{"id":129008,"date":"2020-04-15T15:02:04","date_gmt":"2020-04-15T13:02:04","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=129008"},"modified":"2020-04-15T16:07:10","modified_gmt":"2020-04-15T14:07:10","slug":"in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\/","title":{"rendered":"In ander nuus &#8230; Kondensmelk teen die koue (en die klagtes)"},"content":{"rendered":"<p><em>In ander nuus &#8230; Kondensmelk teen die koue (en die klagtes) deur Ilse Salzwedel. Hooffoto: iStock\/<a class=\"photographer\" href=\"https:\/\/www.istockphoto.com\/za\/portfolio\/izhairguns?mediatype=photography\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">izhairguns<\/a><\/em><\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>In ander nuus &#8230; Kondensmelk teen die koue (en die klagtes)<\/h4>\n<p>\u201cNou hoekom drink ons nog die hele tyd gewone tee as hier kondensmelk in die kas is?\u201d vra my jongste verbaas.<\/p>\n<p>En ook effens geskok, want wie sou nou kon dink dat kondensmelk \u2018n altyd-honger-tiener se skerp o\u00eb kan ontsnap ten spyte van herhaalde besoeke aan die spenskas die afgelope twee weke.<\/p>\n<p>So opgewonde is hy oor die ontdekking, dat hy glads aanbied om dadelik tee te maak. Wat nogal iets is, want in ons is huis is daar streng werksverdeling as dit by koffie en tee kom. \u00a0Luc is eintlik die koffiemaker en Zo\u00eb sorg vir die tee.<\/p>\n<p>Maar kondensmelk verander selfs die traagste teemaker in \u2018n blitse vrywilliger.<\/p>\n<p>Kondensmelk \u2013 watter wondersoete ding (met apologie aan D.F. Malherbe en sy ode aan slaap.)<\/p>\n<p>Wie onthou ons kleintydse Saartjie en Trompie-boeke en al die middernagfeeste waarin \u2018n blikkie kondensmelk altyd op die spyskaart was? En al was daar nie \u2018n reuse verskeidenheid lekkergoed op die rakke in ons kleintyd nie, was daar Pikkies, sulke klein driehoek-boksies (amper soos vrugtesapboksies) met \u2018n leksel kondensmelk in.<\/p>\n<p>Om nie eers te praat van al die wonderlike koeke, terte en nagereg waarin ons ma\u2019s kondensmelk gebruik het nie: lemon meringue, suurlemoenmaaskaastert, kaaskoek, tuisgemaakte roomys, ongebakte melktert&#8230;<\/p>\n<p>(En ja, ons ons het skynbaar oornag in ons ma\u2019s verander, want danksy COVID-19 bak en brou ons mos dat die meel spat! Ek voorspel reuse verliese vir Woolies &#8230;)<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<blockquote class=\"twitter-tweet\">\n<p dir=\"ltr\" lang=\"en\">&#8216;Nestl\u00e9\u2019s condensed milk, the richest in cream.&#8217; Vintage <a href=\"https:\/\/twitter.com\/hashtag\/Nestl%C3%A9?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#Nestl\u00e9<\/a> ad from 1905: <a href=\"https:\/\/t.co\/i8YMxjgVdX\">https:\/\/t.co\/i8YMxjgVdX<\/a> <a href=\"https:\/\/twitter.com\/hashtag\/150Nestle?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#150Nestle<\/a> <a href=\"https:\/\/t.co\/2YESZq4qGp\">pic.twitter.com\/2YESZq4qGp<\/a><\/p>\n<p>\u2014 Nestl\u00e9 (@Nestle) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/Nestle\/status\/699987394293014528?ref_src=twsrc%5Etfw\">February 17, 2016<\/a><\/p><\/blockquote>\n<p><script async src=\"https:\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Maar die woord kondensmelk sal my altyd herinner aan \u2018n bitter koue aand in \u2018n klein dorpie (wat liewers naamloos sal bly) iewers in die diep Vrystaat. Ek en die kinders (toe omtrent 8 en 11, as ek reg onthou) is op pad Karoo toe vir \u2018n plaasvakansie, maar op pad wag daar eers \u2018n dag se navorsing in die spesifieke dorpie vir \u2018n boek waaraan ek gewerk het.<\/p>\n<p>Ons vertrek so om en by 10h00 die Sondagoggend uit Johannesburg. Ons is mos met vakansie, so wat is die haas?