{"id":152712,"date":"2025-04-30T17:10:06","date_gmt":"2025-04-30T15:10:06","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=152712"},"modified":"2025-04-30T17:12:20","modified_gmt":"2025-04-30T15:12:20","slug":"klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\/","title":{"rendered":"Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap"},"content":{"rendered":"<p><em><span style=\"font-weight: 400;\">Deur Christa Swanepoel<\/span><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cDit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet het; asof al my energie en &#8216;lus om iets te doen&#8217; net leeg geloop het. Waar ek tevore altyd bedrywig was, het ek gevoel of ek sommer net sleg geword het. Ek was tot die dood toe moeg. Ek kon heeldag voor die TV l\u00ea en niksdoen, en het skuldig gevoel.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">S\u00f3 beskryf Marlize Cloete Fourie haar ervaring voor sy uiteindelik dokter toe gegaan het.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cSoms het my hart woes vinnig en hard in my bors begin klop. Ek kon dit letterlik op my bors sien.\u00a0Dit was skrikwekkend, maar het darem nooit lank geduur nie. Ek het gewonder of dit iets is wat ek eet of die koffie wat ek drink. Dit het egter lukraak enige tyd van die dag of nag gebeur.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cEk het agtergekom my hare val ook verskriklik uit.\u00a0My gemoed was op en af.\u00a0My man was raadop.\u00a0Ek was die een oomblik heel gelukkig en opgeruimd, en dan met die klap van my vingers sommer erg ge\u00efrriteerd en mislik.\u00a0Ek het gedink dis dalk maar PMS of vroe\u00eb menopouse.\u00a0My siklusse was hoeka erg deurmekaar en ongereeld.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Op \u2019n dag het hulle rustig voor die TV gesit, toe haar hart weer woes begin klop het.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hierdie keer het dit al erger en erger geword. Sy het haar horlosie dopgehou en gesien hoe dit versnel\u00a0 &#8230; 150 &#8230;170 &#8230;180 &#8230; 211!<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cOns het besluit om liewer ongevalle toe te gaan, waar ek dadelik aan die EKG-masjien gekoppel is, maar niks het makeer buiten net die vinnige hartklop nie.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201c\u2019n Dokter is ontbied en hy het my twee keer met \u2019n middel ingespuit wat jou hart stop en dan weer laat klop.\u00a0Dis definitief \u2019n ervaring wat ek nie graag weer sal wil beleef nie. My hart het hierna op 153 gestabiliseer.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die spesialis aan diens het \u2019n sonar van Marlize se hart en ander organe gedoen en tot die gevolgtrekking gekom dat dit heel moontlik haar skildklier is.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">N\u00e1 drie dae in die intensiewe sorgeenheid en hope toetse is daar vasgestel dat haar skildkliertelling baie hoog is en haar skildklier baie vergroot is.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cEk het uiteindelik geweet wat al die simptome veroorsaak en was verstom dat \u2019n mens se skildklier so groot invloed op jou lyf kan h\u00ea. N\u00e1<\/span> <span style=\"font-weight: 400;\">drie opvolgondersoeke, nog toetse en medikasie, lyk dit darem of my skildklier nou weer onder beheer is. \u2019n Mens moet dit nie ignoreer as jou liggaam vir jou iets probeer s\u00ea nie.\u201d\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/7-mites-oor-griep\/\">7 mites oor griep<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-152715 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/nhia-moua-F4cJtI7HCMw-unsplash-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>WAT EN WAAR IS JOU SKILDKLIER?<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Jou skildklier is \u2019n klein klier in jou nek net onder die adamsappel en het die vorm van \u2019n vlinder.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><b>WAT DOEN DIE SKILDKLIER?<\/b><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die skildklier skei die skildklierhormoon af wat in jou bloed na alle dele van die liggaam vervoer word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die hormoon beheer jou metabolisme, onder meer hoe vinnig jy kalorie\u00eb verbrand en hoe vinnig jou hart klop. As die skildklier probleme ontwikkel, skei dit \u00f3f te min \u00f3f te veel van die hormoon af en voel jy dit aan jou liggaam. Jy kan rusteloos of moeg voel, gewig aansit of gewig verloor.<\/span><\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-voetsorgwenke-om-jou-voete-tydens-jou-ouer-jare-gesond-te-hou\/\">Vyf voetsorgwenke om jou voete tydens jou ouer jare gesond te hou<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>HOE RAAK DIT VROUE?