{"id":129070,"date":"2020-04-16T12:27:53","date_gmt":"2020-04-16T10:27:53","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=129070"},"modified":"2020-04-16T14:47:32","modified_gmt":"2020-04-16T12:47:32","slug":"mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\/","title":{"rendered":"Mari-Louis Guy oor Montenegro, ma-wees en \u2019n nuwe w\u00eareld"},"content":{"rendered":"<p><strong>Mari-Louis Guy oor Montenegro, ma-wees en \u2019n nuwe w\u00eareld<\/strong> \u2013 <em>Deur Zo\u00eb Salzwedel. Verwerk deur Ilse Salzwedel. Hooffoto: Instagram<\/em><\/p>\n<p>Jy het dalk al di\u00e9 blondekop met haar bre\u00eb glimlag op jou TV-skerm gesien as beoordelaar van die KykNET-werklikheidreeks <em>Koekedoortjie, Koekedoor en Kokkedoor<\/em>, en weet waarskynlik ook dat sy en haar ewe bekende broer, Callie Maritz, ook groot sukses behaal het met hul gewilde bakstudio, <strong>Cakebread<\/strong>.<\/p>\n<p>Tog beskryf \u00a0Mari-Louis Guy, wat in haar jonger dae op superrykes se seiljagte kos gemaak het en \u2019n hele paar topverkoperkookboeke geskryf het, haarself as \u2019n \u201ckosnuuskierige met \u2018n besonderse liefde vir bak\u201d. Deesdae bevind Mari-Louis haar in \u2019n nuwe land met vreemde kossmake en vele ander uitdagings.<\/p>\n<p>Montenegro, bekend as \u201cthe land of the black mountain\u201d, is gele\u00eb in Suid- en Suidoos-Europa aan die kus van die Balkan. Dis \u2019n land van berge en Middeleeuse dorpies waar tyd skynbaar gaan stilstaan het. Dis h\u00ed\u00e9r waar Mari-Louis Guy, haar man Chris en hul drie kinders, Max, Ethan en Sophia, \u2019n splinternuwe, baie interessante hoofstuk in hul lewe skryf\u2026<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>https:\/\/www.instagram.com\/p\/BhJiL-VA3ZT\/<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Jy woon nou in Montenegro. Vertel ons \u2019n bietjie oor jou lewe en leefstyl daar- hoe lyk \u2019n dag in jou lewe?<\/strong><\/p>\n<p>In baie opsigte is dit die perfekte lewe. Hier word daar teen \u2019n slakkepas geleef, met die mooiste natuurskoon as agtergrond. Ons kry baie vars lug, ski in die winter en leef op die see in die somer. My kinders neem seiljaglesse, en skooluitstappies is dikwels ski-naweke. Op die oomblik bou ons aan \u2019n huisie in die berge met \u2019n wynproelokaal waar ons geleenthede wil hou met streekswyn en Rakia (\u2019n vrugtige brandewyn van die Balkans).<\/p>\n<p>Ek woon in \u2019n <em>expat community \u2013 <\/em>die vrouens trek altyd mooi aan en hulle dae draai rondom mooi lyk en hard oefen. Ek probeer hard om by die res in te skakel, maar dit voel nog steeds vir my uiters vreemd om aan te trek asof ek vir \u2019n werksonderhoud gaan wanneer ek eintlik net my kinders by die skool gaan oplaai.<\/p>\n<p>Hier moet jy tyd h\u00ea. Daar is nie kitskosrestaurante of vooraf-voorbereide slaaie, lasagne en kerries soos in Suid-Afrika nie. Die groente is vars uit die grond en jy koop dit net so ongewas\/behandel. Dit neem my dikwels drie keer se afspoel om die grondbedekte aartappels goed skoon te kry. Ons moet self water in ons tenke pomp, drinkwater laat aflewer en ons eie vullis bergaf stoot met \u2018n kruiwa om dit te laat wegneem. Ek staan ook dikwels in rye, want baie besighede werk\u00a0nog met kasboeke en kasregisters. Ek lag altyd, want my kinders noem dit <em>time travelling<\/em> as ons Suid-Afrika besoek vir \u2019n vakansie. Snaaks hoe dit eintlik <em>back to the future <\/em>was as jy nou kyk hoe ons leef tydens die Covid-19 uitbraak.<\/p>\n<p>Ons winkels is nog altyd Sondae toe vir godsdiens en familie-byeenkomste, so ons is gewoond aan stil dae. Ek het gereeld in Lidl in Kroasi\u00eb ons groot, maandelikse inkopies gaan doen. Verder vlieg my man baie en is daar altyd groot opwinding wanneer hy bekende produkte terugbring huis toe. My ma kom kuier ook altyd met propvol tasse, gevul met ons gunsteling Suid-Afrikaanse produkte. Daar is \u2019n hele mini-supermark in ons een vertrek, want ons het eintlik al ge-<em>stockpile<\/em> lank voor die virus.