{"id":128770,"date":"2023-01-27T14:53:16","date_gmt":"2023-01-27T12:53:16","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=128770"},"modified":"2023-01-27T14:52:13","modified_gmt":"2023-01-27T12:52:13","slug":"gratis-verhaal-stervanger","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-verhaal-stervanger\/","title":{"rendered":"GRATIS verhaal: Stervanger"},"content":{"rendered":"<p><em>GRATIS verhaal: Stervanger deur Martie Swanepoel. Hooffoto: iStock\/<a class=\"photographer\" href=\"https:\/\/www.istockphoto.com\/za\/portfolio\/shavshyna?mediatype=photography\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Anastasiia Shavshyna<\/a>\u00a0<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Stervanger deur MARTIE SWANEPOEL is &#8216;n storie vir almal wat nog kind is in hulle harte. Dis &#8216;n storie wat Mammas vir hul kinders kan lees en waarin Oumas en kleinkinders hulself kan verloor. Beleef hoe Amo, &#8216;n tengerige slimkop in graad sewe, leer om homself te laat geld in &#8216;n w\u00eareld waarin die uitdagings groot lyk vir &#8216;n jong seun. Amo word geboelie, sy ma het &#8216;n nuwe k\u00earel en boonop trek daar &#8216;n lastige meisiekind op die buurplaas in.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 1: Meisiekind<\/h4>\n<p>\u201cDie kind het oefeninge en sonskyn nodig, Elsa. Kyk hoe bleek is hy. Heeldag voor die rekenaar en heelnag voor die teleskoop. Ek s\u00ea jou, daardie kind het balans nodig.\u201d<\/p>\n<p>Van al die <em>boyfriends <\/em>wat sy ma al gehad het, dis nou al drie, is Janus seker die goorste, is Amo se mening. Glibberige Gerhardus en daai Barry-ou het hom gewoonlik net ge\u00efgnoreer. Net in sy ma belang gestel. Maar Janus wil skynbaar aan sy ma bewys hy is \u2019n goeie opvoeder. Hy wil soort van \u2019n pa wees en dit irriteer vir Amo.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-1\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 2: Moeilikheid<\/h4>\n<p>\u201cO vrek, hier kom \u2019n ding,\u201d fluister Jaco vir Amo.<\/p>\n<p>\u201cE \u2026 e \u2026 nou noem vir my al die sterre se name op,\u201d s\u00ea Wessels. Amo proes en druk sy mond teen sy mou om die lag te smoor.<\/p>\n<p>\u201cEk kan nie, daar is te veel!\u201d s\u00ea die meisie met \u2019n groot glimlag. Amo sit dadelik belangstellend regop. Hierdie meisiekind weet waarvan sy praat.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-2\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 3: Buddy<\/h4>\n<p>Mamoeks roep van onder af: \u201cAmo, hier is \u2019n besoeker vir jou!\u201d Jessie het haar klaar in die kombuis ingewurm. Sy en haar hond.<\/p>\n<p>\u201cJessie wil opstap na die watertoring en rietbos. Stap saam met haar.\u201d<\/p>\n<p>Amo kan nie glo dat sy ma wil h\u00ea hy moet die meisiekind na een van sy heiligste plekke op aarde neem nie. Netnou wil sy die toring uitklim. Die le\u00eb plafon op die stellasie langs die watertenk was sy pa se gunsteling plek. Hy en sy pa het saam \u2019n nuwe platform gebou vir hulle teleskope. Maar nou is dit verbode om die toring uit te klim. Mamoeks het hom verbied.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-3\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 4: Trip<\/h4>\n<p>Die lekkerste deel van die skooldag vir Amo is dat Kurt uit Jessie se pad bly en hom dus ook vermy. Kurt se oog is effe geswel en Amo wonder wat die ander kinders sal doen as hulle uitvind Jessie het die skoolboelie so hard geklits. Hy besluit egter dat dit nie hy sal wees wat die nuus aan die res van Brandwag gaan oordra nie. Hy is nie \u2019n klikbek nie en as Kurt uitvind dis hy wat gepraat het, is stof vreet sy voorland.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-4\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 5: Blou<\/h4>\n<p>Die volgende oggend kom Jessie kruppel aangestap na die busstop.<\/p>\n<p>\u201cHey Jess, is dit seer?\u201d Vra Amo.<\/p>\n<p>\u201cEk sal leef.\u201d<\/p>\n<p>Hy wil, maar vra haar nie waar sy die vorige aand was nie. Jessie is stil in die bus. Sy reageer nie eens as Kurt haar met \u2019n lemoen gooi nie. By die skool staan Sanet en haar maats weerskante van die voorhekkie waar die buskinders moet deurloop.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-5\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 6: Hop-hop<\/h4>\n<p>Amo loop stadig na die bushalte. Hy weet nie wat om vir Jessie te s\u00ea nie. Hy het nie eens by die tent ingegaan om Sanet te sien nie.