{"id":153645,"date":"2025-06-10T10:10:12","date_gmt":"2025-06-10T08:10:12","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=153645"},"modified":"2025-06-10T10:10:12","modified_gmt":"2025-06-10T08:10:12","slug":"ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\/","title":{"rendered":"Ontklotter jou lewe: Waar om te begin"},"content":{"rendered":"<p><em><span style=\"font-weight: 400;\">Deur Ilette Coetzer<\/span><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Natani\u00ebl het ges\u00ea: Lewe eenvoudig. Hoe minder goeters jy het, hoe minder <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">worries<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> het jy \u2026 en hoe lekkerder slaap jy!\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Iemand wat saam met hom stem, is <\/span><b>Becca Ehrlich<\/b><span style=\"font-weight: 400;\">. Sy is \u2019n pastoorsvrou met drie meestersgrade en \u2019n doktorsgraad in teologie. Sy het verlede jaar as deel van \u2019n eksperiment, dieselfde rok vir 100 dae gedra. Elke dag \u2026 Die doel hiervan was om aan haarself te bewys dat \u2019n mens baie minder nodig het as wat jy dink. Baie van ons het tydens die Covid-pandemie tot dieselfde slotsom gekom.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Becca s\u00ea een van die belangrikste lesse wat sy geleer het, was dat ons baie minder \u201cdinge\u201d nodig het. Sy het in die drie maande gekyk wat werk vir haar en wat nie. Sy het ook besef dat gehalte belangrik is, en dit geld nie net vir jou klerekas nie, maar ook vir die res van jou huis. Deur jou lewe te vereenvoudig, is daar skielik meer plek vir dit wat regtig saak maak. Sy het ervaar dat sy byvoorbeeld meer tyd en energie gehad het om aan haar gesin en beroep te bestee.\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-153651 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/pexels-karolina-grabowska-6660254-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Wat is fout met wanorde of klotter?<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Nie almal word dieselfde deur wanorde geraak nie. <\/span><b>Irene Haasbroek<\/b><span style=\"font-weight: 400;\">, \u2019n multidissiplin\u00eare praktisyn van Kimberley, s\u00ea dis belangrik om werklik aandag te gee aan hoe jy in jou huis voel. \u201cAs jou omgewing jou gespanne maak, moet jy dalk oorweeg om van sekere goed in jou huis ontslae te raak.\u201d Irene s\u00ea wanorde het nie altyd \u2019n ooglopende impak op jou lewe nie, maar kan soms wel \u2019n negatiewe uitwerking op jou geestelike welstand h\u00ea en lei tot:<\/span><\/p>\n<ul>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Verhoogde stresvlakke.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Verlies aan fokus.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Die gewoonte om goed uit te stel.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Probleme met verhoudings.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Impulsiwiteit.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Laer lewensgehalte.<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Waarom lyk my huis so?<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Sommige mense sal \u2019n deurmekaar of oorvol huis sommer aan luiheid toeskryf, maar Irene s\u00ea daar is meestal \u2019n onderliggende rede vir klotter wat mense keer om op te ruim.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die chaos is oorweldigend. Irene s\u00ea dis fisiek en geestelik uitputtend om klotter in jou huis te beperk, en dikwels baie makliker om alles net dieselfde te hou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die spesifieke besitting herinner jou aan iets belangrik. Dink byvoorbeeld aan daardie broek in jou kas wat nie meer pas nie, maar tog hou jy dit vir eendag.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Sentimentele waarde. Sommige goed is maar net moeilik om van ontslae te raak, veral iets wat jy by iemand ge\u00ebrf of gekry het. Of jy dit gebruik of nie, en of jy nou daarvan hou of nie.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Besittings, of dit nou gebruik word of nie, kan ook \u2019n gevoel van<\/span> <span style=\"font-weight: 400;\">sekuriteit en veiligheid gee, en dit maak dit moeilik om uit te gooi.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Waar begin ek?<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Leo Babauta het ges\u00ea: Identifiseer die noodsaaklike en elimineer die res.