{"id":153174,"date":"2025-05-22T10:50:59","date_gmt":"2025-05-22T08:50:59","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=153174"},"modified":"2025-05-22T10:50:59","modified_gmt":"2025-05-22T08:50:59","slug":"n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\/","title":{"rendered":"\u2019n Diamant wat ander laat skyn: Ons laaste onderhoud met Jenna Clifford"},"content":{"rendered":"<p><em><span style=\"font-weight: 400;\">Deur Rentia Mynhardt<\/span><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u2019n Verklaring deur haar drie dogters, Shayna, Chanelle en Summer, lui dat Clifford vroe\u00ebr vanjaar met kanker gediagnoseer is. &#8220;Sy het behandeling met onwrikbare moed, grasie, waardigheid, krag en eindelose dankbaarheid aangepak,&#8221; skryf hulle. \u201cOngelukkig was die siekte reeds te ver gevorderd, en ons het geweet ons tyd saam met haar sou beperk wees.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Hier&#8217;s rooi rose se laaste onderhoud met die <\/strong><span style=\"font-weight: 400;\"><strong>legendariese Jenna Clifford<\/strong>\u00a0<\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Wanneer jy aan die legendariese <strong>Jenna Clifford<\/strong> dink, dink jy aan blink juwele en edelstene, klassieke styl en statigheid. Sy is egter \u2019n 65-jarige internasionaal bekende sakevrou wat al met die ware \u00e9n nagemaakte edelgesteentes van die lewe te doen gekry het.<\/span><\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/juwelierslegende-jenna-clifford-oorlede\/\">Juwelierslegende Jenna Clifford oorlede<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Loop jy haar tuin binne, kom l\u00ea vrede soos \u2019n moskombers oor jou terwyl die klanke van \u2019n waterval en kwetterende vo\u00ebls rondom jou weerklink. Haar kantoor verklap weer \u2019n ander tipe vrede. Hier glo die vrou agter die lessenaar met 44 jaar se ondervinding in die juweliersbedryf in haarself en weet sy presies wat die gehalte van die produkte is, wat sy die w\u00eareld instuur. Teen die een muur lees jy: \u201cNiks is toevallig nie; alles is \u2019n les vir my om te leer<\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">\u201d<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">, en teen die ander \u201cMy intu\u00efsie is kragtig; ek moet daarna luister<\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">\u201d<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Jenna Clifford mag wel \u2019n passie vir juwele h\u00ea, maar haar liefde vir mense is ewe groot. Sy het \u2019n dryf in haar om mense se oogklappe oor hulself te laat afval sodat hulle die edelgesteentes wat binne hulleself weggesteek is, kan raaksien. Sy glo aan geslagsgelykheid, opheffing en opleiding vir almal sodat elke mens d\u03aft kan word wat hy of sy bestem was om te wees.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_153179\" style=\"width: 410px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-153179\" class=\"wp-image-153179 size-medium\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Jenna-CLifford-055-1-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-153179\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Christoph Hoffman<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hoewel sy een van Suid-Afrika se legendes in uitvoerprodukte is, was haar eie paadjie nie altyd met diamante besaai nie. Jenna se pa was ten volle disleksies en kon nie lees of skryf nie. Sy pa het hom as kind baie hardhandig hanteer, en die feit dat hy gedurig uit die skool geskors is, omdat disleksiese kinders as stout en lui beskou is, het die houe selfs n\u00f3g meer laat neerre\u00ebn. Hierdie manier van grootword, het diep letsels gelaat, wat van Jenna se pa \u0149 baie aggressiewe man gemaak het. Op haar beurt moes Jenna se ma hierdie aggressie keer op keer ontgeld, baie keer ten aanskoue van klein Jenna.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">As vyfjarige dogtertjie moes sy alleen met die bus van die skool af huis toe ry en het die lewe haar van kleins af gedwing om vir haarself op te staan. Sy het op ses met swemafrigting begin, saam met \u2019n groep ouer, welaf Joodse kinders wat haar die \u201cChristelike vark\u201d genoem het. Sy is gedurig afgeknou en haar neus is twee keer in die swembad gebreek. \u201cAl hierdie dinge het my net sterker gemaak. My oupa Egbert het my gedurig gemotiveer en geestelik opgebou. Hy was ook die een wat my geleer het dat twee \u2018verkeerdes\u2019 nie een \u2018reg\u2019 maak nie.