{"id":131732,"date":"2022-05-13T16:49:07","date_gmt":"2022-05-13T14:49:07","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=131732"},"modified":"2022-05-13T17:04:19","modified_gmt":"2022-05-13T15:04:19","slug":"die-katedraalkelder-is-weer-oop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\/","title":{"rendered":"Die katedraalkelder is weer oop"},"content":{"rendered":"<p><em>Die katedraalkelder is weer oop. Deur\u00a0Maryke Roberts<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die historiese en argitektoniese pronkstuk is in 1930 gebou en spog met \u2019n dramatiese ronde dak en loodglasvensters wat die indruk van \u2019n groot katedraal skep. Dit was \u2019n blye dag toe di\u00e9 gebou weer met kos, wyn en samesyn gevul kon word.<\/p>\n<div id=\"attachment_131734\" style=\"width: 410px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-131734\" class=\"size-medium wp-image-131734\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Rooirose-1-1-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-131734\" class=\"wp-caption-text\">Die pragtige katedraalagtige kelder kan nou weer bespreek word vir gesellighede van tussen 50 en 300 mense.<\/p><\/div>\n<p>Die middagete by \u2019n lang tafel is in die kelder gehou \u2013 die tuiste van \u2019n indrukwekkende versameling reusewynvate, met die kapasiteit om 12 000 liter kosbare vloeistof te hou. Die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse wynbedryf is met sorg op sommige hiervan uitgekerf, wat \u2019n kreatiewe kinkel aan hierdie merkwaardige ruimte verleen.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-131736\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Rooirose-1-3-500x334.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p>Dit is in 2018 formeel geopen as \u2019n privaat eet- en geselligheidsvenue, onder die toesig van sjef Mynhardt Joubert, KWV-ambassadeur. Dit het hierdie kelder vinnig as die mees gesogte eksklusiewe venue in die wynlande laat word.<\/p>\n<div id=\"attachment_131742\" style=\"width: 410px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-131742\" class=\"wp-image-131742 size-medium\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Rooirose3-2-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-131742\" class=\"wp-caption-text\">Gaste is vir die eerste middagete n\u00e1 twee jaar met vonkelwyn, The Centenary Cap Classique verwelkom<\/p><\/div>\n<p>Die katedraalkelder se reis is egter op 23 Maart 2020 kortgeknip toe Suid-Afrika se eerste inperking ingestel is, gevolg deur &#8216;n reeks ander, wat geleenthede en byeenkomste effektief verbied het.<\/p>\n<p>\u201cMet nuwe gesondheidsregulasies in plek, het ons gedink dis \u2019n gepaste en positiewe tyd om Cathedral Cellar as \u2019n venue te heropen. Dit is ook gepas om die gees van sy Cathedral Cellar-wyne uit te lig, wat verandering as \u2019n vorm van storie uitlig,\u201d het Tanya Blokdyk, Cathedral Cellar se handelsmerkbestuurder, by die middagete ges\u00ea.<\/p>\n<div id=\"attachment_131744\" style=\"width: 410px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-131744\" class=\"size-medium wp-image-131744\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Rooirose5-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-131744\" class=\"wp-caption-text\">Tanya Blokdyk, Cathedral Cellar se handelsmerkbestuurder.<\/p><\/div>\n<p>Sjef Mynhardt se etes in die Cathedral Cellar word gekenmerk deur hul fyn balans tussen die gewaagde en die ingeto\u00eb: dink aan helder kleure versier met loof, kandelare en Franse linne-tafeldoeke wat met roomkleurige porselein bedek is en met erfenis-ge\u00efnspireerde kos gevul word. Hierdie gesogte ruimte kan vir groepe van 50 tot 300 bespreek word deur <a href=\"https:\/\/mynhardt.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">www.mynhardt.co.za<\/a> te besoek.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-mynhardt-se-eie-kookboek\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Sjef Mynhardt se eie kookboek<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Die eerste geselligheid het beslis die toon aangegee van dinge wat nog gaan kom. Gepas getiteld \u201cKulin\u00eare Reis in pers\u201d was die middagete gepas in die 2022 Pantone kleur van die jaar, Very Peri &#8211; \u2019n pers skynsel met duidelike lila- en laventelondertone.