{"id":126285,"date":"2025-05-15T16:48:44","date_gmt":"2025-05-15T14:48:44","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=126285"},"modified":"2025-05-15T16:48:08","modified_gmt":"2025-05-15T14:48:08","slug":"16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\/","title":{"rendered":"16 redes vir erektiele disfunksie en wat jy daaraan kan doen"},"content":{"rendered":"<p><em>16 redes vir erektiele disfunksie en wat jy daaraan kan doen deur Mariette Snyman<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Net nie dit nie!<\/h4>\n<p>Vrees het \u2019n verlammende uitwerking &#8211; veral \u2019n vrees wat verswyg word. In ons \u201cverligte\u201d samelewing, waar talle taboes ironies genoeg steeds seks en seksualiteit geld, word daar selde gemaklik oor erektiele disfunksie gepraat.<\/p>\n<p>Dit terwyl die probleem wyd voorkom en baie mans laat wakker l\u00ea, hul selfbeeld knou en hul verhoudings ingrypend raak.<\/p>\n<p>Wat behels hierdie emosioneel gelade verskynsel?<\/p>\n<p>Erektiele disfunksie of ED word omskryf as die onvermo\u00eb om \u2019n ereksie te kry of te behou wat styf genoeg is om \u2019n vagina met geslagsgemeenskap te penetreer.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-episode-3-seisoen-1-erektiele-disfunksie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Alles wat jy nou moet weet oor erektiele disfunksie &#8211; en wat julle daaroor kan doen<\/a><\/p>\n<p>In Seisoene van seks (Naledi, 2009) skryf kliniese seksuoloog Leandie Buys dat ED nie \u2019n siekte is nie, maar die simptoom van \u2019n dieperliggende probleem. ED moet ook nie verwar word met \u2019n lae libido (min belangstelling in seks) of met die onvermo\u00eb om \u2019n orgasme te kry of te ejakuleer nie.<\/p>\n<p>ED is nie ongewoon nie. Baie mans sukkel soms om \u2019n ereksie te verkry of te behou. Omtrent 40% van alle mans bo veertig, 50% van die mans bo 50, 60% van die mans bo 60 en 70% van alle mans bo 70 ervaar soms di\u00e9 probleem.<\/p>\n<p>Afgesien van veroudering, obesiteit, dwelm- en oormatige alkoholgebruik kan verskeie faktore tot ED aanleiding gee. Fisieke oorsake sluit diabetes, ho\u00eb bloeddruk, ho\u00eb cholesterol en hartvatsiektes in. Die newe-effekte van sekere soorte voorgeskrewe medikasie, soos betablokkers en antidepressante, kan ook daartoe lei.<\/p>\n<p>Om die oorsprong van ED te bepaal en die toestand doeltreffend te behandel, is nie heeltemal so eenvoudig as wat dit op die oog af lyk nie.<\/p>\n<p>\u201cDoeltreffende seksuele funksionering is \u2019n komplekse proses wat sielkundige en sosiale reaksies, sowel as neurologiese, biochemiese en vaskul\u00eare prosesse insluit,\u201d s\u00ea dr. Woolf Solomon, kliniese sielkundige en seksterapeut van Johannesburg.<\/p>\n<p>\u201cSelfs wanneer ED \u2019n duidelike fisieke oorsaak het, is daar gewoonlik ook sielkundige aspekte betrokke. Soms is die oorsaak suiwer psigologies. Dis vir baie mans \u2019n groot verligting as ek hulle gerusstel dat die probleem in hul kop ontstaan het. Ek noem dit die <em>worry problem<\/em>, en dit kan suksesvol opgelos word.<\/p>\n<p>\u201cEen geval wat my bybly, is \u2019n groot, sterk man wat op 36 n\u00e1 \u2019n hewige drinksessie erektiele disfunksie ervaar het. Hy het \u2019n dokter gaan spreek en moes hoor dat hy impotent was en nooit weer seks sou kon h\u00ea nie. Hy het twaalf jaar lank seksuele kontak met vroue vermy. Hy het begin spiere pomp en gereeld in gevegte betrokke geraak. Met ons eerste afspraak het ek vasgestel<br \/>\ndat hy steeds suksesvol masturbeer en soggens met \u2019n ereksie wakker word. Ek het ges\u00ea die probleem l\u00ea nie op fisieke vlak nie. Hy het net daar in trane uitgebars. N\u00e1 drie of vier terapiesessies het hy weer begin <em>date<\/em>, en later \u2019n normale seksuele verhouding gehad.\u201d<\/p>\n<p>Elke geval is uniek, en dr. Solomon werk dikwels saam met spesialiste soos urolo\u00eb, hoewel hy op die sielkundige oorsake van ED fokus. Dit is ook die fokus van di\u00e9 artikel.