{"id":129184,"date":"2020-04-21T15:40:37","date_gmt":"2020-04-21T13:40:37","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=129184"},"modified":"2020-04-26T09:25:16","modified_gmt":"2020-04-26T07:25:16","slug":"alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\/","title":{"rendered":"Alles oor maskers vir covid-19 \u2013 doen jy al 9 dinge r\u00e9g?"},"content":{"rendered":"<p><em>Alles oor maskers vir covid-19 \u2013 doen jy al 9 dinge r\u00e9g? deur Salom\u00e9 Delport. Hooffoto: iStock\/<a class=\"photographer\" href=\"https:\/\/www.istockphoto.com\/za\/portfolio\/LukaTDB?mediatype=photography\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">LukaTDB<\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Neem kennis hiervan<\/h4>\n<p>Hier is die volledigste inligting waaroor ons tans beskik.<\/p>\n<p>Hierdie artikel is bygewerk om die jongste\u00a0 <a href=\"http:\/\/www.thedtic.gov.za\/wp-content\/uploads\/Updated_Recommended_Guidelines_Fabric_Face_Masks.pdf\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">riglyne wat deur die DTI op 24 April 2020 vrygestel is <\/a>\u00a0in te sluit. As jy die vorige weergawe gelees het, vra jy moontlik eerste wat het verander? Gelukkig bly die meeste riglyne dieselfde. Baie lesers wou meer oor filters uitvind. Die inligting is nou beskikbaar en bygevoeg. Ons plaas die nuwe inligting in rooi, sodat jy dit maklik raaksien.<\/p>\n<p>Onthou ook dat die DTI noem dat hulle self, soos die navorsing vorder, hul inligting sal opdateer. Ons sal dit dan ook hier doen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Maskers vir covid-19 \u2013 doen jy al 9 dinge r\u00e9g?<\/h4>\n<p>My tong-in-die-kies voorspelling? Ons gaan binnekort modeartikels oor maskers sien, met titels soos <em>Klassieke maskers vir die kantoor <\/em>en <em>Vrolik die koue op met warm maskers<\/em> of<em> Ooggrimering wat by die maskervoorkoms pas. <\/em>Wat van <em>Hierdie maand vier ons lente, met maskers in fraai pastelle<\/em> of <em>Vakansiemaskers vir Kersfees<\/em> \u2026<\/p>\n<p>Kom ons hoop op \u2019n Kersfees sonder maskers!<\/p>\n<p>Dit lyk of ons verplig gaan word om maskers te dra sodra ons in die openbaar kom. Dus is dit werk toe, winkels toe en skool toe met maskers aan &#8211; en \u2019n masker vir jou daaglikse drafstap.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/(https:\/www.hsph.harvard.edu\/news\/hsph-in-the-news\/the-latest-on-the-coronavirus\/)\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Navorsers van Harvard Universiteit<\/a> voorspel selfs dat ons \u00a0minstens tot 2022 persoonlike beskerming en sosiale afstand gaan moet toepas. Dus kan ons maar aanvaar dat \u2019n masker vir die huidige net so nodig as &#8216;n paar mooi skoentjies is. Boonop lyk dit baie waarskynlik dat werkplekke gaan verwag dat personeel met maskers of gesigskerms moet werk.<\/p>\n<p>Noudat die debat oor die dra van maskers afgehandel is kom ons by die volgende vraag: wat maak \u2019n masker veilig? Wat is regtig belangrik as jy \u2019n masker maak of koop?<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">COVID-19 by die winkels &#8211; hoe gemaak?<\/a><\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<h4>1. Die tipes maskers \u2013 en watter masker vir wie?<\/h4>\n<p>Maskers word in twee bre\u00eb kategorie gedeel, en jy dra die soort masker wat deur jou situasie vereis word.<\/p>\n<ul>\n<li><strong>mediese maskers<\/strong> Hier gaan dit oor persoonlike beskerming teen infeksie; en<\/li>\n<li><strong>gemeenskapsmaskers<\/strong> Hier is die doel om verspreiding van kieme soos covid-19 in die gemeenskap te verminder.