<\/p>\n<div id=\"attachment_131746\" style=\"width: 458px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-131746\" class=\"wp-image-131746 size-medium\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Rooirose7-448x600.jpg\" alt=\"\" width=\"448\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-131746\" class=\"wp-caption-text\">Sjef Mynhardt Joubert, KWV-ambassadeur, is die gasheer en sjef by Cathedral Cellar.<\/p><\/div>\n<p>Mynhardt het vertel: \u201cHierdie kleur lyk soos kreatiwiteit en vertoon \u2019n nuuskierige en interessante gees. Pantone het aangekondig: \u2018Very Peri is &#8216;n simbool van die w\u00eareldwye tydsgees van die oomblik en die oorgang waardeur ons gaan. Soos ons uit \u2019n intense tydperk van isolasie kom, verander ons idees en standaarde, en ons fisieke en digitale lewens het op nuwe maniere saamgesmelt. Very Peri help ons om hierdie veranderde landskap van moontlikhede te omhels, wat ons ontvanklik maak vir \u2019n nuwe visie, terwyl ons ons lewens herskryf.\u2019\u201d<\/p>\n<div id=\"attachment_131745\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-131745\" class=\"size-medium wp-image-131745\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Rooirose6-500x334.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"334\" \/><p id=\"caption-attachment-131745\" class=\"wp-caption-text\">Sjef Mynhardt Joubert, KWV-ambassadeur, is die gasheer en sjef by Cathedral Cellar. Hier staan hy saam met Anz\u00e9l van die TV-reeks, Anz\u00e9l in die Boland.<\/p><\/div>\n<p>Sy bypassende spyskaart het berus op pers Parysvye as inspirasie en basis vir elke gang. Pancetta-toegedraaide persvye is bedien met The Centenary Cap Classique, houtskool-ciabatta en vyebotter met Cathedral Cellar Sauvignon Blanc, &#8216;Cacik&#8217; of Turkse sop met vars vye met Cathedral Cellar Chardonnay, gerolde lam met vye en aspersies met Cathedral Cellar Triptych, en laastens Italiaanse sjokoladetert met vars vye en gedroogde vye-meringue met Cathedral Cellar Pinotage.<\/p>\n<div id=\"attachment_131748\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-131748\" class=\"size-medium wp-image-131748\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Rooirose9-500x334.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"334\" \/><p id=\"caption-attachment-131748\" class=\"wp-caption-text\">Pancetta-toegedraaide persvye is bedien met KWV se The Centenary Cap Classique.<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_131747\" style=\"width: 410px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-131747\" class=\"size-medium wp-image-131747\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Rooirose8-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-131747\" class=\"wp-caption-text\">Die hoofgereg was gerolde lam met vye en aspersies met Cathedral Cellar Triptych.<\/p><\/div>\n<p>Justin Corrans, Cathedral Cellar se hoofwynmaker, het ges\u00ea: \u201cVandag het weer die koskombinasie en veelsydigheid van Cathedral Cellar se wyne benadruk. Cathedral Cellar-wyne word gemaak met die veelvuldige-streek-benadering, wat beteken dat ons die beste druiwe uit die beste streke vir hierdie wyne kan verkry. Dit is \u2019n benadering wat bydra tot hul bekroonde gehalte, maar dit gee ook aan hulle \u2019n unieke en eiesoortige karakter, wat so treffend ge\u00efllustreer is saam met sjef Mynhardt se disse.\u201d<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-57ste-fleur-du-cap-teatertoekennings-by-glorieryke-geleentheid-gevier\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Die 57ste Fleur du Cap-teatertoekennings by glorieryke geleentheid gevier<\/a><\/strong><\/p>\n<div id=\"attachment_131743\" style=\"width: 426px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-131743\" class=\"size-medium wp-image-131743\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Rooirose4-416x600.jpg\" alt=\"\" width=\"416\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-131743\" class=\"wp-caption-text\">Justin Corrans, Cathedral Cellar se hoofwynmaker<\/p><\/div>\n<p>\u201cOns is verheug om aan te kondig dat geleenthede in hierdie gesogte ruimte nou weer bespreek kan word,\u201d het Tanya afgesluit.<\/p>\n<p>Cathedral Cellar is \u2019n wynportefeulje en venue en die etikette beeld die Katedraalkelder uit met pragtige koperlyntekeninge en vereer die kelder se 32 vate wat ongeveer 3 meter elk in omtrek is.<\/p>\n<div id=\"attachment_131740\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-131740\" class=\"size-medium wp-image-131740\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Rooirose-2-500x334.