{"id":130468,"date":"2025-12-12T08:58:43","date_gmt":"2025-12-12T06:58:43","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=130468"},"modified":"2025-12-12T09:09:44","modified_gmt":"2025-12-12T07:09:44","slug":"help-jou-kind-die-oorgange-baasraak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\/","title":{"rendered":"Help jou kind di\u00e9 oorgange baasraak"},"content":{"rendered":"<p><em>Help jou kind di\u00e9 oorgange baasraak deur Mariette Snyman. Foto&#8217;s Pexels<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Wanneer \u2019n kind die eerste keer \u201cgroot skool\u201d toe gaan, in graad 8 deur die ho\u00ebrskool se hekke stap, of n\u00e1 skool begin werk of studeer, maak ons \u2019n ophef daarvan. Ons begryp watter aanpassing dit verg en probeer help waar ons kan.<\/p>\n<p>\u201cDis egter nie die enigste groot spronge wat \u2019n kind moet maak nie,\u201d s\u00ea dr. Lorna Geer, voorligtingsielkundige van Centurion. \u201cSommige oorgange is minder ooglopend.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Die belangrikste oorgange<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Lorna beskryf elke oorgang en die uitdagings wat dit inhou:<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Wanneer kinders dagsorg of kleuterskool toe gaan<\/strong>, bring hulle skielik \u2019n groot deel van hul dag buite die ouerhuis deur &#8211; sonder die ouers en saam met ander volwassenes en kinders. Dit kan \u2019n uitdaging wees, maar dis gewoonlik in \u2019n kleinerige omgewing met min veranderlikes, en die losmaakproses vind in kleiner en gekontroleerde stappe plaas. Die <strong>oorbeweeg na laerskool<\/strong> word vergemaklik omdat die kind reeds \u2019n mate van impulsbeheer, onafhanklikheid van die ouers en sosiale vaardighede aangeleer het, maar dis steeds \u2019n gr\u00f3\u00f3t stap vanuit \u2019n bekende en veilige omgewing na \u2019n onbekende en baie groter skoolomgewing.<\/li>\n<li>Die<strong> oorgang van gr. R na gr. 1<\/strong> behels \u2019n skuif van informele na formele onderrig. In gr. R leer kinders speel-speel, en beweging speel \u2019n groot rol. In gr. 1 moet hulle lang tye stil en regop sit. Party kinders se liggaamspiere is nog nie voldoende ontwikkel nie \u2013 hulle was dalk \u201cTV-kinders\u201d, eerder as \u201cklim-en-klouterkinders\u201d. In gr. 1 kan hulle nie meer op hul arms l\u00ea as hulle moeg word nie en daar is minder rustyd ingebou.<\/li>\n<li>Die <strong>oorgang van gr. 3 na gr. 4<\/strong> is baie groot. Kinders begin die eerste keer klasse wissel. Instede van een juffrou en enkele vakke het hulle baie vakke en verskillende onderwysers. Boonop moet hulle toets en eksamen skryf \u2013 terwyl hulle teen tyd werk.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&#8220;In die wiskunde- en wetenskap-mentorskapprogram waarby ek betrokke is, moet wiskunde-angs baie keer aangespreek word. Keer op keer kom ons agter ho\u00ebrskoolleerders se wiskunde-angs het reeds in gr. 4 ontstaan.<\/p>\n<p>&#8220;Gr. 4 is \u2019n moeilike jaar, vergelykbaar met kinders in gr. 11 se ervaring, maar jong kinders kan hul swaarkry nog nie verwoord nie. Dit kan in maagpyn, huil- en woedebuie na vore kom. Ouers besef nie altyd die oorsaak van hierdie gedrag is angstigheid oor die eise wat aan die kind gestel word nie.<\/p>\n<p>&#8220;Vir ouers is gr. 4 ook \u2019n uitdaging; die hoeveelheid huiswerk neem skielik toe. Ouers spring dikwels in en help huiswerk doen indien die kind nog nie gereed is om dit te hanteer nie. Jy kan dit makliker maak deur jou kind te leer organiseer. Wys haar hoe \u2019n kalender, dagboek en klasrooster werk. Help om\u00a0 toetsdatums, projekte, opdragte en take op die kalender aan te teken. Organiseer vakke op haar klasrooster volgens kleur. Ken afsonderlike kleure aan vakke toe en gebruik plastiekomslae met gekleurde kartonne vir elke vak se dokumente en opdragte. Leer jou kind om saans haar skooltas met die boeke volgens die volgende dag se rooster te pak.<\/p>\n<ul>\n<li>As kinders <strong>ho\u00ebrskool toe<\/strong> gaan, betree hulle weer \u2019n onbekende omgewing met \u2019n nuwe kultuur. Die gr. 7-seniors word nou die juniors in gr. 8. In my praktyk sien ek dikwels gr. 8-leerders wat swak lees en nie die werk kan baasraak nie. As ouers help deur byvoorbeeld die werk op te som sodat die kind net die opsomming kan leer, doen hulle hul kind geen guns nie. Die leesprobleem moet aandag kry, anders sneeubal die probleem wanneer die kind in gr. 10 kom.