{"id":142467,"date":"2024-01-31T17:36:43","date_gmt":"2024-01-31T15:36:43","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=142467"},"modified":"2024-01-31T17:37:14","modified_gmt":"2024-01-31T15:37:14","slug":"die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\/","title":{"rendered":"Die Suidoosterfees word mondig! Hier&#8217;s waarna jy kan uitsien"},"content":{"rendered":"\n<p><\/p>\n\n\n\n<p><\/p>\n\n\n\n<p>Jana Hattingh, uitvoerende hoof van die fees, s\u00ea: \u201cOns gaan di\u00e9 belangrike mylpaal in ons geskiedenis onvergeetlik maak. Na meer as twee dekades is daar baie hoogtepunte waarop ons \u2019n glasie saam met feesgangers, kunstenaars, borge en vennote kan klink.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cKaapstad, ons tuiste in ons hele bestaan, is vir almal \u2019n bestemming van hoop, en met fees-aanbiedinge van uitstekende gehalte huldig ons graag ons weldoeners se waardevolle ondersteuning deur al die jare. Daarsonder sou die kunste in die Steentydperk vasgevang wees.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"954\" height=\"1320\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Jawaahier-Petersen-in-SUIDOOSTER-STORMSTERK.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-142473\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Jawaahier Petersen in SUIDOOSTER STORMSTERK (Foto: Verskaf)<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-medium-font-size\"><strong>NATi Teaterfees<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Die NATi Teaterfees-program is propvol verrassings. \u2019n Splinternuwe dramaproduksie op die planke is <em>Onder \u2019n bloedrooi hemel,<\/em> Nicola Hanekom se verwerking van Annemari\u00e9 van Niekerk se trefferboek oor liefde en geweld in Suid-Afrika. Di\u00e9 publikasie is in Nederland met \u2019n gesogte liter\u00eare prys bekroon en het plaaslike lesers aangegryp toe die Afrikaanse vertaling verlede jaar vrygestel is.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Spesiale verjaardaggeskenk vir feesgangers, waarvan besonderhede eers in Maart amptelik bekend gemaak word, is \u2019n nuwe verhoogstuk deur Breyten Breytenbach wat spesiaal vir Antoinette Kellermann geskryf is. Met di\u00e9 eenakter keer die 84-jarige ikoon van die w\u00eareldletterkunde n\u00e1 baie jare terug tot skryf vir die verhoog.<\/p>\n\n\n\n<p>Sandra Prinsloo is te sien in Henque Heymans se nuwe verhoogdrama, <em>Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan<\/em>. Di\u00e9 drama volg op Heymans se bekroonde debuut, Oom Bey.<\/p>\n\n\n\n<p>Herschelle Benjamin en Reginald Hufkie se <em>Op die kruin van Sh\u00f4deville <\/em>met Kevin Smith, Hufkie en Donovan Pietersen, is ook deel van die Suidoosterfees. Di\u00e9 drama handel oor Marvin, \u2019n man wat suksesvol in die vermaaklikheidsw\u00eareld is, wat terugkeer na sy tuisdorp, Schauderville, waar hy sy ou atletiekafrigter opsoek.<\/p>\n\n\n\n<p>Gewilde dramas wat onlangs gehore by kunstefeeste en in teaters meegevoer het, maak ook \u2019n Suidoosterfees-draai: regisseur Nico Scheepers se briljante <em>Braam en die engel<\/em>; Pieter Odendaal se <em>Droomwerk<\/em>; Dana Snyman se <em>Re\u00fcnie <\/em>met Frank Opperman, en Johann Slabbert se <em>Routrip<\/em> met Elzab\u00e9 Zietsman.<\/p>\n\n\n\n<p><em>Monsters<\/em>, wat handel oor die moord op die Britse seuntjie James Bulger in 1993, onder regie van Tinarie van Wyk Loots, is ook op die program.<\/p>\n\n\n\n<p><em>Ken jy vir Dewie?<\/em>, \u2019n verhoogdrama oor \u2019n skoolskieter, met Crystal Donna Roberts, Robert Hindley en Joshwin Dyson in die rolverdeling, gaan gehore ook aangryp.<\/p>\n\n\n\n<p>Die veelsydige Lizz Meiring is by die fees in <em>Van die rak af<\/em>, Quinton Stuurman is in <em>Gesplete tong<\/em>, en Ashraf Johaardien roep die verhoog vaarwel toe met sy optrede in <em>Eg Kaaps: Salaam-stories<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"877\" height=\"1278\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Nic-Miso-in-Galaxy.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-142476\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Nic Miso in Galaxy. (Foto: Verskaf)<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-medium-font-size\"><strong>NATi Jong Sterre<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Ook op die NATi-teaterverhoog, is produksies deur vyf nuwe NATi Jong Sterre, wie se werk die afgelope jaar ontwikkel is deur die fees, NATi en die Jakes Gerwel Stigting. Di\u00e9 nuwe stemme is Geralt Cloete, Cara Rossouw, Mikayla Joy Brown, Mich\u00e9 van Wyk en Miliswa Mbandazayo.