{"id":145680,"date":"2024-06-19T11:46:54","date_gmt":"2024-06-19T09:46:54","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=145680"},"modified":"2024-06-19T11:47:26","modified_gmt":"2024-06-19T09:47:26","slug":"nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\/","title":{"rendered":"Nuwe era en aanplantings vir Meerlust-wynlandgoed"},"content":{"rendered":"\n<p><em>Deur Maryke Roberts. Foto\u2019s: Clifford Roberts<\/em><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Om \u2018n proe op die historiese <strong>Meerlust-wynlandgoed<\/strong> buite Stellenbosch wat al agt geslagte lank deel van die Myburgh-familie is, by te woon, is \u2018n ware belewenis in die toekoms van wynboukunde \u00e9n stappie terug in ons geskiedenis.<\/p>\n\n\n\n<p>Meerlust se bekendste wyn is sekerlik die Rubicon. Dis in 2009 deur die toonaangewende wyntydskrif, \u201cDecanter\u201d, aangewys as die &#8220;Beste Nuwe W\u00eareld Rooi&#8221; en in 2006 27ste gelys in \u201cWine Enthusiast\u201d se Top 100 wyne vir jaar \u00e9n dit wen in dieselfde jaar die gesogte Chateau Pichon Longueville Comtesse de la Lande trofee by die International Wine and Spirits Competition (IWSC) as &#8220;Beste Rooiversnit&#8221;.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"475\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/rooirose12-1-1024x475.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-145694\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Een van Suid-Afrika se bekendste en mees bekroonde wyne, die Meerlust Rubicon.<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Die versnit word net in uitsonderlike jare produseer. As die wynmaker nie dink die druiwe van \u2018n spesifieke oesjaar is goed genoeg nie, word daar geen Rubicon gemaak nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Die landgoed is lank reeds bekend vir w\u00eareldklas-wyne en is besonder ryk aan geskiedenis en sedert 1756 in die Myburghs se besit. Dis selfs in 1930 deur Jacob Hendrik Pierneef, een van Suid-Afrika se bekendste kunstenaars, geskilder.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons is \u2018n klein, bevoorregte groepie wat 20 jaar van Rubicon-oesjare kom proe: die 2004 (droog en warm); 2009 (nat en koel); 2017 (droog en warm); en 2021 (matige re\u00ebn en koel).<\/p>\n\n\n\n<p>Maar eers terug by waar alles begin het. Die eerste eienaar van die eiendom, &#8216;n Duitse immigrant genaamd Henning Huising, het die skoonheid en potensiaal van die plaas erken en hom in 1693 hier gevestig. Hy het sy nuutgevonde huis &#8220;Meerlust&#8221;, wat &#8220;plesier van die see&#8221; beteken, as die herehuis genoem. Die huis sit op &#8216;n granietkop net \u2018n rapsie meer as 5 km van Valsbaai af, en in die warm somermaande, kry die wingerde \u2018n koele lafenis van die see en aandmis, wat van die kus af inrol.<\/p>\n\n\n\n<p>Jy ry deur \u2018n lang palm- en eikeboomlaning, al langs die dam met sy bekende windpomp reg in die middel van die water. Ons word verwelkom met \u2018n glas Meerlust Chardonnay, omdat die besoek ook saamval met Internasionale Chardonnaydag. Binne is die intieme proekamer regtig \u2018n terugdraai van die jare.<\/p>\n\n\n\n<p>Toe al die gaste \u2018n glasie het, verwelkom Wim Truter, keldermeester en bestuurder, en Altus Treurnicht, wynmaker, ons en s\u00ea die plaas se unieke terroir kan nie net in hul wyne geproe word nie; mens moet dit ook sien. Almal is in verskillende voertuie en gaan kyk die wingerde, verskillende grondtipes en hellings. Hulle noem dat ons later in die proe gaan ervaar hoe interessant dit is waar die komponente oor verskeie oesjare vandaan kom. Elke terroir-komponent is s\u00f3 divers.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"768\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/rooirose1-3-768x1024.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-145684\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Wim Truter, keldermeester en bestuurder, en Altus Treurnicht, wynmaker, verwelkom ons met \u2018n glas Chardonnay.<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Wim het pas sy vierde oes by die landgoed agter die blad en het tydens sy eerste oesjaar in 2020 so tussen KWV \u2013 sy vorige pos as wynmaker &#8211; en Meerlust gewerk. Vanjaar is 590 ton druiwe op die plaas geoes. Meerlust maak tans 400 000 liter wyn per jaar en die helfte word uitgevoer.