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>Mediese maskers<\/strong> tel as persoonlike beskermende toerusting. Dit is deel van PPE-drag (personal protective equipment). Navorsing wys dat CV-19 meestal deur nies- en hoesdruppels groter as 0.005mm versprei word. N95 maskers kan met 95% sekerheid selfs kleiner druppels keer. Chirurgiese maskers kan druppels groter as 0,005 mm met 40-60% sekerheid keer. Daarom word die N95 en chirurgiese maskers steeds uitsluitlik gehou vir gebruik deur persone wat mense met CV-19 hanteer.<\/p>\n<p>Is jy as lid van die publiek ekstra veilig as jy PPE-maskers dra? Eintlik nie, want jy moet dit korrek gebruik. Verder kan jy hierdie maskers net een keer gebruik. Dit gaan jou dus ontsettend baie kos.<\/p>\n<p><strong>Gemeenskapsmaskers,<\/strong> meestal van lap gemaak en kortweg lapmaskers genoem word, tel nie as PPE-drag nie. Dit gaan eerder oor bekamping van gemeenskapsverspreiding. Hier is die doel dat elkeen van ons, om dit eenvoudig te stel, ons persoonlike kieme vir onsself hou.<\/p>\n<p>Daar word daar wyd gereken dat tot 25-35% van mense tydens die piek van \u2019n epidemie die virus dra maar simptoomloos is \u2013 en onwetend die virus versprei. Dit is waar lapmaskers risiko verminder: as ek \u2019n simptoomlosedraer van die korona-virus is en ek gebruik \u2019n masker sal ek nie deur nies \/ hoes \/ deur hand-gesig kontak my virus beduidend ver van myself af versprei nie. M\u00fd masker beskerm j\u00f3\u00fa teen m\u00fd kieme. Die omgekeerde geld ook. Dus hoe meer van ons maskers dra, hoe veiliger is ons almal.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoe verskil die virus van griep en verkoue?<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-129554 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/woman-in-blue-shirt-wearing-face-mask-3881247.jpg\" alt=\"Alles oor maskers vir covid-19 \u2013 doen jy al 9 dinge r\u00e9g?\" width=\"525\" height=\"350\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>2. Wat maak \u2019n lapmasker goed en veilig?<\/h4>\n<p>Party voorstelle vir maskers laat ons lekker giggel, soos om waterbottels oor die kop te trek of \u2019n outydse CD met rekkies om die ore oor jou neus te posisioneer. Eintlik weerspie\u00ebl hierdie gegrap \u2019n baie werklike bekommernis: ons \u00eds desperaat op soek na doeltreffende maskers. Hoe lyk \u2019n lapmasker waarop ons kan staat maak, as jy gemeenskapsbeskerming nodig het?<\/p>\n<p>Ons gesels met Adine Gericke, polimeer- en tekstielnavorser van die Universiteit van Stellenbosch. Sy is een van die span navorsers en kenners wat die DTI se nasionale riglyne vir lapmaksers vir Suid-Afrika opgestel het. As jy maskers koop of self tuis maak kyk na die volgende lysie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-jou-handsak-en-inkopiesakke-skoon-te-maak-na-gebruik\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoe om jou handsak en inkopiesakke skoon te maak nadat jy by die winkels was<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_129552\" style=\"width: 565px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-129552\" class=\" wp-image-129552\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/people-wearing-diy-masks-3951628.jpg\" alt=\"Alles oor maskers vir covid-19 \u2013 doen jy al 9 dinge r\u00e9g?\" width=\"555\" height=\"370\" \/><p id=\"caption-attachment-129552\" class=\"wp-caption-text\">Alles oor maskers vir covid-19 \u2013 doen jy al 9 dinge r\u00e9g?<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>3. Wat is die beste materiaal vir maskers?<\/h4>\n<p>Die belangrikste aspek om te evalueer is die materiaal waarvan dit gemaak is.\u00a0 Mens dink byvoorbeeld dadelik dat \u2019n digter materiaal beter moet wees. Maar dit is nie, s\u00ea Adine.