<\/p>\n<p>Dr. Solomon is aan die woord:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>1. Prestasie-angs<\/h4>\n<p>Onrealistiese en obsessiewe besorgdheid oor seksuele prestasie is een van die algemeenste redes vir voortdurende erektiele disfunksie. Dit het veral betrekking op mans met bestaande erektiele<br \/>\nprobleme of mans wat premature ejakulasie ervaar. \u2019n Man kan hom so bekommer of hy \u2019n ereksie sal kry en dit lank genoeg sal behou om gemeenskap te voltrek en sy maat te bevredig, dat hy begin voel hy moet dit \u201claat gebeur\u201d.<\/p>\n<p>\u2019n Ereksie is \u2019n natuurlike reaksie op erotiese stimulasie. Dit kan nie deur wilskrag tot stand gebring word nie.<\/p>\n<p>Inteendeel, intense, negatiewe fokus het die teenoorgestelde uitwerking.<\/p>\n<p>Ek kom agter dat mans in di\u00e9 omstandighede met hul geslagsorgane begin praat en smeek dat hulle volgens verwagting moet reageer.<\/p>\n<p>Hierdeur distansieer hulle hulle van hul liggame en van die seksuele opwekkingsproses; emosioneel word hulle toeskouers.<\/p>\n<p>Ek s\u00ea gewoonlik: \u201cHou op om met jou penis te praat, praat liewer met jou maat!\u201d<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-die-beste-orgasmes-en-seksuele-bevrediging-op-elke-ouderdom-te-kry\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoe om die beste orgasmes en seksuele bevrediging op enige ouderdom te kry<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>2. Negatiewe verwagtings<\/h4>\n<p>Wanneer een \u201cmislukking\u201d op die ander volg, verw\u00e1g die man en sy maat dit later. Dit word \u2019n <em>selffulfilling prophecy.<\/em> Hierdie bose kringloop kan ED as \u2019n patroon vestig en selfs tot die staak<br \/>\nvan seksuele aktiwiteit lei.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mans-moet-dokter-toe-gaan-as-hulle-enige-van-hierdie-7-tekens-sien\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Mans moet dokter toe gaan as hulle enige van hierdie 7 tekens sien<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>3. Angs en depressie<\/h4>\n<p>Angs en depressie word in die re\u00ebl as die kernoorsaak van ED gesien. Dit kan die gevolg wees van nieseksuele kommerwekkende kwessies, of spesifiek te doen h\u00ea met prestasie in die slaapkamer.<\/p>\n<p>Indien angs en depressie nie die oorsaak van ED is nie, is dit dikwels die gevolg.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-episode-4-depressie-en-seksuele-gesondheid\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat jy nou moet weet oor seks en depressie<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/12-tekens-dat-jou-depressie-beter-is\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">12 tekens wat wys dat jou depressie beter is &#8211; en wat om te doen as jy nog nie beter voel nie<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>4. Verhoudingsprobleme<\/h4>\n<p>Verhoudingsprobleme kan tot ED aanleiding gee, en dit ook in stand hou. As een van die verhoudingsmaats \u2019n wrok teen die ander koester, of as die toegeneentheid tussen hulle verdwyn, raak dit moeilik om \u2019n bevredigende seksuele verhouding vol te hou.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-s1-episode-15-seksuele-orientasie-en-seksuele-gedrag-met-delene-van-dyk\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat jy nou moet weet oor seksuele ori\u00ebntasie en seksuele gedrag<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>5. Swak kommunikasie<\/h4>\n<p>Uit kulturele en godsdienstige oogpunte word seks dikwels as \u201cvuil\u201d of ongewens beskou, en oop kommunikasie daaroor word beswaarlik aangemoedig.<\/p>\n<p>Daarom praat min mense maklik en sonder voorbehoud oor hul ervaring van seks, selfs met hul verhoudingsmaats. Baie paartjies wat met seksuele disfunksie worstel, doen dit in stilte. S\u00f3 word daar nie oor een van die twee se intieme begeertes en behoeftes gepraat nie en boonop begin hulle gewoonlik raai wat die ander een dink en voel \u2013 met noodlottige gevolge.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-episode-9-die-dieper-betekenis-van-seks-met-dr-melodie-de-jager\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Die dieper betekenis van seks<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>6. Spanning<\/h4>\n<p>Werk-, gesins- of persoonlike stres wat nie sinvol bestuur word nie, kan seksuele begeerte be\u00efnvloed en tot erektiele disfunksie bydra. Baie mans ervaar fisieke, sielkundige en emosionele simptome wat moegheid, \u2019n toename in spierspanning en veranderinge in kardiovaskul\u00eare funksionering insluit. Die intensiteit daarvan hang af van die persoon se persoonlikheid en algemene<br \/>\nvermo\u00eb om stres te hanteer.