{"id":128389,"date":"2020-04-03T10:45:58","date_gmt":"2020-04-03T08:45:58","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=128389"},"modified":"2020-04-02T13:15:45","modified_gmt":"2020-04-02T11:15:45","slug":"gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\/","title":{"rendered":"GRATIS VERVOLGVERHAAL: Sjef Snoekie Hoofstuk 6: Torte vir trane"},"content":{"rendered":"<p><em>Sjef Snoekie Hoofstuk 6: Torte vir trane deur Martie Swanepoel. Hooffoto: iStock\/<a class=\"photographer\" href=\"https:\/\/www.istockphoto.com\/za\/portfolio\/MichellePatrickPhotographyLLC?mediatype=photography\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">MichellePatrickPhotographyLLC<\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Haal in met die vorige hoofstukke! <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier om hulle nou te lees.\u00a0<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Sjef Snoekie Hoofstuk 6: Torte vir trane<\/h4>\n<p>Tante Inge bel Snoekie wakker.<\/p>\n<p>Sy moet haar agtuur by die restaurant ontmoet.<\/p>\n<p>Stiptelik.<\/p>\n<p>Daar is nie juis \u2018n sweempie warmte in die gesprek nie. Niks van, \u201cWelkom by ons\u201d, of iets soortgelyk nie.<\/p>\n<p>Sy het by haar pa gehoor haar ouma se laatlam-suster is nie juis Suster Sonskyn nie.<\/p>\n<p>\u201cGaan leer by haar en die restaurant als wat jy kan en kom dan terug sodat jy jou eie restaurant kan begin,\u201d het haar pa die aand voor haar vertrek ges\u00ea.<\/p>\n<p>Sy besef sy sal op haar tande moet kners by die restaurant sowel as in haar tante se geselskap.<\/p>\n<p>Halfsewe knoop sy al haar sjefsbaadjie voor haar werkstasie vas. Sy weet al watter groentes Juan vroegoggend moet verwerk en sy gaan haal dit in die groente-koelkamer.<\/p>\n<p>Op pad loop sy verby die vleis-koelkamer.<\/p>\n<p>Alphonse en \u2018n jong sjef is besig om die vleis te weeg.<\/p>\n<p>Bingo! Hy het haar geglo!<\/p>\n<p>Halfpad deur haar skillery kom staan hy by haar.<\/p>\n<p>\u201cJy was reg oor die gewig van die vleis. Maar ek sal verkies as jy dit met absoluut niemand bespreek nie. Ook nie met Andrea as sy jou weer daaroor aanvat nie.\u201d<\/p>\n<p>Hy is kortaf en saaklik.<\/p>\n<p>Glad nie die gawe man wat die vorige aand haar trane afgevee het nie.<\/p>\n<p>Net voor agt daal \u2018n ysige stilte oor die kombuis.<\/p>\n<p>Sy sien \u2018n statige lang vrou na Alphonse se kantoor sweef. Haar duifgrys-hare is in \u2018n stylvolle bob geknip en haar tweestuk-pakkie gil &#8220;peperduur&#8221; uit.<\/p>\n<p>Tante Inge het gearriveer.<\/p>\n<p>Na \u2018n paar minute bulder Alphonse oor die kombuis, \u201cSuzanne, my kantoor, asseblief!\u201d<\/p>\n<p>Snoekie sug.<\/p>\n<p>Sy het nou net die ander junior sjefs se guns gewen, Die laaste ding wat sy nou nodig het, is om as \u2018n Du Monde uitgesonder te word. Sy is hier om te leer, nie omdat sy \u2018n Du Monde-nasaat is nie.<\/p>\n<p>\u201cKleine Suzanne!\u201d Tante Inge buig af en soen haar op beide wange.<\/p>\n<p>\u201cMmm, laat ek sien, \u2018n Du Monde uitgeknip. Daardie swart krulhare en pragtige spierwit vel. Ons moeder se viooltjie-o\u00eb en pragtige borste. Net jammer jy het jou moeder se geneigdheid om oorgewig te wees. Toemaar, ons sal jou gou regruk. Net \u2018n bietjie harde werk. Jy sal dit gou aanleer.\u201d<\/p>\n<p>Alphonse onderbreek die matriarg.<\/p>\n<p>\u201cSuzanne het haar reeds bewys as baie harde werker. Op daardie gebied hoef ek haar niks te leer nie.\u201d<\/p>\n<p>Snoekie kom gou agter Alphonse hou daarvan om tante Inge op haar plek te sit.<\/p>\n<p>\u201cAi, ai, Alphonse! Fyn trap! Moenie onder die betowering van die enetjie se onskuldige gesiggie verval nie. Daar is Du Monde-bloed in haar are en ek gaan seker maak ek haal die beste uit haar gene. Ek sal van jou \u2018n volbloed Du Monde maak, Suzanne!\u201d<\/p>\n<p>Snoekie byt die binnekant van haar wang in frustrasie.