{"id":128168,"date":"2020-04-01T17:06:43","date_gmt":"2020-04-01T15:06:43","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=128168"},"modified":"2020-04-02T10:26:15","modified_gmt":"2020-04-02T08:26:15","slug":"covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\/","title":{"rendered":"Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen"},"content":{"rendered":"<p><em>Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen deur Salom\u00e9 Delport. Hooffoto: iStock\/<a class=\"photographer\" href=\"https:\/\/www.istockphoto.com\/za\/portfolio\/LizardFilms?mediatype=photography\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Sergei Gnatiuk<\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die een of ander tyd moet jy gaan inkopies doen.<\/p>\n<p>Mense het een van twee reaksies, lyk dit uit die dosyne boodskappe wat op sosiale media rondgaan en waaroor nuusprogramme berig: angs of onverskilligheid.<\/p>\n<p>Die meeste van ons se reaksie val iewers tussenin op die spektrum, maar vir party voel dit wanneer hulle dit in \u2019n winkelsentrum inwaag so goed asof al die leeus in die Krugerwildtuin hulle gelyktydig gaan bespring.<\/p>\n<p>Ander stap ewe braaf rond, sonder maskers en handskoene, en vee nie eers hul trollies af nie.<\/p>\n<p>Hierdie klompie het seker geen vrae nie terwyl die eerste groep hulle moontlik oor te veel dinge kwel. Tog het ons almal vrae oor hoe mens inkopies doen tydens die Covid-19 pandemie.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Die verskil tussen Covid-19, griep en verkoue<\/a><\/p>\n<p>Om op hoogte te bly van die Covid-19-pandemie, <a href=\"https:\/\/sacoronavirus.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">klik hier.\u00a0<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-128339 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/several-apples-beside-bread-pack-and-brown-paper-bag-1992912.jpg\" alt=\"Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen\" width=\"607\" height=\"840\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Moet ek \u2019n masker dra as ek inkopies doen? Is \u2019n tuisgemaakte masker goed genoeg?<\/h4>\n<p>Dit bly \u2019n besprekingspunt. Hier is die verskillende menings. En ja, dit lyk asof dit nie kan skade doen nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Doctors on Call Helpline<\/strong> (Nota: jy kan hulle kontak op 087 0550 234 met enige vrae oor covid-19.)<\/p>\n<p>Op my persoonlike navraag het hulle ges\u00ea dit is veiliger vir jou en vir almal in die winkel as jy wel \u2019n masker dra. Dit is eintlik veiliger omdat dit keer dat jy j\u00f3\u00fa kieme na ander oordra. As almal maskers dra, hou elkeen hul kieme weg van ander mense &#8211; en so verlaag ons die risiko in openbare plekke oor die algemeen. Aangesien mense van 2-14 dae aansteeklik kan bly sonder om simptome te h\u00ea maak dit dus baie sin.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-5-beste-oefeninge-wat-jy-by-die-huis-kan-doen\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Die 5 beste oefeninge wat jy nou by die huis kan doen<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Netcare<\/strong><\/p>\n<p>Mediese maskers word nie aanbeveel vir die algemene publiek nie, volgens hul webwerf. Die rede? Dit ontneem mediese personeel &#8211; dokters en verpleegpersoneel wat werklik in die voorste linie staan &#8211; van kosbare maskers. Netcare s\u00ea wel dat mense wat hoes en nies of self Covid-19 het en tuis versorg word, \u2019n masker moet dra. Jy moet ook \u2019n masker dra as jy iemand versorg wat Covid-19 het.<\/p>\n<p>Maar kyk wat s\u00ea Netcare verder: Sou \u2019n mediese masker nie beskikbaar wees nie kan \u2019n\u00a0serp of kopdoek ook effektief wees om te keer dat kieme versprei as mens praat, hoes of nies en sodoende beskerming verleen.<\/p>\n<p>As jy iemand versorg wat Covid-19 het, of moontlik het, is \u2019n serp of kopdoek ook \u2019n alternatief vir \u2019n masker.<\/p>\n<p>Kortom, hou eerder mediese maskers vir noodsaaklike gebruik. Daar is nie genoeg gesigmaskers nie, en ons eie risiko is klein. Ons moet die regte mediese maskers gun vir di\u00e9 met die hoogste risiko.