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Begin klein. Dit is nie vir almal ewe maklik om iets uit jou huis weg te gee nie. <strong>Hier is \u2019n paar praktiese voorbeelde:<\/strong><\/span><\/p>\n<ul>\n<li style=\"list-style-type: none;\">\n<ul>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Klere wat nie meer pas nie.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Ongemaklike skoene.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Vaar in jou koskaste in. Kyk na vervaldatums van souse en blikkieskos. Raak van speserye wat jy nie meer gebruik nie ontslae. Jy sal verbaas wees om te sien hoeveel blikkieskos in jou koskas nie meer eetbaar is nie.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Ekstras. Jy het dalk vier eierspane en 15 houtlepels.\u00a0\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Koffiebekers wat getjip is, of di\u00e9 wat glad nie meer by enige ander stel pas nie.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Gebreekte goedere. Gooi weg! \u2019n Plastieksnyplank wat meer as sy deel gedoen het, hoort nie meer in jou kombuis nie!<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Snuisterye wat nie meer regtig betekenis het nie.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Korporatiewe geskenke wat jy oor die jare bymekaar gemaak het.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Elkeen van ons het so \u2019n laai. Alles wat nie dadelik \u2019n plek kry nie, word d\u00e1\u00e1rin geprop. Het jy dit regtig nog nodig?\u00a0<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Kyk krities na jou boekrak. Ouetehuise sal enige leesstof verwelkom.\u00a0<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-153648 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/pexels-ron-lach-9853312-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Skep nuwe gewoontes<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die moeilikste stap in die proses is gewoonlik die eerste tree. En om jou leefstyl werklik te vereenvoudig moet jy nuwe gewoontes skep. Rommel het \u2019n manier om jou stadig te bekruip, en binne \u2019n oogwink, verval jy weer in ou gewoontes. Begin om jou denke oor skoon ruimtes te verander.<\/span><\/p>\n<ul>\n<li><b>Was skottelgoed n\u00e1 etes<\/b><\/li>\n<\/ul>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u2019n Mens is nie altyd lus om n\u00e1 \u2019n heerlike ete op te ruim nie, maar dit neem baie minder tyd om borde, messe en vurke n\u00e1 ete te was, as die volgende dag wanneer dit oornag in die wasbak gestaan het. Dis ook nie lekker om \u2019n nuwe dag met \u2019nl wasbak vol vuil vetterige skottelgoed te begin nie.<\/span><\/p>\n<ul>\n<li><b>Maak elke dag jou bed op nadat jy opgestaan het<\/b><\/li>\n<\/ul>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Wanorde het \u2019n manier om nog chaos te lok. Sodra jou bed netjies is, lyk jou kamer 70% persent aan die kant. Jy sal ook minder geneig wees om klere op die grond te los as jou bed netjies opgemaak is.\u00a0<\/span><\/p>\n<ul>\n<li><b>Begin met jou kombuis se oppervlakte<\/b><\/li>\n<\/ul>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die kombuis is in meeste huise \u2019n pakplek vir als en nog wat. Sodra dit aanvaarbaar is om goed daar te los, word meer goed opgestapel. Orde skep \u2019n kalm gemoed wat na die res van die huis oorspoel.<\/span><\/p>\n<ul>\n<li><b>B\u00eare saans huisware wat rondl\u00ea<\/b><\/li>\n<\/ul>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Wanneer jy minder besit, is dit makliker om jou huis aan die kant te hou. Wees krities en kyk of jy alles in jou kaste nodig het. Hoeveel van ons het wit olifante wat rondstaan en nie werklik iets vir jou beteken nie?<\/span><\/p>\n<ul>\n<li><b>Probeer om take wat een of twee minute neem, dadelik af te handel<\/b><\/li>\n<\/ul>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Klotter is dikwels die gevolg van sloerdery. Soms is \u2019n mens net nie lus om \u2019n besluit te neem nie, en van uitstel kom afstel. Selfs klein takies word net te veel om klaar te maak. Probeer om dit wat minder as twee minute neem, af te handel en dadelik te doen. Tel die handdoeke op, spoel gou daardie teekoppie uit, gooi die asblikke uit. Dit is eintlik maar net \u2019n gewoonte wat aangeleer moet word.