{"id":155018,"date":"2025-06-27T10:33:55","date_gmt":"2025-06-27T08:33:55","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=155018"},"modified":"2025-06-27T10:39:13","modified_gmt":"2025-06-27T08:39:13","slug":"luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\/","title":{"rendered":"Luwellen wys R40 000 van die hand in &#8216;Die brug&#8217;: &#8216;Om vir niemand te s\u00ea nie beteken dit is steel&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Daar was nog nooit so baie op die spel in kykNET se trefferreeks\u00a0<em>Die brug<\/em>\u00a0nie, \u2019n avontuur-realtiteitsreeks wat 16 vreemdelinge uitdaag om saam te werk en \u2019n brug te bou \u2013 letterlik en figuurlik \u2013 om \u2019n skatkis ter waarde van R1 miljoen te bereik. Die kompetisie vind plaas in \u2019n afgele\u00eb woud diep in die Outeniekwaberge, en die spel toets nie net spelers se fisiese krag en spanwerk nie, maar ook hul morele waardes, lojaliteite en persoonlike grense.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>In episode 8 het die kollig op <strong>Luwellen Marx<\/strong> (53) geval, \u2019n boubestuurder van Mosselbaai in die Wes-Kaap, wat vir een van die seisoen se merkwaardigste oomblikke gesorg het toe sy waardestelsel onder groot druk geplaas is.<\/p>\n<p>Luwellen \u2013 \u2019n eggenoot, pa en oupa \u2013 het\u00a0<em>Die brug<\/em>\u00a0betree met een doel voor o\u00eb: om die geld vir sy familie te wen. Hy word as fisies sterk en gefokus beskryf \u2013 \u2019n man wat sy verantwoordelikhede op sy skouers dra. Hoewel sy dominerende persoonlikheid sommige spelers verkeerd opgevryf het, is Luwellen deurlopend beskou as een van Suidhuis se mees betroubare en gedrewe spelers.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-155021 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Luwellen-Landscape-1-500x281.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"281\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>In die afgelope episode het hy \u2019n besluit in die gesig gestaar wat elke vesel van sy karakter getoets het.<\/p>\n<p>As die waarnemende speler van die dag, is Luwellen privaat R40 000 in kontant aangebied \u2013 geld wat hy vir homself kon hou sonder enige voorwaardes \u2013 of die opsie om terug te keer na die kamp met broodnodige kruideniersware vir sy spanmaats. Niemand sou ooit weet wat hy gekies het nie. Daar sou geen straf wees nie. Net een man, een keuse \u2013 en \u2019n morele kruispad. Hy het die kos gekies.<\/p>\n<p>\u201cOm vir niemand te s\u00ea nie beteken dit is steel,\u201d het Luwellen ges\u00ea. \u201cOm daardie besluit te neem het my emosioneel geraak,\u201d erken hy. \u201cEk weet hoe dit voel om te neem wat nie joune is nie.\u201d<\/p>\n<p>Die keuse was nie maklik nie. Met geen gewaarborgde werk wat vir hom tuis wag nie, kon R40 000 \u2019n reddingsboei gewees het. Maar Luwellen s\u00ea die besluit het neergekom op eer \u2013 iets wat hy hoop meer vir sy kinders sal beteken as enige kontantprys. Toe hy terugkeer na Suidhuis met \u2019n mandjie kos, was sy spanmaats sigbaar verras en stilweg aangedaan. In die lig van sy finansi\u00eble stryd, het die meeste spelers aangeneem hy sou die geld neem. Hulle het egter \u2019n man leer ken wat bereid was om \u2019n klein fortuin op te offer vir die welstand van die groep.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-155023 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Luwellen-2-500x266.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"266\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>In \u2019n onderhoud n\u00e1 die episode het Luwellen oor sy besluit gepraat.<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hoekom het jy kruideniersware bo die geld gekies? \u201cAlhoewel dit \u2019n spel is, moet ons steeds die eerbare keuse maak. Ek is \u2019n gemeenskapsmens en vertroue begin met eerlikheid.\u201d<\/p>\n<p>Hoekom was die besluit so emosioneel? \u201cWant in daardie oomblik het ek gedink oor hoe die geld my finansi\u00eble situasie sou kon verander&#8230; en die realiteit dat ek nie \u2019n werk het om na terug te keer nie. Maar ek het ook geweet ek moes getrou bly aan my waardes.\u201d<\/p>\n<p>Wat het jou familie gedink? \u201cHulle was trots. Hulle het vir my ges\u00ea ek het die regte besluit geneem en dat ek ons familienaam hoog gehou het.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Beleef al die drama van\u00a0<em>Die brug<\/em>, Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-francois-boyce-oor-asemrowend-en-n-vriend-in-nood\/\">Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Francois Boyce oor &#8216;Asemrowend&#8217; en \u2019n vriend in nood<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar was nog nooit so baie op die spel in kykNET se trefferreeks\u00a0Die brug\u00a0nie, \u2019n avontuur-realtiteitsreeks wat 16 vreemdelinge uitdaag om saam te werk en \u2019n brug te bou \u2013 letterlik en figuurlik \u2013 om \u2019n skatkis ter waarde van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":155024,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[166,85475,97639],"class_list":["post-155018","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-kyknet","tag-die-brug","tag-luwellen"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Luwellen wys R40 000 van die hand in &#039;Die brug&#039;: &#039;Om vir niemand te s\u00ea nie beteken dit is steel&#039; | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"In \u2019n emosionele oomblik wat van diep integriteit getuig het, het die 53-jarige bouer van Mosselbaai sy Suidhuis-spanmaats en kykers geroer.