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hierdie selfde oupa het die kunstalent in Jenna raakgesien en hy het vir haar sketsboeke, penne en kwaste gekoop. Aangesien sy self ook aan disleksie ly en onderwysers haar, nes haar pa, as dom beskou het, het sy haar gereeld na haar sketsboeke as uitlaatklep gewend. Sy wou in standerd agt die skool verlaat, maar met haar oupa se aansporing het sy deurgedruk.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Tog gebruik sy nie haar grootwordjare, oftewel die \u201cuniversiteit van harde klappe\u201d soos sy daarna verwys, as verskoning nie, maar eerder as die dryfkrag om op te staan vir dit wat reg is. Jenna het in haar laat jare dertig vrede met haar verlede gemaak, omdat sy in haar soeke om te probeer verstaan, besef het dat omstandighede jou soms \u2019n mens kan maak wat jy nie wil wees nie. Dit is ook sedert hierdie tyd dat sy \u2019n vurige aktivis vir vroueregte geword het. \u201cHoewel mans en vroue totaal van mekaar verskil, moet hulle steeds as gelykes behandel word.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_153162\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-153162\" class=\"wp-image-153162 size-medium\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Jenna-CLifford-022-e1747835616588-500x355.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"355\" \/><p id=\"caption-attachment-153162\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Christoph Hoffman<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die entrepreneur in Jenna het vroeg-vroeg na vore gekom toe sy al op 13 jaar swemlesse begin gee het. Sy het later haar kli\u00ebnte \u2019n geldterugwaarborg gegee as hulle nie binne \u2019n maand kon swem nie. Nodeloos om te s\u00ea, het sy nooit nodig gehad om iemand se geld terug te gee nie! Met hierdie geld het sy net n\u00e1 skool nege maande na Europa en die VSA gegaan waar sy swemlesse tydens somerkampe aangebied het en s\u00f3 gratis verblyf, kos en vervoer gekry het.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Terug in SA het sy as 19-jarige voltyds swem afgerig, maar dit was die jaar daarna wat haar pad met die juweliersbedryf gekruis het. Sy het\u00a0 terselfdertyd deeltyds as grimeerkunstenaar vir Est\u00e9e Lauder gewerk. As \u2019n algemene werker in \u2019n juweliersfabriek het sy telefone beantwoord, koffie gemaak, sekuriteit hanteer en ook die verskillende borde waarmee goudsmede gewerk het volgens karaat sorteer. Terwyl sy alles van \u2019n afstand af dopgehou het, het die ho\u00eb temperature waarteen goud gesmelt word ook die vlam binne h\u00e1\u00e1r vir hierdie bedryf aangesteek. Sy het later met gietwerk begin help en die werk gedoen wat vir goudsmede vervelig was. S\u00f3 het sy elke stukkie van die juweliersbedryf een vir een begin baasraak. In daardie jare was daar nog geen vroue in Suid-Afrika wat self juwele gemaak het nie, maar eie aan haar \u201cek-kan-ek-wil-persoonlikheid\u201d het hierdie hindernisse haar eerder gemotiveer om alles van die bedryf te leer totdat sy uiteindelik in 1992 die Jenna Clifford-handelsmerk die lig kon laat sien. \u201cEk het geweet ek wil nie l\u00e1ngs die speelveld staan nie, maar ek het geweet as ek juwele van uitstaande gehalte wil maak, ek eers al die tegniese aspekte sou moes leer. Juwele moet mooi wees, maar dit sal ook vir ewig \u2019n bate wees mits dit reg gemaak word.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Haar heel eerste ontwerp in 1981 was \u2019n klein paar oorbelle van geelgoud, diamante en granaatsteen. As sy \u2019n gunstelingsteen moet kies, kies sy sonder om te huiwer \u2019n saffier met diamante. Een van haar ontwerpe wat oor die jare vir haar uitstaan, is \u2019n ring met \u2019n diamant en saffiere wat sy die \u201cFair Lady\u201d genoem het. Dit was ook die ring wat mense vir die eerste keer van die Jenna Clifford-handelsmerk bewus gemaak het.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Jenna se juwele is al deur verskeie bekendes w\u00eareldwyd gedra, soos wyle Nelson Mandela, die Williams-susters, Celine Dion, Die Drie Tenore en verskeie koninginne. Sy het ook op versoek tydens \u2019n Statebondspele wat in Suid-Afrika aangebied is, lapelwapens vir 62 staatshoofde gemaak, waarvan koningin Elizabeth II deel was. Verder het sy ook al vele sporttrofe\u00eb gemaak, waaronder die Drie Nasies- rugbytrofee en die Nelson Mandela Invitational-gholftrofee.