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>https:\/\/www.instagram.com\/p\/Bi30aCEFqTq\/<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat het julle laat besluit om na Montenegro te verhuis? En hoe lank woon julle al daar? <\/strong><\/p>\n<p>Ons het omtrent twee jaar gelede hierheen getrek. Ek en my man Chris is al amper 30 jaar saam en het eers baie laat kinders gehad. My lewe in Suid-Afrika was vreeslik opwindend en ek het my groot, suksesvolle studio, <strong>CakeBread<\/strong>, by die huis ontsettend baie geniet. Daar kon ek en my broer Callie Maritz elke dag <em>magic<\/em> maak met ons hope kreatiewe energie, en het ons die wonderlikste kli\u00ebnte gehad.<\/p>\n<p>Ek en Chris leef eintlik al 13 jaar lank in \u2019n pendelhuwelik, en dit het vir ons belangrik geraak om vir die kinders die kans te gun om meer van hul pa te sien.<\/p>\n<p>Chris het dit goedgedink om Montenegro as \u2019n basis te kies, en sy werksprogram het gesorg vir lekker lang periodes in die dorpie Tivat. Impulsief het ek ja ges\u00ea en die mal proses van verhuis aangedurf.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-moet-doen-voordat-jy-verhuis\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lees ook: Alles wat jy moet doen voordat jy verhuis<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_129101\" style=\"width: 410px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-129101\" class=\" wp-image-129101\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/cvh-15-Nov-2020-Mari-Louis-0103-Photo-by-Cornel-van-Heerden-scaled.jpg\" alt=\"Mari-Louis Guy oor Montenegro, ma-wees en \u2019n nuwe w\u00eareld\" width=\"400\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-129101\" class=\"wp-caption-text\">Mari-Louis Guy oor Montenegro, ma-wees en \u2019n nuwe w\u00eareld<br \/>Foto: Cornel van Heerden<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><br \/>\nVertel ons van jou man en kinders&#8230; <\/strong><\/p>\n<p>Ek en Chris lewe vir ons drie vlooie: Max, Ethan en Sophia. Ons het amper nie ouers geword nie, so hulle is ons grootste vreugde! Drie <em>high-energy<\/em> liefies.<\/p>\n<p>Max is 15 en tipies tiener, klere is ALLES! Ethan is 10 en ons <em>Warrior Worrier<\/em> \u2013 hy beplan om die president van-wat-oor-is-van-Amerika te word wanneer hy groot is \u2013 en my liewe Sophia is agt. Ek voel ek het my hele lewe vir haar gewag. Die fynste dingetjie met blonde haartjies. Sy neem deel aan alles en was selfs verlede jaar deel van \u2019n wengroep vir Russiese volksdanse. Daar is \u2019n groot Russiese-gemeenskap hier en ons verstaan min maar maak mee.<\/p>\n<p>Wanneer Chris hier is, is ons in die hemel. Ons het \u2019n Landrover en ry gereeld die berge daarmee plat. Ons besoek ook soveel moontlike ou ru\u00efnes, kook feeste saam, lag en hou konsert.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>https:\/\/www.instagram.com\/p\/Bpq2UhRnBu0\/<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ek is dikwels vir lang tye op \u2019n slag alleen met die kinders en het op di\u00e9 manier as ouer taamlik vreesloos geword. Ons vlieg orals heen, was in Moskou vir \u2019n vakansie en besoek gereeld oor naweke \u2019n ander land of gebied rondom ons. Ons is omring van die mooiste hotelle, en gedurende die wintermaande is hulle gewoonlik leeg en die perfekte \u201cspeelgrond\u201d. My man se werk het ook vir ons <em>VIP<\/em> kaartjies vir Porto gere\u00ebl, so ons is baie gelukkig om ingesluit te kan word by heelwat spoggeleenthede soos polo en vertonings in die somer.<\/p>\n<p>Somer hier is soos daardie ou Peter Stuyvesant advertensies: <em>Passport to International Pleasure<\/em>.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>https:\/\/www.instagram.com\/p\/Blxgm2Jluft\/<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Was dit moeilik om Suid-Afrika vir Montenegro agter te laat? En hoe was die aanpassing daar?<\/strong><\/p>\n<p>Dit was hartverskeurend by tye! Ek vermoed ek was selfs soms gedehidreer van die baie \u00a0huil. My kinders het keer op keer snikkend gesmeek: \u201cOns sal enigiets doen, kan ons net teruggaan huis toe asseblief?\u201d<\/p>\n<p>Ons lewe het ongelukkig nie altyd soos beplan verloop nie&#8230; My man was dikwels weg en ons vier moes self ons voete vind. Een van ons eerste huise was hoog op in die berge met allerhande gediertes en gedrogte.