{"id":144923,"date":"2024-05-15T16:43:08","date_gmt":"2024-05-15T14:43:08","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=144923"},"modified":"2024-05-15T16:48:29","modified_gmt":"2024-05-15T14:48:29","slug":"is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\/","title":{"rendered":"Is jy \u2019n perfeksionis? Hoe vind jy balans?"},"content":{"rendered":"\n<p><em>Deur Maretha Botes<\/em><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Perfeksionisme<\/strong> is \u2019n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou om jou beste te gee. Jou werk is altyd van gehalte. Jou kos altyd voortreflik. Die keersy is dat dit jou in murg en been dreineer en selfs verhoudings vernietig. Hoe vind jy balans?\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Jy hoor dikwels dat iemand s\u00ea dat hy of sy \u2018n perfeksionis is. Dinge moet presies wees (of glad nie wees nie); reg of weg. Perfeksionisme het al \u2019n norm onder ons geword, byna soos om aan koffie verslaaf te wees. Vir baie mense het dit \u2019n doel geword. Min dink ons egter aan die goed of sleg van hierdie karaktereienskap.\u00a0\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p>Kenners definieer perfeksionisme as \u2019n kombinasie van uitermatige ho\u00eb persoonlike standaarde en oormatige kritiese selfevaluering. Dit word met selfbeeld- en gesondheidsprobleme, soos angstigheid, depressie en hartprobleme, verbind. In sommige gevalle lei dit selfs tot verslawing. <strong>Dr Wilmien Human<\/strong>, kliniese sielkundige en dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland, s\u00ea iemand is \u2019n perfeksionis wanneer die persoon alles georden, netjies en gestruktureerd volgens hul eie ho\u00eb standaard wil h\u00ea. Dikwels is hierdie standaard egter onrealisties of onbereikbaar. Sy s\u00ea verder om in beheer te wil wees, is ook vir die perfeksionis belangrik. \u201cDie baie belangrike vraag wat jy jouself moet afvra, is waaraan meet jy jou standaarde en is die standaard gesond vir jou en die mense in jou omgewing. As dit gesond is, kan dit \u2019n voordeel wees. Maar dit kan baie ongesond raak as jou standaarde aan jouself en ander te hoog en onrealisties is,\u201d s\u00ea sy.\u00a0\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Lynette Beer<\/strong>, lewensafrigter van Pretoria, s\u00ea perfeksionisme affekteer nie net vir jou nie. Dit het \u2019n invloed op almal om jou, hetsy by die werk, jou huis of vriendekring. Boonop dra jy dit saam met die angs wat dit meebring ook aan jou kinders oor, s\u00ea sy.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy skryf in haar blog \u201cIs jy \u2018n prooi van jou eie perfeksionisme?\u201d dat dit nie perfeksionisme is om jou beste self te probeer wees nie.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDaar is niks fout met selfverbetering, sukses en prestasie nie. \u2019n Gesonde strewe na sukses is op jouself gemik en vra die vraag: Hoe kan ek myself verbeter? Perfeksionisme, daarenteen, is op ander se mening gerig. Dit vra die vraag: Wat gaan ander mense van my dink?<em> <\/em>Jou eiewaarde is die heeltyd op die spel. Navorsing het bewys dat perfeksionisme sukses teenwerk. In baie gevalle lei dit tot angs, depressie en selfs verslawing. Ons verlam onsself en blokkeer ons eie groei. Ons is te bang om te droom, want s\u00ea nou ek misluk en ek stel myself en ander teleur? Ons is bang ons maak foute, bang om te waag en te bang om enigiets wat nie perfek is nie die w\u00eareld in te stuur.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-40b50ce7611a0ed263e5c09512146d17\"><strong>Waar kom perfeksionisme vandaan?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Volgens Wilmien is dit \u2019n kombinasie van gene en invloed uit die omgewing. \u2019n Persoon word daarmee gebore; dit is \u2019n karaktereienskap en vorm deel van iemand se temperament. Maar dikwels speel die omgewing waarin iemand groot word ook \u2019n rol om perfeksionisme te ontwikkel. <strong>Louise Malan<\/strong> is \u2019n kliniese sielkundige in Kaapstad. Sy s\u00ea mense wat as kinders in gesinne grootword waar hulle afgekraak en verneder word, het dikwels \u2019n groot dryf na perfeksie en prestasie om so aan hulself en die w\u00eareld te bewys dat hulle waarde het en dat hul ouer(s) se boodskap aan hulle dat hulle waardeloos is nie waar is nie. Sy s\u00ea mense gaan soms hul hele volwasse lewe deur met die verlange om so perfek moontlik te wees om te bewys dat hulle waarde het. Ouers wat dink hul eie kinders is perfek skep ook die idee by die kinders dat hulle perfek behoort te wees.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-9c438aa30fed4500d10e7bb3f3a7218a\"><strong>Tipes perfeksioniste<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Louise identifiseer twee tipes perfeksioniste. Di\u00e9 vir wie die w\u00eareld om hulle perfek moet wees, en di\u00e9 vir wie die eie ek perfek moet wees. Sy s\u00ea sommige mense wil alles in die omgewing rondom hulle perfek, netjies en onder beheer hou. Dit is dikwels \u2019n poging om hul eie gevoel van oorweldiging en angs te hanteer. \u201cAs dinge in die w\u00eareld om my in beheer en perfek voel, kan ek in my binne-w\u00eareld rustig, kalm en in beheer voel.