{"id":129686,"date":"2020-04-23T14:00:29","date_gmt":"2020-04-23T12:00:29","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=129686"},"modified":"2020-04-23T14:00:29","modified_gmt":"2020-04-23T12:00:29","slug":"ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\/","title":{"rendered":"Ina Genade se blog: \u2019n Nuwe normaal"},"content":{"rendered":"<p><em>\u2019n Nuwe normaal deur Ina Genade. Hooffoto: iStock\/<a class=\"photographer\" href=\"https:\/\/www.istockphoto.com\/za\/portfolio\/QualityVector?mediatype=illustration\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">\u041d\u0430\u0442\u0430\u043b\u044c\u044f \u041a\u0438\u0440\u0438\u043b\u043b\u043e\u0432\u0430<\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Nuwe normaal<\/h4>\n<p>Nog min het ek \u2019n tyd beleef dat almal so ingestel is op mekaar se doen en late.<\/p>\n<p>Gewoonlik ervaar mens so \u2019n bietjie daarvan aan die einde van die jaar as baie mense afskaal en by die see is, maar gewoonlik is meeste mense dan steeds te besig om die buitelug of vakansie of gesinstyd of feesdae te geniet om regtig s\u00f3 intens ander se doene en late dop te hou.<\/p>\n<p>Die hoeveelheid vriendskapsversoeke op sosiale media wat ek die laaste week of twee ontvang het, getuig hiervan.<\/p>\n<p>Met die beperkte ruimte en geselskap waarbinne die meeste Suid-Afrikaners en ook verskeie ander lande se inwoners tydens die noodgedwonge grendeltyd leef, kom daar \u2019n natuurlike behoefte om \u2019n bietjie uit te reik en te koekeloer wat ander doen, s\u00ea en dink tydens di\u00e9 ongewone tyd.<\/p>\n<p>In my eie kuberruim verryk mense soos die skrywers Dana Snyman, Erns Grundling, Annelie Botes en Johan Bakkes my dae met hulle uit-die-hart skryfstukke oor hulle belewenisse van di\u00e9 vreemde tyd waarin ons leef. Die skrywer Marion Erskine sorg daagliks vir \u2019n uit-die-maag lagsessie met sy kreatiewe, soms kranksinnige videos van sy solo-isolasietyd in die Verenigde Arabiese Emirate.<\/p>\n<p>Opregte, positiewe mededelings trek mens soos \u2019n magneet.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skeur-die-voorskrif-op\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Skeur die voorskrif op<\/a><\/p>\n<p>Ongelukkig beteken die kuberkoekeloerdery en uitkyk by die regte venster ook dat alledaagse aktiwiteite nou onder die vergrootglas geplaas word. Ons vergelyk en bespiegel, maak voorstelle en veroordeel summier as iets nie presies met ons siening en manier van doen ooreenstem nie.<\/p>\n<p>\u2019n Enkellopende wat kla dat die alleenheid hom vang, word gou op sy plek gesit deur iemand wat omsingel voel deur veeleisende gesinslede of huismaats. \u2019n Salvo van <em>Tel jou se\u00ebninge!<\/em> word afgevuur.<\/p>\n<p>As iemand \u2019n foto durf oplaai van \u2019n heerlike skaapribbetjie op die kole of \u2019n skemerdrankie in \u2019n ruim tuin, word daar aangeneem dat di\u00e9 persoon met die spreekwoordelike witbrood-onder-die-arm kla \u2013 en skaamteloos spog. En die oordeel is f\u00e9l: Hoe durf sy in haar ontwerpersjeans sit vir \u2019n selfie as duisende doodgaan van die honger en koue?<\/p>\n<p>Sonder dat ons weet of dit daardie persoon dalk vier ure geneem het om weens gemoedstamheid, \u2019n kwaai verkoue of eenvoudig net \u2019n gevoel van moedeloosheid oor die \u201cnuwe normaal\u201d uit die bed uit te klim.<\/p>\n<p>Almal is skielik parate polisiebeamptes, kwasi-politici vol planne of uitgesproke deskundiges op die gebied van virologie en ekonomie. Kuberkrygers en sleutelbordsoldate alom.<\/p>\n<p>Aan die einde van die eerste naweek van die grendeltyd, effe in \u2019n euforie omdat m\u00f4re Maandag is, maar daar nie vroeg opgestaan hoef te word vir skool nie, hoor ons \u2019n onheilspellende getip-tip-tipppp uit die besemkas.<\/p>\n<p>Die geiser het druppend die gees gegee.<\/p>\n<p>Die versekering bevestig dat hulle die volgende dag iemand sal stuur, maar die volgende dag breek aan met die nuus dat iemand dalk nie betyds uit die Kaap sal kan kom nie.<\/p>\n<p>Ons kry iemand plaaslik wat gou kom kyk en die Dinsdag die stukkende aff\u00eare kan kom vervang. Dinsdagoggend is dinge maar redelik deurmekaar soos dit gaan na \u2019n dag en \u2019n half sonder warm water, maar die gawe loodgieters daag op en so \u2019n uur sedert hulle begin werskaf het, kom die een kopskuddend ingestap van waar hy gereedskap uit hulle bakkie gaan haal het. Hy moes sopas sy permit om te werk aan die Polisie wys nadat \u201cdie bure\u201d glo die Polisie gebel het om te kla omdat ons \u201cbouers\u201d op die erf het. Dit met \u2019n stukkende geiser wat silwer in die oggendson op ons opritpad l\u00ea en blink vir almal om te sien.