{"id":126149,"date":"2023-03-14T16:05:58","date_gmt":"2023-03-14T14:05:58","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=126149"},"modified":"2023-03-14T16:05:06","modified_gmt":"2023-03-14T14:05:06","slug":"13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\/","title":{"rendered":"13 dinge wat elke vrou oor eierselbevriesing moet weet"},"content":{"rendered":"<p><em>13 dinge wat elke vrou oor eierselbevriesing moet weet deur Salom\u00e9 Delport. Foto: luismmolina\/istock images<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Eierselvriesing: Kyk hierna<\/h4>\n<p>Die vriesbewaring van jou eierselle sodat jy jou eerste baba kan uitstel tot iewers in die veertig, of selfs tot op vyftig, is nie meer eksperimenteel nie. Dit is ook nie meer net vir jong vroue wat weens kanker of ander siektes hul kans op kinders probeer behou nie. Inteendeel. Dit is vir j\u00f3\u00fa. Veral as jy 30 plus is en nog nie met \u2019n gesin wil begin nie.<\/p>\n<p>Die sukseskoers is nou so goed dat vrugbaarheidsklinieke hierdie diens roetinegewys aanbied.<\/p>\n<p>Maar dis duur \u2013 en \u2019n mens wonder oor die risiko\u2019s vir jou en jou potensi\u00eble baba wat uit hierdie diepbevrore eierselletjies moet ontwikkel. Wat moet jy vooraf hieroor weet? Ons gesels met dr. Gerhard Hanekom van die Kaapse Aevitas-vrugbaarheidskliniek.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>1. Hoekom beveel jy as vrugbaarheidspesialis dit so sterk aan?<\/h4>\n<p>Die kort antwoord is \u201cwant jy kan, en ons kan\u201d. Laat ek verduidelik: die grootste enkele faktor wat jou vrugbaarheid bepaal, is die ouderdom van jou eierselle \u2013 en dus jou ouderdom.<\/p>\n<p>Min vroue besef h\u00f3\u00e9 skerp hul vrugbaarheid na hul middel-dertigs val: n\u00e1 35 raak net ses uit elke tien vroue vanself swanger; n\u00e1 veertig raak net twee uit tien vanself swanger. Die res moet hulp kry.<\/p>\n<p>Maar as jy teen dertig (of darem voor 35) jou nog taamlik jong eierselle laat bewaar het, kan ons jou beslis help swanger raak. Dus glo ek dit is tyd dat die meerderheid vroue wat \u2019n vrugbaarheidskliniek besoek, vroue onder 35 behoort te wees wat kom om deur eierselvriesing voorkomend te beplan, eerder as vroue bo 35 wat kom vir behandeling weens verlore vrugbaarheid, soos dit nou die geval is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>2. As jou ova ouer word, word jou baarmoeder seker ook te oud om \u2019n baba te dra?<\/h4>\n<p>Glad nie! Die baarmoeder bly goed funksioneer tot selfs op sestig. Die bepalende faktor is nie jou baarmoeder nie maar die gehalte van jou ova. Oorsee word vroue van selfs 55 gehelp om swanger te raak. In Suid-Afrika is die informele afsnypunt rondom vyftig. \u2019n Mens moet in ag neem dat jy gesond genoeg moet wees om die kind deur te sien tot op minstens twintig \u2013 wanneer jy dan sewentig sal wees.<\/p>\n<p>(Ons nota: die DBV laat jou nie toe om \u2019n babakatjie aan te neem as jy bo sestig is nie. Dit laat jou dink \u2026 )<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>3. Het jy met die skenking ook reeds manlike sperm nodig \u2013 met ander woorde kan jy skenk sonder dat \u2019n man betrokke is?<\/h4>\n<p>Ons kan ova (jou eie onbevrugte eierselletjies) of embrio\u2019s (jou eierselletjies wat met sperm bevrug is) vriesbewaar. Embriovriesing word al baie lank en met groot sukses gedoen. Maar baie vroue onder 35 weet nog nie met wie hulle hul kinders gaan grootmaak nie. Daarom kom vriesbewaar hulle net hul ova. Die sperm \u2013 en wie s\u2019n \u2013 kom dan eers ter sprake wanneer jy wil swanger raak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>4. Hoe maklik is die proses om jou eierselle te vries, en dan daarmee swanger te raak?