{"id":125829,"date":"2020-02-14T10:45:15","date_gmt":"2020-02-14T08:45:15","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=125829"},"modified":"2020-02-10T12:14:01","modified_gmt":"2020-02-10T10:14:01","slug":"vlam-hoofstuk-54-slot","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-54-slot\/","title":{"rendered":"Vlam hoofstuk 54: Slot"},"content":{"rendered":"<p><em>Vlam hoofstuk 54: Slot deur Martie Swanepoel. Hooffoto: iStock\/<a class=\"photographer\" href=\"https:\/\/www.istockphoto.com\/za\/portfolio\/Oleh_Slobodeniuk?mediatype=photography\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Oleh_Slobodeniuk<\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Voordat jy Vlam hoofstuk 54: Slot lees, moet jy eers opvang met die vorige hoofstukke!<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> Klik hier om van die begin af te lees.\u00a0<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vlam hoofstuk 54: Slot<\/h4>\n<p>Onder \u2018n koelteboom in die snikhete namiddag in Angola speel \u2018n rolprent in die kleine voor Niekie af. \u2018n Tragiese verhaal. Die storie van \u2018n klein seuntjie wat in \u2018n weermagkamp in Suid-Afrika grootgeword het onder die sadistiese heerskappy van \u2018n wrede, dronk pa.<\/p>\n<p>Sy hoor hoe die seuntjie en sy ma na haar Franse vaderland gevlug het vir \u2018n nuwe begin en hoe die pa later selfmoord gepleeg het.<\/p>\n<p>Marco en Duard se hegte band is in die Franse Vreemde Legioene gesmee. Die legioene het Duard die geleentheid gegee om \u2018n nuwe identiteit op te bou. Hy het as Ewerard du Preez daar ingestap en as Duard Wayne daar uitgestap.<\/p>\n<p>Hy het Melissa ontmoet en haar pa het die Hollywood-deure vir die paartjie oopgemaak.<\/p>\n<p>Eintlik ken sy die storie oor die seuntjie in die weermagkamp baie goed. Haar pa het dit een keer vir haar vertel. Nou weet sy hoekom haar pa se houding so skielik teenoor Duard verander het. Hy is Ewie se seun.<\/p>\n<p>Hoe vreemd is die toeval van gebeure? Hoekom moes juis sy gekies word om by die Border War Patrol-rolprent betrokke te wees? En die toeval dat Marco Duard ken? Die noodlot speel soms \u2018n vreemde spel met mense se lewens.<\/p>\n<p>Sy gaan sit later met \u2018n beker koffie langs haar pa.<\/p>\n<p>\u201cEk weet nou wie Duard regtig is.\u201d<\/p>\n<p>Haar pa se gesig versag.<\/p>\n<p>\u201cEk is bly. Die grensfliek het uiteindelik \u2018n einde kom maak aan die grensoorlog wat al die jare nog in my kop woed. Ek kon vrede maak met Ewie. Die recce waarop ek en Duard en Alano was, was nodig. Ons het teruggegaan na waar dit gebeur het en al drie met vrede in ons harte teruggekom. Dit was nie maklik vir Duard nie. Gee die ou \u2018n kans. Moenie so hard wees op hom nie.\u201d<\/p>\n<p>Na middagtee begin die tonele waarteen Niekie die meeste opsien. Die liefdestonele. Sy staan en kyk hoe Duard en Melissa soos ou geoefende geliefdes voor die kameras vry dat die stoom trek.<\/p>\n<p>Tussen die skote vang Melissa haar oog. Sy kan die snedige spot op die aktrise se gesig sien. Sy wens sy kan vir haar skree, \u201cToemaar, jy het gewen. Kry hom nou maar vir jou!\u201d<\/p>\n<p>Niekie het die hele dag geen oogkontak met Duard gemaak nie. Sy glo hy probeer haar ook doelbewus vermy na die oggend se kaal-eskapade.<\/p>\n<p>Na aandete gaan stort sy en sluit haarself toe in haar woonwa sodat sy haar wonde in vrede kan lek.<\/p>\n<p>Sy lees die nuuste nuus op twitter en drink die een glas wyn na die ander. Dan skok \u2018n twiet haar tot stilstand. Die tydskrif Soetlief kondig eksklusief Duard Wayne en Melissa se verlowing aan! Hulle bron is glo iemand na aan die paartjie!<\/p>\n<p>Sy voel soos \u2018n gek omdat sy heeldag so sleg voel oor haar verlore liefde. Dis \u2018n liefde wat sy eintlik nooit gehad het nie!<\/p>\n<p>Haar hart skeur weer oor \u2018n man, een wat sekerlik al weke lank sy verlowing beplan. Weke waarin hy met haar geflirt het! Hoe verkeerd is Marco en haar pa nie oor Duard nie! En Henk.<\/p>\n<p>Na die ontvoerdrama het Henk haar probeer oortuig Duard is \u2018n goeie ou. Henk, en Pieta!<\/p>\n<p>Intussen is Duard Wayne glibberiger as wat almal dink. Ja, hy het \u2018n hartseer verlede en sy is jammer vir hom en sy ma. Maar kyk wat doen hy nou? Is dit hoe \u2018n edele man optree? Arme Melissa! Sy gaan met \u2018n man trou wat agter haar rug flirt!<\/p>\n<p>Sy voel nie eens skuldig dat sy die hele bottel wyn alleen uit drink nie. Sy het dit nodig om haar hart te kalmeer. Sy voel soos \u2018n groot gek. Sedert sy aan die projek van die fliek begin werk het, het sy die een krater na die ander van haarself gemaak. Maar nou is sy die grootste gek ooit!