{"id":125444,"date":"2024-09-06T10:00:14","date_gmt":"2024-09-06T08:00:14","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=125444"},"modified":"2024-09-06T14:35:07","modified_gmt":"2024-09-06T12:35:07","slug":"luiheid-kan-jou-goed-doen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luiheid-kan-jou-goed-doen\/","title":{"rendered":"Luiheid kan jou goed doen!"},"content":{"rendered":"<p><i>Luiheid kan jou goed doen! Deur Anet Schoeman. Foto: Andrea Piacquadio\u00a0vir Pexels<\/i><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Luiheid kan jou goed doen!<\/h4>\n<p>&#8220;Ledigheid is die duiwel se oorkussing,\u201d het ons as kinders gehoor wanneer ons leegl\u00ea. Dit was goed en deugdelik wanneer jy altyd besig was. En in \u2019n samelewing waar jy op enige tyd en enige plek kan werk, is dit presies wat ons doen. Werk, werk, werk \u2026<\/p>\n<p>Maar neurowetenskaplikes s\u00ea ons het \u2019n kalm brein vir blink planne en sukses nodig. En dat die aha-oomblikke juis soms, soos Newton en die appel, sommer net op ons neerplof. (Newton het n\u00e1 ete in die tuin onder \u2019n boom gaan sit en ingedagte sy tee gedrink toe die appel val en hy swaartekrag \u201contdek\u201d.)<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ons is verslaaf aan besig wees<\/h4>\n<p>\u201cOns raak verslaaf aan besig wees,\u201d s\u00ea dr. Colleen Lightbody, \u2019n neurowetenskaplike en lewensafrigter by Brainwise in Sandton. \u201cDis \u2019n statussimbool om altyd besig te wees. Dit laat ons belangrik voel. Maar om heeltyd besig te wees kan ook \u2019n verlammende uitwerking h\u00ea &#8211; jy skram weg daarvan om dinge te konfronteer en te verwerk.<\/p>\n<p>\u201cWanneer ons \u2019n taak afhandel, is daar \u2019n gevoel van voldoening, soos wanneer jy jou laaste e-pos afmerk. Daarom vermy ons niksdoen, want ons voel minder produktief. Maar soms bly ons bloot besig om besig te bly, maar voeg nie werklik waarde toe nie. Die brein stel dopamien vry wanneer ons iets vermag en dit laat ons goed voel. Later raak ons verslaaf aan die goedvoel eerder as werklike resultate.<\/p>\n<p>\u201cDis dieselfde beginsel waarmee casino\u2019s mense by die gleufmasjiene laat vassteek. Die ligte, klokkies wat lui en afwagting, laat mense ure voor hierdie masjiene staan in die hoop om weer iets te wen. Dieselfde beginsel dryf mense by die kantoor, maar later knak hulle onder spanning en werksdruk.\u201d<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/10-wenke-teen-stres-wat-werk\/\">10 wenke teen stres wat werk<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jou brein is afgeskakel<\/h4>\n<p>\u201cOns raak afhanklik van dinge wat ons plesier verskaf,\u201d s\u00ea dr. Lightbody. Ons raak gewoond aan die gevoel en dan moet ons m\u00e9\u00e9r doen om dieselfde behaaglikheid te ervaar. Dis helaas, \u2019n wanpersepsie, want ons doen dalk meer, maar ons vermag nie meer nie. Wat dit verder niksseggend maak, is dat ons brein se outomatiese verstelling is om dinge so gemaklik moontlik te hou &#8211; dus om nie te dink nie. S\u00f3 bly ons vreeslik besig, maar ons brein is nie werklik op \u2019n diep vlak aangeskakel nie.<\/p>\n<p>In jou beroep kan jy dit vergelyk met water trap: jy is vreeslik besig, maar jy gaan nie vorentoe nie. As jy tyd maak om te d\u00ednk wat jy werklik wil h\u00ea, gaan jy doeltreffender werk en beter gehalte lewer.<\/p>\n<p>Dr. Lightbody s\u00ea jou brein word net soos \u2019n spier sterker as hy gereeld oefening kry. Die prefrontale korteks is die sentrum in die brein wat jy gebruik vir strategiese denke, besluitneming en wysheid. As jy jou brein op \u2019n sinvolle manier inspan vir kreatiewe denke, raak dit gewoond om s\u00f3 te funksioneer. Maar gebruik jy jou brein op sy outomatiese verstelling is d\u00edt die verstelling wat jy versterk.<\/p>\n<h4><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>\u2018Dis \u2019n teenwoordigheid in die oomblik waarin jou gemoed oop is en nie besig is met ander gedagtes nie\u2019 &#8211; dr. Colleen Lightbody. <\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wees \u201cslim\u201d lui<\/h4>\n<p>Om werklik bewustelik niks te doen nie, is iets heel anders as \u2019n loodswaaiery. As jy bewustelik in die tuin sit, is jy bewus van die son op jou vel, die blare wat ritsel, die geur van die blomme en die nat aarde n\u00e1 die re\u00ebn. Nou word dit \u2019n ryk ervaring waar jy ander sentrums in jou brein gebruik. As jy bewustelik met \u2019n kind stap, is jy bewus van die warm handjie in joune en die stadige pas. \u201cDis \u2019n teenwoordigheid in die oomblik waarin jou gemoed oop is en nie besig is met ander gedagtes nie,\u201d s\u00ea dr. Lightbody.<\/p>\n<p>Dit verskil heeltemal van \u201cbewusteloos\u201d voor die televisie sit. Die idee is om jou brein \u2019n blaaskans te gee, maar as jy dit op die regte manier doen, kan jy tot nuwe insigte kom sonder dat jy hoef te probeer.