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-medium-font-size\"><strong>Denise Jannah in Swart wyn<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Denise Jannah, w\u00eareldbekend as sangeres en aktrise, kom maak \u2019n Kaapse draai in <em>Swart wyn<\/em>, \u2019n samewerking tussen die Suidoosterfees, Northlink Kollege en die Nederlandse teatergeselskap Aan Zee Theaterproducties.<\/p>\n\n\n\n<p><em>Swart wyn<\/em> is gegrond op die verhale van twee suksesvolle Suid-Afrikaanse vroue-wynmakers uit verskeie eras: Vivian Kleynhans, eienaar van Sewe Susters-wyne buite Stellenbosch, en Zwarte Maria Evert, van slaweafkoms in die 17de-eeuse Kaap de Goede Hoop.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-medium-font-size\"><strong>Internasionale samewerking<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Behalwe vir <em>Swart wyn <\/em>met Denise Jannah en \u2019n span plaaslike akteurs, is daar verskeie produksies wat spruit uit samewerking tussen die Suidoosterfees en internasionale vennote.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Hoogtepunt op die dansprogram is <em>Papillon <\/em>wat gehore verlede jaar op die Edinburg-randfees in vervoering gehad het. Di\u00e9 Kanadese dansteaterproduksie staan onder leiding van die choreograaf Helen Simard en musiekregisseur Roger White, en spog met ses lede op die verhoog. Simard en White is bekend vir hul baanbrekende werk op internasionale verho\u00eb.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1404\" height=\"936\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Papillon_credit-Hoi-DoPhan.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-142477\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Papillon (Foto: Hoi-DoPhan)<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Die Nederlandse teatermaker Minou Bosua besoek Suidoosterfees saam met studente van die Koningstheateracademie. Hulle tree saam met Northlink Kollege-studente op in Bosua se <em>How to raise our parents<\/em>. Met di\u00e9 samewerking beoog die Suidoosterfees om \u2019n sterk fondament te l\u00ea om sy internasionale aanbod in die toekoms uit te brei, en om waardevolle kulturele kruisbestuiwing in die hand te werk.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-medium-font-size\"><strong>21 produksies van 21 minute @ R21<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>In die Suidoosterfees se mondigwordingsjaar word 21 teaterproduksies van 21 minute elk teen die kaartjieprys van R21 aangebied. Verskeie genres word in di\u00e9 verjaardagreeks gedek \u2013 van teater, musiek, opera en dans tot \u2019n aanbieding in gebaretaal.<\/p>\n\n\n\n<p>Enkele hoogtepunte sluit in: <em>Amanda Strydom: Piaf met Strydom<\/em> wat sewe van Edith Piaf se bekendste liedere uitvoer; <em>Bettie innie selle <\/em>met Dean Smith as Aunty Betty wat vir 21 minute in \u2019n aanhoudingsel beland; <em>Bon app\u00e9tit! <\/em>met die operaster Janelle Visagie; <em>Knyp die kous innie donker<\/em> met die gewilde Carlo Daniels; en <em>This is home<\/em>, \u2019n mini-jazzkonsert met Sima Mashazi en Ramon Alexander.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"923\" height=\"1000\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Dean-Smith-in-BETTIE-INNIE-SELLE.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-142479\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Dean Smith in BETTIE INNIE SELLE (Foto: Verskaf)<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Dowwe Dolla se ouma, alias Margit Meyer-R\u00f6denbeck, keer eenmalig terug as die blonde gladdebek se voorsaat in <em>Ouma weet \u2026<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>En die gewilde en omstrede sosialemedia-megaster Mavis vannie Lavis maak vir die eerste keer haar verskyning op die verhoog in <em>Chronicles vannie Lavis<\/em>. Die veelsydige Veronique Jephtas gee gestalte aan Mavis.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-medium-font-size\"><strong>Musiek en musiekteater<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Soos in die verlede, spog die Suidoosterfees se musiekprogram met Suid-Afrika se voorste kunstenaars.<\/p>\n\n\n\n<p>Onder diegene wat vanjaar kom help kersies uitblaas, is Natani\u00ebl, Babalwa Mentjies, Coenie de Villiers, Early B, Andr\u00e9 Schwartz, Lynelle Kenned, Elzab\u00e9 Zietsman, Corneil M\u00fcller, Frazer Barry, Selim Kagee, Sima Mashazi, Edith Plaatjies, Nic Miso, Madeegha Anderson, Jawaahier Petersen, Jonathan Rubain, Emo en Loukmaan Adams, Kaapstad se Operakoor en Filharmoniese Jeugorkes asook die stad se Simfonieorkes.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"966\" height=\"1436\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Early-B-in-21.