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&#8220;Adolessensie is die tyd wanneer verhoudings en hegte vriendskappe belangriker raak as die volwassenes in die kind se lewe. As \u2019n romantiese of vriendskapsverhouding skeef loop en die kind nie die nodige emosionele veerkrag het nie, be\u00efnvloed dit sy of haar skoolwerk. Dis van toepassing op kinders se hele ho\u00ebrskoolloopbaan en geld ook emosionele of ander probleme tuis. (hier kan jy Verstaan jou tiener se streke link)<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/10-dinge-wat-jy-nooit-vir-jou-tiener-moet-se-nie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">10 dinge wat jy nooit vir jou tiener moet s\u00ea nie<\/a><\/p>\n<ul>\n<li>Die <strong>sprong van gr. 9 na gr.10<\/strong>, met keusevakke en weekliks meer periodes in elke vak, stel sy eie uitdagings. Die hoeveelheid werk en die diepte waarmee dit behandel word, neem aansienlik toe.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&#8220;In syfervakke soos wiskunde en wetenskap is die boustene wat nou gel\u00ea word van die grootste belang. As die bouwerk nie stewig is en bly nie, vou alles. Die nodige boustene moet in plek wees voor nuwe kennis daarop kan bou. Daarby moet kennis georden word voor dit geleer kan word. Die leerder moet die werk verstaan sodat sy verbande kan trek en dit in haar langtermyngeheue kan stoor, anders word dit sonder insig gememoriseer. Die getroue voltooiing van huiswerk &#8211; m\u00e9t die nodige begrip &#8211; speel hier \u2019n groot rol.<\/p>\n<p>&#8220;Vroe\u00ebr kon leemtes in kinders se onderbou nog ingehaal word, maar vanaf gr. 10 verander die landskap. Weens tydsdruk kan onderwysers \u2019n stuk werk net een keer verduidelik, en nie vorige werk herhaal nie.<\/p>\n<p>&#8220;Leerders wat nie aan die intensiteit van die werk gewoond is nie en swak studiegewoontes het, soos om slegs voor \u2019n toets of eksamenvraestel te wil leer, \u00a0verstaan soms binne twee weke nie meer \u2019n snars van wat in die wiskunde- of wetenskapklas ges\u00ea word nie. Ouers re\u00ebl ekstra klasse, en dis goed, maar normaalweg word net die dag se werk in die klasse behandel. Daar is nie tyd om terug te gaan en gapings in die kind se kennis te vul nie.<\/p>\n<p>&#8220;Baie kinders skuif in gr. 10 van gewone wiskunde na wiskundige geletterdheid omdat hulle agter geraak het, of laat wetenskap staan en neem \u2019n ander vak. (Leerders kan nie wetenskap saam met wiskundige geletterdheid neem nie.)<\/p>\n<p>&#8220;Ouers moet ook bewus wees van <em>disculculia<\/em> of wiskundige disleksie. Dit raak veral woordsomme en opdragte wat in woorde omskryf word. Hoewel daar onsekerheid oor die oorsaak is, is daar ook \u2019n duidelike genetiese tendens. \u2019n Opvoedkundige sielkundige kan dit deur assessering vasstel en die kind na die nodige kenners verwys.<\/p>\n<ul>\n<li>Die ingrypendste skuif is seker <strong>van gr. 10 na gr. 11<\/strong>. Die werk in gr. 11 bou voort op die basis wat in gr. 10 gevestig is, en weer eens verdubbel die hoeveelheid werk. Gr. 11 en 12 vorm \u2019n eenheid. Normaalweg skryf die meeste matrieks in Juniemaand oor al die werk (insluitend di\u00e9 van gr.11). Dan gaan hulle vir \u2019n kort rukkie terug skool toe, en dan kom die rekord- en eindeksamen.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&#8220;In gr. 11 pas ouers en onderwysers boonop druk op leerders toe om te presteer vir keuring en toelating tot tersi\u00eare inrigtings. Leiers word verkies, wat tot talle kinders se stresvlakke bydra.&#8221;<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tieners-en-stilstuipe\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Tieners en stilstuipe<\/a><\/p>\n<h4><\/h4>\n<h4><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-160449 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/pexels-karola-g-7269566-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Hoe maak ek my kind vir die verskillende oorgange gereed?<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Studiemetodes<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>&#8220;Ouers moet seker maak hul kind se studiemetodes is geskik vir die vak en vir haar leerstyl. Studiemetodes vir die syferkundige vakke soos wiskunde, wetenskap en rekeningkunde verskil dramaties van di\u00e9 vir leervakke. Wanneer leerders dit soos leervakke aanpak en net wil \u201copsom\u201d en memoriseer, raak hulle vinnig agter.<\/p>\n<p>&#8220;In my ervaring is die begin van gr. 10 \u2019n goeie tyd om die regte studiemetodies te leer \u2013 tot aan die einde van gr. 9 verg wiskunde en wetenskap baie memorisering, maar dan verander dit. \u2019n Leerder moet kan onderskei tussen wat gememoriseer moet word en wanneer insig vereis word. Ou vraestelle is baie handig, maar nie net gou-gou voor \u2019n toets of \u2019n eksamen nie! Kinders moet tyd h\u00ea om na te dink oor hoe die werk gevra word. Wiskunde en wetenskap gaan oor patrone. Ou vraestelle kan jou wys watter aspekte aan mekaar gekoppel word en help om patrone te herken.