<\/p>\n<p>Dis Junie, maar tipies van die Ho\u00ebveld is dit \u2018n verleidelike mooi dag met temperature wat my nie eers twee keer laat dink oor moontlike koue nie. My vriendin het gewaarsku dat die Karoo \u201cbaie koud\u201d kan raak, maar koue is mos maar relatief, of hoe?<\/p>\n<p>Vir een of ander vreemde rede pak ek daardie dag gebraaide wors en broodrolletjies vir padkos in \u2013 iets wat ek nooit eintlik doen nie, want as enkelma (en dus ook alleen-bestuurder) bied \u2018n stilhou by \u2018n Ultra City se eetplek die ontspan- en koffiedrink-kans wat ek nodig het vir die volgende paar honderd kilometer. (Deesdae is ek gelukkig as ek bestuurkans kry \u2013 daar is immers nou twee jongelinge in my huis wat mekaar omtrent platduik om eerste agter die stuurwiel te wees.)<\/p>\n<p>In \u2018n motor is die temperatuur mos relatief konstant, maar toe ons iewers die middag by Bloemfontein se Ultra City stop vir koffie, tref die koue ons soos \u2018n emmer yswater.<\/p>\n<p>Gelukkig het ons darem \u2018n warm ding elk in die motor. Buitendien kry ek nie veel kans om te dink oor die koue nie, want die kinders wil summier al ons oorskiet padkos vir die garage-kat met haar norring kleintjies voer. (Ek en my kinders is al drie totale <em>suckers<\/em> vir enige iets met vier pote, veral as hy kan miaau of sy stert kan waai.)<\/p>\n<p>Gelukkig onderskep ek twee stukkies wors en twee broodrolletjies ten spyte van my kinders se geskokte \u201csies Mamma!\u201d koortjie, en ons ry verder.<\/p>\n<p>En ons ry.<\/p>\n<p>En ry.<\/p>\n<p>En ry nog \u2018n ent.<\/p>\n<p>Die afdraaibordjie vir die dorpie waar daar \u2018n heerlike aandete en \u2018n warm bed op ons wag, is n\u00earens te sien nie.<\/p>\n<p>Toe ons uiteindelik die dorp binne ry, is dit sterk skemer. (Reisles #1: ry vroe\u00ebr. Baie vroe\u00ebr.)<\/p>\n<p>En ons tande klap opmekaar van die koue \u2013 dit voel of die wind wat oor die vlakte aangewaai kom, direk van een van die twee pole af waai!<\/p>\n<p>Maar wat, ons gaan nou-nou lekker aandete eet en warm slaap.<\/p>\n<p>Toe nou nie, want daar word ongelukkig glad nie meer aandete bedien nie, verduidelik die eienaar van die selfsorg-gastehuisie.<\/p>\n<p>\u201cMaar wat van die webwerf wat s\u00ea daar sal aandete beskikbaar wees?\u201d vra ek oorbluf.<\/p>\n<p>Jammer, die webwerf is stokoud en hulle het vergeet om dit op te dateer, verduidelik hy vriendelik. (Reisles #2: maak dood-dood-DOODseker waarna jy kan uitsien by jou bestemming. Vra as jy onseker is, en onthou daardie gesegde van \u201c<em>assumption<\/em>\u201d wat die moeder is van alle boggerops.)<\/p>\n<div id=\"attachment_129010\" style=\"width: 676px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-129010\" class=\" wp-image-129010\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/iStock-1157362693.jpg\" alt=\"\" width=\"666\" height=\"401\" \/><p id=\"caption-attachment-129010\" class=\"wp-caption-text\">Foto: iStock\/Dawie Nolte Photography<br \/>In ander nuus &#8230; Kondensmelk teen die koue (en die klagtes)<\/p><\/div>\n<p>Nou ja, sug ek, dan maar gou na die Spar toe jaag voor toemaaktyd.<\/p>\n<p>Die Spar?<\/p>\n<p>Ek kan sien ons gasheer is geamuseerd. Nee, jammer, daar is nie \u2018n Spar op die dorp nie \u2013 maar as ek vinnig maak, sal ek dalk nog die kafee oop vang. Hulle sluit oor tien minute.<\/p>\n<p>Met die instap in die kafee met sy swak beligting en le\u00eb rakke is dit duidelik dat ek en my twee stadsmuise nie die kafee se teikenmark is nie.<\/p>\n<p>N\u00earens op die rakke was daar iets wat ek sommer net in die mikrogolf kon warm maak nie, behalwe vir die pienk polonie en \u2018n paar gaar Russians wat gelyk het of hulle al beter dae geken het.