{"id":149895,"date":"2024-12-13T10:46:08","date_gmt":"2024-12-13T08:46:08","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=149895"},"modified":"2024-12-13T13:03:40","modified_gmt":"2024-12-13T11:03:40","slug":"ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\/","title":{"rendered":"Ons laaste onderhoud met Annelie Botes, die storievrou sonder weerga"},"content":{"rendered":"<p><em><span style=\"font-weight: 400;\">Deur Willemien Green. <\/span><span style=\"font-weight: 400;\">Foto\u2019s: Gareth Green<\/span><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\"><strong>Annelie Botes<\/strong> is nie net \u2019n storieskrywer nie, maar \u2019n storieverteller van formaat vir duisende lesers. Dit was di\u00e9 lesers wat vir haar gebid het toe sy dodelik siek was. Nou, s\u00ea sy, is daar net herinneringe oor en neem sy afskeid van \u2019n eens goeie lewe.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-149903 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/Rooi-Rose-Nuut-24-1-403x600.jpg\" alt=\"\" width=\"403\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Langs die voetpaadjie van die aftreeoord l\u00ea \u2019n tuintjie. Verruklik in rooi-en-blou blomme getooi. Ek sien onthouklippe, blou bottels, skulpe, houtskywe, roesbruin klippers en Hollandse Delft-ornamente.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">En ek weet: Dis die versinnebeelding van die skrywer Annelie Botes se boeiende verbeeldingsw\u00eareld. Ineengevlegte tablo\u2019s wat jou vasgryp, en vashou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Deur die uitkykvenster van die sonstoep waai sy glimlaggend vanuit haar rolstoel. Die vrou wat ek op die sonstoep tegemoet loop, dra \u2019n bont sigeunerrok.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u2019n Aardse mens. Eerlik en openlik tot in haar murg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Toe Chris, alias die Gryse, met \u2019n houtskinkbord met fyn koppies, \u2019n bypassende teepot en southappies inkom, straal sy erbarming teenoor Annelie behoorlik. Hy noem haar Myta, en s\u00ea hy weet sy wil s\u00e9lf haar tee skink.\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n\n\t\t<style type=\"text\/css\">\n\t\t\t#gallery-2 {\n\t\t\t\tmargin: auto;\n\t\t\t}\n\t\t\t#gallery-2 .gallery-item {\n\t\t\t\tfloat: left;\n\t\t\t\tmargin-top: 10px;\n\t\t\t\ttext-align: center;\n\t\t\t\twidth: 50%;\n\t\t\t}\n\t\t\t#gallery-2 img {\n\t\t\t\tborder: 2px solid #cfcfcf;\n\t\t\t}\n\t\t\t#gallery-2 .gallery-caption {\n\t\t\t\tmargin-left: 0;\n\t\t\t}\n\t\t\t\/* see gallery_shortcode() in wp-includes\/media.php *\/\n\t\t<\/style>\n\t\t<div id='gallery-2' class='gallery galleryid-149895 gallery-columns-2 gallery-size-medium'><dl class='gallery-item'>\n\t\t\t<dt class='gallery-icon portrait'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\/rooi-rose-2024-5\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"480\" height=\"600\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/Rooi-Rose-2024-5-480x600.jpg\" class=\"attachment-medium size-medium\" alt=\"\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/dt><\/dl><dl class='gallery-item'>\n\t\t\t<dt class='gallery-icon portrait'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\/rooi-rose-2024-2\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"480\" height=\"600\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/Rooi-Rose-2024-2-480x600.jpg\" class=\"attachment-medium size-medium\" alt=\"\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/dt><\/dl><br style=\"clear: both\" \/>\n\t\t<\/div>\n\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">N\u00e1 die fotosessie pleitvra Annelie om na haar sawwe bed met die skaapvel terug te gaan, sodat haar pynlike boudbene en stuitjie kan rus. En d\u00e1\u00e1r ryg sy die een storie na die ander uit.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cEintlik is ek nie \u2019n storieskrywer nie; ek is \u2019n storieverteller. As kinders het ek en my sussie Sondae vir die plaaswerkers se kinders Sondagskool gehou. Ek het die Bybel verdraai soos dit my behaag het. Later het Josef uit die put ontsnap en by Jona op \u2019n eiland gaan bly. By die see van Galilea was die vure so groot soos my pa se waenhuis, met ewe groot panne waarin rivierpalings gebak en brood gebraai is.\u201d Stories opmaak was immerdeur haar koshuisjare in die laerskool haar forte.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Oor die vraag wanneer die leserspubliek \u2019n 18de boek kan verwag, raak sy beslis, bykans aanvallend.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cSewentien boeke is gen\u00f3\u00e9g. Met elkeen daarvan moes ek Chris voortdurend eenkant toe stoot. Want daar is sperdatums, of \u2019n karakter wat in die moeilikheid is, en ek kan nie padgee en die arme siel alleen los nie. In <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Katvis<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> het Marja enkelboeie aan en sy kook \u2019n riviergans op \u2019n oopvuur. Wat as sy vooroor in die kole val? In <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Trippel Sewe<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> staan Carla om middernag met \u2019n pap wiel op die verlate Ciskei-pad. Ek het hulle geskep, en ek is hul enigste redder. N\u00f3\u00fa wil ek in my verkreupeldheid elke greintjie van my energie aan Chris uitdeel.