<\/p>\n<p>Haar werk wys swaar materiaal soos denim en stoffeermateriaal is glad nie geskik nie. &#8220;Die vermo\u00eb van \u2019n masker om jou te beskerm teen covid-19 hang nie net van weefdigtheid van die materiaal af nie. Die deurlaatbaarheid van die materiaal sodat jy met gemak kan asem haal is net so belangrik. As mense nie gemaklik asem haal nie, soos byvoorbeeld deur denim, verwyder hulle die masker \u2013 en dan help dit niks. Daarom gradeer ons materiaal vir \u2019n masker op die vermoe\u00eb daarvan om mikrodruppels te keer \u00e9n om lug deur te laat.<\/p>\n<p>\u201cDit het my verras dat materiale in kombinasies beter resultate gegee het as materiale op hul eie \u2013 die som was werklik meer as die dele. Baie materiale is opsigself nie noodwendig goed vir \u2019n masker nie, soos T-hempmateriaal wat losser gebrei is. Op sy eie is dit t\u00e9 deurlaatbaar, maar as \u2019n paar lae gebruik word, verbeter die doeltreffendheid daarvan sodat dit uitstekend werk in maskers. Deur materiale reg te kombineer kan ons die beste eienskappe van elke soort benut, en so gemak behou \u00e9n die veiligheid opgradeer.\u201d<\/p>\n<p>Hier is komitee se voorstelle vir die kies van materiaal vir \u2019n lapmasker.<\/p>\n<ul>\n<li>\u00a0<strong>Aantal lae<\/strong>\n<ul>\n<li>Dit bestaan uit ten minste twee lae materiaal<br \/>\n\u2019n Goeie masker is gemaak van twee of meer lae.<\/li>\n<li>\u2019n Derde filterlaag maak dit nog beter, mits dit reg gekies word.<\/li>\n<\/ul>\n<\/li>\n<li><strong>Die binnelaag (teen jou vel)<\/strong>\n<ul>\n<li>Die materiaal voel glad en aangenaam op jou vel. Party materiale krap byvoorbeeld baard.<\/li>\n<li><span style=\"color: #ff0000;\">Dit moet nie hitte aan die binnekant van die masker laat opbou nie. Draers moet koel daarin voel<\/span><\/li>\n<li>Dit moet <em>hoogs deurlaatbaar<\/em> wees \u2013 jy moet gemaklik daardeur kan asem haal.<\/li>\n<li>Dit moet vinnig kan droog raak.Die materiaal moenie nat bly en vog vas hou nie.<\/li>\n<li>Dit moet ten minste 100 keer goed kan was. Jy gaan dit immers ontsmet deur kookwater daarop te giet.<\/li>\n<li><span style=\"color: #ff0000;\">Die beste keuse is sintetiese materiaal<\/span> wat vinnig droog word.<\/li>\n<li><span style=\"color: #ff0000;\">Goeie keuses is geweefde materiaal (lig, en met \u2019n laer draadtelling), gebreide poli\u00ebster <em>\u2018mesh<\/em>\u2019; liggewig <em>single jersey,<\/em> en<em> spunbond non-wovens<\/em>, mits dit goed was en \u2019n goeie lugdeurlaatbaarheid het<\/span>. (Engelse terme vir makliker identifikasie.)<\/li>\n<li>As jy katoen, polikatoen en viskose gebruik kies\u00a0 <span style=\"color: #ff0000;\">materiaal wat nie die draer warm maak en laat sweet nie. Dit moet ook nie vog behou sodat die masker nat teen die gesig begin raak nie. Hoe makliker dit droog raak, hoe beter.<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li><strong>Die buitelaag<\/strong>\n<ul>\n<li>Die moet <em>taamlik deurlaatbaar<\/em> wees, sodat jy daardeur kan asem haal.<\/li>\n<li>Dit moet verkieslik van \u2019n sintetiese materiaal wees wat gou droog raak<\/li>\n<li>Dit moet ferm genoeg wees dat die masker nie intrek en uitpof soos jy asem haal nie.<\/li>\n<li>Dit is voordelig as dit waterwerend is. Dit kan behandel word om waterwerend te wees.<\/li>\n<li>Dit moet ten minste 100 keer goed kan was. Jy gaan dit immers ontsmet deur kookwater daarop te giet.<\/li>\n<li>Dit kan van dieselfde materiaal as die binnelaag wees, met bykomende waterwerende vermoe\u00eb .<\/li>\n<\/ul>\n<\/li>\n<li><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Die filterlaag <\/strong><\/span><\/li>\n<\/ul>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\">Adine is baie opgewonde oor die ontwikkeling van filtermateriaal op eie bodem. \u201cDie Suid-Afkrikaanse tekstielindustrie het pas \u2019n spesiale filtermateriaal onwikkel wat perfek vir maskers is, aangesien dit klein partikels uitstekend keer sonder om die lugdeurlaatbaarheid te be\u00efnvloed. Daarby is dit herbuikbaar en kan dit ontsmet word. Die materiaal sal binnekort beskikbaar wees.