{"id":138371,"date":"2023-06-28T14:20:19","date_gmt":"2023-06-28T12:20:19","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=138371"},"modified":"2023-06-28T14:20:19","modified_gmt":"2023-06-28T12:20:19","slug":"nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\/","title":{"rendered":"Nuwe hoogtes vir Silwerskermfees"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur Maryke Roberts. Foto\u2019s: Clifford Roberts en verskaf<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die fees se suksesvolle kortfilm-mentorskapprojek, waarmee kykNET \u2019n nuwe geslag filmmakers se loopbane \u2019n hupstoot gee, kring vanjaar uit na dokument\u00eare. Vir die eerste keer sluit die vol feesprogram die loodsepisodes van splinternuwe televisie- en stroomdiensreekse ook in.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_138373\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-138373\" class=\"size-medium wp-image-138373\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/rooirose2-4-500x379.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"379\" \/><p id=\"caption-attachment-138373\" class=\"wp-caption-text\">Die dag in Kaapstad is voorskoue van die kortfilms, dokument\u00eare en speelfilms vertoon.<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die 11de kykNET Silwerskermfees (SSF) vind tussen 23 en 26 Augustus by die <em>Bay Hotel<\/em> en <em>Theatre at the Bay<\/em> in Kampsbaai plaas. N\u00e1 drie dae van kykgenot, verskuif die feesglans op die laaste aand na die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks), waar die gesogte Silwerskerm-standbeeldjies onder die applous van meer as 1000 gaste aan vanjaar se filmfeespresteerders en die televisie-uitblinkers van die afgelope jaar in 28 kategorie\u00eb uitgedeel sal word.<\/p>\n<p>Di\u00e9 swierige geleentheid met die grootste sterre op kykNET se blou tapyt, en topmusikante op die verhoog, word die volgende aand, Sondag 27 Augustus, op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Die benoemdes in die verskeie televisiekategorie\u00eb sal teen einde Junie aangekondig word<\/p>\n<p>Waldimar Pelser, M-Net Direkteur: Premium-kanale, het aan gaste vertel dat wat die SSF van ander filmfeeste onderskei, is die kortfilms, want dis die broeikas van besondere nuwe talent. Vanjaar ding 14 kortfilms, vyf speelfilms en en ses dokument\u00eare wat almal tydens die fees premi\u00e8re, om die gesogte beeldjies mee. Hy het ook ges\u00ea dat hy hoop die voordele wat die SSF vir rolptente gehad het, ook vir idioom van TV sal werk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n\n\t\t<style type=\"text\/css\">\n\t\t\t#gallery-2 {\n\t\t\t\tmargin: auto;\n\t\t\t}\n\t\t\t#gallery-2 .gallery-item {\n\t\t\t\tfloat: left;\n\t\t\t\tmargin-top: 10px;\n\t\t\t\ttext-align: center;\n\t\t\t\twidth: 50%;\n\t\t\t}\n\t\t\t#gallery-2 img {\n\t\t\t\tborder: 2px solid #cfcfcf;\n\t\t\t}\n\t\t\t#gallery-2 .gallery-caption {\n\t\t\t\tmargin-left: 0;\n\t\t\t}\n\t\t\t\/* see gallery_shortcode() in wp-includes\/media.php *\/\n\t\t<\/style>\n\t\t<div id='gallery-2' class='gallery galleryid-138371 gallery-columns-2 gallery-size-medium'><dl class='gallery-item'>\n\t\t\t<dt class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\/rooirose1-48\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"500\" height=\"351\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/rooirose1-5-500x351.jpg\" class=\"attachment-medium size-medium\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-2-138380\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/dt>\n\t\t\t\t<dd class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-2-138380'>\n\t\t\t\tNicola van Niekerk, Hoof van M-Net Premium-inhoud en ko-produksies, Tina Kruger, programhoof en Waldimar Pelser, M-Net Direkteur: Premium-kanale by die bekendstellingsfunksie.\n\t\t\t\t<\/dd><\/dl><dl class='gallery-item'>\n\t\t\t<dt class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\/rooirose3-47\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"500\" height=\"360\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/rooirose3-4-e1687954452820-500x360.jpg\" class=\"attachment-medium size-medium\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-2-138381\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/dt>\n\t\t\t\t<dd class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-2-138381'>\n\t\t\t\tGaste hoor al die opwindende nuus wat vanjaar se fees nog beter en groter as vorige jare gaan maak.