{"id":152243,"date":"2026-05-10T17:50:10","date_gmt":"2026-05-10T15:50:10","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=152243"},"modified":"2026-05-10T17:49:42","modified_gmt":"2026-05-10T15:49:42","slug":"middeljare-krisis-of-keerpunt","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/middeljare-krisis-of-keerpunt\/","title":{"rendered":"Middeljare: Krisis of keerpunt?"},"content":{"rendered":"<p><em><span style=\"font-weight: 400;\">Deur Maretha Botes<\/span><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">In my internetsoektog na die woord \u201cmiddeljarekrisis\u201d word ek met advertensies en foto\u2019s van spoggerige sportmotors in elke kleur en vorm denkbaar gebombardeer. \u201c<\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Midlife crisis car,\u201d<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> staan daar nogals bo-aan die ry foto\u2019s. Ek raak nuuskierig en klik op \u201csien meer\u201d. Dit blyk motors \u2013 di\u00e9 wat plat, blink en vinnig is \u2013 is volgens Google bo-aan die wenslysie van mense wat die sogenaamde krisis in die gesig staar.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cWat \u2019n clich\u00e9!\u201d s\u00ea \u2019n vriendin wat onlangs die 47 jaar kerf verbygesteek het. Haar man is ook in sy middeljare en nie een van hulle spog met \u2019n sportmotor, seilboot, nuwe lyf of jong blaar (of bokkie) aan hul sy nie. Sy lag. \u201cEk weet nie of ons dalk die uitsondering is nie!\u201d En dan op \u2019n ernstiger noot: \u201cOns moes eerder ons denkwyses\u00a0 as ons <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">looks <\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">aanpas. Vrede vind in wie ons is, wat ons bereik het en wat ons graag nog wil bereik,\u201d s\u00ea sy.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Sy het kort voor haar 45ste verjaardag haar pa verloor, het \u2019n nuwe pos en jonger baas weens skommelinge by die werk gekry, bevraagteken dikwels of sy \u2019n goeie ma vir haar twee tieners is en skrik byna elke oggend drie-uur wakker waarna sy nie weer \u2019n oog toemaak nie. Haar man het, weens gesondheidsredes, \u2019n U-draai gemaak. Hy m\u00f3\u00e9s by die gim aansluit en volg nou \u2019n streng dieet en oefenprogram. \u201cMaar ons kan hieroor met mekaar gesels. Ek dink dis baie belangrik. Kommunikasie. Die middeljare is volgens my \u2019n lewensfase. Om \u2019n tiener te wees, \u2019n ma te word, al die dinge is ook lewensfases. Dit verg aanpassing, verstaan en omgee,\u201d s\u00ea sy.\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/voel-jou-tiener-eensaam\/\">Voel jou tiener eensaam?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Die slegte beeld<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Volgens <\/span><b>Louis Awerbuck<\/b><span style=\"font-weight: 400;\">, \u2019n kliniese sielkundige van Stellenbosch, is die sogenaamde middeljare die tydperk waartydens die meeste mense begin gekonfronteer word met hul sterflikheid, asook die wete dat daar nie eindelose produktiewe jare is wat voorl\u00ea nie. Hy s\u00ea by mans is hierdie lewensfase min of meer van toepassing tussen 40 en 55, en by vroue 35 tot 50.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u00a0\u201cMenige beskrywings en definisies word aan hierdie tydperk in mense se lewe gegee, en veral ten opsigte van mans is daar bekende clich\u00e9s wat gereeld gebruik word om hul optrede in hul middeljare te beskryf. Die oorheersende behoefte om skielik \u2019n sportmotor aan te skaf, die dieet en oefening om beter en jeugdiger te lyk, en die fantasie\u00eb oor jonger vroue is w\u00eareldwyd bekende \u2018simptome\u2019 van wat as \u2019n \u2018middeljarekrisis\u2019 beskryf word,\u201d s\u00ea hy.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Daar is waarskynlik mense wat \u2019n drastiese en merkbare ommeswaai in hul middeljare maak. Nie almal beleef egter \u2019n krisis op dieselfde manier nie, en nie almal maak drastiese ommeswaaie in di\u00e9 tydperk nie. Die algemene opvatting wat die meeste mense van \u2019n di\u00e9 krisis het, is \u2019n stereotipe, s\u00ea <\/span><b>dr Pierre Cronje<\/b><span style=\"font-weight: 400;\">, \u2019n kliniese sielkundige van Garsfontein in Pretoria.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hy s\u00ea: \u201cAs jy die woord \u2018middeljarekrisis\u2019 hoor, sien jy gewoonlik in jou geestesoog \u2019n middeljarige man wat \u2019n drastiese gedaanteverwisseling ondergaan: Hy dra skielik sy hare langer, kleur dit selfs, hy trek meer modern aan, knoop \u2019n verhouding met \u2019n jonger vrou aan en koop \u2019n motorfiets of \u2019n rooi sportsmotor. Die meeste mense vind sy gedrag vreemd en self \u2019n bietjie lagwekkend. Daar word dikwels agter sy rug gefluister dat hy \u2019n middeljarekrisis beleef. Dit is \u2019n stereotipe, \u2019n seksistiese beeld wat die meeste van ons van hierdie het. In die genoemde voorbeeld, \u00eds dit heelwaarskynlik \u2019n middeljarekrisis, maar almal beleef nie \u2019n krisis so drasties of stereotipies nie,\u201d s\u00ea hy.