{"id":144935,"date":"2026-04-24T15:40:16","date_gmt":"2026-04-24T13:40:16","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=144935"},"modified":"2026-04-24T15:37:51","modified_gmt":"2026-04-24T13:37:51","slug":"oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\/","title":{"rendered":"Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet"},"content":{"rendered":"\r\n<p><em>Deur Christa Swanepoel<\/em><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas n\u00e1 geboorte moet \u2019n pediater of dokter die baba se o\u00eb vir moontlike probleme ondersoek. Vroeggebore babas se o\u00eb, veral as daar oogsiektes in die familie voorkom, moet deur \u2019n spesialis ondersoek word. Laat \u2019n huisdokter of pediater ook gereeld jou baba en kleuter se o\u00eb ondersoek soos hy of sy groei.\u00a0<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-31cf00f957dce0ee6a7e9d8e0b8b2e37\"><strong>Hou jou kind dop<\/strong><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>As ouer kan jy na die volgende tekens dat jou kind sigprobleme het, oplet. As jy enige van die volgende waarneem, moet jy jou kind na \u2019n oogspesialis neem:<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<ul class=\"wp-block-list\">\r\n<li>Vryf gedurig die o\u00eb<\/li>\r\n\r\n\r\n\r\n<li>Erge ligsensitiwiteit<\/li>\r\n\r\n\r\n\r\n<li>Swak fokus<\/li>\r\n\r\n\r\n\r\n<li>Kan nie \u2019n bewegende voorwerp volg nie<\/li>\r\n\r\n\r\n\r\n<li>Abnormale stand of beweging van die o\u00eb vanaf ses maande<\/li>\r\n\r\n\r\n\r\n<li>Chroniese rooiheid of tranerigheid<\/li>\r\n\r\n\r\n\r\n<li>Wit in plaas van swart pupil<\/li>\r\n\r\n\r\n\r\n<li>Kan nie voorwerp op \u2019n afstand sien nie<\/li>\r\n\r\n\r\n\r\n<li>Kan nie in die klas op die bord sien nie<\/li>\r\n\r\n\r\n\r\n<li>Kyk skeel<\/li>\r\n\r\n\r\n\r\n<li>Sukkel om te lees<\/li>\r\n\r\n\r\n\r\n<li>Sit te naby aan die TV<\/li>\r\n<\/ul>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-4a44c2aa18d1fd5568c282abedcf68cf\"><strong>Algemene oogsiektes by kinders<\/strong><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p><strong>1 Ambliopie<\/strong><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Dit is wanneer een oog nie so \u2019n duidelike beeld soos die ander een ontvang nie. Algemene oorsake is strabismus, refraktiewe foute (kan nie korrek fokus nie), ptose (hang-ooglid) en katarakte (melkerige oog). As behandeling vroeg begin, kan sig aansienlik verbeter word en behels dit die dra van \u2019n oogklappie of \u2019n bril.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p><strong>2 Epifora\u00a0<\/strong><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Dit is die verstopping of abnormaliteit in die traanklier, wat kan veroorsaak dat trane teen die wange afloop. Dit klaar dikwels self op namate die kind ouer word, maar as dit langer as \u2019n jaar aanhou of daar gereeld infeksies voorkom, kan dit met \u2019n klein operasie reggestel word.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p><strong>3 Chalasion<\/strong><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Dit is ook bekend as meiboom-sist en is \u2019n klein swelling in die ooglid weens verstopping van die kliertjies. Dit kan rooi vertoon en \u2019n geel afskeiding h\u00ea. Daar kan meer as een op \u2019n ooglid voorkom en kan een of albei o\u00eb aantas. Jou huisdokter kan dit behandel, maar as dit n\u00e1 \u2019n paar maande nie opklaar nie, moet die kind na \u2019n oogspesialis verwys word.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p><strong>4 Konjunktivitis<\/strong><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Dis ook bekend as pienk-oog en kan \u2019n virale of bakteriese infeksie wees, wat baie aansteeklik is, maar dit kan ook \u2019n nie-aansteeklike allergiese reaksie wees. In albei gevalle is die oog rooi of pienk weens die inflammasie van die dun membraan aan die binnekant van die ooglid en die wit deel van die oog. Die oog traan, het \u2019n afskeiding en dit is ongemaklik en jeukerig. Dit klaar gewoonlik na drie tot sewe dae, waartydens die kind kontak met ander kinders moet vermy, op.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p><strong>5 Strabismus<\/strong><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Dit word ook skeeloog genoem en is \u2019n toestand waar die een oog pal of sporadies in \u2019n ander rigting as die ander een kyk. Dit kan van geboorte af teenwoordig wees of later ontwikkel. Die sig in die geaffekteerde oog sal nie normaal ontwikkel nie en dit gaan ook nie self weg nie. Hoe gouer behandeling begin, hoe beter is die uitkoms. Behandeling sluit \u2019n bril, \u2019n oogklap, oefening, chirurgie of \u2019n kombinasie daarvan in.