{"id":154927,"date":"2025-06-25T16:07:43","date_gmt":"2025-06-25T14:07:43","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=154927"},"modified":"2025-06-26T14:40:06","modified_gmt":"2025-06-26T12:40:06","slug":"wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\/","title":{"rendered":"Vitiligo: \u2019n Velvyand?"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"font-weight: 400;\">Vir mense wat dit het, is vitiligo veel meer as net \u2019n toestand wat vlekke veroorsaak. Baie worstel met selfbeeldkwessies of ernstiger geestesprobleme. Zerelda Esterhuizen deel haar ervaring en vertel ons meer daarvan<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit was Desembertyd by \u2019n vakansieoord en ek het di\u00e9 dag heerlik in die son gebak.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Ongelukkig te lank, want ek het bloedrooi gebrand en die volgende dag was daar \u2019n wit vlekkie op my gesig. Dit was vreemd, maar ek het die vlekkie aan die sonbrand toegeskryf en gedink dat dit gou weer sou verdwyn. Ek het \u2019n ligte vel en het nog nooit voorheen probleme daarmee ervaar nie. Ek het nie aknee of iets dergeliks gehad nie en selfs in my tienerjare het ek net nou en dan \u2019n puisie gehad.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit was dus nie iets waaraan ek my vreeslik gesteur het nie en die vlekkie het ook vir \u2019n lang ruk nie verander nie. Dit het nie groter of kleiner geword nie. So het die tyd verbygegaan en toe ek weer sien, het dit amper oornag groter geword en vandag het ek \u2019n groot wit vlek op my gesig en vlekke op my hande en heupe. Die vlek op my gesig is om my o\u00eb, weerskante van my neus en op albei wange.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u2019n Dermatoloog het later vitiligo gediagnoseer en ek gebruik tans \u2019n room wat nie lyk asof dit help nie. Ek sien binnekort \u2019n ander dermatoloog wat hopelik ander behandeling kan voorskryf. Intussen het ek al vele (peperduur) onderlae probeer om die probleem te verdoesel, maar sonder sukses. Ek kort nog die regte kamoefleerder &#8230; Daar is egter baie vitiligolyers wat dit nie wegsteek nie en hul wit vlekke trots vertoon. Ek salueer hulle, maar dis nie ek nie. Ek soek \u2019n oplossing &#8230;\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wintershande-raad-behandel-keer\/\">Wintershande? Ons het die allerbeste raad opgespoor<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Wat is vitiligo?<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit is \u2019n outo-immuuntoestand wat veroorsaak dat gedeeltes van die vel sy kleur verloor en dan wit vlekke veroorsaak. Die kleur van ons vel, hare en o\u00eb kom van \u2019n pigment wat melanien genoem word. Die melanien word deur harde werkers vervaardig, wat as melanosiete bekendstaan. Dit is die selle wat pigment maak en dit kom in die buitenste laag van die vel voor. Mense wat donkerder van gelaat is, het meer melanien in hul vel as mense wat lig is. Vitiligo gebeur wanneer die melanosiete die liggaam se immuunstelsel aanval en vernietig. Dit kan enige plek op die liggaam voorkom, maar dit kom gewoonlik meestal voor op die vel om die o\u00eb, mond, elmbo\u00eb, gewrigte, hande en enkels.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Mense wat vitiligo het, het gewoonlik ook ander immuuntoestande, soos psoriase, alopesie, Addison se siekte, rumato\u00efede artritis, lupus en skildkliersiekte. (In my geval is dit laasgenoemde.)\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Ek dink my vitiligo het tydens die Covid-tydperk vlamgevat. Dit was \u2019n tydperk van ho\u00eb stres vir ons almal. Die tydskrif waar ek jare lank gewerk het, het toegemaak en die mat onder ons almal uitgeruk. Nes soveel ander in die land, het ek boonop ongesonder geleef. Ek het nie eens probeer om te oefen nie en het baie meer ge\u00ebet en gedrink &#8230;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Kon die stres as sneller gedien het? Heel moontlik, as ons die Cleveland-kliniek in Amerika kan glo. Volgens hulle kan die hoeveelheid pigment wat jou melanosietselle vervaardig, verander as jy voortdurende emosionele of liggaamlike stres ervaar.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Ek het ook later mikronaaldbehandelings gehad, wat volgens my dit beslis vererger het. My raad aan lyers is om nie enige behandelings te probeer sonder \u2019n dermatoloog se insette nie.\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-154931 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/pexels-ron-lach-8644137-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>\u2019n Dermatoloog gesels<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b>Dr Suretha Kannenberg<\/b><span style=\"font-weight: 400;\"> is \u2019n dermatoloog van Kaapstad en sy verduidelik dat daar twee verskillende tipes vitiligo is: segmentele en nie-segmentele vitiligo.