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons ry tussen die verskillende wingerde vir beter konteks oor die wyne wat ons later gaan proe. Die plaas l\u00ea maar 125 m bo seespie\u00ebl en Wim verduidelik dat daar vier hoof-terroirs op die plaas is en dat jy uiteenlopende wyne kan maak, al is die persentasie kultivar-komponente dieselfde, maar uit verskillende terroirs afkomstig.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"768\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/rsz_rooirose2-768x1024.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-145695\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Die oudste wingerde op die plaas is in 2001 geplant. Die 2024-oes is af, die wingerde in winterrus en nuwe wingerde in aanplanting.<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Hy s\u00ea ook dat hulle elke dag die wind in ag moet neem, want hul ligging beteken konstante wind \u2013 dis net die spoed wat wissel. \u201cOns het nie \u2018seebriesies\u2019 nie maar seewind en dit het &#8216;n beduidende invloed op wingerde. Daar is konstant 30km per uur wind deur ons wingerde en hoewel dit heelwat peste en plae verhoed, bring dit sy eie uitdagings.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cHierdie seeklimaat vra eintlik vir sy eie klassifikasie. Ons en ons bure, Winshaw en Vergenoegd L\u00f6w is saam in \u2018n studiegroep en begin nou ook \u2018n rivierprojek op die Eersterivier om indringers uit te roei, sodat ons nie weer sulke erge skade weens oorstromings lei nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Altus verduidelik dat hoewel die plaas net 15 km buite Stellenbosch is, die temperature baie laer is as die Eikestad. Altus voeg by dat hulle \u2018n wetenskaplik-holistiese boerderypraktyk volg. Die wingerde is die eerste prioriteit op die plaas en dit trek kollektief die algehele grond- en watergesondheid op.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy s\u00ea Covid was \u2018n goeie tyd vir voorraadopname op Meerlust en verskeie opgraderings in die kelder en wingerde is gedoen. Hier is ook danksy goeie kartering 48 verskillende grondtipes identifiseer. \u201cJy kan nie homogeen boer hier nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cOns wynbesluite word in die wingerd gemaak en jy moet dan ook elke komponent van ons versnit op sy beste laat vertoon, voor jy die finale wyn kan versny.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Meerlus het tans 65ha onder wingerd, waarvan die oudste in 2001 geplant is, maar in 2025 sal 85ha onder wingerd wees. Nuwe wingerde word aangeplant, maar 20 ha ouer wingerde is uitgetrek met die \u201cveronderstelling van watter potensiaal dit verhoed\u201d wat beteken dat wingerde danksy goeie kartering in die regte grond geplant word, waar hulle optimaal sal gedy.<\/p>\n\n\n\n<p>Meerlust het witwyne in sy portefeulje, maar is rooiwyngedrewe. Meer as 40 persent van alle druiwe word in die Rubicon-versnit gebruik.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"768\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/rooirose10-1-768x1024.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-145692\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Die dag het eintlik om die Meerlust Rubicon gegaan, maar dit het toevallig op Internasionale Chardonnaydag geval en natuurlik moes ons dit vier!<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Ons is terug in die intieme proelokaal waar jy as\u2019t ware die geskiedenis in die ou klipmure en effense skemerte kan voel. Ons sit op riempiestoele en proe wyn.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-gallery has-nested-images columns-default is-cropped wp-block-gallery-1 is-layout-flex wp-block-gallery-is-layout-flex\">\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"768\" height=\"1024\" data-id=\"145685\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/rooirose3-3-768x1024.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-145685\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Die reuse vate waarin die versnitte verouder word.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"768\" height=\"1024\" data-id=\"145686\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/rooirose4-3-768x1024.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-145686\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Wim verduidelik van die vlekvrye staal tenks waarin die ongehoute wyn verouder word.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"768\" height=\"1024\" data-id=\"145687\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/rooirose5-1-768x1024.