<\/p>\n<p>Ons kon nie naby die huis parkeer nie en moes dus altyd ver stap met ons inkopies. Vra nou vir \u2019n 8-jarige om \u2019n kan water te dra. Ek kon haar beslis nie alleen los nie, en wanneer sy moeg was moes ons haar ook huis toe dra.<\/p>\n<p>Boonop is daar \u2019n vrou wat in die berge woon \u2013 \u2019n Antjie Somers-karakter wat laatnag een aand met wilde hare, geskeurde klere en \u2019n sekel soos die Grim Reaper aan ons deur kom klop het. Dit het gevoel soos \u2019n Koos Doep <em>song<\/em>, \u201cen die dood kom my haal.\u201d Ons het eers later uitgevind dat sy die <em>local<\/em> vreemde is, maar nou is ons al gewoond aan haar.<\/p>\n<div id=\"attachment_129102\" style=\"width: 527px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-129102\" class=\" wp-image-129102\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/cvh-15-Nov-2020-Mari-Louis-0104-Photo-by-Cornel-van-Heerden-scaled.jpg\" alt=\"Mari-Louis Guy oor Montenegro, ma-wees en \u2019n nuwe w\u00eareld\" width=\"517\" height=\"776\" \/><p id=\"caption-attachment-129102\" class=\"wp-caption-text\">Mari-Louis Guy oor Montenegro, ma-wees en \u2019n nuwe w\u00eareld<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat is vir jou die lekkerste deel van om in Montenegro te woon? <\/strong><\/p>\n<p>Somers \u2013 ek moet myself soms knyp, want dan is almal hier: Bill Gates, bekende politici , Oprah, koninklikes, popsterre \u00e9n modelle. Daar is soveel opwindende gebeure. Porto Montenegro is pragtig en hulle re\u00ebl ongelooflike geleenthede. Ek besef oor en oor hoe gese\u00ebnd my kinders is om s\u00f3 te kan grootword en soveel dinge te kan ervaar. Hulle geniet ook die somerkampe waar hulle allerhande nuwe watersporte leer bemeester en die pragtige natuurskoon kan geniet.<\/p>\n<p>Die laaste swem van die dag is my gunsteling! Almal in Tivat is rondom agtuur saans in die heerlike koel water en dan skielik klim almal soos een man uit en gaan huis toe \u2013 ek hoor nooit die klokkie nie, maar miskien moet jy Balkans wees.<\/p>\n<p>O ja, en hier is die beste waatlemoen ooit! Heerlik soet en kraakvars. Ons eet een waatlemoen per dag.<\/p>\n<p>Ons <strong>huis <\/strong>(dis \u2019n maatskappy-huis) is \u2019n gerief wat ek seker nooit weer sal h\u00ea nie. Ons het \u2019n jaar gelede hier ingetrek na die mislukte eerste huisie diep in die berge. \u2019n Volledig toegeruste huis met die heerlikste geriewe \u2013 daar is selfs \u2019n klein biblioteek! Ons agtertuin is die berge en ek drink elke oggend my koffie langs \u2019n klein fonteintjie. Pure paradys! Daar is meer as genoeg spasie vir elkeen en dis boonop naby die dorpie.<\/p>\n<p>Die absolute <strong>veiligheid<\/strong>. Ja, al die clich\u00e9s is waar: ons los ons sleutels in kar, die huis word weinig gesluit, dis veilig om laataand en vroegoggend in die dorpie rond te loop en vroue los sommer hul handsakke op die tafel wanneer hulle \u2019n draaitjie gaan loop. Ethan het eenmaal sy foon in die stad by \u2019n arkade op \u2019n masjien vergeet, en ons het dit \u2019n dag later weer daar gekry.<\/p>\n<p><strong>Tyd<\/strong> is my grootste geskenk. My kinders blom, want ek het tyd vir hulle. Ek gesels ook lekker met my ma en pa.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>https:\/\/www.instagram.com\/p\/Bmg0Aa1ACoV\/<\/p>\n<p><strong>En die slegste?<\/strong><\/p>\n<p>Die <strong>min tyd saam met Chris<\/strong>. Die groot rede vir die skuif was om meer van Chris (die kaptein van \u2018n seiljag) te sien. Hy is ons eie \u201cKaptein Sardyn\u201d, \u00a0maar ongelukkig het dit \u2019n bietjie soos <em>Finding Nemo<\/em> geword. Ons vlieg orals agter ons liefie aan. Ons is soos swerwers &#8211; bietjie in Spanje, bietjie in Holland en baie in Montenegro. Ek sien dikwels hoe verskeurd hy is tussen ons en sy werksverpligtinge. Ons as familie het geweet waarvoor ons onsself inlaat, maar soms is dit hartseer dat ons hom so min sien. As ons moet eerlik wees, sien ons hom in baie opsigte minder as toe ons in Suid-Afrika gewoon het.<\/p>\n<p><strong>Natuurrampe en ander vreemdhede <\/strong>laat ons steeds na twee jaar hier dikwels na mekaar kyk en wonder \u201c hoe op aarde het ons hier beland?