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hoewel haar produkte in vele lande huise vind, l\u00ea Jenna se wortels in Suid-Afrika. \u201cEk reis al vir die laaste 22 jaar nie meer na ander lande nie. Jou eie land is die beste plek om in te reis. Suid-Afrika het sy eie mense nodig.\u201d<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_153161\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-153161\" class=\"size-medium wp-image-153161\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Jenna-Clifford-photographed-by-David-Dodds-500x553.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"553\" \/><p id=\"caption-attachment-153161\" class=\"wp-caption-text\">Foto: David Dodds<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Behalwe vir juweliersware, skep Jenna ook graag allerhande disse in die kombuis en is sy \u2019n voorslag-gasvrou wat baie graag onthaal. Haar eetgereireekse is in 2021 as uitvloeisel hiervan bekendgestel. Met hierdie reekse kan haar liefde vir rose en detail gesien word, en was haar ma, \u2019n demensielyer na wie Jenna tot haar dood omgesien het, die inspirasie vir die <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Wavy Rose<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">-reeks. Met hierdie toevoeging tot die Jenna Clifford-produkreeks bied sy die geleentheid aan uitgesoekte vroue om agente van haar eetgereiprodukte te wees en hulself op s\u00f3 \u2019n manier te bemagtig en finansieel onafhanklik te maak. \u201cEk glo nie daaraan dat \u2019n vrou kaalvoet en swanger moet wees nie!\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Van aftrede is daar nog nie sprake nie, en wil sy steeds \u2019n impak maak: \u201cEk wil graag op my ouderdom en met die kennis wat ek oor die jare bymekaar gemaak het, alle Suid-Afrikaners aanmoedig om die plek waar ons strategies op aarde geplaas is te waardeer, hard te werk, ons hulpbronne te beskerm en lief te h\u00ea.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Jenna vul steeds die rol as uitvoerende hoof van die maatskappy, waar twee van haar dogters ook aktief by die onderneming betrokke is. \u201cEk glo in families, al het ek self in \u2019n gebroke een grootgeword. Boonop is ek \u2019n trotse ouma van twee. Dis my dogter, wat in Engeland woon, se kinders.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Vra jy haar of haar dogters hul kreatiwiteit van hul ma gekry het, antwoord sy:\u00a0 \u201cEk dink nie ons as mense het veel daarmee te doen nie; kreatiwiteit is iets wat uit die hemel kom.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Haar raad aan entrepreneurs is eenvoudig: As jy iets doen, doen dit reg, of los dit liewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die goue draad van Jenna Clifford se nalatenskap vleg nie net deur die unieke en pasgemaakte produkte wat sy al oor die jare vervaardig nie, maar ook deur haar mentorskap aan jonger mense wie sy graag leer om hul lewensgereedskapskissie met soveel moontlik kennis en ervaring vol te pak. Sy skyn waarlik soos \u2019n diamant, maar skyn selfs helderder wanneer sy ander \u00f3\u00f3k kan laat skyn.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em><strong>Hierdie artikel het oorspronklik in rooi rose se Desember-uitgawe van 2023 verskyn.<\/strong><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/totsien-niggies-hier-kom-die-nuusmakers-wies-wie\/\">Totsiens <em>Niggies<\/em>, hier kom <em>Die nuusmakers<\/em>: Wie&#8217;s wie?<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Rentia Mynhardt &nbsp; \u2019n Verklaring deur haar drie dogters, Shayna, Chanelle en Summer, lui dat Clifford vroe\u00ebr vanjaar met kanker gediagnoseer is. &#8220;Sy het behandeling met onwrikbare moed, grasie, waardigheid, krag en eindelose dankbaarheid aangepak,&#8221; skryf hulle. \u201cOngelukkig was [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":153177,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[1039,1533,86192],"class_list":["post-153174","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-juwelier","tag-jenna-clifford","tag-oorlede"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>\u2019n Diamant wat ander laat skyn: Ons laaste onderhoud met Jenna Clifford | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die bekende Suid-Afrikaanse juwelier, Jenna Clifford, is 20 Mei in die teenwoordigheid van haar familie oorlede. Sy was 65 jaar oud.