{"id":156060,"date":"2025-07-16T20:31:57","date_gmt":"2025-07-16T18:31:57","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=156060"},"modified":"2025-07-16T20:41:08","modified_gmt":"2025-07-16T18:41:08","slug":"wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\/","title":{"rendered":"\u2018Wie word \u2019n miljoen\u00ear\u2019: \u2018Russiese penisillien\u2019 &#038; konserwatiewe vangnette sorg vir benoude oomblikke"},"content":{"rendered":"<p><span data-contrast=\"none\">In die tweede episode van die vyfde seisoen van <\/span><strong><i>Wie word \u2019n miljoen\u00ear <\/i><\/strong><span data-contrast=\"none\">het Nick Grobler, \u2019n chemiese ingenieur van Johannesburg, die meeste geld tot dusver in sy sak gesteek toe hy met R50\u202f000 huis toe gegaan het.\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\"><strong>Rian van Heerden<\/strong> is weer slaggereed om die deelnemers met moeilike vrae te bestook in die <\/span><span data-contrast=\"auto\">w\u00eareld se grootste vasvraprogram op kykNET<\/span><span data-contrast=\"none\">. Dis beslis makliker om in die gerief van jou eie huis die antwoorde uit te basuin, maar met die kameras en kollig op jou gefokus, kan die senuwees soms lol . . .\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Die grootste vraag natuurlik is of iemand vanaand daardie R1-miljoen gaan wen.<\/span><span data-contrast=\"auto\">\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<h4><b><span data-contrast=\"none\">Die eerste vinnigste vingers<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Om die deelnemers se kennis \u00e9n vingerspoed op die proef te stel, moet hulle sportbyeenkomste in chronologiese orde binne \u2019n kalenderjaar rangskik. <\/span><span data-contrast=\"none\">Die korrekte orde is: Kaapstad-fietstoer, Twee Oseane-ultramarathon, Comrades-marathon en dan die Durban July-perderen.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_156064\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-156064\" class=\"wp-image-156064 size-medium\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Wie-word-n-miljoener-S5-Episode-3-Renee-Swanepoel-500x252.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"252\" \/><p id=\"caption-attachment-156064\" class=\"wp-caption-text\">Ren\u00e9e Swanepoel (Foto: Verskaf\/kykNET)<\/p><\/div>\n<p><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Net een deelnemer is in die kol, en dis Ren\u00e9e Swanepoel (64), \u2019n pensioenaris van Murraysburg, wat met 9.422 sekondes agter haar naam na die warm stoel koers inslaan. Manlief John is in die gehoor om haar te ondersteun.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Sy draf die eerste vyf vrae in \u2019n ommesientjie kaf en kan R10\u202f000 in die sak steek. Haar volgende vangnet stel sy op vraag 9 vir R30\u202f000.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Maar voor hulle verder gaan, wil Rian weet waar op deeske aarde Murraysburg gele\u00eb is. Ren\u00e9e s\u00ea dis in die Wes-Kaap, sowat 42 km van die N1 af, presies halfpad tussen Graaff-Reinet en Victoria-Wes en \u201cdis die dorp met die heel beste mense in die w\u00eareld\u201d.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Met haar volgende vraag oor watter bestanddeel nie deel maak van die tradisionele Engelse nagereg Eton Mess nie, besluit sy om die gehoor se hulp in te roep. 84% van die gehoor is oortuig dat skuimpies nie deel is van die nagereg nie. Tog is Ren\u00e9e nie oortuig nie.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Vir die eerste keer in die reeks word Rian as hulplyn ingespan.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">\u201cSo, ek het \u2019n restaurant . . . maar ons poedings is beperk,\u201d terg Rian. Hy stem saam met die gehoor en Ren\u00e9e besluit om dit as haar finale antwoord aan te bied.\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Maar genugtig \u2013 hulle is almal verkeerd! Dis toe al die tyd sponskoek. En daarmee moet Ren\u00e9e die warm stoel ontruim met \u2019n heerlike R10\u202f000-meevallertjie.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<h4><b><span data-contrast=\"none\">Die tweede vinnigste vingers<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Sou jy die Afrika-lande van noord na suid kon rangskik? Al vyf deelnemers is korrek, maar dis Janus Bezuidenhout, \u2019n boorling van Bethlehem, wat die orde binne 5.248 sekondes korrek rangskik het: Tunisi\u00eb, Rwanda, Mosambiek en dan Lesotho. Andrea was vuurwarm op sy hakke met 5.372 sekondes . . .