<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li><span style=\"font-weight: 400;\">Dit be\u00efnvloed jou menstruele siklus. Te veel of te min van die skildklierhormoon kan daartoe lei dat \u2019n maandstonde baie lig, baie swaar of ongereeld is. Dit kan jou maandstonde vir etlike maande laat stop en word amenoree genoem. As jou immuunstelsel die skildkliersiekte veroorsaak, kan jou eierstokke ook betrokke wees en kan dit \u2019n vroe\u00eb menopouse veroorsaak.<\/span><\/li>\n<li>Dit kan voorkom dat jy swanger raak. As die skildkliersiekte jou menstruele siklus affekteer, raak dit ook jou ovulasie en kan dit moeilik wees om swanger te raak.<\/li>\n<li>Dit kan gesondheidsprobleme vir die ma en baba tydens swangerskap veroorsaak.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>WAT IS JOU KANSE OM DIT TE KRY?<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li><span style=\"font-weight: 400;\">As jy voorheen skildklierprobleme gehad het.<\/span><\/li>\n<li>As jy \u2019n operasie of bestraling gekry het wat die skildklier affekteer.<\/li>\n<li>As jy probleme het met ander outo-immuunsiektes, bloedarmoede of Tipe-1-diabetes.<\/li>\n<li>As jy \u2019n sterk familiegeskiedenis daarvan het.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-152716 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/pexels-picasjoe-11352535-500x334.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>ONDERAKTIEWE SKILDKLIER<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u2019n Onderaktiewe skildklier, <\/span><span style=\"font-weight: 400;\">hipotireose<\/span><span style=\"font-weight: 400;\"> of hipotiro\u00efdisme beteken die skildklier maak nie genoeg skildklierhormone nie. Dit vertraag dan verskeie van jou liggaamsfunksies, soos jou metabolisme.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hipotireose kan veroorsaak word deur:<\/span><\/p>\n<ol>\n<li><span style=\"font-weight: 400;\">Hashimoto se siekte, \u2019n immuunsiekte waar die immuunstelsel verkeerdelik die skildklier aanval.<\/span><\/li>\n<li>Behandeling vir hipertiro\u00efdisme (radio-aktiewe jodium).<\/li>\n<li>Bestraling van sekere soorte kankers.<\/li>\n<li>Die verwydering van die skildklier.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>SIMPTOME<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Simptome ontwikkel stadig oor jare.<\/span><\/p>\n<ul>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Aanvanklik kan jy moeg en traag voel.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Jy kry maklik koud.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hardlywigheid.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Spiere verswak.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Jy sit gewig aan al eet jy nie meer nie.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Gewrigs- en spierpyn.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Voel hartseer en depressief.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Voel baie moeg.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Vel is bleek en droog.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hare is dun en val uit.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Stadige hartklop.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Sweet minder as gewoonlik.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Gesig lyk pofferig.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hees stem.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Meer as gewoonlik menstruele bloeding.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Jy kan ook LDL of \u201cslegte\u201d cholesterol h\u00ea wat jou kanse vir hartsiektes verhoog.<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Behandeling<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die dokter sal pille voorskryf wat aan die liggaam die skildklierhormoon verskaf wat dit nodig het en jy sal dit die res van jou lewe moet gebruik.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>OORAKTIEWE SKILDKLIER<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Ooraktiewe skildklier, hipertireose of <\/span><span style=\"font-weight: 400;\">hipertiro\u00efdisme<\/span><span style=\"font-weight: 400;\"> wanneer die skildklier meer hormone afskei as wat jou liggaam nodig het. Dit versnel die liggaam se funksies, soos metabolisme en hartklop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Grave-siekte is \u2019n outo-immuunsiekte wat die skildklier aantas.<\/span><\/p>\n<p>Lees ook;\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wen-groot-met-the-harvest-table\/\">Wen groot met The Harvest Table!<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>SIMPTOME<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die simptome ontwikkel ook stadig. Met tyd kan jy die volgende waarneem:<\/span><\/p>\n<ul>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Gewigsverlies (kom nie by almal voor nie). Jy verloor gewig al eet jy dieselfde of meer as voorheen.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Eet meer as gewoonlik.