{"id":134247,"date":"2022-11-01T16:34:35","date_gmt":"2022-11-01T14:34:35","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=134247"},"modified":"2022-11-01T16:34:35","modified_gmt":"2022-11-01T14:34:35","slug":"margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\/","title":{"rendered":"Margaret Gardiner gaan modeweek toe &#8211; Deel 2"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur <strong>Margaret Gardiner\u00a0<\/strong><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dit is \u2019n 15 uur of meer se vlug van Parys na Los Angeles. Dit is nou as jy die verbindingsvlugte uitlaat. Maak nie saak watter tyd van die dag ek my o\u00eb oopmaak nie, ek kort altyd ontbyt. Dis hoe ek my dag twee-uur die oggend begin het. Die huurmotor het my drie-uur kom haal, want my vlug was 05:30 en \u2019n mens moet twee uur voor die tyd reeds op die lughawe wees as jy \u2019n internasionale vlug wil haal. Trek jou o\u00eb skeel oor al die nommers? Ja, myne het ook, of dalk was dit net die min slaap.<\/p>\n<p>Toe ek 03:30 by Los Angeles Internasionale Lughawe (LAX) aankom, was daar geen personeellid in sig nie. Die lughawe was so te s\u00ea verlate. Die paar haweloses wat hulle op die lughawe se banke tuisgemaak het, was steeds vas aan die slaap. Ek het gevoel soos die enigste vrou in die hele w\u00eareld en nadat ek deur sekuriteit beweeg het, het dit steeds so gelyk. Die sitkamer vir reisigers in besigheidsklas was toe, die restaurante ook. Jy kry die prentjie. Alles was toe en ek was dankbaar ek het daardie ekstra uur geneem om darem iets by die huis te eet.<\/p>\n<p>Die wonderlike ding daarvan om in besigheidsklas te vlieg, is dat jy in \u2019n bed bo in die lug slaap. \u2019n Hele paar uur later was ek verstom om die Eiffel-toring in die vliegtuig se venster te sien soos ons in Parys begin land het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hier het ek op 16-jarige ouderdom met my beroep begin. Ek was \u2019n jong skoolmeisie wat uit \u2019n doodnormale lewe gehaal is en in \u2019n lewe in die ho\u00eb kringe gestoot is. Ek het nog nooit voorheen gereis nie, was geen ander taal magtig nie en ek het niemand anders geken toe Johnny Casablancas van Elite my genooi het om modelwerk in Parys te kom doen nie. Toe het ek vir Parys se modeweek geloop. Vandag is ek egter as Mej. Heelal \u2019n eregas in die voorste ry. Ek is hier vir my eie plesier en om die geleentheid as verslaggewer vir Fashion Week te dek.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ek het \u2019n maand lank na Itali\u00eb, Kanada en Los Angeles gereis en uiteindelik in Parys aangekom. My brein was dof van die gedurige wes-oos-wes-beweging wat slegs \u2019n paar kortstondige kuiers by die huis toegelaat het. Ek moes darem my vreeslike geduldige man vir seker hy\u2019t steeds \u2019n vrou: \u201cEk is lief vir jou, maar ek gaan weer vir tien dae weg na waar daar \u2019n nege uur se tydsverskil tussen ons is\u201d.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u2019n Motor wat vooraf vir my gere\u00ebl is, het my in die middel van die dag by die hotel afgelaai. Ek het gevra of ek vroe\u00ebr na my kamer mag gaan \u2013 die antwoord was dat hulle my versoek sou bespreek. Dis ook al wat daarvan gekom het. Ek kon uiteindelik 14:30 na my kamer gaan en het toe vinnig gaan sit om \u2019n storie oor Jennifer Lawrence klaar te maak wat ek in Dior in Kanada geskiet het. Om \u2019n lang storie kort te maak: Ek het ure later op my bed wakker geskrik. Ja, ek weet my eerste fout was om te begin tik terwyl ek op my bed gesit het. Ek het geen idee gehad waar ek was of hoe laat dit was nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Voordat ek uit Los Angeles vertrek het, is ek na \u2019n rolprentvertoning van die regisseur David O. Russell (American Hustle, Silver Lining Playbook) se fliek Amsterdam genooi. Christian Bale het die hoofrol vertolk. Ek het verskoning gemaak terwyl ek my hare oor my skouer gooi: \u201cJammer, ek gaan dan in Parys wees.