{"id":150391,"date":"2025-01-21T15:10:41","date_gmt":"2025-01-21T13:10:41","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=150391"},"modified":"2025-01-21T15:13:34","modified_gmt":"2025-01-21T13:13:34","slug":"wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\/","title":{"rendered":"Wanneer seks seer is&#8230; | Wat is die oorsake en behandelingsmoontlikhede?"},"content":{"rendered":"<p><em><span style=\"font-weight: 400;\">Deur Mariette Snyman\u00a0\u00a0<\/span><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cPynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die spreekkamer sien,\u201d s\u00ea dr Jireh Serfontein, \u2019n algemene praktisyn en seksuoloog van Pretoria. \u201cAl toon navorsingstudies een uit vyf vroue sal in hul leeftyd di\u00e9 probleem aan eie lyf voel, is ons Suid-Afrikaanse gemeenskap in wese konserwatief, en daarom bly dit \u2019n taboe onderwerp. Duisende vroue wat met pynlike seks worstel, het nie die vrymoedigheid om hulp te soek nie.<\/p>\n<p>\u201cEk sien soms ouer vroue vir wie seksuele omgang al dekades lank seer is. Party s\u00ea hulle het aanvaar dat die eerste keer vir \u2019n maagd pynlik is en het geglo dit sou mettertyd beter word, maar toe dit nie gebeur nie, het hulle eenvoudig nie geweet wat om daaraan te doen nie. Ander vroue ervaar di\u00e9 probleem n\u00e1 hul eerste swangerskap,\u201d vertel sy.<\/p>\n<p>Dr Jireh s\u00ea dis belangrik om te weet dat pynlike seks nie net \u201cin jou kop\u201d is nie en om die moontlike oorsake en behandelingsmetodes te verstaan. \u201cVroue en hul liefdesverhoudings hoef nie hierdeur benadeel te word nie. Daar is hulp!\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-150397 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/pexels-ketut-subiyanto-4759930-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Oorsake en behandeling<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dr Jireh vertel as \u2019n pasi\u00ebnt haar oor pynlike seks sien, stel sy eers vas of die toestand akuut of chronies is.<br \/>\n\u201cAkute toestande ontstaan skielik en verbeter gewoonlik n\u00e1 korttermynbehandeling. Dit kan veroorsaak word deur onlangse infeksies, byvoorbeeld candida of \u2019n seksueel oordraagbare infeksie soos herpes.<\/p>\n<p>\u201cChroniese of langdurige pyn tydens seksuele omgang het gewoonlik met twee hooftoestande te doen: vaginismus en vestibulodynia. Di\u00e9 twee gaan dikwels hand aan hand.<br \/>\n\u201cVaginismus is die algemeenste oorsaak. Dis die onwillekeurige sametrekking van die spiere rondom die vagina, met die gevolg dat die vaginale kanaal \u2018kleiner\u2019 voel. Pasi\u00ebnte kla tipies dat hulle pyn tydens penetrasie ervaar.<\/p>\n<p>\u201cDis die beste om vaginismus multidissiplin\u00ear te benader. Omdat dit hoofsaaklik \u2019n spierprobleem is, verwys ons pasi\u00ebnte na \u2019n fisioterapeut wat spesiaal opgelei is in die bekkenvloer se funksies \u2013 vir die meeste pasi\u00ebnte is dit \u2019n vreemde gedagte! Hierdie fisio\u2019s help om die vaginale spierspasmas los te maak, die vagina te strek en swak spiere te versterk. Selfs een sessie kan al \u2019n verskil maak. Pasi\u00ebnte kry ook oefeninge om tuis te doen.<\/p>\n<p>\u201cVerder gebruik ons \u2018silikon-dilators\u2019 in vyf groottes om die vagina te rek. Pasi\u00ebnte raak in die privaatheid van hul huis, waar hulle volkome in beheer is, gemaklik met \u2019n voorwerp in die vagina en leer dit hoef nie pynlik te wees nie. Deur van die smalste dilator na die daaropvolgende groottes te vorder, word die vagina geleidelik gestrek.\u201d<\/p>\n<p>Volgerns haar is die behandeling nie goedkoop nie en pasi\u00ebnte van die platteland moet vir gespesialiseerde fisioterapie na stede toe gaan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-150396 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/pexels-ketut-subiyanto-4760134-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cElke vrou se pad is uniek. Soms kry ons vinnig resultate; soms duur dit langer. Die uitkomste is egter uitstekend indien al die kassies vir behandeling getik word: fisioterapie, die gebruik van dilators, en sielkundige berading,\u201d vertel sy.<\/p>\n<p>Sielkundige berading is nodig omdat die pyn nie net in jou kop is nie, maar wel jou psige be\u00efnvloed, noem sy.<\/p>\n<p>\u201cAl is die pyn aanvanklik fisiek, ontwikkel vroue mettertyd \u2019n vrees vir seks: Dink byvoorbeeld aan \u2019n warm stoofplaat wat jy w\u00e9\u00e9t jou hand gaan brand as jy daaraan raak. Talle vroue bereik die punt waar hulle so bang is vir die pyn dat hulle van enige fisieke aanraking wegskram. Hulle wil nie eens hul verhoudingsmaat se hand vashou nie omdat (pynlike) seks kan volg.