&#8221; <\/span><span style=\"color: #ff0000;\">Op die oomblik word die volgende aanbeveel:\u00a0<\/span><\/p>\n<ul>\n<li style=\"list-style-type: none;\">\n<ul>\n<li><span style=\"color: #ff0000;\">Die filterlaag moet deeltjies so klein as 0.005 mm (met ander woorde hoesdruppels) kan keer. Jy moet ook maklik daardeur kan asemhaal. Dit moet dus dig \u00a0\u00e9n dun wees.<\/span><\/li>\n<li><span style=\"color: #ff0000;\">Dit moenie die masker warmer maak nie.<\/span><\/li>\n<li><span style=\"color: #ff0000;\">Die ideale materiaal is \u2019n nie-geweefde materiaal (non-woven).<\/span><\/li>\n<li><span style=\"color: #ff0000;\">Dit moet maklik ontsmet kan word.<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>En as jy \u2019n masker koop?<\/strong><\/p>\n<p>Vir ons wat nie tekstielkenners is nie kan bogenoemde terme vir materiaal duister wees. Maar jy kan die \u2018dratoets\u2019 doen. Dra die masker <span style=\"color: #ff0000;\">vir 30 minute<\/span>, vasgemaak soos voorgestel, en kyk hoe dit gaan. As dit jou na \u2019n rukkie irriteer omdat dit jou warm en sweterig laat voel of keer dat jy lekker asem haal werk die model en\/of materiaal nie vir jou nie.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raadop-met-jou-kinders-tydens-die-inperking-hier-is-hulp\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Raadop met jou kinders tydens die inperking? Hier is hulp<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_129558\" style=\"width: 547px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-129558\" class=\" wp-image-129558\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/woman-putting-on-a-face-mask-3943908.jpg\" alt=\"Alles oor maskers vir covid-19 \u2013 doen jy al 9 dinge r\u00e9g?\" width=\"537\" height=\"806\" \/><p id=\"caption-attachment-129558\" class=\"wp-caption-text\">Alles oor maskers vir covid-19 \u2013 doen jy al 9 dinge r\u00e9g?<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>4. Die ontwerp<\/h4>\n<p>Maak seker die masker is groot genoeg: Dit moet \u00f3\u00f3r jou neus en \u00f3nder jou ken inskuif, en jou gesigkontoer volg. Daar word nou aanbeveel dat \u2019n masker ten minste <span style=\"color: #ff0000;\">50% van die neus moet bedek en dat dit ten minste 2,5 cm onder die ken bedek. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\">Maskers vir kinders moet maar net kleiner gemaak word, tot duideliker riglyne beskikbaar is.<\/span><\/p>\n<p>Die patroon moet so ontwerp wees dat die masker die <span style=\"color: #ff0000;\">gesigvorm volg en taamlik nousluitend pas.<\/span> Verskeie patrone is beskikbaar soos die konsertina-ontwerp met drie plooie.\u00a0 (<strong>Wenk as jy self konsertina-maskers maak:<\/strong> \u2019n A4-folio is presies die regte grootte vir elke laag materiaal.)<\/p>\n<p>Die masker moet uit ten minste \u2019n dubbellaag materiaal bestaan, verkieslik met \u2019n filterlaag. By sommige ontwerpe is \u2019n filterlaag ingestik. Ander ontwerpe maak voorsiening vir \u2019n gleufsakkie waarin jy \u2019n los, vervangbare filterlaag insit. As jy so \u2019n masker maak of koop kyk dat <span style=\"color: #ff0000;\">die gleufie ten minste 10x12cm groot is &#8211; groot genoeg dat\u00a0 \u2019n verwyderbare filterlagie maklik kan inpas.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wenke-om-jou-beroep-tydens-inperking-te-verbeter\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wenke om jou beroep tydens die inperking te verbeter<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>5. Die gemaklikste vasmaakmaniere vir maskers<\/h4>\n<p>Rekkies of toutjies? Dit is deels \u2019n kwessie van gerief, <span style=\"color: #ff0000;\">solank dit so ontwerp is dat jy die masker kan verwyder sonder om aan die besmette voorkant te vat.