\u201d \u201cGeen probleem nie,\u201d het die antwoord gekom. \u201cDaar is \u2019n vertoning in Parys dieselfde dag dat jy land.\u201d Werklik? Wou ek regtig my eerste aand in Parys in \u2019n donker kamer deurbring terwyl ek \u2019n fliek kyk? Nee, maar dit was deel van my werk om flieks te kyk. Ek het ingestem om dit by te woon. Ek was vlugvoos en kon doen met \u2019n stort \u2013 ek het klaar my belofte berou. Ek het 20 minute gehad en dit sou my 15 minute neem om daarheen te stap. Ek het steeds my gemaklike swart sweetpakbroek en T-hemp, die uitrusting wat ek gewoonlik dra as ek vlieg, aangehad. Ek het geen grimering op gehad nie. Ek het net my gesig gewas en my tas so onuitgepak gelos. Ek het mos by myself gedink: Dis net \u2019n fliek. Ek kan mos bietjie laat inglip en in die donkerte sal niemand eers agterkom ek is steeds in dieselfde klere wat ek die vorige dag om twee-uur op \u2019n ander vasteland aangetrek het nie!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-134249 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/10\/IMG_9425JPG-450x600.jpg\" alt=\"\" width=\"450\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ek het die afstand, met een oog op die tyd, gedrafstap. Die ontydige warm aand in Parys het gemaak dat ek met \u2019n ligte sweet daar aangekom het. Wag \u2019n bietjie! Dit kan nie reg wees nie. Pleks van \u2019n rolprentteater, het ek my voor een van die eksklusiefste hotels in Parys bevind. Die Le Royal Monceau was reg oorkant die Arc de Triomphe. Ek het my o\u00eb geknip, die adres weer nagegaan en al my moed bymekaargeskraap terwyl ek die bre\u00eb pad oorgesteek het. Terwyl ek nog die sweet op my bolip afvee, het ek die luukse hotel binne gegaan.<\/p>\n<p>Duur hotelle het hul eie reuk. Die reuk is ryk \u2013 nie soos geld nie, maar wat geld kan koop. Dit laat \u2019n mens aan groot bederf en uitspattigheid dink.<\/p>\n<p>Met my elmbo\u00eb styf teen my middel gedruk, het ek in stotterende Frans gevra: \u201cWaar word Amsterdam vertoon?\u201d Ek het \u2019n sagte stem, maar ek wou ook nie die amper heilige grootsheid van die sag en subtiele ruimte binnedring nie. \u2019n Vreeslike elegante Franse vrou het my wel gehoor, want sy het na my aangesweef (mense in spoggerige hotelle kan net sweef) gekom en my op my naam aangespreek. \u201cJy is Margaret Gardiner!\u201d het sy aangekondig. Hoe het ek hierop geantwoord? \u201cEk is, al lyk ek nie dalk tans so nie. Ek is hier vir die vertoning. Jammer dat ek laat is. Kan ek gou inglip?\u201d Die anonimiteit wat die donkerkamer met die groot skerm my nou kon bied, het nogals baie aanloklik in my huidige situasie gelyk.<\/p>\n<p>\u201cMa\u00efs, non!\u201d het sy met \u2019n hees Franse aksent ges\u00ea. \u201cDaar is eers \u2019n klein geselligheid. Kom asseblief saam.\u201d Sy het my heel behendig aan die elmboog gegryp en aangesien ek nog nie \u2019n stort gesien het nie, wou ek nie myself loswikkel nie. Sy het my by die weelderige trappe met die massiewe kristalkandelaar op begelei, verby die selfs groter sekuriteitbesonderheid tot binne die ongelooflike banketsaal waar klomp Franse mense in klein swart nommertjies gestaan het \u2013 en ek nog met my klein swart twee-dae-lange-vlug uitrusting aan.<\/p>\n<p>Wat kan ek s\u00ea? N\u00e1 \u2019n glas sjampanje, heerlike hors d\u2019ouvres en die film wat heel tydig was, oor die politiese klimaat in Amerika gegaan het en \u2019n indrukwekkende rolverdeling gehad het (Margot Robbie, Denzel Washington se seun John David Washington, Taylor Swift, Anya Taylor Joy en Robert De Niro) was ek \u2019n baie gelukkige vrou wat werklik na \u2019n bed en \u2019n stort verlang het.<\/p>\n<p>\u201cMais non!\u201d het die chic Parysenaar weer ges\u00ea. \u201cChristian Bale en David O Russell is op die boonste vloer en wil graag almal groet wat uitgenooi is!