{"id":130359,"date":"2023-05-19T10:08:29","date_gmt":"2023-05-19T08:08:29","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=130359"},"modified":"2023-05-19T10:09:36","modified_gmt":"2023-05-19T08:09:36","slug":"alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\/","title":{"rendered":"Alles wat jy van brille, lensoorplantings en jou o\u00eb wat swakker raak, moet weet"},"content":{"rendered":"<p><em>Alles wat jy van brille, lensoorplantings en jou o\u00eb wat swakker raak, moet weet deur Salom\u00e9 Delport<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Kyk net na al die fantastiese \u201conderdele\u201d wat jy vir jou o\u00eb kan kry. En nie eendag nie. N\u00f3\u00fa. Jy kan vand\u00e1g nog jou o\u00eb opgradeer.<\/p>\n<p>Oogchirurg Etienne van Aswegen van die Kaapse Ooghospitaal verduidelik wat alles moontlik is.<\/p>\n<p>(Hou eers jou bril. Dit bly steeds een van die ongelooflikste waarde-vir-geld mediese ontwikkelings \u2013 en moontlik steeds die beste opsie vir jou.)<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Eers \u2019n bietjie agtergrond<\/h4>\n<p>Al dink jy jy sien perfek is jy, soos die meeste van ons, waarskynlik \u00f3f versiende \u00f3f bysiende. Jy voel asof jy 20\/20-visie het omdat jou slim oog \u2019n plan maak dat jy optimaal sien.<\/p>\n<p>Vir sig is die twee belangrikste dele van jou oog:<\/p>\n<ul>\n<li>Jou ooglense, wat reg agter jou blou\/bruin\/groen\/grys iris sit. Inkomende lig val deur die pupil op die lens, wat dit na die retina kaats.<\/li>\n<li>Jou retina is \u2019n lagie ligsensitiewe selletjies wat agter in jou oogbal sit. Sodra lig op hulle val, stuur hulle dit as boodskappe na die brein, wat dit interpreteer as beelde \u2013 en so sien jy.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wanneer sien jy skerp?<\/h4>\n<p>Dit gaan oor waar die lig op jou retina val, verduidelik Etienne. Daar is drie groepe van ons:<\/p>\n<ul>\n<li>Lig vanaf veraf voorwerpe val presies op die retina, terwyl lig van naby voorwerpe net agter die retina val \u2013 perfek om skerp beelde te skep. Jy het ideale sig, en die dokter noem jou \u2019n emmetroop.<\/li>\n<li>By \u2019n baie groot klomp van ons val die lig van ver voorwerpe v\u00f3\u00f3r die retina, terwyl lig van naby voorwerpe op die retina self val. Jy kan dus naby skerp sien en moeiteloos \u2019n garingdraadjie deur \u2019n naald se oog steek, maar hoe verder dinge van jou af is hoe meer blindemol is jy. Jou dokter noem jou \u2019n mioop. Ons s\u00ea ons is bysiende.<\/li>\n<li>By \u2019n derde groep van ons fokus die gereflekteerde lig van ver voorwerpe agter die retina, en die fokus vir naby voorwerpe val nog verder agter die retina. Hierdie groep het plus lense nodig, en word hiperope genoem. As jy die Suiderkruis kan sien maar nie \u2019n enkele woord op jou selfoon sonder \u2019n bril kan lees nie val jy in hierdie groep.<br \/>\nMaar die meeste van ons sien taamlik goed, al is ons nie emmetrope nie. Die rede? Die spiertjies rondom jou ooglense \u201chelp\u201d jou oog. Hulle trek jou ooglense ronder of plantter, sodat die inkomende lig op jou retina val. So sorg hulle dat jy skerp sien, al is jy \u2018n mioop of hiperoop. Hierdie vermo\u00eb van jou oog om die fokuspunt te verbeter word \u201cakkommodasie\u201d genoem.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoekom \u2019n winkelbrilletjie op veertig?<\/h4>\n<p>Jou oog sorg deur akkommodasie jare lank vir 20\/20- visie, of sig wat baie naby daaraan kom \u2013 tot iewers n\u00e1 veertig.<\/p>\n<p>Namate jy ouer word, word jou ooglense digter, net soos jellie al stywer raak hoe langer dit staan. Jou oogspiertjies kan die lense nie meer platter of ronder trek nie, maak nie saak hoe hard hulle probeer nie. Jou akkommodasie neem af, en jy moet \u2019n leesbril bysit, wat help deurdat dit die lig op die retina laat fokus. En nou word jy \u2019n presbioop genoem. Presbiopie kan nie met chirurgie reggestel word nie \u2013 maar daar is ander planne.