\n\t\t\t\t<\/dd><\/dl><br style=\"clear: both\" \/>\n\t\t<\/div>\n\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Speelfilms<\/h4>\n<p>Vanjaar se Silwerskermfeesspeelfilms sluit twee verwerkings van blitsverkoperromans in: Hans steek die Rubicon oor, deur Rudie van Rensburg, en Annie Klopper se romantiese komedie Die tragiese saak van Pamina Vermaak.<\/p>\n<p>Nicola van Niekerk, Hoof van M-Net Premium-inhoud en ko-produksies, het ges\u00ea die speelfilms is vanjaar baie kommersieel. \u201cDis wat ons wil h\u00ea, want ons wil mense terug in teaters kry.\u201d<\/p>\n<p>Die knorrige ou Hans wat in \u2019n ouetehuis gestop word en sy mede-inwoners opsweep tot \u2019n rebellie teen di\u00e9 \u201ctronk\u201d se drakoniese re\u00ebls word deur die geliefde Pierre van Pletzen vertolk. Onder die akteurs wat die rolle van sy kostelike troepe speel, is die legendes Tobie Cronj\u00e9, Sandra Prinsloo en June van Merch. Die veelbekroonde aktrise Nicola Hanekom is die bitterbekmatrone wat almal se pret bederf.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_138376\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-138376\" class=\"size-medium wp-image-138376\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/Hans-steek-die-Rubicon-oor-500x282.png\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"282\" \/><p id=\"caption-attachment-138376\" class=\"wp-caption-text\">In: Hans steek die Rubicon oor, word die knorrige ou Hans wat in \u2019n ouetehuis gestop word en sy mede-inwoners opsweep tot \u2019n rebellie teen di\u00e9 \u201ctronk\u201d se drakoniese re\u00ebls word deur die geliefde Pierre van Pletzen vertolk. Onder die akteurs wat die rolle van sy kostelike troepe speel, is die legendes Tobie Cronj\u00e9, Sandra Prinsloo en June van Merch. Die veelbekroonde aktrise Nicola Hanekom is die bitterbekmatrone wat almal se pret bederf.<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die bekende televisiepersoonlikheid Kabous Meiring maak haar debuut as speelfilmregisseur met Die tragiese saak van Pamina Vermaak. Carla Smith, wat verlede jaar as die fees se beste aktrise in \u2019n kortfilm vir haar spel in Skyn aangewys is, vertolk die rol van Pamina, die joernalis wat na \u2019n skilderagtige Weskusdorpie vlug nadat sy \u2019n herrie op kantoor veroorsaak het. Dis waar sy haarself vasloop in die rockster Wolf de Jager, wat ook n\u00e1 \u2019n skandaal wegkruip. Christiaan Schoombie (Troukoors en Desert Rose) is die aantreklike Wolf. Anna-Mart van der Merwe, Lee-Ann van Rooi, Albert Pretorius, Armand Aucamp en Duane Willams is almal deel van die sterbelaaide rolverdeling.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_138377\" style=\"width: 409px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-138377\" class=\"size-medium wp-image-138377\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/Carla-Smith-Pamina2-399x600.jpg\" alt=\"\" width=\"399\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-138377\" class=\"wp-caption-text\">Carla Smith, wat verlede jaar as die fees se beste aktrise in \u2019n kortfilm vir haar spel in Skyn aangewys is, vertolk die rol van Pamina in Die tragiese saak van Pamina Vermaak.<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Nog \u2019n romantiese komedie op die speelfilmprogram is Frankie en Felip\u00e9. Vir di\u00e9 rolprent het Bradley Olivier en Solomon Cupido die toutjies v\u00f3\u00f3r en agter die kamera getrek. Hulle het die fliek vervaardig, die draaiboek saam met Brett Michael Innes (Sink en Fiela se kind) geskryf \u00e9n die hoofrolle gespeel. Bradley is Frankie, en Solomon is Felip\u00e9, twee broers wie se lewens heeltemal verskillende paadjies geloop het nadat hulle as kinders vanmekaar geskei is. Wanneer hulle net voor Frankie se troue herenig, lei dit tot \u2019n warboel van misverstande. Marvin-Lee Beukes is die regisseur en onder die ander spelers tel Ilse Klink, Zane Meas, Kim Syster en Bouwer Bosch.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-138378 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/FF_SB_CLEAN_WHITE-copy-424x600.jpg\" alt=\"\" width=\"424\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>Met Blindelings takel die glanspaar Ivan Botha en Donnalee Roberts, wie se romantiese komedie Vir altyd loketrekords laat spat het, \u2019n nuwe genre \u2013 \u2019n sielkundige riller. Ivan behartig Blindelings se regie en Donnalee speel die uitdagende hoofrol. Haar karakter is \u2019n briljante blinde pianis wat ly aan sinestesie. Jacques Bessenger vertolk die rol van haar man en Ludwig Binge en Wilhelm van der Walt is die ander akteurs wat sorg dat di\u00e9 speelfilm kykers enduit naels gaan laat kou.