\u201d Werklik? So het dit gekom dat ek rondom middernag op my eerste aand in Parys, nog steeds in my reisklere en my elmbo\u00eb styf teen my lyf gedruk, \u2019n gesprek met Christian Bale en David O Russell gehad het oor die maak van Amsterdam. Dit is heeltemal anders van \u2019n Amerikaanse fliekvertoning waar jy na \u2019n bioskoop toe gaan, in die donkerte sit en dan die plek verlaat. Ek moet s\u00ea, as dit is hoe die Franse vertonings doen, trek ek Parys toe.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die volgende dag het ek beplan om die trein na Switserland te neem om \u2019n vriendin wat daar \u2019n praatjie gegee het, te ondersteun. Die vlugvoosheid het my egter ingehaal en ek het my vertrektyd verpas. Die goeie nuus is dat nog \u2019n vriendin, Anet Pienaar-Vosloo (bekend vir haar bekroonde TV-reeks, Mooi, wat \u2019n Safta- en die Chevalier des Arts-prys gewen het en groot huise van Suid-Afrika vertoon) twee uur gelede haar paleis buite Parys verlaat het om my te kom ontmoet. Sy het my genooi om na die Suid-Afrikaanse ambassade te gaan waar hulle die geleentheid gekry het om bewustheid w\u00eareldwyd van Suid-Afrika te skep.<\/p>\n<p>Hoe ongelooflik is dit om die mense van my land te ervaar! Die aksente, die warmte, die lamsvleis op die spit \u2013 en dit in Parys nogals!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die dae het in \u2019n waas van gelag en al die plekke wat ek in Parys gaan sien het, verbygegaan voordat ek my eerste modevertoning by kon woon. Ek was genooi om in die voorste ry by Victoria\/Tomas te sit. Die modehuis se skoonheidsleer kom van Alexander Wang en hul beelde is deur die werke van Tim Burton ge\u00efnspireer. Ek het geen idee gehad wat om te verwag nie, want ek doen lankal nie meer modelwerk nie en ek was ook nie meer Mej. Heelal nie. Ek het besef ek was werklik angstig.<\/p>\n<p>Ek is altyd vroeg. Dit is mode. Ek het geweet ek kan nie laat wees nie. Die motor het my voor die massas modebeheptes afgelaai. Daar is geen ander woord vir hulle nie. Die Instagram influencers het my heeltemal omring. \u2019n Vrou het gepronk, \u2019n houding aan geneem, gepruil en verleidelike \u201ckom hier\u201d-uitdrukkings gemaak. Vir \u2019n paar sekondes het ek gedink: Hou sy dalk van my? Ek besef toe daar was \u2019n fotograaf duskant my skouer wat besig was om die vrou af te neem terwyl sy ondeund voor die kamera geflikflooi het.<\/p>\n<p>As niemand aandag gegee het nie, het die mense weggebreek van die massas af en trots wegstap terwyl flitsende ligte \u2019n stralekransie van lig in die duisternis gemaak het. \u2019n Paar sekondes later het die wolke gedreun en dit het begin re\u00ebn. Die pragtige beroemdes het vinnig hulle na die lang saal gehaas waarin ongelooflike lig geskyn het deur vensters wat vanaf die vloer tot die dak gestrek het. Daar het ons ons plekke ingeneem.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ek het \u2019n baie goeie sitplek gehad. Die fotograwe het almal in \u2019n groep saamgedrom in \u2019n gedeelte wat spesiaal vir die loopplank ingeruim is.<\/p>\n<p>Soos die week aangestap het en die helling verskeie gedaanteverwisselinge ondergaan het, het ek nogals die fotograwe jammer gekry wat so opmekaar gedruk was. Almal moes die bewyse van hul bywoning vasvang, maar dikwels het die gaste hul visie belemmer. Die perskorps sou dan \u2019n hele string woorde teenoor die skuldige uitlaat. Dit was natuurlik alles, uhm, Frans vir my.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die versameling was oulike, dra-my-nou0mini\u2019s en die heldergroen en koffiekleure was erg in die mode. Dit was klere wat ek sou dra en wat jy op die Hadid-susters sou sien. Elke klerestuk was prakties en vir alledaagse lewe gemaak, maar ook met sagte lyne en vroulike besonderhede daarby. Toe die vertoning met \u2019n groot handegeklap eindig, het die hemele oopgebreek. Ek was verlig om in die agterkant van my huurmotor weg te sink, en bly dat ek dit gedoen het. Die res sou maklik wees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<blockquote class=\"instagram-media\" style=\"background: #FFF; border: 0; border-radius: 3px; box-shadow: 