{"id":132326,"date":"2024-06-10T16:50:26","date_gmt":"2024-06-10T14:50:26","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=132326"},"modified":"2024-06-10T17:05:35","modified_gmt":"2024-06-10T15:05:35","slug":"raad-vir-beginnerbeleggers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-beginnerbeleggers\/","title":{"rendered":"Raad vir beginnerbeleggers"},"content":{"rendered":"\n<p><\/p>\n\n\n\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">As jy die basiese beginsels van beleggings verstaan, kan jy vir jou \u2019n portefeulje bou wat veilig is, \u2019n inkomste gee en groei. Waar begin jy? Charlene Prinsloo, hoof van welstandbestuur by Alpha Wealth, gee raad.\u00a0<\/span><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><b>Hoekom is dit wys om my geld te bel\u00ea?<\/b><\/h2>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die eenvoudige antwoord is om vir jou toekoms te voorsien. In onsekere tye soos vandag s\u2019n is \u2019n inkomste (werk) nie \u2019n gegewe nie. Deur jou geld te bel\u00ea en te spaar, verseker jy dat jy jou lewenstandaard kan volhou \u2013 voor en n\u00e1 aftrede.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><b>Wanneer behoort ek te begin bel\u00ea?<\/b><\/h2>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hoe vroe\u00ebr, hoe beter. Beleggings gaan oor hoeveel tyd jou geld in die mark l\u00ea \u2013 saamgestelde opbrengste wat jy in een jaar verdien oor soveel jare as moontlik.\u00a0<\/span><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><b>Hoe begin ek bel\u00ea?<\/b><\/h2>\n\n\n\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die mark het oor die afgelope dekade ontwikkel en gevolglik het beleggingsgeleenthede meer toeganklik geword. Besluit eers watter deel van jou begroting wel beskikbaar is om te kan bel\u00ea. As jy weet hoeveel geld beskikbaar is, sal dit jou \u2019n idee gee na watter opsies jy kan kyk. Sekere finansi\u00eble produkte het \u2019n beleggingsminimum.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image wp-image-132355 size-medium\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"500\" height=\"323\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/Raad-vir-begin-beleggers-Sam-Lion-vir-Pexels-500x323.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-132355\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Foto: Sam Lion vir Pexels<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><b>Waarin kan ek bel\u00ea?<\/b><\/h2>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit hang van jou beleggingsdoelwit af. Dit is baie belangrik dat jy die onderliggende doelwitte (waarom jy wil bel\u00ea en wat jy uiteindelik wil bereik), die tyd wat jy het om jou geld in beleggings te hou, en jou risikoprofiel in ag neem. \u2019n Finansi\u00eble adviseur kan jou help om hierdie drie kernaspekte te ontrafel en jou lei om \u2019n gepaste beleggingskeuse te maak.&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><b>Wat is die verskil tussen spaar en \u2019n belegging?<\/b><\/h2>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Tegnies gesproke beteken spaar dat jy geld wegsit sonder die opsie dat die geld in waarde sal vermeerder. \u2019n Belegging beteken dat jy \u2019n finansi\u00eble instrument koop met die doel dat die geld wat jy daarin bel\u00ea, van waarde sal vermeerder.\u00a0<\/span><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><b>Wat is die drie belangrikste faktore om te oorweeg voor ek my geld bel\u00ea?<\/b><\/h2>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li><span style=\"font-weight: 400;\">Maak seker jou versekering (kort- en langtermyn, medies en lewens) is alles in orde voordat jy \u2019n belegging maak. Moet dus nie geld by jou versekering afknyp om te kan bel\u00ea nie.<\/span><\/li>\n\n\n\n<li><span style=\"font-weight: 400;\">Maak beleggings deel van jou maandelikse begroting. Verbind\u00a0 jouself dus daaraan toe om gereeld te bel\u00ea.<\/span><\/li>\n\n\n\n<li><span style=\"font-weight: 400;\">Doen jou huiswerk voordat jy geld in \u2019n produk bel\u00ea, of vra die raad van \u2019n finansi\u00eble adviseur. In kort, as dit te goed klink om waar te wees, dan \u00eds dit te goed om waar te wees.\u00a0<\/span><\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maniere-om-skuldvry-te-word\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Maniere om skuldvry te word<\/a><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><b>Moet ek \u2019n beleggingsbestuurder h\u00ea?<\/b><\/h2>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit hang af van die tipe belegging wat jy maak. \u2019n Beleggingsbestuurder is spesifiek gemoeid met beleggingsinstrumente waar prestasie die hoofdoel is. \u2019n Finansi\u00eble beplanner, aan die ander kant, fokus op \u2019n finansi\u00eble doelwit en die formulering van \u2019n plan om jou te help om hierdie doelwit te bereik. \u2019n Beplanner stel dus \u2019n plan\u00a0 saam met jou op om jou finansi\u00eble doelwitte te bereik, maar rus jou ook toe met kennis, en gee leiding soos julle vorder. Finansi\u00eble markte kan vinnig verander en nie baie mense het die aptyt vir hierdie veranderlikheid nie. \u2019n Beplanner kan jou deur hierdie periodes van onsekerheid lei.