\u201d<\/p>\n<p>Ons <strong>kossmake<\/strong> het aangepas nadat ons vir lank nerens wou gaan eet of selfs winkel toe gaan nie. \u00a0Daar was niks wat ons wou eet nie. Maar nou het die kinders al deur hulle vriende leer Plazma eet (dis koekies wat nogal baie soos beskuit is). \u00a0Hulle drink ook soos hulle vriende karringmelk by hulle etes en Consomme (helder sop) is deesdae hul gunstelingsop. Dit is \u2019n gereelde ete by die skool. Hulle eet ook Borek en Russiese pannekoeke. Hulle gunsteling peuselhappies is Cevapi&#8217;s \u2013 amper soos boerewors maar sonder die velletjie \u2013 en dan natuurlik ook grondboontjie-gegeurde <em>popcorn<\/em>.<\/p>\n<p>Ek is nie gewoond om in <strong>sneeu<\/strong> en veral op <strong>ys<\/strong> te ry nie. Na een keer se sleg gly is ek maar altyd versigtig. Ons het ook al <strong>aardbewings<\/strong> beleef, die skool het oorstroom en daar was al vlamme in ons weens <strong>donderweer.<\/strong> Ons TV-dekodeerder is al \u2019n paar maal vervang \u2013 ons huis is \u2019n magneet vir bliksemstrale.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>https:\/\/www.instagram.com\/p\/B9Wyg27JYsR\/<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hoe lank is julle al ingeperk weens COVID-19?<br \/>\n<\/strong>Sedert die sestiende Maart. Restaurante en kroe\u00eb het onmiddellik na die president se aankondiging gesluit, maar winkels was nog vir \u2019n ruk oop. Gelukkig is apteke nog oop, en ek kon darem daar \u2019n paar (vreemde) speelgoed koop vir Sophia se verjaarsdag \u2013 ek het nooit daaraan gedink om vir haar speelgoed te koop voor die winkels sluit nie. Ek hoop ons gaan eiers h\u00ea om vir haar \u2019n mooi koek te kan bak! Die inperking is veronderstel om op die 15e April te eindig, maar ek het \u2019n gevoel dit gaan verleng word. <em>(*rooi rose: met ons plasing was dit nog onbekend of Montenegro se inperking opgehef of verleng gaan word.) <\/em><\/p>\n<div id=\"attachment_129103\" style=\"width: 524px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-129103\" class=\" wp-image-129103\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/cvh-15-Nov-2020-Mari-Louis-0105-Photo-by-Cornel-van-Heerden-scaled.jpg\" alt=\"Mari-Louis Guy oor Montenegro, ma-wees en \u2019n nuwe w\u00eareld\" width=\"514\" height=\"771\" \/><p id=\"caption-attachment-129103\" class=\"wp-caption-text\">Mari-Louis Guy oor Montenegro, ma-wees en \u2019n nuwe w\u00eareld<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hoe hanteer julle gesin die inperking?<\/strong><br \/>\nDaar is natuurlik \u2019n paar hartseer, emosionele oomblikke maar ons vier is gewoond aan baie tyd alleen saam spandeer. My ma het juis gespot dat ons reeds die afgelope twee jaar in isolasie is.<\/p>\n<p>Chris is in isolasie in Spanje waar sy seiljag vasgemeer is, en dis vir hom veel erger. Hy sou graag saam met ons wou wees en help klaarmaak met ons berg-projek. Ons doen kuns aanlyn met hom en op \u2019n Saterdagaand het ons nou begin om saam te dans. Elke familielid kry twee liedjies op die <em>playlist<\/em>. Ek moes ook my kinders voorberei op wat om te doen as ek iets oorkom. Ons het \u2019n spesiale stelletjie medisyne gepak en \u2019n kamer bo in ons huis ingeruim vir as ek sou siek raak. Daar is ook \u2019n telefoonnommer byderhand \u2013 dis nie lekker nie, maar dis beter om voorbereid te wees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hoe bly julle besig, aktief en positief?<\/strong><br \/>\nEk is gelukkig dat ek werklik geen vrye tyd het nie. Ek staan 04h00 soggens op. Dit is my uur van pure geluk. Dan kyk ek dalk Netflix, lees dalk \u2019n bietjie of doen \u2019n bietjie ballet \u2013 lang storie! Maar dis net m\u00fd tyd. Vanaf 5h00 maak ek huis skoon en 06h00 maak ek die troepe wakker. Ons haal skoolwerk in en leer vir toetse. Ons werklading is massief, veral nou met <em>home schooling<\/em> weens die inperking. Boonop is dit die einde van ons belangrikste kwartaal, en in plaas van\u00a0eksamens gee die kinders nou ekstra take in.<\/p>\n<p>Ons tuin is die berg agter ons, so ons stap lekker ver en pluk vir pret wat eetbaar is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>https:\/\/www.instagram.com\/p\/B9YaDzsjTPo\/<\/p>\n<p><strong><br \/>\nWat is vir jou die moeilikste deel van die inperking?