{"id":129165,"date":"2020-04-20T13:07:53","date_gmt":"2020-04-20T11:07:53","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=129165"},"modified":"2020-04-20T13:07:53","modified_gmt":"2020-04-20T11:07:53","slug":"kortverhaal-om-vrij-te-raak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\/","title":{"rendered":"Kortverhaal: Om vrij te raak"},"content":{"rendered":"<p><em>Om vrij te raak deur Hel\u00e9ne de Clercq. Hooffoto: iStock\/<a class=\"photographer\" href=\"https:\/\/www.istockphoto.com\/za\/portfolio\/Alexcpt?mediatype=photography\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Alexcpt<\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em>\u00a0<\/em><\/p>\n<h4><em>Somer 1669<\/em><\/h4>\n<p>\/\/Kabbo hou \u2018n kalbassie na my uit. \u201cDrink. Jy sal dood in di\u00e9 hitte.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDankie. En nou wil ek by die huis kom. Hierdie dorpsrok wurg die wilde koekemakranka uit my uit. !Nanni, as ek in klere soos joune kon rondloop, sou ek kon asemhaal.\u201d<\/p>\n<p>Ek loer na die son. \u201cAi, hy wag al vir my.\u201d Die spanning steek soos \u2018n stuk wurgpatat in my keel vas. \u201cNag julle!\u201d s\u00ea ek terwyl ek wegdraf.<\/p>\n<p>\u201cGenoeg is genoeg, Gertruide!\u201d s\u00ea Pa toe ek by die agterdeur instap. \u201cAs jy weer saam met daardie spul lanterfanter, en dit boonop n\u00e1 sononder, bly jy tuis wanneer die volgende skip inkom! Ek het nog nooit ooghare vir daardie Kabbo gehad nie. Hy\u2019s deesdae glad te danig met jou.\u201d<\/p>\n<p>\u201cSy naam is \/\/Kabbo, nie Kabbo nie. Pa sukkel nog steeds met die klikklanke,\u201d s\u00ea ek met geveinsde rustigheid.<\/p>\n<p>Soms sien ek haat in Pa se o\u00eb. Haat en verwyt. Ons skip sou destyds saam met die Drommedaris vertrek het, maar dit was oorlaai en is vertraag. Ma \u2013 hoogswanger \u2013 en Pa was passasiers op die De Walvis, opgewonde oor hul eersteling.<\/p>\n<p>En toe maak ek my opwagting \u2018n maand te vroeg. Ter see. In haglike omstandighede. In daardie stadium was die meeste passasiers verswak, die drinkwater ondrinkbaar en skeurbuik algemeen. Gevolglik het my ma nie my geboorte oorleef nie, en was sy een van die 130 sterftes op daardie seereis.<\/p>\n<p>\u2018n Week later het die De Walvis en die De Witte Olifant Tafelbaai binnegevaar. Pa was moedeloos. Ek moederloos.<\/p>\n<p>\u201cPa is verniet bekommerd,\u201d prewel ek.<\/p>\n<p>\/\/Kabbo en !Nanni is soos my sibbe. Ons het saam grootgeword. Ma Uma het my grootgemaak so te s\u00ea van die dag af toe ons hier geland het. Krotoa het haar na Pa gebring nadat ek twee volle dae lank my koliek oor Tafelbaai uitbasuin het.<\/p>\n<p>Behalwe Hollands, het ek mettertyd geleer om Khoi en Portugees te praat. Ma Uma, \/\/Kabbo en !Nanni is van die min Khoi-mense wat Hollands vlot praat. Nou, ewe skielik, wil Pa my verbied om met hulle vriende te wees! Omdat hy ou Herrie se mense verdink van veediefstal? Of omdat hulle anders aantrek as ons? Ek, daarenteen, vertrou \/\/Kabbo met my lewe.<\/p>\n<p>Ek kan vir Pa ander redes gee tot kommer. Soos die briewe onder my kopkussing wat die Nederlandse skeepsdokter vir my by die verversingspos gelos het. D\u1f77t sal hom slapelose nagte besorg!<\/p>\n<p>Die hoogtepunt van my bestaan deesdae is wanneer die kanon in Tafelbaai aankondig dat daar \u2018n seilskip op die horison is. Dan gryp ons ons selfgemaakte krale en lapsakkies vol canna en boegoe. Dit raak nogal ingewikkeld, want \u201cons gewone mense\u201d mag nie direk aan die skepe verkoop nie. Die Kompanjie het die alleenreg om handel te dryf. Private handel is taboe. Ons moet ons goedere direk aan die Kompanjie verkoop sodat hulle uit ons produkte kan wins maak.<\/p>\n<p>Maar niks is sonder \u2018n blink kant nie. Met daardie geld koop ons die mooiste lap waarmee ons spoggerige kappies en rokke vir die belangrike vroue op die dorp maak. So speel ons hulle spel, maar met ons eie re\u00ebls. Met die oorskietstukkies maak ons kussings en lappoppe. Speelgoed is skaars.