<\/p>\n<p>Chris Bailey, skrywer van Hyperfocus: How to be more productive in a world of distraction, skryf dat ons veel kreatiewer is wanneer ons ons fokus verloor en net in die oomblik leef. Hy s\u00ea fokus is nodig om jou werk gedoen te kry, maar kreatiewe idees kom gewoonlik wanneer jy iets anders doen, soos in die stort staan, \u2019n boek lees, op die strand l\u00ea, of jou oggendkoffie drink. Wanneer jou brein ontspanne is, kan jy oplossings kry en planne maak.<\/p>\n<p>Bailey glo jy kan blinker planne maak as jy \u2019n keer tot stilstand kom. Dan kan jou brein deur die warboel gedagtes sif en soms \u2019n verband trek tussen iets wat jy die drie weke gelede gelees het en \u2019n probleem wat jy op die oomblik het. As jy gedurig neus teen die grond vorentoe beur, is daar nooit tyd vir hierdie waardevolle nadenke nie.<\/p>\n<p>Michael Lewis, \u2019n New York Times-topverkoperskrywer (Moneyball, The Big Short), erken in \u2019n onderhoud dat hy sy \u201cluiheid\u201d as \u2019n filter gebruik om seker te maak hy bel\u00ea net tyd in projekte wat werklik die moeite werd is. Hy vertel dat hy in New Orleans grootgeword het waar niemand veel doen nie. \u201cAs jy heeltyd besig is om besig te wees het jy nooit tyd en ruimte om op die uitkyk te wees na besonderse projekte nie.\u201d<\/p>\n<p>Die Universiteit van Kaliforni\u00eb het bevind dat mense wat in die gewoonte kom om hul gedagtes te laat dwaal, oorwegend oor die toekoms dink, wat hulle help om duideliker doelwitte te h\u00ea en ook makliker oplossings vir huidige probleme te kry.<\/p>\n<p>Dus, ledigheid is \u2019n bate as jy slim daarmee woeker.<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verwerk-jou-pyn\/\">Verwerk jou pyn<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Leef bewustelik<\/h4>\n<p>\u201cDaar is 86\u00a0400 sekondes in \u2019n dag en die meeste van ons laat dit in \u2019n waas by ons verbysnel. Deur doelbewus bewustelik te leef, raak jy betrokke by wie en wat jy is, eerder as om in \u2019n dwaal te lewe. Dit stel ons ook in staat om teenwoordig te wees in elke ervaring en by elke mens wat ons ontmoet.\u201d &#8211; Dr. Colleen Lightbody.<\/p>\n<p><strong>Wenke om slim lui te wees<\/strong><br \/>\nDr. Colleen Lightbody s\u00ea sy het re\u00ebls vir haarself om seker te maak sy skakel wel af. Probeer dit<\/p>\n<ul>\n<li>Skakel jou rekenaar saans n\u00e1 sewe af. Toets jouself en kyk of jy werklik produktief is wanneer jy saans werk. Soms is dit meer om jou gewete te sus dat jy daar sit.<\/li>\n<li>Bly saans weg van Facebook en ander sosiale media. Dit kan jou maklik negatief laat voel.<\/li>\n<li>Gaan draf sonder jou horlosie of musiek. Wees bewus van geure, die son, wind. So vergeet jy van die gewoel en gewerskaf van die dag en kan \u2019n oplossing of kreatiewe gedagte uit die bloute by jou opkom.<\/li>\n<li>As jy fietsry, maak tyd om ordentlike gesprekke met jou vriende te voer. Stel werklik belang.<\/li>\n<li>Hou op om dinge outomaties te doen. Kyk nuut na jou lewe, jou sport, werk, gesin, gesondheid &#8230; En herinner jou telkens aan wat werklik belangrik is.<\/li>\n<li>Skakel af voor jy saans gaan slaap. Geen skermtyd voor slapenstyd nie. Lees \u2019n boek om jou gedagtes rustig te kry. So raak jy ontslae van die stres van die dag wat jou nagrus kan benadeel.<br \/>\n&#8211; Dr. Colleen Lightbody: <a href=\"http:\/\/brainwise.co.za\">brainwise.co.za<\/a><\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-geluk-geneties\/\">Is geluk geneties?<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wanneer jy vreeslik besig is, kry jou brein nie kans om kreatief te dink en oplossings te kry nie. Jy kan ook op \u2019n bewustelike manier met mense en ervarings omgaan en meer daaruit put <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":147763,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,662],"tags":[348,47155,60333],"class_list":["post-125444","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-jou-lewe","tag-inspirasie","tag-persoonlike-groei","tag-jou-lewe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Luiheid kan jou goed doen! | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Wanneer jy vreeslik besig is, kry jou brein nie kans om kreatief te dink en oplossings te kry nie. Luiheid kan jou goed doen!\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luiheid-kan-jou-goed-doen\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Luiheid kan jou goed doen! | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Wanneer jy vreeslik besig is, kry jou brein nie kans om kreatief te dink en oplossings te kry nie. Luiheid kan jou goed doen!\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luiheid-kan-jou-goed-doen\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-09-06T08:00:14+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-09-06T12:35:07+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/pexels-sergeymakashin-5444916-scaled.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1707\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"2560\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luiheid-kan-jou-goed-doen\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luiheid-kan-jou-goed-doen\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Luiheid kan jou goed doen!