{"id":126962,"date":"2020-03-04T15:51:27","date_gmt":"2020-03-04T13:51:27","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=126962"},"modified":"2020-03-18T10:27:14","modified_gmt":"2020-03-18T08:27:14","slug":"hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\/","title":{"rendered":"Hoe verskil Covid-19 van griep en verkoue?"},"content":{"rendered":"<p><em>Hoe verskil Covid-19 van griep en verkoue? deur Salom\u00e9 Delport. Hooffoto: iStock\/<a class=\"photographer\" href=\"https:\/\/www.istockphoto.com\/za\/portfolio\/Kira-Yan?mediatype=photography\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Kira-Yan<\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Besoek <a href=\"https:\/\/sacoronavirus.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">sacoronavirus.co.za<\/a> vir goeie inligting en vir meer nuus oor COVID-19<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Covid-19: nie meer \u00e1s nie, maar w\u00e1nneer<\/h4>\n<p>Die WGO aanvaar nou Covid-19 <a href=\"https:\/\/www.who.int\/health-topics\/coronavirus\/who-recommendations-to-reduce-risk-of-transmission-of-emerging-pathogens-from-animals-to-humans-in-live-animal-markets\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">as \u2019n nuwe menslike patogeen<\/a>.\u00a0Dit beteken dit is nou een van die tipiese siektes waarmee elkeen van ons in die toekoms vroe\u00ebr of later in kontak gaan kom \u2013 net soos griep en verkoue.<\/p>\n<p>Na al die skrikbeelde op TV is dit begryplik dat baie mense paniekerig voel. Maar bly kalm, en vermy die lees en verspreiding van fopnuus.<strong> Onthou, alles hang daarvan af of jy moontlik blootgestel was aan Covid-19.<\/strong><\/p>\n<p>Die positiewe kant is dat vier uit elke vyf van ons &#8211; byna almal &#8211; net ligweg siek sal raak. Dus sal die meeste van ons Covid-19 as \u2019n taamlik mak verkoue ervaar, net soos enige ander verkoue. Na \u2019n paar dae is jy weer jou ou self.<\/p>\n<p>Hopelik is jy dan ook bestand teen enige verdere infeksie met die virus.<\/p>\n<p>Niemand is egter seker of ons oor die algemeen bestandheid teen Covid-19 gaan kan opbou nie. Die ander coronavirusse wat verkoue veroorsaak kan jou immers jaar op jaar tref en elke jaar verkoue gee &#8211; gelukkig byna altyd net \u2019n ligte verkoue. Hopelik val Covid-19 ook in by hierdie patroon.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-wuhan-griep-chinese-corona-virus-hoe-gevaarlik-is-dit-regtig-vir-suid-afrikaners\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Alles wat jy nou moet weet oor die Coronavirus<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ernstiger graad van Covid-19<\/h4>\n<p>Die kommer is egter oor daardie een uit elke vyf wat ernstiger siek sal raak. Sal hulle dit oorleef?<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.who.int\/docs\/default-source\/coronaviruse\/who-china-joint-mission-on-covid-19-final-report.pdf\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">China het einde Februarie amptelik aan die WGO verslag gedoen<\/a>. Daarin onthul China dat aan die begin, voor teenmaatre\u00ebls ingebring is, een uit elke ses mense met simptome van Covid-19 gesterf het. Met ander woorde byna almal wat ernstiger siek geraak het, het gesterf. Die sterftesyfer het eers geval na 0.7%\u00a0 nadat China 50 000 beddens vir gespesialiseerde mediese sorg beskikbaar gestel het en absolute kwarantyn begin toepas het.<\/p>\n<p>(Die presiese woorde is: <em>In China, the overall CFR (crude fatality rate) was higher in the early stages of the outbreak (17.3% for cases with symptom onset from 1- 10 January) and has reduced over time to 0.7% for patients with symptom onset after 1 February.)<\/em><\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-ervaring-in-china-met-die-coronavirus-een-leser-vertel\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Ons ervaring in China met Covid-19: Een leser vertel<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe weet jy jy het COVID-19?