\u201d<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-149898 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/Rooi-Rose-Nuut-29-480x600.jpg\" alt=\"\" width=\"480\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">In haar matriekjaar is albei haar ouers aan hartaanvalle dood. Uit woede en onmag het sy haar skooltas met \u00e1lles daarin by tannie Ena Bergh se huis daar in Uniondale in die rivier gaan gooi. Al wat sy uitgehou het, was haar Afrikaanse voorgeskrewe digbundel, <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Digters en digsoorte<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cDit staan vandag nog op my boekrak. En ek het matriek met \u2019n gemiddelde B geslaag.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Sy raak stil en die traanpoele dam in haar o\u00eb op. Nooit in haar verste verbeelding, vertel sy, het sy kon dink dat sy op 66 grootliks bedl\u00eaend sou wees nie. Haar lewe lank was sy \u2019n wakker mens. Tuin gemaak. Kerkorrel gespeel. Vetkoek vir \u2019n tuisnywerheid gebak. Jare in die onderwys as musiekjuffrou gewees. Vir \u2019n inkomste naaldwerk gedoen tot dit gevoel het asof haar rug afknak. Die land platgereis om op honderde verho\u00eb te staan. Onwettig \u2019n ouma in Engeland opgepas. As goewernante vier balhorige koninklike kasteelkinders in toom probeer hou.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Toe kry sy in 2019 \u2019n pyn in haar blaas. Vir drie jaar het dit ongediagnoseerd gegaan. Uiteindelik is dit as \u2019n rekto vaginale fistel (\u2019n tonneltjie tussen die kolon en blaas) gediagnoseer. Teen daardie tyd was sy hondsiek, want die stoelgang het vrylik in haar blaas inbeweeg en die liederlike bakterie\u00eb het haar liggaam beset. Ambulans. Hospitaal. Weer en weer.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cDie uitgerekte nagte in die hospitaal het iets in my gebreek. Meesal het ek nie geweet watter maand dit is nie. Daar is lang tye waarvan ek n\u00edks onthou nie. Ek het 30 kg verloor, en was \u2019n geraamte. \u00c9lke dag het ek huilend by die dokters gesoebat om aandag aan die fistel te gee. Vrugteloos. Een dokter het my selfs \u2019n <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">cry baby<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> genoem.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Sy skeur \u2019n vel papier van die kombuisrol wat neffens haar l\u00ea af, vee haar o\u00eb droog, blaas haar neus; drink \u2019n slukkie gebottelde water.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cAskies, askies &#8230; Daar is baie nagte dat ek wens die doodsengel wil my kom haal. Om 18 uur per dag in \u2019n bed vasgekeer te wees, is folterend. Danksy die skaapvel wat die Gryse vir my gekry het, is ek nog bedseerloos. Maar veral snags is dit net jy en jou herinneringe. Goeies, uit tye van plesier en sukses. Slegtes, oor verkeerde afdraaipaaie.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dis asof sy uit haarself wegglip en vanuit haar onderbewussyn prentjies optower. Oor hoe sy en die Gryse in die jare sewentig in Uniondale se stadsaal op die musiek van <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Seasons in the Sun<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> gedans het. Hul\u00a0 \u00a0 \u00a0 Rudolph-kind se eerste skree in Oudtshoorn se hospitaal.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Vakansies in Hartenbos. Melkkoffie by tannie Dalene Matthee in die hoekhuis. Hoe sy tydens haar navorsing vir <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Klawervier<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> die eenmalige voorreg gehad het om letterlik kaalvoet op die spore van \u2019n luiperd te loop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cIets wat ek nooit sal vergeet nie, is die dag toe die man van Bosbou op Uniondale my hoog in die mensverlate Kammanassieberge gaan wys het waar die bergkwaggas hulself al dekades lank skoonrol. Toe gaan sit ek kruisbeen in die middel van die kaal, wit sandsteenkol, so groot soos \u2019n halwe rugbyveld, en huil hartverskeurend. Sommer oor die voorreg om daar te sit; \u2019n voorreg wat bloedmin mense beskore is,\u201d vertel sy.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Sy herroep hoe sy haar ma met eendedons help kussings stop het. Sy en haar sussie wat modderkoekies bak, versier met pers seringblommetjies. Hoe sy truitjies vir haar Rosa-pop brei. Met \u2019n houtspaan in die koffiebrandpot roer. Papierbootjies op die leivoor laat seil. Onleesbare stories op die silwer papiertjie uit haar ma se Stuyvesant-boksie skryf.\u00a0\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cHerinneringe is al wat ek oor het. Goddank dat ek hulle gemaak en geb\u00eare het.