<\/p>\n<p>Dis daar by die hawe waar ek Sebastiaan Vrij sowat \u2018n jaar terug stiekempies ontmoet het. As Pa moet weet! Dokter Vrij \u2013 jonk en sag op die oog \u2013 het ons oor ons kruie uitgevra, uiteraard om sy noodhulptas aan te vul vir die komende vaart. Toe ek hom sien, het ek geweet dis my ander helfte. Die manier waarop hy na my gekyk het, het my so opgewonde gemaak soos toe ons as jong kinders op \u2018n druppende heuningkoek afgekom het. Besonders, helend, woordloos, stroperig.<\/p>\n<p>!Nanni het eenkant gestaan en giggel. Gelukkig weet sy hoe om \u2018n geheim te hou. Vier briewe later mis ek nie \u2018n skip wat aan wal gaan nie. As hy \u2018n man van sy woord is, behoort hy enige dag weer voor my te staan met daardie swymelende blou o\u00eb vol beloftes.<\/p>\n<p>Pa skep vir ons van die ertjiesop in wat ek gemaak het voordat ek hawe toe is. Soos gewoonlik is die stilte aan tafel tasbaar.<\/p>\n<p>Ek smeer botter op die brood. \u201cPa, kan ons nie maar die verlede begrawe nie? Pa kan nie langer Ma se dood teen my hou nie. Die bitterheid vreet Pa van binne-af op.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMoenie jy vir my kom preek oor dinge waarvan jy niks weet nie, Gertruide! Jy\u2019s nog pure kind, al is jy deesdae te groot vir jou skoene \u2013 byges\u00ea, wanneer jy wel skoene dra. Ek sal nooit oor jou ma se dood kom nie. Ons kan die verlede nie verander nie, gun my my tyd van rou.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHeikend Pa, intussen het ek nie \u2018n ma nie, en my pa is emosioneel ook nie hier nie. Ek\u2019s jammer dat ek haar nie mis nie, maar ek het haar nooit geken nie. Ek mis wel \u2018n ma \u00e9n \u2018n pa. Dis nou sewentien jaar! Hoe lank wil Pa nog rou?\u201d<\/p>\n<p>Ek weet ek het te ver gegaan toe hy die deur stormloop &#8230; vas in \/\/Kabbo. \u201cNaand, <em>Samon<\/em>. Jammer, <em>Samon<\/em>.\u201d<\/p>\n<p>\/\/Kabbo noem Pa \u201cGroot Menee\u201d of \u201cSamon\u201d. Ek het eers onlangs uitgewerk Samon is afgelei van \u2018<em>Sir-man<\/em>\u2019.<\/p>\n<p>\u201cWat soek jy die tyd van die aand by my dogter, Kabbo? Is jy nie veronderstel om in die maanlig te rieldans nie? En het ek haar nie verbied om saam met jou rond te flenter nie? Jy weet ek keur julle vriendskap nie goed nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201c<em>Nosie<\/em>.\u201d<\/p>\n<p>Nosie is <em>\u2018No Sir\u2019<\/em>.<\/p>\n<p>\u201cEk wou net vir haar die boodskap gee dat daar m\u00f4reoggend vroeg \u2018n skip uit Nederland aan wal gaan. Ek het gedog sy sou wou weet dat sy haar kraletjies en goed kan gereed hou.\u201d<\/p>\n<p>\u201cTrap, Kabbo! Sy sal nie m\u00f4re daar wees nie. Ek verbied haar!\u201d<\/p>\n<p>\u201cDankie, \/\/Kabbo. Goeienag,\u201d prewel ek. En toe loop die opgehoopte probeer-sterk-wees by my o\u00eb uit en ek hardloop kamer toe.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>***<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Douvoordag word ek wakker van die kanonskote wat aankondig dat daar \u2018n skip in die hawe is. Wat as Sebastiaan op daardie skip is? Wat as ek hom misloop en nog drie maande of \u2018n jaar moet wag? Wat as hy intussen \u2018n ander, meer afgeronde meisie ontmoet en met haar gaan trou?<\/p>\n<p>Pa skarrel al in die kombuis rond besig om koffie te maak. Ek wil hom nie sien nie. Nie vanoggend nie. Hoe kon hy? Ek wag stil totdat ek sy kwaai voetstappe op die klippaadjie voor my kamervenster hoor knars. Die voetstappe van \u2018n ontnugterde man met geen illusies of romantiese ideale dat die lewe beter sal raak nie.<\/p>\n<p>Ek was my gesig in die kommetjie, gooi \u2018n rok oor my kop en hardloop agter ons huis langs strand toe na die Khoi se blyplekke.<\/p>\n<p>\u201c!Nanni, is jy nog hier?\u201d roep ek uitasem langs haar matjieshut.<\/p>\n<p>\u201cJy vang my net betyds. Ek\u2019s op pad.