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Navorsing<\/strong><\/p>\n<p>Daar is nog min inligting beskikbaar oor die huidige Covid-19 uitbraak maar <a href=\"http:\/\/(https:\/www.ncbi.nlm.nih.gov\/pmc\/articles\/PMC2190272\/)\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">\u2019n\u00a0ondersoek<\/a>\u00a0 na die 2003 SARS-uitbraak het die volgende gevind:<\/p>\n<ul>\n<li>Mense wat hul hande 10 keer of meer per dag was se risiko is 55% minder om siek te word<\/li>\n<li>\u2019n\u00a0Masker was inderdaad doeltreffender, en het jou kans met 68% verminder<\/li>\n<li>Handskoene het jou risiko met 56% verminder \u2013 soveel as \u2019n masker<\/li>\n<\/ul>\n<p>Dit maak dus sin dat \u2019n masker en handskoene jou risiko beduidend verminder.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Die WGO<\/strong><\/p>\n<p>Hulle is gekant teen die gebruik van maskers deur gewone mense. Die WGO wys daarop dat \u2019n masker niks help as jy nie \u00f3\u00f3k jou hande was en \u2018social distancing\u2019 toepas nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Discovery Health<\/strong><\/p>\n<p>Hulle s\u00ea op hul webwerf daar is geen bewyse dat die dra van \u2019n masker gewone mense teen infeksie sal beskerm nie. Hulle beveel maskers aan vir mense met verdagte verkouesimptome (hoes, nies, swaar asemhaling, moegheid en koors) en vir die tuisversorgers van siekes.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-nou-70-afslag-op-n-digitale-kopie-van-ons-april-uitgawe-kry\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Kry 70% afslag op ons digitale April-uitgawe<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Om op te som<\/strong><\/p>\n<p>Dit lyk asof daar genoeg inligting ten gunste van \u2019n masker is, mits jy onthou dat \u2018<em>social distancing\u2019<\/em> en handewas selfs noodsaakliker is.<\/p>\n<p><strong>Maar<\/strong> moenie mediese maskers van ons mediese personeel ontneem nie, want so stel jy hul lewens in gevaar. As jy sou siek word wil jy self juis op hulle kan staat maak om jou hierdeur te kry.<\/p>\n<p>Dink liewer aan tuisgemaakte maskers. As jy \u2019n tuisgemaakte masker maak, maak een met \u2019n gleufie waarin jy \u2019n snesie, \u2019n velletjie handdoekrol of selfs \u2019n paar velle dubbelgevoude toiletpapier kan insit. Sulke maskers verskaf nie topgraad veiligheid nie maar beskerm jou ten minste deels teen ander se hoesdruppels.<\/p>\n<p>Dit keer beslis dat jy met jou hande aan jou gesig raak en so die virus van besmette oppervlaktes na jou gesig dra. Die belangrikste voordeel is dat elkeen sy eie kieme tot homself beperk.<\/p>\n<div id=\"attachment_128340\" style=\"width: 847px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-128340\" class=\" wp-image-128340\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/woman-standing-beside-pineapple-fruits-2292919.jpg\" alt=\"\" width=\"837\" height=\"558\" \/><p id=\"caption-attachment-128340\" class=\"wp-caption-text\">Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen<\/p><\/div>\n<p>Lees ook: Ons het \u2019n nuwe podsendingreeks vrygestel vir die inperkingstyd waar ons by verskeie mense hoor hoe hulle die inperking ervaar. <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-gaan-dit-met-jou-episode-1-hoe-gaan-dit-met-erns-grundling\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a>, of klik op die pienk speelknoppie om te begin luister:<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/iframe.iono.fm\/c\/5112?layout=legacy&amp;lang=en&amp;playlist=latest&amp;accent=ed3d96&amp;background=ffffff&amp;border=dddddd&amp;text=444444&amp;rounded=0&amp;artwork=1&amp;description=0&amp;sharing=1&amp;waveform=1&amp;download=1\" width=\"100%\" height=\"450\" frameborder=\"0\"><\/iframe><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Moet ek handskoene ook dra as ek winkels toe gaan?<\/h4>\n<p>Soos hierbo verduidelik help handskoene ook. Maar hierdie navorsing is in \u2019n hospitaalopset gedoen. As jy dus winkel toe gaan en oral vat is die handskoene net so \u2019n goeie landingsplek vir alle kieme op die oppervlaktes waaraan jy raak.<\/p>\n<p>Kenners waarsku juis dat handskoene mense \u2019n vals gerustheid kan gee.