{"id":130344,"date":"2023-05-02T11:55:49","date_gmt":"2023-05-02T09:55:49","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=130344"},"modified":"2023-05-02T11:56:15","modified_gmt":"2023-05-02T09:56:15","slug":"die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\/","title":{"rendered":"Die beste raad vir lelike, lastige vratjies"},"content":{"rendered":"<p><em>Die beste raad vir lelike, lastige vratjies deur Salom\u00e9 Delport<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die beste raad vir vratjies<\/h4>\n<p>Die boereraatboek, Volksgeneeskuns in Suid-Afrika, het rate wat mens laat ineen-krimp, soos om warm kersvet op jou vratjie te drup. Nog een is glads romanties: jy wag tot volmaan en blaas die vratjie maan toe; doen jy dit getrou, sal jy sien jou vratjie verdwyn binne twaalf volmane. D<\/p>\n<p>ie meeste ander rate is meer konkreet: jy smeer iets aan soos een of ander plantsap soos vyesap, of \u2019n olie soos paraf-fien of iets met \u2019n alkoholbasis soos Eau de Cologne 4711 (net ons ouer lesers sal weet wat dit is!) of brandspiritus.<\/p>\n<p>Party beveel iets te drinke aan \u2013 maar so droog soos kalkwater.<\/p>\n<p>Ondanks eeue se rate is vratjies steeds met ons. Selfs navorsing het ons nog so min geleer dat ons steeds moet staatmaak op \u2019n goeie dosis geluk om van hulle ontslae te raak. Ja, jy kan maar netsowel maan toe blaas. Tog is daar \u2019n paar dinge wat die skaal in jou guns kan swaai.<\/p>\n<p>Hier is wat ons weet:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>1. Beteken vratjies jy het \u2019n vitamientekort?<\/h4>\n<p>Moontlik. Maar nie aan vitamiene nie. Die Oxford University Hospitals s\u00ea \u2019n sinkaanvulling help vir baie mense. In ons land is \u2019n sinktekort juis baie algemeen. Probeer dit vir minstens drie maande. Moontlik is jy een van die gelukkiges wat so maklik van \u2019n vratjie ontslae raak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>2. Beteken vratjies jou immuunstelsel is swak?<\/h4>\n<p>Dit is \u2019n algemene siening, aangesien mense met \u2019n onderdrukte immuunstelsel (soos di\u00e9 op sekere medikasies) wel meer geneig tot vratjies is. Maar die meerderheid mense met vratjies is heeltemal gesond, en hul immuunstelsel werk uitstekend.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>3. Kan vratjies kankeragtig raak, soos moesies?<\/h4>\n<p>Nee wat, dit gebeur nie. Maar kyk ook na vraag 5.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>4. Hoe verskil vratjies van moesies?<\/h4>\n<p>Moesies en angiome en so aan is aantastings van jou vel, en is letterlik deel daarvan. Dit is deels waarom hulle gevaarlik kan wees. Jy kan \u2019n vratjie eerder met \u2019n parasiet vergelyk wat bo-op jou vel kom sit. Dit word deur die papilloomvirus veroorsaak, wat hom in jou dermis tuismaak en jou velselle as bron gebruik vir kos en om te vermeerder. Die virus dring veral die dermis binne as jy \u2019n snyplekkie het. Dit kan 2-6 maande neem voor hy as \u2019n vratjie sigbaar is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>5. Is genitale vratjies dieselfde as velvratjies?<\/h4>\n<p>Ja, maar nie heeltemal nie. Die soort waaroor ons liewer nie praat nie, naamlik die genitale vratjies wat mans en vroue kan tref, is wel familie van gewone vratjies maar hulle val in \u2019n ander \u201cklas\u201d, as jy dit so wil stel.<\/p>\n<p>\u00c1lle soorte vratjies word deur die menslike papilloomvirusse (MPV, of HPV op Engels) veroorsaak. Daar is meer as 150 soorte MPV\u2019s, en elkeen veroorsaak sy eie kenmerkende vratjie. Soos dit met familie gaan, is party ook baie gevaarliker as ander:<br \/>\n\u2022 MPV tipe 1, 2, 4, 27 en 57 veroorsaak lastige maar onskadelike vratjies op die hande en voete.<br \/>\n\u2022 MPV tipe 3 en 10 veroorsaak onskadelike plat vratjies op die arms, bene en gesig.<br \/>\n\u2022 MPV tipes 6 en 11 veroorsaak 90% van pynlike genitale vratte. Dit word deur seks versprei.<br \/>\n\u2022 MPV tipes 16 en 18 veroorsaak byna alle gevalle van servikale kanker.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-ouers-moet-weet-van-die-hpv-vaksien\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat ouers van die HPV-vaksien moet weet<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Alles oor papsmeer en die HPV-vaksien<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-episode-12-die-menslike-papilloomvirus-of-mpv-met-dr-elna-mcintosh\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat elke vrou oor MPV moet weet<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>6. Van die kinders met wie ek werk, het vratjies. Sal ek aansteek?<\/h4>\n<p>Vratjies is aansteeklik as jy direk daaraan raak maar dit lyk asof ons meer bestand raak teen die vratjievirus wanneer ons ouer word. So wys die beskikbare ondersoeke oor die voorkoms van vratjies dat kleintjies en mense bo dertig byna nooit vratjies kry nie (minder as een tot vier mense per honderd), terwyl talle kinders vratjies kry, met tot een uit elke vyf in Brittanje, en een uit elke drie kinders in Nederland, wys twee opnames.