{"id":129580,"date":"2020-04-24T10:45:15","date_gmt":"2020-04-24T08:45:15","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=129580"},"modified":"2020-04-22T14:31:07","modified_gmt":"2020-04-22T12:31:07","slug":"sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\/","title":{"rendered":"Sjef Snoekie Hoofstuk 9: Die toets"},"content":{"rendered":"<p><em>Sjef Snoekie Hoofstuk 9: Die toets deur Martie Swanepoel. Hooffoto: iStock\/<a class=\"photographer\" href=\"https:\/\/www.istockphoto.com\/za\/portfolio\/apomares?mediatype=photography\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">apomares<\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Haal in met Sjef Snoekie! <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier om die vorige hoofstukke te lees.<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Sjef Snoekie Hoofstuk 9: Die toets<\/h4>\n<p>Die bebrildes is al \u2018n week lank besig.<\/p>\n<p>Hulle is voorwaar \u2018n vreemde spesie van die mensdom, bespiegel Juan en Snoekie. Dis asof hulle regdeur die kombuispersoneel kyk. Geen oogkontak, geen glimlag. Soos robotte.<\/p>\n<p>Hulle is nie die enigste glimlagloses nie. Trouens, daar is geen humor verlore in die kombuis nie. Veral nie by diegene ho\u00ebr op in die voedselketting nie! Veral Tante Inge &#8230; Sy boer deesdae by die restaurant en nie eens haar juwele klingel meer vrolik nie, spot Juan.<\/p>\n<p>Andrea lyk of sy stewig in haar bekkie geruk is, en die front wat sy opsit, vind Juan en Snoekie skreeusnaaks.<\/p>\n<p>\u201cSy laat my dink aan \u2018n dronkie wat probeer nugter lyk. Sy steier onder die spanning, maar sy hou haar <em>pose<\/em>,\u201d fluister Juan tussen die ekstrakpot se walms deur.<\/p>\n<p>\u201cSy lyk nooit normaal nie. Lyk altyd of daar \u2018n vrot stuk salm onder haar snipneus hang.\u201d<\/p>\n<p>Snoekie geniet Juan se geselskap in die suur atmosfeer. Daarby is hy ook die bron van sappige brokkies. Die skinderstories sluip om elke kliniese hoekie rond.<\/p>\n<p>\u201cLuke vertel my hy het by Ano gehoor Eduard het verby Alphonse se kantoor geloop en gehoor die woorde \u2018bedrog op groot skaal\u2019 word genoem. Dit was gister toe jou tante die groot vloermoer gegooi het.\u201d<\/p>\n<p>Tante Inge se <em>tantrum<\/em> was nogal iets aanskoulik en buitengewoon. Sy is gewoonlik onberispelik formeel en korrek. \u201cSy het \u2018n groot aanval van gr\u00eandgeit,\u201d het Snoekie se pa haar gewaarsku.<\/p>\n<p>Maar die erns van die situasie by die restaurant het haar waarskynlik oor die grense van haar ingebore statigheid gestoot. Die uur van die uitbarsting het haar skril stem die somber stilte in die kombuis onderbreek.<\/p>\n<p>Vir \u2018n paar sekondes het al die verskrikte personeel in die koers van Alphonse se kantoor gekyk. Tante Inge het uit haar stoel opgespring en gegil dat die glas-afskorstings van die kantoor tril. Toe spring Alphonse ook op en gil terug. Tussen hulle het die hoof-bebrilde mannetjie emosieloos gestaan.<\/p>\n<p>Die kombuispersoneel het elkeen vinnig weer afgekyk na hul werkstasies. Soos \u2018n bisarre toneel in \u2018n fliek, het almal gemaak of absoluut niks pas gebeur het nie. Dis net die nuuskierige duo, Snoekie en Juan, wat \u2018n paar vermaaklike blikke gewissel het.<\/p>\n<p>\u201cLuke s\u00ea hy het by Claudia, een van die skoonmakers, gehoor hier kom vandag nog groter drama. Tante Inge bring nog versterkings in. Hulle gaan krap tot hulle kan uitvind waar jou tante se geldjies heen verdwyn.\u201d<\/p>\n<p>Dit was ook nie lank nie, toe marsjeer nog twee manne die kombuis binne. Die een is lank en skraal met \u2018n besonder skerp haakneus en \u2018n fyn ronde brilletjie. Grys driestuk-pak \u2026 en gewapen met \u2018n lywige dokumentetas. Sy mater is kort en rond met \u2018n bypassende neus wat op \u2018n welige snor balanseer. Sy dokumentetas is nog dikker as ou Haakneus s\u2019n. Balie, soos die duo hom dadelik gedoop het, se groot neusvleuels het dadelik die aromas in die kombuis ingeadem. Hy het kwylbek tussen die afgevaardigdes in Alphonse se kantoor gaan sit. Agter geslote deure het dit eers stemming gemompel, maar later venstertrillend gebulder.<\/p>\n<p>\u201cLuke s\u00ea Misha, die kelnerin wat vir hulle tee aangedra het, het vasgestel dis jou tante se bankier en prokureur. <em>The plot thickens<\/em>.\u201d<\/p>\n<p>Die bebrildes het manne met grys oorpakke ingebring om elke gram van elke bestanddeel in die stoorkamers te weeg en tel. Hulle het aan die bebrildes verslag gedoen en die bebrildes het in Alphonse se kantoor verslag gaan doen.