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Luwellen wys R40 000 van die hand in &#039;Die brug&#039;: &#039;Om vir niemand te s\u00ea nie beteken dit is steel&#039; | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"In \u2019n emosionele oomblik wat van diep integriteit getuig het, het die 53-jarige bouer van Mosselbaai sy Suidhuis-spanmaats en kykers geroer.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-06-27T08:33:55+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-06-27T08:39:13+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Luwellen-3-e1751012071707.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"547\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"509\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Luwellen wys R40 000 van die hand in &#8216;Die brug&#8217;: &#8216;Om vir niemand te s\u00ea nie beteken dit is steel&#8217;\",\"datePublished\":\"2025-06-27T08:33:55+00:00\",\"dateModified\":\"2025-06-27T08:39:13+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\\\/\"},\"wordCount\":576,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/06\\\/Luwellen-3-e1751012071707.jpg\",\"keywords\":[\"kyknet\",\"Die Brug\",\"Luwellen\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\\\/\",\"name\":\"Luwellen wys R40 000 van die hand in 'Die brug': 'Om vir niemand te s\u00ea nie beteken dit is steel' | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/06\\\/Luwellen-3-e1751012071707.jpg\",\"datePublished\":\"2025-06-27T08:33:55+00:00\",\"dateModified\":\"2025-06-27T08:39:13+00:00\",\"description\":\"In \u2019n emosionele oomblik wat van diep integriteit getuig het, het die 53-jarige bouer van Mosselbaai sy Suidhuis-spanmaats en kykers geroer.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/06\\\/Luwellen-3-e1751012071707.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/06\\\/Luwellen-3-e1751012071707.jpg\",\"width\":547,\"height\":509},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Luwellen wys R40 000 van die hand in &#8216;Die brug&#8217;: &#8216;Om vir niemand te s\u00ea nie beteken dit is steel&#8217;\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Luwellen wys R40 000 van die hand in 'Die brug': 'Om vir niemand te s\u00ea nie beteken dit is steel' | rooi rose","description":"In \u2019n emosionele oomblik wat van diep integriteit getuig het, het die 53-jarige bouer van Mosselbaai sy Suidhuis-spanmaats en kykers geroer.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Luwellen wys R40 000 van die hand in 'Die brug': 'Om vir niemand te s\u00ea nie beteken dit is steel' | rooi rose","og_description":"In \u2019n emosionele oomblik wat van diep integriteit getuig het, het die 53-jarige bouer van Mosselbaai sy Suidhuis-spanmaats en kykers geroer.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-06-27T08:33:55+00:00","article_modified_time":"2025-06-27T08:39:13+00:00","og_image":[{"width":547,"height":509,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Luwellen-3-e1751012071707.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"4 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Luwellen wys R40 000 van die hand in &#8216;Die brug&#8217;: &#8216;Om vir niemand te s\u00ea nie beteken dit is steel&#8217;","datePublished":"2025-06-27T08:33:55+00:00","dateModified":"2025-06-27T08:39:13+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\/"},"wordCount":576,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Luwellen-3-e1751012071707.jpg","keywords":["kyknet","Die Brug","Luwellen"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\/","name":"Luwellen wys R40 000 van die hand in 'Die brug': 'Om vir niemand te s\u00ea nie beteken dit is steel' | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Luwellen-3-e1751012071707.jpg","datePublished":"2025-06-27T08:33:55+00:00","dateModified":"2025-06-27T08:39:13+00:00","description":"In \u2019n emosionele oomblik wat van diep integriteit getuig het, het die 53-jarige bouer van Mosselbaai sy Suidhuis-spanmaats en kykers geroer.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Luwellen-3-e1751012071707.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Luwellen-3-e1751012071707.jpg","width":547,"height":509},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luwellen-wys-r40-000-van-die-hand-om-vir-niemand-te-se-nie-beteken-dit-is-steel\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Luwellen wys R40 000 van die hand in &#8216;Die brug&#8217;: &#8216;Om vir niemand te s\u00ea nie beteken dit is steel&#8217;"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/155018","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=155018"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/155018\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":155027,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/155018\/revisions\/155027"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/155024"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=155018"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=155018"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=155018"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}