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-145687\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Die verskillende komponente word afsonderlik versorg, voor die finale versnit vir die Meerlust Rubicon gemaak word.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"768\" height=\"1024\" data-id=\"145689\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/rooirose7-3-768x1024.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-145689\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Wim verduidelik hoe die plaas uit vier verskillende terroirs verdeel is.<\/figcaption><\/figure>\n<\/figure>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Wim vertel meer oor die wyne in hul reeks en Altus Treurnicht, vertel meer oor die nuwe aanplantings en wys die plaas se uitleg met \u2018n skyfievertoning. Hulle wys die vier hoof terroirs is opgedeel in die Laelande; Quarry, Rivierterrasse en Compagniesdrift-koppie. Die Laelande is beplant met Merlot en Cabernet Sauvignon; die \u201cQuarry\u201d met Chardonnay, Merlot, Cabernet Sauvignon, Cabernet Franc en Pinot Noir; die Rivierterrasse met Chardonnay, Merlot, Cabernet Sauvignon en Cabernet Franc. Compagniesdrift met Chardonnay, Merlot, Cabernet Sauvignon, Cabernet Franc, Pinot Noir en Petit Verdot.<\/p>\n\n\n\n<p>Hannes, die agtste geslag Myburghs op die plaas \u2013 wat in die historiese herehuis bly \u2013 vertel meer oor die erfenis van di\u00e9 opstal. Die agterste deel van die huis is 1693 gebou en die voorste deel en gewel in 1776 voltooi, daarom is dit die datum daarop.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"768\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/rooirose-1024x768.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-145683\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Die historiese herehuis op Meerlust waar die agste geslag Myburgh, Hannes, vandag woon.<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Sy pa, Nico, het die Meerlust-handelsmerk in 1975 gestig en die bekende wynmaker, Giorgio de la Cia, het \u201cin 1978 by my pa aangesluit vir een oes en uiteindelik vir 25 gebly!\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p>Nico wen in 1975 die Generaal Smutstrofee by die Jongwynskou met \u2018n Cabernet Sauvignon en vestig sy naam as \u2018n wynmaker om dop te hou in die toekoms.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy en Giorgio maak in 1980 die eerste Rubicon en ook die plaas se eerste Pinot Noir. In 1984 \u2013 30 jaar voor ons proe op \u2018n mooi wintersdag \u2013 is die eerste oesjaar van die Rubicon te proe aan die publiek bekend gestel en wen die rooiwyn-kategorie by die Suid-Afrikaanse Kampioenskapskou. In dieselfde jaar stel Meerlust ook hul Merlot bekend.<\/p>\n\n\n\n<p>Hannes vertel ons ook meer oor waar die bekende Rubicon-etiket sy naam gekry het.<\/p>\n\n\n\n<p>&#8220;Alea iacta est. (Die dobbelsteen is gegooi),&#8221; is glo die woorde wat Julius Caesar in 49vC geuiter het, toe hy sy troepe na Rome oor die Rubiconrivier gelei het. Die besluit om di\u00e9 grens oor te steek, was &#8216;n onherroeplike draaipunt in die geskiedenis, want dit het oorlog teen hul eie mense in Rome beteken en het die koers van die Romeinse politiek ingrypend verskuif.<\/p>\n\n\n\n<p>Sowat 2000 jaar later kom \u2018n waterskeiding vir Nico. Hy is op vakansie in Bordeaux in Frankryk en die ooreenkomste tussen die terroir van di\u00e9 streek, is baie soortgelyk aan di\u00e9 van die Eersteriviervallei. Albei het &#8216;n kenmerkende klimaat, gekenmerk deur verkoelende seewinde en albei se grondstruktuur bestaan uit ontbinde graniet en klei.<\/p>\n\n\n\n<p>Die rooiwyne wat die twee streke produseer is, was egter baie verskillend: die Wes-Kaap was bekend vir gespesifiseerde kultivars, terwyl Bordeaux gefloreer het met versnitte.<\/p>\n\n\n\n<p>Nico kom huis toe met inspirasie en \u2018n droom van die plaas se eie versnit. In 1980, na verskeie eksperimente saam met Giorgio, het hulle die nuwe versnit aangekondig. Met 70% Cabernet Sauvignon, 20% Merlot en 10% Cabernet Franc, is &#8216;n nuwe wynstyl in Suid-Afrika geskep. Soos Caesar, kon daar geen omdraaikans wees nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Nico en Giorgio het verskeie name in gedagte gehad, maar Professor Dirk Opperman van die Universiteit Stellenbosch \u2013 een van Nico se goeie vriende \u2013 het &#8220;Rubicon&#8221; voorgestel.