<\/p>\n<p>In haar wyn-aangedrewe verdriet weet sy een ding: Sy gaan nooit daardie voorstedelike droom kry nie, want naas haar pa, Pieta en Henk kan sy geen man vertrou nie. Marco en Duard het haar finaal van mans genees.<\/p>\n<p>\u2018n Boodskap flits oor haar selfoonskerm. \u201cGaan jy ons nie kom geluk wens nie? Ek het jou mos gewaarsku om jou onervare handjies van Duard af te hou!\u201d<\/p>\n<p>Moet Melissa die ellende invryf?<\/p>\n<p>Sy raak verdrietig aan die slaap. In die middel van die nag is daar weer \u2018n kloppie aan haar deur. Kan Marco haar nie maar net uitlos nie? Sy ruk die deur oop.<\/p>\n<p>\u201cO, ek is bly om te sien <em>jy <\/em>het wel klere aan!\u201d<\/p>\n<p>Duard druk verby haar en kom ongenooid binne.<\/p>\n<p>\u201cDis nie ek wat vanoggend kaal was nie.\u201d<\/p>\n<p>Duard gaan sit op Marco se onopgemaakte bed.<\/p>\n<p>\u201cEk weet. Hoekom ruik dit soos \u2018n wynvat hier binne?\u201d<\/p>\n<p>Hy kyk na die le\u00eb wynbottel.<\/p>\n<p>\u201cGelukkig is die woonwa te klein vir wawiele. Dis mos wat jy doen as jy dronkverdriet het?\u201d<\/p>\n<p>Sy besef nou hy praat net Afrikaans, maar sy maak geen aanmerking daaroor nie.<\/p>\n<p>Sy draai selfbewus \u2018n laken om haar lyf om haar verweerde slaapbroek en flenter T-hemp weg te steek.<\/p>\n<p>\u201cMarco \u2026\u201d<\/p>\n<p>Sy onderbreek hom.<\/p>\n<p>\u201cHy het in die nag hier aangekom en het net slaapplek gesoek. Nie dat ek dit aan jou hoef te verduidelik nie. Jy is immers \u2018n verloofde man.\u201d<\/p>\n<p>Hy sit regop.<\/p>\n<p>\u201cVerloof?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJa, julle verlowing is op Twitter aangekondig. Jy en Melissa s\u2019n.\u201d<\/p>\n<p>Duard lag lekker.<\/p>\n<p>\u201cAi, Melissa en die vervaardigers en hulle publisiteitsfoefies. Het hulle toe sowaar daai een getrek nadat ek vir hulle ges\u00ea het ek speel nie saam nie? Melissa en die vervaardigers probeer al maande almal oortuig ons het steeds \u2018n verhouding ter wille van publisiteit vir die fliek. Ons is al \u2018n paar jaar net vriende. Sy het juis die nag toe jy gebel het weer by my kom afpak nadat een van haar boyfriends haar gelos het. Ons het goeie tye in ons jeug gehad en ek is dankbaar vir die deure wat haar pa vir my oopgemaak het. Maar dis nou verby. Ek sal more met die vervaardigers praat. Hulle sal dit moet regstel.\u201d<\/p>\n<p>Niekie is nie heeltemal oortuig nie.<\/p>\n<p>\u201cKan ek vir jou swart koffie gaan maak om jou nugter te kry? Ons het ernstige sake om oor te praat.\u201d<\/p>\n<p>Sy vererg haar.<\/p>\n<p>\u201cEk kan \u2018n paar glase wyn hanteer, ek is \u2018n joernalis. Ek is by my volle positiewe, dankie. Ek is meer as bewus van wat om my aangaan, en ek is nie meer lus vir nonsens nie.\u201d<\/p>\n<p>Hy neem haar aan die arm en sy stap onwillig saam tot by die kombuistent.<\/p>\n<p>\u201cMaak los die laken. Jy lyk nogal <em>sexy<\/em> in daardie <em>outfit.\u201d<\/em><\/p>\n<p>Haar sin vir humor is nie goed in die middel van die nag nie en sy vou die laken stywer.<\/p>\n<p>Duard maak koffie.<\/p>\n<p>\u201cTerloops, Marco slaap nog altyd kaal, ek was in die Franse Vreemde Legioene in dieselfde bunker as hy. Ons manne het nie een sy slaapgewoontes waardeer nie. Lyk my ek en jy sukkel maar met die moeilike eks geliefdes?\u201d<\/p>\n<p>Hy kyk na haar asof hy haar aandag daarop wil vestig dat hy een van sy groot geheime uitgelap het.<\/p>\n<p>\u201cO, die Legioene, nou verstaan ek jou oorlogpakkie die aand van die ontvoering. Wat wou jy bewys deur by die polisie se ondersoek in te meng? En my kamma te red? Ag asseblief, was dit nie bietjie dramaties nie? Lyk my jy kan nie meer onderskei tussen \u2018n draaiboek en die werklike lewe nie? Ek is bly ons is nou alleen. Ek wil jou sommer mooi vertel wat ek van jou dink. Ek is nie een van jou Hollywood-poppies met wie jy net kan flirt en my dan weggooi nie. Voortaan bly jy weg van my. Jy is <em>bad news<\/em> vir \u2018n vrou, Duard Wayne!\u201d<\/p>\n<p>Duard kom staan teenaan haar.<\/p>\n<p>Sy o\u00eb vonkel.<\/p>\n<p>\u201cDitsem, daar is my kwaai Vlam nou! Ek weet presies wat jy voor die fliek van my gedink het. Jou pa het my vertel hoe julle twee al die jare gedink het ek is \u2018n <em>wannabe<\/em>-soldaat. Hy is \u2018n fantastiese mens, jou pa. Hy was saam met my pa in die <em>army<\/em> hier in Suid-Afrika. Hulle was beste <em>buddies.