{"id":127638,"date":"2023-04-13T12:00:08","date_gmt":"2023-04-13T10:00:08","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=127638"},"modified":"2023-04-13T12:16:14","modified_gmt":"2023-04-13T10:16:14","slug":"net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\/","title":{"rendered":"Net een glasie wyn per aand? Dit kan slegter vir jou wees as wat jy dink &#8230;"},"content":{"rendered":"<p><em>Net een glasie wyn per aand? Dit kan slegter vir jou wees as wat jy dink &#8230; deur Salom\u00e9 Delport. Hooffoto: iStock<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Gesondheid! &#8230; of nie?<\/h4>\n<p>Jy drink nie. Wel, een jeneweertjie (sic!) saans as jy tuis kom. \u00c9\u00e9n. As jy \u2019n Bolandse hart het, geniet jy \u2019n beskaafde glasie wyn saam met jou hoofete. \u00c9\u00e9n.<\/p>\n<p>Dit \u00eds min, maar tog s\u00ea dr. Ad\u00e9 van Heerden dat selfs net twee drankies per dag oor tien jaar aan lewerskade gekoppel word. Wat van \u2019n daaglikse drankie oor dertig, veertig of vyftig jaar, soos baie van ons doen?<\/p>\n<p>Wat dan van al die voordele vir jou hart? Bemarkingsfoefies.<\/p>\n<p>Dis al. Die beste beskikbare bewyse van die vier groot metaondersoeke van die afgelope tien jaar wys elkeen dat drank \u2013 of etanol, soos die chemiese verbinding korrek bekend staan \u2013 meer skade aan elke orgaan en weefsel in jou liggaam kan doen as die bietjie goed waaroor so hoog opgegee word.<\/p>\n<p>Maar wat van die talle ondersoeke wat op voordele wys, soos die Nurses Health Study? Daarvolgens kan een drankie per dag (vir mans is die perk twee drankies) jou kanse op hartsiektes en beroerte met \u2019n stewige 25-40% verminder? Dis mos \u2019n yslike plus?<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/het-jy-al-gehoor-van-tweedehandse-drank\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Het jy al gehoor van tweedehandse drank?\u00a0<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dit is nie die volle verhaal nie. Die nuwe oorsigondersoeke, soos die een deur die Universiteit van Victoria in Kanada, wat spesifiek gekyk het of matige drinkers langer leef as nie-drinkers, het bevind dat hul lewensverwagting glad nie langer is nie. Al verlaag drank dalk die vlak van jou cholesterol en bloedklontvormingsfaktore, gaan jy as matige drinker ni\u00e9 langer leef nie \u2013 en prakties nie baat vind by daardie glasie wyn nie.<\/p>\n<p>Wel, met \u2019n glasie elke aand sal jy ten minste gelukkiger en lekkerder leef, of hoe? Toe nou ook nie, s\u00ea die navorsers vandag. Selfs min drank is potensieel skadelik genoeg. Kyk net watter skades kan jy verwag van \u2019n drankie elke dag oor \u2019n leeftyd.<\/p>\n<p>Gelukkig of ongelukkig speel jou gene \u2019n rol, en dus sal party van ons minder skade opdoen en ander meer skade.<\/p>\n<p>Feit is dat ons almal beter af is sonder \u2019n daaglikse drankie. (Ek moet erken dat ek deesdae twee keer dink en bra selde \u2019n glasie skink, n\u00e1 ek hierdie lysie gesien het &#8230;)<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/3-mites-oor-drank-wat-jy-nie-moet-glo-nie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">3 mites oor drank wat jy nie moet glo nie<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-136791 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/justin-aikin-x-6HB8_qE4A-unsplash-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Drink jy regtig net een? Of top jy jou glasie op? Hou \u2019n bottel wyn jou \u2019n volle week? Hou \u2019n bottel jenewer jou \u2019n volle maand? Sewe drankies op \u2019n Saterdagaand is nie ekwivalent aan een drankie elke dag van die week nie!<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>1. Alkohol maak ongelooflik maklik vet<\/h4>\n<p>Sal jy elke aand \u2019n panne-koek gevul met roomys en sjokolade eet, of 500 ml Coke drink en dink jy gaan gewig verloor? Een stewige glas wyn bevat soveel kilojoules!<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat met jou gebeur as jy ophou drink<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>2. Kanker<\/h4>\n<p>Oor hierdie een twyfel die kenners al dertig jaar lank ni\u00e9: Die WGO se International Agency for Research on Cancer het al in 1988 alkohol as \u2019n kankerwekker geklassifiseer. Kanker het veral in die Weste toegeneem \u2013 en die gebruik van alkohol ook. Alkohol word in jou lewer na asetaldehied afgebreek, wat vermoedelik die werklike kankerwekker is.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoekom-antioksidante-goed-vir-jou-is-en-in-watter-kosse-jy-hulle-kan-vind\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">In watter kosse kan ek antioksidante vind?