<\/span><\/p>\n<p>Iets om tog te onthou: rekkies om die ore of kop neig om uit te rek, veral as jy jou masker in kookwater of sterk bleik- of ontsmetmiddels ontsmet. Toutjies is dus \u2019n beter langtermynkeuse.<\/p>\n<p>Nog iets: mense se ore en posisie van die oor verskil. Rekkies om die ore kan die masker te los of te styf laat pas. As jy &#8216;n masker koop let veral na &#8216;n gemaklike passing om jou kop en ore.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-seisoen-3-episode-10-kommunikasie-en-konflikhantering-tydens-lockdown-met-anys-rossouw\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Raad vir konflikhantering en beter verhoudings tydens inperking<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-129551 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/man-in-gray-sweater-covering-his-face-with-face-mask-3985172.jpg\" alt=\"\" width=\"550\" height=\"367\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>6. Verdere algemene voorskrifte vir covid-19 maskers<\/h4>\n<ul>\n<li>Die masker het \u2019n <strong>neusknip<\/strong>. Dit help dat dit netjies en dig oor jou neus pas. Dit keer ook dat \u2019n bril toewasem.<\/li>\n<li>Kies of maak maskers met \u2019n<strong>\u00a0duidelike binne- en buitekant<\/strong>, soos een gemaak met twee kleure materiaal. So weet jy wat is die vuil buitekant van jou masker.<\/li>\n<li>Kry maskers in <strong>verskillende kleure<\/strong>, sodat jy nie per ongeluk dieselfde masker twee keer dra nie.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-planne-om-skuld-tydens-covid-19-en-die-inperking-baas-te-raak\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Raak jou skuld baas tydens COVID-19<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>7. Wanneer moet jy jou lapmasker dra?<\/h4>\n<p>Moet jy jou masker opsit en afhaal, of heeltyd ophou, wanneer jy uitgaan?<\/p>\n<p>Sienings verskil maar dit is logies dat jy veiliger teen cv-19 is as jy jou masker opsit sodra jy jou huis verlaat en eers afhaal wanneer jy tuis kom. So raak jy ten minste nie aan die voorkant terwyl jy dit aflig en terugtrek nie.<\/p>\n<p>\u2019n\u00a0Ander algemene siening is dat jy die masker dra sodra jy in die teenwoordigheid van mense kom. Dus:<\/p>\n<ul>\n<li>Tuis tussen jou huismense is dit onnodig \u2013 tensy iemand siek is.<\/li>\n<li>As jy in die motor ry is dit onnodig. Maar as jy \u2019n uber neem moet jy en die uberbestuurder jul maskers dra.<\/li>\n<li>Sodra jy by die winkel, dokter of waar ookal uit die motor klim sit jy dadelik jou masker op.<\/li>\n<li>As inperking verlig word en ons wel mag oefen, sal jy ook sodra jy binne 2 meter van iemand anders is jou masker in plek moet sit.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-positief-tydens-die-inperking-te-bly-en-dit-as-n-tyd-vir-heling-en-ontwikkeling-te-sien\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoe om positief tydens die inperking en COVID-19-pandemie te bly<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-129557 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/woman-in-white-long-sleeve-jacket-shopping-for-fruits-3962291.jpg\" alt=\"Alles oor maskers vir covid-19 \u2013 doen jy al 9 dinge r\u00e9g?\" width=\"585\" height=\"878\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>8.<\/strong> Hoe om jou masker af te haal en te was<\/h4>\n<p>As jy winkels toe was en terug in jou motor daarmee inklim, bring jy \u2019n potensieel besmette masker in jou persoonlike ruimte in. Die belangrikste punt om te onthou: die buitekant van jou masker is moontlik besmet. Daarom raak jy onder geen omstandighede aan die voorkant daarvan nie \u2013 veral nie terwyl jy dit afhaal nie. As jy wel met jou hande aan die masker moes raak was of ontsmet jou hande dadelik.