<\/p>\n\n\n\n<p>Die twee mans het immers braakland ingegaan en reeds die manier hoe Suid-Afrikaners oor rooiwyn dink, begin verander met hul wyne.<\/p>\n\n\n\n<p>Die plaas in sy geheel is in 1987 as nasionale monument verklaar; Hannes het die volgende jaar by die landgoed aangesluit en die bestuur oorgeneem en in 2001 het Meerlust die Bergkelder verlaat en al hul druiwe self gebruik om wyne net onder hul eie handelsmerk te bottel.<\/p>\n\n\n\n<p>In 1995 maak Meerlust sy eerste Chardonnay.<\/p>\n\n\n\n<p>Hannes is in 2007 in Verona, Itali\u00eb, met die ererol vereer. Dit word aan mense gegee wat internasionaal tot die wynbedryf bygedra het.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"682\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/rooirose11-1-682x1024.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-145693\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Hannes Myburgh, agtste geslag op Meerlust, wat in die historiese herehuis woon.<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Vandag is die Meerlust Rubicon sekerlik een van Suid-Afrika se bekendste en mees bekroonde rooiwyne.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons proe ook verskillende komponente van die Rubicon uit dieselfde oesjare, maar verskillende terroirs om waarlik te verstaan hoe divers terroir-invloed op druiwe is.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"768\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/rooirose6-2-1024x768.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-145688\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Ons proe vier oesjare uit die afgelope 20 jaar en ook verskillende komponente uit verskillende terroirs.<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Die kuier op die plaas word afgesluit met biltongbroodjies uit vars wit plaasbrood gemaak en koolbredie, rys en beetslaai in die herehuis se kombuis. Hier geniet ons van die plaas se ander wyne en maak nog geskiedkundige herinneringe.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-gallery has-nested-images columns-default is-cropped wp-block-gallery-2 is-layout-flex wp-block-gallery-is-layout-flex\">\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"768\" data-id=\"145690\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/rooirose8-3-1024x768.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-145690\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Die kuier word afgesluit met \u2018n lekker plaaskuier in die herehuis se kombuis.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"768\" height=\"1024\" data-id=\"145691\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/rooirose9-1-768x1024.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-145691\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Biltongbroodjies met plaasbotter en varsgebakte plaasbrood as voorgereg, is mos net wat \u2018n siel op \u2018n koue wintersdag nodig het.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"682\" data-id=\"145682\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/rooirose13-1-1024x682.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-145682\"\/><\/figure>\n<\/figure>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Lees ook: <\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swartland-wen-algeheel-maar-stellenbosch-bo-in-merlot-kompetisie\/\">Swartland wen algeheel, maar Stellenbosch bo in Merlot-kompetisie<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Maryke Roberts. Foto\u2019s: Clifford Roberts Om \u2018n proe op die historiese Meerlust-wynlandgoed buite Stellenbosch wat al agt geslagte lank deel van die Myburgh-familie is, by te woon, is \u2018n ware belewenis in die toekoms van wynboukunde \u00e9n stappie terug [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":145683,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[3476],"tags":[381,13753,85796,85797],"class_list":["post-145680","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ontspanning","tag-wyn","tag-wynmakery","tag-meerlust-wynlandgoed","tag-meerlust"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Nuwe era en aanplantings vir Meerlust-wynlandgoed | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Om \u2018n proe op die historiese Meerlust-wynlandgoed buite Stellenbosch wat al agt geslagte lank deel van die Myburgh-familie is, by te woon, is \u2018n ware belewenis\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Nuwe era en aanplantings vir Meerlust-wynlandgoed | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Om \u2018n proe op die historiese Meerlust-wynlandgoed buite Stellenbosch wat al agt geslagte lank deel van die Myburgh-familie is, by te woon, is \u2018n ware belewenis\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-06-19T09:46:54+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-06-19T09:47:26+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/rooirose.