\u00a0<\/span><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><b>Wat is my rol in my beleggingsplan?<\/b><\/h2>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Om jouself tot die langtermyndoelwit te verbind, en verbind te bly. Dit is uiters belangrik om voortdurend jou omstandighede, beleggings, en finansi\u00eble doelwitte te hersien. \u00a0As jy dit doen, sal jy verseker wees dat jou belegging vir jou unieke omstandighede gepas is.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image size-medium wp-image-132354\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"500\" height=\"322\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/raad-vir-beleggers-Andrea-Piacquadio-vir-Pexels-1-500x322.jpg\" alt=\"raad vir beleggers Andrea Piacquadio vir Pexels\" class=\"wp-image-132354\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Foto: Andrea Piacquadio vir Pexels<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><b>Wat is \u2018n risiko-aptyt?\u00a0<\/b><\/h2>\n\n\n\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u2018n Risiko-aptyt is een van die belangrikste faktore om te bepaal watter belegging(s) jy sal maak. As jy byvoorbeeld van nature konserwatief&nbsp; is en die idee dat jy jou geld kan verloor jou angstig maak, is dit nie raadsaam om al jou geld in \u2019n enkele aandeel te bel\u00ea nie. Aandele is inherent veranderlik op die korttermyn en kan aggressief in waarde swaai.&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/takel-die-finansies-voor-julle-trou\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Takel die finansies voor julle trou\u00a0<\/a><\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As jy die basiese beginsels van beleggings verstaan, kan jy vir jou \u2019n portefeulje bou wat veilig is, \u2019n inkomste gee en groei. Waar begin jy? Charlene Prinsloo, hoof van welstandbestuur by Alpha Wealth, gee raad.\u00a0 Hoekom is dit wys [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":53,"featured_media":145516,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[662,1],"tags":[81935,84996,84997,702,2049],"class_list":["post-132326","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-jou-lewe","category-funksie-artikels","tag-persoonlike-finansies","tag-raad-vir-beginnerbeleggers","tag-finansiele-raad","tag-leefstyl","tag-geld"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Raad vir beginnerbeleggers | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Voor jy jou swaarverdiende geld bel\u00ea, is dit \u2019n goeie idee om jou eers te vergewis van die basiese beginsels wat jou op jou pad na finansi\u00eble welstand sal help.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-beginnerbeleggers\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Raad vir beginnerbeleggers | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Voor jy jou swaarverdiende geld bel\u00ea, is dit \u2019n goeie idee om jou eers te vergewis van die basiese beginsels wat jou op jou pad na finansi\u00eble welstand sal help.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-beginnerbeleggers\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-06-10T14:50:26+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-06-10T15:05:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/pexels-jopwell-2422286.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1186\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Gaynor Siljeur\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Gaynor Siljeur\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-beginnerbeleggers\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-beginnerbeleggers\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Gaynor Siljeur\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/567de33dfe6519e2b6b12ccbd6724a26\"},\"headline\":\"Raad vir beginnerbeleggers\",\"datePublished\":\"2024-06-10T14:50:26+00:00\",\"dateModified\":\"2024-06-10T15:05:35+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-beginnerbeleggers\\\/\"},\"wordCount\":670,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-beginnerbeleggers\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/06\\\/pexels-jopwell-2422286.jpg\",\"keywords\":[\"persoonlike finansies\",\"Raad vir beginnerbeleggers\",\"finansi\u00eble raad\",\"leefstyl\",\"geld\"],\"articleSection\":[\"Jou lewe\",\"Funksie artikels\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-beginnerbeleggers\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-beginnerbeleggers\\\/\",\"name\":\"Raad vir beginnerbeleggers | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-beginnerbeleggers\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-beginnerbeleggers\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/06\\\/pexels-jopwell-2422286.jpg\",\"datePublished\":\"2024-06-10T14:50:26+00:00\",\"dateModified\":\"2024-06-10T15:05:35+00:00\",\"description\":\"Voor jy jou swaarverdiende geld bel\u00ea, is dit \u2019n goeie idee om jou eers te vergewis van die basiese beginsels wat jou op jou pad na finansi\u00eble welstand sal help.