<\/p>\n<p>Teen die tyd dat jy op ho\u00ebrskool of in die twintig is, is jy klaar minder geneig tot vratjies.<\/p>\n<p>Dit lyk asof die virus makliker vastrapplek kry waar die vel nat (en dus sag) is en\/of stukkende plekkies het. Dit kan verklaar waarom sekere groepe volwassenes meer dikwels vratjies het, soos mense wat met rou vleis werk, soos slagters en vissermanne, en mense wat kaalvoet openbare storte en swembaddens gebruik.<\/p>\n<p>As jy \u2019n vratjie het, moet jy versigtig wees met wat jy deel: mense kan vratjies aansteek as julle saam voetskuurders, sponse, vadoeke, skropborseltjies vir voete en naels, naelvyltjies en naelknippers gebruik.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>7. Wat beteken dit as \u2019n vratjie donker spikkels het?<\/h4>\n<p>Vratjies is gewoonlik vleeskleurig \u2013 van witterig-pienk tot bruin. Die swart spikkels in party vratjies is eintlik klein, geblokkeerde aartjies.<\/p>\n<p>Ligter vratjies is nie veiliger as donker vratjies nie. Dit is eerder belangrik om dop te hou vir kleurverandering, want dit kan beteken dat jy ni\u00e9 \u2019n vratjie het nie maar \u2019n moesie, met die risiko op velkanker. Laat \u2019n dokter daarna kyk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>8. Is dit sleg om aan vratjies te pik?<\/h4>\n<p>Dit is nie lewensgevaarlik nie. Maar jy kan die virus met jou vingers verder versprei na jou gesig of \u2019n ander plek op jou vel \u2013 of na iemand anders.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>9. Kan \u2019n mens regtig vir altyd heeltemal van vratjies ontslae raak?<\/h4>\n<p>Die meeste vratjies verdwyn tipies binne 18-24 maande vanself. Maar by party mense is vratjies werklik hardnekkig.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>10. Wat gebeur as jy \u2019n vratjie net los?<\/h4>\n<p>Navorsing wys dat vratjies binne twee jaar vanself verdwyn.<\/p>\n<p>Hoe vinnig hulle verdwyn, hang af van jou immuniteit en waar hulle sit.<\/p>\n<p>Soolvratte is berug vir hul hardnekkigheid. Jy kan hulle dus los sodat jou immuunstelsel hulle hanteer \u2013 veral as jy vir die eerste keer \u2019n vratjie kry.<\/p>\n<p>As \u2019n vratjie langer as twee jaar sit, beveg jou liggaam dit nie suksesvol nie. En onthou, dit is aansteeklik. Jy kan dan vratjies bykry en naderhand met \u2019n hele paar sit. Ander mense kan van jou aansteek. En waarom bly sukkel as \u2019n vratjie op \u2019n lastige plek sit waar hulle pyn veroorsaak, of sommer net ontsierend is?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Watter soort vratjie het jy?<\/h4>\n<p>Die regte naam vir \u2019n vratjie is \u2019n verruca vulgaris.<\/p>\n<p>En wat \u2019n lekker \u201cskuilnaam\u201d!<\/p>\n<p>Verruca klink amper verruklik \u2013 baie beter as \u2019n platvloerse ou vratjie! Hier is nog \u2019n paar verdoeselname vir vratjies:<\/p>\n<p>Peringuale verruca verwys na vratjies wat teenaan die vingernael groei; plantaar verruca verwys na soolvratte.<\/p>\n<p>Vratjies kom veral op die vingers, hande, voete, elmbo\u00eb, arms, onderbene en knie\u00eb voor. \u2019n Mens het selde vratjies op die gesig, kopvel of lyf.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe raak mense van vratjies ontslae?<\/h4>\n<p>Daar is talle opsies maar die gewildste vier is vriesbrand, laserbehandeling, duct tape (nie maskeerband nie \u2013 daardie baie sterk plastiekband wat mense in hul motors hou vir noodherstelwerk) en salisielsuur.<\/p>\n<p>Die navorsing oor behandeling van vratjies lewer uiters wisselvallige resultate \u2013 wat \u2019n mens laat verstaan waarom \u2019n geblaas na die volmaan destyds dikwels genoeg gewerk het sodat dit as raat kon kwalifiseer.<\/p>\n<p>Hier is nou een geval waar tuisterapie beter vaar as ernstiger mediese behandeling, maar die selfdoenresultate is ook nie gewaarborg nie. Maar hier is wat ons kon kry:<\/p>\n<h5>Vriesbrand<\/h5>\n<p>Vratjies herhaal dikwels n\u00e1 al die moeite en koste, en daarby laat dit merke en letsels op die vel. Dit is nooit beter as salisielsuur nie. \u00c1s dit werk, is dit wel \u2019n vinniger proses.<\/p>\n<h5>Laserbehandeling<\/h5>\n<p>Dit kan werk \u2013 of nie werk nie.<\/p>\n<p>Dit is ook geneig om letsels te laat. Dit sal afhang van waar jou vratjie sit. Verder is laserbehandelde vratjies geneig om te herhaal.<\/p>\n<h5>Ondeursigtige duct tape<\/h5>\n<p>Een klein ondersoek wys dit verwyder 85% van vratjies, terwyl die sukseskoers van \u2019n ander ondersoek net 16% was. Dit is goedkoop en pynvry genoeg dat \u2019n mens maar net kan probeer.<\/p>\n<p>Maak so: Sny \u2019n stuk duct tape wat die vratjie volledig bedek. Los vir 4-7 dae. Verwyder. Was die deel goed met seep. Skuur dit met \u2019n amarilvyl (emery board) om alle dooie vel te verwyder. Laat dit droog word en plak weer toe. Herhaal tot die vratjie verdwyn \u2013 gewoonlik binne 4-6 weke.