{"id":153057,"date":"2025-05-15T20:57:07","date_gmt":"2025-05-15T18:57:07","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=153057"},"modified":"2025-05-15T21:09:26","modified_gmt":"2025-05-15T19:09:26","slug":"skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\/","title":{"rendered":"Skokonthulling in &#8216;Die Brug&#8217;: \u2019n Tweede huis en nog spelers!"},"content":{"rendered":"<p><strong><i>Die brug<\/i><\/strong><span data-contrast=\"auto\">\u202fhet kykers in die tweede episode lelik onkant betrap met \u2019n wending wat alles verander het: \u2019n Versteekte tweede huis \u2013\u202f<\/span><i><span data-contrast=\"auto\">Noordhuis<\/span><\/i><span data-contrast=\"auto\">\u202f\u2013 is onthul, en twee spelers moes daarna in dramatiese oomblikke van span verwissel.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Nadat episode een almal verras het met die aankoms van \u2019n geheimsinnige \u201cvreemdeling\u201d by\u202f<\/span><i><span data-contrast=\"auto\">Suidhuis<\/span><\/i><span data-contrast=\"auto\">, het aanhangers van die reeks gespekuleer oor sy identiteit. Episode twee het dinge duidelik gemaak: Hirome was nie net \u2019n gas nie, maar \u2019n volwaardige speler van\u202f<\/span><i><span data-contrast=\"auto\">Noordhuis<\/span><\/i><span data-contrast=\"auto\">, wat deur sy oorspronklike span uitgestem is. Sy onverwagse verskyning in\u202f<\/span><i><span data-contrast=\"auto\">Suidhuis<\/span><\/i><span data-contrast=\"auto\">\u202fhet \u2019n formaatverskuiwing ingelui wat die hele spel se dinamiek verander het.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hiers-die-spelers-van-die-brug-se-nuwe-seisoen-en-die-spanning-loop-reeds-hoog\/\">Hier&#8217;s die spelers van <em>Die Brug<\/em> se nuwe\u202fseisoen \u2013 en die spanning loop reeds hoog!<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><b><span data-contrast=\"auto\">Ontmoet die man agter die geheim:<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><b><span data-contrast=\"auto\">Hirome Shigeaki (27) \u2013 Arbeidsterapeut van Worcester, Wes-Kaap<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-153061 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Hirome-Portrait-483x600.jpg\" alt=\"\" width=\"483\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Hirome is lief vir die natuur en leef na aan sy geloof. Sy biologiese pa is Japannees en sy ma \u2019n bruin vrou. Toe hy vyf jaar oud was, is sy ma oorlede, en sy pa se nuwe vrou wou nie \u2019n ander vrou se kind grootmaak nie. Hy het in die pleegsorgstelsel beland totdat sy Engels-onderwyseres en haar man hom in graad 10\u00a0 aangeneem het, \u2019n oomblik wat sy lewe onherroeplik verander het en hom weer hoop gegee het. Hirome het al meer deurgemaak as wat die meeste mense ooit sal verstaan. As kind is hy herhaaldelik verwerp, en dit het hom \u2019n konstante diep hunkering na liefde, stabiliteit en versorging gegee. Hy ken trauma intiem en het mishandeling en verwerping eerstehands ervaar. N\u00e1 soveel terugslae het dit hom sinies gemaak, maar tog hou hy vas aan \u2019n eenvoudige, kragtige waarheid: jou verlede bepaal nie jou toekoms nie. Hy glo jou omstandighede maak jou nie wie jy is nie, maar jou keuses.\u202fDeesdae gee Hirome met oorgawe terug aan ander, maar daar is tye wat hy steeds met \u2019n gevoel van eensaamheid worstel. Hy vertrou nie maklik nie, bevraagteken alles en kyk met dieper insig na die lewe. Di\u00e9 eienskap, gevorm deur sy unieke lewenspad, is ook \u2019n bron van krag. Sy buitengewone ervarings het hom voorberei op die uitdagings van <\/span><i><span data-contrast=\"auto\">Die brug<\/span><\/i><span data-contrast=\"auto\">. Vir Hirome gaan deelname nie net oor wen nie, maar ook daaroor om sy innerlike kind te eer, om sy pyn en oorwinnings te erken, en aan homself te bewys dat hy waardig is en die vermo\u00eb het om die een te wees wat oor die brug stap.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Maar Hirome se aankoms was nie die laaste onverwagse wending nie. Wilhrisca, wat ook deur haar span uitgestem is, het in die teenoorgestelde rigting geskuif \u2013 van\u202fSuidhuis\u202fna\u202fNoordhuis.