<\/p>\n<p>Die tydsdruk eie aan ons manier van leef vererger hierdie probleem. Mans, en paartjies, maak dikwels nie tyd om erektiele disfunksie te bespreek en oplossings te soek nie. Seksuele kontak, sowel as kommunikasie hieroor, word eenvoudig vir lang tye vermy.<\/p>\n<p>Stres plaas die sekshormone onder druk en die gevolglike gebrek aan seksuele begeerte vererger die loop wat ED neem.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-seisoen-2-episode-14-hoe-om-angstigheid-en-uitbranding-te-hanteer\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoe om angstigheid en uitbranding aan te spreek<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-s2-episode-19-kan-oefening-n-gelukkiger-jy-tot-gevolg-he-met-teresa-coetzee\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoe oefening jou gelukkiger kan maak<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>7. Buitehuwelikse verhoudings<\/h4>\n<p>ED word dikwels voorafgegaan deur die man se ontdekking dat sy vrou \u2019n affair (gehad) het. Wanneer die man \u2019n affair het, kan skuldgevoelens ook tot ED lei.<\/p>\n<p>Ontrouheid is meestal \u2019n aanduiding van ander probleme in die verhouding en kan lig op die verloop van erektiele disfunksie werp.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-episode-12-die-menslike-papilloomvirus-of-mpv-met-dr-elna-mcintosh\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Die Menslike Papilloomvirus en hoe dit jou gesondheid kan affekteer<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>8. Nuwe verhoudings<\/h4>\n<p>Nuwe verhoudings, veral wanneer iemand voorheen dekades lank getroud was, hou groot uitdagings in. Soms voel \u2019n man wat weer met vroue begin uitgaan so onseker soos \u2019n tiener. Mans wat hul lewensmaat verloor het, worstel dikwels met skuldgevoelens wanneer hulle \u2019n nuwe seksuele verhouding aanknoop. Dit kan ED aanhelp.<\/p>\n<p>Ek spreek ook soms mans wat moeite doen om hul nuwe liefde vir \u2019n idilliese naweek na \u2019n pragtige omgewing te neem, en dan so angstig raak dat hulle erektiele disfunksie ervaar.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/6-redes-hoekom-seks-jou-goed-doen\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">6 redes hoekom seks goed vir jou is<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>9. Onrealistiese verwagtings<\/h4>\n<p>Mense se individuele seksuele verwagtings bepaal grootliks die mate van tevredenheid wat hulle in die verhouding ervaar. Onrealistiese verwagtings kan ED veroorsaak. Mans voel soms vroue verwag dat hulle op aanvraag \u2019n ereksie behoort te kry, dat hul ereksies altyd kliphard moet wees, dat hulle altyd hul maats volkome moet bevredig of dat die seksuele ontmoeting skouspelagtig moet wees. Niemand kan aan hierdie verwagtings voldoen nie.<\/p>\n<p>Soms stel mans onhaalbare eise aan hulself. Dit wat in die media as normale \u201cmanmoedigheid\u201d uitgebeeld word, moet met \u2019n knypie sout geneem word.<\/p>\n<p>Sommige mans kyk na pornografie en besef nie dat pornosterre inspuitings kry om so te presteer en in elk geval op grond van hul besondere bou gekies word nie. Hierdie \u201chelde\u201d is kwalik die maatstaf vir gewone mense. Dis ook onrealisties om op 55 te verwag dat jy jou \u201cprestasie\u201d op 20 moet kan ewenaar. Die feit dat vroue in hul sestigerjare \u2019n tweede seksuele piek bereik (die eerste<br \/>\nis in hul dertigs) kan ook komplikasies veroorsaak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>10. Slegte ervarings<\/h4>\n<p>\u2019n Tipiese voorbeeld hiervan is \u2019n jong man wat my kom spreek het. Hy het op 18 sy eerste seksuele belewenis gehad &#8211; \u2019n skelm vryery op die agterste sitplek van \u2019n motor &#8211; wat hy nie op \u2019n ontspanne manier kon geniet nie. Latere seksuele ontmoetings was geensins rustiger of in bevorderlike omstandighede nie. Uiteindelik het \u2019n ouer vrou hom touwys gemaak, maar<br \/>\nsy het baie meer van hom ge\u00ebis as wat hy kon gee. Dit het hom getraumatiseer en tot erektiele disfunksie gelei.