\u201d<\/p>\n<p>\u201cSal jy asseblief kyk of jy vir Sebastiaan sien?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk sal kyk, maar wat as ek hom nie herken nie?\u201d<\/p>\n<p>Ek stap nader. \u201cJy sal. Gee dit vir hom. Dis \u2018n kaart na ons huis. S\u00ea hy moet voor vyfuur kom, anders moet ek vir Pa verduidelik.\u201d<\/p>\n<p>Ek slof deur die sand terug huis toe. Skulpies knibbel aan my kaal voete. Gaan dinge dan nooit vir my uitwerk nie?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>***<\/strong><\/p>\n<div id=\"attachment_129167\" style=\"width: 433px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-129167\" class=\" wp-image-129167\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/iStock-172458493.jpg\" alt=\"\" width=\"423\" height=\"564\" \/><p id=\"caption-attachment-129167\" class=\"wp-caption-text\">Om vrij te raak iStock\/mikedabell<\/p><\/div>\n<p><strong>***<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u2018n Harde klop aan ons deur ruk my uit my dagdrome oor Sebastiaan wat binnekort hier gaan instap. Kan dit wraggies hy wees? So vroeg? My hart tamboer onbedaarlik. My knie\u00eb voel soos jellievis.<\/p>\n<p>\u201cGetruidjuuuu!\u201d<\/p>\n<p>Tannie Gesie se stygende stem bring my terug na die werklikheid. Kry sy nie die boodskap nie? My pa stel nie in ander vroue belang nie! Elke week kom laai sy ietsie tuisgemaak vir hom af. Dikvellig, sou ek s\u00ea, maar eintlik die dierbaarheid self. Ek maak die deur te\u00ebsinnig oop en gaan staan buite om haar nie \u2018n inkomkans te gee nie.<\/p>\n<p>\u201cHallo, Kind! Vroegoggend al warm, n\u00e8.\u201d Sy hou \u2018n stomende, hoog gerysde brood in \u2018n omgehekelde vadoek vas.<\/p>\n<p>\u201cVars uit die kleioond. Ek\u2019s so dankbaar vir die lappie koring daar langs Die Kasteel. Hopelik bly die plantluise en die oostewind vanjaar \u2018n bietjie weg. Jou pa s\u00ea hulle oes vanjaar die eerste wyndruiwe.\u201d<\/p>\n<p>Sy is kennelik uitgehonger vir geselskap.<\/p>\n<p>\u201cHeikend, mens, hulle bou nou al amper drie jaar aan Die Kasteel. En dis nie asof hulle veel vinniger vorder met meer slawe nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDankie vir die broodjie, Tannie.\u201d Ek moet haar seker innooi vir koffie, maar ek\u2019s regtig nie nou lus vir haar praatjies nie.<\/p>\n<p>\u201cGetruidjie, ek het gewonder. Wil jy en jou pa nie vanaand by my kom eet nie? Ek is besig om \u2018n heerlike dik pot ertjiesop te kook.\u201d<\/p>\n<p>Nie ertjiesop nie, dit loop al by my ore uit.<\/p>\n<p>\u201cEk sal vanmiddag by Pappa hoor as hy huis toe kom.\u201d<\/p>\n<p>\u201cGoed. Ek\u2019s oorkant die pad as jy my nodig kry, kind.\u201d<\/p>\n<p>Asof ek nie weet nie. \u201cDankie Tannie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cGetruide! Getruide!\u201d<\/p>\n<p>\/\/Kabbo? Hoekom waag hy dit hier? Het hy nie genoeg moeilikheid gemaak nie? Gonna. Daar is bloed aan sy hande.<\/p>\n<p>\u201cJy moet kom! Dis jou pa<em>.<\/em> Hy\u2019t seergekry!\u201d<\/p>\n<p>\u201cPa! Waar is hy? Wat het hy oorgekom? Hier, Tannie. Vat eers die brood.\u201d Ek is nog in my huisrok, maar daar\u2019s nie nou tyd om met daardie korsetding te sukkel nie.<\/p>\n<p>\u201cKom net! Ek sal op pad vertel!\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk kom saam!\u201d roep tannie Gesie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>***<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u2018n Rukkie later sit ek, \/\/Kabbo en tannie Gesie in Dokter Hasselbult se voorkamer en wag. \u201cDie dokter opereer. Julle kan nog nie ingaan nie.\u201d<\/p>\n<p>!Nanni strompel die vertrek natgesweet binne. Hangskouers.<\/p>\n<p>\u201cEn hierdie gemoedsbekotsing, !Nanni?\u201d vra ek. \u201cKom ek raai. Jy kry Sebastiaan n\u00earens nie?\u201d<\/p>\n<p>\u201cGertruide, ek het regtig oral gesoek. Hy was beslis nie op daardie skip nie. Jammer daaroor.\u201d<\/p>\n<p>\u201cWie\u2019s Sebastiaan?\u201d vra tannie Gesie, brood nog onder die arm. Gevoorskoot.