0 0 1px 0 rgba(0,0,0,0.5),0 1px 10px 0 rgba(0,0,0,0.15); margin: 1px; max-width: 540px; min-width: 326px; padding: 0; width: calc(100% - 2px);\" data-instgrm-captioned=\"\" data-instgrm-permalink=\"https:\/\/www.instagram.com\/reel\/CjOcAhfjghq\/?utm_source=ig_embed&amp;utm_campaign=loading\" data-instgrm-version=\"14\">\n<div style=\"padding: 16px;\">\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div style=\"display: flex; flex-direction: row; align-items: center;\">\n<div style=\"background-color: #f4f4f4; border-radius: 50%; flex-grow: 0; height: 40px; margin-right: 14px; width: 40px;\"><\/div>\n<div style=\"display: flex; flex-direction: column; flex-grow: 1; justify-content: center;\">\n<div style=\"background-color: #f4f4f4; border-radius: 4px; flex-grow: 0; height: 14px; margin-bottom: 6px; width: 100px;\"><\/div>\n<div style=\"background-color: #f4f4f4; border-radius: 4px; flex-grow: 0; height: 14px; width: 60px;\"><\/div>\n<\/div>\n<\/div>\n<div style=\"padding: 19% 0;\"><\/div>\n<div style=\"display: block; height: 50px; margin: 0 auto 12px; width: 50px;\"><\/div>\n<div style=\"padding-top: 8px;\">\n<div style=\"color: #3897f0; font-family: Arial,sans-serif; font-size: 14px; font-style: normal; font-weight: 550; line-height: 18px;\">View this post on Instagram<\/div>\n<\/div>\n<div style=\"padding: 12.5% 0;\"><\/div>\n<div style=\"display: flex; flex-direction: row; margin-bottom: 14px; align-items: center;\">\n<div>\n<div style=\"background-color: #f4f4f4; border-radius: 50%; height: 12.5px; width: 12.5px; transform: translateX(0px) translateY(7px);\"><\/div>\n<div style=\"background-color: #f4f4f4; height: 12.5px; transform: rotate(-45deg) translateX(3px) translateY(1px); width: 12.5px; flex-grow: 0; margin-right: 14px; margin-left: 2px;\"><\/div>\n<div style=\"background-color: #f4f4f4; border-radius: 50%; height: 12.5px; width: 12.5px; transform: translateX(9px) translateY(-18px);\"><\/div>\n<\/div>\n<div style=\"margin-left: 8px;\">\n<div style=\"background-color: #f4f4f4; border-radius: 50%; flex-grow: 0; height: 20px; width: 20px;\"><\/div>\n<div style=\"width: 0; height: 0; border-top: 2px solid transparent; border-left: 6px solid #f4f4f4; border-bottom: 2px solid transparent; transform: translateX(16px) translateY(-4px) rotate(30deg);\"><\/div>\n<\/div>\n<div style=\"margin-left: auto;\">\n<div style=\"width: 0px; border-top: 8px solid #F4F4F4; border-right: 8px solid transparent; transform: translateY(16px);\"><\/div>\n<div style=\"background-color: #f4f4f4; flex-grow: 0; height: 12px; width: 16px; transform: translateY(-4px);\"><\/div>\n<div style=\"width: 0; height: 0; border-top: 8px solid #F4F4F4; border-left: 8px solid transparent; transform: translateY(-4px) translateX(8px);\"><\/div>\n<\/div>\n<\/div>\n<div style=\"display: flex; flex-direction: column; flex-grow: 1; justify-content: center; margin-bottom: 24px;\">\n<div style=\"background-color: #f4f4f4; border-radius: 4px; flex-grow: 0; height: 14px; margin-bottom: 6px; width: 224px;\"><\/div>\n<div style=\"background-color: #f4f4f4; border-radius: 4px; flex-grow: 0; height: 14px; width: 144px;\"><\/div>\n<\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"color: #c9c8cd; font-family: Arial,sans-serif; font-size: 14px; line-height: 17px; margin-bottom: 0; margin-top: 8px; overflow: hidden; padding: 8px 0 7px; text-align: center; text-overflow: ellipsis; white-space: nowrap;\"><a style=\"color: #c9c8cd; font-family: Arial,sans-serif; font-size: 14px; font-style: normal; font-weight: normal; line-height: 17px; text-decoration: none;\" href=\"https:\/\/www.instagram.com\/reel\/CjOcAhfjghq\/?utm_source=ig_embed&amp;utm_campaign=loading\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">A post shared by Paris Fashion Week (@parisfashionweek)<\/a><\/p>\n<\/div>\n<\/blockquote>\n<p><script async src=\"\/\/www.instagram.com\/embed.js\"><\/script><br \/>\nElke vertoning het op \u2019n ander plek plaasgevind. Soms was dit by bekende bakens gehou. YSL het byvoorbeeld hulle s\u2019n langs die Seine se oewer in die skadu van die Eiffel-toring gehou. Balenciaga het hulle s\u2019n in die re\u00ebn gehou en hulle het seker gemaak ons stap goed deur die modder. Givenchy was by die Jardin des Plantes en hulle het stadsdrag uit \u2019n savoir-faire-lens weerspie\u00ebl. Die ontydige warm weer wat ek op my eerste nag in Parys ervaar het, het koud en nat geraak. Heelwat van die vertonings het buite in die misre\u00ebn voortgegaan. Schiaparelli het \u2019n glansryke versameling met spesifiek silhoe\u00ebtte in satyn, geperste sy en katoen afgewys.