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Beteken dit dat iemand wat nie so \u2019n drastiese krisis beleef nie, nie in \u2019n krisis is nie? \u201cWeer eens, nee. Party mense beleef die konflik of (bestaans)krisis\u00a0 in hul binneste. Hulle wroeg dalk oor keuses, verlore kanse, verliese en kwale, maar hul soeke is nie so opsigtelik vir ander nie. Sommige mense leef bewustelik met die idee dat hulle ouer word, dat verandering en veroudering \u2019n gegewe is, maar hulle het die vermo\u00eb om suksesvol by veranderende omstandighede aan te pas. Dit beteken egter nie hulle dink nie oor hul bestaan nie, is nie soms ontevrede met dinge in hul lewe nie en neem nie bestek van hul lewe nie,\u201d s\u00ea Pierre.<\/span><\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stres-ek-kan-nie-meer-nie\/\">Stres: Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-152247 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/pexels-rdne-6540014-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Hoekom is daar enigsins so \u2019n krisis?\u00a0<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Pierre vertel dat Erik Erikson, \u2019n Duitse ontwikkelingsielkundige, bekend is vir sy teorie oor die mens se fases van psigososiale ontwikkeling. In die laaste fase (die middeljare) besin die mens oor wat hy bereik het, of hy tevrede is met sy lewe, of hy gelukkig is en of hy met \u2019n klomp ontevredenheid en onvergenoegdheid oor sy lewe sit. In ontwikkelde lande word die middeljare tussen die ouderdom van 40 en ongeveer 50 gesien. Dis ook die tyd waar ons met ons sterflikheid en die tydelikheid van die lewe gekonfronteer word. Teen daardie tyd is min of meer twee derdes van \u2019n mens se lewe al verby en het jy baie dinge beleef, ook soms die harde kant van die lewe gesien en beleef. Jy raak dalk paniekerig oor wat nog voorl\u00ea.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Pierre verduidelik verder dat die mens sin in die lewe soek (selfverwesenliking) en die bevrediging van basiese behoeftes is volgens Maslow ingebore by die mens. \u201cNie almal het die geleentheid om die behoeftes te bevredig nie \u2013 of sommige word net gedeeltelik vervul. Hoe meer \u2019n mens se behoeftes (volgens Maslow) op jou pad na selfverwesenliking vervul word, hoe groter is myns insiens die kans dat \u2019n mens die oorgang na \u2019n volgende lewensfase ook suksesvol kan hanteer,\u201d s\u00ea Pierre.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Louis voeg hierby dat mense in hul middeljare boonop indie algemeen die meeste beheer oor meer fasette in hul lewe het as in enige ander lewensfase. Hierdie beheer kan paniek veroorsaak deurdat daar vele opsies is waaroor in die middeljare besluit moet word. Die verantwoordelikheid daarvan kan \u2019n fisieke en emosionele tol eis. Hy verduidelik:<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u00a0\u201c<\/span><span style=\"font-weight: 400;\">Die impak van die lewe se stressors, sowel as die druk om \u2018al die balle in die lug te hou\u2019, veroorsaak dat mense in hul middeljare sterk met \u2019n veg-of-vlug reaksie gekonfronteer word. Diegene wie kies om te veg, se optrede word gewoonlik deur drastiese besluite gekenmerk, soos plastiese chirurgie of om heeltemal van beroep te verander. Hierdie veg-reaksie kan ook soms in die vorm van rusteloosheid of oormatige energie, uitbarstings van aggressie of irritasie of \u2019n toename in kos- of drankgebruik ervaar word. Vir di\u00e9 wat kies om te vlug, kan die uitkoms soms wys in verveling, dagdromery, \u2019n gevoel van hartseer of onttrekking van sosiale interaksie.\u201d\u00a0\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Kom dit meer by mans as by vroue voor?<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dis die groot vraag, maar dis nie \u2019n maklike vraag om te beantwoord nie, s\u00ea Pierre.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u00a0\u201cDalk is daar twee stelle re\u00ebls. Vroue sal dalk makliker hul hare reeds van vroeg in hul lewe begin kleur. Kan \u2019n mens dan s\u00ea iemand wat hul hare kleur, gaan deur \u2019n middeljarekrisis? Nee, nie as daar balans is nie. As voorkoms allesoorheersend word en ander aspekte van \u2019n mens se lewe word afgeskeep, is die balans verkeerd en kan dit tot probleme lei. Daar is niks daarmee verkeerd om \u2019n bietjie jonger te wil lyk nie. Dis egter belangrik om tydens elke ouderdomsfase goedversorgd te wees. Daar word dalk meer krities na \u2019n man gekyk wat aandag aan sy voorkoms gee, hoewel ek glo tye is besig om te verander.