&#8221;<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Tydsbeplanning<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>&#8220;Leerders wat gewoond is om tot in gr. 9 nie in die klas op te let nie en net voor \u2019n toets of eksamen wil inhaal en leer, ontwikkel vanaf gr. 10 maklik \u2019n agterstand \u2013 selfs al is hulle intelligent, met \u2019n goeie geheue. Kinders moet die dissipline aankweek om smiddae n\u00e1 skool te eet en \u2019n bietjie te rus, en dan begin huiswerktyd. Sosiale media, die TV en <em>games <\/em>moet eers wag. As daar buitemuurse aktiwiteite is, verskuif huiswerktyd net. Kinders moet seker maak hulle verstaan die dag se werk v\u00f3\u00f3r hulle hul huiswerk afhandel. As hulle iets nie begryp nie, moet hulle vroegtydig hulp soek sodat hulle insigvrae ook kan beantwoord.<\/p>\n<p>&#8220;In die algemeen is dit nie lekker om te studeer nie, en \u2019n studieroetine help jou om op jou tande te byt. Ouers kan nie te vroeg begin om \u2019n roetine te vestig nie. Van kleins af moet \u2019n kind weet: nou eet ons, en so laat is dit slaaptyd. Later sluit die studiegewoonte bloot hierby aan.&#8221;<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Herhaling<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>&#8220;Die grootste fout wat \u2019n kind kan maak, is om nooit te leer nie. Die tweede grootste fout is om die dag voor die toets of eksamen te begin leer. Dit neem tyd en herhaling om inligting vanaf die korttermyngeheue na die langtermyngeheue oor te plaas.<\/p>\n<p>&#8220;Navorsingsresultate wys ons vergeet ongeveer 70% van alle inligting binne 24 uur, en 90% binne \u2019n week \u2013 herhaling help dit voorkom. Maar om iets tien keer na mekaar te herhaal, is nie doeltreffend nie. Doen eerder twee dae lank elke dag twee herhalings, nog een \u2019n week later en dan \u2019n herhaling net voor die toets.&#8221;<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Gapings in onderbou<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>&#8220;Gapings in onderbou kan ontstaan wanneer onderrig ontoereikend was of weens ander oorsake, soos wanneer \u2019n sensories en\/of emosioneel sensitiewe kind \u201ctoeslaan\u201d omdat die onderwyser baie kwaai is of op die kinders skree. Gapings moet ge\u00efdentifiseer en herstel word voordat nuwe werk verstaan en onthou kan word.&#8221;<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Vroe\u00eb opsporing van probleme<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>&#8220;Kinders het die beste kans wanneer onderwysers reeds n\u00e1 drie maande in gr.1 agterkom dat hy of sy met wiskunde, spel of lees sukkel. Hindernisse in wiskunde, soos spesifieke agterstande, disleksie of diskalkulie, kan ge\u00efdentifiseer word deur \u2019n diagnostiese toetsie in gr. 3 te doen en die kind se skoolwerk te analiseer. Tydige hulp voorkom dat kinders in gr. 4 uitsak indien die basiese boublokke nie vasgel\u00ea is nie. Sekere opvoedkundige sielkundiges fokus hierop.&#8221;<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Hegte vriendskappe<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Hegte vriendskappe verhoog \u2019n kind se selfbeeld en beskerm \u2019n tiener teen gevoelens van depressie. Vriendskappe waarin kinders gesien word vir wie hulle werklik is, is waardevoller as die aantal vriende. Tydens adolessensie is goeie vriende dikwels belangriker as volwassenes om die kind deur \u2019n moeilike tyd te help, veral n\u00e1 \u2019n stresvolle gebeurtenis, soos om \u2019n toets te druip. Aan die ander kant voel dit vir \u2019n tiener na die einde van hul w\u00eareld as hierdie vriendskappe skipbreuk ly.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/speel-speel-skoolgereed\/\">Speel-speel skoolgereed<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Help jou kind di\u00e9 oorgange baasraak deur Mariette Snyman. Foto&#8217;s Pexels &nbsp; Wanneer \u2019n kind die eerste keer \u201cgroot skool\u201d toe gaan, in graad 8 deur die ho\u00ebrskool se hekke stap, of n\u00e1 skool begin werk of studeer, maak ons [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":21,"featured_media":160450,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679,662],"tags":[134,23444,60333],"class_list":["post-130468","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","category-jou-lewe","tag-ouerskap","tag-parenting","tag-jou-lewe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Help jou kind di\u00e9 oorgange baasraak | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Op skool is spronge tussen die verskillende grade nie almal ewe maklik nie. Help jou kind di\u00e9 oorgange baasraak - loer hier\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Help jou kind di\u00e9 oorgange baasraak | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Op skool is spronge tussen die verskillende grade nie almal ewe maklik nie. Help jou kind di\u00e9 oorgange baasraak - loer hier\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-12-12T06:58:43+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-12-12T07:09:44+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/pexels-pavel-danilyuk-8422250.