<\/p>\n<p>Daar is goeie rede om nie handskoene te dra nie: jy kan jou hande goed ontsmet by die meeste winkels. En daarby is handskoene noodsaaklik vir mediese personeel wat geen alternatief het nie en aan baie meer risiko bloot gestel is as ons self.<\/p>\n<p>As jy handskoene dra, onthou om hulle ook te ontsmet sodra jy die winkel binnegaan en uitgaan \u2013 en sommer by die betaalpunt ook voor \u00e9n na dat jy die kaartmasjien gebruik het. Gooi hulle in \u2019n vuilgoedblik voor jy jou eie terrein (jou motor of jou huis) betree.<\/p>\n<p><strong>Maak so:<\/strong> ontsmet jou gehandskoende hande; trek die handskoene uit; gooi hulle in \u2019n vuilgoedblik of sak waarvan jy tuis ontslae kan raak.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vaar-jou-klerekas-in-10-dinge-wat-jy-in-jou-klerekas-tydens-inperking-moet-doen\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Vaar jou klerekas in tydens die inperking &#8211; hier is 10 dinge wat jy nou moet doen<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-128335 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/fruits-on-glass-top-display-counter-2449665.jpg\" alt=\"Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen\" width=\"846\" height=\"634\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kan Covid-19 in kos oorleef? Kan ek die Corona-virus aansteek deur wat ek eet?<\/h4>\n<p>Nee, nie eintlik nie.<\/p>\n<p>Jou risiko is klein om Corona-virus van kos af op te tel. Onthou, kos s\u00e9lf is skoon.<\/p>\n<p>Organsimes wat voedselbesmetting veroorsaak (<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beste-wenke-listeria\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">onthou jy daardie listeria-uitbraak?<\/a>) kan in kos vermeerder; Covid-19 kan doodeenvoudig nie.<\/p>\n<p>Dit vermeerder net in mense, en moontlik ander warmbloedige diere.<\/p>\n<p>Daarby vernietig die gaarmaak-proses &#8211; kook, stoom braai en mikrogolf &#8211; die covid-19 virus totaal. Jou broccoli is so gesond soos altyd.<\/p>\n<p>Jy het eerder twee ander risiko\u2019s: die houers waarin kos verpak word en jou medekopers.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-wenke-om-vanjaar-jou-huis-en-lewe-te-ontklotter\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Ontklotter jou huis en lewe met hierdie metode<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-128337 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/person-holding-orange-fruits-in-white-net-3737624.jpg\" alt=\"Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen\" width=\"646\" height=\"969\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ek hoor Covid-19 kan dae lank op die houers waarin kos verpak is, oorleef?<\/h4>\n<p>Dit kan wel gebeur.<\/p>\n<p>Maar die risiko is vermoedelik klein, terwyl risiko weens handbesmetting en nou sosiale kontak sonder enige twyfel werklik bestaan en werklik groot is.<\/p>\n<p>Onthou ook dat kosfabrieke in ons land voldoen aan die hoogste internasionale standaarde. Die probleem is nie dat kos \u2018vuil\u2019 in die supermark inkom nie. Dit gaan oor verdere hantering. Maar personeel word aangemoedig om hul hande gereeld te reinig, en alle oppervlakke word voortdurend skoon gemaak, verklaar al ons supermarkte op hul webwerwe. Winkels doen dus alles moontlik om skoon kos aan ons te verskaf.<\/p>\n<p>Die risiko waaraan die winkels niks kan doen nie, l\u00ea letterlik in die hande van jou medekopers &#8211; mense wat items optel en terugsit en hul kieme daarop agterlaat.<\/p>\n<p>Onthou die Covid-19 virus moet steeds van \u2019n besmette item by jou neus uitkom om te kan begin vermeerder en siekte te veroorsaak. Daarom bly handreiniging en \u2018<em>social distancing\u2019<\/em> die belangrikste beskerming waarvoor jy kan sorg.