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>11. Die verlies van aangetrokkenheid<\/h4>\n<p>ED weerspie\u00ebl soms die feit dat een van die maats nie meer tot die ander een aangetrokke voel nie. Dit kan die gevolg wees van gewigstoename of \u2019n simptoom van emosionele<br \/>\nprobleme in die verhouding (hoewel ek eenmaal \u2019n paartjie behandel het waar die vrou 48 kg oorgewig was en seks was volgens albei die \u00e9\u00e9n bevredigende aspek van hul verhouding).<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-s1-e16-skep-meer-intimiteit-in-jou-verhouding\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoe om meer intimiteit in jou verhouding te skep<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-s2-e1-vroue-ons-selfbeeld-en-hoe-dit-ons-geluk-beinvloed-met-dr-ansie-gous\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Vroue, ons selfbeeld, en hoe dit ons geluk be\u00efnvloed<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-episode-9-die-rol-van-die-onbewuste-in-gewigsverlies-met-karin-bronkhorst\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoe jy jou onbewuste aan jou kant kan kry met gewigsverlies<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-seisoen-2-episode-15-hoe-om-vir-jouself-mooi-te-word-en-te-bly\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoe om vir jouself mooi te word en te bly<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>12. Disfunksie by jou maat<\/h4>\n<p>Erektiele disfunksie kan voorafgegaan word deur seksuele disfunksie by die verhoudingsmaat.<\/p>\n<p>As \u2019n vrou byvoorbeeld sukkel om \u2019n orgasme te bereik of min belangstelling in seks toon, kan premature ejakulasie of ED die gevolg wees. \u2019n Toestand soos vaginisme, waar die vrou se vagina te styf is om penetrasie toe te laat, kan erektiele disfunksie versterk.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-seisoen-1-episode-1-pynlike-seks\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wanneer seks seer is vir vroue &#8211; wat jy nou moet weet oor vaginisme<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-s1-e7-vroue-menopouse-en-seks-met-dr-elna-rudolph\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat jy nou moet weet oor vroue, menopouse en seks<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>13. Verskille in begeerte<\/h4>\n<p>Twee mense is selde op dieselfde oomblik ewe honger. Net so kan daar groot verskille wees in \u2019n paartjie se seksdrang.<\/p>\n<p>Die samelewing versterk die mite dat mans \u201caltyd lus\u201d is en dat vroue dikwels \u201choofpyn\u201d kry, maar \u2019n vrou kan ook die een met die sterker begeerte na seks wees.<\/p>\n<p>Wanneer hierdie ongelykheid nie in oop gesprekke aangeroer word nie, kan die uiteenlopende verwagtings ED tot gevolg h\u00ea.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-oorsake-van-lae-libido-in-mans\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Die oorsake van lae libido in mans &#8211; en wat julle daaroor kan doen<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>14. Veroudering<\/h4>\n<p>Veroudering hoef nie tot seksuele disfunksie te lei nie. Die individu se reaksie op ouderdomsverwante veranderinge is bepalend vir die moontlike ontwikkeling van ED.<\/p>\n<p>Die meeste mans, veral di\u00e9 bo 50, word deur voorspelbare, normale veranderinge geraak. Seksuele begeerte mag verminder, meer direkte stimulasie van die genitalie\u00eb mag nodig wees en ereksies kan swakker wees as op 35 of 40.<\/p>\n<p>Algemene fisieke veranderinge soos gewigstoename en \u2019n afname in mobiliteit mag beteken dat baie mans (voel of hulle) hul aantreklikheid verloor. Sekere siektetoestande waarvan die voorkoms met ouderdom toeneem, soos hartvatsiektes, Parkinson se siekte, degeneratiewe gewrigstoestande en kwaadaardige siektetoestande, kan ook seksuele funksionering inperk. Die medikasie wat hiervoor gebruik word, speel dikwels ook \u2019n rol.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>15. Mites en wanvoorstellings<\/h4>\n<p>Oningeligtheid of onakkurate inligting kan \u2019n man vatbaar maak vir erektiele disfunksie of dit laat voortduur.<\/p>\n<p>As daar nie doeltreffende kommunikasie tussen verhoudingsmaats is nie, val \u2019n belangrike manier weg waarmee misverstande opgeklaar of nuwe ontdekkings oor jou maat gemaak kan word.