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Al jou opsies<\/h4>\n<p>Eerstens, s\u00ea Etienne, kan niks jou ooit teruggee wat jy verloor het nie. \u201cOns kan jou sig soos dit nou is verbeter en jou m\u00ednder afhanklik van \u2019n bril maak. Maar moenie die advertensies glo wat s\u00ea jy gaan n\u00f3\u00f3it weer \u2019n bril dra nie. Dit is so dat party mense n\u00e1 \u2019n operasie perfek sien, terwyl ander se sig steeds effens uit is, of met die jare verder verswak. As jy ouer as 45 is, kan jy steeds \u2019n +1,50 &#8211; +2,00-brilletjie benodig wanneer jy baie fyn wil sien \u2013 wat darem baie beter is as om geheel en al afhanklik van \u2019n bril te wees. Ek wil net h\u00ea mense moet realistiese verwagtings h\u00ea.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h5>1 \u2019n Bril<\/h5>\n<p>Betroubaar en goedkoop \u2013 van R100 by jou apteek tot R3 000 vir \u2019n goedkoper getoetste bril tot R20\u00a0000 en selfs meer vir \u2019n luukse- multifokale bril met \u2019n moderaam, en lense wat nie toewasem nie, vanself skoon bly en blou lig uitfiltreer. Die meeste mense benodig elke 3-5 jaar \u2019n nuwe bril.<br \/>\nDit werk vir almal \u2013 miope, presbiope en hiperope.<\/p>\n<h5>2 Kontaklense<\/h5>\n<p>Betroubaar en betreklik goedkoop \u2013 van R1 000 vir drie maande se voorraad van herbruikbare lense tot R5 000 vir \u2019n jaar se een-dag-lense.<br \/>\nMaar kontaklense werk nie vir almal nie. Baie mense kan nie daarby aanpas nie, of kry nie lense wat op hul o\u00eb pas nie. Wanneer jy ouer word, is die kans goed dat jou o\u00eb kontaklense begin weier. Jy mag nie met kontaklense swem nie, weens die baie werklike gevaar van onomkeerbare ooginfeksies wat jou sig permanent kan beskadig. Dit is ook geskik vir miope, presbiope en hiperope.<\/p>\n<h5>3 Laser (Lasik en PRK)<\/h5>\n<p>Laser werk vir hiperope en miope \u2013 nie vir presbiope wat op veertig \u2019n sterk pluslens-bril moet bysit nie. Dokters hou hierdie twee laserbehandelings vir mense wat \u2019n bril van -6 tot +3 dra.<br \/>\nMet albei word die kornea (die helder buitelagie van jou oog) se vorm \u2019n bietjie verander, met die doel om inkomende lig meer presies op die retina te fokus.<\/p>\n<p>Met LASIK word klein snytjies in die kornea gemaak. Die dokter laser binne-\u00edn die kornea, om die vorm te verander sodat inkomende lig op die retina val. Die dieper lae van die kornea maak nie juis nuwe selle nie, en dus bly jou sig baie jare lank stabiel, soos direk n\u00e1 die operasie.<\/p>\n<p>Met PRK laser die dokter op die b\u00faitekant van die kornea en verwyder \u2019n bietjie daarvan, tot die vorm toelaat dat lig akkuraat op die retina val. Daar word nie diep binne-in die kornea gewerk nie, wat PRK ietwat veiliger maak. PRK is ook die seerste. Met LASIK herstel jy die vinnigste en is die kans op langtermynsukses die beste.<\/p>\n<p>Jy kan verwag om sowat R25\u00a0000 &#8211; R30 000 vir albei o\u00eb te betaal.*<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die nuwe moontlikhede<\/h4>\n<h5>4 Die irisfiksasielens, of \u2018artisan\u2019-lens<\/h5>\n<p>\u2019n Brillens is \u2019n wonderlike stukkie tegnologie. Dit is net lastig omdat jy jou bril heeldag opsit, afhaal, skoonmaak en soms verloor. Maar wat as jy die lens direk en permanent in jou oog kan vasmaak?<\/p>\n<p>Dit is nou moontlik, en neem die chirurg net \u2019n halfuur. Di\u00e9 lense kom met kloutjies wat in jou iris (die gekleurde deel van jou oog) inhaak. Di\u00e9 lense word agter die glasagtige kornea geplaas, en dus sal niks dit laat skuif of afval nie. Dit is van die gerieflikste, veiligste opsies, met bitter min ingrype of kans op skade aan jou ander oogstruktuurtjies.<\/p>\n<p>Maar dit is duur \u2013 R30\u00a0000 per oog \u2013 en dit is nie vir almal nie. Jou natuurlike kornea moet dik genoeg wees, wat \u2019n kwessie van geluk is, want jy word met dun of dik korneas gebore. Dit is geskik vir hiperope wat tot +10 lense dra, asook vir miope van tot -23.<\/p>\n<p>Die lens kan lewenslank hou maar jou sig kan verander namate jy verouder, of jy kan katarakte ontwikkel. Dit kan nodig wees om dit te vervang of vir een van die ander opsies te verruil.<\/p>\n<h5>5 Die intra-okul\u00eare kontaklens (ICL)<\/h5>\n<p>Dit is baie dieselfde as \u2019n irisfiksasielens, behalwe dat hierdie lens tussen jou ooglense en die iris geplaas word, waar dit ook nie kan rondskuif nie. Jy het dieselfde voordele en risiko\u2019s, en as jou sig verander weens veroudering kan jy dit ook moet vervang of verruil. Dit werk goed vir hiperope tot +10 en miope tot -30.