{"id":146115,"date":"2024-07-08T17:18:07","date_gmt":"2024-07-08T15:18:07","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=146115"},"modified":"2024-07-08T17:18:23","modified_gmt":"2024-07-08T15:18:23","slug":"wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\/","title":{"rendered":"Wenke om julle huweliksboot weg van die rotse te keer"},"content":{"rendered":"\n<p><em>Deur LUISA VAN DER LINDE<\/em>\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p>Ervaar jy nog vreugde in jou verhouding en is dit nog vir jou lekker om tyd saam met die man of vrou in jou lewe te bestee. Is julle nog lief vir mekaar of is julle nou net huismaats?\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Wynand Jacobs, <\/strong>skrywer van <em>Connection:<\/em> <em>A journey towards intimacy, <\/em>uitvoerende direkteur by FamilyLife Nieu-Seeland en huwelikskursusaanbieder, s\u00ea dis nie \u2019n skande om te erken dat jy en jou maat se bootjies soms van mekaar wegdryf nie. \u201cDie lewe is aan die gang en daar is oomblikke waar mense gaan stilstaan en wonder \u2018waar is die opgewondenheid oor ons verhouding heen?\u2019\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Om \u2019n band met \u2019n geliefde te verloor, dien as sneller vir gevoelens van diep hartseer en angstigheid,\u201d s\u00ea <strong>Truida Heyman, <\/strong>\u2019n Kaapse sielkundige berader. Sy s\u00ea as \u2019n mens vir iemand lief raak en jouself tot \u2019n verhouding verbind en jou hart vir \u2019n geliefde oopmaak, maak dit jou ook weerloos.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Alicia Bestbier<\/strong>, \u2018n opvoedkundige sielkundige en berader, meen daar is baie druk op verskeie gebiede in mense se lewe, veral wat finansies betref. \u201cMense met kinders het nie net hul eie skedules om rondom te werk nie, maar moet ook inval by die res van die gesin se sport-, kultuuraktiwiteite, huiswerk en eksamens. Dit raak moeilik om gehaltetyd met mekaar deur te bring en makliker om mekaar laaste op die prioriteitslys te sit.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"682\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/pexels-cottonbro-3692760-682x1024.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-146117\"\/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-08fe5ba9b9d1b3fb9136ecec42ffd5bf\"><strong>As die gevaarligte flikker<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Kenners meen die volgende kan \u2019n aanduiding wees dat verhoudingsbote uitmekaar dryf:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Jy probeer jou maat beheer. Dis eintlik gesonder om saam te erken dat julle verskil!\u00a0<\/li>\n\n\n\n<li>Jul verhouding word deur wantroue en jaloesie gekenmerk, byvoorbeeld as jy gedurig skelm kyk wat op jou maat se foon aangaan.\u00a0<\/li>\n\n\n\n<li>Jy jok vir jou maat oor geld.\u00a0<\/li>\n\n\n\n<li>Julle praat nie meer oor emosies of gevoelens nie, of julle besef julle het niks om oor te gesels nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Julle het geen gemeenskaplike belangstellings nie.\u00a0<\/li>\n\n\n\n<li>Daar is bykans geen tyd wat net julle twee saam deurbring nie\u00a0 c.<\/li>\n\n\n\n<li>Een of albei voel afgestomp en verwyderd van mekaar.<\/li>\n\n\n\n<li>Julle baklei gereeld, meer as wat julle gesels.<\/li>\n\n\n\n<li>Prioriteite het verander. Julle wil nie eers probeer om die vlammetjie te laat brand nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Julle het elkeen jul eie sosiale lewens en kuier apart by vriende en familie.<\/li>\n\n\n\n<li>Een of albei van julle betrek die familie en\/of skoonfamilie wanneer julle baklei.<\/li>\n\n\n\n<li>Julle verskil oor die huishouding se dissipline of baklei voor die kinders.<\/li>\n\n\n\n<li>Jy of jou maat ignoreer mekaar se intieme en seksuele behoeftes.\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Truida s\u00ea: \u201c\u2019n Paartjie se verhouding in die slaapkamer weerspie\u00ebl die res van die verhouding, intimiteit impliseer dat die verhouding veilig genoeg is om broosheid te wys. Dis wanneer jy maar jou skanse kan laat sak en fisiek met \u2019n ander persoon deel. As julle heeldag baklei, gaan dit baie moeilik wees om intimiteit \u2019n prioriteit te maak.