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1282\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Mariette Snyman\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\"},\"headline\":\"Help jou kind di\u00e9 oorgange baasraak\",\"datePublished\":\"2025-12-12T06:58:43+00:00\",\"dateModified\":\"2025-12-12T07:09:44+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\\\/\"},\"wordCount\":1759,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/12\\\/pexels-pavel-danilyuk-8422250.jpg\",\"keywords\":[\"ouerskap\",\"parenting\",\"jou lewe\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\\\/\",\"name\":\"Help jou kind di\u00e9 oorgange baasraak | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/12\\\/pexels-pavel-danilyuk-8422250.jpg\",\"datePublished\":\"2025-12-12T06:58:43+00:00\",\"dateModified\":\"2025-12-12T07:09:44+00:00\",\"description\":\"Op skool is spronge tussen die verskillende grade nie almal ewe maklik nie. Help jou kind di\u00e9 oorgange baasraak - loer hier\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/12\\\/pexels-pavel-danilyuk-8422250.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/12\\\/pexels-pavel-danilyuk-8422250.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1282},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Help jou kind di\u00e9 oorgange baasraak\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\",\"name\":\"Mariette Snyman\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Mariette Snyman\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Help jou kind di\u00e9 oorgange baasraak | rooi rose","description":"Op skool is spronge tussen die verskillende grade nie almal ewe maklik nie. Help jou kind di\u00e9 oorgange baasraak - loer hier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Help jou kind di\u00e9 oorgange baasraak | rooi rose","og_description":"Op skool is spronge tussen die verskillende grade nie almal ewe maklik nie. Help jou kind di\u00e9 oorgange baasraak - loer hier","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-12-12T06:58:43+00:00","article_modified_time":"2025-12-12T07:09:44+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1282,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/pexels-pavel-danilyuk-8422250.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Mariette Snyman","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Mariette Snyman","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\/"},"author":{"name":"Mariette Snyman","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07"},"headline":"Help jou kind di\u00e9 oorgange baasraak","datePublished":"2025-12-12T06:58:43+00:00","dateModified":"2025-12-12T07:09:44+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\/"},"wordCount":1759,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/pexels-pavel-danilyuk-8422250.jpg","keywords":["ouerskap","parenting","jou lewe"],"articleSection":["Ouerskap","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\/","name":"Help jou kind di\u00e9 oorgange baasraak | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/pexels-pavel-danilyuk-8422250.jpg","datePublished":"2025-12-12T06:58:43+00:00","dateModified":"2025-12-12T07:09:44+00:00","description":"Op skool is spronge tussen die verskillende grade nie almal ewe maklik nie. Help jou kind di\u00e9 oorgange baasraak - loer hier","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/pexels-pavel-danilyuk-8422250.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/pexels-pavel-danilyuk-8422250.jpg","width":1920,"height":1282},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Help jou kind di\u00e9 oorgange baasraak"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07","name":"Mariette Snyman","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","caption":"Mariette Snyman"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/130468","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/21"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=130468"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/130468\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":160451,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/130468\/revisions\/160451"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/160450"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=130468"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=130468"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=130468"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}