\u00a0 Elke verslag het nuwe trillings in die venster-afskortings veroorsaak.<\/p>\n<p>Toe daag nog \u2018n span manne, di\u00e9 keer in bruin oorpakke geklee, op en dra elke liewe skaal by die kombuis uit. \u2018n Stel plaasvervangende skale is ingedra.<\/p>\n<p>\u201cLuke s\u00ea die kelnerin wat die tee aandra, s\u00ea die vingers is gewys na die maatskappy wat die skale verskaf en kalibreer. Nou gaan als weer geweeg en gemeet word.\u201d<\/p>\n<p>Die duo wil ontplof van nuuskierigheid. Juan se hoof-informant, Luke, en sy trawante, se ore is gespits. Elke sappige brokkie versprei blitsvinnig deur die kombuis. Die kombuispersoneel gaan ongestoord aan met hul werk asof hulle van niks weet nie, maar eintlik weet hulle dat daar groot, groot moles by die restaurant is.<\/p>\n<p>Intussen moet die besigheid normaal voortgaan. Die tafels is elke sitting vol bespreek en Alphonse probeer sy bes om sy kombuis tussen die bebrildes en bepaktes te beheer.<\/p>\n<p>Na middagete kom doen Juan verslag met piering-o\u00eb.<\/p>\n<p>\u201cNou is daar groter moeilikheid as groot! Luke het by Elma, die hoofklerk by ontvangs, gehoor hulle vermoed Carlotte Kramer kom vanaand hier eet! Carlotte Kramer!\u201d Juan spreek die naam met vrees en gesag uit.<\/p>\n<p>\u201cSjnoek, sy is die heks van alle hekse. Die hoof-kosresensent van <em>Indulge<\/em>, Europa se grootste kostydskrif. Sy sorg altyd dat dit uitlek as sy kom, en sy verwag dan om soos \u2018n koninklike behandel te word. Haar swakte is nagereg en sy verwag om verras te word met unieke smake. Arme Alphonse, dit ook nog. Vanmiddag gaan ons bars in hierdie kombuis!\u201d<\/p>\n<p>Carlotte se besoek word later finaal bevestig. Die kommer op Alphonse se gesig is merkbaar.<\/p>\n<p>\u201cDaai vrou het konneksies tot in die binnekamers en die restaurant se strewe na nog \u2018n Michelin-ster hang waarskynlik van vanaand af!\u201d<\/p>\n<p>Juan se woorde het skaars koers gekry, of Alphonse bulder oor die kombuis.<\/p>\n<p>\u201cSuzanne! Speserykamer!\u201d<\/p>\n<p>Snoekie kyk paniekbevange na Juan.<\/p>\n<p>\u201cEk sweer ek het di\u00e9 keer niks verkeerd gedoen nie!\u201d<\/p>\n<p>Haar bene stap jellierig na die speserykamer.<\/p>\n<p>Alphonse lyk bekommerder.<\/p>\n<p>\u201cEk het jou hulp nodig.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMyne?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy het seker gehoor Carlotte kom vanaand? Julle weet mos alles? Wel, ek het nie tyd om iets kreatief uit te dink om haar mee te verras nie. Maar ek weet van iemand wat haar smaakknoppies sal skok en verras.\u201d<\/p>\n<p>\u201cO, wie?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy en daai blessidse trommel van jou.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk dog ek mag nie my eie bestanddeele in jou kombuis inbring nie?\u201d<\/p>\n<p>Alphonse wys na die bebrildes en die manne met die oorpakke.<\/p>\n<p>\u201cLyk dit vir jou of dit my kombuis is op die oomblik?\u201d<\/p>\n<p>\u201cNie juis nie.\u201d<\/p>\n<p>Alphonse vryf sy kuif agteroor. Snoekie sien \u2018n paar grys hare. Dit lyk nogal sexy.<\/p>\n<p>\u201cIn hierdie stadium het ek niks om te verloor nie. Sien dit so, dis asof die orkeslede op die Titanic se dek speel \u2026 en ons probeer die reddingsbootjies vir oulaas vol maak.\u201d<\/p>\n<p>Snoekie verstaan die prentjie. Sy het die fliekweergawe van Titanic al meer as tien keer gekyk en elke keer haar o\u00eb uitgehuil as Jack in die yswater wegsink.<\/p>\n<p>Die restaurant is nou in die yswater.<\/p>\n<p>\u201cKry jy die prentjie? Ons \u2026 <em>ek<\/em> is desperaat.\u00a0 Ek soek na iets opwindends om Carlotte se ou suur mond stil te maak. Ek gee jou carte blanche, doen wat jy wil. Onthou, die restaurant se reputasie is in jou hande. Vanaand is dit maak of breek. Ons sink <em>anyway<\/em>. Dalk kan jou waaghalsigheid \u2018n reddingsboei na ons gooi.\u201d<\/p>\n<p>Alphonse wag nie vir haar antwoord nie. Hy stap met daai sexy swaai in sy smal heupe weg.<\/p>\n<p>Sy jean vou netjies om sy boudjies, merk sy op.<\/p>\n<p>\u201cWat gaan aan?\u201d fluister-vra Juan.<\/p>\n<p>\u201cEk het jou hulp nodig. Ek moet vir Carlotte kook!\u201d<\/p>\n<p>\u201cO, my donner!\u201d<\/p>\n<p>Sy kyk kwaai na haar beste vriend in die onvriendelike kombuis.<\/p>\n<p>\u201cHoe bedoel jy? Vertrou jy my nie?\u201d<\/p>\n<p>Juan vee sy werkoppervlak skoon.<\/p>\n<p>\u201cNee, ek bedoel net, o donner, daai vrou weet nie wat op haar wag nie!\u201d<\/p>\n<p>Snoekie se brein skakel oor na versnelrat. Wat het sy in haar trommel waarmee sy Europa se grootste smulpaap kan verras?