{"id":151395,"date":"2025-03-10T15:02:28","date_gmt":"2025-03-10T13:02:28","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=151395"},"modified":"2025-03-10T15:02:28","modified_gmt":"2025-03-10T13:02:28","slug":"vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\/","title":{"rendered":"Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is"},"content":{"rendered":"<p><em><span style=\"font-weight: 400;\">Deur Maretha Botes<\/span><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dewitt Jones het 20 jaar lank foto\u2019s vir\u00a0 <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">National Geographic <\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">geneem. Met elke sending was sy opdrag om d\u00edt wat goed is in die w\u00eareld, te vier. Hy het en dit het sy lewe verander. Op sy webwerf, celebratewhatsright.com, s\u00ea hy: \u201cElke dag sou ek foto\u2019s sien wat gemaak het dat ek die lewe wou vier, en ek het gevind daar is soveel meer reg met die w\u00eareld as verkeerd. Dit moedig my aan om die w\u00eareld deur \u2019n positiewe lens te beskou.\u201d Dewitt s\u00ea hoe meer foto\u2019s hy geneem het, hoe meer het hy in hierdie manier van kyk begin glo. Hoe meer hy geglo het, hoe meer sou hy dit raaksien \u2013 dat daar altyd iets is om te vier.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Tania Carriere, \u2019n blogger en \u2019n leierskapsafrigter, skryf dat om dit wat reg is in die lewe te vier, nie beteken om voor te gee daar\u2019s nooit iets fout nie. \u201cOm dit te vier wat reg en goed is, is my rusplek en my wegspringblok. Dit gee my krag en energie om d\u00edt wat verkeerd gaan aan te pak,\u201d s\u00ea sy.<\/span> <span style=\"font-weight: 400;\">Drie vroue vertel hoekom dit belangrik is om jouself, jou gesin en die natuur te vier.\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/makliker-met-moeilike-tieners\/\">Makliker met moeilike tieners: 20 wenke vir beter verhoudings<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Vier jouself<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b>Liezl Thom<\/b><span style=\"font-weight: 400;\"> is \u2019n meester-transformasieafrigter. Sy s\u00ea om jouself te vier, beteken om tyd te maak om werklik dankbaar te wees vir jou lewe en se\u00ebninge. \u201cDaar is verskeie redes waarom ons nie onsself vier nie. Ons is gekondisioneer om selfviering\u00a0 as grootpraat en verwaand te sien. Daar is egter \u2019n reuseverskil tussen \u2019n ego-<\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">trip<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> en \u2019n diep waardering vir jou lewe en prestasies.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Sy glo negatiewe oortuigings en selfsabotasie keer ons dikwels om op ons lewens terug te kyk en te voel ons verdien die goeie wat met ons gebeur. Sy s\u00ea: \u201cSoms glo ons alles moet eers perfek wees voordat ons dit mag geniet. Dit is soos om jou geluk uit te stel. Dit is dieselfde as die idee dat jy eers gelukkig sal wees as jy hierdie of daardie doelwit bereik het. As jy wag vir dinge om perfek te wees, sal jy nooit jouself vier en gelukkig wees nie.<\/span><span style=\"font-weight: 400;\">\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Liezl sien ook\u00a0 mense is bang dat hulle momentum en fokus sal verloor as hulle\u00a0 \u2019n oomblik neem om hulself te vier.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cOm jouself en jou prestasies te vier, is \u2019n keuse en \u2019n hoogs persoonlike benadering tot die lewe. Ons is aan mekaar gesit om te leer deur te speel \u2013 nie net kinders nie, maar volwassenes ook. Een manier om jou sukses te vier, is deur dit pret te maak. Maak die reis na elke doelwit \u2019n prettige reis. Deur op jou suksesse te fokus, of wat jy van jouself hou, leer jy jou onderbewussyn om meer suksesstories in jou lewe raak te sien. Ons onderbewussyn gee ons meer van d\u00edt waarop ons ons aandag fokus. As ons fokus op die dinge om te vier, sal ons dit vind. Om jouself te vier, maak jou veerkragtig. Dit bied jou \u2019n\u00a0 fondasie waarvandaan jy moeiliker tye beter kan hanteer.