<br \/>\nEn die prys? Ook R60\u00a0000 vir albei o\u00eb.*<\/p>\n<h5>6 Lensvervanging, of \u2019n katarakoperasie<\/h5>\n<p>\u2019n Katarak beteken dat jou oog se eie lense begin verdof, met die gevolg dat lig nie meer so goed deurdring nie. Katarakte is die rede vir swak sig by een uit elke drie mense bo sestig, en as jou probleem hier l\u00ea, gaan geeneen van die vorige vyf opsies werk nie. \u2019n Lensvervanging is jou beste opsie \u2013 meestal die geval vir die meeste sestigplus presbiope.<\/p>\n<p>Waar die ander opsies ekstra lense byvoeg of lagies wegvat, behels die sogenaamde katarakoperasie dat jou werklike ooglense uitgehaal en deur sintetiese lense vervang word. Jou ooglense l\u00ea in \u2019n sakkie, wat dit taamlik maklik maak om hulle te vervang, en die sintetiese lense kan jou vir ewig hou.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Nadele?<\/h4>\n<p>Daar is min risiko\u2019s maar sommige mense kla dat hulle \u2019n lig-kring om voorwerpe sien, veral saans. Soms sal jou sig steeds \u2019n klein bietjie uit wees (nie meer as 0,5 nie). Jy kan dit met \u2019n<br \/>\nbrilletjie regstel. Pleks hiervan kan jy jou sig met \u2019n ekstra LASIK <em>fine tune.\u00a0<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kyk net na die interessante opsies vir kataraklensvervanging<\/h4>\n<ul>\n<li>Jy kan twee enkelsterkte lense kies wat jou sig op \u2019n spesifieke afstand optimaliseer. Jy kan kies of jy eerder naby wil sien, met \u2019n bril vir ver \u2013 of eerder ver wil kan sien, met \u2019n bril vir naby sien.<\/li>\n<li>Jy kan twee multifokale lense kies wat net soos \u2019n multifokale bril sorg dat jy naby \u00e9n ver goed kan sien. Dit werk gewoonlik goed maar net soos jy aan \u2019n multifokale bril gewoond moet word, is dit hiermee ook \u2019n kwessie van aanpas.<\/li>\n<li>Jy kan een multifokale lens op jou dominante oog met \u2019n enkelsterkte lens op jou ander oog kombineer. Dit word monovisie genoem. Jou twee o\u00eb leer baie gou saamwerk, en jy behoort baie goed op enige afstand te kan sien. Dit werk gewoonlik goed vir mense wat dieselfde met hul kontaklense kan doen. (Wenk: as jy nie weet of dit sal werk vir jou nie probeer \u2019n week lank kontaklense wat jou monovisie gee en kyk hoe goed jy regkom, voor jy jouself permanent verbind.) Gesels met jou oogspesialis, wat die beste opsie vir jou o\u00eb sal uitwerk.<\/li>\n<li>Die prys? R25 000 vir twee enkelsterkte lense, en \u2019n ekstra R10\u00a0000 per multifokale lens.*<\/li>\n<\/ul>\n<p>*Pryse benaderd. Kry \u2019n kwotasie van jou dokter en jou mediese fonds. Sommige van hierdie opsies is as kosmeties geklassifiseer, waarvoor jou mediese fonds nie betaal nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gesondheid\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Loer hier vir nog interessante leesstof<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Alles wat jy van brille, lensoorplantings en jou o\u00eb wat swakker raak, moet weet deur Salom\u00e9 Delport &nbsp; Kyk net na al die fantastiese \u201conderdele\u201d wat jy vir jou o\u00eb kan kry. En nie eendag nie. N\u00f3\u00fa. Jy kan vand\u00e1g [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":137465,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[136,2792,23664],"class_list":["post-130359","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-leef-gesond","tag-health"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Alles wat jy van brille, lensoorplantings en jou o\u00eb wat swakker raak, moet weet | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Gooi jou bril weg - as jy kan. Sat van jou bril? Jy het vyf ander opsies\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Alles wat jy van brille, lensoorplantings en jou o\u00eb wat swakker raak, moet weet | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Gooi jou bril weg - as jy kan. Sat van jou bril? Jy het vyf ander opsies\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-05-19T08:08:29+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-05-19T08:09:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/susan-duran-LHaqQkG_mgQ-unsplash-1-e1684483747688.