<\/h4>\n<p>Feit is dat ons almal steeds gewone verkoues of griep kan kry. Elke hoesie beteken nie noodwendig jy het Covid-19 nie. Jy kan dalk maar net \u2019n gewone verkouetjie h\u00ea, of dalk selfs griep. Griep word deur \u2019n heel ander virus (die influenza-virus) veroorsaak, terwyl verkoues deur \u2019n hele groep ander virusse as slegs die coronavirusse (waarvan Covid-19 een is) veroorsaak word. Jy kan dus griep \u00f3f verkoue \u00f3f Covid-19 kry. \u2018Lees\u2019 jou simptome so:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Simptome van verkoue<\/h4>\n<p>So herken jy \u2019n verkoue:<\/p>\n<p>\u2019n Verkoue sentreer om jou boonste lugwe\u00eb, neus en sinusse. Die algemeenste tekens is dat jy baie nies en \u2019n seer keel het. Jou neus loop en jou o\u00eb kan traan.<\/p>\n<p>Jou neus kan toe wees, omdat jou sinusse opswel. Aanvanklik is die afskeiding uit jou neus waterig en helder. Later raak dit dikker en taaier.<\/p>\n<p>Jy het egter nie juis koors nie, of dalk \u2019n ligte koors.<\/p>\n<p>Nog \u2019n ding: jy hoes nie. As jy wel hoes begin dit begin tipies eers nadat jy \u2019n ten minste drie dae siek was.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Simptome van griep<\/h4>\n<p>\u2019n Griep laat jou tipies baie sieker voel as \u2019n verkoue. Verder voel jy griep in jou lyf eerder as rondom jou sinusse en neus. Die simptome van griep is eerder koors en pyn as die genies wat verkoues kenmerk.<\/p>\n<p>Griepsimptome lyk tipies so:<\/p>\n<p>Jy is koorsig, met \u2019n koors rondom 38C. Kouekoors is algemeen.<\/p>\n<p>Jy is tipies bitter moeg, en jou lyf en kop is seer.<\/p>\n<p>Jou gewrigte en spiere is seer.<\/p>\n<p>Mense met griep nies en hoes meestal nie, tensy kompikasies intree.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Simptome van Covid-19<\/h4>\n<p>Volgens die Chinese verslag wat aan die WGO voorgel\u00ea is kan al die simptome van lig tot erg wees. Dus, as jy koors het kan dit van lig tot hoog wees. Daarom is dit moeilik om simptome te spesifiseer. Maar let veral op as jy \u2019n ho\u00eb koors het, ontsettend moeg is en van die begin af hoes. Die simptome begin gemiddeld 5-6 dae na kontak met iemand met die virus.<\/p>\n<p>Nege uit elke tien (87.9%) mense het duidelik \u2019n taamlik ho\u00eb koors van 38\u00b0C en meer. Die ander onderskeidende vroe\u00eb simptoom is \u2019n aanhoudende dro\u00eb hoes, by twee uit elke drie (67.7%) mense. Party hoes lig; by ander is die gehoes ontsettend erg. \u2019n Derde van mense produseer slym (sputum). Dit is juis deur hierdie hoes en slym dat die virus van mens tot mens versprei (druppelverspreiding).<\/p>\n<p>In erger gevalle raak mense kortasem (een in vyf, of so 18%). Kortasemigheid is \u2019n baie slegte teken, aangesien dit kan lei tot \u2019n ligte tot erge tot fatale longonsteking.<\/p>\n<p>Daar is ook ander simptome wat kan dui op infeksie met Covid-19. Hierdie simptome herinner mens sterk aan griep. Party mense het \u2019n seer keel (14%), met lyf \u2013en gewrigspyne (15%), hoofpyn (14%) en kouekoors (11%) soos by griep.<\/p>\n<p>Dan is daar twee bykomende simptome wat nie by griep en verkoue voorkom nie: \u2019n Klein getal mense voel en raak naar (5%) en sowat 4% ontwikkel diarree. Dit is potensieel moontlik om deur kontak met hierdie uitskeidings aan te steek maar niemand weet dit vir seker nie. Dit is ook reeds bekend dat die virus vier tot vyf weke lank steeds in die feses uitgeskei word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die grootste verskille in simptome van Covid-19 teenoor griep en verkoue<\/h4>\n<p>Die grootste verskille in simptome van Covid-19 teenoor griep en verkoue kom op nies, hoes en koors neer. Vra jouself hierdie drie vrae:<\/p>\n<ul>\n<li>Het my siekte begin met \u2019n taamlike koors?<\/li>\n<li>Het my siekte begin met \u2019n hoes?<\/li>\n<li>Het my siekte begin met \u2019n genies?<\/li>\n<\/ul>\n<p>Onthou hierdie selfdiagnose is net \u2019n bre\u00eb riglyn. As jou simptome jou &#8216;positief&#8217; diagnoseer, is dit tyd om jou dokter te bel vir \u2019n professionele mening. Anders kan jy ontspan! Interpreteer jou antwoorde so:<\/p>\n<ul>\n<li>As jy <strong>nie juis koorsig is nie maar taamlik baie nies<\/strong>\u00a0is die kans goed dat jy verkoue het &#8211; veral as jou neus baie loop en jy voel asof die simptome op jou neus en sinusse fokus.