<\/p>\n<p>\u201cAg, sommer niemand. Sy skip kom seker eers later die maand in. \/\/Kabbo, vertel nou eers rustig vir ons wat gebeur het.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk en !Nanni-goed het gaan bronkors pluk vir die matrose. Vir die skeurbuik. By die Hoofplaats het Menee Wijnand, die baastuinier, haastig met \u2018n perdekar aangekom. Ek kon sien iets was fout. Die groot menee was agterop, en toe\u2019t ek eenkant vasgegryp en opgespring. Die wa was omtrent bebloed. Ek het sy been se stukke vleis met my mouriempies probeer bymekaar hou. Blykbaar het hulle dro\u00eb takke uit die bome gekap. Samon, hy\u2019t onder die boom gestaan. Die stomp het losgekraak en op hom geval. Menee Wijnand s\u00ea as dit sy kop getref het, was hy dood. Toe ons hier stop, het ek reguit na jou toe gehardloop terwyl Menee Wijnand die dokter geroep het. En nou\u2019s ons hie. Kan maar net wag. Menee Wijnand sal seker nou wee hie wees. Hy\u2019t die perd gaan afsaal.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDankie. N\u00e1 gisteraand verdien my pa nie jou omgee nie,\u201d maak ek verskoning, terwyl \/\/Kabbo deur toe stap net toe oom Wijnand binnekom.<\/p>\n<p>\u201cHoe gaan dit hier? Kon daai jong mannetjie jou pa se stukke aanmekaar werk?\u201d<\/p>\n<p>Ek frons. \u201cWatter jong mannetjie, oom Wijnand? Waar\u2019s dokter Hasselbult dan?\u201d<\/p>\n<p>\u201cHy\u2019s laasnag uitgeroep. Kommandeur Jacob Borghorst is deesdae meer siek as gesond. Ek\u2019s bevrees nie een van Van Riebeeck se opvolgers kan die druk as opperhoof van hierdie trop hanteer nie. In elk geval, \u2018n jong matrosie wat kammakastig iets van noodhulp af weet, opereer op jou pa. Hy\u2019t toevallig hier vir Dokter Hasselbult gesit en wag toe ons hier aankom. Ons hoop maar hy dra nie siektes oor nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cO nee, wat as Pa iets oorkom? Ons is gisteraand kwaad uitmekaar!\u201d<\/p>\n<p>\u201cKlink my die jongste siekte is rotkoors \u2013 begin met hoofpyn, dan sloepmaag dan waansinnigheid,\u201d kom dit taktloos van tannie Gesie.<\/p>\n<p>Ek kou nog aan haar woorde toe dokter Hasselbult se spreekkamerdeur oopgaan. My hart mis \u2018n slag. Ek vee \u2018n haarsliert uit my gesig en kyk selfbewus af na my huisrok en kaal voete.<\/p>\n<p>\u201cJou vader gaan binnekort op die been wees, Gertruide.\u201d En toe kom daardie glimlag wat my knie\u00eb so lam maak.<\/p>\n<p>\u201cNou &#8230; nou verstaan ek nie. Hoe ken die doktertjie vir jou, Gertruide?\u201d<\/p>\n<p>\u201cDis nie belangrik nie, tannie Gesie.\u201d<\/p>\n<p>Toe hy my hande in sy sterk hande neem, voel ek tuis.<\/p>\n<p>\u201cEk glo nie aan die toeval nie,\u201d prewel hy. \u201cEn ek\u2019s mal oor jou in \u2018n huisrok. Jou pa is wakker. Hy vra na jou.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>***<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cGertjie.\u201d Sy stem draal. Hy het my laas so genoem toe ek vyf was. Toe dit nog vir hom aanvaarbaar was dat ek so ietwat van \u2018n rabbedoe is. \u201cEk\u2019s jammer oor alles. Oor die sinnelose verwyte al die jare. Oor gisteraand. As dit nie vir Kabbo was nie, het ek doodgebloei op pad hierheen. Voortaan sal hy altyd welkom wees in ons huis. Die Khoi-mense was vir ons net goed.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDankie, Pa. Miskien kan Pa dit self vir hom s\u00ea. Hy lei net gou die perd koud.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHierdie jong doktertjie was \u2018n bestiering van Bo. Ek weet nie of Dokter Hasselbult my sou deurtrek nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201c\u2018n Bestiering inderdaad, Pappa. Hoe het jy geweet dat jy hierheen moes kom vir \u2018n noodgeval, Sebastiaan?\u201d<\/p>\n<p>\u201cSebastiaan? Hoe ken sy jou naam?\u201d Pa frons.