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cSegmentele vitiligo\u00a0ontwikkel gewoonlik baie vinnig en bly dan s\u00f3. Dit reageer ook sleg op behandeling. Segmenteel s\u00ea vir ons dat die toestand in \u2019n spesifieke dermatoom (deel van die vel wat deur \u2019n enkele senuweewortel voorsien word) voorkom. Daar is baie foto\u2019s aanlyn waar \u2019n mens kan sien hoe hierdie dermatome lyk. Nie-segmentele vitiligo is meer algemeen. Dit kom bilateraal simmetries op die vel voor en dit beteken dat dit links en regs op dieselfde plekke op die liggaam voorkom. Vitiligo is \u2019n toestand wat \u2018koebneriseer\u2019. Dit beteken dat letsels algemeen in omgewings van trauma\/skuring voorkom. Dit sal dan algemeen links en regs simmetries in gedeeltes van friksie en\/of trauma voorkom. Ons kyk ook dan na die graad van aantasting (<\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">vitiligo universalis<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">) of spesifieke beelde soos \u2018confetti\u00a0vitiligo\u2019 wat byvoorbeeld \u2019n spesifieke aantasting is en wat baie aggressief is.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Volgens dr Suretha is mediese kamoefleermiddels een van die belangrikste hulpmiddels vir lyers. \u201cBehandeling neem ongelukkig lank en in daardie tyd kan die regte kamoefleermiddel baie goed vir lewensgehalte werk. Die belangrike beginsels in die behandeling is om eerstens die vernietiging van die melanosiete (selle wat pigment vervaardig) te stop en om dan die herpigmentasie aan te moedig. Produkte soos kortisoonrome of kalsineurin-inhibeerders word gebruik om die vernietiging stop te sit.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cBaie wydverspreide aantasting en aggressiewe vinnige verergerende letsels benodig soms pille of inspuitings. Die volgende stap is dan om die herpigmentasie aan te moedig. Hier is ligterapie baie doeltreffend hoewel dit ongelukkig lank mag duur. As wydverspreide aantasting teenwoordig is, word die hele lyf behandel. Die pasi\u00ebnt sal twee tot drie keer per week \u2019n paar sekondes in \u2019n spesifieke ultravioletmasjien (<\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">narrowband UVB<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">) moet l\u00ea,\u201d verduidelik sy.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dr Suretha verduidelik voorts dat kleiner plekkies gewoonlik so een keer per week vir \u2019n paar sekondes met \u2019n excimer-laserlig behandel word. Daar is ongelukkig nie so baie van hierdie masjiene in die land nie.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cAs\u00a0die vitiligo omvangryk is, kan \u2019n mens soms besluit dat dit beter is om die oorblywende pigmentasie weg te neem. \u2019n Mens moet egter baie mooi hieroor nadink, want die mens se identiteit kan baie nou aan velkleur gekoppel wees. As\u00a0vitiligo vir een tot twee jaar stabiel is, is chirurgiese behandeling \u2019n opsie. Soms word \u2018needling\u2019 gebruik, soms oorplantings van eilandjies van pigment, en soms word eie melanosiete oorgeplant. Die laaste een word net in baie gespesialiseerde sentra gedoen. Mediese tatoe\u00eberings kan ook soms baie verligting bring, maar net as die toestand heeltemal gestabiliseer het.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lys-van-kosse-wat-suur-verminder-en-vermeerder\/\">Lys van kosse wat suur verminder en vermeerder<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Kan vitiligo omgekeer word?\u00a0<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die goeie nuus is dat daar mense is wat al uitstekende resultate gesien het. Dis egter nie altyd \u2019n maklike proses nie, s\u00ea dr Suretha.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cSegmentele en baie aggressiewe vorme is geneig om \u2019n probleem te wees. Daar is sekere gedeeltes van die liggaam wat minder goed op behandeling reageer, soos die lippe, hande en voete en geslagsdele. Liggaamgedeeltes wat nie klein haarwortels het nie (soos die lippe en vingerpunte), reageer slegter, want daar is melanosietstamselle in daardie haarwortels. As die hare wat uit die follikels verskyn wit is (<\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">leukotrichia<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">), is die kanse op herstel ongelukkig skraal in daardie gedeelte. Dele van die liggaam wat bietjie meer son kry, reageer gewoonlik beter. As die\u00a0vitiligo\u00a0reeds lank teenwoordig is, is die kanse ook skraal op herstel.