om goeie eiewaarde van jongs af te bou","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-pavel-danilyuk-8763214-e1753201988736.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-pavel-danilyuk-8763214-e1753201988736.jpg","width":1526,"height":1140},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-hoe-om-goeie-eiewaarde-van-jongs-af-te-bou\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ja, jy kan! Hoe om goeie eiewaarde van jongs af te bou"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/156186","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=156186"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/156186\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":156196,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/156186\/revisions\/156196"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/156194"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=156186"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=156186"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=156186"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}