{"id":147108,"date":"2024-08-12T16:28:46","date_gmt":"2024-08-12T14:28:46","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=147108"},"modified":"2024-08-12T16:28:46","modified_gmt":"2024-08-12T14:28:46","slug":"familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\/","title":{"rendered":"Familievervreemding: Wanneer vriende die nuwe familie word"},"content":{"rendered":"<p><em><span style=\"font-weight: 400;\">Deur Anne Marais<\/span><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">In die immergewilde <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Friends<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> wat tot \u0149 paar jaar gelede uitgesaai is, het die karakters tot \u0149 vriendekring behoort wat soos familie is. Deesdae vind al meer mense hul \u201cfamilie\u201d onder vriende en familievervreemding is besig om toe te neem.\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Volgens <\/span><b>Tarien Roux<\/b><span style=\"font-weight: 400;\">, \u2019n lewensafrigter, behels familievervreemding om tydelik of permanent kontak met familie te verbreek.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cDit kan geleidelik of skielik gebeur. Dit is gewoonlik die resultaat van onopgeloste langtermyn- kwessies.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u00a0<\/span><b>Simone Vink<\/b><span style=\"font-weight: 400;\">, \u2019n kliniese sielkundige, voeg by dat dit ook net kan behels om minder tyd saam met familie deur te bring. \u201cDit behels om jouself fisiek, sowel as emosioneel, van jou familie te distansieer.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><b>Mariette Joubert<\/b><span style=\"font-weight: 400;\">, \u2019n maatskaplike werker, s\u00ea party individue sal net sekere lede van hul familie verwerp en wel kontak met \u0149 ander deel van die familie maak.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-147115 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/pexels-kampus-5935189-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Hoekom gebeur dit?<\/b><span style=\"font-weight: 400;\">\u00a0<\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Tarien s\u00ea daar is gewoonlik ses hoofredes. \u201cDit sluit in mishandeling of verwaarlosing, die begunstiging van sekere kinders bo ander en onderlinge wedywering tussen sibbe. Egskeiding kan ook daartoe lei dat een ouer van kinders vervreem. Konflik rondom geld soos \u0149 gebrek aan ondersteuning of selfs geldelike uitbuiting is \u0149 ander rede. Nog iets wat kan lei tot vervreemding is verskille rondom waardes en lewenstyl, veral verskille rondom politiek, godsdiens, seksuele ori\u00ebntasie, beroepskeuses en keuses van huweliksmaats.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cVersuim om aan sekere verwagtinge te voldoen speel ook \u0149 rol. \u0149 Verdere bydraende faktor is ongediagnoseerde geestesversteurings.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Simone voeg by dat wanneer familielede mekaar nie aanvaar nie en die familie-eenheid nie meer \u0149 veilige ruimte is nie of wanneer iemand aan \u0149 narsistiese persoonlikheidversteuring lei, dit ook probleme kan veroorsaak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u00a0\u201cPersoonlikheidsbotsings en onopgeloste misverstande is \u0149 verdere rede,\u201d noem sy.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u00a0Mariette s\u00ea daar is verskeie redes hoekom individue hulle van hul families afsny. \u201cDit sluit in trauma soos mishandeling en kulturele verskille. Wanneer \u0149 ouer weer trou, kan die familie of kinders uit vorige verhoudings dalk nie die nuwe lewensmaat goedkeur nie en bande met die ouer breek. Tydens egskeiding kan een ouer die kind dalk negatief teen die ander ouer be\u00efnvloed. Sommige families het weer\u00a0 \u0149 familielid wat die familie bymekaar hou en geleenthede vir kontak skep. As daardie persoon afsterwe, raak die kontak soms geleidelik minder totdat daar geen kontak meer is nie. Baie familie is ook al as gevolg van hul ouers se testament van mekaar vervreem. Wanneer die kinders nie erf wat hulle gevoel het hulle toekom nie, kan familiekonflik ontstaan. Sommige familielede mag immigreer. Soos wat hulle nuwe vriende maak en deel van \u0149 gemeenskap word, begin hulle al minder kontak met hul familie hou. Mettertyd vervaag die kommunikasie en word die kontak verbreek.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\/\">5 dinge wat niemand jou vertel voor jy trou nie<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Hoekom is dit soms nodig?