<\/p>\n<p>Sy kyk op haar horlosie. Dan haal sy haar selfoon uit en bel haar ouma. Hulle ruil oor en weer idees uit terwyl Juan na die brabbel in die vreemde taal luister.<\/p>\n<p>\u201cEn toe? Wat s\u00ea jou ouma?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEenvoud. Dis waarmee ons haar gaan vang. Mens moet nooit te veel vreemde smake saam gooi nie. Met die voorgereg maak ons haar smaakknoppies wakker, ons terg dit. Die sop moet haar tong streel. Die hoofgereg moet net genoeg wees om haar met afwagting na die nagereg te laat uitsien.\u201d<\/p>\n<p>\u201cLuke se kontak s\u00ea sy sal vanaand nege-uur opdaag. Dit gee jou ses uur.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDit gee ons ses uur. Jy gaan my help. Ek gaan gou wegglip na my woonstel. Ek gaan my plakboek haal. Ek het inspirasie nodig.\u201d<\/p>\n<p>Andrea kom nader gestap soos \u2018n luiperd wat haar prooi bekruip.<\/p>\n<p>\u201cO, ek sien jy is die uitverkorene? Jy het ook nie gras onder jou voetjies laat groei nie? Jy en Alphonse bly mos langs mekaar?\u201d<\/p>\n<p>Snoekie bly maar versigtig vir die vrou. Sy wil haar nie \u2018n groter vyand maak nie. Die vrou hou reeds net mooi niks van haar nie.<\/p>\n<p>\u201cAlphonse wil my net toets. Dis al.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMet Carlotte? Nee, my skat. Alphonse sal nooit \u2018n kans met Carlotte waag nie. Ek glo jou tante het so \u2018n bietjie nepotisme gebruik?\u201d<\/p>\n<p>Snoekie wil nie verder met die gesprek aangaan nie.<\/p>\n<p>\u201cAs jy \u2018n problem met die opdrag het, stel ek voor jy bespreek dit met tante Inge en Alphonse.\u201d<\/p>\n<p>\u201cSlim meisie! Kanaliseer die aandag weg van die onderwerp af. Een ding moet jy mooi verstaan, Uitlandertjie, as jy vanaand droogmaak, sink ons almal saam. Sterkte, Skat, en o ja, Juan is my assistent. Ek het hom toevallig vanmiddag nodig. Jy is dus alleen. Kom ons kyk hoe \u2018n ou meisietjie uit die boendoes die mees kritiese tong in Europa teverede gaan stel.\u201d<\/p>\n<p>Snoekie kyk die kort vroutjie agterna terwyl sy wegstap. \u2018n Kompakte bondeltjie venyn.<\/p>\n<p>Dan daal die oormag van die situasie op haar neer. Die restaurant is al byna honderd jaar in die Du Monde\u2019s se besit. Sy hoop nie haar <em>claim to fame<\/em> gaan wees dat sy die Du Monde-nasaat is wat die restaurant op sy swakste oomblik gesink het nie!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Op soek na nog lekker vermaak? Loer hier<\/h4>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Kortverhaal: Om Vrij te raak<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-voorlesing-botox-barbies-en-bietse\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Voorlesing: Botox, Barbies en Bietse<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-verhaal-dans-met-die-rooi-rok\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Voorlesing: Dans met die rooi rok<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/haal-in-met-ons-gratis-voorlesing-van-lam-in-wolfsklere\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Voorlesing: Lam in Wolfsklere<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-die-vervolgverhaal\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Vervolgverhaal: Vlam<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-verhaal-annemieke-mentz\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Vervolgverhaal: Annemieke Mentz<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-verhaal-stervanger\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Vervolgverhaal: Stervanger<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-blokraaie-woordspeletjies-en-raaisels-wat-jy-kan-aflaai\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Laai dit af: Raaisels en woordspeletjies<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-nommerspeletjies-en-raaisels\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Laai dit af: Raaisels en nommerspeletjies<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-inkleurboek-a-is-vir-aanmekaaralfabetwoorde\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Laai dit af: Inkleurboek<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/3-gratis-besigbly-aktiwiteite-om-nou-af-te-laai\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Laai dit af: 3 lekker aktiwiteite vir grootmense en kinders<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/10-hekel-en-breipatrone-wat-jy-nou-moet-probeer\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Laai dit af: 10 hekel- en breipatrone om nou af te laai<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Snoekie geniet Juan se geselskap in die suur atmosfeer. Daarby is hy ook die bron van sappige brokkies. Die skinderstories sluip om elke kliniese hoekie rond.