<\/p>\n<p>\u201cDie berader help om intimiteit stelselmatig na die verhouding terug te bring en hanteer ook trauma uit die verlede, soos verkragting of molestering, wat \u2019n aanleidende rol in vaginismus kan speel.<\/p>\n<p>\u201cDie tweede oorsaak van chroniese pynlike seks is vestibulodynie. Die vestibulum is die klein area rondom die vaginale opening en allodinie is pyn wat iemand ervaar van \u2019n stimulus wat eintlik nie pynlik moet wees nie. Soms is die pyn heeltyd daar \u2013 Dis \u2019n irritasie van die senuwees wat party vroue as \u2018nes om op \u2019n brandende kooltjie te sit\u2019 beskryf.<br \/>\nIn die meeste gevalle, s\u00ea dr Jireh, is die pyn reaktief. Dit word deur aanraking uitgelok, veral tydens die liefdespel. Aanraking aan die buitekant van die vagina, selfs voordat penetrasie plaasgevind het, is reeds pynlik. Party vroue rapporteer ook \u2019n akute brandgevoel wanneer hulle n\u00e1 seks urineer.<\/p>\n<p>\u201cOns toets vir vestibulodynia deur liggies met \u2019n oorstokkie aan die vestibulum te raak. Di\u00e9 toestand kan deur herhaalde candida- of swaminfeksies of \u2019n hormoonwanbalans in die area veroorsaak word. Die wanbalans is lokaal en sal nie noodwendig deur \u2019n bloedtoets aangetoon word nie. Dikwels is die kontrasepsiepil die sondebok.<\/p>\n<p>\u201cVerskeie vorms van die Pil bevat onnatuurlike estrogeen genaamd Ethinylestradiol, wat nie die vermo\u00eb het om die reseptore in die genitale area te vul nie. Die gevolglike gebrek aan estrogeen lei tot droogheid \u2013 want die vel word al hoe dunner \u2013 en neuroproliferasie, die neerlegging van \u2019n oormaat onbeskermde senu-eindpunte. Enige beweging of wrywing in daardie gebied is pynlik.<\/p>\n<p>\u201cOns behandel vestibulodynia met \u2019n room wat die irritasie verminder en die lokale hormoonwanbalans en senuweeprobleem herstel. As die Pil tot die toestand bydra, probeer ons \u2019n ander vorm van kontrasepsie, of ons staak alle vorms van voorbehoeding totdat die pyn geheel en al weg is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-150393 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/becca-tapert-F0ZiHWliGGM-unsplash-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cDis deel van ons benadering om seks vir eers opsy te skuif; elke pynlike ervaring stuur \u2019n negatiewe boodskap na die brein en ons wil daardie ingesteldheid verander.<br \/>\n\u201cSodra vaginale penetrasie nie meer pynlik is nie \u2013 byvoorbeeld as die pasi\u00ebnt suksesvol met die dilators gewerk het \u2013 moet intimiteit weer \u2019n normale deel van die liefdesverhouding raak. Afgesien van sielkundige hulp, pas ons Sensate focus-terapie toe.<\/p>\n<p>\u201cPynlike seks bemoeilik \u2019n liefdesverhouding. Die vrou vind seks onaangenaam of vermy dit; haar maat kan verwerping ervaar, ontoereikend voel, \u2019n lae seksdrang ontwikkel of skuldig voel omdat seks haar seermaak.<\/p>\n<p>\u201cSensate focus help die paartjie om weer met fisieke kontak gemaklik te raak. Hulle begin met nieseksuele aanraking, soos om mekaar bloot \u2019n rugmassering te gee, en vorder dan stap vir stap tot by erotiese aanraking. Daar is re\u00ebls wat die belewenis veilig maak: Goeie kommunikasie en \u2019n openlike gesprek oor wat elkeen se verwagtinge is, dra alles by tot \u2019n sterker emosionele verbintenis. Dit skakel pyn uit.\u201d<\/p>\n<p>Sy vertel voorts dat die pad van pynlike na pynvrye seks nie gelyk is nie, maar berge kan versit word met die nodige ondersteuning en geduld.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em>Dr Jireh Serfontein is die kliniese hoof van My Sexual Health in Pretoria: <a href=\"https:\/\/www.drjirehserfontein.co.za\/\">www.drjirehserfontein.co.za<\/a>\u00a0<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\/\">Kyk nuut na jou huwelik en laat dit vir julle werk<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Mariette Snyman\u00a0\u00a0 &nbsp; &nbsp; \u201cPynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die spreekkamer sien,\u201d s\u00ea dr Jireh Serfontein, \u2019n algemene praktisyn en seksuoloog van Pretoria. \u201cAl toon navorsingstudies een uit vyf vroue sal in hul leeftyd di\u00e9 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":150394,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[1531,5686,86135],"class_list":["post-150391","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-seks","tag-seksuele-gesondheid","tag-pynlike-seks"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Wanneer seks seer is... | Wat is die oorsake en behandelingsmoontlikhede? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Hoewel een uit elke vyf vroue in \u2019n stadium pyn tydens seksuele omgang ervaar, is dit nie \u2019n onderwerp waaroor ons maklik praat nie.