<\/li>\n<li>As jy <strong>taamlik koorsig is en nie hoes nie <\/strong>is die kans goed dat jy griep het &#8211; veral as jou kop, spiere en gewrigte seer is en jy bitter moeg is.<\/li>\n<li>As jy<strong> taamlike ho\u00eb koors bo 37\u00b0C en \u2019n aanhoudende dro\u00eb hoes het<\/strong> is daar \u2019n kans dat jy Covid-19 het &#8211; veral as jy kortasem is, en as jou kop, keel, lyf en spiere en gewrigte seer is.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Weer eens, onthou, alles hang daarvan af of jy moontlik blootgestel was aan Covid-19.<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die beste behandeling vir Covid-19<\/h4>\n<p>Wat kan jy doen as jy of iemand in jou huis siek is?<\/p>\n<p>Dr. Angelique Coetzee s\u00ea dat ons self-kwarantyn sal moet toepas. Met ander woorde as selfs net een persoon in jou gesin Covid-19 het sal jy en jou huismense in jul huis moet bly vir \u2019n volle veertien dae. Sy glo ons verstaan nie die volle implikasies daarvan nie. Dinge soos kos koop en skoolgaan is vir sulke gesinne buite die kwessie, en vir mense wat vir hulself werk, sal die werksplek en maandelikse inkomste dus dalk ontwrig word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Watter medisyne is die beste vir Covid-19?<\/h4>\n<p>Dit lyk asof ons onsself tuis sal moet behandel. Op hierdie stadium word mense met Covid-19 simptomaties behandel. Met ander woorde jy gebruik medikasie wat jou simptome verlig, net soos met \u2019n gewone verkoue. As jou kop seer is drink jy \u2019n pynpil.<\/p>\n<p>Dr. Coetzee beveel aan dat jy jou dokter bel en jou simptome beskryf. Jou dokter sal dan op grond daarvan medikasie aanbeveel en voorskryf. Jy sal dit by die apteek moet bestel en laat aflewer, eerder as om dit self af te haal en ander aan te steek.<\/p>\n<p>Daar is egter een simptoom wat die uitsondering op die re\u00ebl is: as jy kortasem raak, bel dadelik jou dokter. Jy sal hom\/haar steeds nie kan gaan spreek nie maar hulle sal jou help met verdere medikasie en versorging.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons sal Covid-19 moet leer ken en moet verstaan hoe dit van griep en verkoue verskil, aangesien die WGO dit nou as \u2019n nuwe menslike siekte aanvaar wat ons elkeen moontlik vorentoe gaan opdoen. Daarby is dit vir \u2019n tot nou toe onidentifiseerbare groep \u2019n uiters gevaarlike siekte. <\/p>\n","protected":false},"author":19,"featured_media":127092,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[136,2792,23664],"class_list":["post-126962","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-leef-gesond","tag-health"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Hoe verskil Covid-19 van griep en verkoue? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Ons sal Covid-19 moet leer ken en moet verstaan hoe dit van griep en verkoue verskil, aangesien die WGO dit nou as \u2019n nuwe menslike siekte aanvaar.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Hoe verskil Covid-19 van griep en verkoue? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ons sal Covid-19 moet leer ken en moet verstaan hoe dit van griep en verkoue verskil, aangesien die WGO dit nou as \u2019n nuwe menslike siekte aanvaar.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-03-04T13:51:27+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2020-03-18T08:27:14+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/iStock-1205872351.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1254\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"836\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Salome Delport\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Salome Delport\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Salome Delport\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\"},\"headline\":\"Hoe verskil Covid-19 van griep en verkoue?\",\"datePublished\":\"2020-03-04T13:51:27+00:00\",\"dateModified\":\"2020-03-18T08:27:14+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\\\/\"},\"wordCount\":1389,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/03\\\/iStock-1205872351.