<\/em> Tot my pa uitgehaak het. Jy ken seker die storie van Ewie? Wel, ek is Ewerard du Preez, sy seun.\u201d<\/p>\n<p>Duard lyk skielik kwesbaar.<\/p>\n<p>Sy onthou haar belofte aan Marco. Sy sal nie uitlap dat sy reeds alles van sy verlede weet nie.<\/p>\n<p>\u201cEk dog jy praat nie oor jou verlede nie?\u201d<\/p>\n<p>Hy vou sy arm om haar skouers.<\/p>\n<p>\u201cEk praat met <em>jou<\/em> daaroor. Ek wil h\u00ea jy moet alles van my weet.\u201d<\/p>\n<p>Sy voel \u2018n gloed van opwinding oor haar spoel, maar sy probeer dit onderdruk. Sy vertrou hom nog glad nie.<\/p>\n<p>\u201cHierdie gaan my laaste fliek wees. Ek gaan uittree na hierdie fliek.\u201d<\/p>\n<p>Sy weet nie hoe om al hierdie nuwe inligting te hanteer nie.<\/p>\n<p>\u201cWaar gaan jy bly? Amerika? Frankryk?\u201d<\/p>\n<p>\u201cNa my ma se dood is daar niks meer in Frankryk vir my nie. Dis tyd dat ek na my geboorteland terugkeer. Ek wil graag \u2018n nuwe begin hier maak.\u201d<\/p>\n<p>Dis baie inligting om te hanteer in die middel van die nag.<\/p>\n<p>\u201cHoekom vertel jy vir my al hierdie goed?\u201d<\/p>\n<p>Hy vou haar toe in sy arms.<\/p>\n<p>\u201cWant ek wil in \u2018n voorstedelike huis bly met \u2018n rooikopvrou en baie rooikopkinders.\u201d<\/p>\n<p>Die vlinders in haar maag vlieg verwoed. Party vlug na haar brein en sy voel hoe die waarskuwende stemmetjie in haar kop op vlug slaan.<\/p>\n<p>\u201cMiskien het ek te veel wyn gedrink.\u201d<\/p>\n<p>Hy soen haar op beide wange.<\/p>\n<p>\u201cO, is jy weer op \u2018n <em>trip<\/em> soos daardie dag in die hospitaal? Ek hou daarvan as jy op \u2018n<em> trip<\/em> is. Jy is skreeusnaaks.\u201d<\/p>\n<p>Hy buig vooroor en soen haar in die nek.<\/p>\n<p>Dan sag en dringend op die mond.<\/p>\n<p>Sy laat val die laken en staan op haar tone.<\/p>\n<p>Sy gooi haar hande om sy nek.<\/p>\n<p>Hoekom het sy geen selfbeheersing as hierdie slymbol naby is nie?<\/p>\n<p>\u201cJy smokkel met my kop, Niekie Branders,\u201d s\u00ea die man wat haar hele hart gryp en daarmee weghardloop.<\/p>\n<p>Sy gee haar oor aan sy soene.<\/p>\n<p>Soos die aand van die gyselaardrama, maar di\u00e9 keer swiep die emosie en haar hormone haar van haar voete af.<\/p>\n<p>Haar kop sweef tot bo by die sterre terwyl hy haar terugdra na haar woonwa.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>As jy Vlam hoofstuk 54: Slot geniet het, sal jy beslis ons twee vervolgverhaalvoorlesings geniet!<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rrradio\/botox-barbies-en-bietse\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> Klik hier om na Botox, Barbies en Bietse te luister<\/a>, en <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rrradio\/dans-met-die-rooi-rok\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">hier om na Dans met die rooi rok te luister.\u00a0<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onder \u2018n koelteboom in die snikhete namiddag in Angola speel \u2018n rolprent in die kleine voor Niekie af. \u2018n Tragiese verhaal &#8230; Vind nou uit wat met Vlam gebeur in die slothoofstuk van di\u00e9 gewilde vervolgverhaal. <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":125903,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[998,1258,3378,4396,23450,37319,66093],"class_list":["post-125829","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-vermaak","tag-lees","tag-fiksie","tag-ontspanning","tag-entertainment","tag-fiction","tag-vlam"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vlam hoofstuk 54: Slot | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Onder \u2018n koelteboom in die snikhete namiddag in Angola speel \u2018n rolprent in die kleine voor Niekie af. \u2018n Tragiese verhaal ...\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-54-slot\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vlam hoofstuk 54: Slot | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Onder \u2018n koelteboom in die snikhete namiddag in Angola speel \u2018n rolprent in die kleine voor Niekie af. \u2018n Tragiese verhaal ...\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-54-slot\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-02-14T08:45:15+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/iStock-901851452.