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" title=\"INFINITE TWEED, the Film of the CHANEL Fall-Winter 2022\/23 Ready-to-Wear Show \u2014 CHANEL Shows\" width=\"500\" height=\"281\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/koDtp6_tpJ0?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe><\/p>\n<p>Buiten die supermodehuise wat die amptelike kalender opmaak, was daar ook kleiner modehuise wat vertonings gehou het. Een so ontwerper was Christophe Guillarm\u00e9 wat sy kledingstukke op die Champs-\u00c9lys\u00e9es gewys het. Ek het na die nommer gekyk en gereken dis naby genoeg aan die Arc De Triomphe om in my plakkies soontoe te stap. Ek kan maar die taxi en my kamera los. N\u00e1 40 minute het ek amper opgegee: Die lae nommer was nie \u2019n korrekte plekaanduiding nie. Ek was omtrent \u2019n uur laat vir die geleentheid. Almal was egter sjarmant. Geen probleem nie, het hulle ges\u00ea, kom hiernatoe \u2013 die vertoning gaan begin. Vanwaar my sitplek is, kon ek alles sien. Voordat my sitvlak my stoel kon raak, het \u2019n helder en dramatiese gewaad my oog getref. Dis die tipe uitrusting wat skoonheidskoninginne sal dra: treffende, mooi aandrokke wat ek onmiddellik wou h\u00ea. Die gehoor het hande geklap, die sjampanje is gedrink en besige Parysenaars het gestop om deur vensters na die absolute spektakel te kyk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<blockquote class=\"instagram-media\" style=\"background: #FFF; border: 0; border-radius: 3px; box-shadow: 0 0 1px 0 rgba(0,0,0,0.5),0 1px 10px 0 rgba(0,0,0,0.15); margin: 1px; max-width: 540px; min-width: 326px; padding: 0; width: calc(100% - 2px);\" data-instgrm-captioned=\"\" data-instgrm-permalink=\"https:\/\/www.instagram.com\/reel\/CjGH4bsKORc\/?utm_source=ig_embed&amp;utm_campaign=loading\" data-instgrm-version=\"14\">\n<div style=\"padding: 16px;\">\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div style=\"display: flex; flex-direction: row; align-items: center;\">\n<div style=\"background-color: #f4f4f4; border-radius: 50%; flex-grow: 0; height: 40px; margin-right: 14px; width: 40px;\"><\/div>\n<div style=\"display: flex; flex-direction: column; flex-grow: 1; justify-content: center;\">\n<div style=\"background-color: #f4f4f4; border-radius: 4px; flex-grow: 0; height: 14px; margin-bottom: 6px; width: 100px;\"><\/div>\n<div style=\"background-color: #f4f4f4; border-radius: 4px; flex-grow: 0; height: 14px; width: 60px;\"><\/div>\n<\/div>\n<\/div>\n<div style=\"padding: 19% 0;\"><\/div>\n<div style=\"display: block; height: 50px; margin: 0 auto 12px; width: 50px;\"><\/div>\n<div style=\"padding-top: 8px;\">\n<div style=\"color: #3897f0; font-family: Arial,sans-serif; font-size: 14px; font-style: normal; font-weight: 550; line-height: 18px;\">View this post on Instagram<\/div>\n<\/div>\n<div style=\"padding: 12.5% 0;\"><\/div>\n<div style=\"display: flex; flex-direction: row; margin-bottom: 14px; align-items: center;\">\n<div>\n<div style=\"background-color: #f4f4f4; border-radius: 50%; height: 12.5px; width: 12.5px; transform: translateX(0px) translateY(7px);\"><\/div>\n<div style=\"background-color: #f4f4f4; height: 12.5px; transform: rotate(-45deg) translateX(3px) translateY(1px); width: 12.5px; flex-grow: 0; margin-right: 14px; margin-left: 2px;\"><\/div>\n<div style=\"background-color: #f4f4f4; border-radius: 50%; height: 12.5px; width: 