<\/strong><br \/>\nOm alles te wees vir my kinders. Ek moet vrolik bly en die ergste bang uit die situasie neem. Ons huis is ver van ander af, en wanneer die kinders slaap is dit pikdonker hier. Ek dra my alleenheid dan soos \u2019n jas.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raadop-met-jou-kinders-tydens-die-inperking-hier-is-hulp\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lees ook: Raadop met jou kinders tydens die inperking? Hier is hulp!\u00a0<\/a><\/p>\n<p>Al is ek soms loop-in-die-muur-vas van moegheid, moet alle etes steeds gemaak word en skooltake moet elektronies ingedien word. Ons het \u2019n massiewe swembad en tuin- en alle dienste is opgeskort. Ons is nou pouses buite besig met tuinmaak en swembad skoonhou, wat eintlik ook \u2019n heerlike tyd is vir ons.<\/p>\n<p>Ek het saans \u2019n aanlyn-afspraak met \u2019n paar vriendinne en ons sit \u2019n skeut <em>lipstick<\/em> aan, skink \u2019n glasie en vier die dag.\u00a0Ek doen moeite met my voorkoms, want ek is eendag uitgevang aanlyn op Max se Zoom klas. Ek het die tiener laat skaam kry \u2013 dis \u2018n sonde erger as moord!<\/p>\n<p>Chris wil so graag alles vir ons doen. Hy laat lewer gereeld kos en ander produkte hier af. Dit hou ons vreeslik besig. Ek gaan dalk toegepak word met alles wat hy stuur. (Of as julle my soek, ek is verstrengel in al die wasgoed wat ek nog nie weggepak het nie!) Hy orkestreer die aflewerings vanaf Barcelona met opdragte op Zoom, en die kinders moet alle re\u00ebls volg. Alles moet eers in die motorhuis gelos word vir 24 uur. Daarna word dit in ons kratte gepak. Dan moet die kinders dit met alkohol afvee en eers daarna mag hulle dit in die huis indra. Alles terwyl hulle soos wesentjies soos uit \u2019n wetenskap-fiksie boek lyk in hulle beskermende klere.<\/p>\n<div id=\"attachment_129104\" style=\"width: 678px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-129104\" class=\" wp-image-129104\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/cvh-15-Nov-2020-Mari-Louis-0106-Photo-by-Cornel-van-Heerden-scaled.jpg\" alt=\"Mari-Louis Guy oor Montenegro, ma-wees en \u2019n nuwe w\u00eareld\" width=\"668\" height=\"446\" \/><p id=\"caption-attachment-129104\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Cornel van Heerden<\/p><\/div>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Watter kos maak jy in hierdie grendeltyd?<\/strong><\/p>\n<p>My kinders het hulle aptyt verloor \u2013 niks is werkliks vir hulle lekker nie. Ek dink hulle is diep hartseer en ook in skok. Die besef dat alles verander het is vir \u2019n kind wat van roetine hou soos \u2019n gletser wat val. Hulle onskuld is vir altyd gepluk. Boonop behandel Sophia op die oomblik Pompeii se geskiedenis.<\/p>\n<p>Hulle geniet nog wel Oosterse geregte, en is veral gek oor dim sum en prawn toast en Omiruci (rys met \u2019n romerig omelet bo-op).<\/p>\n<p>Vrydae kook ek soos in my ou dae op bote \u2019n klomp geregte vir my familie, sodat almal hulle self kan help tot by Sondag-middagete. Ek bou vir my \u2019n pouse in.<\/p>\n<p>Ek vind ek geniet ons geregte van EEN (die resepteboek aanlyn beskikbaar), meer gepas as ooit. Dis minder skottelgoed, en een dis. Alles proe ook beter in bakkies en dis hoe ek die kinders kry om iets van alles te eet. Ons mis restaurante, so ons probeer om goed soos die kolonel se hoender en gunsteling restaurant disse soos calamari-tentakels na te maak.<\/p>\n<p>Sophia is die eksperimenteerder, en probeer daagliks \u2019n nuwe slaai of smoothie. Ethan is verlief op en verlore as dit kom by stysel, en Max sal net vleis eet as ek hom toelaat. \u2019n Baie moeilike groepie kli\u00ebnte.<\/p>\n<p>Ek moes meer struktuur aan ons lewe gee want dit is nie so maklik hier nie. Ek het al oproepe van Engelse vriende gekry om te se daar is <em>baked beans<\/em> by \u2019n sekere winkel, of <em>haloumi<\/em> by \u2019n ander.<\/p>\n<p>Nou met ons inperking waardeer ek alle kos behoorlik, en alle oorskiet word hergebruik in \u2019n Buddha bowl of \u2019n slaai.