<\/p>\n<h5>Salisielsuur (salicylic acid)<\/h5>\n<p>Dit is \u2019n ou maar ongerieflike staatmaker. Kry dit as vloeistof of pleister by jou apteek. Wend dit vir 2-3 maande aan. Met \u2019n gemiddelde sukseskoers wat dieselfde is as plasebo is navorsers nie<br \/>\nso seker dat dit werklik help nie maar dit was in een ondersoek tog meer suksesvol vir vratte op die hande en voete as vir vratjies op ander dele van die lyf.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vratjies is soms koppige rakkers wat ni\u00e9 vanself verdwyn nie. Hier is rate en planne<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":137141,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[23664,136,2792],"class_list":["post-130344","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-health","tag-gesondheid","tag-leef-gesond"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die beste raad vir lelike, lastige vratjies | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Vratjies is soms koppige rakkers wat ni\u00e9 vanself verdwyn nie. Hier is rate en planne!\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die beste raad vir lelike, lastige vratjies | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Vratjies is soms koppige rakkers wat ni\u00e9 vanself verdwyn nie. Hier is rate en planne!\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-05-02T09:55:49+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-05-02T09:56:15+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/luis-quintero-qKspdY9XUzs-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Die beste raad vir lelike, lastige vratjies\",\"datePublished\":\"2023-05-02T09:55:49+00:00\",\"dateModified\":\"2023-05-02T09:56:15+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\\\/\"},\"wordCount\":1401,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/05\\\/luis-quintero-qKspdY9XUzs-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"health\",\"Gesondheid\",\"leef gesond\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\\\/\",\"name\":\"Die beste raad vir lelike, lastige vratjies | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/05\\\/luis-quintero-qKspdY9XUzs-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2023-05-02T09:55:49+00:00\",\"dateModified\":\"2023-05-02T09:56:15+00:00\",\"description\":\"Vratjies is soms koppige rakkers wat ni\u00e9 vanself verdwyn nie. Hier is rate en planne!\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/05\\\/luis-quintero-qKspdY9XUzs-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/05\\\/luis-quintero-qKspdY9XUzs-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die beste raad vir lelike, lastige vratjies\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die beste raad vir lelike, lastige vratjies | rooi rose","description":"Vratjies is soms koppige rakkers wat ni\u00e9 vanself verdwyn nie. Hier is rate en planne!","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die beste raad vir lelike, lastige vratjies | rooi rose","og_description":"Vratjies is soms koppige rakkers wat ni\u00e9 vanself verdwyn nie. Hier is rate en planne!","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-05-02T09:55:49+00:00","article_modified_time":"2023-05-02T09:56:15+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/luis-quintero-qKspdY9XUzs-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Die beste raad vir lelike, lastige vratjies","datePublished":"2023-05-02T09:55:49+00:00","dateModified":"2023-05-02T09:56:15+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\/"},"wordCount":1401,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/luis-quintero-qKspdY9XUzs-unsplash.jpg","keywords":["health","Gesondheid","leef gesond"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\/","name":"Die beste raad vir lelike, lastige vratjies | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/luis-quintero-qKspdY9XUzs-unsplash.jpg","datePublished":"2023-05-02T09:55:49+00:00","dateModified":"2023-05-02T09:56:15+00:00","description":"Vratjies is soms koppige rakkers wat ni\u00e9 vanself verdwyn nie. Hier is rate en planne!","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/luis-quintero-qKspdY9XUzs-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/05\/luis-quintero-qKspdY9XUzs-unsplash.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-raad-vir-lelike-lastige-vratjies\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die beste raad vir lelike, lastige vratjies"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/130344","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=130344"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/130344\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/137141"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=130344"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=130344"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=130344"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}