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-image\">\r\n<figure class=\"aligncenter size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" class=\"wp-image-144939 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/towfiqu-barbhuiya-UXAPylyDWlw-unsplash-1024x683.jpg\" alt=\"\" \/><\/figure>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-b4fab79f3f1a3ddad80aafd4eec2dd72\"><strong>Wat van ouer mense?<\/strong><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Hoe ouer jy word, hoe groter is die kanse dat jy ernstige oogprobleme kan ontwikkel. Hoe gouer die probleem hanteer word, hoe beter is die kans dat jy jou sig kan behou. Dit is daarom belangrik om jou o\u00eb minstens een keer per jaar te laat ondersoek.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p><strong>Gloukoom<\/strong><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Gloukoom kom voor wanneer die druk in die oog verhoog, wat die optiese senuwee kan beskadig. Die optiese senuwee dra al die inligting van die oog na die brein toe oor en as dit eers beskadig is, kan dit nie weer herstel word nie.\u00a0<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Gloukoom is die grootste oorsaak van onomkeerbare blindheid en be\u00efnvloed 70 miljoen mense w\u00eareldwyd. Ongelukkig het gloukoom gewoonlik geen simptome nie en 90% van mense wat gloukoom het, is nie eens daarvan bewus nie. Dit is hoekom dit belangrik is om gereeld vir oogtoetse te gaan, want dis al hoe dit gediagnoseer kan word.\u00a0<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Risiko-faktore sluit ouderdom, \u2019n familiegeskiedenis van gloukoom, die gebruik van stero\u00efede, by- en versiendheid, oogbeserings, katarakte en sekere mediese toestande soos diabetes, ho\u00eb bloeddruk en migraines in.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>\u2019n Gesonde lewenstyl kan sekere soorte gloukoom help voorkom, maar oor die algemeen kan gloukoom nie voorkom word nie. Gloukoom kan ook nie genees word nie en moet lewenslank behandel word om sigverlies en blindheid later te probeer voorkom.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Behandeling behels die vermindering van druk in die oog met oogdruppels, laserbehandeling en\/of chirurgie.\u00a0<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p><strong>Katarakte<\/strong><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Katarakte is algemeen onder mense ouer as 60. Dit ontwikkel stadig en jy sal dit dalk nie eens agterkom nie, totdat dit lig begin blokkeer. Die lens van jou oog bestaan uit water en prote\u00efen, maar soos jy ouer word, kan die prote\u00efen begin saampak en kan lig die lens nie behoorlik binnedring nie.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Simptome sluit in:<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<ul class=\"wp-block-list\">\r\n<li>Jou sig raak mistig, dof of melkerig.\u00a0<\/li>\r\n\r\n\r\n\r\n<li>Jy kan bysiende raak.<\/li>\r\n\r\n\r\n\r\n<li>Jy kan kleure anders begin waarneem.<\/li>\r\n\r\n\r\n\r\n<li>Jy sal begin sukkel om saans te bestuur, veral as karligte van voor af skyn.\u00a0<\/li>\r\n\r\n\r\n\r\n<li>Ligsensitiwiteit bedags.\u00a0<\/li>\r\n\r\n\r\n\r\n<li>Soms dubbelvisie in die aangetaste oog.\u00a0<\/li>\r\n\r\n\r\n\r\n<li>Jou bril of kontaklense werk nie meer so goed nie.<\/li>\r\n\r\n\r\n\r\n<li>Jy sien stralekranse om ligte.<\/li>\r\n<\/ul>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Aan die begin is \u2019n lensvervanging nie nodig nie en kan \u2019n sterker voorskrif vir jou bril jou help om beter te sien. Gebruik \u2019n skerper lig as jy lees of handwerk doen. Wanneer jou sig egter erg aangetas word, is chirurgie al opsie, waartydens die ou lens verwyder en met \u2019n nuwe lens vervang word.\u00a0<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Risiko-faktore is ouderdom, rook, as jy nie jou o\u00eb teen die son beskerm nie en \u2019n familiegeskiedenis van katarakte. Vroue word meer as mans daardeur geraak.\u00a0<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<h3 class=\"wp-block-heading\">\u00a0<\/h3>\r\n\r\n\r\n\r\n<p><strong>Ouderdomverwante makul\u00eare degenerasie<\/strong><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Die toestand affekteer die makula, \u2019n kol in die middel van die retina wat vir gefokusde sentrale visie verantwoordelik is. Mense met makul\u00eare degenerasie raak nooit heeltemal blind nie. Aanvanklik sal voorwerpe in jou sentrale visie dof en verwring voorkom en soos dit ontwikkel, raak die sentrale visie heeltemal weg en sien jy net \u2019n dowwe kol. Die periferiese visie bly egter helder.\u00a0<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>As net een oog be\u00efnvloed word, kompenseer die ander oog nog daarvoor, maar as albei geraak word, kan jy nie meer sien om te lees, bestuur of alledaagse take te verrig nie.\u00a0<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Makul\u00eare degenerasie kan tot op hede nog nie genees word nie, maar anti-angiogeniese inspuitings in die oog kan dit help vertraag.