<\/h4>\n<p>As jy die roete van vriesbewaring volg, dink aan swangerskap as twee prosesse: Eers doen jy \u2019n ovaskenking aan jouself, wat sowat twee weke van behandeling behels. Daarna, wanneer jy met \u2019n gesin wil begin en nie binne \u2019n jaar vanself swanger raak nie, volg die normale proses van vrugbaarheidsbehandeling, spermskenking van jou maat (of \u2019n skenker) en inplanting van jou bevrugte ova. Dit neem ook twee weke per probeerslag.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>5. Laat die hormoonbehandelings jou sleg voel? Maak dit jou vet, soos vrugbaarheidsbehandeling?<\/h4>\n<p>Nee wat. Jy word maar net vir tien dae behandel. Daarom is die bietjie emosionaliteit, borsteerheid en buikswelling wat jy kan ondervind van verbygaande aard.<\/p>\n<p>Daarby gebruik ons in ons land vir stimulasie dat jy eierselle vrystel uiters veilige en matige GnRH-agoniste, eerder as sterker hormonale stimulante wat dikwels in Derdew\u00eareldlande gebruik word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>6. Die ova is belangrikste \u2013 wat word van hulle n\u00e1 hulle geoes is?<\/h4>\n<p>Hulle word binne twee uur by -196 \u00b0C in stikstof gevries deur \u2019n embrioloog wat hierin spesialiseer. By hierdie temperatuur kom alle metaboliese prosesse heeltemal tot stilstand, en kan die ova onbepaald lank perfek behoue bly, tot jy dit benodig.<\/p>\n<p>Ons weet dat ova maklik tien jaar behoue bly. Dit behoort langer ook te kan hou. Aangesien ovavriesing nog maar net sowat tien jaar algemeen gebruik word, weet ons nie wat n\u00e1 twintig en dertig jaar sal gebeur nie \u2013 en ook nie of dit sinvol is om die ova van tieners te probeer bewaar vir moontlike gebruik in hul veertigerjare nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>7. Gestel ek word vanself swanger n\u00e1 my eierselvriesing. Word my ova weggegooi? Is dit nie oneties nie?<\/h4>\n<p>Dit sal jou baie geld spaar as jy vanself swanger raak! Dink so oor die etiek rondom ongebruikte eierselle: elke maand sterf sowat duisend van jou eierselle in elk geval \u2013 sonder jou toedoen, sonder dat jy dit weet, of daaroor bekommerd is, of daarvoor verantwoordelik is. As jy en jou dokter nie betrokke geraak het nie, sou die geoeste eierselle in elk geval nie in babas ontwikkel het nie. Daar is werklik geen rede om skuldig of aandadig aan enige iets te voel nie.<\/p>\n<p>Onthou, jy is ten volle in beheer van wat met jou ova gebeur n\u00e1 vriesing, en ons hanteer dit volgens jou wense. Ons kan dit nie vernietig, of sonder jou toestemming gebruik nie.<\/p>\n<p>Gemiddeld word 12 &#8211; 20 ova geneem. Elke keer dat jy vir \u2019n swangerskapspoging terugkom, word sowat vyf ova ontvries en met jou maat se sperm of skenkersperm bevrug. As jy onder 35 is, is die kans op \u2019n suksesvolle swangerskap so goed dat ons net een embrio (bevrugte eiersel) terugsit; n\u00e1 35 sit ons twee embrio\u2019s terug en by vroue bo 40 sit ons tot drie embrio\u2019s terug. N\u00e1 die proses vries ons die ongebruikte embrio\u2019s sodat jy later kan terugkom vir \u2019n boetie of sussie.<\/p>\n<p>Jy besluit wat ons met die ongebruikte eierselle en embrio\u2019s moet doen. Dit kan weggegooi word, of vir opleiding of navorsing gebruik word. Baie vroue is gewillig om dit vir ovaskenking aan kinderloses te gee. So help hulle iemand anders.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>8. Wat as die vriesbewaringsmaatskappy hul deure toemaak?<\/h4>\n<p>Dit behoort nie te gebeur nie maar ova kan van een bergingsplek na \u2019n ander een oorgeplaas word. Jy kan selfs jou ova saamneem as jy emigreer of swangerskap in \u2019n ander land wil bewerkstellig.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>9. Wat is die kans op \u2019n kind met ernstiger gestremdheid n\u00e1 vriesbewaring? In jou liggaam bly ova immers altyd by liggaamstemperatuur?