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Vinnige of ongereelde hartklop of hart wat fel klop.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Voel senuweeagtig en angstig.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Voel ge\u00efrriteerd.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Sukkel om te slaap.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hande en voete bewe.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Sweet meer.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Kry maklik warm.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Spierswakheid.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Diarree of meer gereelde stoelgang as gewoonlik.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Minder en ligter maandstondes as gewoonlik.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Verandering in die o\u00eb. Dit kan uitpeul, rooi of ge\u00efrriteerd wees..<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Dit verhoog die kanse vir osteoporose. Dit kan jou bene affekteer voor jy besef jy het hipertireose en raak veral vroue n\u00e1 menopouse.<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Behandeling<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die behandeling sal afhang van jou simptome en die oorsaak. Dit kan insluit:<\/span><\/p>\n<ul>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Anti-skildkliermedikasie wat keer dat jou skildklier die hormoon vervaardig.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Betablokkeerders wat die effek van die hormoon op jou liggaam blokkeer, soos om jou hartklop te verlangsaam. Dit verminder nie opsigself die hoeveelheid hormone wat afgeskei word nie.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Radio-aktiewe jodium. Dit maak die skildklierselle dood en veroorsaak hipotiro\u00efdisme.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Chirurgie. Die skildklier of \u2019n deel daarvan word chirurgies verwyder en kan permanent hipotiro\u00efdisme veroorsaak.<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>INFLAMMASIE VAN DIE SKILDKLIER<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Inflammasie van die skildklier of tiro\u00efditis gebeur wanneer die liggaam teenliggaampies maak wat die skildklier aanval.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit kan veroorsaak word deur outo-immuunsiektes, soos Hashimoto-siekte, Tipe-1-diabetes en rumato\u00efede artritis, genetika, \u2019n virale of bakteriese infeksie en sekere medikasie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Nageboortelike tirioditis affekteer sowat 10% van vroue en word dikwels nie gediagnoseer nie omdat dit dieselfde simptome as die sogenaamde \u201c<\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">baby blues<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">\u201d het, naamlik om moeg en ge\u00efrriteerd te voel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Gewoonlik keer die skildklier na \u2019n jaar tot 18 maande na normaal terug. As jy \u2019n geskiedenis van nageboortelike tiro\u00efditis het, is jou risiko ho\u00ebr om binne vyf tot tien jaar permanent hipotireose te ontwikkel.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Wat s\u00ea \u2019n kenner?<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b>Dr Marisa Noeth<\/b><span style=\"font-weight: 400;\">, \u2019n endokrinoloog van Pretoria, beantwoord \u2019n paar vrae.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li><b>Hoe algemeen is skildkliersiektes onder vroue in Suid-Afrika?<\/b><\/li>\n<\/ul>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die voorkoms van hipotireose (uitgesproke en subklinies) is 16% in vroue in die ouderdomsgroep 65-74 jaar en 21% in vroue ouer as 74 jaar.\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li><b>Wat is die algemeenste simptome wat pasi\u00ebnte ervaar?<\/b><\/li>\n<\/ul>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Moegheid, hartkloppings en dro\u00eb vel.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li><b>Is daar sekere kosse wat \u2019n mens verkieslik moet eet of vermy?\u00a0<\/b><\/li>\n<\/ul>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Voldoende jodium-inname is noodsaaklik vir normale skildklierfunksie. Daar is egter geen spesifieke dieet wat skildklierfunksie verbeter nie.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li><b>Is die behandeling lewenslank?<\/b><\/li>\n<\/ul>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit hang van die oorsaak van die skildklierprobleem af, maar in die meerderheid van gevalle sal dit so wees.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li><b>Kan kinders daarmee gebore word?<\/b><\/li>\n<\/ul>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Ja, veral as die ma gedurende swangerskap skildklierprobleme gehad het.