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"334\" \/><p id=\"caption-attachment-131740\" class=\"wp-caption-text\">Cathedral Cellar is \u2019n premium wynportefeulje en die etikette beeld die Katedraalkelder uit met pragtige koperlyntekeninge en vereer die kelder se 32 vate wat ongeveer 3 meter elk in omtrek is. Verbruikers kan die etikette skandeer vir \u2019n lewende wyn-etikette-ervaring via die LABELinmotion-toepassing.<\/p><\/div>\n<p>Verbruikers kan die wynetikette skandeer vir \u2019n lewende wynetiket-ervaring via die LABELinmotion-toep.<\/p>\n<p>Foto\u2019s: Verskaf<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die katedraalkelder is weer oop. Deur\u00a0Maryke Roberts &nbsp; Die historiese en argitektoniese pronkstuk is in 1930 gebou en spog met \u2019n dramatiese ronde dak en loodglasvensters wat die indruk van \u2019n groot katedraal skep. Dit was \u2019n blye dag toe [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":53,"featured_media":131736,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[3476],"tags":[5673,84838,84917,84918,84919,84920,84921,147,2894],"class_list":["post-131732","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ontspanning","tag-middagete","tag-sjef-mynhardt","tag-katedraalkelder","tag-cathedral-cellar","tag-kwv-wyn","tag-langtafel","tag-kelder","tag-bekendes","tag-kwv"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die katedraalkelder is weer oop | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Met die inperkings en die streng regulasies, wat meer as twee jaar gelede ingestel is, het die gelag en feestelike geklingel van eetgerei en glase in baie plekke stil geword. Cathedral Cellar, die hart van KWV in die Paarl, en die handelsmerktuiste van sy spogwynreeks, die gelyknamige Cathedral Cellar-wyne, was een van daardie plekke.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die katedraalkelder is weer oop | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Met die inperkings en die streng regulasies, wat meer as twee jaar gelede ingestel is, het die gelag en feestelike geklingel van eetgerei en glase in baie plekke stil geword. Cathedral Cellar, die hart van KWV in die Paarl, en die handelsmerktuiste van sy spogwynreeks, die gelyknamige Cathedral Cellar-wyne, was een van daardie plekke.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2022-05-13T14:49:07+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2022-05-13T15:04:19+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Rooirose-1-3.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"667\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Gaynor Siljeur\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Gaynor Siljeur\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Gaynor Siljeur\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/567de33dfe6519e2b6b12ccbd6724a26\"},\"headline\":\"Die katedraalkelder is weer oop\",\"datePublished\":\"2022-05-13T14:49:07+00:00\",\"dateModified\":\"2022-05-13T15:04:19+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\\\/\"},\"wordCount\":853,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/05\\\/Rooirose-1-3.jpg\",\"keywords\":[\"middagete\",\"Sjef Mynhardt\",\"katedraalkelder\",\"Cathedral Cellar\",\"KWV wyn\",\"langtafel\",\"kelder\",\"bekendes\",\"KWV\"],\"articleSection\":[\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2022\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\\\/\",\"name\":\"Die katedraalkelder is weer oop | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/05\\\/Rooirose-1-3.jpg\",\"datePublished\":\"2022-05-13T14:49:07+00:00\",\"dateModified\":\"2022-05-13T15:04:19+00:00\",\"description\":\"Met die inperkings en die streng regulasies, wat meer as twee jaar gelede ingestel is, het die gelag en feestelike geklingel van eetgerei en glase in baie plekke stil geword. Cathedral Cellar, die hart van KWV in die Paarl, en die handelsmerktuiste van sy spogwynreeks, die gelyknamige Cathedral Cellar-wyne, was een van daardie plekke.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/05\\\/Rooirose-1-3.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/05\\\/Rooirose-1-3.jpg\",\"width\":1000,\"height\":667},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die katedraalkelder is weer oop\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/567de33dfe6519e2b6b12ccbd6724a26\",\"name\":\"Gaynor Siljeur\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/fefb7cdab11f41b23a8ec8e0757092362ec99640599ca0e0f909673074d67cf6?