<\/p>\n<p>\u201cLang storie, Oom. Ek het in die straatjies rondgedwaal op soek na Gertruide en toevallig Dokter Hasselbult se spreekkamers gesien. Ek het ingekom om te hoor of daar \u2018n behoefte is aan nog \u2018n dokter. \u2018n Maand terug het hulle vir my \u2018n werk aangebied as dokter in Makassar daar in die Ooste. Maar hier is nog onafgehandelde besigheid in Caep de Goede Hoop.\u201d Hy knipoog vir my. \u201cEk het vir eers genoeg gehad van woeste waters. Om \u2018n skeepsdokter te wees, was nooit op my wenslys nie. Ja, en toe storm hulle hier in met oom. Dis nie asof ek \u2018n keuse gehad het nie. Enige dokter sou opereer.\u201d<\/p>\n<p>\u201cWel, jy het jou skitterend van jou taak gekwyt. Ek sal vir jou \u2018n mooi getuigskrif skryf. Roep gou vir Kabbo.\u201d<\/p>\n<p>\u201c\/\/Kabbo, Pappa. Pa moet die klikklanke nou regtig onder die knie kry.\u201d<\/p>\n<p>\u201cKan jy nie sien my knie is af nie, Gertjie?\u201d<\/p>\n<p>\u201cLyk my daardie tak het ook sommer sewentien jaar se bitterheid uit Pa getap. Ek kan nie onthou wanneer laas ek vir Pappa sien lag het nie. Terloops, daar\u2019s ook iemand anders in die voorvertrek \u2013 behalwe !Nanni &#8230; Nie Ma Uma nie. Sy\u2019t gaan kruie pluk vir Pa se pyn.\u201d<\/p>\n<p>Pa grinnik. \u201cKom ek raai. \u2018n Voorskootdraende, opregte, mooierige, middeljarige, ongetroude, effens desperate, ietwat praatsieke vrou met ietsie eetbaars wat sy self gemaak het?\u201d<\/p>\n<p>\u201cReg geraai. En blykbaar gaan ons twee \u2013 of drie \u2013 ek kyk skalks na Sebastiaan \u2013 vanaand by haar ertjiesop eet.\u201d<\/p>\n<p>\u201cNie w\u00e9\u00e9r ertjiesop nie!\u201d s\u00ea Pa met \u2018n skewe laggie.<\/p>\n<p>\u201cOf dalk eerder sy by ons,\u201d voeg ek by terwyl ek skepties na Pa se opgeswelde been staar.<\/p>\n<p>Hoe ook al \u2013 ek onderdruk \u2018n laggie \u2013 ek kry die idee dat sy nie meer lank langsaan gaan woon nie. Hoe ironies dat ek my pa binnekort gaan agterlaat net nadat ek hom gevind het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Meer oor die skrywer<\/h4>\n<p>Die ontdekking van \u2018n motgevrete, 1986-dankie-maar-nee-briefie vir \u2018n kortverhaal wat sy op ho\u00ebrskool aan \u2018n tydskrif voorgel\u00ea het, en die vrees vir le\u00ebnessindroom, was vir Hel\u00e9ne de Clercq genoeg motivering om onlangs in te skryf vir \u2018n skryfkursus. <em>Om Vrij te raak<\/em> is haar debuutkortverhaal. Hel\u00e9ne glo daaraan om haar drome en Godgegewe talente uit te leef. Sy\u2019t in haar twintigs ge-au pair in Oostenryk vir \u2018n jaar; in haar dertigs Kilimandjaro uitgeklim; in haar veertigs haar eerste kunsuitstalling gehou en poog om in haar vyftigs \u2018n boek te publiseer. Sy is opreg dankbaar vir sorgvrye grootwordjare op \u2018n Boesmanlandse plaas. N\u00e1 skool het sy in die Boland onderwys studeer. Sy en haar man het hulle in die Swartland gevestig. Tans is sy \u2018n passievolle Afrikaans onderwyseres, neem graag foto\u2019s en skilder in haar vrye tyd.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Vir nog lekkerleesverhale,<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> loer hier.<\/a><\/p>\n<p>Vir lekker verhale waarna jy kan luister, <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rooiroseradio\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">loer hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gertruide en haar pa kom nie goed klaar nie, di\u00e9 dat sy hom nog nie van die skeepsdokter vertel het wat vir haar briewe by die verversingspos los nie. Haar pa dink \/\/Kabbo is die probleem.<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":129168,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[84747],"class_list":["post-129165","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-spesiale-mei-inhoud"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Kortverhaal: Om vrij te raak | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Gertruide en haar pa kom nie goed klaar nie, di\u00e9 dat sy hom nog nie van die skeepsdokter vertel het wat vir haar briewe by die verversingspos los nie.