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_138375\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-138375\" class=\"size-medium wp-image-138375\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/Blindelings4-scaled-e1687954046869-500x252.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"252\" \/><p id=\"caption-attachment-138375\" class=\"wp-caption-text\">Met Blindelings takel die glanspaar Ivan Botha en Donnalee Roberts \u2019n sielkundige riller. Ivan behartig Blindelings se regie en Donnalee speel die uitdagende hoofrol. Haar karakter is \u2019n briljante blinde pianis wat ly aan sinestesie.<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die drama Old Righteous Blues laat val die kollig op \u2019n Suid-Afrikaanse kultuurskat: die Wes-Kaap se Kersfeeskore. Hierdie boeiende Romeo en Juliet-verhaal binne \u2019n verskeurde Bolandse gemeenskap is in Robertson verfilm met \u2019n groot en indrukwekkende rolverdeling en ekstras wat in die omgewing woon. Dit vertel die verhaal van Hantjie, vertolk deur Ayden Croy, wat bitter graag sy Kerskoor se nuwe trommelmajoor wil word. Ongelukkig dra dit nie die goedkeuring van die koor se stoere leiers weg nie. Boonop is die liefde van sy lewe, gespeel deur \u2019n jong aktrise om dop te hou, Megan Saayman, die dogter van hul gehate oppossisiekoor se leier. Die vete tussen die kore kom \u2019n lang hartseer pad en die twee minnaars beland in die spervuur. Onder die talle veteraanakteurs wat in Old Righteous Blues te siene is, tel Kevin Smith, Simon Bruinders en Ivan Abrahams.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n\n\t\t<style type=\"text\/css\">\n\t\t\t#gallery-4 {\n\t\t\t\tmargin: auto;\n\t\t\t}\n\t\t\t#gallery-4 .gallery-item {\n\t\t\t\tfloat: left;\n\t\t\t\tmargin-top: 10px;\n\t\t\t\ttext-align: center;\n\t\t\t\twidth: 50%;\n\t\t\t}\n\t\t\t#gallery-4 img {\n\t\t\t\tborder: 2px solid #cfcfcf;\n\t\t\t}\n\t\t\t#gallery-4 .gallery-caption {\n\t\t\t\tmargin-left: 0;\n\t\t\t}\n\t\t\t\/* see gallery_shortcode() in wp-includes\/media.php *\/\n\t\t<\/style>\n\t\t<div id='gallery-4' class='gallery galleryid-138371 gallery-columns-2 gallery-size-thumbnail'><dl class='gallery-item'>\n\t\t\t<dt class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\/ayden-croy-in-old-righteous-blues\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"355\" height=\"415\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/Ayden-Croy-in-Old-Righteous-Blues-355x415.png\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-4-138374\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/dt>\n\t\t\t\t<dd class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-4-138374'>\n\t\t\t\tDie drama Old Righteous Blues laat val die kollig op \u2019n Suid-Afrikaanse kultuurskat: die Wes-Kaap se Kersfeeskore. Hierdie boeiende Romeo en Juliet-verhaal binne \u2019n verskeurde Bolandse gemeenskap is in Robertson verfilm met \u2019n groot en indrukwekkende rolverdeling en ekstras wat in die omgewing woon.\n\t\t\t\t<\/dd><\/dl><dl class='gallery-item'>\n\t\t\t<dt class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\/old-righteous-blues\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"355\" height=\"415\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/Old-Righteous-Blues-355x415.jpg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/dt><\/dl><br style=\"clear: both\" \/>\n\t\t<\/div>\n\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kort dokument\u00eare<\/h4>\n<p>Die Silwerskermfees se eerste ses dokument\u00eare kortfilms belig uiteenlopende onderwerpe.<\/p>\n<p>Teater na die mense vertel die merkwaardige verhaal van die Cape Flats Players-geselskap wat teater ingespan het om die apartheidstelsel uit te daag en gehore bemoedig het om teen onderdrukking op te staan.<\/p>\n<p>In Langafstand volg die kameras die reis van \u2019n rolmodel uit Cloetesville, Stellenbosch \u2013 die landloopatleet Deon-Lee Hendricks wat met die hulp van sy afrigter en die atletieklegendes Elana van Zyl en Zola Budd voorberei op die landlooproewe wat tussen hom en sy groot droom staan: om die Suid-Afrikaanse span te haal wat in Australi\u00eb gaan meeding.