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Sy s\u00ea \u2019n\u00a0 goeie manier om jouself te vier, is om dagboek te hou. Skryf d\u00edt wat jy van jouself en jou lewe hou, en d\u00edt waarvoor jy dankbaar is, neer.\u00a0 N\u00f3g \u2019n manier is om jouself \u2019n blaaskans te gee. As jy oorwerk is en slegs fokus op die volgende taak op jou lysie, gee jy jouself nie tyd om die goed in die lewe te geniet nie. Maak seker jy maak tyd om dinge te doen waarvan jy hou en gee jouself toestemming om dit te geniet. Doen elke dag iets wat jou laat lag. Kinders skater gemiddeld 300 keer per dag teenoor volwassenes wat maar 17 keer \u2019n\u00a0 dag lag. Bring\u00a0 meer tyd saam met mense deur wat jou laat goed voel oor jouself. \u201cOnthou, ons kinders volg ons voorbeeld. As hulle hoor hoe ons gereeld onsself kritiseer, sal hulle hierdie gedrag naboots. As hulle egter sien hoe ons onsself lief het en vier, gee ons hulle toestemming en maak ons dit vir hulle makliker om selfliefde te kweek,\u201d s\u00ea Liezl.<\/span><\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-positief-leef-langer\/\">Wees positief, leef langer<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Vier jou familie<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b>Emsia Kruger<\/b><span style=\"font-weight: 400;\">, haar man, Charl, en amper-tienerseun, Zander, het in 2019 Switserland toe getrek.<\/span> <span style=\"font-weight: 400;\">Hulle moes hul twee volwasse kinders, Jacques en Christo, in Suid-Afrika agterlaat.\u00a0\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Emsia glo dat God die regte mense op jou pad stuur om jou op verskillende maniere lief te h\u00ea en te ondersteun. Haar familie en aangetroude familie is vir haar ontsettend kosbaar. Sy s\u00ea: \u201c<\/span><span style=\"font-weight: 400;\">\u2019n Seldsame werksgeleentheid in Switserland het in 2019 oor ons pad gekom. Geleenthede en uitdagings dans egter saam. Charl moes in \u0149 nuwe Duitssprekende werksomgewing en Zander by \u2019n\u00a0 internasionale skool met Duits en Spaans as nuwe tale, aanpas. Ek moes my twee oudste seuns en familie in Suid-Afrika agterlaat. Jacques, \u2019n tweedejaarstudent, en Christo, \u2019n matrikulant, moes vinnig op hul eie voete staan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cAfstand en uitdagings het ons gehelp om met nuwe o\u00eb na mekaar te kyk,\u201d vertel Emsia. Met bietjie perspektief sien ons nou innerlike krag en deursettingsvermo\u00eb, in plaas van tekortkominge, raak. Ek vertel my hartsmense hoe trots ek is wanneer ek sien hoe kreatief hulle te werk gaan om moontlikhede raak te sien en hulle hul talente aanwend om \u0149 verskil te maak. My seuns s\u00ea meer gereeld: \u2018Ek waardeer dit. Ek mis Ma. Ek is lief vir Ma.\u2019<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Emsia s\u00ea sy deel gereeld haar hart in briewe\u00a0 aan familie en vriende by die huis en geniet die gesprekke, boodskappe, foto&#8217;s en musiek wat sy in ruil ontvang. \u201cOns het mekaar op \u2019n\u00a0 dieper vlak leer ken en waardeer. Ek beskou dit as \u2019n voorreg om my ma se warm stem vol liefde te hoor en om saam met haar na RSG se eredienste te luister. My suster se humorsin is medisyne vir my siel.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Emsia se liefdestaal is aanraking. \u201cMy hart het gejubel toe ek my seuns n\u00e1 die Covid-tydperk op die lughawe weer styf teen my kon vasdruk. Ons is Suid-Afrika toe met tasse vol geskenke wat ons spesiaal vir elkeen uitgesoek het. Ons vier mekaar deur kosbare tradisies te vier, stories te deel en lekker saam te lag en te kuier. Dit is pure genot om saam nuwe plekke en dinge te ontdek en so herinneringe te bou.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cFamilielede is ondersteuners en getuies van ons elkeen se unieke lewensreis. Ons is dankbaar vir mekaar, en vier mekaar as individue en familie!