<\/p>\n<p>Iemand was duidelik verveeld of ge\u00efrriteerd omdat hy of sy nie vroegoggend kon gaan draf nie en haal dit toe op die kouewaterbure uit.<\/p>\n<p>Iemand anders verklaar daagliks ingenome dat sy in vyf, ses, sewe dae nog nie \u2019n voet by haar deur uitgesteek het nie \u2026 behalwe om apteek toe te gaan. Dadelik steek iemand anders haar neus in di\u00e9 saak en vra hoekom die eerste iemand nie eerder laat aflewer het nie. Kort daarna kap iemand te\u00eb en s\u00ea dat sy nog gl\u00e1d nie uit die huis was nie, want sy bak haar eie brood en oes haar eie groente.<\/p>\n<p>\u2019n Dag later kuberbedank (nog \u2019n vreemde fenomeen as mens dink dit kon bloot met \u2019n privaat teksboodskap gedoen wees) laasgenoemde haar gawe bure wat eetgoed oor die heining aangegee het \u2013 en ek wonder heimlik of die skons met \u2019n Dettollappie afgevee is soos sy met ander mense se doene en late maak?<\/p>\n<p>Nog iemand kla steen en been oor \u2019n plaaslike supermark waarvan die personeel nie sus of so dra nie \u2013 en ek wonder heimlik of die klakous met enigiets minder as \u2019n kassier in \u2019n Nasa-ruimtepak tevrede sal wees as hy sy brood gaan koop? Dit is tog onsinnig om iets soos handskoene te dra en van item tot item en klant tot klant te vat sonder om tussen items en klante hande te was of saniteer soos wat enige regdenkende met kaal hande sou doen?<\/p>\n<p>Die spreekwoord wat s\u00ea \u201cMenings is soos agterente \u2013 elkeen het een\u201d begin al hoe duideliker word.<\/p>\n<div id=\"attachment_129688\" style=\"width: 531px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-129688\" class=\" wp-image-129688\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/iStock-869455904.jpg\" alt=\"Ina Genade se blog: \u2019n Nuwe normaal\" width=\"521\" height=\"521\" \/><p id=\"caption-attachment-129688\" class=\"wp-caption-text\">Ina Genade se blog: \u2019n Nuwe normaal iStock\/nadia_bormotova<\/p><\/div>\n<p>Gepraat van. Dit blyk dat die ergste kommer oor toiletpapiervoorraad reeds tydens die eerste naweek van die grendeltyd besweer is. Die fokus het toe verskuif na die vorige week se vrugte wat nie meer so vars is nie en gevolglik is <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/heerlike-piesangbrood\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">piesangbrode<\/a> gebak en op kubermure geplak. Ook hier aan\u2019t huis.<\/p>\n<p>Toe die manne begin uitgekuier raak met al die gebak en ge\u00ebet, het hulle die bestanddele een-een begin drink in aanlynuitdagings wat massas macho-masochisme, maar bedenklike breinkrag, verg.<\/p>\n<p>Ontwerpersmaskers was die volgende modegier wat op sosiale media gedeel is. Katoen, shweshwe, weefstof en selfs handdoekstof is ingespan. In wisselende grade van doeltreffenheid, vermoed ek, maar kleurvol beslis.<\/p>\n<p>Geen masker kon egter keer dat mens verstik aan fopnuus nie.<\/p>\n<p>Weer eens was ons regering paraat en dreig nie net om diegene wat hulle skuldig maak aan die verspreiding van hierdie vals, opruiende gerugte te vervolg nie, maar hulle slaan toe en verskeie boetes en arrestasies volg. Steeds hou sommige aan om \u2019n halwe kloutjie by die sleutelbord te bring en oorloos valshede te versprei.<\/p>\n<p>Aan die einde van die tweede week van hierdie abnormale nuwe normaal, word die nuus aangekondig dat ons \u2019n verdere veertien dae n\u00e1 die aanvanklike 21 sal moet binne bly. Sakeondernemings se eienaars sug benoud. Mense wat hulle personeel, werkers en huishulpe net \u2019n week of drie vooruit kon betaal, skud moedeloos die kop. Mense wat van die hand-na-die-mond lewe raak opstandig as wetstoepassers hulle uit die strate en kronkelende, stampende winkeltoue probeer hou.<\/p>\n<p>Hoe nou vorentoe?<\/p>\n<p>Aan die anderkant van die munt sug sommige ouers verlig want wie weet of dit sou veilig wees om die kinders oor \u2019n week of twee weer skool toe te stuur? Almal weet met die oorgang van seisoene sien ons dikwels meer verkoues en ander skete.