<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_156063\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-156063\" class=\"wp-image-156063 size-medium\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Wie-word-n-miljoener-S5-Episode-3-Janus-Bezuidenhout-500x248.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"248\" \/><p id=\"caption-attachment-156063\" class=\"wp-caption-text\">Janus Bezuidenhout (Foto: Verskaf\/kykNET)<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Janus (37) is \u2019n meganiese ingenieur en Rian wil baie gou by hom weet of hy enige vrae oor poedings aan hom gaan stel.\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">\u201cNee, nee, nee,\u201d kom dit vinnig van Janus. Sy vrou, Leandi, ondersteun hom vanaand vanuit die gehoor.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Kort voor lank kan Janus ook R10\u202f000 in sy sak steek, \u2019n mylpaal wat hy vooraf voor gewens het.\u00a0\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Net soos Ren\u00e9e besluit hy ook om konserwatief te speel en sy vangnet op vraag 9 vir R30\u202f000 te stel.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Om vas te stel watter Suid-Afrikaanse eiland \u2019n Unesco-w\u00earelderfenisgebied is, besluit Janus om die gehoor as hulplyn in te span. Hy kan nie tussen Marion-eiland en Robbeneiland besluit nie.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><span data-contrast=\"none\">82% van die gehoor stem vir Robbeneiland. Gelukkig is hulle hierdie keer in die kol en Janus skuif op na R15\u202f000.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">By die agste vraag haak hy egter vas. Watter kossoort se bynaam is \u201cRussiese penisillien\u201d omdat dit as antiseptiese middel op die slagveld tydens die W\u00eareldoorlo\u00eb gebruik is? Hy versoek die 50\/50-hulplyn en laventel en knoffel bly oor.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Janus besluit om sy \u201cBel \u2019n p\u00eal\u201d-hulplyn in te span. Dis sy derde en laaste hulplyn en hy gaan vir sy tannie Christa vra om uit te help. Sonder huiwering kom die antwoord: Knoffel.\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Rian vertel die Russe het knoffel glo net so direk op wonde gebruik as ontsmettingsmiddel\u00a0 en ook vir verkoues en om koors te breek. Dan merk hy skalks op dat dit ook bekend staan as \u201cgroente-viagra\u201d maar hy weet nie waar hulle dit aangewend het nie . . .<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Maar die \u201cP\u201d in die woord ChatGPT knikker hom uit en sonder enige verdere hulplyne besluit Janus om die aftog te blaas met R25\u202f000 in die sak. Terloops, die korrekte antwoord was \u201cPre-trained\u201d (<\/span><span data-contrast=\"none\">Chat Generative Pre-trained Transformer)<\/span><span data-contrast=\"none\">.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<h4><b><span data-contrast=\"none\">Die derde vinnigste vingers<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Sjoe, wat \u2019n vraag. Deelnemers moet vlugrampe in die korrekte orde rangskik. Wie onthou die Hindenburg-blimp? Dan is dit die Suid-Afrikaanse Lugdiens se rampvlug, die Helderberg, gevolg deur die 11 September-terreuraanvalle op New York se Twin Towers en meer onlangs die Maleisiese vlug MH370 wat van die radar af verdwyn het.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_156065\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-156065\" class=\"wp-image-156065 size-medium\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Wie-word-n-miljoener-S5-Episode-3-Renier-Benson--500x243.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"243\" \/><p id=\"caption-attachment-156065\" class=\"wp-caption-text\">Renier Benson (Foto: Verskaf\/kykNET)<\/p><\/div>\n<p><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Drie van die oorblywende vier spelers is in die kol, maar dis Renier Benson wat binne 6.102 sekondes die voortou geneem het. <\/span><span data-contrast=\"none\">Renier (30) is \u2019n onderwyser van Germiston en sy k\u00earel van die afgelope twee jaar, Marko, ondersteun hom vanaand. Hy antwoord een na die ander vraag sonder enige twyfel korrek en hy haal kort voor lank die R10\u202f000-vangnet.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">\u201cEk gaan die res van die skape volg en ook die net op R30\u202f000 (vraag 9) stel,\u201d besluit Renier.