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>https:\/\/www.instagram.com\/p\/B9lftBrgM-w\/<\/p>\n<p>https:\/\/www.instagram.com\/p\/B9gj3HpALjY\/<\/p>\n<p>https:\/\/www.instagram.com\/p\/B8IlYmFA_Ii\/<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Vertel kortliks van jou kinders se skool-uitdagings.<\/strong><\/p>\n<p>Hulle gaan nou aanlyn skool in alle vakke, ook tale, sport en musiek. Die skole hier is intens. Ons het oor die algemeen \u2019n baie hoe werklading want daar is nie baie skooldae nie, maar saam met inperking is dit behoorlik \u2019n ramp. Daar is geen vrye tyd nie. Skool maak 14:30 klaar en ons begin weer met huiswerk rondom 17:00. Dan volstoom tot slaaptyd. Die kinders se skoolwerk is baie ander en meer druk as waaraan ek gewoond was.<\/p>\n<p>Oor naweke kry hulle baie leeswerk en take. Ons neem tyd af tot Sondae en dan begin ons 11 uur woel. Ons is graffiti-mal op die oomblik, ons het \u2019n les in Zagreb (Serbi\u00eb) gehad, ek het \u2019n paar spuitverwe gekoop en nou speel ons ons\u00a0is Banksy op los planke in ons tuin.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Dink jy COVID-19 gaan julle toekoms baie verander? <\/strong><\/p>\n<p>Ek is snaaks genoeg baie ge\u00efnspireerd. Ons sou middel vanjaar Nederland toe verhuis het, maar ek dink dit is nou eers uitgestel weens COVID-19. Ek is lief vir Montenegro. Ek het verplant. Ek was \u2019n ou olyfboom wat baie gelukkig was waar ek was, maar nou voel ek nuut en reg om te blom.\u00a0Ek het \u2019n rol om hier te speel. Die laaste twee jaar was moeilik en baie wat ek probeer aanpak het kon ek nie al die pad vat waarheen ek wou nie, want ek was baie op my eie met te veel verantwoordelikheid.<\/p>\n<p>Ek dink Chris gaan baie meer by die huis wees. Mense gaan die w\u00eareld vol Zoom in plaas van eindeloos en dikwels moedeloos op lughawens sit. Ek is betrokke by heelwat groepe en my werks- en vriendekring raak lekker groot, en sien soveel geleenthede raak. Montenegro se \u201coutydse\u201d manier van dinge doen is presies wat die res van die w\u00eareld moet doen.<\/p>\n<p>Ek dink ongelukkig nie dinge gaan ooit weer heeltemal terugkeer na normaal nie, en ek is klaar hartseer oor my kinders nooit iets soos die energie van New York sal ervaar nie. Ek dink dit gaan baie duur word om te reis (en eintlik het ek al voor die pandemie so gedink). Plekke soos Venesi\u00eb in in die see in vertrap deur miljoene mense wat net \u2019n foto kom neem het. Ek het verlede somer \u2019n paar bloggers en vloggers rondgewys in Montenegro, en gegril oor hoe vinnig hulle hier deur is. Alles was net fotosessies \u2013 niks is behoorlik geniet nie. Ons was by top-restaurante, en kos is net bestel vir die kamera. Ek het dit so <em>fake<\/em> gevind.<\/p>\n<div id=\"attachment_129088\" style=\"width: 477px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-129088\" class=\"size-full wp-image-129088\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/Mari-Louis-Guy.png\" alt=\"Mari-Louis Guy oor Montenegro, ma-wees en \u2018n nuwe w\u00eareld\" width=\"467\" height=\"590\" \/><p id=\"caption-attachment-129088\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Cornel van Heerden<\/p><\/div>\n<p><strong>Wat dink jy gaan verander? <\/strong><\/p>\n<p>Familie sal weer die kern word waarom alles wentel. \u00a0\u2019n Bietjie soos <em>Lost<\/em> se \u201c<em>The Others<\/em>\u201d &#8211; ander mense kan ons siek maak, so die gesin word alles. Ek hoop skooldae en werksdae word korter. Ek hoop ons sal weer elke greintjie kos waardeer. Ek hoop ons sal stop met ons &#8220;whe la kapela&#8221; leefstyl. Almal moet besef dis eintlik \u2019n geredigeerde weergawe van almal se lewens. Soos daardie een hoekie van jou studeerkamer wat skoon is, spesiaal vir sosiale media.<\/p>\n<p><strong><br \/>\nOns hoor jy werk aan \u2019n proekamer. Vertel!<\/strong><br \/>\nDis die grootste vreugde! Ons het \u2019n stukkie grond gekoop \u2013 oor baie sopies Rakia, soos \u2018n transaksie hier beklink word \u2013 en \u2019n swart huisie gebou met \u2019n pienk millennium deur om my ma se oorwinning oor borskanker te vier. Ons beplan toere soontoe \u2013 \u2019n lekker <em>hike<\/em> tot by die kerkie bokant ons huis met \u2019n uitsig oor Tivat. Daarna \u2019n heerlike wynproe en berge Priganica en Proscuitto en kaas ingel\u00ea in olyfolie.