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"leef gesond\",\"health\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2020\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\\\/\",\"name\":\"Hoe verskil Covid-19 van griep en verkoue? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/03\\\/iStock-1205872351.jpg\",\"datePublished\":\"2020-03-04T13:51:27+00:00\",\"dateModified\":\"2020-03-18T08:27:14+00:00\",\"description\":\"Ons sal Covid-19 moet leer ken en moet verstaan hoe dit van griep en verkoue verskil, aangesien die WGO dit nou as \u2019n nuwe menslike siekte aanvaar.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/03\\\/iStock-1205872351.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/03\\\/iStock-1205872351.jpg\",\"width\":1254,\"height\":836,\"caption\":\"New official Coronavirus name adopted by World Health Organisation is COVID-19. Inscription COVID-19 on blue background\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Hoe verskil Covid-19 van griep en verkoue?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\",\"name\":\"Salome Delport\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Salome Delport\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Hoe verskil Covid-19 van griep en verkoue? | rooi rose","description":"Ons sal Covid-19 moet leer ken en moet verstaan hoe dit van griep en verkoue verskil, aangesien die WGO dit nou as \u2019n nuwe menslike siekte aanvaar.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Hoe verskil Covid-19 van griep en verkoue? | rooi rose","og_description":"Ons sal Covid-19 moet leer ken en moet verstaan hoe dit van griep en verkoue verskil, aangesien die WGO dit nou as \u2019n nuwe menslike siekte aanvaar.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2020-03-04T13:51:27+00:00","article_modified_time":"2020-03-18T08:27:14+00:00","og_image":[{"width":1254,"height":836,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/iStock-1205872351.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Salome Delport","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Salome Delport","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\/"},"author":{"name":"Salome Delport","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13"},"headline":"Hoe verskil Covid-19 van griep en verkoue?","datePublished":"2020-03-04T13:51:27+00:00","dateModified":"2020-03-18T08:27:14+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\/"},"wordCount":1389,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/iStock-1205872351.jpg","keywords":["Gesondheid","leef gesond","health"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2020","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\/","name":"Hoe verskil Covid-19 van griep en verkoue? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/iStock-1205872351.jpg","datePublished":"2020-03-04T13:51:27+00:00","dateModified":"2020-03-18T08:27:14+00:00","description":"Ons sal Covid-19 moet leer ken en moet verstaan hoe dit van griep en verkoue verskil, aangesien die WGO dit nou as \u2019n nuwe menslike siekte aanvaar.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/iStock-1205872351.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/iStock-1205872351.jpg","width":1254,"height":836,"caption":"New official Coronavirus name adopted by World Health Organisation is COVID-19. Inscription COVID-19 on blue background"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-verskil-covid-19-van-griep-en-verkoue\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Hoe verskil Covid-19 van griep en verkoue?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13","name":"Salome Delport","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","caption":"Salome Delport"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/126962","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/19"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=126962"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/126962\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/127092"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=126962"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=126962"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=126962"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}