<\/p>\n<p>\u2019n Gids vir Louzanne, nog \u2019n dokument\u00ear oor \u2019n inspirerende atletiekster, verken die ingewikkelde simbiotiese verhouding tussen die gesiggestremde Bloemfonteinse paralimpiese atleet Louzanne Coetzee en haar wedloopgidse.<\/p>\n<p>In die aangrypende Call of the Wild sien kykers hoe \u2019n spesiale klanksafari \u2019n jong blinde meisie toegang tot die wonders van die natuur gee, terwyl Besmet ontbloot hoe die ikoniese Afrika-leeu hartverskeurend deur wrede vergiftiging bedreig word. Dan is daar ook Born Behind Bars, \u2019n aangrypende dokument\u00ear oor \u2019n ma wat swanger is wanneer sy tot tien jaar tronkstraf gevonnis word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kortfilms<\/h4>\n<p>Nadat verlede jaar se oes kortfilms \u2019n lang lys toekennings by internasionale feeste ingepalm het, is daar vanjaar 14 kortfilms deur belowende nuwe regisseurs en skrywers in di\u00e9 feeskategorie. \u2019n Paar bekende akteurs wys di\u00e9 keer hul slag met die pen en agter die kamera, en nuwe filmgenres maak hul buiging. Die volledige Silwerskermfeesprogram, is beskikbaar by <a href=\"https:\/\/silwerskermfees.co.za\/2023films\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">www.silwerskermfees.co.za<\/a><\/p>\n<p>N\u00e1 afloop van die fees sal al die Silwerskermfeesfilms op kykNET en die stroomdiens Showmax beskikbaar wees en van die speelfilms sal \u2019n draai by filmteaters en op DStv BoxOffice maak.<\/p>\n<p>Die titels van die TV-programme waarvan loodsepisodes as \u2019n voorsmakie by die fees gewys word, is nog \u2019n geheim, maar sal binnekort bekend gemaak word.<\/p>\n<p>Nog \u2019n nuwe aspek van die fees vanjaar, is drie eksklusiewe meesterklasse waartydens ervare Silwerskermstemme \u2019n handjievol deelnemers intensief gaan toerus om hul storieverteltegniek te slyp. Die meesterklasse word in drie uiteenlopende velde aangebied: spelleiding voor die kamera, die skep van treffende dokument\u00eare films, en die maak van films wat gemeenskappe bemagtig.<\/p>\n<p>Vir dokument\u00eare films gaan Wim Steyn en Elle Oosthuizen, wat die gewilde reekse Devilsdorp en Steinheist gemaak het, asook Richard Finn Gregory (Boere op die Aardsdrempel, Steinheist), twee ure lank praktiese opleiding gee oor wat \u2019n suksevolle dokument\u00eare narratief behels.<\/p>\n<p>Vir die spelleiding voor die kamer wys Nico Scheepers van Donkerbos\u2013 en N\u00earens, Noord-Kaap\u2013 faam saam met akteurs en \u2019n kameraman hoe hy te werk gaan om op stel onder druk die beste spel uit akteurs te tower.<\/p>\n<p>In die meesterklas om gemeenskappe te bemagtig, sal Nadine Cloete (Teater na die mense, Action Kommandant) en Muneesa Sallies (Old Righteous Blues, Twisted Christmas), fokus op narratiewe stories wat in gemeenskappe verfilm word en die gemeenskappe se outentieke verhale op \u2019n fiktiewe wyse vas te vang.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hartklop-kyknet-se-eerste-hospitaaldrama-reeks-gaan-kykers-boei\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hartklop: kykNET se eerste hospitaaldrama-reeks gaan kykers boei\u00a0\u00a0<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Maryke Roberts. Foto\u2019s: Clifford Roberts en verskaf &nbsp; Die fees se suksesvolle kortfilm-mentorskapprojek, waarmee kykNET \u2019n nuwe geslag filmmakers se loopbane \u2019n hupstoot gee, kring vanjaar uit na dokument\u00eare. Vir die eerste keer sluit die vol feesprogram die loodsepisodes [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":138375,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[3476],"tags":[2560,2561,3632,5205,5206,76323,85375,85376,166,528],"class_list":["post-138371","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ontspanning","tag-silwerskermfees","tag-kortfilms","tag-kyknet-silwerskermfees","tag-film","tag-silwerskerm","tag-dstv","tag-filmmakers","tag-speelfilms","tag-kyknet","tag-kaapstad"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Nuwe hoogtes vir Silwerskermfees | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"kykNET brei vanjaar die Silwerskermfees uit, wat reeds meer as \u2019n dekade lank in die plaaslike filmbedryf en jong talent bel\u00ea.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Nuwe hoogtes vir Silwerskermfees | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"kykNET brei vanjaar die Silwerskermfees uit, wat reeds meer as \u2019n dekade lank in die plaaslike filmbedryf en jong talent bel\u00ea.