\",\"datePublished\":\"2024-09-06T08:00:14+00:00\",\"dateModified\":\"2024-09-06T12:35:07+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luiheid-kan-jou-goed-doen\\\/\"},\"wordCount\":1243,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luiheid-kan-jou-goed-doen\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/09\\\/pexels-sergeymakashin-5444916-scaled.jpg\",\"keywords\":[\"inspirasie\",\"persoonlike groei\",\"jou lewe\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luiheid-kan-jou-goed-doen\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luiheid-kan-jou-goed-doen\\\/\",\"name\":\"Luiheid kan jou goed doen! | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luiheid-kan-jou-goed-doen\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luiheid-kan-jou-goed-doen\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/09\\\/pexels-sergeymakashin-5444916-scaled.jpg\",\"datePublished\":\"2024-09-06T08:00:14+00:00\",\"dateModified\":\"2024-09-06T12:35:07+00:00\",\"description\":\"Wanneer jy vreeslik besig is, kry jou brein nie kans om kreatief te dink en oplossings te kry nie. Luiheid kan jou goed doen!\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luiheid-kan-jou-goed-doen\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luiheid-kan-jou-goed-doen\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luiheid-kan-jou-goed-doen\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/09\\\/pexels-sergeymakashin-5444916-scaled.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/09\\\/pexels-sergeymakashin-5444916-scaled.jpg\",\"width\":1707,\"height\":2560},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/luiheid-kan-jou-goed-doen\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Luiheid kan jou goed doen!\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Luiheid kan jou goed doen! | rooi rose","description":"Wanneer jy vreeslik besig is, kry jou brein nie kans om kreatief te dink en oplossings te kry nie. Luiheid kan jou goed doen!","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luiheid-kan-jou-goed-doen\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Luiheid kan jou goed doen! | rooi rose","og_description":"Wanneer jy vreeslik besig is, kry jou brein nie kans om kreatief te dink en oplossings te kry nie. Luiheid kan jou goed doen!","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luiheid-kan-jou-goed-doen\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-09-06T08:00:14+00:00","article_modified_time":"2024-09-06T12:35:07+00:00","og_image":[{"width":1707,"height":2560,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/pexels-sergeymakashin-5444916-scaled.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luiheid-kan-jou-goed-doen\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luiheid-kan-jou-goed-doen\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Luiheid kan jou goed doen!","datePublished":"2024-09-06T08:00:14+00:00","dateModified":"2024-09-06T12:35:07+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luiheid-kan-jou-goed-doen\/"},"wordCount":1243,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luiheid-kan-jou-goed-doen\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/pexels-sergeymakashin-5444916-scaled.jpg","keywords":["inspirasie","persoonlike groei","jou lewe"],"articleSection":["Persoonlike groei","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luiheid-kan-jou-goed-doen\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luiheid-kan-jou-goed-doen\/","name":"Luiheid kan jou goed doen! | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luiheid-kan-jou-goed-doen\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luiheid-kan-jou-goed-doen\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/pexels-sergeymakashin-5444916-scaled.jpg","datePublished":"2024-09-06T08:00:14+00:00","dateModified":"2024-09-06T12:35:07+00:00","description":"Wanneer jy vreeslik besig is, kry jou brein nie kans om kreatief te dink en oplossings te kry nie. Luiheid kan jou goed doen!","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luiheid-kan-jou-goed-doen\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luiheid-kan-jou-goed-doen\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luiheid-kan-jou-goed-doen\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/pexels-sergeymakashin-5444916-scaled.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/pexels-sergeymakashin-5444916-scaled.jpg","width":1707,"height":2560},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luiheid-kan-jou-goed-doen\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Luiheid kan jou goed doen!"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/125444","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=125444"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/125444\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/147763"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=125444"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=125444"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=125444"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}