<\/p>\n<p>Nogtans, as die virus dan op koshouers sou kon beland, hoe lank kan dit daarop oorleef? \u2019n <a href=\"https:\/\/www.nejm.org\/doi\/full\/10.1056\/NEJMc2004973\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Artikel in die New England Journal of Medicine<\/a>\u00a0 het ondersoek hoe goed Covid-19 oorleef verskillende oppervlakke. So lyk die bevindings:<\/p>\n<ul>\n<li>72 uur op plastiek<\/li>\n<li>48 uur op staal (dink aan werksoppervlakke soos by slaghuise en messegoed)<\/li>\n<li>8 uur op koper<\/li>\n<li>4 uur op karton<\/li>\n<\/ul>\n<p>Aangesien kos verpak word in plastiek, plastiekbedekte karton en karton beteken dit vir ons as verbruikers dat die virus kan oorleef op alles waarin ons kos verpak is. Dit behoort teoreties ook te kan oorleef op vrugte en groente wat gehanteer is deur mense wat Covid-19 dra.<\/p>\n<p>Lees ook: \u2019n Kenner gee raad om die inperking te hanteer: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-bonus-episode-1-hinder-lockdown-jou-hanteer-dit-so-met-anys-rossouw\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">klik hier<\/a> of op die pienk speelknoppie<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/iframe.iono.fm\/e\/839512?layout=legacy&amp;lang=en&amp;playlist=none&amp;accent=ed3d96&amp;background=ffffff&amp;border=dddddd&amp;text=444444&amp;rounded=0&amp;artwork=1&amp;description=0&amp;sharing=1&amp;waveform=1&amp;download=1\" width=\"100%\" height=\"126\" frameborder=\"0\"><\/iframe><\/p>\n<div id=\"attachment_128332\" style=\"width: 665px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-128332\" class=\" wp-image-128332\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/111.jpg\" alt=\"Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen\" width=\"655\" height=\"873\" \/><p id=\"caption-attachment-128332\" class=\"wp-caption-text\">Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Moet ek alle kos wat ek in die huis inbring ontsmet?<\/h4>\n<p>Die Amerikaanse CDC s\u00ea dis onnodig om jou kruideniersware af te spoel voor jy dit wegpak, aangesien daar geen bewyse is dat mens so siek geraak het nie. Feit is dat daar ook nog geen ondersoeke gedoen is om dit te bewys of te weerl\u00ea nie.<\/p>\n<p><strong>Hoe gemaak?<\/strong> Party bronne beskou die volgende as oordrewe; ander glo dit is \u2019n kwessie van gesonde verstand. Lees deur, en kyk watter stappe \u2013 of dalk almal \u2013 vir jou werk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Vooraf:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Sorg vir \u2019n wasstasie in waar jy jou werf betree, sodat jy kan hande was voor jy in die huis terugkom. (Hierdie een behoort almal te doen.)<\/li>\n<li>Verdeel jou kombuistoonbank of tafel in twee met maskeerband \u2013 een kant vir alles wat jy van die winkels af inbring en een kant waarop jy alles neersit nadat jy dit skoongemaak het. (Hierdie een is vir oorversigtiges en vir mense met rede tot kommer, soos \u2019n groot styging in syfers in jou omgewing of omdat jy ten alle koste weens persoonlike risikofaktore Covid-19 moet vermy.)<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>By die winkel<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Reinig jou winkeltrollie se handvatsels en jou eie hande voor jy die winkel binnestap.<\/li>\n<li>Hou terwyl jy koop &#8216;n afstand van 2-3 meter tussen jou en ander mense.<\/li>\n<li>Koop liewer klaarverpakte groente as onverpakte groente, wat moontlik deur ander winkelgangers hanteer is.<\/li>\n<li>Moenie items optel en terugsit nie. Vat een keer en vat raak.<\/li>\n<li>Pak self jou kruideniersware in die winkel in en ook in jou motor. Dit beteken minder hande.<\/li>\n<li>As jy kan, tik (tap) liewer jou kaart as om jou pin in te tik. Indien jy jou kaart en die kaartmasjien moet gebruik, ontsmet jou hande dadelik daarna.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>Terug by die huis<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Was by die huis (verkieslik net buite en reg by die voordeur) jou hande.<\/li>\n<li>Plaas jou kruideniersware op die \u2018vuil\u2019 kant van jou tafel.<\/li>\n<li>Haal die items een vir een uit en ontsmet soos paslik met \u2019n lap of spons met ontsmetmiddel soos Jik, Milton of seep. Was items soos blikkies en bottels.<\/li>\n<li>Maak veral alles in plastiekhouers skoon aangesien Covid-19 tot 3 dae op plastiek oorleef.<\/li>\n<li>Aangesien die virus \u2019n maksimum van 4 uur oorleef op karton kan jy items soos meel maar net \u2019n paar uur op die toonbank los voor jy dit wegpak.