<\/h4>\n<p>Dit is al ondersoek. Sover wys die meeste ondersoeke dat gestremdhede soos Down-sindroom net so algemeen is onder die kinders van ouers wat natuurlik swanger geraak het, ouers wat hulp met bevrugting ontvang het, en selfs onder die kinders van ouers wat vriesbewaring gebruik het. Onthou ook dat gestremdhede soos Down-sindroom meer algemeen is onder kinders van ouer ma\u2019s wat sonder hulp swanger raak. Dit het nie met die tegniek te doen nie maar met die ouderdom van die ova wanneer jy swanger raak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>10. Kan ek te oud raak vir ovavriesing?<\/h4>\n<p>Ja, beslis. Dit is juis die probleem. N\u00e1 veertig is daar nie genoeg voordeel ten opsigte van koste en kans op sukses dat eierselskenking nog voordelig is nie.<\/p>\n<p>As jy oor dertig is en besef dat jy waarskynlik eers n\u00e1 35 met \u2019n gesin gaan begin, is dit wys om so gou moontlik \u2019n plan te maak. Hoe langer jy wag hoe groter is die kans dat jou ova nie meer so lewensvatbaar is nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>11. Kan ek te oud word vir in vitro bevrugting?<\/h4>\n<p>Nee wat, aangesien jou baarmoeder nie drasties verouder nie. As jy taamlik gesond leef, kan ons bevrugting deurvoer tot en met vyftig. As jy bo vyftg is, sal ons dit na \u2019n etiese komitee verwys en eers deeglike mediese evaluering doen. N\u00e1 55 sal ons dit nie in Suid Afrika doen nie. Maar jy moet in ag neem:<\/p>\n<ul>\n<li>Jy gaan \u2019n ouer ma wees. Sien jy kans om op sewentig \u2019n tiener te hanteer?<\/li>\n<li>Jou gesondheid as ouer vrou is bepalend. Vir swangerskap moet jou baarmoeder gesond wees \u2013 sonder probleme soos endometriose of servikale kanker.<\/li>\n<li>Jy s\u00e9lf moet gesond wees. Swangerskap as jy hartprobleme, diabetes of ho\u00eb bloeddruk het \u2013 almal baie algemeen onder vroue bo veertig \u2013 is gevaarlik vir jou en die baba.<\/li>\n<li>En dan kan ons nooit, ooit sukses waarborg nie. Ons kan wel jou kanse op swangerskap verbeter.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>12. Wat is die tipiese sukseskoers?<\/h4>\n<p>In vitro bevrugting (IVF) met eiers wat van \u2019n vrou jonger as 30 gevries is, kan tot \u2019n 70% suksessyfer h\u00ea. IVF met eiers wat tussen 30-35 gevries is, l\u00ea tipies tussen 40-50% en met eiers wat geoes is van vroue ouer as veertig is die sukseskoers onder 20%. Dit klink na \u2019n klein kans op sukses m\u00e1\u00e1r na veertig is jou kanse om natuurlik en vanself swanger te raak byna nul. Daardie 20% is dus dramaties ho\u00ebr.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>13. Hoeveel kos dit?<\/h4>\n<p>By ons kliniek kos ovavriesing rondom R32 000, met \u2019n verdere R10 000 tot R15 000 vir medikasie. Dit sluit wel vriesbewaring vir vyf jaar in, vir enige hoeveelheid ova.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Vir nog goeie gesondheidsraad, <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gesondheid\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">loer hier<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wat moet jy weet oor eierselbevriesing voor jy dit laat doen? Hier is 13 vrae sonder doekies omdraai <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":126151,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[136,2792,23664],"class_list":["post-126149","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-leef-gesond","tag-health"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>13 dinge wat elke vrou oor eierselbevriesing moet weet | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Wat moet jy weet oor eierselbevriesing voor jy dit laat doen? Hier is 13 vrae sonder doekies omdraai wat elke vrou oor eierselbevriesing moet weet\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"13 dinge wat elke vrou oor eierselbevriesing moet weet | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Wat moet jy weet oor eierselbevriesing voor jy dit laat doen? Hier is 13 vrae sonder doekies omdraai wat elke vrou oor eierselbevriesing moet weet\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-03-14T14:05:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/FEBEiersel01RR-scaled.