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><b><span data-contrast=\"auto\">Ontmoet die spelers van Noordhuis:<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><b><span data-contrast=\"auto\">Lelani Loots (39) \u2013 Fiksheidsinstrukteur van Centurion, Gauteng<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-153063 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Lelani-Portrait-483x600.jpg\" alt=\"\" width=\"483\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Lelani is \u2019n lang, sterk vrou met \u2019n aktiewe leefstyl. Sy smul graag aan die lekker van die lewe saam met haar man, met wie sy al agt jaar getroud is. Hulle is baie lief daarvoor om die w\u00eareld te verken en reis graag oorsee. Die paar het geen kinders nie en beplan ook om dit s\u00f3 te hou. Sy reken hulle het genoeg moeite met hulle twee stoute honde. Niks is te veel of te min vir haar nie. Wanneer sy eers \u2019n ding in haar kop het, gaan sy voluit daarvoor. Sy is nie iemand wat opgee nie, en dis di\u00e9 ingesteldheid wat sy ook vir ander vrouens in haar <\/span><i><span data-contrast=\"auto\">bootcamps<\/span><\/i><span data-contrast=\"auto\"> leer. Lelani is \u2019n bietjie ongeorganiseerd en \u2019n babbelbek. \u201cEk kom mos van Witbank af,\u201d lag sy. As instrukteur en vertroueling fokus sy altyd op ander mense. Met <\/span><i><span data-contrast=\"auto\">Die brug<\/span><\/i><span data-contrast=\"auto\"> wil sy \u2019n slag net op haarself fokus, en sy sal enigiets doen \u2013 goed of sleg \u2013 om seker te maak sy kom bo uit. Lelani voel sy kan sagter wees met haarself en het \u2019n lae selfbeeld oor haar lengte. Sy het meer spiere as die gewone vrou (volgens haar), en sy erken sy vrees soms die lewe. Lelani is op soek na haar eie waarde en sy wil leer om dit te koester. D\u00edt is wat sy glo <\/span><i><span data-contrast=\"auto\">Die brug<\/span><\/i><span data-contrast=\"auto\"> haar kan bied: die kans om haarself te leer ken en haar onsekerhede te oorkom. Vir haar gaan dit nie soseer oor die prysgeld \u2013 wat sy uiteraard wil wen nie \u2013 maar oor die ervaring.\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><b><span data-contrast=\"auto\">Roscoe <\/span><\/b><b><span data-contrast=\"auto\">\u201cRumble\u201d <\/span><\/b><b><span data-contrast=\"auto\">Pekeur (39) \u2013 Bokspromotor van Montagu, Wes-Kaap<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-153071 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/1747310090-47_Roscoe_Landscape-500x286.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"286\" \/><\/p>\n<p><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Roscoe \u201cRumble\u201d is die engel wat almal wil ontmoet. Hy sal enigiets en alles vir ander doen en help onder meer minderbevoorregtes in sy gemeenskap. Maar daar is tog mense wat nie van hom hou nie omdat hy reguit is en weet hoe om vir homself op te staan. Hy het deur \u2019n persoonlike tragedie gegaan wat soos die dood gevoel het, en dit het hom op \u2019n donker pad laat beland. Geloof het tot sy redding gekom, en hy is nou 11 jaar nugter. Roscoe is by \u2019n kruispad in sy lewe, en hy weet nie wat die volgende stap is nie. Hy berei voor vir verandering, maar hy weet nie hoe dit gaan lyk nie en hoop <\/span><i><span data-contrast=\"auto\">Die brug<\/span><\/i><span data-contrast=\"auto\"> gaan hom daarmee help.