{"id":128851,"date":"2020-04-10T10:45:36","date_gmt":"2020-04-10T08:45:36","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=128851"},"modified":"2020-04-09T15:23:23","modified_gmt":"2020-04-09T13:23:23","slug":"sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\/","title":{"rendered":"Sjef Snoekie Hoofstuk 7: Verbode happie"},"content":{"rendered":"<p class=\"MsoNormal\"><em>Sjef Snoekie Hoofstuk 7: Verbode happie deur Martie Swanepoel. Hooffoto: iStock\/<a class=\"photographer\" href=\"https:\/\/www.istockphoto.com\/za\/portfolio\/KavalenkavaVolha?mediatype=photography\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">KavalenkavaVolha<\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Haal in met die vorige hoofstukke van Sjef Snoekie! <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Sjef Snoekie Hoofstuk 7: Verbode happie<\/h4>\n<p>Daar heers die hele week \u2019n gespanne atmosfeer by die restaurant.<\/p>\n<p>Niemand kan bepaal wat aangaan nie.<\/p>\n<p>Andrea boer in Alphonse se kantoor, en Tante Inge het al \u2018n paar dramatiese verskynings gemaak.<\/p>\n<p>Sy gee elke heer net \u2018n effense kopknik in Snoekie se koers.<\/p>\n<p>Geen oormatige vertoon van familieliefde nie.<\/p>\n<p>Dis Vrydag, en die kombuis is besig met voorbereidings vir die naweek. Die besprekings is weer stampvol van Vrydagaand tot Sondagaand.<\/p>\n<p>\u2018n Geruis van stemme laat die kombuispersoneel opkyk van hul werkstasies.<\/p>\n<p>Vyf gebrilde, gepakte mannetjies stap reguit na Alphonse se kantoor. Andrea kort op hul hakke, en dan, tante Inge. Laasgenoemde gee vanoggend nie eens \u2018n kopknik nie. Mens kan op \u2018n myl sien sy is erg bemoerd.<\/p>\n<p>Een van Snoekie se slegte, \u00e9n goeie eienskappe, is haar intense nuuskierigheid.<\/p>\n<p>Sy brand om te weet wat agter Alphonse se geslote deure aangaan.<\/p>\n<p>Hy bulder nie eens vir tee nie. Geen verversings. Stroewe gesigte.<\/p>\n<p>Die bebrildes het elkeen \u2018n notaboek waarin angstig geskryf word.<\/p>\n<p>\u201cWaddehel dink jy gaan aan?\u201d fluister Juan. \u201cDis beslis nie die mense van Michelin nie. Daai gesprekke lyk nie soos goeie nuus nie. Gus, een van die skottelgoedwassers, het by Ano, een van die skoonmakers, gehoor dat Luke, een van die kelners, gehoor het Alphonse s\u00ea vir Andrea die restaurant het geldprobleme.\u201d<\/p>\n<p>Die storie klink vir Snoekie na een met \u2018n lang draai, maar dit kan die stroefheid verduidelik.<\/p>\n<p>\u201cHoe is dit moontlik? Die plek is dan elke dag vol bespreek? En dis nie goedkoop om hier te eet nie! Toe ek die vleisvoorraad moes neem, het ek gesien wat hulle per gewig vir die vleis betaal. Selfs al bereken mens al die onkoste van die restaurant glo ek Tante Inge behoort die kasregisters glimlaggend te hoor klingel.\u201d<\/p>\n<p>Juan gee \u2018n snorkie by die aanhoor van Tante Inge se naam.<\/p>\n<p>\u201cJa, en daai tante van jou is \u2018n duur nommertjie. Mens kan sien sy hang niks minder as die beste aan daardie seninglyf nie.\u201d<\/p>\n<p>Snoekie proes.<\/p>\n<p>\u201cEk kan nie glo sy is my ouma se suster nie! My ouma is sag en mollig en lief. Daardie een is taai en gebou soos \u2018n stuk biltong wat te lank uitgedroog het.\u201d<\/p>\n<p>\u201cBiltong?\u201d<\/p>\n<p>\u2018n Onhebbelike gedagte skiet Snoekie se moedswillige koppie binne.<\/p>\n<p>\u201cEk sal jou na my etenstyd laat proe! Die beste delikatesse uit my land!\u201d<\/p>\n<p>Daar is \u2018n skielike woeling in Alphonse se kantoor.<\/p>\n<p>\u2018n Paar tafels word\u00a0 in die hoek van die kombuis staan gemaak en die bebrildes dra hope leggers soontoe.<\/p>\n<p>Vir die volgende paar uur is dit net Alphonzse se bulderstem en die gekletter van kombuisgerei wat gehoor kan word.<\/p>\n<p>Niemand spreek \u2018n word nie.<\/p>\n<p>Mens kan die atmosfeer nie eens met \u2018n vlymskerp sjefsmes sny nie.<\/p>\n<p>Andrea gee Juan \u2018n harde tyd. Dis asof sy haar slegte bui op hom uithaal.<\/p>\n<p>As hy uiteindelik \u2018n ruskans kry, beduie hy Snoekie moet hom volg.\u00a0 In die groente-yskas fluister hy vir haar.