\u201d\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"682\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/pexels-gustavo-fring-5197779-682x1024.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-146119\"\/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-9aba22f08b120886ad8bcf52e3891bbe\"><strong>Hoe erg is dit eintlik?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Die ekstra afstand is nie noodwendig in alle gevalle \u2019n probleem nie, s\u00ea sielkundige-berader<strong> May Soo <\/strong>op die webwerf <em>rwapsych.com.au.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Daar kan \u2019n goeie rede wees waarom dit nou voel asof daar \u2019n probleem is.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>May noem dat jou maat dalk net oorweldig deur al die lewenseise voel en net \u2019n bietjie alleentyd kort.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p>Jou maat kan dalk ook gespanne of depressief voel en probeer om deur \u2019n moeilike tyd te kom.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p><em>May voel afstand tussen twee maats is wel<strong> \u2019<\/strong>n probleem wanneer &#8230;.\u00a0\u00a0<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>&#8230; Dit \u2019n geruime tyd voortduur.<\/p>\n\n\n\n<p>&#8230; Een maat hom- of haarself totaal van die ander party afsny (<em>stonewalling<\/em>).&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>&#8230; Daar \u2019n\u00a0 wanfunksionele patroon voorkom van een maat wat heeltyd meer aandag soek en \u2019n ander wat onttrek.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-4211f7b191de1f032e626667cf7f83e8\"><strong>Hoekom is intimiteit so belangrik?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Wynand voel intimiteit en om liefde te ervaar is die doel van \u2019n huwelik\/.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDis belangrik om oop en eerlik met mekaar te wees en te praat oor die dinge wat op jul hart l\u00ea. En om een te wees en mekaar ten volle te ken. As \u2019n mens werklike intimiteit wil ervaar, moet jy doelbewus dankbaar wees en op jou verhouding fokus. Selfs groot ondernemings dryf soms weg van hul oorspronklike missie. Goeie gebeure, soos die toevoeging van kinders tot die gesin, kan ook jul fokus van mekaar verskuif. Julle is nie noodwendig op pad rotse toe as jy begin uitmekaardryf nie, maar dit kos tyd en energie om weer die klem te laat val op wat saak maak.\u201d\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vaal-huwelik-ja-jy-kan-joune-red\/\">Vaal huwelik? Ja, jy kan joune red<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/pexels-vlada-karpovich-5790838-1024x683.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-146121\"\/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-3e1c4075331bff5512640d637126d1a3\"><strong>Wenke om die boot weg van die rotse te keer<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li><strong>Onthou hoe en hoekom jul paadjies byeengekom het.\u00a0<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p>Identifiseer die aspekte wat daardie aanvanklike romantiese gevoelens teenoor jou maat laat posvat het. Doen eerlike selfondersoek en kyk of jy nie jou maat as vanselfsprekend aanvaar nie. Gesels oor jul huwelik. Elke maat kan \u2019n punt uit tien gee en motiveer hoekom hulle so voel. Jy gaan dalk verras wees om jou maat se antwoord te hoor.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li><strong>Begin om weer te kommunikeer.<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p>\u201cKommunikasie is die lewensbloed van \u2019n verhouding,\u201d s\u00ea Truida.&nbsp; \u201cAlle verhoudings gaan deur \u2019n tyd van ontnugtering. Alle verhoudings beweeg van ekstatiese verliefdheid, waar \u2019n mens amper \u2019n god en godin op jou geliefde projekteer, na ontnugtering wanneer jy besef jou geliefde is net \u2019n feilbare mens wat jou soms teleurstel.\u201d Sy s\u00ea tydens di\u00e9 fase, waar jy ook agterkom jou maat is baie anders as jyself, is daar gulde geleentheid om die onbekende eiland van jou maat te begin verken.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li><strong>Gaan op \u2019n ontdekkingsreis om jou maat beter te verstaan.