<\/p>\n<p>Gelukkig kom Sanet se ma se nuwe Mercedes verbygesweef. Sanet word dramaties tot by die kar gedra met \u2019n fladderende groep meisies wat \u2018\u2019oe\u2019\u2019 en \u2018\u2019aa\u2019\u2019 agterna.<\/p>\n<p>Amo is verlig toe hy sien Jessie staan eenkant en glimlag.<\/p>\n<p>\u201cEn die Oscar as beste aktrise gaan aan \u2026 Sanet!\u201d<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-6\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 7: Groot dag<\/h4>\n<p>Jessie-hulle se huis lyk vir Amo soos \u2019n prentjie uit \u2019n ander land. Amo stel hom voor Turkse of Egiptiese huise lyk so. Daar is min stoele. Oral op die vloer is Persiese tapyte met groot helder kussings waarin mens kan wegsink. Jessie noem haar ma Annushka of sommer net Annie.<\/p>\n<p>Amo voel nogal tuis in Annie se studio want teen die mure is talle sterrekonstellasies opgeplak. Annie gooi vir hulle ystee in voor hulle begin werk.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-7\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 8: Fiets<\/h4>\n<p>Hy weet nie waar Janus vandaan gekom het nie, maar toe hy weer sien, het Janus Kurt aan die kraag beet. Met sy ander hand ruk hy die pet van Kurt se kop en gee dit aan Amo terug.<br \/>\n\u201cLekker om iemand te boelie wat kleiner as jy is, n\u00ea?\u201d<\/p>\n<p>Jak kies die hasepad.<\/p>\n<p>\u201cHardloop maar boeta, ek weet hoe lyk jy. Ek wag vir julle volgende jaar by die ho\u00ebrskool. Daar is lekker fris bulle wat met julle kan gesels.\u201d<\/p>\n<p>Janus druk sy vinger onder Kurt se neus.<\/p>\n<p>\u201cSeuntjie, hierdie oom trek jou stertvelle af as ek jou ooit weer sien \u2019n kleiner outjie boelie.\u201d<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-8\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 9: Tjomma<\/h4>\n<p>Naby Kurt-hulle se afdraai sien hy iemand in die pad stap. Dis Kurt, hy het \u2019n rugsak by hom.<\/p>\n<p>\u201cHey, Kurt! Wat maak jy die tyd van die nag op die pad?\u201d<\/p>\n<p>Kurt herken Amo eers as hy die valhelm afhaal.<\/p>\n<p>\u201cBreins, wat is dit met die valhelm? Verbeel jy jou bike is \u2019n motorfiets?\u201d Hy grynslag.<\/p>\n<p>\u201cWaarheen is jy op pad, Kurt?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk waai. Ek gee pad uit hierdie dorp.\u201d<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-9\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 10: Droom<\/h4>\n<p>Amo huil harder. Sy ma vryf oor sy rug. Dan skraap hy sy moed bymekaar.<\/p>\n<p>\u201cDis Kurt, hy is nie in die rivier nie. Hy het nie verdrink nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cWeet jy waar hy is?\u201d<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-10\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 11: Siek<\/h4>\n<p>AMO voel die volgende weke eensaam by die skool. Soos laasjaar. Voor Jessie gekom het.<\/p>\n<p>Hy praat partykeer met Ulrich en Jeandr\u00e9 as hulle vir die vasvra-olimpiade oefen, maar dis al. Kurt-hulle los hom uit vandat die stories oor Jessie se siekte begin uitlek het. Die kinders las die vreeslikste stertjies by aan Jessie se siekte en dit maak Amo kwaad.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-11\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 12: Trane<\/h4>\n<p>Juffrou Alta kom haal hom daar.<\/p>\n<p>\u201cEk het jou ma probeer bel, maar sy is by \u2019n distriksvergadering vir Afrikaans. Janus gaan jou huis toe neem.\u201d<\/p>\n<p>Juffrou Alta is al ouerig, weet hy. Hy hoop nie sy tree ooit af nie. Hy weet nie hoe oud sy is nie. Sy is beslis ouer as Mamoeks, maar nie so oud soos sy ouma nie.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-12\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 13: Soen<\/h4>\n<p>Amo is nie lus om die boodskap met die ander te deel nie. Sy gesprekke met Jessie is vir hom amper heilig. Maar later pla sy gewete hom.<\/p>\n<p>\u201cJessie s\u00ea sterkte. Sy s\u00ea ons moet die ander se alies skop.\u201d<\/p>\n<p>Die ander staar hom \u2019n paar sekondes verstom aan, dan antwoord Jaco. \u201cS\u00ea vir haar ons bring die beker huis toe.\u201d Die ander stem saam. Vandag gaan hulle wen. Vir Jessie.