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cAlmal word ouer en \u2019n mens sou na\u00efef wees as jy nie van tyd tot tyd bestek van jou lewe neem nie. Biologiese veranderinge wat met ouderdom gepaardgaan dwing ons soms ook in \u2019n krisis. Siektes en hormonale veranderinge duik dalk voortydig en onverwags op. Om te besef jy kan nie meer die dinge doen wat jy altyd kon doen nie, kan \u2019n mens in \u2019n krisis dompel. Biologiese veranderinge kom by mans en vroue voor. Vroue is dalk in die algemeen meer bewus van hormonale veranderinge en dat daar so-iets soos oorgangsjare is. Hulle is daarom dalk meer voorbereid op die verandering omdat hormonale veranderinge duidelike tekens het.\u201d\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sensitiwiteit-n-gawe-n-vloek\/\">Sensitiwiteit: \u2019n Gawe of \u2019n vloek?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-152248 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/pexels-thelazyartist-1289107-500x375.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"375\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Sleg of goed?<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die middeljarekrisis is nie noodwendig slegs nie. Dit dwing volgens hom \u2019n mens om \u2019n bestekopname van jou lewe te neem; tevrede te voel oor dit wat bereik is; en vrede te maak met dit wat nie gerealiseer het nie. Dis ook die tyd om aanpassings te maak, soos om\u2019 n nuwe stokperdjie te begin of om iets nuuts te studeer. Die uitdaging is om nie in onvergenoegdheid verstrengel te raak nie.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hy s\u00ea: \u201c\u2019n Mens maak bepaalde keuses in jou lewe, byvoorbeeld \u2019n definitiewe beroepskeuse. Keuses sluit dikwels ander moontlikhede uit, maar \u2019n mens hoef nie te sit en tob daaroor nie, veral nie as jy besef daar is geen ideale beroep of lewenskeuse nie.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Nogtans, s\u00ea Louis, die sogenaamde \u201cmiddeljarekrisis\u201d word deur drastiese besluite gekenmerk, en soms kom dit wel voor dat mense in hul veertiger- of vyftigerjare dinge doen of besluit waaroor hulle later intense berou het. As jy dus binne hierdie lewensfase val, sou dit dalk wys wees om enige oorhaastige besluite \u2019n paar keer ekstra lank te oordink!<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\/\">Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Maretha Botes &nbsp; &nbsp; In my internetsoektog na die woord \u201cmiddeljarekrisis\u201d word ek met advertensies en foto\u2019s van spoggerige sportmotors in elke kleur en vorm denkbaar gebombardeer. \u201cMidlife crisis car,\u201d staan daar nogals bo-aan die ry foto\u2019s. Ek raak [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":164676,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,662],"tags":[2491,32536,86266,86267],"class_list":["post-152243","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-jou-lewe","tag-ouderdom","tag-middeljare","tag-midlife-crisis","tag-middeljarekrisis"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Middeljare: Krisis of keerpunt? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Mense in hul middeljare beleef dikwels dat di\u00e9 fase van hul lewe met nuwe stressors gepaardgaan. Wat gebeur regtig in jou middeljare?\u00a0\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/middeljare-krisis-of-keerpunt\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Middeljare: Krisis of keerpunt? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Mense in hul middeljare beleef dikwels dat di\u00e9 fase van hul lewe met nuwe stressors gepaardgaan. Wat gebeur regtig in jou middeljare?\u00a0\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/middeljare-krisis-of-keerpunt\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-05-10T15:50:10+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/pexels-furkanfdemir-6140113.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1919\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1282\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/middeljare-krisis-of-keerpunt\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/middeljare-krisis-of-keerpunt\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Middeljare: Krisis of keerpunt?\",\"datePublished\":\"2026-05-10T15:50:10+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/middeljare-krisis-of-keerpunt\\\/\"},\"wordCount\":1555,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/middeljare-krisis-of-keerpunt\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/pexels-furkanfdemir-6140113.jpg\",\"keywords\":[\"ouderdom\",\"middeljare\",\"midlife crisis\",\"middeljarekrisis\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/middeljare-krisis-of-keerpunt\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/middeljare-krisis-of-keerpunt\\\/\",\"name\":\"Middeljare: Krisis of keerpunt? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/middeljare-krisis-of-keerpunt\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/middeljare-krisis-of-keerpunt\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/pexels-furkanfdemir-6140113.jpg\",\"datePublished\":\"2026-05-10T15:50:10+00:00\",\"description\":\"Mense in hul middeljare beleef dikwels dat di\u00e9 fase van hul lewe met nuwe stressors gepaardgaan. Wat gebeur regtig in jou middeljare?\u00a0\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/middeljare-krisis-of-keerpunt\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/middeljare-krisis-of-keerpunt\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/middeljare-krisis-of-keerpunt\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/pexels-furkanfdemir-6140113.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/pexels-furkanfdemir-6140113.jpg\",\"width\":1919,\"height\":1282,\"caption\":\"Middeljare: Krisis of keerpunt?\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/middeljare-krisis-of-keerpunt\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Middeljare: Krisis of keerpunt?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Middeljare: Krisis of keerpunt? | rooi rose","description":"Mense in hul middeljare beleef dikwels dat di\u00e9 fase van hul lewe met nuwe stressors gepaardgaan. Wat gebeur regtig in jou middeljare?\u00a0","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/middeljare-krisis-of-keerpunt\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Middeljare: Krisis of keerpunt? | rooi rose","og_description":"Mense in hul middeljare beleef dikwels dat di\u00e9 fase van hul lewe met nuwe stressors gepaardgaan. Wat gebeur regtig in jou middeljare?\u00a0","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/middeljare-krisis-of-keerpunt\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2026-05-10T15:50:10+00:00","og_image":[{"width":1919,"height":1282,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/pexels-furkanfdemir-6140113.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/middeljare-krisis-of-keerpunt\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/middeljare-krisis-of-keerpunt\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Middeljare: Krisis of keerpunt?","datePublished":"2026-05-10T15:50:10+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/middeljare-krisis-of-keerpunt\/"},"wordCount":1555,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/middeljare-krisis-of-keerpunt\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/pexels-furkanfdemir-6140113.jpg","keywords":["ouderdom","middeljare","midlife crisis","middeljarekrisis"],"articleSection":["Persoonlike groei","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/middeljare-krisis-of-keerpunt\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/middeljare-krisis-of-keerpunt\/","name":"Middeljare: Krisis of keerpunt? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/middeljare-krisis-of-keerpunt\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/middeljare-krisis-of-keerpunt\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/pexels-furkanfdemir-6140113.jpg","datePublished":"2026-05-10T15:50:10+00:00","description":"Mense in hul middeljare beleef dikwels dat di\u00e9 fase van hul lewe met nuwe stressors gepaardgaan. Wat gebeur regtig in jou middeljare?\u00a0","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/middeljare-krisis-of-keerpunt\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/middeljare-krisis-of-keerpunt\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/middeljare-krisis-of-keerpunt\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/pexels-furkanfdemir-6140113.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/pexels-furkanfdemir-6140113.jpg","width":1919,"height":1282,"caption":"Middeljare: Krisis of keerpunt?"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/middeljare-krisis-of-keerpunt\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Middeljare: Krisis of keerpunt?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/152243","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=152243"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/152243\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":164675,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/152243\/revisions\/164675"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/164676"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=152243"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=152243"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=152243"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}