<\/p>\n<p>Buitendien was aandete maak die laaste ding waarvoor ek nou kans gesien het &#8211; om nie eers te praat van al die goed wat ek sou nodig h\u00ea om so \u2018n haas uit \u2018n hoed te ruk nie &#8211; met goed wat in elk geval NIE in die kafee te koop was nie. (Reisles #3: lees vooraf oor die dorpie waarheen jy mik. Of as jy nie wil lees nie, pak in elk geval kos in. Net vir ingeval.)<\/p>\n<p>Gelukkig het ons mos darem nog die stukkies wors en die twee broodrolletjies wat ek as\u2019t ware uit die honger katjies se bekkies gesteel het. \u2018n Blik Pringles tjips en onbytgraan sou die gaatjies moes vul wat die oorskiet padkos nie kon vul nie.<\/p>\n<p>En kondensmelk, vir kondensmelktee \u2013 tee was die enigste ding waarvoor ek lus was na al die opslagballe wat die dag opgelewer het.<\/p>\n<p>Maar eind goed, alles goed. Almal het iets gekry om te eet (en nee, Pringles en pap vir aandete veroorsaak nie skeurbuik nie, al s\u00ea die kenners ook wat) en onder die dik verekomberse kon ons uiteindelik ontdooi. (Reisles #4: as die mense van die Karoo of die Vrystaat vir jou s\u00ea dit gaan koud word, gaan dit KOUD word. Pak alles in wat jy besit wat warm is.)<\/p>\n<p>Maar die eintlike ding wat ons almal steeds bybly van daardie twee dae, is die kondensmelktee. En die sneeu wat soos \u2018n wit kombers oor alles gel\u00ea het toe ons die tweede oggend wakker word.<\/p>\n<div id=\"attachment_129035\" style=\"width: 343px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-129035\" class=\"size-full wp-image-129035\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/Koedoeteken.jpg\" alt=\"In ander nuus ... Kondensmelk teen die koue (en die klagtes)\" width=\"333\" height=\"500\" \/><p id=\"caption-attachment-129035\" class=\"wp-caption-text\">Koedoeteken in die sneeu<\/p><\/div>\n<p>Nou nog, as ons kondensmelktee drink, dink ons aan die gejaag om betyds oor die Lootsbergpas te kom voor dit gesluit word weens die swaar sneeuval (ons was letterlik die laaste motor wat deurgelaat is), die sneeu op turksvyblare en windpomplemme en grensdrade oral langs die pad, en die sneeu-engele wat die kinders gemaak het toe ons anderkant Lootsberg kon stop vir foto\u2019s.<\/p>\n<p>(Reisles #5: moenie bo-op \u2018n glad-gesneeude bergpas stop om vir die kinders te wys hoe mooi alles doer ver onder lyk nie \u2013 veral nie as jy net \u2018n gewone motor ry nie. Gelukkig het \u2018n besorgde vragmotorbestuurder my gewaarsku om nie heeltemal dood te stop nie, so ek kon spin-spin en gly-gly weer aan die ry kom.)<\/p>\n<div id=\"attachment_129036\" style=\"width: 343px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-129036\" class=\"size-full wp-image-129036\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/Padoppervlak.jpg\" alt=\"In ander nuus ... Kondensmelk teen die koue (en die klagtes)\" width=\"333\" height=\"500\" \/><p id=\"caption-attachment-129036\" class=\"wp-caption-text\">Toegesneeude padoppervlak<\/p><\/div>\n<div id=\"attachment_129034\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-129034\" class=\"size-full wp-image-129034\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/Kinders-maak-sneeu-engele.jpg\" alt=\"In ander nuus ... Kondensmelk teen die koue (en die klagtes)\" width=\"500\" height=\"333\" \/><p id=\"caption-attachment-129034\" class=\"wp-caption-text\">In ander nuus &#8230; Kondensmelk teen die koue (en die klagtes)<br \/>Die kinders maak sneeu-engele<\/p><\/div>\n<p>Maar kondensmelk laat my ook aan iets anders dink wat dalk baie gepas is vir die tyd waarin ons ons nou bevind: die kampdagboek van \u2018n oorlewende van die Anglo-Boereoorlog (ek kan ongelukkig nie die skrywer se naam onthou nie) waarin sy skryf sy oor die vreugde wat \u2018n blikkie kondensmelk in die andersins droewe kamp kon bring.