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><b><span data-contrast=\"auto\">Anesca Latsky (35) \u2013 Finansi\u00eble bestuurder van Centurion, Gauteng<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-153060 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Anesca-Portrait-483x600.jpg\" alt=\"\" width=\"483\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Anesca is \u2019n tierkat. Haar stem brul, en sy weet sy intimideer mense, maar sy belowe sy het \u2019n sagte hart. Sy kan selfbewus raak en is dan vol bravado. Sy is ongelooflik trots om die ma van twee dogters te wees, en sy wil sterk vrouens grootmaak. Anesca besef dat <\/span><i><span data-contrast=\"auto\">Die brug<\/span><\/i><span data-contrast=\"auto\"> \u2019n geleentheid vir haar is wat haar lewe kan verander, veral nou by hierdie vurk in haar lewenspad waar sy haarself vind. Dis \u2019n kans om aan haarself te bewys dat sy tot soveel meer in staat is. Anesca hou van \u2019n lekker tyd, lag en gesels. Sy oefen hard en neem deel aan CrossFit-kompetisies. Anesca kan nie help om leiding te wil neem nie en is nie bang vir die kollig nie. By die werk is sy in \u2019n bestuursposisie, maar sy erken dat sy redelik ongedissiplineerd is en gereeld foute maak. Wanneer dit gebeur, aanvaar sy egter altyd verantwoordelikheid daarvoor. Soms is die lewe vir haar te veel en wil sy net weer diep kan asemhaal. Sy glo almal verdien \u2019n kans om die prys te wen, maar vir haar is daar nie \u2019n ander opsie as om <\/span><i><span data-contrast=\"auto\">Die brug<\/span><\/i><span data-contrast=\"auto\"> as wenner te verlaat nie.\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><b><span data-contrast=\"auto\">Johan Steyn (55) \u2013 Rotsmeganikus van Secunda, Mpumalanga<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-153062 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Johan-Portrait-483x600.jpg\" alt=\"\" width=\"483\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Johan is \u2019n mense-mens. Hy is vriendelik, luister graag en geniet die geselskap van mense van alle ouderdomme. Johan is gemaklik in \u2019n bestuursposisie en ook daarmee om in spanne te werk. Hy is getroud en \u2019n pa met \u2019n seun en \u2019n dogter wat al uit die huis uit is. Johan glo solank mense net nie te diep krap nie, hoef dinge nie ongemaklik te wees nie. Hy is baie trots op sy slag met mense en hou van beplanning en oplossings. Sy swak punt is dat hy ander te maklik vertrou en nogal vinnig kwaad kan word as iets nie wil werk nie. Soms is hy \u2019n bietjie oorywerig met sy raad aan ander mense. Johan boer deeltyds met bye, en dit is iets wat hy graag heeltyds sou wou doen. Hy wil<\/span><i><span data-contrast=\"auto\"> Die brug <\/span><\/i><span data-contrast=\"auto\">wen sodat hy die geld met almal kan deel, want hy weet wat die waarde van spanwerk is.\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><b><span data-contrast=\"auto\">Rechaux Browne (43) \u2013 Besigheidseienaar van die Strand, Wes-Kaap<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-153070 size-medium aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/1747310072-47_Rechaux_Landscape-500x286.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"286\" \/><\/p>\n<p><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Rechaux is die ma van agt kinders tussen die ouderdomme van 10 maande en 24 jaar. Om deel te neem aan <\/span><i><span data-contrast=\"auto\">Die brug<\/span><\/i><span data-contrast=\"auto\">, is geheel en al buite haar gemaksone. Sy hou nie van kampeer of om in die natuur te wees nie, en sy weet sy gaan baie vinnig moet aanpas. Rechaux weet egter hoe om te onderhandel en te kommunikeer en kry dit gewoonlik reg om mense na haar pype te laat dans. Sy glo sy het \u2019n goeie hart, maar erken sy kan moeilik wees. Rechaux is impulsief, en daar is nie altyd \u2019n wag voor haar mond nie, maar sy kan haar in ander se skoene plaas. Dit maak haar \u2019n sterk speler en gee haar die vermo\u00eb om mense se guns te wen. Vir haar is eerlikheid die belangrikste. Rechaux se 21-jarige dogter is met spierdistrofie gediagnoseer, \u2019n siekte wat byna haar lewe gekos het. Haar kinders is haar grootste motivering, en dit is vir hulle wat sy sal sterk bly. Rechaux wil <\/span><i><span data-contrast=\"auto\">Die brug<\/span><\/i><span data-contrast=\"auto\"> vir haar dogter wen en vir haar net die beste gee, want die lewe het nie \u2019n waarborg vir enige iemand nie.