<\/p>\n<p>Dit is die tuin van Eden en ons pluk granate, aspersies, vye, perskes, druiwe en bessies. Ek sien al die pragtige foto-sessies daar waar mens die vars lug van die swart berg kan inasem. En ek droom daarvan om vir elke geleentheid \u2019n troukoek (sg. celebration cake) te bak. Sommer net.<\/p>\n<p>Die buitelug kombuis is groot genoeg vir kleinerige groepe. Ons beplan klein troues en feeste in die bos. Sommer net \u2019n lieflike speelplek. Ongelukkig is alle besprekings nou eers op ys.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>https:\/\/www.instagram.com\/p\/B88Z74fAWgX\/<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Mari-Louis Guy oor Montenegro, ma-wees en \u2019n nuwe w\u00eareld \u2013 Deur Zo\u00eb Salzwedel. Verwerk deur Ilse Salzwedel. Hooffoto: Instagram Jy het dalk al di\u00e9 blondekop met haar bre\u00eb glimlag op jou TV-skerm gesien as beoordelaar van die KykNET-werklikheidreeks Koekedoortjie, Koekedoor [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":46,"featured_media":129105,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[147,1387,3434,24339],"class_list":["post-129070","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-bekendes","tag-celebs","tag-ons-mense","tag-local-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Mari-Louis Guy oor Montenegro, ma-wees en \u2019n nuwe w\u00eareld | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die voormalige Koekedoortjie-beoordelaar en bekende kookboekskrywer, Mari-Louis Guy, gesels met ons oor \u2018n dag in haar lewe en die prag van Montenegro.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Mari-Louis Guy oor Montenegro, ma-wees en \u2019n nuwe w\u00eareld | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die voormalige Koekedoortjie-beoordelaar en bekende kookboekskrywer, Mari-Louis Guy, gesels met ons oor \u2018n dag in haar lewe en die prag van Montenegro.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-04-16T10:27:53+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2020-04-16T12:47:32+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/cvh-15-Nov-2020-Mari-Louis-0107-Photo-by-Cornel-van-Heerden-scaled.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Zoe Salzwedel\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Zoe Salzwedel\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"18 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Zoe Salzwedel\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/d0603cd807ad5ef7a2d09f7a976af6b2\"},\"headline\":\"Mari-Louis Guy oor Montenegro, ma-wees en \u2019n nuwe w\u00eareld\",\"datePublished\":\"2020-04-16T10:27:53+00:00\",\"dateModified\":\"2020-04-16T12:47:32+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\\\/\"},\"wordCount\":3631,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/cvh-15-Nov-2020-Mari-Louis-0107-Photo-by-Cornel-van-Heerden-scaled.jpg\",\"keywords\":[\"bekendes\",\"celebs\",\"ons mense\",\"local celebs\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2020\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\\\/\",\"name\":\"Mari-Louis Guy oor Montenegro, ma-wees en \u2019n nuwe w\u00eareld | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/cvh-15-Nov-2020-Mari-Louis-0107-Photo-by-Cornel-van-Heerden-scaled.jpg\",\"datePublished\":\"2020-04-16T10:27:53+00:00\",\"dateModified\":\"2020-04-16T12:47:32+00:00\",\"description\":\"Die voormalige Koekedoortjie-beoordelaar en bekende kookboekskrywer, Mari-Louis Guy, gesels met ons oor \u2018n dag in haar lewe en die prag van Montenegro.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/cvh-15-Nov-2020-Mari-Louis-0107-Photo-by-Cornel-van-Heerden-scaled.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/cvh-15-Nov-2020-Mari-Louis-0107-Photo-by-Cornel-van-Heerden-scaled.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280,\"caption\":\"Foto: Cornel van Heerden\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Mari-Louis Guy oor Montenegro, ma-wees en \u2019n nuwe w\u00eareld\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/d0603cd807ad5ef7a2d09f7a976af6b2\",\"name\":\"Zoe Salzwedel\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/0ef2c7de81062ef1753db79f630547dde645cbda9f498610d688fae09a3e4d57?