12.5px; transform: translateX(9px) translateY(-18px);\"><\/div>\n<\/div>\n<div style=\"margin-left: 8px;\">\n<div style=\"background-color: #f4f4f4; border-radius: 50%; flex-grow: 0; height: 20px; width: 20px;\"><\/div>\n<div style=\"width: 0; height: 0; border-top: 2px solid transparent; border-left: 6px solid #f4f4f4; border-bottom: 2px solid transparent; transform: translateX(16px) translateY(-4px) rotate(30deg);\"><\/div>\n<\/div>\n<div style=\"margin-left: auto;\">\n<div style=\"width: 0px; border-top: 8px solid #F4F4F4; border-right: 8px solid transparent; transform: translateY(16px);\"><\/div>\n<div style=\"background-color: #f4f4f4; flex-grow: 0; height: 12px; width: 16px; transform: translateY(-4px);\"><\/div>\n<div style=\"width: 0; height: 0; border-top: 8px solid #F4F4F4; border-left: 8px solid transparent; transform: translateY(-4px) translateX(8px);\"><\/div>\n<\/div>\n<\/div>\n<div style=\"display: flex; flex-direction: column; flex-grow: 1; justify-content: center; margin-bottom: 24px;\">\n<div style=\"background-color: #f4f4f4; border-radius: 4px; flex-grow: 0; height: 14px; margin-bottom: 6px; width: 224px;\"><\/div>\n<div style=\"background-color: #f4f4f4; border-radius: 4px; flex-grow: 0; height: 14px; width: 144px;\"><\/div>\n<\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"color: #c9c8cd; font-family: Arial,sans-serif; font-size: 14px; line-height: 17px; margin-bottom: 0; margin-top: 8px; overflow: hidden; padding: 8px 0 7px; text-align: center; text-overflow: ellipsis; white-space: nowrap;\"><a style=\"color: #c9c8cd; font-family: Arial,sans-serif; font-size: 14px; font-style: normal; font-weight: normal; line-height: 17px; text-decoration: none;\" href=\"https:\/\/www.instagram.com\/reel\/CjGH4bsKORc\/?utm_source=ig_embed&amp;utm_campaign=loading\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">A post shared by Christophe Guillarme (@christopheguillarme)<\/a><\/p>\n<\/div>\n<\/blockquote>\n<p><script async src=\"\/\/www.instagram.com\/embed.js\"><\/script><br \/>\n&nbsp;<\/p>\n<p>Ek kan vir ewig aangaan en duidelik het ek. Laat ek eers hier afeindig deur te s\u00ea dat mode beweeglike kuns is. Dit inspireer en voed di\u00e9 wat dit tot diep in hul derms lief het. Die week se klomp vertonings het \u2019n deel van my wat ek vergeet het, wakker gemaak. Toe ek terug is in Los Angeles het dit my ingelig dat ek my werk as mode-redakteur vir die Golden Globes moet doen en die kunstenaarskap en die vernuwing van modes erken, wat deur sterre op die rooi tapyt se loopplank gedra word, hier deur die modeweek ge\u00efnspireer is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Volg Margaret op <a href=\"https:\/\/www.instagram.com\/margaret_gardiner\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Instagram<\/a> en <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MargaretGardinerOfficial\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Facebook<\/a>!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:<\/strong>\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-maak-n-draai-by-parys-se-modeweek\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Margaret maak \u2019n draai by Parys se modeweek<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Margaret Gardiner\u00a0 &nbsp; Dit is \u2019n 15 uur of meer se vlug van Parys na Los Angeles. Dit is nou as jy die verbindingsvlugte uitlaat. Maak nie saak watter tyd van die dag ek my o\u00eb oopmaak nie, ek [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":134249,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[665],"tags":[25,2389,3895,3950,60524],"class_list":["post-134247","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-mode","tag-modeweek","tag-mode-ontwerpers","tag-margaret-gardiner","tag-parys","tag-margaret-se-wereld"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Margaret Gardiner gaan modeweek toe - Deel 2 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Margaret Gardiner het die prag en praal van die Parys-modeweek beleef.