<\/p>\n<p>Kondensmelk is uitgedeel toe vars melk nie meer beskikbaar was nie. Maar nie vir iets lekker soos kondensmelktee nie \u2013 eerder om kinders aan die lewe te probeer hou te midde van haglike lewensomstandighede in tente, aansteeklike siektes wat baie sterftes veroorsaak het, verhongering en \u2018n skynbaar eindelose inperking deur die vyand. Dit was \u2018n kosbare kleinood in \u2018n tyd van bittere lyding wat diep emosionele letsels en verskriklike armoede veroorsaak het.<\/p>\n<p>Hoe anders is ons eie grendeltyd nie. Ons kan dit deurbring in die gerief van ons eie huise, met lopende water, elektrisiteit, \u2018n toegeruste kombuis, televisie, sosiale media, slimfone \u2013 en, belangrikste van alles, met ons hartsmense by ons (of ten minste net \u2018n oproep ver). \u00a0Winkels is steeds oop, en die meeste van ons het darem nog \u2018n inkomste.<\/p>\n<p>Wat my net weer laat besef: as daardie vroue en kinders van destyds met hulle koppe hoog gehou anderkant \u2018n oorlog kon uitkom, wie is ons om te kla oor nog drie weke in <em>lockdown<\/em> in \u2018n w\u00eareldwye oorlog teen \u2018n dodelike virus.<\/p>\n<p>Veral as jy \u2013 anders as omtrent 75% van ons land se mense \u2013 jou grendeltyd in \u2018n gerieflike blyplek kan deurbring.<\/p>\n<p>Vasbyt, en sit sommer nou kondensmelk op jou inkopielysie vir die volgende keer wat jy dit in die winkels waag!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Lees ook Ilse se eerste bloginskrywing vir ons:<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/in-ander-nuus-deur-ilse-salzwedel\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> In ander nuus &#8230; deur Ilse Salzwedel<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontspanning\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Loer hier vir nog lekker inspirerende stories en pitkos<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die verste wat ons op die oomblik mag reis, is na die winkels of ons koskaste toe en terug. Maar gelukkig maak sekere kossoorte ons almal tydreisigers en laat dit ons terugdink aan die avonture wat ons meegemaak het. Kondensmelk is s\u00f3 \u2019n kossoort vir haar gesin, vertel Ilse Salzwedel &#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":129014,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[682,3476],"tags":[35,998,4396,23450,84727],"class_list":["post-129008","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-ontspanning","tag-blogs","tag-vermaak","tag-ontspanning","tag-entertainment","tag-in-ander-nuus"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>In ander nuus ... Kondensmelk teen die koue (en die klagtes) | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Sekere kossoorte maak van ons almal tydreisigers en laat dit ons terugdink aan die avonture wat ons meegemaak het. Kondensmelk is s\u00f3 \u2019n kossoort ...\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"In ander nuus ... Kondensmelk teen die koue (en die klagtes) | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Sekere kossoorte maak van ons almal tydreisigers en laat dit ons terugdink aan die avonture wat ons meegemaak het. Kondensmelk is s\u00f3 \u2019n kossoort ...\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-04-15T13:02:04+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2020-04-15T14:07:10+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1184158207-e1586952010416.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1415\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1145\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"In ander nuus &#8230; Kondensmelk teen die koue (en die klagtes)\",\"datePublished\":\"2020-04-15T13:02:04+00:00\",\"dateModified\":\"2020-04-15T14:07:10+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\\\/\"},\"wordCount\":1651,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1184158207-e1586952010416.jpg\",\"keywords\":[\"blogs\",\"Vermaak\",\"Ontspanning\",\"entertainment\",\"in ander