\u00a0<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p>Truida beveel aan dat jy uitvind wat jou maat se liefdestaal is en wat jy kan doen om hom of haar geliefd te laat voel. Wat maak jou maat gelukkig? Is dit aanraking, woorde van waardering, praktiese hulp en ondersteuning, \u2019n geskenk, of spesiale tyd saam? \u201cDeur jou maat gereeld geliefd te laat voel, hou jy die persoon se liefdestenk vol en irritasievlak laag. Leer ken jou maat se temperament. Hy\/sy mag dalk \u2019n introvert wees terwyl jy tussen mense en aktiwiteite floreer. Hy\/sy mag dalk hou van avontuur terwyl jy \u2019n veilige voorspelbare beplande lewe verkies.\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li><strong>Emosionele letsels<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p>\u201cJulle kom ook uit totaal verskillende families en het verskillende emosionele letsels opgedoen. Probeer die ander persoon se agtergrond verstaan. Die moeiliker uitdaging is dus om uit te vind watter kwetsende knoppies julle by mekaar druk. Hoe kommunikeer jy dit?\u201d<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li><strong>Laat die klein oomblikke tel<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p><strong>Prof Barbara Fredrickson, <\/strong>skrywer van die boek <em>Love 2.0 <\/em>s\u00ea mense redeneer agterstevoor om wanneer dit by liefde kom.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c\u2019n Sterk verbintenis en diep geneentheid jeens \u2019n maat is die produkte van liefde, nie die oorsaak nie.\u201d Sy s\u00ea dis nie groot dade van passie wat \u2019n verhouding versterk nie, maar eerder die klein mikro-oomblikke van warmte en verbintenis wat elke oomblik van elke dag gebeur. Di\u00e9 oomblikke verander verhoudings progressief soos die tyd verbygaan. \u201c<\/p>\n\n\n\n<p>Huweliksghoeroe en -navorser <strong>John Gottman<\/strong>, stem saam en s\u00ea dat klein oomblikke deur die dag, is die oomblikke waaraan gelukkige mense saam kan bou. Dis wanneer julle mekaar groet, of waneer jule saamlag, of wanneer julle gesels. Hoe praat julle met mekaar?<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li><strong>Maak jul verhouding prioriteit<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p>Wynand en Alicia s\u00ea dis nodig vir paartjies om alleentyd deur te bring.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Beplan \u2019n vakansie, naweek weg of gereelde afspraakaand. Enigiets wat vir jou maat die boodskap gee dat jy omgee en lief vir hom of haar is.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Doen ook meer moeite om jou maat se stokperdjies en belangstellings te ondersoek.<\/p>\n\n\n\n<p>Skeduleer afspraakaande.<\/p>\n\n\n\n<p>Gee jou maat opregte komplimente, al is dit per WhatsApp.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Om mekaar te waardeer en die goeie vir mekaar uit te lig, is moontlik. Soen jou wederhelf vir 20 sekondes. Maak oogkontak as julle met mekaar gesels.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"768\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/pexels-ekaterina-nt-78159118-10068017-768x1024.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-146118\"\/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-87b05823e992c8d588b03b995964dbef\"><strong>Wanneer is dit \u2018SOS\u2019-tyd?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Truida s\u00ea dit is altyd wys om terapie te oorweeg as dit voel asof daar nie meer \u2019n band tussen julle is nie.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201c\u2019n Terapeut skep \u2019n veilige ruimte waar \u2019n paartjie makliker oor hul onderskeie behoeftes en vrese kan gesels, en waar hindernisse makliker uit die weg geruim kan word. In \u2019n terapeutiese ruimte leer maats om mekaar beter te verstaan. Dis gewoonlik \u2019n verligting vir paartjies om te besef dat hul maat hulle nie opsetlik seermaak nie. Hulle leer ook om hul eie verdedigingsmeganismes beter te verstaan en te beheer.\u201d&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Volgens haar begin \u2019n verhouding weer herleef wanneer verhoudingsmaats ervaar dat die ander maat hul gevoelsw\u00eareld verstaan.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cHulle voel nie meer bang om gestraf te word as hulle \u2019n emosie verwoord nie. In hierdie emosioneel veilige ruimte kan seksuele intimiteit weer opvlam. As jou maat se liefdestaal fisieke kontak is, kan spontane seks dan soms die veilige ruimte skep om emosioneel intieme gesprekke te h\u00ea,\u201d s\u00ea Truida.