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-142471\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Early B in 21. (Foto: Verskaf)<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p>Aanskoulike konserte en produksies in verskeie genres word aangebied, van opera en klassieke musiek tot kontempor\u00eare musiek, gospel en kabaret.<\/p>\n\n\n\n<p>Natani\u00ebl is by die fees met die kleurvolle <em>Ring van vuur<\/em> propvol stories, kostuums, humor en \u2019n repertoire wat oor drie dekades strek. Coenie de Villiers en Deon Meyer span weer kragte saam, di\u00e9 keer met die musiekblyspel <em>Roem.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Nataniel-in-RING-VAN-VUUR.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-142475\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Natani\u00ebl in RING VAN VUUR. (Foto: Verskaf)<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Groot konserte ter viering van die fees se 21ste is op die Artscape-Operahuis-verhoog, onder meer <em>21<\/em>, <em>Operagala <\/em>en <em>Suidoosterfees Boogie<\/em>. In di\u00e9 musiekkonserte tree beroemdes op saam met jong musieksterre wat die afgelope twee dekades hul talente met deelname aan die Suidoosterfees se opleiding- en ontwikkelingsprojekte geslyp het.<\/p>\n\n\n\n<p>Emo en Loukmaan Adams is in <em>Two of a kind<\/em>, die Universiteitskoor Stellenbosch is vir die tweede keer op die feesverhoog, en die sterre van kykNET se <em>Suidooster <\/em>kom wys weer hul slag in die musiekproduksie <em>Suidooster Stormsterk<\/em>. Burger King, wat die afgelope klompie jare betrokke geraak het by die fees se ontwikkelingsinisiatiewe, is vanjaar teenwoordig met die <em>Burger King Konsert van hoop<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"716\" height=\"935\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Emo-en-Loukmaan-Adams-in-TWO-OF-A-KIND.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-142472\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Emo en Loukmaan Adams in TWO OF A KIND. (Foto: Verskaf)<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-medium-font-size\"><strong>Kuier en Son<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Die tydskrif <em>Kuier <\/em>gooi hul gewig agter \u2019n groot gospel-konsert, en die Kaapse koerant <em>Son<\/em>, wat vanjaar ook mondig word, bied \u2019n reeks heerlike laataand-konserte by die fees aan.<\/p>\n\n\n\n<p>Opwindende debuutproduksies op die program is \u2019n sonderlinge kabaret, <em>Karamonk<\/em>, met Bianca Flanders en die weergalose Jemma Kahn as regisseur, en die skreeusnaakse musiekkomedie<em> TWAK: Van Hunks, die Duiwel en ander twak<\/em> deur Francois Toerien.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-medium-font-size\"><strong>Jakes Gerwel-gesprekke<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Die Jakes Gerwel Stigting en die ATKV is bekend vir die reeks kritiese gesprekke by die fees wat gewoonlik sorg vir koerant-hoofopskrifte.<\/p>\n\n\n\n<p>Vanjaar is van die deelnemers aan die Jakes Gerwel-gespreksreeks Caster Semenya, Arthur Goldstuck, Sandra Prinsloo, Qaanitah Hunter, Mills Soko, Roelf Meyer, Francis Petersen, Nathan Trantraal, Diana Ferrus, Salim S. Abdool Karim, Angelique Coetzee, Phoebe Gerwel, Rachelle Greeff, Roy Havemann, Lyntjie Jaars, Marlene Mahokoto, Bernard Lategan, Dennis Cruywagen en Adriaan Basson.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-medium-font-size\"><strong>Dans<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><em>Papillon<\/em>, die fees se w\u00eareldklas-produksie uit Kanada, is een van die groot trekpleisters op die dansprogram. Vieringe rondom Internasionale Dansdag, wat met die fees saamval, gaan vanjaar ekstra woema h\u00ea met vertonings soos T<em>he Bollywood Bazaar, Set in motion<\/em> en <em>Dance synergy volume III.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"187\" height=\"255\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Shaun-Oelf-in-SET-IN-MOTION.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-142480\"\/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p><\/p>\n\n\n\n<p>Gratis dansklasse deur professionele dansmeesters word ook weer in verskeie dissiplines vir feesgangers aangebied \u2013 van TikTok-dans tot Bollywood! En saans word daar behoorlik gejol op die Artscape se Piazza.<\/p>\n\n\n\n<p><em>Kuier-tydskrif<\/em> bied vrolike danssesssies aan in <em>Kuier op die Piazza<\/em>, en daar is fantastiese opwip-dansvertonings wat feesgangers lekker gaan verras of selfs onkant betrap.