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-13\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 14: Wraggies<\/h4>\n<p>AMO is al wakker lank voor Mamoeks hom kan kom wakker maak om te ry. Janus het ges\u00ea sy moenie padkos inpak nie. Hulle sal sommer by die Wimpy langs die pad eet. Mamoeks pak nogtans \u2019n sak vol lekkers en snoepgoed in vir hulle week in die gastehuis.<\/p>\n<p>Amo hou daarvan om in Janus se nuwe bakkie te ry. Dis \u2019n Ford Ranger Wild Trek. Die enigste een op Ventersdrif. \u2019n Wintie-bakkie, s\u00ea die ander seuns. Maar Janus jaag nie soos \u2019n windlawaai nie. Hy ry heel stemming.<\/p>\n<p>\u201cJou ma het vir my gepreek. Ek mag nie met jou in die kar jaag nie,\u201d s\u00ea Janus asof hy Amo se gedagtes kan lees.<\/p>\n<p>\u201cHoe vinnig het jy hom al gery?\u201d vra Amo nuuskierig.<\/p>\n<p>\u201cBelowe jy sal jou ma nie s\u00ea nie?\u201d<\/p>\n<p>Amo knik sy kop.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-14\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 15: Wonderwerke<\/h4>\n<p>\u201cSy is nou wakker en ek het vir haar ges\u00ea ons sal deur die venster vir haar waai. Miskien gaan dit more beter en dan kan jy ingaan,\u201d s\u00ea Annie en neem Amo se hand. Hy voel effens bang om Jessie na al die weke weer te sien. Laas was dit die dag voor die huissport en sy het nog gelag en rondgehardloop.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-15\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 16: Tent<\/h4>\n<p>Annie belowe Amo hy kan die aand kom en sy teleskoop saambring.<\/p>\n<p>\u201cOns kan haar bed skuif tot naby die buite-venster. Dan kan julle lekker in die sterre rondreis.\u201d<\/p>\n<p>By die gastehuis slaap Amo tot Janus hom wakker maak vir aandete.<\/p>\n<p>\u201cOns gaan eet sommer \u2019n pizza voor ons hospitaal toe gaan.\u201d<\/p>\n<p>Amo weet Janus is nie lief vir pizza nie.<\/p>\n<p>\u201cDis ok, Janus, ons hoef nie net te doen waarvan ek hou nie. Kom ons gaan eet eerder \u2019n steak. Dit sal ons krag gee.\u201d<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-16\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 17: Buddy<\/h4>\n<p>\u201cAmo, vandag gaan dalk vir jou \u2019n baie moeilike dag wees by die hospitaal.Verstaan jy wat ek bedoel? Jessie is baie siek, maar sy vra heeltyd vir Annie wanneer jy kom. Jy is mos \u2019n dapper laaitie? Ek sal heeltyd in die kafeteria wees as jy my nodig kry.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Hol gevoel kom l\u00ea op die krop van Amo se maag. Dis nie regverdig nie, wil hy skreeu.<\/p>\n<p>\u201cDie week is dan nog nie eens om nie?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk weet, Amo. Kom ons kyk maar hoe dinge vandag verloop.\u201d<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-17\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 18: Brand<\/h4>\n<p>DIE ure, dae en weke gaan in &#8216;n waas verby. Amo volg die daaglikse roetiene gedwee. Elke oggend skool toe en middae rivier toe met Jama. Saans sit hy met die teleskoop by die venster. Sy punte lyk nie te vrot nie, maar ook nie vreeslik goed nie, maar Mamoeks los hom.<\/p>\n<p>Een middag sit hy en Jama langs die rivier. Die rivier loop nie sterk nie want die re\u00ebn is vanjaar laat.<\/p>\n<p>Hy sien rotse in die rivier wat net in dro\u00eb jare sigbaar is. Selfs die Augustus-winde waai nou eers in Oktober, dink hy en kyk hoe die bome oorkant die rivier oorbuig van die sterk wind.<\/p>\n<p>Daar is darem &#8216;n paar wolke in die lug. Dalk bring dit re\u00ebn. Hulle het &#8216;n biddag vir re\u00ebn by die skool gehou. Die boere het re\u00ebn dringend nodig.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-18\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 19: Held<\/h4>\n<p>DIE volgende oggend by die skool preek Snorre tydens opening oor onverantwoordelikheid en hoe hulle God moet dank vir die wonderwerk dat hulle maats gespaar is. Hy laat al die seuns agter bly en preek verder vir hulle oor die gevare van rook.<\/p>\n<p>\u201cVir wat raas hy met ons almal?\u201d mor Ulrich. \u201cDis mos net Kurt-hulle wat rook?\u201d<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-19\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 20: Trou<\/h4>\n<p>MAMOEKS maak Amo sesuur die Saterdagoggend wakker. Janus het vir hulle &#8216;n plek bespreek op &#8216;n river raft-avontuur. Die rivier is lekker vol na die re\u00ebn wat die Vrystaat uiteindelik kom laaf het.<\/p>\n<p>Jama mag ook saamgaan. Janus het dit spesiaal gere\u00ebl en Jama kry ook &#8216;n spesiale lewensreddingsbaadjie.