{"id":144624,"date":"2024-04-26T11:48:36","date_gmt":"2024-04-26T09:48:36","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=144624"},"modified":"2024-04-26T12:09:36","modified_gmt":"2024-04-26T10:09:36","slug":"vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\/","title":{"rendered":"Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album"},"content":{"rendered":"\n<p><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Posduif<\/strong>, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met die vrystelling van hul jongste enkelsnit en album, <em>Brandstigter<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p>Die titelsnit is deur James Boland en Nick Jordaan geskryf, en bied \u2019n hedendaagse Bonnie en Clyde-vertelling wat die intensiteit van jong liefde en die opwinding van rebellie oproep.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDit is \u2019n Bonnie en Clyde-storie oor passie, jong liefde en om jouself in die oomblik van verlief wees te verloor,\u201d verduidelik James. \u201cDit is daardie gevoel wanneer jy iemand ontmoet wat jou hele w\u00eareld verander, daardie een mens wat die vuur in jou aansteek, jou brandstigter.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Die enkelsnit is aanduidend van die aard van die res van die album \u2013 lewendig, energiek, passievol \u2013 en dit vang die groep se gevoel oor die album vas.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Brandstigter-1-1024x1024.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-144627\"\/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>\u201cElkeen van ons leef met passie en gee alles. Ons het <em>Brandstigter<\/em> as die titelsnit en eerste enkelsnit gekies, want dit is \u2019n liedjie wat daardie gees vasvang: Een wat ons kliphard wil speel, en met \u2019n liefdesverhaal wat ons wil h\u00ea almal moet ervaar,\u201d verduidelik James.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie splinternuwe album is deur Brendan Campbell vervaardig en spog met die groep se kenmerkende, aansteeklike melodie\u00eb en boeiende verhale van liefde en avontuur.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie album is \u2019n kombinasie van lewendige, energieke musiek wat stories vertel oor groot kuier, wilde liefde, passievol verlief wees en \u2019n voetfout. Dit is oor laatkuier, heelnag dans, vure, vriende en groot gaan. Dan is daar omgee, familie, jou hart se diepste geheime en liefde vir jou kinders. Dit is nege liedjies wat jou op \u2019n rit vat en elkeen is \u2019n storie \u2013 jy moet na almal luister om die volle verhaal te ervaar,\u201d sluit James af.<\/p>\n\n\n\n<p>Sedert hul debuut in 2018 met die treffer \u201cBrandy Special\u201d, het Posduif verskeie ander treffers vrygestel en is hulle deur Bok Radio as Groep van die Jaar en vir Liedjie van die Jaar benoem. Hul vorige album, <em>Niks Vergelyk<\/em>, het in 2022 die SAMA vir beste pop-album gewen.<\/p>\n\n\n\n<p>Die groep bestaan uit James Boland (hoofsanger en kitaarspeler), Nick Jordaan (ritmekitaarspeler en sanger), Amiel Gopal (baskitaarspeler), Brendan Campbell (vervaardiger en hoofkitaarspeler) en Nick McCreadie op die dromme.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Karlien Meiring <\/strong>het meer oor die groep se jongste album by James gaan uitvind.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-3c58e3cd5f1ed45c8045ddb74cf856fe\"><strong>Jul vorige album het die SAMA vir Beste popalbum gewen. Hoe het jul klank en identiteit sedertdien ontwikkel?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Ons het n\u00e1 die eerste album drie enkelsnitte uitgebring met \u2019n meer lewendige popklank. Ons het van ons styl gehou, maar wou meer bied \u2013 hierdie album is nader aan alternatiewe pop. Beide die lirieke en melodie\u00eb van ons liedjies is vir ons baie belangrik en ons is baie tevrede met die klank wat ons met Brandstigter geskep het.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-c2ad5196de75eab61add877b5880c2eb\"><strong>Hoe hoop julle sal jul aanhangers op die nuwe album reageer?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Om musiek te skryf en \u2019n album uit te bring, is om \u2019n stukkie van jou siel te deel. Ons hoop natuurlik altyd dat mense van ons musiek sal hou, maar niks kom by die gevoel van mense wat saam dans en sing nie. Ek raak so opgewonde as ons liedjies se lirieke iets vir iemand beteken en hulle dit hul eie maak.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"683\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/rsz_posduif_35_finals-2.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-144628\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Foto: Altin Ferreira<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-40246320ef6b72db19d6b50b607753f3\"><strong>As Posduif se musiek \u2019n klankbaan vir enige fliek of TV-reeks kan wees, wat sou dit wees en hoekom?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Ons s\u00ea altyd as jy wil weet wie Posduif is, moet jy na minstens twee van ons liedjies luister. Van ons musiek is ideaal vir groot, laataandkuiers, maar ons het ook diep liedjies wat oor hartsake en familie gaan. Van ons musiek is sommer net lekker mal en pas by die fliek The Hangover, en dan pas die res van ons liedjies by iets soos Ted Lasso!<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-34f3d7e67c1c92de0589a1ccd54d4fae\"><strong>Is daar \u2019n spesifieke liedjie op die nuwe album wat spesiale betekenis vir julle inhou en wat is die storie daaragter?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Daar is drie liedjies wat baie spesiaal vir ons is. \u201cKaalvoet Kinders\u201d vat my terug na my kinderdae toe ek groot drome gedroom het en die mooiste sonsaktonele op die plaas geniet het; \u201cGeniet die dans\u201d is baie na aan my hart, want dis vir my kinders geskryf en is my raad aan hulle vir hul lewe vorentoe en \u201cHouer van jou geheim\u201d praat met enigiemand wat al ooit alleen gevoel het \u2013 en verseker die luisteraar dat hulle geliefd is.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1276\" height=\"1913\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/rsz_posduif_35_finals-3.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-144629\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Foto: Altin Ferreira<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-742343e5a3139bf6d75eb238571d292b\"><strong>Behalwe musiek, wat is sommige van jul belangstellings of stokperdjies waaroor aanhangers dalk verbaas sal wees om te leer?