<\/p>\n<p>\u201cGus het by Ano gehoor dis ouditeurs. Hier is blykbaar groot moeilikheid. Hulle moet die restaurant kom red. Ons sink glo soos \u2018n skip!\u201d<\/p>\n<p>\u201cJimmel! Di\u00e9 plek is dan al byna 100 jaar in die familie! Vir wat moet die ding wag om te sink as ek hier begin werk?\u201d<\/p>\n<p>Juan gee \u2018n laggie.<\/p>\n<p>\u201cJa, dis jou skuld! Maar<em> seriously<\/em>, Sjnoek,\u00a0 Gus is al 30 jaar hier, en hy s\u00ea dis die eerste keer wat hy van geldprobleme hier rond hoor. Die plek is een van Montmartre se gesogste eetplekke, en soos jy weet, is hier nooit \u2018n le\u00eb tafel nie. As hier geldprobleme is, is dit nie weens \u2018n tekort aan klante nie.\u201d<\/p>\n<p>Die tweestuks besluit net daar dat hulle op hul eie gaan snuffel wat aangaan. Snoekie brand om vir Juan te vertel van die diskrepansie met die vleisvoorraad, maar sy het Alphonse belowe, en sy is \u2018n meisie van haar woord.<\/p>\n<p>Snoekie se etensuur onderbreek hul speurtog.<\/p>\n<p>\u201cEk bring vir jou die heerlikste verrassing van my woonstel af!\u201d<\/p>\n<div id=\"attachment_128854\" style=\"width: 524px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-128854\" class=\" wp-image-128854\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/concrete-houses-and-green-trees-photo-3073666.jpg\" alt=\"Sjef Snoekie Hoofstuk 7: Verbode happie\" width=\"514\" height=\"643\" \/><p id=\"caption-attachment-128854\" class=\"wp-caption-text\">Sjef Snoekie Hoofstuk 7: Verbode happie<\/p><\/div>\n<p>In haar woonstelletjie sny sy dik snye varsgebakte brood, sny dit in sirkeltjies, smeer dit met \u2018n mengsel van marmite en botter, plak dit op \u2018n Bacon Kip vas en rol dit in fyn biltong. In die kosblikkie sit sy ook \u2018n paar lekker dik snye biltong met geelvet aan. Kosbare skatte wat sy in haar trommel saamgebring het van die plaas.<\/p>\n<p>Soos te wagte, is Juan meegevoer. Hy het nog nooit iets so verslawend geproe nie, beken hy.<\/p>\n<p>Hy en Snoekie raak so begeester met die bespreking van Snoekie se geheime bestanddele dat hulle Andrea nie sien aankom nie.<\/p>\n<p>\u201cHet julle nie genoeg werk nie! Dis \u2018n dol dag en julle staan en eet! Julle het mos elkeen al \u2018n etenstyd gehad?\u201d<\/p>\n<p>Sy druk haar snipneus in die kosblik.<\/p>\n<p>\u201cEn di\u00e9? Julle weet mos dis verbode om enige kos van buite in die kombuis in te bring?\u201d<\/p>\n<p>Dan kyk sy venynig na Snoekie.<\/p>\n<p>\u201cJy is \u2018n slegte invloed in hierdie kombuis! Dis vandat jy hier is wat dinge sleg gaan! Du Monde of nie, hoe gouer Alphonse van jou ontslae raak, hoe beter!\u201d<\/p>\n<p>Juan raak wit om die kiewe.<\/p>\n<p>Hy is vrek bang vir Andrea. Almal weet dit.<\/p>\n<p>Snoekie is dadelik spyt dat sy hom in die moeilikheid gebring het.<\/p>\n<p>\u201cJy is reg, dit is my skuld. Ek het die kosblik ingebring.\u201d<\/p>\n<p>Andrea wys met \u2018n kwaai vinger na Alphonse se kantoor.<\/p>\n<p>\u201cVolg my!\u201d<\/p>\n<p>Soos twee stout skoolkinders volg Juan en Snoekie die kort vroujie.<\/p>\n<p>Hulle stap verby die bebrildes, maar laasgenoemde lig nie eens hulle koppe van die dik leggers nie.<\/p>\n<p>Andrea maak die kantoordeur oop met die uitdrukking van \u2018n oorwinning op haar gesig.<\/p>\n<p>\u201cAlphonse, jou gunsteling-moeilikheidmaker en haar trawant &#8230;\u201d<\/p>\n<p>Sy plak die kosblik voor Alphonse neer.<\/p>\n<p>Snoekie voel intens skuldig.<\/p>\n<p>Alphonse lyk lewensmoeg.<\/p>\n<p>Sy verwens haar moedswiligheid.<\/p>\n<p>Sy wens sy het nooit daardie trommel vol versoekings saamgebring nie. Pleks het sy en die trommel in die Vrystaat gebly waar sy die uit die moeilikheid kon bly.<\/p>\n<p>Alphonse bekyk die inhoud van die kosblik.<\/p>\n<p>Hy neem een van die biltong-happies en druk dit heel in sy mond.<\/p>\n<p>Hy kou met toe o\u00eb.<\/p>\n<p>Snoekie, Juan en Andrea staan voor sy lessenaar.<\/p>\n<p>Dan neem Alphonse nog \u2018n biltonghappie en kou dit stadig.<\/p>\n<p>\u201cWat is hierin?\u201d<\/p>\n<p>Met \u2018n bewerige stemmetjie rammel Snoekie die bestanddele af.<\/p>\n<p>\u201cWat is Marmite en Bacon Kips?