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Wanneer seks seer is... | Wat is die oorsake en behandelingsmoontlikhede? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hoewel een uit elke vyf vroue in \u2019n stadium pyn tydens seksuele omgang ervaar, is dit nie \u2019n onderwerp waaroor ons maklik praat nie.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-01-21T13:10:41+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-01-21T13:13:34+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/erke-rysdauletov-hQaPeK_8ns4-unsplash-scaled.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1707\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"2560\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Wanneer seks seer is&#8230; | Wat is die oorsake en behandelingsmoontlikhede?\",\"datePublished\":\"2025-01-21T13:10:41+00:00\",\"dateModified\":\"2025-01-21T13:13:34+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\\\/\"},\"wordCount\":1111,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/01\\\/erke-rysdauletov-hQaPeK_8ns4-unsplash-scaled.jpg\",\"keywords\":[\"seks\",\"seksuele gesondheid\",\"pynlike seks\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\\\/\",\"name\":\"Wanneer seks seer is... | Wat is die oorsake en behandelingsmoontlikhede? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/01\\\/erke-rysdauletov-hQaPeK_8ns4-unsplash-scaled.jpg\",\"datePublished\":\"2025-01-21T13:10:41+00:00\",\"dateModified\":\"2025-01-21T13:13:34+00:00\",\"description\":\"Hoewel een uit elke vyf vroue in \u2019n stadium pyn tydens seksuele omgang ervaar, is dit nie \u2019n onderwerp waaroor ons maklik praat nie.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/01\\\/erke-rysdauletov-hQaPeK_8ns4-unsplash-scaled.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/01\\\/erke-rysdauletov-hQaPeK_8ns4-unsplash-scaled.jpg\",\"width\":1707,\"height\":2560},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Wanneer seks seer is&#8230; | Wat is die oorsake en behandelingsmoontlikhede?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Wanneer seks seer is... | Wat is die oorsake en behandelingsmoontlikhede? | rooi rose","description":"Hoewel een uit elke vyf vroue in \u2019n stadium pyn tydens seksuele omgang ervaar, is dit nie \u2019n onderwerp waaroor ons maklik praat nie.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Wanneer seks seer is... | Wat is die oorsake en behandelingsmoontlikhede? | rooi rose","og_description":"Hoewel een uit elke vyf vroue in \u2019n stadium pyn tydens seksuele omgang ervaar, is dit nie \u2019n onderwerp waaroor ons maklik praat nie.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-01-21T13:10:41+00:00","article_modified_time":"2025-01-21T13:13:34+00:00","og_image":[{"width":1707,"height":2560,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/erke-rysdauletov-hQaPeK_8ns4-unsplash-scaled.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Wanneer seks seer is&#8230; | Wat is die oorsake en behandelingsmoontlikhede?","datePublished":"2025-01-21T13:10:41+00:00","dateModified":"2025-01-21T13:13:34+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\/"},"wordCount":1111,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/erke-rysdauletov-hQaPeK_8ns4-unsplash-scaled.jpg","keywords":["seks","seksuele gesondheid","pynlike seks"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\/","name":"Wanneer seks seer is... | Wat is die oorsake en behandelingsmoontlikhede? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/erke-rysdauletov-hQaPeK_8ns4-unsplash-scaled.jpg","datePublished":"2025-01-21T13:10:41+00:00","dateModified":"2025-01-21T13:13:34+00:00","description":"Hoewel een uit elke vyf vroue in \u2019n stadium pyn tydens seksuele omgang ervaar, is dit nie \u2019n onderwerp waaroor ons maklik praat nie.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/erke-rysdauletov-hQaPeK_8ns4-unsplash-scaled.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/erke-rysdauletov-hQaPeK_8ns4-unsplash-scaled.jpg","width":1707,"height":2560},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-seks-seer-is-wat-is-die-oorsake-en-behandelingsmoontlikhede\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Wanneer seks seer is&#8230; | Wat is die oorsake en behandelingsmoontlikhede?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/150391","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=150391"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/150391\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/150394"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=150391"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=150391"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=150391"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}