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">So tussen die vrae deur noem Rian aan die gehoor dat Renier en Marko tydens die vorige seisoen in die gehoor was.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">\u201cEn toe dink julle \u2018hoe wonderlik, hierdie aanbieder . . . ons moet hom <\/span><i><span data-contrast=\"none\">face to face<\/span><\/i><span data-contrast=\"none\"> ontmoet\u2019,\u201d vertel Rian tot groot vermaak van almal.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Renier s\u00ea hy kyk beide die Engelse en Afrikaanse reekse van <\/span><i><span data-contrast=\"none\">Wie word \u2019n miljoen\u00ear<\/span><\/i><span data-contrast=\"none\"> en hy was vasberade om \u2019n deelnemer te word nadat hulle in die gehoor was. Dis vir hom soos \u2019n droom wat waar geword het.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Sy vangnet-vraag betrap hom onkant. Wie van Bob Dylan, Elton John, Bruce Springsteen en Rod Stewart het nog nooit in Suid-Afrika opgetree nie?<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">\u201cAs \u2019n man met radio-ervaring . . .\u201d mik hy na Rian as sy eerste hulplyn.\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Rian neig na Bruce Springsteen, maar is hy reg? Renier besluit om liefs ook sy 50\/50-hulplyn in te span. Bob Dylan en Elton John bly oor. Gaan hy sy finale hulplyn inspan? Beslis \u2013 en dit gaan die gehoor wees.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">77% van die gehoor stem vir Bob Dylan. Renier besluit om na hulle te luister \u2013 en met sy laaste hulplyn beland hy op sy vangnet van R30\u202f000. Die volgende vraag oor die 10de hoogste piek in die w\u00eareld stuit hom egter net daar. Annapurna is in Nepal en nie Indi\u00eb soos wat hy geraai het nie.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"none\">Benewens die R30\u202f000, is daar darem ook die kans op \u2019n foto saam met Rian wat vir Renier baie gelukkig stem.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b><i><span data-contrast=\"none\">Wie word \u2019n miljoen\u00ear?\u202fword Woensdagaande om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.<\/span><\/i><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/de-klerk-oelofse-maak-sy-sepie-debuut-in-suidooster\/\">De Klerk Oelofse maak sy sepie-debuut in <em>Suidooster<\/em><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die tweede episode van die vyfde seisoen van Wie word \u2019n miljoen\u00ear het Nick Grobler, \u2019n chemiese ingenieur van Johannesburg, die meeste geld tot dusver in sy sak gesteek toe hy met R50\u202f000 huis toe gegaan het.\u00a0\u00a0 Rian van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":156062,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[166,26949,85907,85949],"class_list":["post-156060","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-kyknet","tag-rian-van-heerden","tag-wie-word-n-miljoener","tag-laataand-by-rian"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>\u2018Wie word \u2019n miljoen\u00ear\u2019: \u2018Russiese penisillien\u2019 &amp; konserwatiewe vangnette sorg vir benoude oomblikke | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Watter kossoort se bynaam is \u201cRussiese penisillien\u201d omdat dit as antiseptiese middel op die slagveld tydens die W\u00eareldoorlo\u00eb gebruik is?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"\u2018Wie word \u2019n miljoen\u00ear\u2019: \u2018Russiese penisillien\u2019 &amp; konserwatiewe vangnette sorg vir benoude oomblikke | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Watter kossoort se bynaam is \u201cRussiese penisillien\u201d omdat dit as antiseptiese middel op die slagveld tydens die W\u00eareldoorlo\u00eb gebruik is?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-07-16T18:31:57+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-07-16T18:41:08+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Wie-word-n-miljoener-S5-Episode-3-4.