\u00a0<\/span><\/p>\n<ul>\n<li><b>Beperk ruimtes wat oorvol is<\/b><\/li>\n<\/ul>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit gebeur in amper al die kamers. Daar is \u2019n kas of rak wat volgeprop word. Of dit nou jou rak vir plastiekware of die medisynekassie is. Linnekaste kan ook tot barstens toe gepak word. Wanneer laas het jy van daardie handdoeke gebruik? Het van die medikasie nog nie verval nie?\u00a0<\/span><\/p>\n<ul>\n<li><b>Kry \u2019n plek vir elke ding<\/b><\/li>\n<\/ul>\n<p><b>\u2019<\/b><span style=\"font-weight: 400;\">n Plek vir alles en alles op sy plek. Dit klink amper soos \u2019n clich\u00e9, maar dit is een van die basiese re\u00ebls vir \u2019n huis sonder klotter. Daar is deesdae soveel spesialiteitswinkels met houers in elke grootte beskikbaar. Probeer ook om besittings weg te b\u00eare daar waar hulle gebruik word. As dit te gekompliseerd raak, gaan jy minder gemotiveerd wees om goed wat rondl\u00ea onmiddellik weg te pak. En terwyl jy dit doen, dink of jy dit nog werklik gebruik. Dit help nie dat jou kaste oorvol wonderlike <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">gadgets<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> is wat nooit gebruik word nie. Het jy byvoorbeeld steeds \u2019n wafelmasjien agter in jou kas wat die afgelope tien jaar nooit gebruik is nie? Moet jy dit regtig steeds b\u00eare? Dieselfde geld vir kombuistoestelle, soos \u2019n menger. Hoe gereeld bak jy koek? Moet die menger regtig bo-op die toonbank staan en stof vergaar? Sorteer tussen dit wat jy gereeld, selde of nooit meer gebruik nie.\u00a0<\/span><\/p>\n<ul>\n<li><b>Minder papier<\/b><\/li>\n<\/ul>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Begin in die gewoonte kom om belangrike dokumente te skandeer. L\u00eaers met munisipale rekeninge of ander dokumente neem baie plek op om te stoor. Dieselfde geld vir ou foto\u2019s. Maak \u2019n plan met di\u00e9 wat jy wil behou, en raak ontslae van duplikate en foto\u2019s waarvan die gehalte swak is. Kyk ook weer deur jou kontakte en mense wat jy op sosiale media volg. Jy sal verbaas wees hoeveel mense nie meer in jou lewe is nie!<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-153650 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/pexels-cup-of-couple-6632867-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Dis \u2019n aanhoudende proses<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Selfs die mees georganiseerde huis het die vermo\u00eb om rommel op te gaar. Maak gereeld tyd om ontslae te raak van dinge wat jy nie meer gebruik of nodig het nie.<\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">\u00a0<\/span><\/i><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Die lewe gaan oor meer as dit wat jy het<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Mense word konstant deur advertensies gebombardeer wat jou laat glo dat jy nie sonder die jongste lipstiffie, parfuum of motor kan leef nie. Dit gaan jou lewe op soveel vlakke verbeter! Maar dit is al oor en oor bewys dat \u201cdinge\u201d mense nie gelukkig maak nie, maar tyd wat jy met ander bestee, wel.\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Oor klotter<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em><span style=\"font-weight: 400;\">Moenie plek vir meer goeters maak nie. Maak plek vir meer lewe \u2013 Courtney Carver<\/span><\/em><\/p>\n<p><em><span style=\"font-weight: 400;\">Wanneer jy omring deur klotter leef, is dit onmoontlik om duidelikheid te h\u00ea oor wat jy in die lewe doen. \u2013 Karen Kingston\u00a0<\/span><\/em><\/p>\n<p><em><span style=\"font-weight: 400;\">Jy sal nooit jou lewe verander tot jy nie iets verander wat jy elke dag doen nie. Die geheim tot sukses word in jou daaglikse roetine gevind. \u2013 John C. Maxwell<\/span><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/10-wenke-wat-jou-kan-help-om-nou-te-leef\/\">Ja, jy kan &#8216;n gelukkiger lewe lei. Hier&#8217;s hoe<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Ilette Coetzer &nbsp; Natani\u00ebl het ges\u00ea: Lewe eenvoudig. Hoe minder goeters jy het, hoe minder worries het jy \u2026 en hoe lekkerder slaap jy!\u00a0 Iemand wat saam met hom stem, is Becca Ehrlich. Sy is \u2019n pastoorsvrou met drie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":153647,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,662],"tags":[827,1860,63318,77692,84735],"class_list":["post-153645","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-jou-lewe","tag-huis","tag-organiseer","tag-pak-weg","tag-ontklotter","tag-regpak"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ontklotter jou lewe: Waar om te begin | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Wat het van jou planne geword om jou huis in orde te kry? Begin vandag en omskep jou huis in \u2019n tuiste waar jy jou batterye kan herlaai.