<\/li>\n<li>Pak elke \u2018skoon\u2019 item in jou kombuiskaste weg. Of los dit op die \u2018skoon\u2019 kant van jou werksoppervlak.<\/li>\n<li>Gooi die winkelsakke weg. Of laat hulle \u2018rus\u2019 vir 3 dae, met ander woorde sit hulle weg sodat enige organismes wat op hulle sou kon oorleef het, afsterf.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-positief-tydens-die-inperking-te-bly-en-dit-as-n-tyd-vir-heling-en-ontwikkeling-te-sien\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoe om positief tydens die inperking te bly &#8211; en dit as \u2019n tyd vir heling en groei te sien<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_128338\" style=\"width: 746px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-128338\" class=\" wp-image-128338\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/person-placing-item-into-white-shopping-basket-3735157.jpg\" alt=\"\" width=\"736\" height=\"490\" \/><p id=\"caption-attachment-128338\" class=\"wp-caption-text\">Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Moet ek alkohol of seep gebruik om items skoon te maak?<\/h4>\n<p>Daar is twee kategorie\u00eb algemene reinigers: di\u00e9 met seep as basis en di\u00e9 met alkohol as basis. Altwee is doeltreffend.<\/p>\n<p>Jy hoef regtig nie die ore van jou kop af te betaal vir alkoholgebaseerde reinigers nie. Jy weet in elke geval nie eers of die produkte wel genoeg alkohol (dit moet 60% etanol wees) bevat nie.<\/p>\n<p>Daar is selfs \u2019n risiko dat alkohol nie so goed is soos seep nie, verduidelik \u2019n fabrieksbestuurder van een van ons internasionale kosprodusente.<\/p>\n<p>\u201cDie probleem kom in by biofilms. \u2019n Biofilm is \u2019n beskermingslagie waaragter organismes kan skuil. Seep trek vullis aan en breek biofilms baie doeltreffend af. Die was-aksie help ook om organismes los te maak van die oppervlakke waaraan dit kleef; daarna spoel water die vullis af en weg.<\/p>\n<p>&#8220;Alkohol werk op \u2019n ander beginsel: dit los vette op. Virusse se omhulsel is van vette. Dus breek alkohol die virus op. Maar dit kan nie noodwendig organismes wat agter \u2019n biofilm skuil bykom nie.<\/p>\n<p>&#8220;Ek kan nie s\u00ea dat dit die geval is met Covid-19 nie maar ons sien dit so in ons fabriek. Daarom sal jy sien dat ons oral seepgebaseerde saneermiddels gebruik.&#8221;<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wenke-om-jou-beroep-tydens-inperking-te-verbeter\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoe om jou beroep tydens die inperking te verbeter<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_128334\" style=\"width: 632px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-128334\" class=\" wp-image-128334\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/04\/brown-paper-bag-1992913.jpg\" alt=\"\" width=\"622\" height=\"932\" \/><p id=\"caption-attachment-128334\" class=\"wp-caption-text\">Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen<\/p><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is soveel verskillende menings en raad oor hoe om inkopies te doen tydens die COVID-19-uitbraak! Maar wat is die beste manier om jouself en ander mense te beskerm teen die Corona-virus? Ons het ondersoek gaan instel. <\/p>\n","protected":false},"author":19,"featured_media":128336,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[136,2792,23664],"class_list":["post-128168","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-leef-gesond","tag-health"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Daar is soveel verskillende menings en raad oor hoe om inkopies te doen tydens die COVID-19-uitbraak! Ons het ondersoek gaan instel.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Daar is soveel verskillende menings en raad oor hoe om inkopies te doen tydens die COVID-19-uitbraak! Ons het ondersoek gaan instel.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-04-01T15:06:43+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2020-04-02T08:26:15+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1143998788.