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-154929 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/pexels-ron-lach-8643414-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Hoop vir lyers<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Daar word voortdurend navorsing oor die toestand gedoen en \u2019n spesifieke groep middels (JAK-inhibeerders) het reeds baie goeie resultate begin toon. Dr Suretha vertel daar begin binnekort in Suid-Afrika \u2019n nuwe vitiligostudie in van die groot sentrums in ons land.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cSuid-Afrika het ook \u2019n baie aktiewe vitiligo-vereniging. Dis die Vitiligo Society of SA (VSSA). Loer gerus na hul webwerf. Daar is ook \u2019n Vitiligo Warriors WhatsApp-groep,\u201d s\u00ea sy.\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verkoue-griep-of-iets-erger-so-weet-jy\/\">Verkoue, griep of iets erger? S\u00f3 weet jy<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>10 feite oor vitiligo<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Vitiligo kan so vroeg as babatyd begin of dit kan eers by volwassenes ontstaan. Ongeveer die helfte van mense met vitiligo ontwikkel dit voor die ouderdom van 20.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Vitiligo is kosmeties. Dis nie pynlik nie en ook nie aansteeklik nie.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Dit raak ongeveer 0,5% en 1% van die w\u00eareld se bevolking.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Mense van enige ras of geslag kan die toestand opdoen, maar dis natuurlik meer opsigtelik in mense met donker velle.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Ongeveer 30% van vitiligogevalle is geneties. Dit beteken dat die toestand oorerflik is.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Genetiese mutasies het \u2019n uitwerking op hoe die melanosiete funksioneer. As \u2019n genetiese mutasie die selle teiken wat vir jou vel pigment gee, kan jy vitiligosimptome ervaar.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Dis baie belangrik vir vitiligo-lyers om \u2019n goeie sonskerm te gebruik. Die gedeeltes wat pigment verloor, kan veral sonskade opdoen.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Vitiligolyers kan abnormaliteite in hul o\u00eb se retinas ervaar. Die kleur van hul irisse kan ook verander.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Vitiligolyers se selfbeeld word dikwels geknou. En daar is lyers wat angstigheid en depressie ontwikkel. Daar is egter nog geen spesifieke verband tussen vitiligo en geestestoestande gevind nie. Navorsing hieroor duur egter voort.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Ongelukkig is daar geen spesifieke aanvullings wat \u2019n merkbare verskil aan die toestand kan maak nie, vertel dr Suretha. \u201cDaar is sommige studies wat wys dat antioksidante (soos <\/span><span style=\"font-weight: 400;\">Polypodium leuc<\/span><span style=\"font-weight: 400;\">otomos) kan help en \u2019n gesonde dieet is steeds baie belangrik,\u201d vertel sy.\u00a0<\/span><\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-154930 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/inna-kapturevska_ua-PsQMuZZOSo-unsplash-421x600.jpg\" alt=\"\" width=\"421\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b>Het jy geweet?<\/b><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Mattel het \u2019n Barbie-pop met vitiligovlekke bekend gestel.\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b>Zerelda se raad\u00a0<\/b><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Ek het baie geld gemors op produkte wat aanlyn verkoop word en wat niks gedoen het nie. Moenie iets probeer sonder \u2019n dermatoloog se insette nie. Doen ook navorsing om die regte dermatoloog te vind. As jy iets op jou vel sien wat nie reg lyk nie, gaan sien dadelik iemand. Ek het my probleem hopeloos te lank ge\u00efgnoreer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Bou jou immuunstelsel. Ek het my liggaam jare en jare afgeskeep en leef nou eers gesonder. Ek oefen, drink aanvullings en probeer gesonder eet.\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b>Kontak ons kenner<\/b><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dr Suretha Kannenberg by 066 480 1558 of www.skindoctorcapetown.co.za<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b>Ander bronne<\/b><span style=\"font-weight: 400;\">: my.clevelandclinic.org, www.yalemedicine.org, www.globalvitiligofoundation.org<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/7-tekens-van-lipodeem\/\">7 tekens van lipodeem<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vir mense wat dit het, is vitiligo veel meer as net \u2019n toestand wat vlekke veroorsaak. Baie worstel met selfbeeldkwessies of ernstiger geestesprobleme. Zerelda Esterhuizen deel haar ervaring en vertel ons meer daarvan &nbsp; Dit was Desembertyd by \u2019n vakansieoord [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":154935,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[84641,84716,86364],"class_list":["post-154927","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-gesonde-vel","tag-vitiligo","tag-andre-velts"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vitiligo: \u2019n Velvyand? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Vir mense wat dit het, is vitiligo veel meer as net \u2019n toestand wat vlekke veroorsaak. Baie worstel met selfbeeldkwessies of ernstiger geestesprobleme.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vitiligo: \u2019n Velvyand? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Vir mense wat dit het, is vitiligo veel meer as net \u2019n toestand wat vlekke veroorsaak. Baie worstel met selfbeeldkwessies of ernstiger geestesprobleme.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-06-25T14:07:43+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-06-26T12:40:06+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/pexels-armin-rimoldi-5304810-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"2880\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Vitiligo: \u2019n Velvyand?\",\"datePublished\":\"2025-06-25T14:07:43+00:00\",\"dateModified\":\"2025-06-26T12:40:06+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\\\/\"},\"wordCount\":1611,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/06\\\/pexels-armin-rimoldi-5304810-1.jpg\",\"keywords\":[\"gesonde vel\",\"vitiligo\",\"andre velts\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\\\/\",\"name\":\"Vitiligo: \u2019n Velvyand? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/06\\\/pexels-armin-rimoldi-5304810-1.jpg\",\"datePublished\":\"2025-06-25T14:07:43+00:00\",\"dateModified\":\"2025-06-26T12:40:06+00:00\",\"description\":\"Vir mense wat dit het, is vitiligo veel meer as net \u2019n toestand wat vlekke veroorsaak. Baie worstel met selfbeeldkwessies of ernstiger geestesprobleme.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/06\\\/pexels-armin-rimoldi-5304810-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/06\\\/pexels-armin-rimoldi-5304810-1.jpg\",\"width\":1920,\"height\":2880},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vitiligo: \u2019n Velvyand?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vitiligo: \u2019n Velvyand? | rooi rose","description":"Vir mense wat dit het, is vitiligo veel meer as net \u2019n toestand wat vlekke veroorsaak. Baie worstel met selfbeeldkwessies of ernstiger geestesprobleme.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vitiligo: \u2019n Velvyand? | rooi rose","og_description":"Vir mense wat dit het, is vitiligo veel meer as net \u2019n toestand wat vlekke veroorsaak. Baie worstel met selfbeeldkwessies of ernstiger geestesprobleme.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-06-25T14:07:43+00:00","article_modified_time":"2025-06-26T12:40:06+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":2880,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/pexels-armin-rimoldi-5304810-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Vitiligo: \u2019n Velvyand?","datePublished":"2025-06-25T14:07:43+00:00","dateModified":"2025-06-26T12:40:06+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\/"},"wordCount":1611,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/pexels-armin-rimoldi-5304810-1.jpg","keywords":["gesonde vel","vitiligo","andre velts"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\/","name":"Vitiligo: \u2019n Velvyand? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/pexels-armin-rimoldi-5304810-1.jpg","datePublished":"2025-06-25T14:07:43+00:00","dateModified":"2025-06-26T12:40:06+00:00","description":"Vir mense wat dit het, is vitiligo veel meer as net \u2019n toestand wat vlekke veroorsaak. Baie worstel met selfbeeldkwessies of ernstiger geestesprobleme.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/pexels-armin-rimoldi-5304810-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/pexels-armin-rimoldi-5304810-1.jpg","width":1920,"height":2880},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wereldvitiligodag-is-vitiligo-n-velvyand\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vitiligo: \u2019n Velvyand?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/154927","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=154927"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/154927\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":154985,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/154927\/revisions\/154985"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/154935"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=154927"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=154927"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=154927"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}