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Ek is ook in sake en verruil elke nou en dan my geskeurde jeans en oorbelle vir \u2019n pak en das (en van die band-lede dink ek braai by verre die beste!).<\/p>\n\n\n\n<p>Nick McCready speel vir ons tromme, maar is ook \u2019n gesoute saksofoonspeler en platejoggie. Hy vlieg een keer per jaar na Richard Branson se eiland om daar vir gaste te gaan DJ.<\/p>\n\n\n\n<p>Nick Jordaan skryf liedjies vir \u2019n klomp ander kunstenaars in die bedryf en is mal oor padel speel.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong><em>BRANDSTIGTER\u00a0<\/em><\/strong>is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. <\/p>\n\n\n\n<p>Kry dit hier:\u00a0<a href=\"https:\/\/linktr.ee\/brandstigter\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">https:\/\/linktr.ee\/brandstigter<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Lees ook: <\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-met-amalia-uys-oor-die-aksiebelaaide-plan-b-reeks\/\">Vyf-vinnige-vrae met Amalia Uys oor die aksiebelaaide Plan B-reeks<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met die vrystelling van hul jongste enkelsnit en album, Brandstigter. Die titelsnit is deur James Boland en Nick Jordaan geskryf, en bied \u2019n hedendaagse Bonnie en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":144640,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675,1],"tags":[85682,85683,13833,85274],"class_list":["post-144624","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","category-funksie-artikels","tag-posduif","tag-brandstigter","tag-musiekgroep","tag-nuwe-album"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"\u201cDie album is \u2019n kombinasie van lewendige, energieke musiek wat stories vertel oor groot kuier, wilde liefde, passievol verlief wees en \u2019n voetfout. Dit is oor laatkuier, heelnag dans, vure, vriende en groot gaan.&quot;\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"\u201cDie album is \u2019n kombinasie van lewendige, energieke musiek wat stories vertel oor groot kuier, wilde liefde, passievol verlief wees en \u2019n voetfout. Dit is oor laatkuier, heelnag dans, vure, vriende en groot gaan.&quot;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-04-26T09:48:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-04-26T10:09:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/rsz_posduif_35_finals-2-2.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"683\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"746\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album\",\"datePublished\":\"2024-04-26T09:48:36+00:00\",\"dateModified\":\"2024-04-26T10:09:36+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\\\/\"},\"wordCount\":844,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/rsz_posduif_35_finals-2-2.jpg\",\"keywords\":[\"Posduif\",\"Brandstigter\",\"musiekgroep\",\"nuwe album\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\",\"Funksie artikels\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\\\/\",\"name\":\"Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/rsz_posduif_35_finals-2-2.jpg\",\"datePublished\":\"2024-04-26T09:48:36+00:00\",\"dateModified\":\"2024-04-26T10:09:36+00:00\",\"description\":\"\u201cDie album is \u2019n kombinasie van lewendige, energieke musiek wat stories vertel oor groot kuier, wilde liefde, passievol verlief wees en \u2019n voetfout. Dit is oor laatkuier, heelnag dans, vure, vriende en groot gaan.\\\"\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/rsz_posduif_35_finals-2-2.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/rsz_posduif_35_finals-2-2.jpg\",\"width\":683,\"height\":746},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album | rooi rose","description":"\u201cDie album is \u2019n kombinasie van lewendige, energieke musiek wat stories vertel oor groot kuier, wilde liefde, passievol verlief wees en \u2019n voetfout. Dit is oor laatkuier, heelnag dans, vure, vriende en groot gaan.\"","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album | rooi rose","og_description":"\u201cDie album is \u2019n kombinasie van lewendige, energieke musiek wat stories vertel oor groot kuier, wilde liefde, passievol verlief wees en \u2019n voetfout. Dit is oor laatkuier, heelnag dans, vure, vriende en groot gaan.\"","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-04-26T09:48:36+00:00","article_modified_time":"2024-04-26T10:09:36+00:00","og_image":[{"width":683,"height":746,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/rsz_posduif_35_finals-2-2.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"5 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album","datePublished":"2024-04-26T09:48:36+00:00","dateModified":"2024-04-26T10:09:36+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\/"},"wordCount":844,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/rsz_posduif_35_finals-2-2.jpg","keywords":["Posduif","Brandstigter","musiekgroep","nuwe album"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes","Funksie artikels"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\/","name":"Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/rsz_posduif_35_finals-2-2.jpg","datePublished":"2024-04-26T09:48:36+00:00","dateModified":"2024-04-26T10:09:36+00:00","description":"\u201cDie album is \u2019n kombinasie van lewendige, energieke musiek wat stories vertel oor groot kuier, wilde liefde, passievol verlief wees en \u2019n voetfout. Dit is oor laatkuier, heelnag dans, vure, vriende en groot gaan.\"","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/rsz_posduif_35_finals-2-2.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/rsz_posduif_35_finals-2-2.jpg","width":683,"height":746},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-vrae-vrydag-met-die-musiekgroep-posduif-oor-hul-nuwe-album\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/144624","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=144624"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/144624\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/144640"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=144624"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=144624"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=144624"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}