<\/p>\n<p>\u201cDankie, Tante, maar ek is baie trots op al die elemente van my herkoms. En ja, ek is hier om te leer. Van kookkuns.\u201d<\/p>\n<p>Inge gee \u2018n hooghartige laggie.<\/p>\n<p>\u201cHmmm, Lucille het my vertel jy is \u2018n vurige enetjie. Net jammer ek hoor dit het jou so lank geneem om deur daardie nikswerd-k\u00eareltjie van jou van die afgelope drie jaar te sien. Lucille het my vertel hoe hy met jou gemors het. Ai, ai, geen Du Monde is so pateties nie!\u00a0 Ek sal jou op meer as die gebied van die kookuns onder hande moet neem.\u201d<\/p>\n<p>Snoekie bloos bloedrooi oor haar private lewe wat so voor Alphonse oopgevlek word.<\/p>\n<p>Tante Inge is die teenoorgestelde van haar ouma Lucille. Sy is hooghartig en arrogant.<\/p>\n<p>\u201cOns begin by jou voorkoms. Al werk jy in \u2018n besige kombuis, hoef jy nie soos \u2018n skropvrou te lyk nie. Ek sal die regte grimering vir jou bring. Dit sal bietjie kleur aan jou wange gee. Daardie vol lippies sal baie beter vertoon met rooi lipstif, en mens, aksentueer tog asseblief daardie mooi o\u00eb! En, sit regop en moenie jou bene so kruis nie! So, sien, dis hoe \u2018n vrou behoorlik sit. Het jou ouma al haar styl in Afrika verleer?\u201d<\/p>\n<p>Inge sit met haar bene teen mekaar. Dit is effe na links gedraai. Haar hande netjies op die skoot. Haar rug kiertsregop. Mens sou sweer sy is die Queen!<\/p>\n<p>Inge draai genadig na Alphonse.<\/p>\n<p>\u201cNou oor die ander aspek van Suzanne se opleiding. Ek wil h\u00ea jy moet haar ekstra streng hanteer. Sy het dissipline nodig in haar werk. As sy die dag hier uitstap, moet sy \u2018n topsjef wees. Sy moet die Du Monde-naam uitdra in die kulin\u00eare bedryf. Vat die bietjie potensiaal wat sy het en bou daarop.\u201d<\/p>\n<p>Alphonse sit aandagtig na Inge en luister.<\/p>\n<p>Dan staan hy in sy volle lengte op en kyk reguit na sy baas.<\/p>\n<p>\u201cSuzanne het ook in die paar dae getoon sy het geweldige potensiaal en inisiatief. Sy is reeds \u2018n bedrewe sjef en ek is dankbaar om haar in my span te h\u00ea. Ek sal dus verkies dat die kookopleiding aan my oorgelaat word. Sy is immers hier omdat sy \u2018n passie vir kosmaak het en ek glo dit is haar uitsluitlike fokuspunt. Wat haar voorkoms betref, glo ek sy is \u2018n vrou in eie reg en moet toegelaat word om haar eie styl uit te leef. Soos u weet, is ek nie \u2018n voorstaander van modeneigings en swaar grimering in my kombuis nie. Ek kan nie bekostig dat \u2018n sjef gedurig haar grimering gaan opknap nie. Ons is hier om te werk. Suzanne pas perfek in die rol.\u201d<\/p>\n<p>Inge se hooghartige laggie weerklink deur die kantoor.<\/p>\n<p>\u201cO Alphonse! Gedurig in opstand teen my! Maar, dis soos ek jou verkies. Dan laat ek Suzanne aan jou oor. Maak \u2018n sjef van haar. Maar glo my, ek gaan van haar nog \u2018n opregte Du Monde dame maak! Sy was te lank onder daardie sagte suster van my se invloed. Dit moet die Suid-Afrikaanse lug wees. Wag maar, ek gaan elke stukkie Suid-Afrika uit hierdie enetjie dryf. Ek gaan haar in \u2018n Franse swaan verander. Is jy reg daarvoor, Suzanne? Toe toe, regop sit!\u201d<\/p>\n<p>Inge wag nie om te hoor wat Alphonse of Snoekie antwoord nie, sy staan op, glimlag sjarmant in beide se koers, dan stap sy met swier uit.<\/p>\n<p>Snoekie voel effe oorbluf. Verneder. Woedend. Sy is lus en gaan pak haar goed en gaan terug na Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Dis Alphonse wat haar gedagtes rehabiliteer.<\/p>\n<p>\u201cJy gaan nie toelaat dat sy jou intimideer nie. Jy is die eerste Du Monde wat \u2018n internskap kom doen, wat nie op die naam hoef te ry nie. Jy het potensiaal, en ek dink sy weet dit. Dit is hoekom sy jou uitdaag.\u201d<\/p>\n<p>Snoekie sluk nog soos \u2018n vis op dro\u00eb grond.<\/p>\n<p>Alphonse bulder \u2018n opdrag na buite die kantoor en \u2018n jong sjef bring tee en sjokolade-torte. Hy skink die tee en stoot die torte oor die tafel.<\/p>\n<p>\u201cEet, dit sal jou beter laat voel. Niks laaf mens se gemoed soos my sjokolade-torte nie. Ek het altyd een in die yskas.