<\/p>\n<p>Die instrukteur verduidelik vir hulle presies wat hulle moet doen as daar stroomversnellings is. Hy gee ook instruksies vir noodgevalle. Mamoeks is bietjie bang. Sy is nie een vir avonture nie. Amo het al &#8216;n paar keer saam sy pa ge-river raft.<\/p>\n<p>Hulle roei lang ente tussen die stroomversnellings. Amo kyk uit vir likkewane. Hy sien drie vettes. Al langs die rivier groet vistermanne en kampeerders hulle.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-20\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 21: Slot<\/h4>\n<p>Hy hardloop oor die gras rivier toe. Jama agterna. Hy gee nie om of hy nog sy nagklere aanhet nie.<\/p>\n<p>Hulle hardloop af met die rivierpad. Verby die rietbos met sy nuwe groen lote. Uitasem gaan sit hy by die rotse by die gruisgat. Jama kom lek aan sy gesig. Dan gaan sit hy regop langs Amo.<\/p>\n<p>Amo vee die sweet en trane van sy gesig af. Sy o\u00eb brand. Hy haat dit as jy tjank. Hy is nou te groot om te tjank. Hy het in hierdie graad sewe jaar te veel getjank.<\/p>\n<p>Hy is skielik nie meer lus om na Ventersdrif Ho\u00ebrskool te gaan nie. Hy wil nie h\u00ea Janus moet een van sy onnies wees nie. Miskien moet hy na die Engelse ho\u00ebrskool gaan waar Mamoeks skoolhou?<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-slot-episode\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Nog GRATIS verhale<\/h4>\n<p>Botox, Barbies en Bietse &#8211; <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rrradio\/botox-barbies-en-bietse\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">klik hier<\/a><\/p>\n<p>Sjef Snoekie &#8211; <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">klik hier<\/a><\/p>\n<p>Lam in Wolfsklere &#8211; <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rrradio\/lam-in-wolfsklere\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">klik hier<\/a><\/p>\n<p>Vlam &#8211; <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-die-vervolgverhaal\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">klik hier\u00a0<\/a><\/p>\n<p>Dans met die rooi rok &#8211; <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rrradio\/dans-met-die-rooi-rok\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">klik hier<\/a><\/p>\n<p>Annemieke Mentz &#8211; <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-verhaal-annemieke-mentz\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">klik hier<\/a><\/p>\n<p>GRATIS blokkiesraaisels &#8211; <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-blokraaie-woordspeletjies-en-raaisels-wat-jy-kan-aflaai\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">klik hier<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Amo word geboelie, sy ma het &#8216;n nuwe k\u00earel en boonop trek daar &#8216;n lastige meisiekind op die buurplaas in.<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":128773,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[998,3378,4396,23450,37319],"class_list":["post-128770","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-vermaak","tag-fiksie","tag-ontspanning","tag-entertainment","tag-fiction"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>GRATIS verhaal: Stervanger | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Amo word geboelie, sy ma het &#039;n nuwe k\u00earel en boonop trek daar &#039;n lastige meisiekind op die buurplaas in. GRATIS verhaal: Stervanger\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-verhaal-stervanger\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"GRATIS verhaal: Stervanger | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Amo word geboelie, sy ma het &#039;n nuwe k\u00earel en boonop trek daar &#039;n lastige meisiekind op die buurplaas in. GRATIS verhaal: Stervanger\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-verhaal-stervanger\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-01-27T12:53:16+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1138174197.