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/fefb7cdab11f41b23a8ec8e0757092362ec99640599ca0e0f909673074d67cf6?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/fefb7cdab11f41b23a8ec8e0757092362ec99640599ca0e0f909673074d67cf6?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Gaynor Siljeur\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die katedraalkelder is weer oop | rooi rose","description":"Met die inperkings en die streng regulasies, wat meer as twee jaar gelede ingestel is, het die gelag en feestelike geklingel van eetgerei en glase in baie plekke stil geword. Cathedral Cellar, die hart van KWV in die Paarl, en die handelsmerktuiste van sy spogwynreeks, die gelyknamige Cathedral Cellar-wyne, was een van daardie plekke.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die katedraalkelder is weer oop | rooi rose","og_description":"Met die inperkings en die streng regulasies, wat meer as twee jaar gelede ingestel is, het die gelag en feestelike geklingel van eetgerei en glase in baie plekke stil geword. Cathedral Cellar, die hart van KWV in die Paarl, en die handelsmerktuiste van sy spogwynreeks, die gelyknamige Cathedral Cellar-wyne, was een van daardie plekke.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2022-05-13T14:49:07+00:00","article_modified_time":"2022-05-13T15:04:19+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":667,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Rooirose-1-3.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Gaynor Siljeur","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Gaynor Siljeur","Est. reading time":"4 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\/"},"author":{"name":"Gaynor Siljeur","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/567de33dfe6519e2b6b12ccbd6724a26"},"headline":"Die katedraalkelder is weer oop","datePublished":"2022-05-13T14:49:07+00:00","dateModified":"2022-05-13T15:04:19+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\/"},"wordCount":853,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Rooirose-1-3.jpg","keywords":["middagete","Sjef Mynhardt","katedraalkelder","Cathedral Cellar","KWV wyn","langtafel","kelder","bekendes","KWV"],"articleSection":["Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2022","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\/","name":"Die katedraalkelder is weer oop | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Rooirose-1-3.jpg","datePublished":"2022-05-13T14:49:07+00:00","dateModified":"2022-05-13T15:04:19+00:00","description":"Met die inperkings en die streng regulasies, wat meer as twee jaar gelede ingestel is, het die gelag en feestelike geklingel van eetgerei en glase in baie plekke stil geword. Cathedral Cellar, die hart van KWV in die Paarl, en die handelsmerktuiste van sy spogwynreeks, die gelyknamige Cathedral Cellar-wyne, was een van daardie plekke.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Rooirose-1-3.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/05\/Rooirose-1-3.jpg","width":1000,"height":667},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-katedraalkelder-is-weer-oop\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die katedraalkelder is weer oop"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/567de33dfe6519e2b6b12ccbd6724a26","name":"Gaynor Siljeur","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/fefb7cdab11f41b23a8ec8e0757092362ec99640599ca0e0f909673074d67cf6?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/fefb7cdab11f41b23a8ec8e0757092362ec99640599ca0e0f909673074d67cf6?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/fefb7cdab11f41b23a8ec8e0757092362ec99640599ca0e0f909673074d67cf6?s=96&d=mm&r=g","caption":"Gaynor Siljeur"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/131732","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/53"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=131732"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/131732\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/131736"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=131732"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=131732"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=131732"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}