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li><b>Wat is die gevolge as mense met skildklierprobleme dit nie opvolg en behandel nie?<\/b><\/li>\n<\/ul>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Skildklierhormone is noodsaaklik vir lewe. Tekorte of \u2019n oormaat kan nadelige gesondheidsgevolge inhou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Opvolgtoetse moet gedoen word om te verseker die behandeling optimaliseer die vlakke, aangesien dit nie altyd stabiel bly nie.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoekom-jy-nie-moet-oefen-as-jy-griep-of-verkoue-het-nie\/\">Hoekom jy nie moet oefen as jy griep of verkoue het nie<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Christa Swanepoel &nbsp; \u201cDit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet het; asof al my energie en &#8216;lus om iets te doen&#8217; net leeg geloop het. Waar ek tevore altyd bedrywig was, het ek gevoel of [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":152718,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[86320,86321],"class_list":["post-152712","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-skildklier","tag-skildkliersiektes"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Vroue is meer geneig as mans om skildkliersiektes te h\u00ea, veral n\u00e1 swangerskap en menopouse en een uit agt vroue ontwikkel skildkliersiektes.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Vroue is meer geneig as mans om skildkliersiektes te h\u00ea, veral n\u00e1 swangerskap en menopouse en een uit agt vroue ontwikkel skildkliersiektes.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-04-30T15:10:06+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-04-30T15:12:20+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/ana-itonishvili-cJTT81sKrcc-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap\",\"datePublished\":\"2025-04-30T15:10:06+00:00\",\"dateModified\":\"2025-04-30T15:12:20+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\\\/\"},\"wordCount\":1427,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/04\\\/ana-itonishvili-cJTT81sKrcc-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"skildklier\",\"skildkliersiektes\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\\\/\",\"name\":\"Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/04\\\/ana-itonishvili-cJTT81sKrcc-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2025-04-30T15:10:06+00:00\",\"dateModified\":\"2025-04-30T15:12:20+00:00\",\"description\":\"Vroue is meer geneig as mans om skildkliersiektes te h\u00ea, veral n\u00e1 swangerskap en menopouse en een uit agt vroue ontwikkel skildkliersiektes.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/04\\\/ana-itonishvili-cJTT81sKrcc-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/04\\\/ana-itonishvili-cJTT81sKrcc-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap | rooi rose","description":"Vroue is meer geneig as mans om skildkliersiektes te h\u00ea, veral n\u00e1 swangerskap en menopouse en een uit agt vroue ontwikkel skildkliersiektes.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap | rooi rose","og_description":"Vroue is meer geneig as mans om skildkliersiektes te h\u00ea, veral n\u00e1 swangerskap en menopouse en een uit agt vroue ontwikkel skildkliersiektes.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-04-30T15:10:06+00:00","article_modified_time":"2025-04-30T15:12:20+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/ana-itonishvili-cJTT81sKrcc-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap","datePublished":"2025-04-30T15:10:06+00:00","dateModified":"2025-04-30T15:12:20+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\/"},"wordCount":1427,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/ana-itonishvili-cJTT81sKrcc-unsplash.jpg","keywords":["skildklier","skildkliersiektes"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\/","name":"Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/ana-itonishvili-cJTT81sKrcc-unsplash.jpg","datePublished":"2025-04-30T15:10:06+00:00","dateModified":"2025-04-30T15:12:20+00:00","description":"Vroue is meer geneig as mans om skildkliersiektes te h\u00ea, veral n\u00e1 swangerskap en menopouse en een uit agt vroue ontwikkel skildkliersiektes.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/ana-itonishvili-cJTT81sKrcc-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/ana-itonishvili-cJTT81sKrcc-unsplash.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/152712","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=152712"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/152712\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/152718"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=152712"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=152712"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=152712"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}