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-06-28T12:20:19+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/Blindelings4-scaled-e1687954046869.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"969\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Nuwe hoogtes vir Silwerskermfees\",\"datePublished\":\"2023-06-28T12:20:19+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\\\/\"},\"wordCount\":1505,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/Blindelings4-scaled-e1687954046869.jpg\",\"keywords\":[\"silwerskermfees\",\"kortfilms\",\"kyknet silwerskermfees\",\"film\",\"silwerskerm\",\"DStv\",\"filmmakers\",\"speelfilms\",\"kyknet\",\"Kaapstad\"],\"articleSection\":[\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\\\/\",\"name\":\"Nuwe hoogtes vir Silwerskermfees | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/Blindelings4-scaled-e1687954046869.jpg\",\"datePublished\":\"2023-06-28T12:20:19+00:00\",\"description\":\"kykNET brei vanjaar die Silwerskermfees uit, wat reeds meer as \u2019n dekade lank in die plaaslike filmbedryf en jong talent bel\u00ea.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/Blindelings4-scaled-e1687954046869.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/Blindelings4-scaled-e1687954046869.jpg\",\"width\":1920,\"height\":969,\"caption\":\"Met Blindelings takel die glanspaar Ivan Botha en Donnalee Roberts \u2019n sielkundige riller. Ivan behartig Blindelings se regie en Donnalee speel die uitdagende hoofrol. Haar karakter is \u2019n briljante blinde pianis wat ly aan sinestesie.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuwe hoogtes vir Silwerskermfees\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Nuwe hoogtes vir Silwerskermfees | rooi rose","description":"kykNET brei vanjaar die Silwerskermfees uit, wat reeds meer as \u2019n dekade lank in die plaaslike filmbedryf en jong talent bel\u00ea.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Nuwe hoogtes vir Silwerskermfees | rooi rose","og_description":"kykNET brei vanjaar die Silwerskermfees uit, wat reeds meer as \u2019n dekade lank in die plaaslike filmbedryf en jong talent bel\u00ea.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-06-28T12:20:19+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":969,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/Blindelings4-scaled-e1687954046869.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Nuwe hoogtes vir Silwerskermfees","datePublished":"2023-06-28T12:20:19+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\/"},"wordCount":1505,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/Blindelings4-scaled-e1687954046869.jpg","keywords":["silwerskermfees","kortfilms","kyknet silwerskermfees","film","silwerskerm","DStv","filmmakers","speelfilms","kyknet","Kaapstad"],"articleSection":["Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\/","name":"Nuwe hoogtes vir Silwerskermfees | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/Blindelings4-scaled-e1687954046869.jpg","datePublished":"2023-06-28T12:20:19+00:00","description":"kykNET brei vanjaar die Silwerskermfees uit, wat reeds meer as \u2019n dekade lank in die plaaslike filmbedryf en jong talent bel\u00ea.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/Blindelings4-scaled-e1687954046869.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/Blindelings4-scaled-e1687954046869.jpg","width":1920,"height":969,"caption":"Met Blindelings takel die glanspaar Ivan Botha en Donnalee Roberts \u2019n sielkundige riller. Ivan behartig Blindelings se regie en Donnalee speel die uitdagende hoofrol. Haar karakter is \u2019n briljante blinde pianis wat ly aan sinestesie."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-hoogtes-vir-silwerskermfees\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuwe hoogtes vir Silwerskermfees"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/138371","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=138371"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/138371\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/138375"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=138371"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=138371"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=138371"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}