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1065\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Alles wat jy van brille, lensoorplantings en jou o\u00eb wat swakker raak, moet weet\",\"datePublished\":\"2023-05-19T08:08:29+00:00\",\"dateModified\":\"2023-05-19T08:09:36+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\\\/\"},\"wordCount\":1709,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/05\\\/susan-duran-LHaqQkG_mgQ-unsplash-1-e1684483747688.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"leef gesond\",\"health\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\\\/\",\"name\":\"Alles wat jy van brille, lensoorplantings en jou o\u00eb wat swakker raak, moet weet | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/05\\\/susan-duran-LHaqQkG_mgQ-unsplash-1-e1684483747688.jpg\",\"datePublished\":\"2023-05-19T08:08:29+00:00\",\"dateModified\":\"2023-05-19T08:09:36+00:00\",\"description\":\"Gooi jou bril weg - as jy kan. Sat van jou bril? Jy het vyf ander opsies\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/05\\\/susan-duran-LHaqQkG_mgQ-unsplash-1-e1684483747688.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/05\\\/susan-duran-LHaqQkG_mgQ-unsplash-1-e1684483747688.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1065},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Alles wat jy van brille, lensoorplantings en jou o\u00eb wat swakker raak, moet weet\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Alles wat jy van brille, lensoorplantings en jou o\u00eb wat swakker raak, moet weet | rooi rose","description":"Gooi jou bril weg - as jy kan. Sat van jou bril? Jy het vyf ander opsies","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Alles wat jy van brille, lensoorplantings en jou o\u00eb wat swakker raak, moet weet | rooi rose","og_description":"Gooi jou bril weg - as jy kan. Sat van jou bril? Jy het vyf ander opsies","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-05-19T08:08:29+00:00","article_modified_time":"2023-05-19T08:09:36+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1065,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/susan-duran-LHaqQkG_mgQ-unsplash-1-e1684483747688.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Alles wat jy van brille, lensoorplantings en jou o\u00eb wat swakker raak, moet weet","datePublished":"2023-05-19T08:08:29+00:00","dateModified":"2023-05-19T08:09:36+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\/"},"wordCount":1709,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/susan-duran-LHaqQkG_mgQ-unsplash-1-e1684483747688.jpg","keywords":["Gesondheid","leef gesond","health"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\/","name":"Alles wat jy van brille, lensoorplantings en jou o\u00eb wat swakker raak, moet weet | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/susan-duran-LHaqQkG_mgQ-unsplash-1-e1684483747688.jpg","datePublished":"2023-05-19T08:08:29+00:00","dateModified":"2023-05-19T08:09:36+00:00","description":"Gooi jou bril weg - as jy kan. Sat van jou bril? Jy het vyf ander opsies","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/susan-duran-LHaqQkG_mgQ-unsplash-1-e1684483747688.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/susan-duran-LHaqQkG_mgQ-unsplash-1-e1684483747688.jpg","width":1920,"height":1065},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-van-brille-lensoorplantings-en-jou-oe-wat-swakker-raak-moet-weet\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Alles wat jy van brille, lensoorplantings en jou o\u00eb wat swakker raak, moet weet"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/130359","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=130359"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/130359\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/137465"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=130359"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=130359"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=130359"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}