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>3. Jou brein krimp<\/h4>\n<p>Navorsing wys duidelik dat daaglikse gebruik van alkohol \u2013 en nie eens baie nie \u2013 die vlakke van homosiste\u00efen in jou bloed opstoot. \u2019n Duitse ondersoek kon bevestig dat ho\u00eb vlakke van homosiste\u00efen die grootste korrelasie met breinkrimping getoon het \u2013 meer as enige een van die ander moontlike redes.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>4. Skade aan jou brein<\/h4>\n<p>Die kenners van die Britse Independent Scientific Committee on Drugs gee alkohol \u2019n telling van 72\/100 vir potensi\u00eble skade aan jou brein en senuweestelsel, terwyl gevreesde dwelms soos koka\u00efen en hero\u00efen s\u2019n onder 60 l\u00ea, en sigaretrook selfs onder 25 l\u00ea.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>5. Swak oordeel en ko\u00f6rdinasie<\/h4>\n<p>Wyn in alle vorms onderdruk veral die deel van jou brein waar jou goeie oordeel gesetel is. Jy verloor jou vermo\u00eb om optrede deeglik deur te dink. Aan die een kant is dit juis een van die voordele van \u2019n glasie wyn \u2013 ons dink minder en verloor ons vrese om te sosialiseer. Terselfdertyd kan ons ook nie so goed die gevolge van ons optrede evalueer nie \u2013 en daarom waag ons kanse en skat ons ons optrede verkeerd. Daarom ry ons te vinnig of misreken ons met \u2019n draai in die pad \u2013 wat ons ons gesondheid en selfs ons lewe kan kos.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat elke vrou oor mede-afhanklike verhoudings moet weet<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>6. Maagpyn, opgeblaasdheid en winderigheid<\/h4>\n<p>Alkohol is \u2019n irritant en kan die maag se slymvlies irriteer \u2013 veral as jy elke dag drink, en moontlik juis as jy op \u2019n le\u00eb maag drink. Irritasie ly tot inflammasie, wat jy kan ervaar as maagpyn, naarheid en opgeblaasdheid. Vir seker kan ander kos soos sousboontjies en soetgoed jou opgeblase laat voel maar as jy elke dag \u2019n glasie skink en kla van enige vorm van maagpyn kyk gerus wat gebeur as jy \u2019n maand lank niks drink nie.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-is-n-vel-babelas-en-wat-kan-jy-daaromtrent-doen\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Het jy geweet jy kan \u2019n vel babelas kry?\u00a0<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>7. Meer longinfeksies<\/h4>\n<p>Ongelooflik soos dit klink, kan alkohol die immuniteit van jou longe afbreek, wat jou baie meer vatbaar maak vir TB, longontsteking en verkoues. Dus, as jy die een is wat gereeld verkoues kry \u00e9n elke dag \u2019n glasie skink \u2026<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>8. Pynlike jig<\/h4>\n<p>Drank is een van die redes waarom ekstra uriensuur vorm, wat as kristalle in jou gewrigte neerslaan. Jy kan jare en jare drink sonder dat jig jou oorval maar die kans is goed dat jy n\u00e1 dekades gaan ervaar dat selfs net een glasie \u2019n allerpynlike jigaanval sneller.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jig-maar-dis-seer\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Goeie raad vir jig<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>9. Jou hartritme raak onegalig<\/h4>\n<p>Dit verhoog die kans dat jou hartritme aangetas word (arteri\u00eble fibrillasie). Dit kan lei tot hartversaking, bloedklonte en demensie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>10. Meer hemorragiese beroerte<\/h4>\n<p>Daar is twee vorms van beroerte: die soort wat deur \u2019n bloedklont wat na die brein skiet, veroorsaak word (iskemiese beroerte) en die soort wat weens bloeding in die brein ontstaan (hemorragiese beroerte). Wyn kan jou kans op die eerste soort verminder m\u00e1\u00e1r dit verhoog jou kans op hemorragiese beroerte met 50%, s\u00ea die Amerikaanse National Stroke Association.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Is een glasie elke aand regtig so sleg vir jou? <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":136792,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2950,667],"tags":[136,620,23664,23823],"class_list":["post-127638","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dieet","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-dieet","tag-health","tag-diet"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Net een glasie wyn per aand? Dit kan slegter vir jou wees as wat jy dink ... | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Net een glasie wyn per aand? Dit kan slegter vir jou wees as wat jy dink ... Is een glasie elke aand regtig so sleg vir jou?