&nbsp; Sommige persone wil alles in hul buitew\u00eareld onder beheer en perfek hou omdat hulle s\u00f3 hul emosies ook onder beheer kan hou,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n\n\n\n<p>Die ander perfeksionis is die een wat glo sy moet perfek wees. \u201c\u2019n Baie groot tema in emosionele welstand is die idee dat jy \u00f3f perfek, \u00f3f waardeloos is. Mense probeer perfek wees omdat hulle vrees dat as hulle foute maak, tekortkominge en perke het, dit beteken dat hulle waardeloos is. Daarom dryf mense hulself om perfek te wees,\u201d s\u00ea sy. \u201cIn \u2019n poging om perfek voor te kom, vind mense dit dan baie moeilik (soms onmoontlik) om hul eie foute en tekortkominge aan ander (en selfs ook aan hulself) te erken. Mense sal daarom eerder fout vind by ander en ander blameer vir alles wat fout gaan of nie perfek is nie, want so kan hulle die illusie behou dat hulle perfek is en alle foute buite hulle l\u00ea. Natuurlik is dit baie sleg vir verhoudings as jy altyd al die foute by ander soek en jouself as perfek voorhou. Die ander uitkoms is dat jy chronies dink jy is waardeloos en misluk as jy foute of tekortkominge het. Dit veroorsaak dat jy neerslagtig kan begin voel omdat jy uiters krities op jouself is.\u201d\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p> \u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-ac2955d03dae8421b35ee3cfd065b291\"><strong>Die donker kant van perfeksionisme<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Louise verduidelik wanneer jou fokus daarop is om jou omgewing perfek te hou (om angs te beheer) of om self perfek te wees (om \u2019n gevoel van jou eie waarde te h\u00ea), dit dikwels \u2019n negatiewe impak op die kwaliteit van jou verhoudings het. \u201cAs jou aandag op perfeksie gevestig is, kan jy nie ontspan en meer beskikbaar wees vir konneksie met jou geliefdes nie. As jy altyd perfek wil wees gaan jy \u00f3f die hele tyd uiters krities op jouself wees en dit kan jou maklik waardeloos en depressief laat voel, \u00f3f jy gaan jou eie foute die hele tyd ontken en baie krities jeens ander wees en dink al die fout l\u00ea by hulle. As jy alles pefek wil doen kan dit ook tot uitbranding lei of jy kan te veel druk op ander sit omdat jy ook van hulle verwag om perfek te wees,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n\n\n\n<p>Verder s\u00ea sy as jy dink dat jy perfek moet wees veroorsaak dit geweldige druk en angs om altyd te presteer. Dit veroorsaak ook \u2019n gevoel van skande as jy ooit foute maak of perke het.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-0133ac9615d71efde0fea0643265ee9d\"><strong>Kan ek die bose kringloop stop?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie bevrydende realiteit waarmee ons moet vrede maak, is dat daar nie net twee kategorie\u00eb (perfek of waardeloos) is nie, maar dat ons almal iewers in die grys gebied is. Ons almal het sterk- en swakpunte. Ons almal het tekortkominge, perke en mislukkings. Dit maak \u2019n mens veerkragtig om dit te besef, want as jy dan misluk beteken dit nie jy is waardeloos en dit is die einde van die w\u00eareld nie,\u201d s\u00ea Louise.<\/p>\n\n\n\n<p>Wilmien stem saam en s\u00ea dat insig in jouself en jou omgewing \u2019n sleutelrol in hoe jy jou perfeksionisme gaan hanteer, speel. As jy insig in die standaarde wat jy aan jouself en ander stel het, sal jy kan besef wanneer hierdie vereistes onrealisties is en jouself en jou verwagtinge daarvolgens kan aanpas. Wat dinge selfs nog moeiliker maak is ons volgehoue blootstelling aan sosiale media. Dit het \u2019n impak op hoe ons besluit wat ons standaarde is, meen Wilmien. \u201cJy moet besluit wat belangrik vir jou en jou gesin is. Wat is jou en jou gesin se lewensbeskouing en waardes, wat is vir julle belangrik en stel dan jou standaarde daarvolgens vas. \u2019n Mens kan deur \u2019n proses van refleksie besluit watter standaarde jy in jou eie lewe wil hou en watter nie nodig is om te behou nie. Wat is kongruent met jou en jou gesin se waardes? As jy onseker is kan jy \u2019n professionele persoon nader om jou daarmee te help, of selfs met \u2019n goeie vriendin of spirituele leier gesels. Dit is baie belangrik dat \u2019n mens besef of dit waaraan jy jouself en die mense om jou meet wel realisties en gesond is. Wees bewus van wat jy as maatstaf gebruik om jou eie standaarde te stel,\u201d s\u00ea Wilmien.<\/p>\n\n\n\n<p>Perfeksionisme kan jou lewe vernietig, of dit kan positiewe gevolge h\u00ea wanneer jy dit reg hanteer. Wanneer jy jou eie feilbaarheid en weerloosheid verstaan en erken, en empatie en deernis met jouself het, plaas jy jouself in \u2019n posisie om te s\u00ea mislukking, skuld en skande is deel van almal se menswees.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Louise s\u00ea: \u201cHierdie is nie \u2019n maklike proses nie en neem dikwels baie jare om te oorkom. Ons almal sukkel tot \u2019n mindere of meerdere mate hiermee.\u201d&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Sy s\u00ea ook dit help om kinders groot te maak met die idee dat dit normaal is om perke, tekortkominge en swakhede te h\u00ea, en dat niemand ideaal en perfek is nie. Dit is goed om ambisie te h\u00ea en \u2019n taak goed te verrig, maar dat ons almal ten spyte van ons beste poging net mense is en dat dit normaal is.