\u00a0\u00a0<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Tarien s\u00ea familievervreemding neem toe wanneer mense konstant afgebreek word of verskille nie gerespekteer word nie, en dit kan dit mense se lewensgehalte en innerlike vrede negatief be\u00efnvloed. Volgens Simone is familievervreemding soms noodsaaklik omdat die familie nie langer \u0149 veilige ruimte is nie en die situasie ongesond is, veral wanneer daar gepoog is om te versoen en dit nie gewerk het nie. Mariette voeg by dat sommige families toksies is, wat die individue se geestesgesondheid negatief be\u00efnvloed. \u201cSommige mense wat persoonlikheidsversteurings soos grenspersoonlikheidsversteuring, gedragsversteuring of narsissistiese persoonliheidversteuring het, kan nie verander nie. As\u00a0 \u0149 persoon in so \u2019n verhouding bly, kan dit veroorsaak dat die persoon aan mishandeling blootgestel bly. Die individue se geestesgesondheid word negatief be\u00efnvloed en dit kan selfs tot selfdood of \u0149 gesinsmoord lei.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><b>Ester de Beer<\/b><span style=\"font-weight: 400;\">, \u2019n kliniese sielkundige, s\u00ea familievervreemding is noodsaaklik wanneer chroniese fisieke of verbale mishandeling tussen familielede voorkom. \u201cWanneer emosionele manipulasie voorkom of iemand nie \u0149 familielid se grense respekteer nie, kan dit ook nodig wees om kommunikasie op sosiale media te blok.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-147112 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/pexels-askar-abayev-5638577-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Kenmerke en uitdagings<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Mariette s\u00ea\u00a0 individue praat tipies nie oor hul familie nie. \u201cHulle sal soms s\u00ea dat hulle hul families afgeskryf het. Die individue sal soms baie woede en aggressie weerspie\u00ebl teenoor die familie wat vervreem is en sal ook hartseer, rou en verlies ervaar. Individue kan ook sukkel om op die duur positiewe verhoudings te bou.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Simone s\u00ea tipiese uitdagings is dat mense in wese sosiaal is. \u201cVervreemding kan daartoe lei dat mense isolasie en vereensaming beleef. Hulle kan selfs van hulself vervreem raak en dit is uiters ongesond.\u201d Mariette voeg by dat omdat die individu nooit \u0149 hegte band met hul familie gevorm het nie, kan dit verhoudingsprobleme in die toekoms veroorsaak. \u201cDie individue kan sukkel met \u0149 lae selfbeeld, woede-uitbarstings, depressie en swak geestesgesondheid. Individue kan hulle fisies afsny van familie, maar die emosionele band sal altyd daar wees. Dit veroorsaak baie geestesgesondheidsuitdagings.\u201d\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-147117 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/pexels-mart-production-8885498-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Hoe moet dit hanteer word en wat is die oplossing?\u00a0<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Tarien s\u00ea versoening is nie altyd moontlik nie, maar omdat vervreemding \u0149 afbreking van kommunikasie is, kan dit help om mens se kommunikasievaardighede te verbeter. \u201cDis belangrik om jou behoeftes en grense duidelik te kommunikeer. Onthou ook dat niemand perfek is nie; ons het almal foute. Dit mag soms nodig wees om te vergewe en die kwessie net te laat gaan. Dis ook noodsaaklik om te luister sonder om op die verdediging te wees en nie bloot aannames te maak nie.\u201d Sy s\u00ea verder aanvaarding en validasie is belangrik, maar \u2019n mens moet onthou verskille stel mens aan nuwe idees bloot.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Simone s\u00ea as jy jou in \u0149 situasie van vervreemding bevind, mag dit nodig wees om terapie te kry. \u201cAs jy kontak moet verbreek moet dit op die gesondste manier moontlik geskied. Oop kommunikasie is uiters belangrik.\u201d Ester s\u00ea om jou totaal af te sny van \u0149 familielid behoort die laaste uitweg te wees. \u201cPsigoterapie kan van groot waarde wees om die slagoffer in staat te stel om selfhandhawingsvaardighede te ontwikkel.\u00a0Volwassenes laat dikwels toe dat hul ouers of ouer familielede wat hulle as kind geboelie het, hulle steeds as volwassenes manipuleer om hul sin te kry. Psigodinamiese insigte is belangrik, want die volwassene regresseer na die ego-staat van die ouderdom wat hulle was toe die familielid hulle mishandel het en reageer steeds uit \u0149 plek van vrees vir verwerping.\u00a0Dit kan tyd neem om die wanfunksionele gedragspatrone te verbreek.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Ester voeg by dat sekere gevalle van familievervreemding voorkom kan word wanneer daar betyds by kliniese sielkundiges aangeklop word.