\u201d<\/p>\n<p>Snoekie vat groot happe tee en tert om haar emosie te bedwing. Alphonse sit in stilte na haar en kyk.<\/p>\n<p>Dan praat hy sag.<\/p>\n<p>\u201cDis ook goed vir \u2018n gebroke hart.\u201d<\/p>\n<p>Dit moes hy nooit ges\u00ea het nie.<\/p>\n<p>Snoekie se hart is te week vir empatie.<\/p>\n<p>Sy bars in trane uit. Sy huil dat sy snork en snuif.<\/p>\n<p>\u2018n Onvleiende spektakel, besef sy, maar sy gee nie om nie.<\/p>\n<p>Sy ervaar \u2018n aanval van intense gatvolheid en sy is nie meer lus om in Frankryk te bly nie.<\/p>\n<p>Alphonse skink nog tee en hou \u2018n skoon sakdoek na haar uit. Nog \u2018n dik sny torte beland op haar bord.<\/p>\n<p>\u201cEet!\u201d beveel hy.<\/p>\n<p>Sy gehoorsaam.<\/p>\n<p>\u201cEk gaan nie lipstiek dra nie,\u201d kondig sy skielik aan.<\/p>\n<p>\u201cNee, jy gaan nie,\u201d beaam hy. \u201cJy is \u2018n sjef, nie \u2018n modepop nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy vat nog \u2018n hap.<\/p>\n<p>\u201cSy moet my en my dik lyfie uitlos.\u201d<\/p>\n<p>Hy knik instemmend.<\/p>\n<p><em>\u201cNever trust a skinny cook!\u201d<\/em><\/p>\n<p>Hy lag. Sy kan nie help om ook te lag nie. \u2018n Diep, verligtende lag.<\/p>\n<p>\u201cSo, jy dink ook ek is dik?\u201d<\/p>\n<p>Hy lag nou heerlik.<\/p>\n<p>\u201cDit is \u2018n baie gevaarlike vraag om te beantwoord. Veral as jy \u2018n koekvurkie in jou hand het!\u201d<\/p>\n<p>Sy eet haar bordjie skoon terwyl hy selftevrede toekyk. Sy torte is onfeilbaar teen onsteltenis.<\/p>\n<p>\u201cDankie, nou kan ek weer gaan werk. En dankie dat jy my teen ou Godzilla verdedig het.\u201d<\/p>\n<p>Alphonse staan galant op.<\/p>\n<p>\u201cSnoekie, net nog een ding. Ek is die baas in hierdie kombuis. Dis \u2018n harde leerskool, en as jy by my wil leer, hou jy by my re\u00ebls. Jy hou jou kruie en speserye uit my kombuis!\u201d<\/p>\n<p>\u201cReg, Sjef!\u201d<\/p>\n<p>Voor sy uitstap, bulder hy dat die hele kantoor hom kan hoor.<\/p>\n<p>\u201cGaan pak nou die kruie- en speserye-rakke reg en maak vir my \u2018n lys van die geregte waarin jy elkeen sal wil gebruik! Dis tyd dat jy leer watter geurmiddels ons in Frankryk gebruik! Roer jou, Suzanne, ek wil nie heeldag daarvoor wag nie!\u201d<\/p>\n<p>Met die smaak van die sjokolade-torte wat nog op haar tong kuier, weet Snoekie, dinge is weer terug na normaal.<\/p>\n<p>Maar dit het \u2018n tinteling deur haar gestuur toe hy haar \u201cSnoekie\u201d genoem het.<\/p>\n<p>\u2018n Heerlike tinteling!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Bak saam!<\/h4>\n\t<div id=\"penci-recipe-card\"><\/div>\r\n\t<div class=\"wrapper-penci-recipe\">\r\n\t\t<div class=\"penci-recipe penci-recipe-hide-featured penci-recipe-novertitle precipe-style-2\">\r\n\t\t\t<div class=\"penci-recipe-heading\">\r\n\t\t\t\t\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\r\n\t\t\t\t<div class=\"penci-recipe-metades\">\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<h2 class=\"recipe-title-nooverlay\">Alphonse se sjokolade-torte<\/h2>\r\n\t\t\t\t\t\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\r\n\t\t\t\t\t\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\r\n\t\t\t\t\t\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\r\n\t\t\t<\/div>\r\n\t\t\t\r\n\t\t\t\r\n\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"penci-recipe-ingredients penci-recipe-not-visual\">\r\n\t\t\t\t\t<h3 class=\"penci-recipe-title\">Ingredients<\/h3>\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<ul>\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<li><span>200 g ongesoute botter<\/span><\/li>\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<li><span> \t200 g 70% sjokolade, gekap<\/span><\/li>\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<li><span> \t4 groot eiers<\/span><\/li>\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<li><span> \t200 g