\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><b><span data-contrast=\"auto\">Tiaan van Niekerk (35) \u2013 Boer van Middelburg, Mpumalanga<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-153069 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/1747309974-47_Tiaan_Landscape-500x286.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"286\" \/><\/p>\n<p><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Tiaan woon op sy eie op \u2019n plaas naby Middelburg waar hy met mielies en sojabone boer. Hy geniet \u2019n jagnaweek, lekker kuier en geleenthede om nuwe mense te ontmoet. Tiaan hou van eenvoud en roetine, maar sal nooit \u2019n sosiale geleentheid laat verbygaan nie. Op \u2019n gewone dag op die plaas ry Tiaan deur die lande met sy vierwielmotorfiets, of hy swem in die plaasdam. Hy het \u2019n groot liefde vir jag en gaan gereeld vir naweke weg om homself in die bos uit te leef. Tiaan het idees wat mense kan vreemd vind en sal vinnig sy hand opsteek om die leiding te neem. Hy is behoudend en koester tradisionele waardes. Tiaan kan vinnig ongeduldig raak, maar hy weet hoe om dit te hanteer. Hy wil die bekende en gemaklike roetine van sy lewe graag \u2019n bietjie uitdaag, en <\/span><i><span data-contrast=\"auto\">Die brug<\/span><\/i><span data-contrast=\"auto\"> gee hom die kans om dit te doen.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Met albei huise nou onthul en spelers wat kante gewissel het, is die kopspeletjies in volle swang. Alliansies is aan die skuif, wedywering en struwelinge aan die broei, en niemand is veilig nie \u2013 veral nie as jou grootste bedreiging dalk in die huis langsaan skuil nie.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b><span data-contrast=\"auto\">Beleef al die drama van\u202f<\/span><\/b><b><i><span data-contrast=\"auto\">Die brug<\/span><\/i><\/b><b><span data-contrast=\"auto\">, Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).\u00a0<\/span><\/b><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ruben-engel-jaag-die-spanning-op-in-skemergrond-se-nuutste-storielyn\/\">Ruben Engel jaag die spanning op in <em>Skemergrond<\/em> se nuutste storielyn<\/a><\/p>\n<p><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die brug\u202fhet kykers in die tweede episode lelik onkant betrap met \u2019n wending wat alles verander het: \u2019n Versteekte tweede huis \u2013\u202fNoordhuis\u202f\u2013 is onthul, en twee spelers moes daarna in dramatiese oomblikke van span verwissel.\u00a0 Nadat episode een almal verras [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":153064,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[166,85475,86244],"class_list":["post-153057","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-kyknet","tag-die-brug","tag-werklikheidsprogram"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Skokonthulling in &#039;Die Brug&#039;: \u2019n Tweede huis en nog spelers! | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"&#039;Die Brug&#039; \u202fhet kykers in die tweede episode lelik onkant betrap met \u2019n wending wat alles verander het: \u2019n Versteekte tweede huis.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Skokonthulling in &#039;Die Brug&#039;: \u2019n Tweede huis en nog spelers! | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"&#039;Die Brug&#039; \u202fhet kykers in die tweede episode lelik onkant betrap met \u2019n wending wat alles verander het: \u2019n Versteekte tweede huis.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-05-15T18:57:07+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-05-15T19:09:26+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Beige-Brown-Nude-Aesthetic-Tender-Moodboard-Photo-Collage-Facebook-Post-2.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"940\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"788\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Skokonthulling in &#8216;Die Brug&#8217;: \u2019n Tweede huis en nog spelers!