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1869\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"\u2018Wie word \u2019n miljoen\u00ear\u2019: \u2018Russiese penisillien\u2019 &#038; konserwatiewe vangnette sorg vir benoude oomblikke\",\"datePublished\":\"2025-07-16T18:31:57+00:00\",\"dateModified\":\"2025-07-16T18:41:08+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\\\/\"},\"wordCount\":1160,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/Wie-word-n-miljoener-S5-Episode-3-4.jpg\",\"keywords\":[\"kyknet\",\"rian van heerden\",\"Wie word \u2019n miljoen\u00ear\",\"Laataand by Rian\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\\\/\",\"name\":\"\u2018Wie word \u2019n miljoen\u00ear\u2019: \u2018Russiese penisillien\u2019 & konserwatiewe vangnette sorg vir benoude oomblikke | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/Wie-word-n-miljoener-S5-Episode-3-4.jpg\",\"datePublished\":\"2025-07-16T18:31:57+00:00\",\"dateModified\":\"2025-07-16T18:41:08+00:00\",\"description\":\"Watter kossoort se bynaam is \u201cRussiese penisillien\u201d omdat dit as antiseptiese middel op die slagveld tydens die W\u00eareldoorlo\u00eb gebruik is?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/Wie-word-n-miljoener-S5-Episode-3-4.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/Wie-word-n-miljoener-S5-Episode-3-4.jpg\",\"width\":1869,\"height\":800},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"\u2018Wie word \u2019n miljoen\u00ear\u2019: \u2018Russiese penisillien\u2019 &#038; konserwatiewe vangnette sorg vir benoude oomblikke\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"\u2018Wie word \u2019n miljoen\u00ear\u2019: \u2018Russiese penisillien\u2019 & konserwatiewe vangnette sorg vir benoude oomblikke | rooi rose","description":"Watter kossoort se bynaam is \u201cRussiese penisillien\u201d omdat dit as antiseptiese middel op die slagveld tydens die W\u00eareldoorlo\u00eb gebruik is?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"\u2018Wie word \u2019n miljoen\u00ear\u2019: \u2018Russiese penisillien\u2019 & konserwatiewe vangnette sorg vir benoude oomblikke | rooi rose","og_description":"Watter kossoort se bynaam is \u201cRussiese penisillien\u201d omdat dit as antiseptiese middel op die slagveld tydens die W\u00eareldoorlo\u00eb gebruik is?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-07-16T18:31:57+00:00","article_modified_time":"2025-07-16T18:41:08+00:00","og_image":[{"width":1869,"height":800,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Wie-word-n-miljoener-S5-Episode-3-4.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"\u2018Wie word \u2019n miljoen\u00ear\u2019: \u2018Russiese penisillien\u2019 &#038; konserwatiewe vangnette sorg vir benoude oomblikke","datePublished":"2025-07-16T18:31:57+00:00","dateModified":"2025-07-16T18:41:08+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\/"},"wordCount":1160,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Wie-word-n-miljoener-S5-Episode-3-4.jpg","keywords":["kyknet","rian van heerden","Wie word \u2019n miljoen\u00ear","Laataand by Rian"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\/","name":"\u2018Wie word \u2019n miljoen\u00ear\u2019: \u2018Russiese penisillien\u2019 & konserwatiewe vangnette sorg vir benoude oomblikke | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Wie-word-n-miljoener-S5-Episode-3-4.jpg","datePublished":"2025-07-16T18:31:57+00:00","dateModified":"2025-07-16T18:41:08+00:00","description":"Watter kossoort se bynaam is \u201cRussiese penisillien\u201d omdat dit as antiseptiese middel op die slagveld tydens die W\u00eareldoorlo\u00eb gebruik is?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Wie-word-n-miljoener-S5-Episode-3-4.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Wie-word-n-miljoener-S5-Episode-3-4.jpg","width":1869,"height":800},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wie-word-n-miljoener-russiese-penisillien-vangnette-sorg-vir-benoude-oomblikke\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"\u2018Wie word \u2019n miljoen\u00ear\u2019: \u2018Russiese penisillien\u2019 &#038; konserwatiewe vangnette sorg vir benoude oomblikke"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/156060","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=156060"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/156060\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":156068,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/156060\/revisions\/156068"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/156062"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=156060"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=156060"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=156060"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}