\u201d<\/p>\n<p>Snoekie se stem tril so, sy kan skaars verduidelik.<\/p>\n<p>\u201cDis bestanddele van Suid-Afrika af ?\u201d<\/p>\n<p>Sy knik haar kop. Haar keel is droog. Sy het dit te ver gevat, besef sy.<\/p>\n<p>\u201cUit daardie trommel van jou?\u201d<\/p>\n<p>Weer knik sy haar kop.<\/p>\n<p>Andrea kyk afwagtend na Alphonse.<\/p>\n<p>Alphonse neem \u2018n stukkie biltong en druk dit in sy mond. Hy kou lank daaraan.<\/p>\n<p>Snoekie het nie geweet mens kan so lank aan \u2018n stukkie biltong kou nie.<\/p>\n<p>Haar senuwees rafel met elke kou uit.<\/p>\n<p>Dan maak Alphonse die kosblikkie toe en kyk op na die twee skuldiges en die aanklaer.<\/p>\n<p>Hy praat nie.<\/p>\n<p>Hy beduie net hulle moet sy kantoor verlaat.<\/p>\n<p>\u201cMaak die deur toe,\u201d s\u00ea hy sag.<\/p>\n<p>Snoekie voel die res van die dag soos \u2018n boef terwyl sy en Juan in absolute stilte langs mekaar werk.<\/p>\n<p>\u201cSorrie,\u201d fluister sy as Andrea badkamer toe gaan.<\/p>\n<p>\u201cDis oukei, dit was heerlik!\u201d<\/p>\n<p>Hy knipoog vir haar en sy wens sy kon liewer op hierdie dierbare Fransman verlief raak.<\/p>\n<p>Sy loer onderlangs na Alphonse, wat met sy lang lyf verby stap.<\/p>\n<p>\u201cDaardie man is net moeilikheid, Suzanne,\u201d hoor sy die goeie engeltjie op haar skouer fluister &#8230;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kook saam!<\/h4>\n<p><span class=\"penci-recipe-shortcode\">\t<div id=\"penci-recipe-card\"><\/div>\r\n\t<div class=\"wrapper-penci-recipe\">\r\n\t\t<div class=\"penci-recipe penci-recipe-hide-featured penci-recipe-novertitle precipe-style-2\">\r\n\t\t\t<div class=\"penci-recipe-heading\">\r\n\t\t\t\t\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\r\n\t\t\t\t<div class=\"penci-recipe-metades\">\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<h2 class=\"recipe-title-nooverlay\">Biltonghappies<\/h2>\r\n\t\t\t\t\t\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\r\n\t\t\t\t\t\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\r\n\t\t\t\t\t\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\r\n\t\t\t<\/div>\r\n\t\t\t\r\n\t\t\t\r\n\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"penci-recipe-ingredients penci-recipe-not-visual\">\r\n\t\t\t\t\t<h3 class=\"penci-recipe-title\">Ingredients<\/h3>\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<ul>\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<li><span>2 snye witbrood<\/span><\/li>\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<li><span> \t2 e botter<\/span><\/li>\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<li><span> \t1 t marmite<\/span><\/li>\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<li><span> \t\u00a012 Bacon Kips<\/span><\/li>\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<li><span> \t1 k poeierbiltong<\/span><\/li>\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<\/ul>\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\r\n\t\t\t\r\n\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"penci-recipe-method\">\r\n\t\t\t\t\t<h3 class=\"penci-recipe-title\">Instructions<\/h3>\r\n\t\t\t\t\t<ol>\n<li>Sny met \u2018n shooter-glas sirkels uit elke sny brood (Jy kry so 6 per sny)<\/li>\n<li>Meng die Marmite en botter deeglik.<\/li>\n<li>Smeer elke brood-sirkel beide kante met die botter-mengsel en plak dit op \u2018n Bacon Kip.<\/li>\n<li>Doop die happie in poeierbiltong<\/li>\n<\/ol>\n\t\t\t\t<\/div>\r\n\t\t\t\r\n\t\t\t\t\t<\/div>\r\n\t<\/div>\r\n\t\t\r\n\t<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\">\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis Vrydag, en die kombuis is besig met voorbereidings vir die naweek. Die besprekings is weer stampvol van Vrydagaand tot Sondagaand. \u2018n Geruis van stemme laat die kombuispersoneel opkyk van hul werkstasies.<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":128855,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[998,1258,3378,4396,23450,37319],"class_list":["post-128851","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-vermaak","tag-lees","tag-fiksie","tag-ontspanning","tag-entertainment","tag-fiction"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Sjef Snoekie Hoofstuk 7: Verbode happie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die besprekings is weer stampvol van Vrydagaand tot Sondagaand. \u2018n Geruis van stemme laat die kombuispersoneel opkyk van hul werkstasies.