strooisuiker<\/span><\/li>\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<li><span> \t50 g koekmeel<\/span><\/li>\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<li><span> \t50 g gemaalde amandels<\/span><\/li>\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<li><span> \tkakao-poeier vir garnering<\/span><\/li>\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<li><span>&nbsp;<\/span><\/li>\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<li><span>&nbsp;<\/span><\/li>\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t\t<\/ul>\r\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\r\n\t\t\t\r\n\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"penci-recipe-method\">\r\n\t\t\t\t\t<h3 class=\"penci-recipe-title\">Instructions<\/h3>\r\n\t\t\t\t\t<p>Verhit die oond tot 180\u00ba C.<\/p>\n<p>Voer \u2018n losboom-tertpan (23 cm) met bakpapier uit.<\/p>\n<ul>\n<li>Smelt die botter en sjokolade oor lae hitte en meng tot glad.<\/li>\n<li>Klop die eiers en suiker vyf minute saam saam tot dik en romerig.<\/li>\n<li>Voeg die sjokolade-mengsel by die eier-mengsel en vou deeglik in met \u2018n groot metaallepel.<\/li>\n<li>Meng die meel, amandels en \u00bc t sout saam en vou in die mengsel.<\/li>\n<li>Giet in die tertpan en bak 30 \u2013 40 minute tot gestol en \u2018n korsie bo-op vorm.<\/li>\n<li>Laat afkoel en haal uit pan. Stof liggies met kakao.<\/li>\n<\/ul>\n\t\t\t\t<\/div>\r\n\t\t\t\r\n\t\t\t\t\t<\/div>\r\n\t<\/div>\r\n\t\t\r\n\t\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Nog gratis vermaak<\/h4>\n<p>Lees Martie se vorige vervolgverhaal, Vlam. <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-die-vervolgverhaal\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier om te begin lees<\/a><\/p>\n<p>Luister na ons gratis boekvoorlesings! Klik op die pienk speelknoppie om te begin luister.<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/iframe.iono.fm\/c\/4259?layout=legacy&amp;lang=en&amp;playlist=series_oldest&amp;accent=ed3d96&amp;background=ffffff&amp;border=dddddd&amp;text=444444&amp;rounded=0&amp;artwork=1&amp;description=0&amp;sharing=1&amp;waveform=1&amp;download=1\" width=\"100%\" height=\"450\" frameborder=\"0\"><\/iframe><\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/iframe.iono.fm\/c\/4748?layout=legacy&amp;lang=en&amp;playlist=series_oldest&amp;accent=ed3d96&amp;background=ffffff&amp;border=dddddd&amp;text=444444&amp;rounded=0&amp;artwork=1&amp;description=0&amp;sharing=1&amp;waveform=1&amp;download=1\" width=\"100%\" height=\"450\" frameborder=\"0\"><\/iframe><\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/iframe.iono.fm\/c\/5002?layout=legacy&amp;lang=en&amp;playlist=latest&amp;accent=ed3d96&amp;background=ffffff&amp;border=dddddd&amp;text=444444&amp;rounded=0&amp;artwork=1&amp;description=0&amp;sharing=1&amp;waveform=1&amp;download=1\" width=\"100%\" height=\"450\" frameborder=\"0\"><\/iframe><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sjef Snoekie vind uit daar is een persoon waarvan Alphonse minder hou as haar &#8230; En dalk is hy toe nie so mislik nie. Lees nou Sjef Snoekie hoofstuk 6: Torte vir trane<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":128391,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[3378,4396,23450,37319,998,1258],"class_list":["post-128389","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-fiksie","tag-ontspanning","tag-entertainment","tag-fiction","tag-vermaak","tag-lees"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>GRATIS VERVOLGVERHAAL: Sjef Snoekie Hoofstuk 6: Torte vir trane | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Sjef Snoekie vind uit daar is een persoon waarvan Alphonse minder hou as haar ... Lees nou Sjef Snoekie hoofstuk 6: Torte vir trane\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"GRATIS VERVOLGVERHAAL: Sjef Snoekie Hoofstuk 6: Torte vir trane | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Sjef Snoekie vind uit daar is een persoon waarvan Alphonse minder hou as haar ... Lees nou Sjef Snoekie hoofstuk 6: Torte vir trane\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-04-03T08:45:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1072689798-scaled.