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">En wat nou vorentoe? Haar grootste wens is dat Chris sterk en gesond sal bly, sodat hy haar oor die eindstreep kan abba.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cOns het so baie tye van storms in ons huwelik gehad. Ek het selfs van hom geskei en in die Kalahari gaan skoolhou. En daar op \u2019n haarbreedte \u2019n dom ding aangevang deur te oorweeg om met \u2019n Brahmaanboer te trou. Maar n\u00e1 nege maande het Chris weer met my daar in die Kalahari kom trou. My vreugde op daardie soel lente-aand was grensloos groot.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Wat sy vandag sonder hom sou doen, is ondenkbaar. Hy pas haar soos \u2019n kosbare p\u00earel op. Snags ruil hy haar tydelike stomasakkie sonder om te murmureer, en s\u00ea dis vir hom \u2019n voorreg.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cDan fluit hy \u2018Green Berets\u2019 en stoot my daarna buite toe om na die volmaan te kyk.\u201d Hy stoot haar ook in die rolstoel teen skemertyd se koelte in die <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">village<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> rond en neem haar vir roomys by die see of om soesji te gaan eet.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cOns het besluit ons bly nie in \u2019n aftreeoord nie, maar in \u2019n <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">cottage<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> in \u2019n <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">village<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">. Die inwoners van die <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">village<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> bewys aan ons liefde en omgee sonder einde. Ons verhuising hiernatoe is een van die mees weldeurdagte skuiwe wat ons kon maak. Hulp is net \u2019n paniekknoppie ver. En d\u00edt is vir ons meer werd as korale.\u201d<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-149902 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/rsz_rooi_rose_nuut_21-480x600.jpg\" alt=\"\" width=\"480\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Sy skryf steeds haar weeklikse koerantrubrieke en hou Facebook-vriende op hoogte.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">In September 2023 is die fistel op lange laas reggemaak en die stuk siek kolon verwyder.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cHalleluja, Hosanna. Want binne 24 uur het my gesondheid handomkeer verbeter. Die vergiftigende bakterie is nek omgedraai. Hoewel ek nooit my been sal terugkry nie, v\u00f3\u00e9l ek gesond. Maar n\u00e1 \u2019n tweede amputasie waartydens nalatigheid met die eerste amputasie reggestel is, is Waatlemoentjie nou te kort om ooit \u2019n prostese te dra.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die dag toe sy di\u00e9 verdoemende nuus gekry het, het haar fontein van hoop drooggeloop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cIn my dwaalure in die hospitaal het ek myself deur ons <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">cottage<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> met twee bene sien loop. Afstof, vir die Gryse \u2019n vlakoek bak, gaste by die voordeur sonder \u2019n rystoel ontmoet.\u201d\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit het haar moed verbrysel om te weet daardie drome sal nooit realiseer nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cMaar in die alleennagte wanneer ek vir die koms van die doodsengel wag, blaai en blaai ek deur my lewensboek. Ek neem afskeid van \u2019n eens goeie lewe. Dink aan tienduisende lesers wat op hul knie\u00eb was vir my onthalwe. En die woorde van Golda Meir beier soos begrafnisklokke deur my kop: \u2018<\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Old age is like a plane flying through a storm. Once you\u2019re aboard, there\u2019s nothing you can do<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">.\u2019\u201d\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Wat \u2019n dag daar in die <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">cottage<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">. Wat \u2019n weergalose storievrou daar op haar skaapvel. Wie weet, dalk is daar tog nog \u2019n boek aan die broei.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em><strong>Hierdie artikel het oorspronklik in rooi rose se Julie-uitgawe vanjaar verskyn.<\/strong><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/frank-opperman-oor-pa-lourens-en-nerens-noord-kaap-nie-een-akteur-was-daar-vir-hulself-nie\/\">Frank Opperman oor Pa Lourens en &#8216;N\u00earens, Noord-Kaap&#8217;: \u201cNie een akteur was daar vir hulself nie\u201d<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Willemien Green. Foto\u2019s: Gareth Green &nbsp; Annelie Botes is nie net \u2019n storieskrywer nie, maar \u2019n storieverteller van formaat vir duisende lesers. Dit was di\u00e9 lesers wat vir haar gebid het toe sy dodelik siek was. Nou, s\u00ea sy, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":149901,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[2720,85239],"class_list":["post-149895","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-skrywer","tag-annelie-botes"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ons laaste onderhoud met Annelie Botes, die storievrou sonder weerga | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Annelie Botes is in die ouderdom van 67 oorlede. Sy was nie net \u2019n storieskrywer nie, maar \u2019n storieverteller van formaat vir duisende lesers.