\u201d<\/span><\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-kind-swaarkry-help-verwerk\/\">Jy kan jou kind swaarkry help verwerk<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Vier die natuur<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b>Erica Terblanche<\/b><span style=\"font-weight: 400;\">, uithou-atleet en stigter van Thrive Guru, s\u00ea in \u2019n samelewing waar verstedeliking teen \u2019n geweldige pas toeneem; werksdruk en stres sy tol eis en mense doodeenvoudig tussen die stad se betonmure vasgevang raak, is dit juis belangrik om tyd in die natuur deur te bring.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cOns is geneig om aan die natuur as iets heeltemal apart te dink\u00a0 \u2013\u00a0 dis buite en ver van ons af. In werklikheid is ons liggame een van die grootste natuurlike wonders. Dink net daaraan hoe jou selle funksioneer en hoe mitochondria energie wek. Jou organe in jou liggaam hou jou aan die lewe, maak dit moontlik vir jou om te beweeg en om jou gevoelens te voel.\u00a0 Dit is dus belangrik om te besef dat die natuur nie ver verwyderd is van ons af nie, maar deel van ons is,\u201d s\u00ea Erica.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Erica kan nie vir haarself \u2019n lewe voorstel waarin sy nie daagliks op een of ander wyse tyd in die natuur bestee nie. Deur haar onderneming, Teach a girl to fish, neem sy groepe mense (dikwels slegs vroue) op \u2019n\u00a0 vyfdagkajaktog na Griekeland se Mediterreense waters. \u201cDie <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">magic <\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">begin wanneer hierdie klomp vroue, met besittings wat in twee skoenbokse kan pas, begin roei en hulself op \u2019n baie basiese manier aan die natuur oorgee. Ons het nie spie\u00ebls vir mooimaak nie. Ons leef uit ons bote en ons moet met wat ookal die see na ons toe kom, hanteer. Soms is dit \u2019n spie\u00eblgladde wateroppervlak, soms is dit storms. Ons gaan slaap wanneer die sterre opkom, en staan op wanneer die son se eerste strale wys. N\u00e1 vyf dae wat jy so op die natuur se ritme ingestel is, is jy skoon gewas. Jy is skoon gewas van enige stres wat deel van die \u2018beskawing\u2019 is. Skoon van die stres wat selfone en konstante blootstelling aan te veel inligting bring. Op di\u00e9 eenvoudig manier van saamwees, raak mense van hulself bevry. Al wat daar is, is die natuur, die see, en die natuur se ritmes. Weet jy, ek let elke keer dieselfde ding op: Hoe langer mense s\u00f3 in die natuur is, hoe mooier word hulle! Ek dink dit gaan oor die suiwer manier van leef, eet en wees. Dit is die ontsettende krag van die natuur. Dit is helend en bevry \u2019n mens van chroniese stres.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Erica s\u00ea as jy in \u2019n\u00a0 dorp of stad woon kan jy steeds daagliks in die natuur kom. \u201cDaar is altyd \u2019n\u00a0 manier,\u201d s\u00ea sy. Sy het \u2019n tyd lank in Londen gewoon. Daar het sy soms, wanneer die Teemsrivier se vlak gesak het, met die noodtrap tot op die sandbank afgeklouter sodat sy net na aan die water kon wees. \u201cOf gaan soek \u2019n stukkie groen waar jy rustig kan word. Gaan eet jou middagete buite, liewer as in jou kantoor of in die kafeteria. Maak \u2019n plan,\u201d s\u00ea sy.\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jys-gn-vloerlap-nie\/\">Jy&#8217;s g\u2019n vloerlap nie! Hier&amp;#8217;s die tekens dat jy misbruik word en hoe jy grense kan stel<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Om die lewe te vier, dit wat ons mens maak, verg \u2019n kopskuif, \u2019n bewuswording, en \u2019n leef-in-die-oomblik-denkwyse. Sit agteroor, gryp jou pen en dagboek, gaan soek die stukkie groen en gee jou geliefdes \u2019n luitjie. Vier jou bestaan en word weer lewendig!<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums-is-dit-tyd-om-aan-te-beweeg\/\">Vriendskappe het ook vervaldatums: Is dit tyd om aan te beweeg?