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1071\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"13 dinge wat elke vrou oor eierselbevriesing moet weet\",\"datePublished\":\"2023-03-14T14:05:58+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\\\/\"},\"wordCount\":1545,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/02\\\/FEBEiersel01RR-scaled.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"leef gesond\",\"health\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\\\/\",\"name\":\"13 dinge wat elke vrou oor eierselbevriesing moet weet | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/02\\\/FEBEiersel01RR-scaled.jpg\",\"datePublished\":\"2023-03-14T14:05:58+00:00\",\"description\":\"Wat moet jy weet oor eierselbevriesing voor jy dit laat doen? Hier is 13 vrae sonder doekies omdraai wat elke vrou oor eierselbevriesing moet weet\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/02\\\/FEBEiersel01RR-scaled.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/02\\\/FEBEiersel01RR-scaled.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1071,\"caption\":\"13 dinge wat elke vrou oor eierselbevriesing moet weet\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"13 dinge wat elke vrou oor eierselbevriesing moet weet\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"13 dinge wat elke vrou oor eierselbevriesing moet weet | rooi rose","description":"Wat moet jy weet oor eierselbevriesing voor jy dit laat doen? Hier is 13 vrae sonder doekies omdraai wat elke vrou oor eierselbevriesing moet weet","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"13 dinge wat elke vrou oor eierselbevriesing moet weet | rooi rose","og_description":"Wat moet jy weet oor eierselbevriesing voor jy dit laat doen? Hier is 13 vrae sonder doekies omdraai wat elke vrou oor eierselbevriesing moet weet","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-03-14T14:05:58+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1071,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/FEBEiersel01RR-scaled.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"13 dinge wat elke vrou oor eierselbevriesing moet weet","datePublished":"2023-03-14T14:05:58+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\/"},"wordCount":1545,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/FEBEiersel01RR-scaled.jpg","keywords":["Gesondheid","leef gesond","health"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\/","name":"13 dinge wat elke vrou oor eierselbevriesing moet weet | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/FEBEiersel01RR-scaled.jpg","datePublished":"2023-03-14T14:05:58+00:00","description":"Wat moet jy weet oor eierselbevriesing voor jy dit laat doen? Hier is 13 vrae sonder doekies omdraai wat elke vrou oor eierselbevriesing moet weet","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/FEBEiersel01RR-scaled.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/FEBEiersel01RR-scaled.jpg","width":1920,"height":1071,"caption":"13 dinge wat elke vrou oor eierselbevriesing moet weet"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/13-dinge-wat-elke-vrou-oor-eierselbevriesing-moet-weet\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"13 dinge wat elke vrou oor eierselbevriesing moet weet"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/126149","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=126149"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/126149\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/126151"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=126149"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=126149"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=126149"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}