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1440\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Nuwe era en aanplantings vir Meerlust-wynlandgoed\",\"datePublished\":\"2024-06-19T09:46:54+00:00\",\"dateModified\":\"2024-06-19T09:47:26+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\\\/\"},\"wordCount\":1704,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/06\\\/rooirose.jpg\",\"keywords\":[\"wyn\",\"wynmakery\",\"Meerlust wynlandgoed\",\"Meerlust\"],\"articleSection\":[\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\\\/\",\"name\":\"Nuwe era en aanplantings vir Meerlust-wynlandgoed | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/06\\\/rooirose.jpg\",\"datePublished\":\"2024-06-19T09:46:54+00:00\",\"dateModified\":\"2024-06-19T09:47:26+00:00\",\"description\":\"Om \u2018n proe op die historiese Meerlust-wynlandgoed buite Stellenbosch wat al agt geslagte lank deel van die Myburgh-familie is, by te woon, is \u2018n ware belewenis\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/06\\\/rooirose.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/06\\\/rooirose.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1440,\"caption\":\"Die historiese herehuis op Meerlust waar die agste geslag Myburgh, Hannes, vandag woon.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuwe era en aanplantings vir Meerlust-wynlandgoed\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Nuwe era en aanplantings vir Meerlust-wynlandgoed | rooi rose","description":"Om \u2018n proe op die historiese Meerlust-wynlandgoed buite Stellenbosch wat al agt geslagte lank deel van die Myburgh-familie is, by te woon, is \u2018n ware belewenis","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Nuwe era en aanplantings vir Meerlust-wynlandgoed | rooi rose","og_description":"Om \u2018n proe op die historiese Meerlust-wynlandgoed buite Stellenbosch wat al agt geslagte lank deel van die Myburgh-familie is, by te woon, is \u2018n ware belewenis","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-06-19T09:46:54+00:00","article_modified_time":"2024-06-19T09:47:26+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1440,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/rooirose.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Nuwe era en aanplantings vir Meerlust-wynlandgoed","datePublished":"2024-06-19T09:46:54+00:00","dateModified":"2024-06-19T09:47:26+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\/"},"wordCount":1704,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/rooirose.jpg","keywords":["wyn","wynmakery","Meerlust wynlandgoed","Meerlust"],"articleSection":["Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\/","name":"Nuwe era en aanplantings vir Meerlust-wynlandgoed | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/rooirose.jpg","datePublished":"2024-06-19T09:46:54+00:00","dateModified":"2024-06-19T09:47:26+00:00","description":"Om \u2018n proe op die historiese Meerlust-wynlandgoed buite Stellenbosch wat al agt geslagte lank deel van die Myburgh-familie is, by te woon, is \u2018n ware belewenis","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/rooirose.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/rooirose.jpg","width":1920,"height":1440,"caption":"Die historiese herehuis op Meerlust waar die agste geslag Myburgh, Hannes, vandag woon."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-era-en-aanplantings-vir-meerlust-wynlandgoed\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuwe era en aanplantings vir Meerlust-wynlandgoed"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/145680","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=145680"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/145680\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/145683"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=145680"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=145680"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=145680"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}