<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Maretha Botes &nbsp; Dewitt Jones het 20 jaar lank foto\u2019s vir\u00a0 National Geographic geneem. Met elke sending was sy opdrag om d\u00edt wat goed is in die w\u00eareld, te vier. Hy het en dit het sy lewe verander. Op [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":151407,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,662],"tags":[5549,42869,85933,86196,86197],"class_list":["post-151395","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-jou-lewe","tag-positiewe-houding","tag-dankbaarheid","tag-menswees","tag-viering","tag-vier-die-lewe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Om die lewe te vier, dit wat vir jou saak maak en energie gee, gaan oor meer as ballonne en sjampanje. Ons kyk hoe, en waarom dit nodig is.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Om die lewe te vier, dit wat vir jou saak maak en energie gee, gaan oor meer as ballonne en sjampanje. Ons kyk hoe, en waarom dit nodig is.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-03-10T13:02:28+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/look-studio-CacIKYvU3BQ-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is\",\"datePublished\":\"2025-03-10T13:02:28+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\\\/\"},\"wordCount\":1679,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/03\\\/look-studio-CacIKYvU3BQ-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"positiewe houding\",\"dankbaarheid\",\"menswees\",\"viering\",\"vier die lewe\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\\\/\",\"name\":\"Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/03\\\/look-studio-CacIKYvU3BQ-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2025-03-10T13:02:28+00:00\",\"description\":\"Om die lewe te vier, dit wat vir jou saak maak en energie gee, gaan oor meer as ballonne en sjampanje. Ons kyk hoe, en waarom dit nodig is.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/03\\\/look-studio-CacIKYvU3BQ-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/03\\\/look-studio-CacIKYvU3BQ-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is | rooi rose","description":"Om die lewe te vier, dit wat vir jou saak maak en energie gee, gaan oor meer as ballonne en sjampanje. Ons kyk hoe, en waarom dit nodig is.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is | rooi rose","og_description":"Om die lewe te vier, dit wat vir jou saak maak en energie gee, gaan oor meer as ballonne en sjampanje. Ons kyk hoe, en waarom dit nodig is.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-03-10T13:02:28+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/look-studio-CacIKYvU3BQ-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is","datePublished":"2025-03-10T13:02:28+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\/"},"wordCount":1679,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/look-studio-CacIKYvU3BQ-unsplash.jpg","keywords":["positiewe houding","dankbaarheid","menswees","viering","vier die lewe"],"articleSection":["Persoonlike groei","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\/","name":"Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/look-studio-CacIKYvU3BQ-unsplash.jpg","datePublished":"2025-03-10T13:02:28+00:00","description":"Om die lewe te vier, dit wat vir jou saak maak en energie gee, gaan oor meer as ballonne en sjampanje. Ons kyk hoe, en waarom dit nodig is.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/look-studio-CacIKYvU3BQ-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/look-studio-CacIKYvU3BQ-unsplash.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vier-die-lewe-drie-vroue-vertel-hoe-en-waarom-dit-nodig-is\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/151395","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=151395"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/151395\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/151407"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=151395"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=151395"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=151395"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}