\u00a0\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-jou-dogter-groot-te-maak-om-sterk-en-vol-selfvertroue-te-wees\/\">Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Lees ook: <\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-maniere-om-depressie-te-bekamp\/\">5 maniere om depressie te bekamp<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Maretha Botes Perfeksionisme is \u2019n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou om jou beste te gee. Jou werk is altyd van gehalte. Jou kos altyd voortreflik. Die keersy is dat dit jou in murg en been [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":144925,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,662],"tags":[85705,6515,47155],"class_list":["post-144923","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-jou-lewe","tag-perfectionism","tag-perfeksionisme","tag-persoonlike-groei"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Is jy \u2019n perfeksionis? Hoe vind jy balans? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Perfeksionisme is \u2019n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou om jou beste te gee. Die keersy is dat dit jou dreineer en selfs verhoudings vernietig.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Is jy \u2019n perfeksionis? Hoe vind jy balans? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Perfeksionisme is \u2019n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou om jou beste te gee. Die keersy is dat dit jou dreineer en selfs verhoudings vernietig.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-05-15T14:43:08+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-05-15T14:48:29+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/pexels-kaboompics-6270.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Is jy \u2019n perfeksionis? Hoe vind jy balans?\",\"datePublished\":\"2024-05-15T14:43:08+00:00\",\"dateModified\":\"2024-05-15T14:48:29+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\\\/\"},\"wordCount\":1576,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/05\\\/pexels-kaboompics-6270.jpg\",\"keywords\":[\"perfectionism\",\"perfeksionisme\",\"persoonlike groei\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\\\/\",\"name\":\"Is jy \u2019n perfeksionis? Hoe vind jy balans? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/05\\\/pexels-kaboompics-6270.jpg\",\"datePublished\":\"2024-05-15T14:43:08+00:00\",\"dateModified\":\"2024-05-15T14:48:29+00:00\",\"description\":\"Perfeksionisme is \u2019n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou om jou beste te gee. Die keersy is dat dit jou dreineer en selfs verhoudings vernietig.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/05\\\/pexels-kaboompics-6270.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/05\\\/pexels-kaboompics-6270.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Is jy \u2019n perfeksionis? Hoe vind jy balans?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Is jy \u2019n perfeksionis? Hoe vind jy balans? | rooi rose","description":"Perfeksionisme is \u2019n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou om jou beste te gee. Die keersy is dat dit jou dreineer en selfs verhoudings vernietig.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Is jy \u2019n perfeksionis? Hoe vind jy balans? | rooi rose","og_description":"Perfeksionisme is \u2019n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou om jou beste te gee. Die keersy is dat dit jou dreineer en selfs verhoudings vernietig.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-05-15T14:43:08+00:00","article_modified_time":"2024-05-15T14:48:29+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/pexels-kaboompics-6270.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Is jy \u2019n perfeksionis? Hoe vind jy balans?","datePublished":"2024-05-15T14:43:08+00:00","dateModified":"2024-05-15T14:48:29+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\/"},"wordCount":1576,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/pexels-kaboompics-6270.jpg","keywords":["perfectionism","perfeksionisme","persoonlike groei"],"articleSection":["Persoonlike groei","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\/","name":"Is jy \u2019n perfeksionis? Hoe vind jy balans? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/pexels-kaboompics-6270.jpg","datePublished":"2024-05-15T14:43:08+00:00","dateModified":"2024-05-15T14:48:29+00:00","description":"Perfeksionisme is \u2019n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou om jou beste te gee. Die keersy is dat dit jou dreineer en selfs verhoudings vernietig.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/pexels-kaboompics-6270.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/pexels-kaboompics-6270.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jy-n-perfeksionis-hoe-vind-jy-balans\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Is jy \u2019n perfeksionis? Hoe vind jy balans?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/144923","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=144923"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/144923\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/144925"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=144923"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=144923"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=144923"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}