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ons laaste onderhoud met Annelie Botes, die storievrou sonder weerga | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Annelie Botes is in die ouderdom van 67 oorlede. Sy was nie net \u2019n storieskrywer nie, maar \u2019n storieverteller van formaat vir duisende lesers.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-12-13T08:46:08+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-12-13T11:03:40+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/Rooi-Rose-Nuut-24-scaled-e1734079014287.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1536\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1181\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Ons laaste onderhoud met Annelie Botes, die storievrou sonder weerga\",\"datePublished\":\"2024-12-13T08:46:08+00:00\",\"dateModified\":\"2024-12-13T11:03:40+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\\\/\"},\"wordCount\":1532,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/12\\\/Rooi-Rose-Nuut-24-scaled-e1734079014287.jpg\",\"keywords\":[\"skrywer\",\"Annelie Botes\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\\\/\",\"name\":\"Ons laaste onderhoud met Annelie Botes, die storievrou sonder weerga | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/12\\\/Rooi-Rose-Nuut-24-scaled-e1734079014287.jpg\",\"datePublished\":\"2024-12-13T08:46:08+00:00\",\"dateModified\":\"2024-12-13T11:03:40+00:00\",\"description\":\"Annelie Botes is in die ouderdom van 67 oorlede. Sy was nie net \u2019n storieskrywer nie, maar \u2019n storieverteller van formaat vir duisende lesers.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/12\\\/Rooi-Rose-Nuut-24-scaled-e1734079014287.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/12\\\/Rooi-Rose-Nuut-24-scaled-e1734079014287.jpg\",\"width\":1536,\"height\":1181},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ons laaste onderhoud met Annelie Botes, die storievrou sonder weerga\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ons laaste onderhoud met Annelie Botes, die storievrou sonder weerga | rooi rose","description":"Annelie Botes is in die ouderdom van 67 oorlede. Sy was nie net \u2019n storieskrywer nie, maar \u2019n storieverteller van formaat vir duisende lesers.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ons laaste onderhoud met Annelie Botes, die storievrou sonder weerga | rooi rose","og_description":"Annelie Botes is in die ouderdom van 67 oorlede. Sy was nie net \u2019n storieskrywer nie, maar \u2019n storieverteller van formaat vir duisende lesers.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-12-13T08:46:08+00:00","article_modified_time":"2024-12-13T11:03:40+00:00","og_image":[{"width":1536,"height":1181,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/Rooi-Rose-Nuut-24-scaled-e1734079014287.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Ons laaste onderhoud met Annelie Botes, die storievrou sonder weerga","datePublished":"2024-12-13T08:46:08+00:00","dateModified":"2024-12-13T11:03:40+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\/"},"wordCount":1532,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/Rooi-Rose-Nuut-24-scaled-e1734079014287.jpg","keywords":["skrywer","Annelie Botes"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\/","name":"Ons laaste onderhoud met Annelie Botes, die storievrou sonder weerga | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/Rooi-Rose-Nuut-24-scaled-e1734079014287.jpg","datePublished":"2024-12-13T08:46:08+00:00","dateModified":"2024-12-13T11:03:40+00:00","description":"Annelie Botes is in die ouderdom van 67 oorlede. Sy was nie net \u2019n storieskrywer nie, maar \u2019n storieverteller van formaat vir duisende lesers.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/Rooi-Rose-Nuut-24-scaled-e1734079014287.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/Rooi-Rose-Nuut-24-scaled-e1734079014287.jpg","width":1536,"height":1181},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-laaste-onderhoud-met-annelie-botes-die-storievrou-sonder-weerga\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ons laaste onderhoud met Annelie Botes, die storievrou sonder weerga"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/149895","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=149895"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/149895\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/149901"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=149895"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=149895"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=149895"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}