<\/p>\n<p>Paartjies met seksuele probleme bestee dikwels toenemend minder tyd aan voorspel.<\/p>\n<p>\u2019n Man met premature ejakulasie of ED mag voorspel vermy omdat hy bang is hy raak te gou of onvoldoende gestimuleer.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-beter-oor-seks-te-praat\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoe om beter oor seks te praat<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>16. Sielkundige reaksie op organiese faktore<\/h4>\n<p>Die emosionele gevolge van ingrypende siektes of operasies kan seksuele aanpassing bemoeilik. Iemand wat nog nooit erektiele disfunksie ervaar het nie, kan dit ontwikkel weens trauma, siekte, medikasie of veroudering, wat weer \u2019n bose kringloop kan skep.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-episode-11-seks-en-kanker-met-dr-elna-mcintosh\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat elke paartjie oor seks en kanker moet weet<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-episode-13-diabetes-en-seksuele-gesondheid-met-dr-elna-mcintosh\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat jy moet weet oor seks en diabetes<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Daar is hulp!<\/h4>\n<p>\u201cMy ervaring is dat sielkundige terapie in die meeste gevalle vinnig en doeltreffend werk,\u201d s\u00ea dr Solomon. \u201cEk leer mans ontspannings- en visualiseringsoefeninge, en gebruik hipnoterapie om diepliggende kwessies aan te roer en die krag van die onbewuste tot die persoon se voordeel in te span.<\/p>\n<p>Indien nodig, word middels soos Viagra deel van die helingsproses maar ek neem altyd in ag dat hierdie soort medikasie die simptoom behandel, en nie die kernoorsaak nie. Die <em>boost<\/em> moet van binne kom.<\/p>\n<p>\u201cDie sintuiglike fokus-tegniek is \u2019n bykomende hulpmiddel; \u2019n praktiese manier waardeur mans en hul verhoudingsmaats mekaar sensueel kan leer ken en geniet sonder dat orgasme \u2019n hoofrol speel.<\/p>\n<p>\u201cHoe vroe\u00ebr \u2019n man met erektiele disfunksie hulp kry, hoe beter. Dit voorkom ook dat die skade aan sy liefdesverhouding reuse-afmetings aanneem. As daar komplekse persoonlikheidsprobleme is, neem die behandeling uiteraard langer.<\/p>\n<p>Die belangrikste is: daar is hulp!\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Nota vir vroue<\/h4>\n<p>\u201cEk spreek die vroue van mans met erektiele disfunksie graag afsonderlik,\u201d s\u00ea dr. Solomon.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Vrou in hierdie situasie sal dikwels s\u00ea dat sy huiwerig is om met haar maat te praat omdat sy bang is dit versterk sy gevoel van skaamte. Dis noodsaaklik dat die onderwerp bespreek word, maar dan moet dit met empatie en ondersteuning gedoen word. Kwetsende opmerkings of absolute eise maak die situasie net erger en ontneem die man nog meer van sy manlikheid.<\/p>\n<p>\u201cVroue voel dikwels dat hulle die oorsaak van hul mans se o\u00ebnskynlike gebrek aan belangstelling is. Kommunikasie kan di\u00e9 misverstand uit die weg ruim. Nes vroue van hul mans se liefde verseker wil word, wil mans met erektiele disfunksie ook beleef dat hulle aanvaar word en dat die probleem oorkom kan word.&#8221;<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-s1-e5-seksuele-etiket\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Alles wat jy oor seksuele etiket moet weet, en hoekom dit belangrik is om oor seks te kan praat<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dr Woolf Solomon: <a href=\"https:\/\/www.drwoolfsolomon.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">drwoolfsolomon.co.za<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Erektiele disfunksie is baie mans se grootste vrees. Watter faktore speel \u2019n rol, en hoe kan dit opgelos word?