<\/p>\n<p>Kenners waarsku dat die ergste nog lank nie verby is nie, want die winter is op pad. Ander is van mening dat die grendeltyd en tot dusver lae getalle vergeleke met die res van die w\u00eareld bloot \u2019n valse gemoedsrus geskep het en met \u2019n groot gros van die bevolking wat hulle in elk geval geensins aan die inperkingsre\u00ebls gesteur het nie, word vermoed dat die kurwe juis n\u00e1 die inperking gelig is, skerp gaan styg.<\/p>\n<p>Dit is asof sommiges nou skielik nog meer skuiwergate soek om die huidige maatre\u00ebls te buig of te omseil. \u201cEk het \u2019n manier gekry om steeds met die hond te gaan stap \u2013 ek stap eenvoudig supermark toe,\u201d spog een. \u201cEk sien geen kwaad daarin as my kind \u2019n middag by sy maat gaan speel nie, ons gesinne is tog versigtig en was ons hande,\u201d laat \u2019n ander opstandig hoor.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ina-genade-aweregs-en-anders\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Aweregs en anders<\/a><\/p>\n<p>Ons sien videos waar oortreders in die Kaap en elders op die strand of in woonbuurte gaan stap of met hulle honde gaan draf en dan paniekerig van die wetstoepassers probeer weghardloop. Daar loop sy nou haar rieme styf \u2013 sy wou mos die re\u00ebls oortree, giggel ons kopknikkend vir mekaar.<\/p>\n<p>Terselftertyd is daar mense wat nie \u2019n oog knip as ander roofkopie\u00eb van e-boeke, tydskrifte en koerante aanstuur nie en klakkeloos aanmoedig en meedeel. \u201cEk het nie geweet dis verkeerd nie,\u201d verweer hulle en raak skaamkwaad omdat hulle uitgevang is.<\/p>\n<p>Selektiewe sin-vir-geregtigheid, Susan?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>* * *<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Wat l\u00ea vir ons voor in die volgende weke en maande?<\/p>\n<p>Ek dink dit is almal se grootste bekommernis.<\/p>\n<p>Waarheen lei hierdie virus en al die maatre\u00ebls om dit te probeer bekamp ons en ons toekoms?<\/p>\n<p>Hoe lyk ons toekoms?<\/p>\n<p>Gaan ek siek word? Gaan my kinders siek word?<\/p>\n<p>Sal daar plek wees in die hospitale?<\/p>\n<p>Sal my sakeonderneming ooit weer die mas opkom?<\/p>\n<p>Gaan my Matriekkind kan eksamen skryf?<\/p>\n<p>Die ekonome en virolo\u00eb en dergelike deskundiges waag ingeligte menings en voorspellings. Maar, ek dink niemand weet regtig nie. Ons kan kyk en leer by plekke soos China en dele van Europa waar die getalle weer afwaarts neig en dinge na maande in \u2019n mate begin terugkeer na normaal. Maar, geen situasie is \u2019n bloudruk van \u2019n ander nie.<\/p>\n<p>Gaan dinge ooit weer terugkeer na die normaal wat ons geken het?<\/p>\n<p>Ek twyfel.<\/p>\n<p>As ek sien hoeveel groot feeste en samekomste en vieringe vir \u201cdie dag na <em>lockdown<\/em>\u201d beplan word, hou ek my hart vas. Ons almal mis dit waaraan ons gewoond was \u2013 of dit nou vrylik rondry of rondloop in die winkels of in die natuur is, of groot kuiers om braaivleisvure. Maar, ek glo dat die meerderheid sal besef dat di\u00e9 virus nie gehok sal wees die middernagtelike uur as en wanneer ons gehoktheid uiteindelik opgehef word nie.<\/p>\n<p>Ons behoort nooit weer onoordeelkundig op te tree en ons eie, maar ook ander se lewens in gevaar te stel nie \u2013 hetsy deur iemand aan die virus bloot te stel, of op enige ander manier nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Lees Ina se ander blogs &#8211; <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontspanning\/blogs\/ina-genade\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">klik hier<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nog min het ek \u2019n tyd beleef dat almal so ingestel is op mekaar se doen en late. Gewoonlik ervaar mens so \u2019n bietjie daarvan aan die einde van die jaar as baie mense afskaal en by die see is, maar gewoonlik is meeste mense dan steeds te besig om die buitelug of vakansie of gesinstyd of feesdae te geniet om regtig s\u00f3 intens ander se doene en late dop te hou.<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":129689,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[682,55176,3476],"tags":[35,998,2299,4396,23450],"class_list":["post-129686","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-ina-genade","category-ontspanning","tag-blogs","tag-vermaak","tag-ina-genade","tag-ontspanning","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ina Genade se blog: \u2019n Nuwe normaal | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Nog min het ek \u2019n tyd beleef dat almal so ingestel is op mekaar se doen en late. Gewoonlik ervaar mens so \u2019n bietjie daarvan aan die einde van die jaar.