<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":129583,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[3378,4396,23450,37319,998,1258],"class_list":["post-129580","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-fiksie","tag-ontspanning","tag-entertainment","tag-fiction","tag-vermaak","tag-lees"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Sjef Snoekie Hoofstuk 9: Die toets | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Snoekie geniet Juan se geselskap. Daarby is hy ook die bron van sappige brokkies. Die skinderstories sluip om elke kliniese hoekie rond.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Sjef Snoekie Hoofstuk 9: Die toets | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Snoekie geniet Juan se geselskap. Daarby is hy ook die bron van sappige brokkies. Die skinderstories sluip om elke kliniese hoekie rond.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-04-24T08:45:15+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1137671454.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Sjef Snoekie Hoofstuk 9: Die toets\",\"datePublished\":\"2020-04-24T08:45:15+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\\\/\"},\"wordCount\":1724,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1137671454.jpg\",\"keywords\":[\"fiksie\",\"Ontspanning\",\"entertainment\",\"fiction\",\"Vermaak\",\"lees\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2020\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\\\/\",\"name\":\"Sjef Snoekie Hoofstuk 9: Die toets | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1137671454.jpg\",\"datePublished\":\"2020-04-24T08:45:15+00:00\",\"description\":\"Snoekie geniet Juan se geselskap. Daarby is hy ook die bron van sappige brokkies. Die skinderstories sluip om elke kliniese hoekie rond.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1137671454.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1137671454.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280,\"caption\":\"Sjef Snoekie Hoofstuk 9: Die toets iStock\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Sjef Snoekie Hoofstuk 9: Die toets\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Sjef Snoekie Hoofstuk 9: Die toets | rooi rose","description":"Snoekie geniet Juan se geselskap. Daarby is hy ook die bron van sappige brokkies. Die skinderstories sluip om elke kliniese hoekie rond.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Sjef Snoekie Hoofstuk 9: Die toets | rooi rose","og_description":"Snoekie geniet Juan se geselskap. Daarby is hy ook die bron van sappige brokkies. Die skinderstories sluip om elke kliniese hoekie rond.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2020-04-24T08:45:15+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1137671454.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Sjef Snoekie Hoofstuk 9: Die toets","datePublished":"2020-04-24T08:45:15+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\/"},"wordCount":1724,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1137671454.jpg","keywords":["fiksie","Ontspanning","entertainment","fiction","Vermaak","lees"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2020","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\/","name":"Sjef Snoekie Hoofstuk 9: Die toets | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1137671454.jpg","datePublished":"2020-04-24T08:45:15+00:00","description":"Snoekie geniet Juan se geselskap. Daarby is hy ook die bron van sappige brokkies. Die skinderstories sluip om elke kliniese hoekie rond.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1137671454.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1137671454.jpg","width":1920,"height":1280,"caption":"Sjef Snoekie Hoofstuk 9: Die toets iStock"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-9-die-toets\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Sjef Snoekie Hoofstuk 9: Die toets"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/129580","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=129580"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/129580\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/129583"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=129580"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=129580"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=129580"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}