nuus\"],\"articleSection\":[\"Blogs\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2020\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\\\/\",\"name\":\"In ander nuus ... Kondensmelk teen die koue (en die klagtes) | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1184158207-e1586952010416.jpg\",\"datePublished\":\"2020-04-15T13:02:04+00:00\",\"dateModified\":\"2020-04-15T14:07:10+00:00\",\"description\":\"Sekere kossoorte maak van ons almal tydreisigers en laat dit ons terugdink aan die avonture wat ons meegemaak het. Kondensmelk is s\u00f3 \u2019n kossoort ...\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1184158207-e1586952010416.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1184158207-e1586952010416.jpg\",\"width\":1415,\"height\":1145,\"caption\":\"In ander nuus ... Kondensmelk teen die koue (en die klagtes) iStock\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"In ander nuus &#8230; Kondensmelk teen die koue (en die klagtes)\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"In ander nuus ... Kondensmelk teen die koue (en die klagtes) | rooi rose","description":"Sekere kossoorte maak van ons almal tydreisigers en laat dit ons terugdink aan die avonture wat ons meegemaak het. Kondensmelk is s\u00f3 \u2019n kossoort ...","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"In ander nuus ... Kondensmelk teen die koue (en die klagtes) | rooi rose","og_description":"Sekere kossoorte maak van ons almal tydreisigers en laat dit ons terugdink aan die avonture wat ons meegemaak het. Kondensmelk is s\u00f3 \u2019n kossoort ...","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2020-04-15T13:02:04+00:00","article_modified_time":"2020-04-15T14:07:10+00:00","og_image":[{"width":1415,"height":1145,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1184158207-e1586952010416.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"In ander nuus &#8230; Kondensmelk teen die koue (en die klagtes)","datePublished":"2020-04-15T13:02:04+00:00","dateModified":"2020-04-15T14:07:10+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\/"},"wordCount":1651,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1184158207-e1586952010416.jpg","keywords":["blogs","Vermaak","Ontspanning","entertainment","in ander nuus"],"articleSection":["Blogs","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2020","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\/","name":"In ander nuus ... Kondensmelk teen die koue (en die klagtes) | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1184158207-e1586952010416.jpg","datePublished":"2020-04-15T13:02:04+00:00","dateModified":"2020-04-15T14:07:10+00:00","description":"Sekere kossoorte maak van ons almal tydreisigers en laat dit ons terugdink aan die avonture wat ons meegemaak het. Kondensmelk is s\u00f3 \u2019n kossoort ...","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1184158207-e1586952010416.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1184158207-e1586952010416.jpg","width":1415,"height":1145,"caption":"In ander nuus ... Kondensmelk teen die koue (en die klagtes) iStock"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/in-ander-nuus-kondensmelk-teen-die-koue-en-die-klagtes\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"In ander nuus &#8230; Kondensmelk teen die koue (en die klagtes)"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/129008","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=129008"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/129008\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/129014"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=129008"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=129008"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=129008"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}