<\/p>\n<p>Ideaal gesproke haal jy die lapmasker buite jou motor af s\u00f3nder om aan die buitekant te raak, terwyl jy die besmette kant versigtig na binne vou en dadelik in \u2019n plastieksakkie laat glip. Jy kan dit tuis in jou motorhuis los, en die volgende dag saam met jou wasgoed was. Of jy kan dit dadelik in \u2019n bakkie plaas en kookwater oorgiet. Na vyf minute kan jy dit uithaal en gewoonweg was of laat droog word, reg vir hergebruik.<\/p>\n<p>Die belangrikste ding om te onthou is dat jy die buitekant van jou masker moet hanteer asof dit besmet is.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/6-maniere-om-jou-dag-reg-te-begin-tydens-die-inperking\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">6 maniere om \u2019n goeie roetine te kry tydens die inperking<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>9. Kan jy jou masker hergebruik? Kan julle maskers deel? Hoe hoes jy met \u2019n masker?<\/h4>\n<p>Jy kan lapmaskers was en hergebruik. Die koronavirus oorleef nie ho\u00eb temperature nie, en daarom is onderdompeling in kookwater genoeg om jou masker so goed as nuut te maak.<\/p>\n<p>Kan julle maskers deel? Liewer nie &#8211; en moet beslis nie \u2019n gebruikte masker deel nie. Elkeen in die gesin moet sy eie masker kry.<\/p>\n<p>Hoe hoes en nies jy agter jou masker? Jy hoes en nies maar net met die masker aan! Moenie jou hand voor jou gemaskerde mond hou nie. Hoes of nies in die waai van jou elmboog of binne in jou top of baadjie in, as jy kan. Hoe ook al, moenie die masker aflig en na buite toe nies en hoes nie. Jou masker sal die hoes- en niesdruppels absorbeer, en jou vel sal dus nie werklik nat van jou hoes word nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Voel jy asof jy vergeet het om jou hare te kam as jy sonder \u2019n masker uitgaan? Hier is die volledigste aftiklys wat jou sal help om die beste moontlike maskers te bekom wat jou en jou mense behoorlik veilig sal hou.<\/p>\n","protected":false},"author":19,"featured_media":129550,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[136,2792,23664],"class_list":["post-129184","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-leef-gesond","tag-health"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Alles oor maskers vir covid-19 \u2013 doen jy al 9 dinge r\u00e9g? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Hier is die volledigste aftiklys wat jou sal help om die beste moontlike maskers te bekom wat jou en jou mense behoorlik veilig sal hou.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Alles oor maskers vir covid-19 \u2013 doen jy al 9 dinge r\u00e9g? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hier is die volledigste aftiklys wat jou sal help om die beste moontlike maskers te bekom wat jou en jou mense behoorlik veilig sal hou.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-04-21T13:40:37+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2020-04-26T07:25:16+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1206335677.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Salome Delport\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Salome Delport\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"12 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Salome Delport\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\"},\"headline\":\"Alles oor maskers vir covid-19 \u2013 doen jy al 9 dinge r\u00e9g?\",\"datePublished\":\"2020-04-21T13:40:37+00:00\",\"dateModified\":\"2020-04-26T07:25:16+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\\\/\"},\"wordCount\":2425,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1206335677.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"leef gesond\",\"health\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2020\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\\\/\",\"name\":\"Alles oor maskers vir covid-19 \u2013 doen jy al 9 dinge r\u00e9g? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1206335677.jpg\",\"datePublished\":\"2020-04-21T13:40:37+00:00\",\"dateModified\":\"2020-04-26T07:25:16+00:00\",\"description\":\"Hier is die volledigste aftiklys wat jou sal help om die beste moontlike maskers te bekom wat jou en jou mense behoorlik veilig sal hou.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1206335677.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1206335677.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280,\"caption\":\"iStock\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Alles oor maskers vir covid-19 \u2013 doen jy al 9 dinge r\u00e9g?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\",\"name\":\"Salome Delport\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Salome Delport\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Alles oor maskers vir covid-19 \u2013 doen jy al 9 dinge r\u00e9g? | rooi rose","description":"Hier is die volledigste aftiklys wat jou sal help om die beste moontlike maskers te bekom wat jou en jou mense behoorlik veilig sal hou.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Alles oor maskers vir covid-19 \u2013 doen jy al 9 dinge r\u00e9g? | rooi rose","og_description":"Hier is die volledigste aftiklys wat jou sal help om die beste moontlike maskers te bekom wat jou en jou mense behoorlik veilig sal hou.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2020-04-21T13:40:37+00:00","article_modified_time":"2020-04-26T07:25:16+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1206335677.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Salome Delport","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Salome Delport","Est. reading time":"12 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\/"},"author":{"name":"Salome Delport","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13"},"headline":"Alles oor maskers vir covid-19 \u2013 doen jy al 9 dinge r\u00e9g?","datePublished":"2020-04-21T13:40:37+00:00","dateModified":"2020-04-26T07:25:16+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\/"},"wordCount":2425,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1206335677.jpg","keywords":["Gesondheid","leef gesond","health"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2020","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\/","name":"Alles oor maskers vir covid-19 \u2013 doen jy al 9 dinge r\u00e9g? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1206335677.jpg","datePublished":"2020-04-21T13:40:37+00:00","dateModified":"2020-04-26T07:25:16+00:00","description":"Hier is die volledigste aftiklys wat jou sal help om die beste moontlike maskers te bekom wat jou en jou mense behoorlik veilig sal hou.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1206335677.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1206335677.jpg","width":1920,"height":1280,"caption":"iStock"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-oor-maskers-vir-covid-19-doen-jy-al-9-dinge-reg\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Alles oor maskers vir covid-19 \u2013 doen jy al 9 dinge r\u00e9g?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13","name":"Salome Delport","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","caption":"Salome Delport"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/129184","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/19"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=129184"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/129184\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/129550"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=129184"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=129184"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=129184"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}