\u00a0<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Risiko-faktore is \u2019n familiegeskiedenis van makul\u00eare degenerasie, ho\u00eb bloeddruk en rook.\u00a0<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p><strong>Diabetiese retinopatie<\/strong><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Diabetes veroorsaak abnormale veranderinge in die retina se bloedvate en lei daartoe dat dit begin lek en groei waar dit nie moet nie. Hierdie nuwe bloedvate is geneig om stukkend te gaan en te bloei. Soos dit probeer herstel, trek die beskadigde bloedvate saam en trek dit die retina los.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Simptome sluit in skaduwees of donker voorwerpe wat voor jou o\u00eb \u201cverbysweef\u201d, dowwe of verwronge visie, gedeeltelike sigverlies en pyn in die oog. Dit kan uiteindelik tot blindheid lei.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Aanhoudende ho\u00eb bloedsuiker en ho\u00eb bloeddruk word met retinopatie verbind. Sekere medikasie wat vir Tipe 2-diabetes geneem word om ho\u00eb bloedsuiker te beheer, kan die risiko vir retinopatie verhoog.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Diabetiese retinopatie kan nie genees word nie. Laserbehandeling kan help om sigverlies te voorkom as die retina nog nie uitermatig beskadig is nie.\u00a0<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n<div class=\"wp-block-image\">\r\n<figure class=\"aligncenter size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" class=\"wp-image-144940 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/towfiqu-barbhuiya-NwIExsCqXdM-unsplash-1024x683.jpg\" alt=\"\" \/><\/figure>\r\n<\/div>\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-d92923f909f11205963d38d6180c4a55\"><strong>Wat kan dit wees?<\/strong><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-7989cd03843beb31ee6c4a9fdf147dcf\"><strong>Wees bedag op die volgende:\u00a0<\/strong><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p><strong>ONVERKLAARBARE OOGPYN<\/strong><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Skielike oogpyn kan deur interne bloeding, \u2019n gekrapte kornea of dro\u00eb oog veroorsaak word . As jy daarmee saam prikkels op jou vel voel, kan dit vroe\u00eb simptome van gordelroos wees, \u2019n virale infeksie met \u2019n pynlike uitslag.\u00a0<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<h3 class=\"wp-block-heading\">\u00a0<\/h3>\r\n\r\n\r\n\r\n<p><strong>UITERMATIGE ROOIHEID OF SWELLING<\/strong><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Dit is dikwels iets wat maklik behandel kan word soos dro\u00eb-oog-sindroom of konjunktivitis, maar dit kan ook ernstiger oorsake h\u00ea wat mediese hulp verg, soos uve\u00eftis of skleritis. Dit kan weens \u2019n besering voorkom, maar word meer dikwels deur \u2019n outo-immuunsiekte, rumato\u00efede artritis of lupus veroorsaak. Sensitiwiteit vir lig en dowwe sig kom gewoonlik ook hiermee voor. As dit nie behandel word nie kan dit tot permanente sigverlies lei.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p><strong>\u2019n SKIELIKE TOENAME IN FLITSE EN DRYWENDE EILANDJIES (floaters)<\/strong><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Drywende eilandjies is swart kolletjies of lyntjies wat jy sien as jy byvoorbeeld na \u2019n wit muur of die blou lug kyk en kom algemeen by ouer mense voor. Dis meestal skadeloos, maar as dit skielik meer word, kan dit \u2019n aanduiding wees dat die retina van sy normale posisie agterin die oog losskeur. Kom onmiddellik by \u2019n spesialis uit.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p><strong>SKIELIKE DOWWE SIG (veral in een oog)<\/strong><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Dowwe verwronge visie wat skielik voorkom is \u2019n klassieke teken van ouderdomverwante makul\u00eare degenerasie. Skielike dowwe sig kan ook \u2019n teken wees van retinale loslating, \u2019n katarak of diabetiese neuropatie, of selfs van \u2019n beroerte of breingewas, daarom moet jy dadelik mediese hulp kry.<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p><strong>DUBBELE VISIE<\/strong><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Sien jy twee identiese beelde langs mekaar of bokant mekaar? Hou die een oog toe en kyk of jy nog dubbeld sien. Dan het jy monokul\u00eare diplopie. Dit kan veroorsaak word deur dro\u00eb-oog-sindroom, die begin van \u2019n katarak of die oog se vorm wat weens ouderdom verander. As jy met albei o\u00eb dubbeld sien word dit binokul\u00eare diplopie genoem en is dit baie ernstiger. Dit kan \u2019n teken wees van \u2019n beroerte, breingewas, aneurisme of onbeheerde ho\u00eb bloeddruk of diabetes. Dis dan nodig om so gou as moontlik mediese hulp te kry.