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Net een glasie wyn per aand? Dit kan slegter vir jou wees as wat jy dink ... | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Net een glasie wyn per aand? Dit kan slegter vir jou wees as wat jy dink ... Is een glasie elke aand regtig so sleg vir jou?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-04-13T10:00:08+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-04-13T10:16:14+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/kelsey-knight-udj2tD3WKsY-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Net een glasie wyn per aand? Dit kan slegter vir jou wees as wat jy dink &#8230;\",\"datePublished\":\"2023-04-13T10:00:08+00:00\",\"dateModified\":\"2023-04-13T10:16:14+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\\\/\"},\"wordCount\":1066,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/kelsey-knight-udj2tD3WKsY-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"dieet\",\"health\",\"diet\"],\"articleSection\":[\"Dieet\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\\\/\",\"name\":\"Net een glasie wyn per aand? Dit kan slegter vir jou wees as wat jy dink ... | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/kelsey-knight-udj2tD3WKsY-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2023-04-13T10:00:08+00:00\",\"dateModified\":\"2023-04-13T10:16:14+00:00\",\"description\":\"Net een glasie wyn per aand? Dit kan slegter vir jou wees as wat jy dink ... Is een glasie elke aand regtig so sleg vir jou?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/kelsey-knight-udj2tD3WKsY-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/kelsey-knight-udj2tD3WKsY-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Net een glasie wyn per aand? Dit kan slegter vir jou wees as wat jy dink &#8230;\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Net een glasie wyn per aand? Dit kan slegter vir jou wees as wat jy dink ... | rooi rose","description":"Net een glasie wyn per aand? Dit kan slegter vir jou wees as wat jy dink ... Is een glasie elke aand regtig so sleg vir jou?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Net een glasie wyn per aand? Dit kan slegter vir jou wees as wat jy dink ... | rooi rose","og_description":"Net een glasie wyn per aand? Dit kan slegter vir jou wees as wat jy dink ... Is een glasie elke aand regtig so sleg vir jou?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-04-13T10:00:08+00:00","article_modified_time":"2023-04-13T10:16:14+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/kelsey-knight-udj2tD3WKsY-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"5 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Net een glasie wyn per aand? Dit kan slegter vir jou wees as wat jy dink &#8230;","datePublished":"2023-04-13T10:00:08+00:00","dateModified":"2023-04-13T10:16:14+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\/"},"wordCount":1066,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/kelsey-knight-udj2tD3WKsY-unsplash.jpg","keywords":["Gesondheid","dieet","health","diet"],"articleSection":["Dieet","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\/","name":"Net een glasie wyn per aand? Dit kan slegter vir jou wees as wat jy dink ... | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/kelsey-knight-udj2tD3WKsY-unsplash.jpg","datePublished":"2023-04-13T10:00:08+00:00","dateModified":"2023-04-13T10:16:14+00:00","description":"Net een glasie wyn per aand? Dit kan slegter vir jou wees as wat jy dink ... Is een glasie elke aand regtig so sleg vir jou?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/kelsey-knight-udj2tD3WKsY-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/kelsey-knight-udj2tD3WKsY-unsplash.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/net-een-glasie-wyn-per-aand-dit-kan-slegter-vir-jou-wees-as-wat-jy-dink\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Net een glasie wyn per aand? Dit kan slegter vir jou wees as wat jy dink &#8230;"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/127638","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=127638"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/127638\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/136792"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=127638"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=127638"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=127638"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}