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Margaret Gardiner gaan modeweek toe - Deel 2 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Margaret Gardiner het die prag en praal van die Parys-modeweek beleef.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2022-11-01T14:34:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/10\/IMG_9425JPG-rotated.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1512\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"2016\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"12 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Margaret Gardiner gaan modeweek toe &#8211; Deel 2\",\"datePublished\":\"2022-11-01T14:34:35+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\\\/\"},\"wordCount\":2333,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/10\\\/IMG_9425JPG-rotated.jpg\",\"keywords\":[\"modeweek\",\"Mode-ontwerpers\",\"Margaret Gardiner\",\"parys\",\"margaret se wereld\"],\"articleSection\":[\"Mode\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2022\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\\\/\",\"name\":\"Margaret Gardiner gaan modeweek toe - Deel 2 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/10\\\/IMG_9425JPG-rotated.jpg\",\"datePublished\":\"2022-11-01T14:34:35+00:00\",\"description\":\"Margaret Gardiner het die prag en praal van die Parys-modeweek beleef.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/10\\\/IMG_9425JPG-rotated.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/10\\\/IMG_9425JPG-rotated.jpg\",\"width\":1512,\"height\":2016},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Margaret Gardiner gaan modeweek toe &#8211; Deel 2\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Margaret Gardiner gaan modeweek toe - Deel 2 | rooi rose","description":"Margaret Gardiner het die prag en praal van die Parys-modeweek beleef.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Margaret Gardiner gaan modeweek toe - Deel 2 | rooi rose","og_description":"Margaret Gardiner het die prag en praal van die Parys-modeweek beleef.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2022-11-01T14:34:35+00:00","og_image":[{"width":1512,"height":2016,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/10\/IMG_9425JPG-rotated.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"12 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Margaret Gardiner gaan modeweek toe &#8211; Deel 2","datePublished":"2022-11-01T14:34:35+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\/"},"wordCount":2333,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/10\/IMG_9425JPG-rotated.jpg","keywords":["modeweek","Mode-ontwerpers","Margaret Gardiner","parys","margaret se wereld"],"articleSection":["Mode"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2022","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\/","name":"Margaret Gardiner gaan modeweek toe - Deel 2 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/10\/IMG_9425JPG-rotated.jpg","datePublished":"2022-11-01T14:34:35+00:00","description":"Margaret Gardiner het die prag en praal van die Parys-modeweek beleef.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/10\/IMG_9425JPG-rotated.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/10\/IMG_9425JPG-rotated.jpg","width":1512,"height":2016},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-gardiner-gaan-modeweek-toe-deel-2\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Margaret Gardiner gaan modeweek toe &#8211; Deel 2"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/134247","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=134247"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/134247\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/134249"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=134247"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=134247"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=134247"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}