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1254\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"836\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-54-slot\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-54-slot\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Vlam hoofstuk 54: Slot\",\"datePublished\":\"2020-02-14T08:45:15+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-54-slot\\\/\"},\"wordCount\":1804,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-54-slot\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/02\\\/iStock-901851452.jpg\",\"keywords\":[\"Vermaak\",\"lees\",\"fiksie\",\"Ontspanning\",\"entertainment\",\"fiction\",\"vlam\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2020\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-54-slot\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-54-slot\\\/\",\"name\":\"Vlam hoofstuk 54: Slot | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-54-slot\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-54-slot\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/02\\\/iStock-901851452.jpg\",\"datePublished\":\"2020-02-14T08:45:15+00:00\",\"description\":\"Onder \u2018n koelteboom in die snikhete namiddag in Angola speel \u2018n rolprent in die kleine voor Niekie af. \u2018n Tragiese verhaal ...\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-54-slot\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-54-slot\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-54-slot\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/02\\\/iStock-901851452.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/02\\\/iStock-901851452.jpg\",\"width\":1254,\"height\":836,\"caption\":\"iStock\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-54-slot\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vlam hoofstuk 54: Slot\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vlam hoofstuk 54: Slot | rooi rose","description":"Onder \u2018n koelteboom in die snikhete namiddag in Angola speel \u2018n rolprent in die kleine voor Niekie af. \u2018n Tragiese verhaal ...","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-54-slot\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vlam hoofstuk 54: Slot | rooi rose","og_description":"Onder \u2018n koelteboom in die snikhete namiddag in Angola speel \u2018n rolprent in die kleine voor Niekie af. \u2018n Tragiese verhaal ...","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-54-slot\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2020-02-14T08:45:15+00:00","og_image":[{"width":1254,"height":836,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/iStock-901851452.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-54-slot\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-54-slot\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Vlam hoofstuk 54: Slot","datePublished":"2020-02-14T08:45:15+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-54-slot\/"},"wordCount":1804,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-54-slot\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/iStock-901851452.jpg","keywords":["Vermaak","lees","fiksie","Ontspanning","entertainment","fiction","vlam"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2020","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-54-slot\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-54-slot\/","name":"Vlam hoofstuk 54: Slot | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-54-slot\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-54-slot\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/iStock-901851452.jpg","datePublished":"2020-02-14T08:45:15+00:00","description":"Onder \u2018n koelteboom in die snikhete namiddag in Angola speel \u2018n rolprent in die kleine voor Niekie af. \u2018n Tragiese verhaal ...","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-54-slot\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-54-slot\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-54-slot\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/iStock-901851452.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/iStock-901851452.jpg","width":1254,"height":836,"caption":"iStock"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-54-slot\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vlam hoofstuk 54: Slot"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/125829","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=125829"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/125829\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/125903"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=125829"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=125829"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=125829"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}