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"\u2019n Diamant wat ander laat skyn: Ons laaste onderhoud met Jenna Clifford | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die bekende Suid-Afrikaanse juwelier, Jenna Clifford, is 20 Mei in die teenwoordigheid van haar familie oorlede. Sy was 65 jaar oud.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-05-22T08:50:59+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/rsz_jenna_clifford_030_final_cmyk.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1021\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1024\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"\u2019n Diamant wat ander laat skyn: Ons laaste onderhoud met Jenna Clifford\",\"datePublished\":\"2025-05-22T08:50:59+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\\\/\"},\"wordCount\":1561,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/05\\\/rsz_jenna_clifford_030_final_cmyk.jpg\",\"keywords\":[\"juwelier\",\"jenna clifford\",\"oorlede\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\\\/\",\"name\":\"\u2019n Diamant wat ander laat skyn: Ons laaste onderhoud met Jenna Clifford | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/05\\\/rsz_jenna_clifford_030_final_cmyk.jpg\",\"datePublished\":\"2025-05-22T08:50:59+00:00\",\"description\":\"Die bekende Suid-Afrikaanse juwelier, Jenna Clifford, is 20 Mei in die teenwoordigheid van haar familie oorlede. Sy was 65 jaar oud.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/05\\\/rsz_jenna_clifford_030_final_cmyk.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/05\\\/rsz_jenna_clifford_030_final_cmyk.jpg\",\"width\":1021,\"height\":1024},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"\u2019n Diamant wat ander laat skyn: Ons laaste onderhoud met Jenna Clifford\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"\u2019n Diamant wat ander laat skyn: Ons laaste onderhoud met Jenna Clifford | rooi rose","description":"Die bekende Suid-Afrikaanse juwelier, Jenna Clifford, is 20 Mei in die teenwoordigheid van haar familie oorlede. Sy was 65 jaar oud.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"\u2019n Diamant wat ander laat skyn: Ons laaste onderhoud met Jenna Clifford | rooi rose","og_description":"Die bekende Suid-Afrikaanse juwelier, Jenna Clifford, is 20 Mei in die teenwoordigheid van haar familie oorlede. Sy was 65 jaar oud.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-05-22T08:50:59+00:00","og_image":[{"width":1021,"height":1024,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/rsz_jenna_clifford_030_final_cmyk.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"\u2019n Diamant wat ander laat skyn: Ons laaste onderhoud met Jenna Clifford","datePublished":"2025-05-22T08:50:59+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\/"},"wordCount":1561,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/rsz_jenna_clifford_030_final_cmyk.jpg","keywords":["juwelier","jenna clifford","oorlede"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\/","name":"\u2019n Diamant wat ander laat skyn: Ons laaste onderhoud met Jenna Clifford | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/rsz_jenna_clifford_030_final_cmyk.jpg","datePublished":"2025-05-22T08:50:59+00:00","description":"Die bekende Suid-Afrikaanse juwelier, Jenna Clifford, is 20 Mei in die teenwoordigheid van haar familie oorlede. Sy was 65 jaar oud.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/rsz_jenna_clifford_030_final_cmyk.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/rsz_jenna_clifford_030_final_cmyk.jpg","width":1021,"height":1024},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-diamant-wat-ander-laat-skyn-ons-laaste-onderhoud-met-jenna-clifford\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"\u2019n Diamant wat ander laat skyn: Ons laaste onderhoud met Jenna Clifford"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/153174","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=153174"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/153174\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/153177"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=153174"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=153174"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=153174"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}