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-verhaal-stervanger\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-verhaal-stervanger\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"GRATIS verhaal: Stervanger\",\"datePublished\":\"2023-01-27T12:53:16+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-verhaal-stervanger\\\/\"},\"wordCount\":2057,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-verhaal-stervanger\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1138174197.jpg\",\"keywords\":[\"Vermaak\",\"fiksie\",\"Ontspanning\",\"entertainment\",\"fiction\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-verhaal-stervanger\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-verhaal-stervanger\\\/\",\"name\":\"GRATIS verhaal: Stervanger | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-verhaal-stervanger\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-verhaal-stervanger\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1138174197.jpg\",\"datePublished\":\"2023-01-27T12:53:16+00:00\",\"description\":\"Amo word geboelie, sy ma het 'n nuwe k\u00earel en boonop trek daar 'n lastige meisiekind op die buurplaas in. GRATIS verhaal: Stervanger\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-verhaal-stervanger\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-verhaal-stervanger\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-verhaal-stervanger\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1138174197.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1138174197.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280,\"caption\":\"GRATIS verhaal: Stervanger\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-verhaal-stervanger\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"GRATIS verhaal: Stervanger\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"GRATIS verhaal: Stervanger | rooi rose","description":"Amo word geboelie, sy ma het 'n nuwe k\u00earel en boonop trek daar 'n lastige meisiekind op die buurplaas in. GRATIS verhaal: Stervanger","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-verhaal-stervanger\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"GRATIS verhaal: Stervanger | rooi rose","og_description":"Amo word geboelie, sy ma het 'n nuwe k\u00earel en boonop trek daar 'n lastige meisiekind op die buurplaas in. GRATIS verhaal: Stervanger","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-verhaal-stervanger\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-01-27T12:53:16+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1138174197.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-verhaal-stervanger\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-verhaal-stervanger\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"GRATIS verhaal: Stervanger","datePublished":"2023-01-27T12:53:16+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-verhaal-stervanger\/"},"wordCount":2057,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-verhaal-stervanger\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1138174197.jpg","keywords":["Vermaak","fiksie","Ontspanning","entertainment","fiction"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-verhaal-stervanger\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-verhaal-stervanger\/","name":"GRATIS verhaal: Stervanger | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-verhaal-stervanger\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-verhaal-stervanger\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1138174197.jpg","datePublished":"2023-01-27T12:53:16+00:00","description":"Amo word geboelie, sy ma het 'n nuwe k\u00earel en boonop trek daar 'n lastige meisiekind op die buurplaas in. GRATIS verhaal: Stervanger","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-verhaal-stervanger\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-verhaal-stervanger\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-verhaal-stervanger\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1138174197.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1138174197.jpg","width":1920,"height":1280,"caption":"GRATIS verhaal: Stervanger"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-verhaal-stervanger\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"GRATIS verhaal: Stervanger"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/128770","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=128770"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/128770\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/128773"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=128770"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=128770"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=128770"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}