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-medium-font-size\"><strong>Kinder- en jeugteater<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Leerders en studente van verskeie instansies kom wys weer wat in hulle steek in die ATKV se Jeugteater-programafdeling. Wenners van verskeie amateur- en skole-toneelkompetisies kry die geleentheid om hul produksies aan \u2019n feesgehoor te bring. Studente van KPUT, Northlink Kollege en Universiteit Stellenbosch kom vind ook hul voete op die professionele verhoog.<\/p>\n\n\n\n<p>Tydens die fees is daar verskeie kinderteaterproduksies \u2013 almal met \u2019n opvoedkundige inslag, en die fees bied vanaf 22 tot 25 April, net voor die hooffees, vir die eerste keer \u2019n Kinder- en Jeugfees aan. Die program vir di\u00e9 splinternuwe fees word binnekort aangekondig.<\/p>\n\n\n\n<p><em>Klein Nana<\/em>, \u2019n reuse- selfaangedrewe marionet van \u2019n Zimbabwiese vlugteling-dogtertjie op haar driewiel, gaan oud en jonk op die feesterrein bekoor met \u2019n boodskap van verdraagsaamheid teenoor immigrante in Suid-Afrika.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1224\" height=\"816\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/UNIVERSITEITSKOOR-STELLENBOSCH-credit-Mark-Cloete.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-142478\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Universiteitskoor Stellenbosch (Foto: Mark Cloete)<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-medium-font-size\"><strong>Opleiding en werkswinkels<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Oudergewoonte is daar opwindende, leersame opleidingsessies by die Suidoosterfees. Die ATKV bied \u2019n opleidingspakket vir toneelregisseurs aan, wat drie dae duur. Di\u00e9 kursus kos slegs R1 200, verblyf uitgesluit, en bied toegang tot talle professionele produksies op die feesprogram.<\/p>\n\n\n\n<p>RSG, wat vanjaar die program <em>Driesestig<\/em> regstreeks vanaf 29 April tot 1 Mei tussen 13:00 en 15:00 by die fees uitsaai, bied \u2019n werkswinkel vir voornemende omroepers aan. Di\u00e9 sessie is gratis, maar die publiek moet vooraf bespreek vir plek in Johan Rademan en Heidi Isaacs-Muller se geselskap.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"977\" height=\"1213\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Lynelle-Kenned-in-ONTBAN.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-142474\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Lynelle Kenned in ONTBAN (Foto: Verskaf)<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Bogenoemde is slegs enkele hoogtepunte op die Suidoosterfees se 2024-program.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Vir die volledige feesprogram, besoek <a href=\"https:\/\/suidoosterfees.com\/\">www.suidoosterfees.co.za.<\/a> Kaartjies kan vanaf 5 Februarie 2024 bespreek word by Webtickets, of skakel Artscape dial-a-seat by 021 421 7695.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><em>Die Suidoosterfees se hoofborge is die Departement van Sport, Kuns en Kultuur; die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport; Stad Kaapstad; Netwerk24; Die Burger; NATi; kykNET; die ATKV en Artscape. Die fees word verder moontlik gemaak deur borgskappe van die NAC (National Arts Council), BASA (Business and Arts South Africa), die Jakes Gerwel Stigting, die LW Hiemstra Trust, Het Jan Marais Nationale Fonds, die Johann Brink Trust, Garden Court Nelson Mandela Boulevard, Fitch &amp; Leeds, Homebrew Films, Burger King, Oasis, Suidooster, RSG, Son, Kuier, VIA en Heineken.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Lees ook: <\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wil-jy-spog-met-n-splinternuwe-voorkoms-skryf-nou-in-vir-kyknet-se-stralend\/\">Wil jy met \u2019n splinternuwe voorkoms spog? Skryf nou in vir kykNET se \u2018Stralend\u2019<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jana Hattingh, uitvoerende hoof van die fees, s\u00ea: \u201cOns gaan di\u00e9 belangrike mylpaal in ons geskiedenis onvergeetlik maak. Na meer as twee dekades is daar baie hoogtepunte waarop ons \u2019n glasie saam met feesgangers, kunstenaars, borge en vennote kan klink. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":142475,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[3476],"tags":[528,778,1171,2706,4312,49482,49483],"class_list":["post-142467","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ontspanning","tag-kaapstad","tag-dans","tag-feeste","tag-toneel","tag-artscape","tag-suidoosterfees","tag-teater"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die Suidoosterfees word mondig! Hier&#039;s waarna jy kan uitsien | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Verskeie verrassings en hoogtepunte wag op feesgangers wanneer di\u00e9 gewilde Moederstad-fees by die Artscape-teaterkompleks aangebied word.