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cSoms is daar onderliggende versteurings wat eers behandel moet word voordat verhoudingsterapie suksesvol toegepas sal kan word. Vele konfliksituasies sal nie tot s\u00f3 \u0149 mate eskaleer dat dit permanente vervreemding veroorsaak as mense betyds konflikhanteringsvaardighede aanleer nie.\u00a0Baie keer is mense net onkundig oor h\u00f3\u00e9 om oor verskille te praat.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Sy s\u00ea verder kommunikasiefoute wat eindelik tot vervreemding kan lei sluit onder meer die volgende in:\u00a0 afbrekende kritiek, disrespekvolle kommunikasie, om verdedigend te wees en nie verantwoordelikheid te aanvaar vir verkeerde optrede nie, om verskoning te vra en gedrag nie te verbeter nie, maar teenaanvalle van stapel te stuur wanneer foute uitgewys word, asook om stilstuipe te kry.\u00a0Sielkundiges kan mense help om moeilike gesprekke, wat gewoonlik op \u0149 bakleiery uitgeloop het, beskaaf te h\u00ea.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Mariette s\u00ea in albei gevalle waar vervreemding nodig was of nie nodig was nie, is dit nodig dat die individu terapie ontvang.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cDit is baie moeilik om jou familie af te skryf (al mag dit in jou beste belang wees). As hereniging in die beste belang van die familie is, moet al die familielede betrek word. Die familielede wat direk by die vervreemding betrokke was sal genader moet word. Herstellende gesprekke en mediasie kan dan benut word om die verhoudings te begin herstel. Bindingsterapie kan ook gebruik word. Die familielede moet stelselmatig kontak herstel.\u201d Sy s\u00ea verder dat indien dit beter vir die individu is om hul van die familie te vervreem, is dit goed om nuwe ondersteuningstelsels te ontwikkel \u2013 byvoorbeeld kerkgroepe, vriendekringe of kollegas. Volgens Ester is daar geen twyfel daarin nie dat vriende in vele gevalle hul \u201chartsfamilie\u201d word nie. \u201cHierdie hartsfamilie kan dieselfde funksie as goeie bloedfamilie vervul. Ek hoor dikwels in my praktyk dat \u0149 goeie ouer vriend soos \u0149 ouboet is wat iemand nooit gehad het nie of dat \u0149 ouer vriendin vir hulle \u0149 ma geword het.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-maniere-om-meer-selfvertroue-te\/\">5 maniere om meer selfvertroue te h\u00ea<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-147118 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/pexels-wildlittlethingsphoto-697244-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Vind jou trop\u00a0<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">As jy van jou familie vervreemd is, kan jy\u00a0 ondersteuning by sogenaamde \u201ctroppe\u201d (kerkgroepe, vriendekringe of werkskollegas) vind. Hier is \u0149 paar wenke om joune te vind:<\/span><\/p>\n<ul>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Weet wie jy is en ken jouself.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Identifiseer jou behoeftes en weet waarna jy soek.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Fokus op mense met gemeenskaplike belangstellings en waardes.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Reik soms eerste uit.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Moenie bang wees om nuwe dinge te probeer nie.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400;\" aria-level=\"1\"><span style=\"font-weight: 400;\">Dit mag nodig wees om aan verskillende troppe te behoort om in al jou behoeftes te voorsien.<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b>Bronne: <\/b><\/p>\n<p><em>www.wanderlust.com\u00a0<\/em><\/p>\n<p><em>www.theladders.com\u00a0<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b>Nuttige Internetskakels<\/b><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.psychologytoday.com\/za\/blog\/400-friends-who-can-i-call\/202103\/5-myths-and-realities-about-finding-your-tribe\"><b>www.psychologytoday.com<\/b><\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.theparticipationcompany.com\"><b>www.theparticipationcompany.com<\/b><\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.deerheartcoaching.co.za\"><b>www.deerheartcoaching.co.za<\/b><\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.bloemfonteinpsychologist.co.za\/\"><b>www.bloemfonteinpsychologist.co.za<\/b><\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/7-maniere-hoe-jy-n-beter-vriendin-kan-wees\/\">7 maniere hoe jy \u2019n beter vriendin kan wees<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Anne Marais &nbsp; &nbsp; In die immergewilde Friends wat tot \u0149 paar jaar gelede uitgesaai is, het die karakters tot \u0149 vriendekring behoort wat soos familie is. Deesdae vind al meer mense hul \u201cfamilie\u201d onder vriende en familievervreemding is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":147110,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,662],"tags":[2599,4159,9507,59918,85905],"class_list":["post-147108","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-vriendskap","tag-familie","tag-vriendskappe","tag-familiebande","tag-familievervreemding"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Familievervreemding: Wanneer vriende die nuwe familie word | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die moderne samelewing en veranderde waardes dra daartoe by dat mense die lewe op \u0149 nuwe manier benader. Familiebande is dikwels minder belangrik.