\u00a0\u00a0\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/so-verseker-jy-n-sorgelose-aftrede\/\">S\u00f3 verseker jy \u2019n sorgelose aftrede<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-a1d2e788ffdb2ba2b8a0ec5b67211128\"><strong>Onthou wel &#8230;<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Truida se raad sonder die volgende buitengewone gevalle uit:&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>* As die maats uitmekaardryf omdat \u2019n derde persoon in die prentjie gekom het, is dit moeilik om sonder terapie die verhouding te probeer herstel.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>* As die paartjie nie meer respek vir mekaar het nie, is dit bitter moeilik om die verhouding te herstel. Kry \u2019n terapeut se inset.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>* As een van die maats \u2019n geskiedenis van onverwerkte trauma het, is dit baie moeilik om \u2019n verhouding bo die water te hou.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>* Wanneer een van die maats aan \u2019n ernstige geestestoestand soos ernstige depressie, verslawing (dit sluit sosiale media-verslawing in) of persoonlikheidsprobleem ly en weier om hulp te kry, is dit baie moeilike om \u2019n verhouding te laat werk.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong><em>BRONNE:\u00a0<\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>Wynand Jacobs: <\/strong><a href=\"mailto:wynand@familylife.nz\">wynand@familylife.nz<\/a> of in Suid-Afrika vir Gerrie Holtzhausen: gerrievh@cccsa.org.za<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>Alicia Bestbier<\/strong>: <a href=\"mailto:aliciabestbier.edp@gmail.com\">aliciabestbier.edp@gmail.com<\/a><\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>Bykomende bronne:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/www.drphil.com\/advice\/6-signs-your-marriage-is-falling-apart-and-how-to-fix-it\/\">www.drphil.com<\/a>, <a href=\"http:\/\/www.marriagemax.com\">www.marriagemax.com<\/a>, <a href=\"http:\/\/www.kathleensnydermft.com\">www.kathleensnydermft.com<\/a>,\u00a0<a href=\"http:\/\/www.themarriagerestorationproject.com\">www.themarriagerestorationproject.com<\/a>, <a href=\"https:\/\/www.counselinglexingtonky.com\/therapy\/marriage-counseling-therapy\/drifting-apart\">www.counselinglexingtonky.com,<\/a><a href=\"about:blank\">www.mentalhelp.net,<\/a> <a href=\"https:\/\/www.rwapsych.com.au\/\">www.rwapsych.com.au<\/a><\/em><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Lees ook: <\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waar-is-die-vrede-in-jou-huis\/\">Waar is die vrede in jou huis?<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur LUISA VAN DER LINDE\u00a0 Ervaar jy nog vreugde in jou verhouding en is dit nog vir jou lekker om tyd saam met die man of vrou in jou lewe te bestee. Is julle nog lief vir mekaar of is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":146120,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,662],"tags":[2053,2604,65462,85831],"class_list":["post-146115","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-huwelik","tag-huweliksgeluk","tag-huweliksprobleme","tag-jou-man"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Wenke om julle huweliksboot weg van die rotse te keer | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Voel dit asof jy en jou maat se lewe net totaal en al verskillende rigtings inslaan? Dit gebeur soms dat mense voel dat hulle mekaar ontgroei en asof die liefde iewers langs die pad verlore geraak het.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Wenke om julle huweliksboot weg van die rotse te keer | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Voel dit asof jy en jou maat se lewe net totaal en al verskillende rigtings inslaan? Dit gebeur soms dat mense voel dat hulle mekaar ontgroei en asof die liefde iewers langs die pad verlore geraak het.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-07-08T15:18:07+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-07-08T15:18:23+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/pexels-kampus-8170288-e1720451700360.