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1254\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"836\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Salome Delport\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Salome Delport\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Salome Delport\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\"},\"headline\":\"Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen\",\"datePublished\":\"2020-04-01T15:06:43+00:00\",\"dateModified\":\"2020-04-02T08:26:15+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\\\/\"},\"wordCount\":2160,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1143998788.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"leef gesond\",\"health\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2020\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\\\/\",\"name\":\"Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1143998788.jpg\",\"datePublished\":\"2020-04-01T15:06:43+00:00\",\"dateModified\":\"2020-04-02T08:26:15+00:00\",\"description\":\"Daar is soveel verskillende menings en raad oor hoe om inkopies te doen tydens die COVID-19-uitbraak! Ons het ondersoek gaan instel.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1143998788.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/04\\\/iStock-1143998788.jpg\",\"width\":1254,\"height\":836,\"caption\":\"Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen iStock\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\",\"name\":\"Salome Delport\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Salome Delport\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen | rooi rose","description":"Daar is soveel verskillende menings en raad oor hoe om inkopies te doen tydens die COVID-19-uitbraak! Ons het ondersoek gaan instel.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen | rooi rose","og_description":"Daar is soveel verskillende menings en raad oor hoe om inkopies te doen tydens die COVID-19-uitbraak! Ons het ondersoek gaan instel.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2020-04-01T15:06:43+00:00","article_modified_time":"2020-04-02T08:26:15+00:00","og_image":[{"width":1254,"height":836,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1143998788.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Salome Delport","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Salome Delport","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\/"},"author":{"name":"Salome Delport","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13"},"headline":"Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen","datePublished":"2020-04-01T15:06:43+00:00","dateModified":"2020-04-02T08:26:15+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\/"},"wordCount":2160,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1143998788.jpg","keywords":["Gesondheid","leef gesond","health"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2020","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\/","name":"Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1143998788.jpg","datePublished":"2020-04-01T15:06:43+00:00","dateModified":"2020-04-02T08:26:15+00:00","description":"Daar is soveel verskillende menings en raad oor hoe om inkopies te doen tydens die COVID-19-uitbraak! Ons het ondersoek gaan instel.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1143998788.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/iStock-1143998788.jpg","width":1254,"height":836,"caption":"Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen iStock"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/covid-19-by-die-winkels-hoe-om-veilig-inkopies-te-doen\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13","name":"Salome Delport","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","caption":"Salome Delport"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/128168","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/19"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=128168"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/128168\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/128336"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=128168"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=128168"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=128168"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}