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Familievervreemding: Wanneer vriende die nuwe familie word | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die moderne samelewing en veranderde waardes dra daartoe by dat mense die lewe op \u0149 nuwe manier benader. Familiebande is dikwels minder belangrik.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-08-12T14:28:46+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/pexels-askar-abayev-5638612.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Familievervreemding: Wanneer vriende die nuwe familie word\",\"datePublished\":\"2024-08-12T14:28:46+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\\\/\"},\"wordCount\":1480,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/08\\\/pexels-askar-abayev-5638612.jpg\",\"keywords\":[\"vriendskap\",\"familie\",\"vriendskappe\",\"familiebande\",\"Familievervreemding:\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\\\/\",\"name\":\"Familievervreemding: Wanneer vriende die nuwe familie word | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/08\\\/pexels-askar-abayev-5638612.jpg\",\"datePublished\":\"2024-08-12T14:28:46+00:00\",\"description\":\"Die moderne samelewing en veranderde waardes dra daartoe by dat mense die lewe op \u0149 nuwe manier benader. Familiebande is dikwels minder belangrik.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/08\\\/pexels-askar-abayev-5638612.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/08\\\/pexels-askar-abayev-5638612.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Familievervreemding: Wanneer vriende die nuwe familie word\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Familievervreemding: Wanneer vriende die nuwe familie word | rooi rose","description":"Die moderne samelewing en veranderde waardes dra daartoe by dat mense die lewe op \u0149 nuwe manier benader. Familiebande is dikwels minder belangrik.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Familievervreemding: Wanneer vriende die nuwe familie word | rooi rose","og_description":"Die moderne samelewing en veranderde waardes dra daartoe by dat mense die lewe op \u0149 nuwe manier benader. Familiebande is dikwels minder belangrik.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-08-12T14:28:46+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/pexels-askar-abayev-5638612.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Familievervreemding: Wanneer vriende die nuwe familie word","datePublished":"2024-08-12T14:28:46+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\/"},"wordCount":1480,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/pexels-askar-abayev-5638612.jpg","keywords":["vriendskap","familie","vriendskappe","familiebande","Familievervreemding:"],"articleSection":["Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\/","name":"Familievervreemding: Wanneer vriende die nuwe familie word | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/pexels-askar-abayev-5638612.jpg","datePublished":"2024-08-12T14:28:46+00:00","description":"Die moderne samelewing en veranderde waardes dra daartoe by dat mense die lewe op \u0149 nuwe manier benader. Familiebande is dikwels minder belangrik.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/pexels-askar-abayev-5638612.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/pexels-askar-abayev-5638612.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/familievervreemding-wanneer-vriende-die-nuwe-familie-word\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Familievervreemding: Wanneer vriende die nuwe familie word"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/147108","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=147108"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/147108\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/147110"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=147108"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=147108"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=147108"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}