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1917\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1076\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Wenke om julle huweliksboot weg van die rotse te keer\",\"datePublished\":\"2024-07-08T15:18:07+00:00\",\"dateModified\":\"2024-07-08T15:18:23+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\\\/\"},\"wordCount\":1638,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/07\\\/pexels-kampus-8170288-e1720451700360.jpg\",\"keywords\":[\"huwelik\",\"huweliksgeluk\",\"huweliksprobleme\",\"jou man\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\\\/\",\"name\":\"Wenke om julle huweliksboot weg van die rotse te keer | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/07\\\/pexels-kampus-8170288-e1720451700360.jpg\",\"datePublished\":\"2024-07-08T15:18:07+00:00\",\"dateModified\":\"2024-07-08T15:18:23+00:00\",\"description\":\"Voel dit asof jy en jou maat se lewe net totaal en al verskillende rigtings inslaan? Dit gebeur soms dat mense voel dat hulle mekaar ontgroei en asof die liefde iewers langs die pad verlore geraak het.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/07\\\/pexels-kampus-8170288-e1720451700360.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/07\\\/pexels-kampus-8170288-e1720451700360.jpg\",\"width\":1917,\"height\":1076},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Wenke om julle huweliksboot weg van die rotse te keer\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Wenke om julle huweliksboot weg van die rotse te keer | rooi rose","description":"Voel dit asof jy en jou maat se lewe net totaal en al verskillende rigtings inslaan? Dit gebeur soms dat mense voel dat hulle mekaar ontgroei en asof die liefde iewers langs die pad verlore geraak het.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Wenke om julle huweliksboot weg van die rotse te keer | rooi rose","og_description":"Voel dit asof jy en jou maat se lewe net totaal en al verskillende rigtings inslaan? Dit gebeur soms dat mense voel dat hulle mekaar ontgroei en asof die liefde iewers langs die pad verlore geraak het.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-07-08T15:18:07+00:00","article_modified_time":"2024-07-08T15:18:23+00:00","og_image":[{"width":1917,"height":1076,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/pexels-kampus-8170288-e1720451700360.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Wenke om julle huweliksboot weg van die rotse te keer","datePublished":"2024-07-08T15:18:07+00:00","dateModified":"2024-07-08T15:18:23+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\/"},"wordCount":1638,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/pexels-kampus-8170288-e1720451700360.jpg","keywords":["huwelik","huweliksgeluk","huweliksprobleme","jou man"],"articleSection":["Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\/","name":"Wenke om julle huweliksboot weg van die rotse te keer | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/pexels-kampus-8170288-e1720451700360.jpg","datePublished":"2024-07-08T15:18:07+00:00","dateModified":"2024-07-08T15:18:23+00:00","description":"Voel dit asof jy en jou maat se lewe net totaal en al verskillende rigtings inslaan? Dit gebeur soms dat mense voel dat hulle mekaar ontgroei en asof die liefde iewers langs die pad verlore geraak het.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/pexels-kampus-8170288-e1720451700360.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/pexels-kampus-8170288-e1720451700360.jpg","width":1917,"height":1076},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wenke-om-julle-huweliksboot-weg-van-die-rotse-te-keer\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Wenke om julle huweliksboot weg van die rotse te keer"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/146115","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=146115"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/146115\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/146120"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=146115"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=146115"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=146115"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}