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"GRATIS VERVOLGVERHAAL: Sjef Snoekie Hoofstuk 6: Torte vir trane\",\"datePublished\":\"2020-04-03T08:45:58+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\\\/\"},\"wordCount\":1604,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1072689798-scaled.jpg\",\"keywords\":[\"fiksie\",\"Ontspanning\",\"entertainment\",\"fiction\",\"Vermaak\",\"lees\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2020\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\\\/\",\"name\":\"GRATIS VERVOLGVERHAAL: Sjef Snoekie Hoofstuk 6: Torte vir trane | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1072689798-scaled.jpg\",\"datePublished\":\"2020-04-03T08:45:58+00:00\",\"description\":\"Sjef Snoekie vind uit daar is een persoon waarvan Alphonse minder hou as haar ... Lees nou Sjef Snoekie hoofstuk 6: Torte vir trane\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1072689798-scaled.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1072689798-scaled.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280,\"caption\":\"Sjef Snoekie Hoofstuk 6: Torte vir trane iStock\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"GRATIS VERVOLGVERHAAL: Sjef Snoekie Hoofstuk 6: Torte vir trane\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"GRATIS VERVOLGVERHAAL: Sjef Snoekie Hoofstuk 6: Torte vir trane | rooi rose","description":"Sjef Snoekie vind uit daar is een persoon waarvan Alphonse minder hou as haar ... Lees nou Sjef Snoekie hoofstuk 6: Torte vir trane","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"GRATIS VERVOLGVERHAAL: Sjef Snoekie Hoofstuk 6: Torte vir trane | rooi rose","og_description":"Sjef Snoekie vind uit daar is een persoon waarvan Alphonse minder hou as haar ... Lees nou Sjef Snoekie hoofstuk 6: Torte vir trane","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2020-04-03T08:45:58+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1072689798-scaled.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"GRATIS VERVOLGVERHAAL: Sjef Snoekie Hoofstuk 6: Torte vir trane","datePublished":"2020-04-03T08:45:58+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\/"},"wordCount":1604,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1072689798-scaled.jpg","keywords":["fiksie","Ontspanning","entertainment","fiction","Vermaak","lees"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2020","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\/","name":"GRATIS VERVOLGVERHAAL: Sjef Snoekie Hoofstuk 6: Torte vir trane | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1072689798-scaled.jpg","datePublished":"2020-04-03T08:45:58+00:00","description":"Sjef Snoekie vind uit daar is een persoon waarvan Alphonse minder hou as haar ... Lees nou Sjef Snoekie hoofstuk 6: Torte vir trane","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1072689798-scaled.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1072689798-scaled.jpg","width":1920,"height":1280,"caption":"Sjef Snoekie Hoofstuk 6: Torte vir trane iStock"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gratis-vervolgverhaal-sjef-snoekie-hoofstuk-6-torte-vir-trane\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"GRATIS VERVOLGVERHAAL: Sjef Snoekie Hoofstuk 6: Torte vir trane"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/128389","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=128389"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/128389\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/128391"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=128389"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=128389"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=128389"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}