\",\"datePublished\":\"2025-05-15T18:57:07+00:00\",\"dateModified\":\"2025-05-15T19:09:26+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\\\/\"},\"wordCount\":1660,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/05\\\/Beige-Brown-Nude-Aesthetic-Tender-Moodboard-Photo-Collage-Facebook-Post-2.png\",\"keywords\":[\"kyknet\",\"Die Brug\",\"werklikheidsprogram\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\\\/\",\"name\":\"Skokonthulling in 'Die Brug': \u2019n Tweede huis en nog spelers! | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/05\\\/Beige-Brown-Nude-Aesthetic-Tender-Moodboard-Photo-Collage-Facebook-Post-2.png\",\"datePublished\":\"2025-05-15T18:57:07+00:00\",\"dateModified\":\"2025-05-15T19:09:26+00:00\",\"description\":\"'Die Brug' \u202fhet kykers in die tweede episode lelik onkant betrap met \u2019n wending wat alles verander het: \u2019n Versteekte tweede huis.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/05\\\/Beige-Brown-Nude-Aesthetic-Tender-Moodboard-Photo-Collage-Facebook-Post-2.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/05\\\/Beige-Brown-Nude-Aesthetic-Tender-Moodboard-Photo-Collage-Facebook-Post-2.png\",\"width\":940,\"height\":788},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Skokonthulling in &#8216;Die Brug&#8217;: \u2019n Tweede huis en nog spelers!\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Skokonthulling in 'Die Brug': \u2019n Tweede huis en nog spelers! | rooi rose","description":"'Die Brug' \u202fhet kykers in die tweede episode lelik onkant betrap met \u2019n wending wat alles verander het: \u2019n Versteekte tweede huis.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Skokonthulling in 'Die Brug': \u2019n Tweede huis en nog spelers! | rooi rose","og_description":"'Die Brug' \u202fhet kykers in die tweede episode lelik onkant betrap met \u2019n wending wat alles verander het: \u2019n Versteekte tweede huis.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-05-15T18:57:07+00:00","article_modified_time":"2025-05-15T19:09:26+00:00","og_image":[{"width":940,"height":788,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Beige-Brown-Nude-Aesthetic-Tender-Moodboard-Photo-Collage-Facebook-Post-2.png","type":"image\/png"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Skokonthulling in &#8216;Die Brug&#8217;: \u2019n Tweede huis en nog spelers!","datePublished":"2025-05-15T18:57:07+00:00","dateModified":"2025-05-15T19:09:26+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\/"},"wordCount":1660,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Beige-Brown-Nude-Aesthetic-Tender-Moodboard-Photo-Collage-Facebook-Post-2.png","keywords":["kyknet","Die Brug","werklikheidsprogram"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\/","name":"Skokonthulling in 'Die Brug': \u2019n Tweede huis en nog spelers! | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Beige-Brown-Nude-Aesthetic-Tender-Moodboard-Photo-Collage-Facebook-Post-2.png","datePublished":"2025-05-15T18:57:07+00:00","dateModified":"2025-05-15T19:09:26+00:00","description":"'Die Brug' \u202fhet kykers in die tweede episode lelik onkant betrap met \u2019n wending wat alles verander het: \u2019n Versteekte tweede huis.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Beige-Brown-Nude-Aesthetic-Tender-Moodboard-Photo-Collage-Facebook-Post-2.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Beige-Brown-Nude-Aesthetic-Tender-Moodboard-Photo-Collage-Facebook-Post-2.png","width":940,"height":788},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skokonthulling-in-die-brug-n-tweede-huis-en-nog-spelers\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Skokonthulling in &#8216;Die Brug&#8217;: \u2019n Tweede huis en nog spelers!"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/153057","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=153057"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/153057\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/153064"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=153057"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=153057"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=153057"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}