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-beginnerbeleggers\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-beginnerbeleggers\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-beginnerbeleggers\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/06\\\/pexels-jopwell-2422286.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/06\\\/pexels-jopwell-2422286.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1186},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-beginnerbeleggers\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Raad vir beginnerbeleggers\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/567de33dfe6519e2b6b12ccbd6724a26\",\"name\":\"Gaynor Siljeur\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/fefb7cdab11f41b23a8ec8e0757092362ec99640599ca0e0f909673074d67cf6?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/fefb7cdab11f41b23a8ec8e0757092362ec99640599ca0e0f909673074d67cf6?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/fefb7cdab11f41b23a8ec8e0757092362ec99640599ca0e0f909673074d67cf6?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Gaynor Siljeur\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Raad vir beginnerbeleggers | rooi rose","description":"Voor jy jou swaarverdiende geld bel\u00ea, is dit \u2019n goeie idee om jou eers te vergewis van die basiese beginsels wat jou op jou pad na finansi\u00eble welstand sal help.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-beginnerbeleggers\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Raad vir beginnerbeleggers | rooi rose","og_description":"Voor jy jou swaarverdiende geld bel\u00ea, is dit \u2019n goeie idee om jou eers te vergewis van die basiese beginsels wat jou op jou pad na finansi\u00eble welstand sal help.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-beginnerbeleggers\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-06-10T14:50:26+00:00","article_modified_time":"2024-06-10T15:05:35+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1186,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/pexels-jopwell-2422286.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Gaynor Siljeur","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Gaynor Siljeur","Est. reading time":"4 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-beginnerbeleggers\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-beginnerbeleggers\/"},"author":{"name":"Gaynor Siljeur","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/567de33dfe6519e2b6b12ccbd6724a26"},"headline":"Raad vir beginnerbeleggers","datePublished":"2024-06-10T14:50:26+00:00","dateModified":"2024-06-10T15:05:35+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-beginnerbeleggers\/"},"wordCount":670,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-beginnerbeleggers\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/pexels-jopwell-2422286.jpg","keywords":["persoonlike finansies","Raad vir beginnerbeleggers","finansi\u00eble raad","leefstyl","geld"],"articleSection":["Jou lewe","Funksie artikels"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-beginnerbeleggers\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-beginnerbeleggers\/","name":"Raad vir beginnerbeleggers | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-beginnerbeleggers\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-beginnerbeleggers\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/pexels-jopwell-2422286.jpg","datePublished":"2024-06-10T14:50:26+00:00","dateModified":"2024-06-10T15:05:35+00:00","description":"Voor jy jou swaarverdiende geld bel\u00ea, is dit \u2019n goeie idee om jou eers te vergewis van die basiese beginsels wat jou op jou pad na finansi\u00eble welstand sal help.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-beginnerbeleggers\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-beginnerbeleggers\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-beginnerbeleggers\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/pexels-jopwell-2422286.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/pexels-jopwell-2422286.jpg","width":1920,"height":1186},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-beginnerbeleggers\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Raad vir beginnerbeleggers"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/567de33dfe6519e2b6b12ccbd6724a26","name":"Gaynor Siljeur","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/fefb7cdab11f41b23a8ec8e0757092362ec99640599ca0e0f909673074d67cf6?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/fefb7cdab11f41b23a8ec8e0757092362ec99640599ca0e0f909673074d67cf6?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/fefb7cdab11f41b23a8ec8e0757092362ec99640599ca0e0f909673074d67cf6?s=96&d=mm&r=g","caption":"Gaynor Siljeur"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/132326","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/53"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=132326"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/132326\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/145516"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=132326"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=132326"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=132326"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}