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Sjef Snoekie Hoofstuk 7: Verbode happie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die besprekings is weer stampvol van Vrydagaand tot Sondagaand. \u2018n Geruis van stemme laat die kombuispersoneel opkyk van hul werkstasies.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-04-10T08:45:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1050069960.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Sjef Snoekie Hoofstuk 7: Verbode happie\",\"datePublished\":\"2020-04-10T08:45:36+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\\\/\"},\"wordCount\":1291,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1050069960.jpg\",\"keywords\":[\"Vermaak\",\"lees\",\"fiksie\",\"Ontspanning\",\"entertainment\",\"fiction\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2020\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\\\/\",\"name\":\"Sjef Snoekie Hoofstuk 7: Verbode happie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1050069960.jpg\",\"datePublished\":\"2020-04-10T08:45:36+00:00\",\"description\":\"Die besprekings is weer stampvol van Vrydagaand tot Sondagaand. \u2018n Geruis van stemme laat die kombuispersoneel opkyk van hul werkstasies.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1050069960.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1050069960.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280,\"caption\":\"iStock\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Sjef Snoekie Hoofstuk 7: Verbode happie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Sjef Snoekie Hoofstuk 7: Verbode happie | rooi rose","description":"Die besprekings is weer stampvol van Vrydagaand tot Sondagaand. \u2018n Geruis van stemme laat die kombuispersoneel opkyk van hul werkstasies.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Sjef Snoekie Hoofstuk 7: Verbode happie | rooi rose","og_description":"Die besprekings is weer stampvol van Vrydagaand tot Sondagaand. \u2018n Geruis van stemme laat die kombuispersoneel opkyk van hul werkstasies.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2020-04-10T08:45:36+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1050069960.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Sjef Snoekie Hoofstuk 7: Verbode happie","datePublished":"2020-04-10T08:45:36+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\/"},"wordCount":1291,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1050069960.jpg","keywords":["Vermaak","lees","fiksie","Ontspanning","entertainment","fiction"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2020","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\/","name":"Sjef Snoekie Hoofstuk 7: Verbode happie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1050069960.jpg","datePublished":"2020-04-10T08:45:36+00:00","description":"Die besprekings is weer stampvol van Vrydagaand tot Sondagaand. \u2018n Geruis van stemme laat die kombuispersoneel opkyk van hul werkstasies.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1050069960.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1050069960.jpg","width":1920,"height":1280,"caption":"iStock"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjef-snoekie-hoofstuk-7-verbode-happie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Sjef Snoekie Hoofstuk 7: Verbode happie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/128851","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=128851"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/128851\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/128855"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=128851"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=128851"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=128851"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}