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kortverhaal: Om vrij te raak | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Gertruide en haar pa kom nie goed klaar nie, di\u00e9 dat sy hom nog nie van die skeepsdokter vertel het wat vir haar briewe by die verversingspos los nie.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-04-20T11:07:53+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1144366476.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1193\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"14 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Kortverhaal: Om vrij te raak\",\"datePublished\":\"2020-04-20T11:07:53+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\\\/\"},\"wordCount\":2716,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1144366476.jpg\",\"keywords\":[\"Spesiale Mei-inhoud\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2020\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\\\/\",\"name\":\"Kortverhaal: Om vrij te raak | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1144366476.jpg\",\"datePublished\":\"2020-04-20T11:07:53+00:00\",\"description\":\"Gertruide en haar pa kom nie goed klaar nie, di\u00e9 dat sy hom nog nie van die skeepsdokter vertel het wat vir haar briewe by die verversingspos los nie.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1144366476.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1144366476.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1193,\"caption\":\"iStock\\\/Om vrij te raak\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Kortverhaal: Om vrij te raak\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kortverhaal: Om vrij te raak | rooi rose","description":"Gertruide en haar pa kom nie goed klaar nie, di\u00e9 dat sy hom nog nie van die skeepsdokter vertel het wat vir haar briewe by die verversingspos los nie.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Kortverhaal: Om vrij te raak | rooi rose","og_description":"Gertruide en haar pa kom nie goed klaar nie, di\u00e9 dat sy hom nog nie van die skeepsdokter vertel het wat vir haar briewe by die verversingspos los nie.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2020-04-20T11:07:53+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1193,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1144366476.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"14 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Kortverhaal: Om vrij te raak","datePublished":"2020-04-20T11:07:53+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\/"},"wordCount":2716,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1144366476.jpg","keywords":["Spesiale Mei-inhoud"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2020","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\/","name":"Kortverhaal: Om vrij te raak | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1144366476.jpg","datePublished":"2020-04-20T11:07:53+00:00","description":"Gertruide en haar pa kom nie goed klaar nie, di\u00e9 dat sy hom nog nie van die skeepsdokter vertel het wat vir haar briewe by die verversingspos los nie.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1144366476.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1144366476.jpg","width":1920,"height":1193,"caption":"iStock\/Om vrij te raak"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kortverhaal-om-vrij-te-raak\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Kortverhaal: Om vrij te raak"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/129165","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=129165"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/129165\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/129168"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=129165"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=129165"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=129165"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}