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ina Genade se blog: \u2019n Nuwe normaal | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Nog min het ek \u2019n tyd beleef dat almal so ingestel is op mekaar se doen en late. Gewoonlik ervaar mens so \u2019n bietjie daarvan aan die einde van die jaar.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-04-23T12:00:29+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1218977859.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1731\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1732\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Ina Genade se blog: \u2019n Nuwe normaal\",\"datePublished\":\"2020-04-23T12:00:29+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\\\/\"},\"wordCount\":1701,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1218977859.jpg\",\"keywords\":[\"blogs\",\"Vermaak\",\"ina genade\",\"Ontspanning\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Blogs\",\"Ina Genade\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2020\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\\\/\",\"name\":\"Ina Genade se blog: \u2019n Nuwe normaal | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1218977859.jpg\",\"datePublished\":\"2020-04-23T12:00:29+00:00\",\"description\":\"Nog min het ek \u2019n tyd beleef dat almal so ingestel is op mekaar se doen en late. Gewoonlik ervaar mens so \u2019n bietjie daarvan aan die einde van die jaar.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1218977859.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1218977859.jpg\",\"width\":1731,\"height\":1732,\"caption\":\"Ina Genade se blog: \u2019n Nuwe normaal iStock\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ina Genade se blog: \u2019n Nuwe normaal\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ina Genade se blog: \u2019n Nuwe normaal | rooi rose","description":"Nog min het ek \u2019n tyd beleef dat almal so ingestel is op mekaar se doen en late. Gewoonlik ervaar mens so \u2019n bietjie daarvan aan die einde van die jaar.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ina Genade se blog: \u2019n Nuwe normaal | rooi rose","og_description":"Nog min het ek \u2019n tyd beleef dat almal so ingestel is op mekaar se doen en late. Gewoonlik ervaar mens so \u2019n bietjie daarvan aan die einde van die jaar.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2020-04-23T12:00:29+00:00","og_image":[{"width":1731,"height":1732,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1218977859.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Ina Genade se blog: \u2019n Nuwe normaal","datePublished":"2020-04-23T12:00:29+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\/"},"wordCount":1701,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1218977859.jpg","keywords":["blogs","Vermaak","ina genade","Ontspanning","entertainment"],"articleSection":["Blogs","Ina Genade","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2020","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\/","name":"Ina Genade se blog: \u2019n Nuwe normaal | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1218977859.jpg","datePublished":"2020-04-23T12:00:29+00:00","description":"Nog min het ek \u2019n tyd beleef dat almal so ingestel is op mekaar se doen en late. Gewoonlik ervaar mens so \u2019n bietjie daarvan aan die einde van die jaar.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1218977859.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1218977859.jpg","width":1731,"height":1732,"caption":"Ina Genade se blog: \u2019n Nuwe normaal iStock"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ina-genade-se-blog-n-nuwe-normaal\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ina Genade se blog: \u2019n Nuwe normaal"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/129686","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=129686"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/129686\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/129689"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=129686"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=129686"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=129686"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}