<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":153051,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,662],"tags":[135,136,1112,23443,23664,60333],"class_list":["post-126285","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-verhoudings","tag-gesondheid","tag-tussen-ons","tag-relationships","tag-health","tag-jou-lewe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>16 redes vir erektiele disfunksie en wat jy daaraan kan doen | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Erektiele disfunksie is baie mans se grootste vrees. Watter faktore speel \u2019n rol, en hoe kan dit opgelos word? Hier is die redes vir erektiele disfunksie\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"16 redes vir erektiele disfunksie en wat jy daaraan kan doen | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Erektiele disfunksie is baie mans se grootste vrees. Watter faktore speel \u2019n rol, en hoe kan dit opgelos word? Hier is die redes vir erektiele disfunksie\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-05-15T14:48:44+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/pexels-andrew-3132388.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"16 redes vir erektiele disfunksie en wat jy daaraan kan doen\",\"datePublished\":\"2025-05-15T14:48:44+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\\\/\"},\"wordCount\":2415,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/05\\\/pexels-andrew-3132388.jpg\",\"keywords\":[\"Verhoudings\",\"Gesondheid\",\"tussen ons\",\"relationships\",\"health\",\"jou lewe\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\\\/\",\"name\":\"16 redes vir erektiele disfunksie en wat jy daaraan kan doen | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/05\\\/pexels-andrew-3132388.jpg\",\"datePublished\":\"2025-05-15T14:48:44+00:00\",\"description\":\"Erektiele disfunksie is baie mans se grootste vrees. Watter faktore speel \u2019n rol, en hoe kan dit opgelos word? Hier is die redes vir erektiele disfunksie\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/05\\\/pexels-andrew-3132388.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/05\\\/pexels-andrew-3132388.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"16 redes vir erektiele disfunksie en wat jy daaraan kan doen\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"16 redes vir erektiele disfunksie en wat jy daaraan kan doen | rooi rose","description":"Erektiele disfunksie is baie mans se grootste vrees. Watter faktore speel \u2019n rol, en hoe kan dit opgelos word? Hier is die redes vir erektiele disfunksie","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"16 redes vir erektiele disfunksie en wat jy daaraan kan doen | rooi rose","og_description":"Erektiele disfunksie is baie mans se grootste vrees. Watter faktore speel \u2019n rol, en hoe kan dit opgelos word? Hier is die redes vir erektiele disfunksie","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-05-15T14:48:44+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/pexels-andrew-3132388.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"16 redes vir erektiele disfunksie en wat jy daaraan kan doen","datePublished":"2025-05-15T14:48:44+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\/"},"wordCount":2415,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/pexels-andrew-3132388.jpg","keywords":["Verhoudings","Gesondheid","tussen ons","relationships","health","jou lewe"],"articleSection":["Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\/","name":"16 redes vir erektiele disfunksie en wat jy daaraan kan doen | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/pexels-andrew-3132388.jpg","datePublished":"2025-05-15T14:48:44+00:00","description":"Erektiele disfunksie is baie mans se grootste vrees. Watter faktore speel \u2019n rol, en hoe kan dit opgelos word? Hier is die redes vir erektiele disfunksie","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/pexels-andrew-3132388.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/pexels-andrew-3132388.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/16-redes-vir-erektiele-disfunksie-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"16 redes vir erektiele disfunksie en wat jy daaraan kan doen"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/126285","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=126285"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/126285\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/153051"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=126285"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=126285"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=126285"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}