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/0ef2c7de81062ef1753db79f630547dde645cbda9f498610d688fae09a3e4d57?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/0ef2c7de81062ef1753db79f630547dde645cbda9f498610d688fae09a3e4d57?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Zoe Salzwedel\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Mari-Louis Guy oor Montenegro, ma-wees en \u2019n nuwe w\u00eareld | rooi rose","description":"Die voormalige Koekedoortjie-beoordelaar en bekende kookboekskrywer, Mari-Louis Guy, gesels met ons oor \u2018n dag in haar lewe en die prag van Montenegro.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Mari-Louis Guy oor Montenegro, ma-wees en \u2019n nuwe w\u00eareld | rooi rose","og_description":"Die voormalige Koekedoortjie-beoordelaar en bekende kookboekskrywer, Mari-Louis Guy, gesels met ons oor \u2018n dag in haar lewe en die prag van Montenegro.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2020-04-16T10:27:53+00:00","article_modified_time":"2020-04-16T12:47:32+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/cvh-15-Nov-2020-Mari-Louis-0107-Photo-by-Cornel-van-Heerden-scaled.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Zoe Salzwedel","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Zoe Salzwedel","Est. reading time":"18 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\/"},"author":{"name":"Zoe Salzwedel","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/d0603cd807ad5ef7a2d09f7a976af6b2"},"headline":"Mari-Louis Guy oor Montenegro, ma-wees en \u2019n nuwe w\u00eareld","datePublished":"2020-04-16T10:27:53+00:00","dateModified":"2020-04-16T12:47:32+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\/"},"wordCount":3631,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/cvh-15-Nov-2020-Mari-Louis-0107-Photo-by-Cornel-van-Heerden-scaled.jpg","keywords":["bekendes","celebs","ons mense","local celebs"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2020","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\/","name":"Mari-Louis Guy oor Montenegro, ma-wees en \u2019n nuwe w\u00eareld | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/cvh-15-Nov-2020-Mari-Louis-0107-Photo-by-Cornel-van-Heerden-scaled.jpg","datePublished":"2020-04-16T10:27:53+00:00","dateModified":"2020-04-16T12:47:32+00:00","description":"Die voormalige Koekedoortjie-beoordelaar en bekende kookboekskrywer, Mari-Louis Guy, gesels met ons oor \u2018n dag in haar lewe en die prag van Montenegro.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/cvh-15-Nov-2020-Mari-Louis-0107-Photo-by-Cornel-van-Heerden-scaled.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/cvh-15-Nov-2020-Mari-Louis-0107-Photo-by-Cornel-van-Heerden-scaled.jpg","width":1920,"height":1280,"caption":"Foto: Cornel van Heerden"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mari-louis-guy-oor-montenegro-ma-wees-en-n-nuwe-wereld\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Mari-Louis Guy oor Montenegro, ma-wees en \u2019n nuwe w\u00eareld"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/d0603cd807ad5ef7a2d09f7a976af6b2","name":"Zoe Salzwedel","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/0ef2c7de81062ef1753db79f630547dde645cbda9f498610d688fae09a3e4d57?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/0ef2c7de81062ef1753db79f630547dde645cbda9f498610d688fae09a3e4d57?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/0ef2c7de81062ef1753db79f630547dde645cbda9f498610d688fae09a3e4d57?s=96&d=mm&r=g","caption":"Zoe Salzwedel"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/129070","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/46"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=129070"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/129070\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/129105"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=129070"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=129070"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=129070"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}