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die Suidoosterfees word mondig! Hier&#039;s waarna jy kan uitsien | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Verskeie verrassings en hoogtepunte wag op feesgangers wanneer di\u00e9 gewilde Moederstad-fees by die Artscape-teaterkompleks aangebied word.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-01-31T15:36:43+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-01-31T15:37:14+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Nataniel-in-RING-VAN-VUUR-e1706715387893.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"756\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"655\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Die Suidoosterfees word mondig! Hier&#8217;s waarna jy kan uitsien\",\"datePublished\":\"2024-01-31T15:36:43+00:00\",\"dateModified\":\"2024-01-31T15:37:14+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\\\/\"},\"wordCount\":1720,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/Nataniel-in-RING-VAN-VUUR-e1706715387893.jpg\",\"keywords\":[\"Kaapstad\",\"dans\",\"feeste\",\"Toneel\",\"artscape\",\"suidoosterfees\",\"teater\"],\"articleSection\":[\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\\\/\",\"name\":\"Die Suidoosterfees word mondig! Hier's waarna jy kan uitsien | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/Nataniel-in-RING-VAN-VUUR-e1706715387893.jpg\",\"datePublished\":\"2024-01-31T15:36:43+00:00\",\"dateModified\":\"2024-01-31T15:37:14+00:00\",\"description\":\"Verskeie verrassings en hoogtepunte wag op feesgangers wanneer di\u00e9 gewilde Moederstad-fees by die Artscape-teaterkompleks aangebied word.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/Nataniel-in-RING-VAN-VUUR-e1706715387893.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/Nataniel-in-RING-VAN-VUUR-e1706715387893.jpg\",\"width\":756,\"height\":655,\"caption\":\"Natani\u00ebl in RING VAN VUUR. (Foto: Verskaf)\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die Suidoosterfees word mondig! Hier&#8217;s waarna jy kan uitsien\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die Suidoosterfees word mondig! Hier's waarna jy kan uitsien | rooi rose","description":"Verskeie verrassings en hoogtepunte wag op feesgangers wanneer di\u00e9 gewilde Moederstad-fees by die Artscape-teaterkompleks aangebied word.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die Suidoosterfees word mondig! Hier's waarna jy kan uitsien | rooi rose","og_description":"Verskeie verrassings en hoogtepunte wag op feesgangers wanneer di\u00e9 gewilde Moederstad-fees by die Artscape-teaterkompleks aangebied word.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-01-31T15:36:43+00:00","article_modified_time":"2024-01-31T15:37:14+00:00","og_image":[{"width":756,"height":655,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Nataniel-in-RING-VAN-VUUR-e1706715387893.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Die Suidoosterfees word mondig! Hier&#8217;s waarna jy kan uitsien","datePublished":"2024-01-31T15:36:43+00:00","dateModified":"2024-01-31T15:37:14+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\/"},"wordCount":1720,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Nataniel-in-RING-VAN-VUUR-e1706715387893.jpg","keywords":["Kaapstad","dans","feeste","Toneel","artscape","suidoosterfees","teater"],"articleSection":["Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\/","name":"Die Suidoosterfees word mondig! Hier's waarna jy kan uitsien | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Nataniel-in-RING-VAN-VUUR-e1706715387893.jpg","datePublished":"2024-01-31T15:36:43+00:00","dateModified":"2024-01-31T15:37:14+00:00","description":"Verskeie verrassings en hoogtepunte wag op feesgangers wanneer di\u00e9 gewilde Moederstad-fees by die Artscape-teaterkompleks aangebied word.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Nataniel-in-RING-VAN-VUUR-e1706715387893.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Nataniel-in-RING-VAN-VUUR-e1706715387893.jpg","width":756,"height":655,"caption":"Natani\u00ebl in RING VAN VUUR. (Foto: Verskaf)"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-suidoosterfees-word-mondig-hiers-waarna-jy-kan-uitsien\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die Suidoosterfees word mondig! Hier&#8217;s waarna jy kan uitsien"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/142467","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=142467"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/142467\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/142475"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=142467"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=142467"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=142467"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}