\u00a0<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p><em>Bronne:<\/em><\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>www.eyeinstitute.co.za<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>sags.co.za<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>Agingcare.com<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>webmd.com<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p>&nbsp;<\/p>\r\n\r\n\r\n\r\n<p><strong>Lees ook: <\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/uitbranding-alles-wat-jy-moet-weet\/\">Uitbranding: Alles wat jy moet weet<\/a><\/p>\r\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Christa Swanepoel &nbsp; Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas n\u00e1 geboorte moet \u2019n pediater of dokter die baba se o\u00eb vir moontlike probleme ondersoek. Vroeggebore babas se o\u00eb, veral as daar oogsiektes in die familie voorkom, moet deur [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":164275,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[1587,4761,85479],"class_list":["post-144935","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-oogsorg","tag-oogsiektes","tag-ooggesondheid"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Sommige oogsiektes kan suksesvol behandel word of die verdere agteruitgang daarvan kan ten minste vertraag word. Ongelukkig kan sekere oogsiektes sonder behandeling tot blindheid lei.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Sommige oogsiektes kan suksesvol behandel word of die verdere agteruitgang daarvan kan ten minste vertraag word. Ongelukkig kan sekere oogsiektes sonder behandeling tot blindheid lei.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-04-24T13:40:16+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/pexels-freestockpro-12969387.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet\",\"datePublished\":\"2026-04-24T13:40:16+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\\\/\"},\"wordCount\":1591,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/04\\\/pexels-freestockpro-12969387.jpg\",\"keywords\":[\"oogsorg\",\"oogsiektes\",\"ooggesondheid\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\\\/\",\"name\":\"Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/04\\\/pexels-freestockpro-12969387.jpg\",\"datePublished\":\"2026-04-24T13:40:16+00:00\",\"description\":\"Sommige oogsiektes kan suksesvol behandel word of die verdere agteruitgang daarvan kan ten minste vertraag word. Ongelukkig kan sekere oogsiektes sonder behandeling tot blindheid lei.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/04\\\/pexels-freestockpro-12969387.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/04\\\/pexels-freestockpro-12969387.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet | rooi rose","description":"Sommige oogsiektes kan suksesvol behandel word of die verdere agteruitgang daarvan kan ten minste vertraag word. Ongelukkig kan sekere oogsiektes sonder behandeling tot blindheid lei.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet | rooi rose","og_description":"Sommige oogsiektes kan suksesvol behandel word of die verdere agteruitgang daarvan kan ten minste vertraag word. Ongelukkig kan sekere oogsiektes sonder behandeling tot blindheid lei.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2026-04-24T13:40:16+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/pexels-freestockpro-12969387.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet","datePublished":"2026-04-24T13:40:16+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\/"},"wordCount":1591,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/pexels-freestockpro-12969387.jpg","keywords":["oogsorg","oogsiektes","ooggesondheid"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\/","name":"Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/pexels-freestockpro-12969387.jpg","datePublished":"2026-04-24T13:40:16+00:00","description":"Sommige oogsiektes kan suksesvol behandel word of die verdere agteruitgang daarvan kan ten minste vertraag word. Ongelukkig kan sekere oogsiektes sonder behandeling tot blindheid lei.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/pexels-freestockpro-12969387.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/pexels-freestockpro-12969387.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oogsiektes-onder-die-vergrootglas-wat-jy-moet-weet\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/144935","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=144935"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/144935\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":164274,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/144935\/revisions\/164274"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/164275"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=144935"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=144935"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=144935"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}