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ontklotter jou lewe: Waar om te begin | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Wat het van jou planne geword om jou huis in orde te kry? Begin vandag en omskep jou huis in \u2019n tuiste waar jy jou batterye kan herlaai.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-06-10T08:10:12+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/pexels-anastasia-shuraeva-8084473-e1749542900550.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"2414\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Ontklotter jou lewe: Waar om te begin\",\"datePublished\":\"2025-06-10T08:10:12+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\\\/\"},\"wordCount\":1487,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/06\\\/pexels-anastasia-shuraeva-8084473-e1749542900550.jpg\",\"keywords\":[\"Huis\",\"organiseer\",\"pak weg\",\"ontklotter\",\"Regpak\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\\\/\",\"name\":\"Ontklotter jou lewe: Waar om te begin | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/06\\\/pexels-anastasia-shuraeva-8084473-e1749542900550.jpg\",\"datePublished\":\"2025-06-10T08:10:12+00:00\",\"description\":\"Wat het van jou planne geword om jou huis in orde te kry? Begin vandag en omskep jou huis in \u2019n tuiste waar jy jou batterye kan herlaai.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/06\\\/pexels-anastasia-shuraeva-8084473-e1749542900550.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/06\\\/pexels-anastasia-shuraeva-8084473-e1749542900550.jpg\",\"width\":1920,\"height\":2414},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ontklotter jou lewe: Waar om te begin\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ontklotter jou lewe: Waar om te begin | rooi rose","description":"Wat het van jou planne geword om jou huis in orde te kry? Begin vandag en omskep jou huis in \u2019n tuiste waar jy jou batterye kan herlaai.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ontklotter jou lewe: Waar om te begin | rooi rose","og_description":"Wat het van jou planne geword om jou huis in orde te kry? Begin vandag en omskep jou huis in \u2019n tuiste waar jy jou batterye kan herlaai.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-06-10T08:10:12+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":2414,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/pexels-anastasia-shuraeva-8084473-e1749542900550.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Ontklotter jou lewe: Waar om te begin","datePublished":"2025-06-10T08:10:12+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\/"},"wordCount":1487,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/pexels-anastasia-shuraeva-8084473-e1749542900550.jpg","keywords":["Huis","organiseer","pak weg","ontklotter","Regpak"],"articleSection":["Persoonlike groei","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\/","name":"Ontklotter jou lewe: Waar om te begin | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/pexels-anastasia-shuraeva-8084473-e1749542900550.jpg","datePublished":"2025-06-10T08:10:12+00:00","description":"Wat het van jou planne geword om jou huis in orde te kry? Begin vandag en omskep jou huis in \u2019n tuiste waar jy jou batterye kan herlaai.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/pexels-anastasia-shuraeva-8084473-e1749542900550.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/pexels-anastasia-shuraeva-8084473-e1749542900550.jpg","width":1920,"height":2414},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ontklotter jou lewe: Waar om te begin"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/153645","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=153645"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/153645\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":153652,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/153645\/revisions\/153652"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/153647"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=153645"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=153645"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=153645"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}